Waar is God as ons swaarkry?

Size: px
Start display at page:

Download "Waar is God as ons swaarkry?"

Transcription

1 Waar is God as ons swaarkry? Envy is sorrow at another s good Thomas van Acquino Waar is God as ons swaarkry? Philip Yancey se nuwe boek, The Question that Never goes away, het onlangs verskyn. Die vraag waarna hier verwys word is: Waarmee is God besig of nie besig nie in n wêreld vol tragedies en pyn? Hy het vantevore ook oor hierdie onderwerp geskryf. Ek gaan n paar blogs spandeer aan sy boek. Daar is vandag baie pyn en lyding in die wêreld. Mense leef met chroniese pyn, siektes, depressie Ander se pyn is as gevolg van hulle kommer oor ander: ouers met kinders wat aan dwelms verslaaf is; kinders met ouers met Alzheimer se siekte; ander wat swaarkry as gevolg van armoede en ongeregtighede; ens. Dan moet ons dink aan natuurrampe aardbewings, vloede, tsunami s en ander dinge soos oorlog, geweld en terrorisme. Waar is God as ons seerkry? Hoekom laat God toe dat boosheid sy gang gaan? Watter goed, indien enige, kan daar uit sulke gebeure kom? Ons wil weet hoekom sulke dinge gebeur? Ons wil iemand blameer en as ons nie weet wie nie, sê ons dit is optrede deur God acts of God. Na die tsunami van 2004 in Asië skryf Heather MacDonald: It s time to boycot God. Hoe kan God passief sit en toekyk hoe mense hulle lewens verloor. Sy gaan dan verder: He gets credit for the good things and no blame for the bad. Ek is seker daar is baie mense wat net soos sy dink. Een fout wat ons maak, is om tragedies te probeer kwantifiseer. Die feit dat meer mense in die tsunami in Asië gesterf het, maak die gebeurtenis nie meer tragies as dit wat by Marikana gebeur het nie. Daar is net individue wat lei en wonder waarom God dit toegelaat het. Dit is interessant dat hierdie vraag nooit aan ander godsdienste gevra word nie:

2 Waarom laat Allah/Boeddha dit toe? Ons moet respek hê vir n God wat aan die mens die vryheid gee om Hom te verwerp, om sy Seun te kruisig en wat woorde van verwerping in sy Woord insluit: Gideon praat met die engel en wil weet as God dan met ons is hoekom gebeur al hierdie vreeslike dinge met ons. In die psalms kry ons n oproep dat God tog wakker moet word: Here, hoekom slaap U? Die Prediker sê dat alles tevergeefs is. Jesaja sê dat God n God is wat Homself versteek het. Selfs Jesus wil weet waarom God Hom verlaat het. Volgende keer gaan ons na die hoekom vraag kyk: Hoekom gebeur tragedies in die wêreld? My vriend kry swaar Never work just for money or for power. They won t save your soul or help you sleep at night Marian Wright Edelman My vriend kry swaar Weer een van Henri Nouwen se stukkies: Om samehorigheid met n persoon wat swaar kry, te betoon, beteken nie dat ek met hom oor my eie swaarkry moet praat nie. Om oor jou eie pyn te praat, is baie selde van waarde as jy met iemand wat swaarkry praat. n Gewonde geneser is iemand wat na n persoon in pyn kan luister sonder om oor sy eie wonde te praat. As ons deur n pynlike situasie geleef het, kan ons met aandag en liefde luister na n ander persoon wat swaarkry sonder om ons eie probleme te noem. Moenie n persoon wat swaarkry se aandag op jouself fokus nie. Vertrou dat jou eie wonde jou in staat sal stel om na ander met jou hele wese te luister Dit is genesing. Ons voel so dikwels dat as ons by iemand wat swaarkry kom, ons iets moet sê. Nouwen sê vir ons dat dit onnodig is. Wat wel belangrik is, is om te luister.

