Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Size: px
Start display at page:

Download "Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:"

Transcription

1 1 Jakobus 2a Tema: die toets van onpartydigheid Vandag gaan ons voort met die brief van Jakobus. Die brief wat handel oor gelowiges se integriteit (verduidelik). Julle sal onthou dat Jakobus ons waarsku teen `n valse belydenis, en ons oproep tot `n lewe wat bely dat ons in Jesus Christus glo. Ek het nogal die snaakse gevoel dat as Jakobus hier aan die einde van hoofstuk 1 sê dat `n mens nie net die woorde van die Here moet hoor nie, maar dit moet doen dat hy eintlik bedoel `n mens moenie net die woorde van die Here hoor nie, maar dat jy dit moet doen. Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het: 1. Die toets van beproewing 2. Die toets van versoeking 3. Die toets van ons reaksie op die Woorde van die Here Vandag hanteer ons `n 4de toets naamlik die toets van vooroordele/partydigheid. Lees Jakobus 2:1-13 Om te oordeel of nie te oordeel nie is dit die vraag? Moenie vir jou heilig hou nie, wie is jy om my te oordeel? al ooit gehoor? Sê Jakobus dat ons nie mag oordeel nie? Nee Jakobus roep ons juis op om regverdig te oordeel. Hy sluit aan by Jesus in (KLIK) Johannes 7:24 Moenie op die oog af oordeel nie, oordeel regverdig. (KLIK) Waar begin Jakobus as hy hierdie oproep tot onpartydigheid maak? By ons kennis, by die feit dat ons wat goed is darem behoort te weet hoe om regverdig te oordeel? Nee, hy begin by wie ons glo Jesus Christus is! Julle wat glo in ons Here Jesus Christus, die Here van die heerlikheid. Die Here wat jou geestelik ryp wil maak, wat die mag het om jou met die ewige lewe te kroon as jy volhard in jou belydenis. As jy in Hom glo, kan jy nie iemand op die uiterlike oordeel nie. Hoekom nie? Want een van God se wesenseienskappe is dat Hy nie vooroordele het nie. (KLIK) Deut. 10:17 Die Here jou God, Hy alleen is God, die Here: die groot God, die magtige, wat wonderdade doen, wat vir niemand partydig is nie en ook nie omkoopgeld aanneem nie. (KLIK) Romeine 2:11 God trek immers niemand voor nie. (KLIK)

2 2 (KLIK) As ons dan in die spieël van God se Woord kyk, wie sien ek as ek verby my eie drogbeeld gekyk het? (KLIK) Ja die beeld van die Here van Heerlikheid. En Hy oordeel nie volgens die uiterlike of volgens vooroordele nie. (KLIK) Hy oordeel regverdig. Maar hoe lyk dit? Wel as Jesus die Here van heerlikheid is, en regverdig oordeel, sal dit slim wees om te kyk hoe Hy dit gedoen het: (KLIK) Lees Johannes 8:1-11 (KLIK) Die wet is oortree (verduidelik owerspel vir kinders) op heterdaad het hulle hierdie vrou gevang, en iemand moet gestraf word, die wet sê so. Ons hoor nêrens wat van die man geword het nie... Maar die oordeel moet voltrek word. Kom ons dink vir `n oomblik saam oor die doel van oordeel: dit is om te dissiplineer, en dissipline wil iemand terug bring, nie wegjaag nie. Wat was hierdie manne, die beskermers van die waarheid, se doel? Hulle bring `n skuldige tussen die mense by die tempel met die doel om te verwoes. Onregverdig (want die man is nie daar nie) wil hulle die vrou se lewe verwoes, maar hulle wil ook Jesus se bediening verwoes. Deur hierdie vrou te veroordeel, skuif hulle hul eie sondes na die agtergrond, ons is darem nie so sleg soos sy nie. Wat doen Jesus Hy skryf...op die grond. Wat sou Hy geskryf het? `n Mens kan maar net wonder wat die Here wat alles weet, sou skryf om hierdie mense se gewetens te skud. Miskien iets soos... Het vanoggend sy vrou geslaan, het een van sy broers hier verkul met `n transaksie, is bly hy is nog nie gevang met owerspel nie... Aanklaers en beskuldigde ewe skuldig! Dit is regverdige oordeel! Jesus trek niemand voor nie, skuld is skuld. En as niemand die oordeel uitvoer en haar met klippe doodgooi nie, dan sê Jesus ek doen dit ook nie...! As iemand dit mag doen is dit Hy, maar hoor bietjie wat staan in (KLIK) Johannes 3:17 God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. (KLIK) 18 Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel (KLIK)

