Gebore uit die maagd Maria

Size: px
Start display at page:

Download "Gebore uit die maagd Maria"

Transcription

1 Gebore uit die maagd Maria Gebore uit die maagd Maria Saam met die bekende teoloog en filosoof Anselmus van Kantelberg vra ons ook: Cur deus homo waarom die God- Mens? DIe antwoord kry ons in 1 Timoteus 2;5: Daar is mos net een God en daar is net een mens wat ons kan help om by God uit te kom en dit is Christus Jesus. Die doel agter God se menswording is om die werk van God se Middelaar te vervul. Daar is baie middelaars in die Bybel, maar net een Middelaar (gespel met n hoofletter M. n middelaar is n agent wat tussen twee partye wat van mekaar vervreemd is, staan twee partye wat versoening nodig het. Jesus Christus is die Middelaar tussen God n die gevalle mensdom. Hy is inderdaad die God-Mens. In Johannes lees ons: Die Woord was by God en die Woord was God Jesus het toe as mens aarde toe gekom. n Mens kan sê Hy het onder ons kom huis opsit. Ons het gesien hoe belangrik en wonderlik Hy is. Hy was soos n fontein van die goeie dinge wat God vir ons so onverdiend wil gee. By Hom kon ons ontdek wat regtig waar en eg is (Joahnnes 1 en 14 As Christus ons volmaakte Middelaar is, was sy menswording nie n eenheid tussen god en n engel nie. Die versoening wat nodig was, was tussen god en die mens. In sy rol as Middelaar aanvaar Jesus die amp van die tweede Adam of die laaste Adam. In sy brief aan die Romeine stel Paulus die eerste Adam tenoor die tweede Adam. Hy gaan dan verder: As slegs een persoon se sonde in staat was om miljoene mense in die dood te dompel, dink net wat God kan regkry deur een Man, Jesus Christus. Omdat God so baie vir ons omgee, het Hy hierdie Man na ons toe gestuur om ons vry te kom maak. Jesus Christus is die sigbare bewys van God se ongelooflike goedheid (Romeine 5;15). Hier sien ons die teenstelling tussen die ramp wat oor

2 die mensdom gekom het as gevolg van die ongehoorsaamheid van die oorspronklike Adam en die heerlikheid wat na gelowiges kom as gevolg van Christus se gehoorsaamheid. Paulus gaan vêrder: Een man se ongehoorsaamheid aan God het ons status in n oogwink tot dié van sondaars verlaag. Maar n ander Man se gehoorsaamheid aan God verander ons status in n oogwink tot dié van vrygespreektes (Romeine 5:19). Adan tree op as middelaar, maar hy misluk in sy taak. Sy mislukking word reggestel dur die volmaakte sukses van Jesus Christus. In die Skrif staan daar dat die eerste mens, Adam, n lewende mens geword het. Maar die laaste Adam, dit is Christus, is die Gees at mense geestelik lewendig maak. Ons word dus eers met ons gewone aardse liggame gebore. Die geestelike liggaam kry ons eers later aanvanklik was ons almal aards soos Adam, maar in die toekoms sal ons lyk soos Christus wat uit die hemel gekom het (1 Korintiërs 15: 45 49) Ons sien duidelik die doel van Christus se menswording. Die Woord het mens geword om ons versoening te bewerk deur die rol van die volmaakte Middelaar tussen God en die mens te speel. Die nuwe Adam is ons verteenwoordiger wat die eise van God se wet vir ons bevredig en verkry so vir ons die seëninge wat God beloof het aan sy skepsels as hulle die wet onderhou. Soos Adam het ons nie daarin geslaag om die wet te onderhou nie, maar die nuwe Adam, ons Middelaar het die wet volkome vir ons onderhou. So wen Hy vir ons die kroon van verlossing. Dit is die fondament vir die vreugde van Jesus se menswording. Spreuke: Wat is dwaasheid?