3 Die oplossing vir pyn en lyding To trust in any thing more than God, is to make it a god ~ Thomas Watson Die oplossing vir pyn en lyding As Christene siek word en swaar kry, kan hulle bid en God vra vir genesing of verlossing. God het die krag om ons lewens te verander en die swaarkry weg te neem. Maar wat doen ons as dit nie God se wil is dat ons nou genees word nie? Wanneer en hoe sal swaarkry en pyn dan ophou? In Openbaring 21:1 4 lees ons: Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan. In hierdie gedeelte gee God aan Johannes n gesig van n nuwe hemel en n nuwe aarde. Die wêreld soos ons dit tans ken, sal nie vir ewig bestaan nie. Hierdie is n wêreld wat onder die gevolge van die sonde, soos siekte en dood, gely het. maar God se plan is duidelik: Kyk, Ek maak alles nuut. Nadat Johannes die nuwe hemel en nuwe aarde gesien het, sien hy Jerusalem wat uit die hemel afkom. Jerusalem is die hoofstad van God se koninkryk die plek wat God gekies het om sy troon op aarde te vestig. Hierdie stad is pragtig soos n bruid wat vir haar man versier is. Toe hoor Johannes die harde stem van God: Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. Die koms van die nuwe Jerusalem simboliseer die koms van God om op n fisiese wyse in die wêreld teenwoordig te wees. Dit gaan dus nie oor ons wat gaan om by God te wees nie, maar God wat kom om by ons te wees. Die implikasies hiervan is massief: Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan. Volgens God se tydtafel word volle genesing eers bewerkstellig as die nuwe Jerusalem kom. Dit beteken dat voor dit gebeur sal Christene ly en trane stort. In hierdie wêreld word Christene steeds siek en sterf uiteindelik. Dit is egter nie die Christen se eindbestemming nie. Eendag sal God die trane afdroog. Wat ook al ons pyn en swaarkry is, sal die terugkeer van Jesus Christus en die transformasie van die heelal die uiteindelike oplossing bring. Dan sal alles volmaak wees. Dit is gewaarborg: Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees (Openbaring 21:7).

4 God tug my omdat ek gesondig het? Seeking to free sexual love from old restraints, we ve freed it from its meaning, responsibility, and exaltation. Wendell Berry God tug my omdat ek gesondig het? Vraag: Die Here tug hom wat Hy liefhet, Hy straf elkeen wat Hy as kind aanneem. Verdra die tug as opvoeding, want God behandel julle as sy kinders. Is daar miskien n kind wat nie deur sy vader getug word nie? (Hebreërs 12:6 0 7). Beteken dit nou dat swaarkry, siekte, ens gebeur omdat God sy kinders tug? Wat van die swaarkry van ongelowiges? Is dit God wat hulle tug? Is dit straf vir hulle sonde? Beteken dit dat slegte dinge (of net sekere slegte dinge) wat met Christene gebeur, gebeur omdat God ons tug? As n Christen griep of kanker kry of as hy in n motorongeluk is of sy werk verloor moet ons dit as God se tug sien? Natuurlik is God soewerein oor alle dinge, maar as slegte dinge met Christene gebeur, is dit God se tugtiging of gebruik God dit vir ons beswil? Hierdie vraag het n leser na die Gospel Coalition se blog gestuur. Ek gebruik dit hier, want dit is n vraag waarmee almal van ons op een of ander stadium mee sukkel. Antwoord: Prof D. A. Carson het die vraag geantwoord. Daar is gedeeltes waar God katastrofiese oordeel bloot as vergelding stuur. Dink aan die vernietiging en dood van Saul Samuel kry selfs opdrag om nie meer vir hom te bid nie. Daar is gedeeltes waarin mense vir jare lank ly wat glad nie aan n onmiddellike sonde verbind kan word nie die blinde man in Johannes 9. In hierdie geval moet ons aanvaar dat sy blindheid deel van lewe in n gevalle wêreld is. Hy sou nie blind gebore gewes het as Genesis 3 nie plaasgevind het nie. Aan die ander kant is dit deel van God se voorsienigheid Jesus sê dat hy blind is sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word. Ons kan ook dink dat in sommige gevalle lyding as gevolg van sonde is Jesus sê vir die man wat al 38 jaar verlam was: Kyk, jy is nou gesond. Moet nou nie meer sonde doen nie, sodat daar nie iets erger met jou gebeur nie (Johannes 5). Hier mag tug ter sprake wees. Daar is gedeeltes wat lyding nie die gevolg van n direkte oortreding was nie. Hoe