3 3 Regverdige oordeel se eerste doel is om te red, nie om te verwoes nie. Daarom laat Jesus die vrou nie maar net gaan nie, sy is skuldig! Gaan en bly weg van sonde af! Moet dit nie meer doen nie. Wat is so goed aan die Goeie Boodskap? vra hierdie vrou, sy sou jou kon vertel hoe dit een wat skuldig is oordeel en nie veroordeel nie. Jesus fokus op die herstel van die verhouding nie die letter van die wet nie, maar herstel deur die wet wat vry maak! Jared Wilson (KLIK) Jesus will convict you, and Jesus wil judge your sin. But provided you repent and follow him, Jesus does not bring condemnation. He brings forgiveness. (Your Jesus is too safe) (KLIK) Kom ons kyk nou weer na ons teksgedeelte. Gaan dit hier bloot oor ryk en arm? Nee dit gaan daaroor of ek God se heiligheid en heerlikheid verstaan en streef om Hom te eer deur heilig te leef. Dit gaan ook oor of ek die Goeie Boodskap reg verstaan. Want wat is dan so goed aan die Goeie Boodskap as al wat dit sou doen is om te vertel wat als verkeerd is en wat reg is, hoe `n goeie mens lyk en hoe `n slegte mens lyk? Wat `n goeie gelowige aantrek, sing... Dink weer aan die vorige hoofstuk, die spieël as ek reg kyk sal ek die persoon wat terug kyk volgens die wet moet veroordeel, want daar is niks goeds in hom/haar nie. Maar as ek bly kyk, staar in die spieël van die Woord, dan sien ek Hom wat my liefhet, Hy wat sê: Ek doen dit ook nie, gaan en moenie meer sonde doen nie. Dit is goeie nuus! Ons moet praat en optree soos mense wat geoordeel word volgens die wet wat vry maak (v. 12)! Wat is die wet wat vry maak? Dit is as ek vas glo, dat wanneer Jesus sy kinders oordeel, Hy dit doen om ons vry te maak, en nie om ons te veroordeel nie. So moet ons ook oor ander oordeel. En dit broer en suster het met iemand se binnekant te doen nie met sy uiterlike nie. Sy uiterlike het met sy konteks, omstandighede, gedagtegang, vrese, geleenthede en baie meer te doen. Iemand se uiterlike diskwalifiseer nie sy binnekant nie. Dat ek en jy geneig is om partydig te wees en met vooroordele na mense te kyk, vertel baie meer oor ons eie misverstaan van God se grootheid, as die kamstige foute wat daar by hulle sou wees. Verstaan ons God se barmhartigheid, sy omgee en redding vir ons? Die hartseer is, dat as ek mense volgens hul uiterlike of een of ander onregverdige rede oordeel, ek dikwels die moontlikheid afsny om by hul binnekant uit te kom.