3 (6) Spreuke: Wat is dwaasheid? (6) Hulle is daarop uit om kwaad te doen, hulle wil gaan moord pleeg. n Voël wat n net sien wat vir hom gespan is, vlieg nie daarin vas nie, maar hierdie mense span vir hulleself n net, hulle gaan hulle ondergang met oop oë tegemoet. So gaan die met elkeen wat vat wat hom nie toekom nie: rowery kos hom sy lewe (Spreuke 1:16 19). Vandag kyk ons na nog n vorm van dwaasheid; mense wat vir hulleself n strik stel. Selfs die voëls is wyser as die mens wat dink dat hy n leer kan klim deur op ander te trap. Diegene wat verkeerd aan ander doen, wag vir hulle eie val. Hulle vang hulleself in n strik iets wat die domste dier nie eers sal doen nie. Die Nuwe Testament sê; wat help dit die mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor (Markus 8:36). As ons genadeloos teenoor ander is; jy laat jou hart se vermoë vir wreedheid en selfsugtigheid los. As hierdie emosies buite beheer is, lei dit to swak besluite. As jy leef om net jouself en nie ander ook tevrede te stel, sal jy altyd ontevrede wees. Jesus sê vir sy dissipels: Wie sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry (Matteus 16:25). Het jy al ooit iets selfsugtig gedoen wat op jou teruggeslaan het? So n gebeurtenis illustreer die beginsel in die evangelie; Jy moet jouself verloor om jouself te vind. Ons harte sê vir ons dat die najaag van ons geluk ons primêre prioriteit moet wees. In plaas van geluk soek, moet ons die Here soek. Slegs dan sal ons aan die einde gelukkig wees.

4 Nuwejaarsvoornemens Nuwejaarsvoornemens Elke nuwe jaar word ons vasgevang in n aantal goed bedoelde voornemens. Die skeptiese waarnemer wonder of alles die moeite werd is, is die neem van sulke voornemens enigsins toepaslik. Dit word tog van ons verwag om te alle tye wyslik, gehoorsaam en gedissiplineerd te lewe. Party mens sê selfs dat sulke voornemens om ons eie besluite te formuleer is oortollig en onbybels is. Die woord van God maak tog voorsiening vir n volledige en gesagvolle versameling van God se besluite vir sy mense. Die woord van God gee nie alleen aan ons die toestemming om besluite te neem nie, maar gee vir ons goeie redes om dit te doen. Ons kry voorbeelde van kinders van God wat besluit het om op n spesifieke manier en vir n spesifieke rede vir Hom te lewe. (Daniël 1:8; Matteus 1:19; Handelinge 19:21; 1 Korintiërs 10;14 32; Kolossense 3:12 17; 2 Tess. 1:11). In ons oorweging om God in alles wat ons doen te verheerlik, sal dit wys wees om sekere besluite te neem om ons by te staan in die proses van heiligmaking. Dit doen ons deur die krag van die Heilige Gees Jonathan Edwards het geweet dat hy nie sy besluite sou kon uitvoer nie sonder God se hulp nie, het sy besluite voorafgegaan met hierdie stelling: Being sensible that I am unable to do anything without God s help, I do humbly entreat him by his grace to enable me to

5 keep these resolutions, so far as they are agreeable to his will, for Christ s sake. Ons kan met vrug hierdie stelling van Edwards oorweeg soos ons probeer om God te verheerlik. 1, Besluit wyslik Being sensible. Ons moet redelik wees as ons besluite neem. As ons vinnig besluit op grond van ons illusie dat ons sonder sonde is, neem, sal ons misluk in ons pogings om hierdie besluite uit te leef. Ons moet besluite neem met opregte gebede en deeglike studie van God se woord. Ons besluite moet in ooreenstemming met God se woord geneem word. Ons moet al die implikasies van ons besluite oorweeg 2. Besluit in afhanklikheid That I am unable to do anything without God s help Ek kan niks doen sonder God se hulp nie.,. Erken dat elke besluit moet in afhanklikheid van God geneem word. Ongelukkig glo ons dat ons self die krag het ons is trots onafhanklik. Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word (Efesiërs 3:16) Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard (Kolossense 1:11)). In ons swakheid moet ons op die krag van die Here staatmaak (2 Korintiërs 12:7 10). 3. Besluit in nederigheid I do humbly entreat him sê Edwards. As ons besluite vir die heerlikheid van God neem en dit voor sy aangesig, moet ons nie verwag dat God ons sal seën omdat ons hierdie besluite geneem