5 verklaar ons dit? Daar is die enigste verduideliking dat ons God wie se mag en kennis oneindig groter as ons s n is, moet vertrou. Hier dink ons byvoorbeeld aan Job. Dit is duidelik dat ons uit hierdie verskeidenheid gedeeltes ten minste drie gevolgtrekkings met belangrike pastorale implikasies kan maak: Ons gaan groot foute maak as ons enige van hierdie gedeeltes neem en aanvaar dat hulle alle lyding verduidelik. Daarvoor is hulle te uiteenlopend. Ons kan tog nie Saul se situasie op Job van toepassing maak nie. n Christen moet nie aanvaar dat elke geval van lyding wat hy ondervind noodwendig die gevolg van God se tug vir n spesifieke sonde is nie. Net so kan n Christen nie aanvaar dat God dalk nie sy lyding as tugtiging gebruik nie. In elke geval van lyding is God besig om baie dinge te doen al sien ons net twee of drie raak. n Christenvrou in haar middeljare wat gevorderde borskanker ontwikkel: Berei Hy haar voor vir die ewigheid dit is genade om te weet jy gaan sterf en tyd te hê om jou daarvoor voor te berei? Is God besig om haar 20 jarige seun wat ongelowig is, te skok sodat hy homself ondersoek? So kan ons aan baie moontlikhede waarmee God besig is, dink. Soms moet ons net stilbly en in geloof bely dat ons nie alles begryp wat God besig is om te doen nie. Ons weet dat Hy getrou is Hy het sy Seun gestuur om vir ons te ly. Lyding is n geleentheid vir selfondersoek God mag met ons as ons wyse hemelse Vader praat iemand wat diegene wat Hy liefhet tugtig. Dit mag sy reaksie op spesifieke sondes in ons lewens wees. Dit mag wees dat Hy ons sterker maak sodat ons sal ophou dink Hy skuld ons gesondheid en welvaart. Of, soos in Job se geval, het God dalk n weddenskap met Satan aangegaan. Ons selfondersoek moet eerlik wees, maar ons moenie glo alle sleg wat met ons gebeur as gevolg van my persoonlike sonde is nie. Maak nie saak wat die oorsaak van ons lyding is nie die antwoord is altyd dieselfde: Gaan na die kruis en vertrou jou goeie, genadige en heilige Vader. Maklik formules om die ingewikkelde probleem van lyding te verstaan help nie. Dit reduseer die probleem en dit is swak teologie.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put Bybel vir Kinders bied aan Die vrou by die put Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde Bybel vir Kinders bied aan God Toets Abraham se Liefde Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Tammy S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid Dr Deon Bruwer Wat word van godsdiens as jy aan dementia ly? Wat wòrd van geloof as jy of jou iemand naby aan jou in die intensiewe eenheid

More information

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding: 1. OM JESUS TE VOLG: Om Jesus te volg is amper soos om blind te word. As jy vandag sou blind word, is hierdie n voorbeeld van van die goed wat gaan moet verander in jou lewe om dit vir jou makliker te

More information

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens! Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens! Strength will rise as we wait upon the Lord We will wait upon the Lord We will wait upon the Lord (repeat) EVERLASTING GOD

More information

n Prins word die Skaapwagter

n Prins word die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan n Prins word die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur:

More information

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee "Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons

More information

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad. 1 Koninkryk kultuur Genadepad Lees Johannes 4:1-30, 39-42 Ons is besig om saam `n reeks te bou genaamd Koninkryk Kultuur. Dit is om vir ons handvatsels te gee van hoe dit lyk om die alternatiewe kultuur

More information

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het Openbaring 21 NUUT DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie. 2 En ek het

More information

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis Bybel vir Kinders bied aan Die Hemel God se pragtige huis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Sarah S. Vertaal deur: Taschja Hattingh Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis Bybel vir Kinders bied aan Die Hemel God se pragtige huis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Sarah S. Vertaal deur: Taschja Hattingh Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Die betekenis van die kruis (1)