4 4 Miskien sou ek met druk hul buitekante kon verander soos baie sendelinge oor die jare probeer het om die heidene op te voed en mooi aan te trek. Maar ons mis die persoon, die binnekant, die rou stukkende verlore mens wat nie klere of seep of `n huis nodig het om gered te word nie, maar Jesus Christus! Jy mis die geleentheid om die barmhartigheid wat aan jou bewys is, aan `n ander te deur te gee. As dit dan kom by oordeel, is dit belangrik om die volgende te onthou: 1) Binne die liggaam van Christus, moet medegelowiges mekaar oordeel om dissipline en oortuiging van skuld te bring in die hoop om die liggaam van Christus verder heilig te maak 2) Ons moenie mense buite die liggaam van Christus oordeel nie. (KLIK) Jared Wilson skryf: Lost people do lost things. That is just common sense. Treating people who don`t know Christ like they should behave as if they do know Christ is just naive, and it says more about our own state of unholiness than it does theirs. (KLIK) `n Paar grense vir Christelike oordeel: Mat 7:1-3 Jy sal geoordeel word volgens die maat waarmee jy oordeel. Moenie huigel nie wees eerlik oor jou eie tekortkominge. Oordeel volgens die wet wat vrymaak. Wees baie versigtig, maak seker, hoor eers iemand se binnekant. Wat is die verskil tussen om te oordeel en om veroordelend te wees? Om `n medegelowige se dade te oordeel is om te sê: dit wat jy nou doen voldoen nie aan God se standaard nie en Hy roep ons op tot iets beter. Dit is `n oproep tot God se heiligheid, en `n oproep om Hom te eer. Om veroordelend en partydig te wees is om te sê: Niemand behalwe ekself voldoen aan God se standaard nie, en gelukkig is ek hier om ander daaraan te herinner dat hulle dit waarskynlik nie gaan maak as hul nie soos ek lyk, aantrek en aanbid nie. Dit is toonbeeld van menslike werke en gebrek aan onpartydigheid soos God is. So mag dit nie by ons wees nie, en kom ons wees baie prakties: As die Here aan ons almal die opdrag gee om dissipels te maak waarom kom ons net by die praat daarvan uit, waarom doen ons dikwels nie die woorde van die Here nie, maar hoor dit net aan? As ware erediens voor God is om weduwees en wese in hul moeilike omstandighede by te staan, waarom praat ons so baie daaroor, maar doen dit nie werklik nie? Want dit is makliker om `n tjek vanaf `n diakonie aan te stuur as dat ekself moet moue oprol.

5 5 Is jy vriende met mense wat verslaaf is, wat worstel met hul seksualiteit, iemand wat saambly, `n straatkind wat gom snuif om die pyn van nag na nag op straat oorleef te verdof? Kom jy naby genoeg aan jou Hindoe, Moslem, Ateïs of naam-christen buurman of kollega sodat jy hul binnekant kan sien, hul storie kan hoor? Ons sal drasties hieraan aandag moet gee. Anders gaan ek net bly praat oor regverdig oordeel volgens die wet wat vry maak, maar ek proe nie die vrug daarvan as iemand in verbasing opmerk maar jy veroordeel my nie, jy`s nog steeds hier, hoekom doen jy dit? En ek kan sê: want ek kan nie anders nie, so is ek gered. Mag barmhartigheid oor die vooroordeel en partydigheid in ons triomfeer, tot eer van God!

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put Bybel vir Kinders bied aan Die vrou by die put Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens! Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens! Strength will rise as we wait upon the Lord We will wait upon the Lord We will wait upon the Lord (repeat) EVERLASTING GOD

More information

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde Bybel vir Kinders bied aan God Toets Abraham se Liefde Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Tammy S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible

More information

n Prins word die Skaapwagter

n Prins word die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan n Prins word die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur:

More information

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad. 1 Koninkryk kultuur Genadepad Lees Johannes 4:1-30, 39-42 Ons is besig om saam `n reeks te bou genaamd Koninkryk Kultuur. Dit is om vir ons handvatsels te gee van hoe dit lyk om die alternatiewe kultuur

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding: 1. OM JESUS TE VOLG: Om Jesus te volg is amper soos om blind te word. As jy vandag sou blind word, is hierdie n voorbeeld van van die goed wat gaan moet verander in jou lewe om dit vir jou makliker te

More information

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee "Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons

More information

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8) Les 1 vir 6 Oktober 2018 Die eenheid en harmonie wat God vir die mensdom beplan het, is deur sonde ontwrig. God het egter Sy liefde vir ons gewys deur 'n plan te ontwerp om eenheid te herstel. Die finale

More information

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS Opening Het jy al ooit op iets in jou lewe opgegee? Wat? Vertel vir mekaar hoe jy gevoel het daaroor. KOM ONS BEGIN Gesels met mekaar oor die volgende