6 het nie. Ons moet Hom in nederige afhanklikheid nader as ons nie net sy seëninge soek nie, maar ook Hom wat seën. 4. Besluit vir Christus se onthalwe. So far as they are agreeable to his will, for Christ s sake. Die hele saak van besluite neem, is nie net om doelwitte vir n beter lewe te stel nie. Ons is deur God geroep om volgens sy wil te lewe. Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, want dit is U wat liefde en trou bewys (Psalm 115:1). Wat is dwaasheid (5) Wat is dwaasheid (5) Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom. Hy het nie n leier nie, nie n opsigter of regeerder nie, tog maak hy sy kosvoorraad reg in die somer, versamel hy sy voedsel in die oestyd. Hoe lank gaan jy nog lê, luiaard, wanneer gaan jy opstaan? Nog n bietjie slaap, nog n bietjie sluimer. Nog n bietjie handevou en bly lê, en daar oorval die armoede jou, soos n rower, daar oorrompel die gebrek jou soos n inbreker (Spreuke 6:6 11). Nog n vorm van dwaasheid in Spreuke is die luiaard. Die wyses is selfbeginners. Al wat hulle nodig het is interne motivering

7 en nie dreigemente om hulle werk te doen nie. Wyses is nie impulsief nie. Daarteenoor, maak die luiaard voortdurend verskoning vir klein misstappe. Drie maal word na n bietjie in ons teks verwys. Dan is hy verbaas as die armoede hom oorval. Hy mislei homself deur die klein oorgawes. Sy geleenthede sluip sentimeter by sentimeter en minuut by minuut weg Baie mense vandag is immuun teen harde werk. Wat eens goeie redelike werke was, word nou as werk wat onredelike eise stel. Luister na Jesus: My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook (Johannes 5:17). Is daar n deel van jou lewe wat besig is om weg te glip omdat jy nie daaraan werk nie? Natuurlik is te veel werk net om sukses te behaal en ander tevrede t stel ook verkeerd. Dit is net so verkeerd om lui te wees. Ek het Goddelike hulp nodig om die balans te handhaaf. [ek maak onder andere van Tim en Kathy Keller se boek: God s Wisdom or Navigating Life gebruik]

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put Bybel vir Kinders bied aan Die vrou by die put Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee "Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons

More information

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding: 1. OM JESUS TE VOLG: Om Jesus te volg is amper soos om blind te word. As jy vandag sou blind word, is hierdie n voorbeeld van van die goed wat gaan moet verander in jou lewe om dit vir jou makliker te

More information

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde Bybel vir Kinders bied aan God Toets Abraham se Liefde Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Tammy S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible

More information

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8) Les 1 vir 6 Oktober 2018 Die eenheid en harmonie wat God vir die mensdom beplan het, is deur sonde ontwrig. God het egter Sy liefde vir ons gewys deur 'n plan te ontwerp om eenheid te herstel. Die finale

More information

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens! Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens! Strength will rise as we wait upon the Lord We will wait upon the Lord We will wait upon the Lord (repeat) EVERLASTING GOD

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad. 1 Koninkryk kultuur Genadepad Lees Johannes 4:1-30, 39-42 Ons is besig om saam `n reeks te bou genaamd Koninkryk Kultuur. Dit is om vir ons handvatsels te gee van hoe dit lyk om die alternatiewe kultuur

More information

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid Dr Deon Bruwer Wat word van godsdiens as jy aan dementia ly? Wat wòrd van geloof as jy of jou iemand naby aan jou in die intensiewe eenheid

More information

n Prins word die Skaapwagter

n Prins word die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan n Prins word die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur:

More information

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1) Sessie 1 n Stroom-op o o persoon o WEB978-1-4316-1018-1_Sessie 1.indd 1 2014/11/04 02:41:57 PM 1 n Stroom-op persoon Vooraf Lees vooraf die eerste 7 hoofstukke van Leef stroom-op! Charles Finney het gesê:

More information

Les 6 vir 10 November 2018

Les 6 vir 10 November 2018 BEELDE VAN EENHEID Les 6 vir 10 November 2018 Die Bybel bevat diverse beelde wat geestelike en teologiese waarhede uitbeeld. Byvoorbeeld, water in Johannes 7:38, wind in Johannes 3:8 en n pilaar in 1 Timotheus

More information

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS Opening Het jy al ooit op iets in jou lewe opgegee? Wat? Vertel vir mekaar hoe jy gevoel het daaroor. KOM ONS BEGIN Gesels met mekaar oor die volgende

More information

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN Onsis almalhiertesaam Vergader in sy Naam, Verheerlik Hom. Tot die doodwas Hygetrou Endaardeuris onsnousyeiendom. LaatonsmaaksoosHyonsse Mekaarsteeds lieftehe EnHomboalleseer. Loof Hom, Christus die Heer.

More information

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! AFM - AGS Afrikaans Unity Anniversary BEMAGTIGING Onderrig, lei u lede op en rus hulle

More information

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr. n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr. VERBONDE vir HERSTELLING en VERLIGTING van die MENSDOM Edeniese VOOR DIE SONDEVAL Adamiese Noagiese Abrahamiese Sinaïtiese Palestynse

More information

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom Bybelskool van Centurion 27 Maart 2018 Welkom 10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf 10 x Griekse woorde Biologie palingenesia (wedergeboorte) Militêre soterion (redding) Regspraak dikaiōsis

More information

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery. DIE GODHEID Die begrip Drie-eenheid word in die Christelike geloof gebruik vir God. Ons glo dat daar net eengod is, maar dat die Vader en Jesus en die Heilige Gees al drie saam hierdie een God is. Logies

More information

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis Bybel vir Kinders bied aan Die Hemel God se pragtige huis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Sarah S. Vertaal deur: Taschja Hattingh Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis Bybel vir Kinders bied aan Die Hemel God se pragtige huis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Sarah S. Vertaal deur: Taschja Hattingh Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding: Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober 2017 Teks: Efesiers 2:1-10 Tema: In Christus lewe jy Inleiding: Jesus het nie gekom om een of ander godsdiens te hervorm nie. Hy het nie die Joodse geloof van binne probeer

More information

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan? BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan? RAPPORT: Wanneer jy te sterwe kom, wat moet met jou liggaam gebeur? 1. Ek wil veras word. 69% 2. Ek wil begrawe word. 19% 3. My naasbestaandes

More information

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond SIEN DIE GROOT PRENTJIE Eerste Bedryf: die Skepping God se rol God is die bron God is die Skepper God is in beheer van die wêreld

More information

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê n Gebed vir my kind vir elke dag van die maand! Being a perfect parent doesn t matter. Being a praying parent does. Why leave your child s life to chance when you can give it to God? Stormie Omartian uit

More information

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding: Preek Jan Steyn 25 Februaie 2018 Teks: Johannes 13:1-35 Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding: Ek gaan gesels eendag met een van die jong outjies in die Gim. Ek vra hom: Jy was dan altyd so goed

More information

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings. Skriflesing: Luk 24:1 12 en :44-53 Fokusgedeelte: Luk 24:50b 51 en :53 Die verheerlikte Jesus se seën en ons Inleiding / Introduction Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

More information

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop Jan Steyn preek 8 Julie 2018 Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop Inleiding: Hoekom is die Christelike hoop so belangrik? As ek nie kan glo my verlede is deur die Here vergewe,

More information

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00 Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00 Refreshments will be served Dear Parent/teacher If you re concerned

More information

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

GEHOORSAAMHEID AAN GOD DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE GEHOORSAAMHEID AAN GOD DATUM: 17 APRIL 2016 PLEK: NELSPRUIT PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 14 GEHOORSAAMHEID AAN GOD INHOUDSOPGAWE INLEIDING...3 MOET ONS DIE WET

More information

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen NIE ELKEEN WAT...!! Nie elkeen wat vir My sê: Meester, Meester! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Matt. 7:21. Het hierdie woorde

More information

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering Annemarie de Kock Tesis ingelewer ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad van Magister Artium in Klassieke Letterkunde