Die betekenis van die kruis (1) Die betekenis van die kruis (1) Don t pray when you feel like it. Have an appointment with the Lord and keep it. A man is powerful on his knees. Corrie Ten Boom Die betekenis van die kruis (1) Wat is die

More information

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS Opening Het jy al ooit op iets in jou lewe opgegee? Wat? Vertel vir mekaar hoe jy gevoel het daaroor. KOM ONS BEGIN Gesels met mekaar oor die volgende

More information

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr. n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr. VERBONDE vir HERSTELLING en VERLIGTING van die MENSDOM Edeniese VOOR DIE SONDEVAL Adamiese Noagiese Abrahamiese Sinaïtiese Palestynse

More information

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop Jan Steyn preek 8 Julie 2018 Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop Inleiding: Hoekom is die Christelike hoop so belangrik? As ek nie kan glo my verlede is deur die Here vergewe,

More information

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery. DIE GODHEID Die begrip Drie-eenheid word in die Christelike geloof gebruik vir God. Ons glo dat daar net eengod is, maar dat die Vader en Jesus en die Heilige Gees al drie saam hierdie een God is. Logies

More information

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN Onsis almalhiertesaam Vergader in sy Naam, Verheerlik Hom. Tot die doodwas Hygetrou Endaardeuris onsnousyeiendom. LaatonsmaaksoosHyonsse Mekaarsteeds lieftehe EnHomboalleseer. Loof Hom, Christus die Heer.

More information

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan? BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan? RAPPORT: Wanneer jy te sterwe kom, wat moet met jou liggaam gebeur? 1. Ek wil veras word. 69% 2. Ek wil begrawe word. 19% 3. My naasbestaandes

More information

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8) Les 1 vir 6 Oktober 2018 Die eenheid en harmonie wat God vir die mensdom beplan het, is deur sonde ontwrig. God het egter Sy liefde vir ons gewys deur 'n plan te ontwerp om eenheid te herstel. Die finale

More information

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1) Sessie 1 n Stroom-op o o persoon o WEB978-1-4316-1018-1_Sessie 1.indd 1 2014/11/04 02:41:57 PM 1 n Stroom-op persoon Vooraf Lees vooraf die eerste 7 hoofstukke van Leef stroom-op! Charles Finney het gesê:

More information

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11 Mattheus 7:6-11 Dissipels moet net nooit iets anders doen as om radikaal vir God te leef nie. Ons Vader gee dit in sy onveranderlike trou en volmaakte liefde vir elkeen wat vra. Oktober 2018 Ps 123: 1,

More information

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings. Skriflesing: Luk 24:1 12 en :44-53 Fokusgedeelte: Luk 24:50b 51 en :53 Die verheerlikte Jesus se seën en ons Inleiding / Introduction Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

More information

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32 Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here Jesaja 36-37:14, 20, 32 #feesmustfall #breekdiestilte #reformpuk wat is die groot vraag? Die laaste paar weke was rof. Die studente-protesaksies regoor

More information

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12 Let it be Laat dit wees I have need for such a clearance as the Saviour affected in the temple of Jerusalem. A riddance of the clutter, of what is secondary, that blocks the way to the all important central

More information

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê n Gebed vir my kind vir elke dag van die maand! Being a perfect parent doesn t matter. Being a praying parent does. Why leave your child s life to chance when you can give it to God? Stormie Omartian uit

More information

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d) Rom 14:1-12 Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d) Oktober 2013 Ps-vooraf Ps 97:1, 5 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar

More information

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette? Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette? Have You Heard of the Four Spiritual Laws? Just as there are physical laws that govern the physical universe, so there are spiritual laws which govern your

More information

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00 Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00 Refreshments will be served Dear Parent/teacher If you re concerned

More information

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding: Preek Jan Steyn 25 Februaie 2018 Teks: Johannes 13:1-35 Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding: Ek gaan gesels eendag met een van die jong outjies in die Gim. Ek vra hom: Jy was dan altyd so goed