More information

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan? BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan? RAPPORT: Wanneer jy te sterwe kom, wat moet met jou liggaam gebeur? 1. Ek wil veras word. 69% 2. Ek wil begrawe word. 19% 3. My naasbestaandes

More information

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d) Rom 14:1-12 Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d) Oktober 2013 Ps-vooraf Ps 97:1, 5 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar

More information

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN Onsis almalhiertesaam Vergader in sy Naam, Verheerlik Hom. Tot die doodwas Hygetrou Endaardeuris onsnousyeiendom. LaatonsmaaksoosHyonsse Mekaarsteeds lieftehe EnHomboalleseer. Loof Hom, Christus die Heer.

More information

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding: Preek Jan Steyn 25 Februaie 2018 Teks: Johannes 13:1-35 Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding: Ek gaan gesels eendag met een van die jong outjies in die Gim. Ek vra hom: Jy was dan altyd so goed

More information

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1) Sessie 1 n Stroom-op o o persoon o WEB978-1-4316-1018-1_Sessie 1.indd 1 2014/11/04 02:41:57 PM 1 n Stroom-op persoon Vooraf Lees vooraf die eerste 7 hoofstukke van Leef stroom-op! Charles Finney het gesê:

More information

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself. Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself. Lewe Saggeus volgens sy naam? Die naam Saggeus beteken skoon of onskuldig. Maar hy het nie volgens hierdie naam geleef

More information

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis Bybel vir Kinders bied aan Die Hemel God se pragtige huis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Sarah S. Vertaal deur: Taschja Hattingh Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis Bybel vir Kinders bied aan Die Hemel God se pragtige huis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Sarah S. Vertaal deur: Taschja Hattingh Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings. Skriflesing: Luk 24:1 12 en :44-53 Fokusgedeelte: Luk 24:50b 51 en :53 Die verheerlikte Jesus se seën en ons Inleiding / Introduction Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

More information

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid Dr Deon Bruwer Wat word van godsdiens as jy aan dementia ly? Wat wòrd van geloof as jy of jou iemand naby aan jou in die intensiewe eenheid

More information

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod. Mei 2018 Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers 27-30 wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod. Ps 7: 1, 7 vooraf Ps 9: 1, 6, 7 lofpsalm Ps

More information

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery. DIE GODHEID Die begrip Drie-eenheid word in die Christelike geloof gebruik vir God. Ons glo dat daar net eengod is, maar dat die Vader en Jesus en die Heilige Gees al drie saam hierdie een God is. Logies

More information

Addendum A Consent form

Addendum A Consent form 480 Addendum A Consent form Carien Lubbe, PhD-student, University of Pretoria Faculty of Education Department of Educational Psychology 082 857 0137 012 420 2765 carien.lubbe@up.ac.za I hereby consent

More information

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Augustus 2018 Ps 30: 1, 3 vooraf Ps 97: 1, 6, 7 lofpsalm Ps 34: 5, 6

More information

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr. n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr. VERBONDE vir HERSTELLING en VERLIGTING van die MENSDOM Edeniese VOOR DIE SONDEVAL Adamiese Noagiese Abrahamiese Sinaïtiese Palestynse

More information

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11 Mattheus 7:6-11 Dissipels moet net nooit iets anders doen as om radikaal vir God te leef nie. Ons Vader gee dit in sy onveranderlike trou en volmaakte liefde vir elkeen wat vra. Oktober 2018 Ps 123: 1,

More information

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12 Oktober 2016 Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12 Die doop wat die HERE gee en wat dit vir ons en ons kinders beteken en sê. Ps-vooraf Ps 29: 1, 5; Ps 75: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë

More information

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is. Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10 Inleiding Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is. Hierdie kwartaal het ons gefokus op die familie in daardie sin. o Dat ons n

More information

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer Naäman To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer Naäman Ons kry die verhaal van Naäman in 2 Konings 5:1 16. Naäman was n belangrike man. Hy was n groot en trotse man die bekendste generaal in