More information

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN? OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN? Stephan Bester Agtergrond van waar ek trek... Wanneer die Here ons roep vir iets, beteken dit gewoonlik dat Hy ons ook roep weg van iets af. Die probleem is egter dat daar

More information

Die betekenis van die kruis (1)

Die betekenis van die kruis (1) Die betekenis van die kruis (1) Don t pray when you feel like it. Have an appointment with the Lord and keep it. A man is powerful on his knees. Corrie Ten Boom Die betekenis van die kruis (1) Wat is die

More information

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER NUUSBRIEF NO 2/2014 (Also available in English) DOELSTELLING Ons is n selgroep van NG Elarduspark gemeente wat babas van n groepie behoeftige en meestal werklose ouers wat in Elandspoort woon, van formulemelk

More information

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32 Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here Jesaja 36-37:14, 20, 32 #feesmustfall #breekdiestilte #reformpuk wat is die groot vraag? Die laaste paar weke was rof. Die studente-protesaksies regoor

More information

Pretoria- 23 Junie 2012

Pretoria- 23 Junie 2012 1 Skriflesing: Spreuke 11:1-31 Teks: Spreuke 11:29-30 Sing- Ps. 96: 6,7; Ps. 1:1,2; Ps. 116:4; Ps. 128:2,3 Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en 'n dwaas word 'n slaaf van hom wat wys van hart

More information

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe! Jan Steyn Preek 6 April 2014. Teks: Romeine 7:14-8:4 Tema: Waarheen vlug ek met myself? Inleiding: Twee seuns van n Engelse koning het op n keer vir hulle pa gevra: Word n ware gentleman gebore of gemaak?

More information

Waar is God as ons swaarkry?

Waar is God as ons swaarkry? Waar is God as ons swaarkry? Envy is sorrow at another s good Thomas van Acquino Waar is God as ons swaarkry? Philip Yancey se nuwe boek, The Question that Never goes away, het onlangs verskyn. Die vraag

More information

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette? Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette? Have You Heard of the Four Spiritual Laws? Just as there are physical laws that govern the physical universe, so there are spiritual laws which govern your

More information

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124) 19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) 19.20 POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124) A. Die Beskrywingspunt is gestel. The Point of description is tabled.

More information

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het Openbaring 21 NUUT DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie. 2 En ek het

More information

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones New York Times- topverkoperskrywer Lisa Bevere LIZZIE DIE LEEUTJIE Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones LIZZIE DIE LEEUTJIE Oorspronklik in die VSA uitgegee as Lizzy the Lioness deur Tommy Nelson, n

More information

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Augustus 2018 Ps 30: 1, 3 vooraf Ps 97: 1, 6, 7 lofpsalm Ps 34: 5, 6

More information

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer Naäman To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer Naäman Ons kry die verhaal van Naäman in 2 Konings 5:1 16. Naäman was n belangrike man. Hy was n groot en trotse man die bekendste generaal in

More information

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE REGVERDIGING DATUM: 15 MEI 2016 PLEK: MBOMBELA PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 11 REGVERDIGING INHOUDSOPGAWE INLEIDING... 3 AGTERGROND OOR DIE VERSKILLENDE TEOLOGIESE

More information

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself. Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself. Lewe Saggeus volgens sy naam? Die naam Saggeus beteken skoon of onskuldig. Maar hy het nie volgens hierdie naam geleef

More information

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie. Mattheus 5:31-32 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers 31-32 wys Jesus hierdie waarheid met Deut 24:1-4 se skei-brief-gebod. Mei 2018 Ps 84: 1, 2 vooraf Ps 30:

More information

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels... Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels... n Visie vir kleingroep-leiers. 0 Inhoud: 1. Inleiding 3 Visie: 3 Hoekom kleingroepe? 3 Dit gaan in wese oor: 5 Soorte groepe: 6 Fokusgroepe: 6 Funksie-groepe:

More information

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11 Mattheus 7:6-11 Dissipels moet net nooit iets anders doen as om radikaal vir God te leef nie. Ons Vader gee dit in sy onveranderlike trou en volmaakte liefde vir elkeen wat vra. Oktober 2018 Ps 123: 1,