More information

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER NUUSBRIEF NO 2/2014 (Also available in English) DOELSTELLING Ons is n selgroep van NG Elarduspark gemeente wat babas van n groepie behoeftige en meestal werklose ouers wat in Elandspoort woon, van formulemelk

More information

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het: 1 Jakobus 2a Tema: die toets van onpartydigheid Vandag gaan ons voort met die brief van Jakobus. Die brief wat handel oor gelowiges se integriteit (verduidelik). Julle sal onthou dat Jakobus ons waarsku

More information

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION Boodskap2. SALWING OM MENSE TE GENEES EN TE HERSTEL Hand 10:36-38 Dit is die woord wat Hy gestuur het..met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy

More information

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN? OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN? Stephan Bester Agtergrond van waar ek trek... Wanneer die Here ons roep vir iets, beteken dit gewoonlik dat Hy ons ook roep weg van iets af. Die probleem is egter dat daar

More information

Addendum A Consent form

Addendum A Consent form 480 Addendum A Consent form Carien Lubbe, PhD-student, University of Pretoria Faculty of Education Department of Educational Psychology 082 857 0137 012 420 2765 carien.lubbe@up.ac.za I hereby consent

More information

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom Bybelskool van Centurion 27 Maart 2018 Welkom 10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf 10 x Griekse woorde Biologie palingenesia (wedergeboorte) Militêre soterion (redding) Regspraak dikaiōsis

More information

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans? Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans? Met besondere aandag vir Psalm 2 By die lees van die Ou Testament is die vraag wat hierbo gevra word, baie belangrik. Hierdie vraag speel

More information

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself. Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself. Lewe Saggeus volgens sy naam? Die naam Saggeus beteken skoon of onskuldig. Maar hy het nie volgens hierdie naam geleef

More information

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE REGVERDIGING DATUM: 15 MEI 2016 PLEK: MBOMBELA PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 11 REGVERDIGING INHOUDSOPGAWE INLEIDING... 3 AGTERGROND OOR DIE VERSKILLENDE TEOLOGIESE

More information

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! AFM - AGS Afrikaans Unity Anniversary BEMAGTIGING Onderrig, lei u lede op en rus hulle

More information

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Augustus 2018 Ps 30: 1, 3 vooraf Ps 97: 1, 6, 7 lofpsalm Ps 34: 5, 6

More information

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen NIE ELKEEN WAT...!! Nie elkeen wat vir My sê: Meester, Meester! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Matt. 7:21. Het hierdie woorde

More information

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer Naäman To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer Naäman Ons kry die verhaal van Naäman in 2 Konings 5:1 16. Naäman was n belangrike man. Hy was n groot en trotse man die bekendste generaal in

More information

Les 6 vir 10 November 2018

Les 6 vir 10 November 2018 BEELDE VAN EENHEID Les 6 vir 10 November 2018 Die Bybel bevat diverse beelde wat geestelike en teologiese waarhede uitbeeld. Byvoorbeeld, water in Johannes 7:38, wind in Johannes 3:8 en n pilaar in 1 Timotheus

More information

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf 10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf Father God Father God I wonder how I managed to exist without The knowledge of Your parenthood and Your loving care. Now I am Your child I am adopted

More information

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010 Die ekonomie en die Christen n perspektief 1 Desember 2010 Ekonomiese realiteite Christene poog om volgens die wil van God te handel in elke aspek van hule lewens en heelwat van hierdie dimensies is inter

More information

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels... Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels... n Visie vir kleingroep-leiers. 0 Inhoud: 1. Inleiding 3 Visie: 3 Hoekom kleingroepe? 3 Dit gaan in wese oor: 5 Soorte groepe: 6 Fokusgroepe: 6 Funksie-groepe:

More information

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe! Jan Steyn Preek 6 April 2014. Teks: Romeine 7:14-8:4 Tema: Waarheen vlug ek met myself? Inleiding: Twee seuns van n Engelse koning het op n keer vir hulle pa gevra: Word n ware gentleman gebore of gemaak?