More information

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê n Gebed vir my kind vir elke dag van die maand! Being a perfect parent doesn t matter. Being a praying parent does. Why leave your child s life to chance when you can give it to God? Stormie Omartian uit

More information

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen NIE ELKEEN WAT...!! Nie elkeen wat vir My sê: Meester, Meester! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Matt. 7:21. Het hierdie woorde

More information

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette? Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette? Have You Heard of the Four Spiritual Laws? Just as there are physical laws that govern the physical universe, so there are spiritual laws which govern your

More information

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE REGVERDIGING DATUM: 15 MEI 2016 PLEK: MBOMBELA PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 11 REGVERDIGING INHOUDSOPGAWE INLEIDING... 3 AGTERGROND OOR DIE VERSKILLENDE TEOLOGIESE

More information

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe! Jan Steyn Preek 6 April 2014. Teks: Romeine 7:14-8:4 Tema: Waarheen vlug ek met myself? Inleiding: Twee seuns van n Engelse koning het op n keer vir hulle pa gevra: Word n ware gentleman gebore of gemaak?

More information

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER NUUSBRIEF NO 2/2014 (Also available in English) DOELSTELLING Ons is n selgroep van NG Elarduspark gemeente wat babas van n groepie behoeftige en meestal werklose ouers wat in Elandspoort woon, van formulemelk

More information

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop Jan Steyn preek 8 Julie 2018 Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop Inleiding: Hoekom is die Christelike hoop so belangrik? As ek nie kan glo my verlede is deur die Here vergewe,

More information

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee. 1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee. Januarie 2016 Ps 33: 1, 3 - vooraf Ps 36: 2, 3 - lofpsalm Ps 50: 8, 10, 11 na

More information

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word. Mark 9:30-37 Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word. Januarie 2013 Ps-vooraf Ps 34: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan

More information

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie. Mattheus 5:31-32 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers 31-32 wys Jesus hierdie waarheid met Deut 24:1-4 se skei-brief-gebod. Mei 2018 Ps 84: 1, 2 vooraf Ps 30:

More information

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4 1 Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4, 1 Johannes 5:19 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4 1 Johannes 1:1-10 1Jn 1:1 Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met

More information

Die betekenis van die kruis (1)

Die betekenis van die kruis (1) Die betekenis van die kruis (1) Don t pray when you feel like it. Have an appointment with the Lord and keep it. A man is powerful on his knees. Corrie Ten Boom Die betekenis van die kruis (1) Wat is die

More information

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid? Jan Steyn preek 15 Julie 2018 Teks: 1 Korintiers 9: 19-27 Tema: Wat maak ons met ons vryheid? Inleiding: Dit is nie altyd maklik om in ons samelewing vandag as Christen oor vryheid te praat nie. Ek dink

More information

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels... Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels... n Visie vir kleingroep-leiers. 0 Inhoud: 1. Inleiding 3 Visie: 3 Hoekom kleingroepe? 3 Dit gaan in wese oor: 5 Soorte groepe: 6 Fokusgroepe: 6 Funksie-groepe:

More information

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig. Markus 16:1-8 Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig. Februarie 2017 Ps 122: 1, 2 vooraf Ps 135: 1, 2, 3 lofpsalm Ps 119: 4 na wet Ps 118: 11, 12 as

More information

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond SIEN DIE GROOT PRENTJIE Eerste Bedryf: die Skepping God se rol God is die bron God is die Skepper God is in beheer van die wêreld

More information

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION Boodskap2. SALWING OM MENSE TE GENEES EN TE HERSTEL Hand 10:36-38 Dit is die woord wat Hy gestuur het..met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy

More information

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding: Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober 2017 Teks: Efesiers 2:1-10 Tema: In Christus lewe jy Inleiding: Jesus het nie gekom om een of ander godsdiens te hervorm nie. Hy het nie die Joodse geloof van binne probeer

More information

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom Bybelskool van Centurion 27 Maart 2018 Welkom 10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf 10 x Griekse woorde Biologie palingenesia (wedergeboorte) Militêre soterion (redding) Regspraak dikaiōsis