More information

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word. Mark 9:30-37 Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word. Januarie 2013 Ps-vooraf Ps 34: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan

More information

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het: 1 Jakobus 2a Tema: die toets van onpartydigheid Vandag gaan ons voort met die brief van Jakobus. Die brief wat handel oor gelowiges se integriteit (verduidelik). Julle sal onthou dat Jakobus ons waarsku

More information

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d) Rom 14:1-12 Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d) Oktober 2013 Ps-vooraf Ps 97:1, 5 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar

More information

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word. Jan Steyn preek Pinkster 2018 Tema: Die afgod van sukses Teks: 2 Konings 5:1-18, Mattheus 5:3-12 Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

More information

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12 Oktober 2016 Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12 Die doop wat die HERE gee en wat dit vir ons en ons kinders beteken en sê. Ps-vooraf Ps 29: 1, 5; Ps 75: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë

More information

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God Wanneer jy hierdie gewyde dagboek bestudeer neem sorg om elke Skrifgedeelte te lees en indien moontik, lees die Skrifgedeelte sommer meer as een keer. Dag 1 Dink reg oor God: Die belangrikheid om te verstaan

More information

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie. Die regering van die Kerk 1Tim 2:11-12 Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie. Maart 2012 Ps-vooraf Ps 33:1,2 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan

More information

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid? Jan Steyn preek 15 Julie 2018 Teks: 1 Korintiers 9: 19-27 Tema: Wat maak ons met ons vryheid? Inleiding: Dit is nie altyd maklik om in ons samelewing vandag as Christen oor vryheid te praat nie. Ek dink

More information

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION Boodskap2. SALWING OM MENSE TE GENEES EN TE HERSTEL Hand 10:36-38 Dit is die woord wat Hy gestuur het..met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy

More information

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans? Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans? Met besondere aandag vir Psalm 2 By die lees van die Ou Testament is die vraag wat hierbo gevra word, baie belangrik. Hierdie vraag speel

More information

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a schoolmaster to bring us to Christ Vry van die wet (dekaloog en sedewette) Dekaloog=10 Hebreeuse woorde (tien gebooie) Sedewette=Al die ander wette. Rm. 10:4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. Rm.

More information

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4 1 Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4, 1 Johannes 5:19 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4 1 Johannes 1:1-10 1Jn 1:1 Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met

More information

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God. Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God. Januarie 2018 Ps 122: 1, 2 vooraf Ps 138: 1, 3, 4 lofpsalm Ps 51: 8 na wet Ps 34: 8, 9 as antwoord op die Woord

More information

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod. Mei 2018 Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers 27-30 wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod. Ps 7: 1, 7 vooraf Ps 9: 1, 6, 7 lofpsalm Ps

More information

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf 10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf Father God Father God I wonder how I managed to exist without The knowledge of Your parenthood and Your loving care. Now I am Your child I am adopted

More information

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid 10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid Hierdie aflaaibare gids is gratis tensy dit gedruk en gebind aangebied word, en is vir gebruik deur lesers van die boek. Die Skrifgedeeltes kom uit verskeie

More information

ToekomsVenster Aan die anderkant van 2020

ToekomsVenster Aan die anderkant van 2020 ToekomsVenster Aan die anderkant van 2020 Inleiding ERKENNING Baie dankie aan die volgende persone: Grafiese ontwerp van omslag - Johan Wasserman Bladuitleg - Therésa Low Drukwerk - Edutel Uitgewer: TOEKOMSVENSTER

More information

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg Sing vooraf staande: Psalm 62:1, 4, 5 (p. 301) 1 Gewis, my siel is stil tot God! / My redding kom op sy gebod, / geen vyand hoef ek nou te dug nie. Hy is my rots, ʼn skans vir my, / Hy sal my voetstap ook

More information

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring Inhoudsopgawe Voorwoord... 9 1. Eensaamheid: woordverklaring... 11 2. Die eensaamheid van menswees... 17 3. Die eensaamheid van siekte... 23 4. Die eensaamheid van die dood... 29 5. Die eensaamheid van