More information

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

GEHOORSAAMHEID AAN GOD DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE GEHOORSAAMHEID AAN GOD DATUM: 17 APRIL 2016 PLEK: NELSPRUIT PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 14 GEHOORSAAMHEID AAN GOD INHOUDSOPGAWE INLEIDING...3 MOET ONS DIE WET

More information

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS 1 Die strewe na zero-defek... 13 2 In God se hofsaal... 33 3 Ons posisie in Christus... 49 AFDELING II WAT ONS KAN WORD 4 Hoe om geestelik te groei... 67 5 Hoe om ons

More information

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding: Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober 2017 Teks: Efesiers 2:1-10 Tema: In Christus lewe jy Inleiding: Jesus het nie gekom om een of ander godsdiens te hervorm nie. Hy het nie die Joodse geloof van binne probeer

More information

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie. Mattheus 5:31-32 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers 31-32 wys Jesus hierdie waarheid met Deut 24:1-4 se skei-brief-gebod. Mei 2018 Ps 84: 1, 2 vooraf Ps 30:

More information

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan? Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan? Teksgedeelte: Dan 3 Teksvers: Dan 3: 17 18 Braam Krüger 16 Sadrag, Mesag en Abednego het koning Nebukadnesar geantwoord: Ons hoef u nie hierop

More information

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond SIEN DIE GROOT PRENTJIE Eerste Bedryf: die Skepping God se rol God is die bron God is die Skepper God is in beheer van die wêreld

More information

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2 MARKS: 150 TIME: 2 hours *RLSDM2* This question paper consists of 4 pages. 2 RELIGION STUDIES

More information

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12 Oktober 2016 Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12 Die doop wat die HERE gee en wat dit vir ons en ons kinders beteken en sê. Ps-vooraf Ps 29: 1, 5; Ps 75: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë

More information

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning 1 Romeine Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek Dr J de Koning HOOFSTUK 1 Die brief wat jy moet lees! 2 My eie reis deur Romeine kom n lang pad. As jong student op Stellenbosch

More information

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3:13-21. Tema: Vreemde verheerliking Inleiding: Vandag se teks en boodskap sluit baie sterk aan by die kort preekreeks oor die

More information

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God Wanneer jy hierdie gewyde dagboek bestudeer neem sorg om elke Skrifgedeelte te lees en indien moontik, lees die Skrifgedeelte sommer meer as een keer. Dag 1 Dink reg oor God: Die belangrikheid om te verstaan

More information

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring Inhoudsopgawe Voorwoord... 9 1. Eensaamheid: woordverklaring... 11 2. Die eensaamheid van menswees... 17 3. Die eensaamheid van siekte... 23 4. Die eensaamheid van die dood... 29 5. Die eensaamheid van

More information

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2 DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as Skeppingsmiddelaar as Erfgenaam. Perikoop: Hebr 1:1-14 Tekskeuse: Hebr 1:1-2

More information

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4 1 Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4, 1 Johannes 5:19 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4 1 Johannes 1:1-10 1Jn 1:1 Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met

More information

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a schoolmaster to bring us to Christ Vry van die wet (dekaloog en sedewette) Dekaloog=10 Hebreeuse woorde (tien gebooie) Sedewette=Al die ander wette. Rm. 10:4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. Rm.

More information

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel? Preek Sondag 22 Maart 2015 Teks: Filippense 3: 1-21 (veral vers 3) Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel? Inleiding: Agtergrond: Twee groepe wat bedreig: In Paulus se brief

More information

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Julie 2018 Ps 33: 1, 3 vooraf Ps 33: 9, 10, 11 lofpsalm Ps 139: 1, 3,

More information

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die Hemel op aarde Inhoudsopgawe Hemel op aarde... 1 Laat U Koninkryk en U wil ook op aarde ʼn werklikheid word... 4 Detoks na gees, siel en liggaam... 4 Rom. 12:1,2... 5 Mat. 4:17... 6 Julle is medewerkers

More information

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT 1 IS JY BRUID? INHOUDSOPGAWE Inleiding...3 Wie is die Bruid van Christus...3 Waar gaan ons bly.?...4 DIE HEBREEUSE HUWELIK...4