More information

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel? Preek Sondag 22 Maart 2015 Teks: Filippense 3: 1-21 (veral vers 3) Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel? Inleiding: Agtergrond: Twee groepe wat bedreig: In Paulus se brief

More information

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf 10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf Father God Father God I wonder how I managed to exist without The knowledge of Your parenthood and Your loving care. Now I am Your child I am adopted

More information

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18 Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11 Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18 Voor dat ons saam lees uit 1 Konings 19, net hierdie

More information

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring Inhoudsopgawe Voorwoord... 9 1. Eensaamheid: woordverklaring... 11 2. Die eensaamheid van menswees... 17 3. Die eensaamheid van siekte... 23 4. Die eensaamheid van die dood... 29 5. Die eensaamheid van

More information

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00 Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00 Refreshments will be served Dear Parent/teacher If you re concerned

More information

Les 6 vir 10 November 2018

Les 6 vir 10 November 2018 BEELDE VAN EENHEID Les 6 vir 10 November 2018 Die Bybel bevat diverse beelde wat geestelike en teologiese waarhede uitbeeld. Byvoorbeeld, water in Johannes 7:38, wind in Johannes 3:8 en n pilaar in 1 Timotheus

More information

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS SONG OF SONGS THE FIVE MEGILOTH ESTHER RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS Odd shaped pebbles roll And tumble round the Rock which Smooths them into five smooth stones One of which will kill a giant 1 The Spirit

More information

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32 Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here Jesaja 36-37:14, 20, 32 #feesmustfall #breekdiestilte #reformpuk wat is die groot vraag? Die laaste paar weke was rof. Die studente-protesaksies regoor

More information

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word. Jan Steyn preek Pinkster 2018 Tema: Die afgod van sukses Teks: 2 Konings 5:1-18, Mattheus 5:3-12 Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

More information

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN? OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN? Stephan Bester Agtergrond van waar ek trek... Wanneer die Here ons roep vir iets, beteken dit gewoonlik dat Hy ons ook roep weg van iets af. Die probleem is egter dat daar

More information

Waar is God as ons swaarkry?

Waar is God as ons swaarkry? Waar is God as ons swaarkry? Envy is sorrow at another s good Thomas van Acquino Waar is God as ons swaarkry? Philip Yancey se nuwe boek, The Question that Never goes away, het onlangs verskyn. Die vraag

More information

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER Slide 1 THE FIVE MEGILOTH: SONG OF SONGS/ RUTH/ LAMENTATIONS/ ECCLESIASTES/ ESTHER Slide 2 Odd shaped pebbles roll / And tumble round the Rock which / Smooths them into five

More information

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Julie 2018 Ps 33: 1, 3 vooraf Ps 33: 9, 10, 11 lofpsalm Ps 139: 1, 3,

More information

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie. Die regering van die Kerk 1Tim 2:11-12 Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie. Maart 2012 Ps-vooraf Ps 33:1,2 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan

More information

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

GEHOORSAAMHEID AAN GOD DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE GEHOORSAAMHEID AAN GOD DATUM: 17 APRIL 2016 PLEK: NELSPRUIT PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 14 GEHOORSAAMHEID AAN GOD INHOUDSOPGAWE INLEIDING...3 MOET ONS DIE WET

More information

Mark 10:1-12. Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike.

Mark 10:1-12. Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike. Mark 10:1-12 Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike. Januarie 2014 Ps-vooraf Ps 145: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum.

More information

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a schoolmaster to bring us to Christ Vry van die wet (dekaloog en sedewette) Dekaloog=10 Hebreeuse woorde (tien gebooie) Sedewette=Al die ander wette. Rm. 10:4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. Rm.