More information

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel? Preek Sondag 22 Maart 2015 Teks: Filippense 3: 1-21 (veral vers 3) Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel? Inleiding: Agtergrond: Twee groepe wat bedreig: In Paulus se brief

More information

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12 Let it be Laat dit wees I have need for such a clearance as the Saviour affected in the temple of Jerusalem. A riddance of the clutter, of what is secondary, that blocks the way to the all important central

More information

Preek-notas: Romeine 3:21-31

Preek-notas: Romeine 3:21-31 Preek-notas: Romeine 3:21-31 Romeine 3:1-20 Vanaf 1:18 tot 3:20 dui Paulus twee onoorkombare probleme aan: 1) Onder die Ou Verbond onder die wet, wat vereis het dat jy die hele wet moet onderhou, kon niemand

More information

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het. Preek Jan Steyn 11 Junie 2017 Teks: Romeine 8: 26-39 Tema: Waaroor is God in beheer? Inleiding: God is in beheer. Hierdie vier woorde is seker van die grootste trooswoorde in Afrikaans. Ons sê dit vir

More information

Addendum A Consent form

Addendum A Consent form 480 Addendum A Consent form Carien Lubbe, PhD-student, University of Pretoria Faculty of Education Department of Educational Psychology 082 857 0137 012 420 2765 carien.lubbe@up.ac.za I hereby consent

More information

Luister na God. enlewe vir ewig

Luister na God. enlewe vir ewig Luister na God enlewe vir ewig God is soos n liefdevolle vader. 1Petrus5:6,7 God is ons Skepper, en hy is besorg oor ons. Net soos n wyse en liefdevolle vader sy kinders onderrig, leer God mense oor die

More information

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is. Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10 Inleiding Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is. Hierdie kwartaal het ons gefokus op die familie in daardie sin. o Dat ons n

More information

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop) Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop) Een ding wat nog altyd vir my interessant is, is mense se belangstelling in sg. celebrities. As hulle tog net naby iemand kan kom wat al op TV was of wat bekend

More information

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die Hemel op aarde Inhoudsopgawe Hemel op aarde... 1 Laat U Koninkryk en U wil ook op aarde ʼn werklikheid word... 4 Detoks na gees, siel en liggaam... 4 Rom. 12:1,2... 5 Mat. 4:17... 6 Julle is medewerkers

More information

Nederlandse Geloofsbelydenis

Nederlandse Geloofsbelydenis Nederlandse Geloofsbelydenis ARTIKEL : DIE ENIGE GOD Belydenis Teks 933/53-vertaling 983/9 vertaling Ons glo almal met die hart want met die hart glo ons tot geregtigheid en met Met die hart glo ons, en

More information

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Julie 2018 Ps 33: 1, 3 vooraf Ps 33: 9, 10, 11 lofpsalm Ps 139: 1, 3,

More information

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos: KLEINGROEPBEDIENING Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: 084 453 8724 Epos: wilhelm@gkwapadrant.co.za Kleingroepbestuurder: Elmarie Minnaar Tel: 012 991 6596 Epos: kleingroepe@gkwapadrant.co.za Wie is Jesus?

More information

Die maan en sy rol in ons wereld *

Die maan en sy rol in ons wereld * OpenStax-CNX module: m21016 1 Die maan en sy rol in ons wereld * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 * Version 1.1:

More information

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18 INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY 1 Geestelike Dissiplines Deel 1 - Inleiding 17 September 4 2 Geestelike Dissiplines Deel 2 Genade en dissipline 24 September 7 3 Die Innerlike Dissipline van Meditasie

More information

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde. Wat is Nagmaal Hoekom gebruik die kerk nagmaal? Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde. Die nagmaal was ingestel deur Jesus Christus

More information

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind 1 28 Oktober 2012 SKRIFLESING: Galasiërs 1: 1 10 TEKS: Galasiërs 1: 6-7 TEMA: Hervorming herinner ons bly by die suiwere Woord. SANG: Ps 84: 1, 6 (OAB); Ps 119: 1, 5, 7 (OAB); Sb 1-1: 3, 6; Ps 145: 1,