More information

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE HEILIGMAKING DATUM: 8 MEI 2016 PLEK: MBOMBELA PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 9 HEILIGMAKING INHOUDSOPGAWE INLEIDING... 3 HEILIGMAKING IN KONTEKS... 3 WAT LEER DIE

More information

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie. Die regering van die Kerk 1Tim 2:11-12 Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie. Maart 2012 Ps-vooraf Ps 33:1,2 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan

More information

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S. Jesus en gebed Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S. Lewis Jesus en gebed Jesus het dikwels gebid. Volgens Leonard Sweet en Frank Viola (Jesus A Theography)

More information

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn A. Ons verhaallyne Hoe kom mense nader aan mekaar? Twee mense deel hulle verhale met mekaar. Hoe bly mense

More information

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18 Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11 Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18 Voor dat ons saam lees uit 1 Konings 19, net hierdie

More information

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word. Jan Steyn preek Pinkster 2018 Tema: Die afgod van sukses Teks: 2 Konings 5:1-18, Mattheus 5:3-12 Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

More information

Pretoria- 23 Junie 2012

Pretoria- 23 Junie 2012 1 Skriflesing: Spreuke 11:1-31 Teks: Spreuke 11:29-30 Sing- Ps. 96: 6,7; Ps. 1:1,2; Ps. 116:4; Ps. 128:2,3 Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en 'n dwaas word 'n slaaf van hom wat wys van hart

More information

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is. Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10 Inleiding Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is. Hierdie kwartaal het ons gefokus op die familie in daardie sin. o Dat ons n

More information

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE LEIERSGIDS Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel: 082 838 3298 E-pos: emmausinfo@mweb.co.za Webtuiste: www.emmaussentrum.co.za Finale Redakteurs

More information

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124) 19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) 19.20 POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124) A. Die Beskrywingspunt is gestel. The Point of description is tabled.

More information

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê. WIE IS LCF? Life Christian Foundation (LCF sedert 1999) is n nie-winsgewende organisasie wat in 2001 geregistreer is. LCF word bestuur deur n raad van Direkteure met Dr Sakkie Olivier as Voorsitter van

More information

Luister na God. enlewe vir ewig

Luister na God. enlewe vir ewig Luister na God enlewe vir ewig God is soos n liefdevolle vader. 1Petrus5:6,7 God is ons Skepper, en hy is besorg oor ons. Net soos n wyse en liefdevolle vader sy kinders onderrig, leer God mense oor die

More information

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg Sing vooraf staande: Psalm 62:1, 4, 5 (p. 301) 1 Gewis, my siel is stil tot God! / My redding kom op sy gebod, / geen vyand hoef ek nou te dug nie. Hy is my rots, ʼn skans vir my, / Hy sal my voetstap ook

More information

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind 1 28 Oktober 2012 SKRIFLESING: Galasiërs 1: 1 10 TEKS: Galasiërs 1: 6-7 TEMA: Hervorming herinner ons bly by die suiwere Woord. SANG: Ps 84: 1, 6 (OAB); Ps 119: 1, 5, 7 (OAB); Sb 1-1: 3, 6; Ps 145: 1,

More information

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het. Preek Jan Steyn 11 Junie 2017 Teks: Romeine 8: 26-39 Tema: Waaroor is God in beheer? Inleiding: God is in beheer. Hierdie vier woorde is seker van die grootste trooswoorde in Afrikaans. Ons sê dit vir

More information

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT OPGESTEL DEUR: PAST. JOHAN PUTTER DATUM: 14 MEI 2017 PLEK: NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT INHOUDSOPGAWE INLEIDING...3 BYBELTEKSTE...5 KONTEKS

More information

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het. Sakkie Parsons E-Pos Bediening Webtuiste. www.sakkieparsons.co.za My blog http://www.eposbediening.blogspot.com E-pos: sparsons@absamail.co.za Sel: 083 457 6669 Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker

More information

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding: Preek Jan Steyn 26 Januarie 2014 Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser Inleiding: Ek het nog nooit oor genesing gepreek nie. Ek kon op die internet feitlik geen preke

More information

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS SONG OF SONGS THE FIVE MEGILOTH ESTHER RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS Odd shaped pebbles roll And tumble round the Rock which Smooths them into five smooth stones One of which will kill a giant 1 The Spirit

More information

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word. Mark 9:30-37 Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word. Januarie 2013 Ps-vooraf Ps 34: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan

More information

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11 BRUID VAN JESUS PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie 2017 Page 1 of 11 BRUID VAN JESUS INHOUDSOPGAWE INLEIDING...3 WAAR BEGIN DIE GEDAGTE VAN N HUWELIK TUSSEN GOD EN N GROEP MENSE?...4

More information

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18 INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY 1 Geestelike Dissiplines Deel 1 - Inleiding 17 September 4 2 Geestelike Dissiplines Deel 2 Genade en dissipline 24 September 7 3 Die Innerlike Dissipline van Meditasie

More information

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God. Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God. Januarie 2018 Ps 122: 1, 2 vooraf Ps 138: 1, 3, 4 lofpsalm Ps 51: 8 na wet Ps 34: 8, 9 as antwoord op die Woord

More information

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS. SISTEMATIESE TEOLOGIE 1 SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE 1 INHOUDSOPGAWE. Bladsy. 1. Inleiding. 3 2. Teologie. 3 2.1. Die Name van God. 4 2.2. Eienskappe van

More information

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Julie 2018 Ps 115: 1, 2 vooraf Ps 27: 1, 5 lofpsalm Ps 103: 1, 2, 4 na

More information

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod. Mei 2018 Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers 27-30 wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod. Ps 7: 1, 7 vooraf Ps 9: 1, 6, 7 lofpsalm Ps

More information

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde. Wat is Nagmaal Hoekom gebruik die kerk nagmaal? Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde. Die nagmaal was ingestel deur Jesus Christus

More information

Hannah Ball 1796 Buckinghamshire Robert Raikes kinders op straat eerste Sondagskool Surrey Chapel 1831 Brittanje 1,250,000 kinders per week

Hannah Ball 1796 Buckinghamshire Robert Raikes kinders op straat eerste Sondagskool Surrey Chapel 1831 Brittanje 1,250,000 kinders per week Hannah Ball, het in 1796 in Buckinghamshire, Engeland, ʼn skool in die drop begin. Die ontstaan van Sondagskool hou meer verband met Robert Raikes, wat die behoefte onder kinders op straat gesien het om

More information

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee. 1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee. Januarie 2016 Ps 33: 1, 3 - vooraf Ps 36: 2, 3 - lofpsalm Ps 50: 8, 10, 11 na

More information

Hartbeespoort Christen Gemeenskap : Evangelisasie-Dissipelskap kursusnota s DISSIPELSKAP OPLEIDINGSPROGRAM.

Hartbeespoort Christen Gemeenskap : Evangelisasie-Dissipelskap kursusnota s DISSIPELSKAP OPLEIDINGSPROGRAM. DISSIPELSKAP OPLEIDINGSPROGRAM. 1. Kursusagtergrond: Opleiding vir mense wat Jesus se groot opdrag wil uitvoer. Kursus skool mens om: Evangelie aan kerkmense oor te dra Evangelie aan onverskilliges oor

More information

Lees: Jesaja 1. HK Sondag 33, vraag & antwoord Dordtse Leerreëls 1:13. Teks: Jesaja 1:3, HK Sondag 33, vraag & antwoord 89 & 90

Lees: Jesaja 1. HK Sondag 33, vraag & antwoord Dordtse Leerreëls 1:13. Teks: Jesaja 1:3, HK Sondag 33, vraag & antwoord 89 & 90 Lees: Jesaja 1 HK Sondag 33, vraag & antwoord 88-90 Dordtse Leerreëls 1:13 Teks: Jesaja 1:3, 16-18 HK Sondag 33, vraag & antwoord 89 & 90 Sing: Psalm 86:6-8 Tema: Jou Eienaar eis terugkeer (Inleidend)

More information

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus? Preek Jan Steyn 28 April 2013. Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus? Inleiding: Ons het verlede week begin met hierdie reeks oor dissipelskap. Iemand skryf baie mooi

More information