More information

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS 1 Die strewe na zero-defek... 13 2 In God se hofsaal... 33 3 Ons posisie in Christus... 49 AFDELING II WAT ONS KAN WORD 4 Hoe om geestelik te groei... 67 5 Hoe om ons

More information

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word. UIT DIE OUE, IN DIE NUWE Deel 1 Een van julle het so n ruk gelede vir my die volgende geskryf: Daar's soveel onkunde en misinformasie oor die ou en nuwe verbond en wat elkeen behels. Hoekom skryf jy nie

More information

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010 Die ekonomie en die Christen n perspektief 1 Desember 2010 Ekonomiese realiteite Christene poog om volgens die wil van God te handel in elke aspek van hule lewens en heelwat van hierdie dimensies is inter

More information

Oor die outeurs. Wayne Barber. Rick Shepherd. Eddie Rasnake

Oor die outeurs. Wayne Barber. Rick Shepherd. Eddie Rasnake Oor die outeurs Wayne Barber Wayne Barber is die senior leraar van Hoffmanstown Church, Albuquerque, Nieu- Mexiko. Hy is internasionaal bekend as spreker by konferensies, en die hoofdoel van sy bediening

More information

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT OPGESTEL DEUR: PAST. JOHAN PUTTER DATUM: 14 MEI 2017 PLEK: NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT INHOUDSOPGAWE INLEIDING...3 BYBELTEKSTE...5 KONTEKS

More information

Bronne Wiersbe WW 2001 The Bible Exposition Commentary. p My bucket list en God se wil!

Bronne Wiersbe WW 2001 The Bible Exposition Commentary. p My bucket list en God se wil! My bucket list en God se wil! Centurion 6 Aug 2017 Oggenddiens Votum Ps 18:31,32 Wat God doen is volmaak; wat die Here sê, is suiwer. Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy. Waarlik wie anders as

More information

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2 DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as Skeppingsmiddelaar as Erfgenaam. Perikoop: Hebr 1:1-14 Tekskeuse: Hebr 1:1-2

More information

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Julie 2018 Ps 115: 1, 2 vooraf Ps 27: 1, 5 lofpsalm Ps 103: 1, 2, 4 na

More information

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens 1 Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie. 2 Kyk, ek, Paulus, sê vir julle

More information

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17 10 Dae van Gebed Januarie 7-17, 2015 Dag 1 Bly in Christus Johannes 15:1-17 Voorstelle vir Bemiddelende Gebed Voel vry om aanspraak te maak op ander beloftes in die Bybel. Onthou, as God u roep, sal hy

More information

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Luk.24:13-35 Het jy agter gekom, soms koop jy ʼn produk waaroor jy nou nie eintlik

More information

NEW INTERNATIONAL VERSION

NEW INTERNATIONAL VERSION EPHESIANS Afrikaans / English Page 1 EFESIËRS 1 EPHESIANS 1 1:1 Paulus, 'n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, aan die heiliges wat in Éfese is, en die gelowiges in Christus Jesus: 1:2 Genade

More information

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished 22.3 REPORT 3: DEPUTIES LITURGICAL MATTERS AND ASSIGNMENT CO, ART 69 TESTING OF PSALMS, SCRIPTURAL HYMNS, CONFESSION SONGS AND SCRIPTURAL FAITHFUL SONGS (Artt 94, 274) A. Dr EJ Smit tables the report.

More information

METAMORFOSE Van stagnasie tot transformasie. Vir elke Christen wat hoop verloor het om te verander...

METAMORFOSE Van stagnasie tot transformasie. Vir elke Christen wat hoop verloor het om te verander... METAMORFOSE Van stagnasie tot transformasie Vir elke Christen wat hoop verloor het om te verander... 1 INHOUD Inleidend 3 Die relevansie van die evangelie Hoofstuk 1 13 Oor beelde en weerkaatsers Hoofstuk

More information

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het. Sakkie Parsons E-Pos Bediening Webtuiste. www.sakkieparsons.co.za My blog http://www.eposbediening.blogspot.com E-pos: sparsons@absamail.co.za Sel: 083 457 6669 Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker

More information