More information

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind 1 28 Oktober 2012 SKRIFLESING: Galasiërs 1: 1 10 TEKS: Galasiërs 1: 6-7 TEMA: Hervorming herinner ons bly by die suiwere Woord. SANG: Ps 84: 1, 6 (OAB); Ps 119: 1, 5, 7 (OAB); Sb 1-1: 3, 6; Ps 145: 1,

More information

Emotional drainage / Emosionele dreinering

Emotional drainage / Emosionele dreinering 1 Emotional drainage / Emosionele dreinering Dealing with emotional drainage Part 1 Dear friends, let us love one another, because love comes from God. Whoever loves is a child of God and knows God. 1

More information

Kyk ook: Kommentare: Op facebook/kerkbode is die volgende gesprek gevoer by. :

Kyk ook: Kommentare: Op facebook/kerkbode is die volgende gesprek gevoer by.  : Op facebook/kerkbode is die volgende gesprek gevoer by http://www.facebook.com/kerkbode/posts/313901828676911 : Kyk ook: - Die Bybel oor Oordeel - Judge not? Don't be confused - A W Tozer - 'n God van

More information

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God. Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God. Januarie 2018 Ps 122: 1, 2 vooraf Ps 138: 1, 3, 4 lofpsalm Ps 51: 8 na wet Ps 34: 8, 9 as antwoord op die Woord

More information

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT OPGESTEL DEUR: PAST. JOHAN PUTTER DATUM: 14 MEI 2017 PLEK: NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT INHOUDSOPGAWE INLEIDING...3 BYBELTEKSTE...5 KONTEKS

More information

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Julie 2018 Ps 115: 1, 2 vooraf Ps 27: 1, 5 lofpsalm Ps 103: 1, 2, 4 na

More information

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! AFM - AGS Afrikaans Unity Anniversary BEMAGTIGING Onderrig, lei u lede op en rus hulle

More information

Pretoria- 23 Junie 2012

Pretoria- 23 Junie 2012 1 Skriflesing: Spreuke 11:1-31 Teks: Spreuke 11:29-30 Sing- Ps. 96: 6,7; Ps. 1:1,2; Ps. 116:4; Ps. 128:2,3 Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en 'n dwaas word 'n slaaf van hom wat wys van hart

More information

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010 Die ekonomie en die Christen n perspektief 1 Desember 2010 Ekonomiese realiteite Christene poog om volgens die wil van God te handel in elke aspek van hule lewens en heelwat van hierdie dimensies is inter

More information

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit? Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit? Ander moet julle red deur hulle uit die vuur te ruk (Jud. 1:23) Jan Roos 1 2 Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou

More information

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE HEILIGMAKING DATUM: 8 MEI 2016 PLEK: MBOMBELA PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 9 HEILIGMAKING INHOUDSOPGAWE INLEIDING... 3 HEILIGMAKING IN KONTEKS... 3 WAT LEER DIE

More information

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het Openbaring 21 NUUT DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie. 2 En ek het

More information

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens. Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens. Dit is voorwaar n deurmekaar wereld waarin ons ons vandag bevind met Predikers en Profete wat links en regs Profeteer en

More information

Die maan en sy rol in ons wereld *

Die maan en sy rol in ons wereld * OpenStax-CNX module: m21016 1 Die maan en sy rol in ons wereld * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 * Version 1.1:

More information

KERSDAGPREEK - PAARLBERG - 25 DESEMBER 2017 Mat 1:1-17 Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham: (2) Abraham

KERSDAGPREEK - PAARLBERG - 25 DESEMBER 2017 Mat 1:1-17 Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham: (2) Abraham KERSDAGPREEK - PAARLBERG - 25 DESEMBER 2017 Mat 1:1-17 Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham: (2) Abraham was die vader van Isak, Isak van Jakob, en Jakob van

More information

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE LEIERSGIDS Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel: 082 838 3298 E-pos: emmausinfo@mweb.co.za Webtuiste: www.emmaussentrum.co.za Finale Redakteurs

More information

Lukas 4: Agtergrond

Lukas 4: Agtergrond Lukas 4:21-30 Agtergrond Lukas word soos volg ingedeel: Jesus se bediening in Judea - 1:1-4:13 Jesus se bediening in Galilea 4:14-9:50 Op pad na Jerusalem 9:51-19:27 In Jerusalem 19:28-24:53 Opstanding

More information

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word. UIT DIE OUE, IN DIE NUWE Deel 1 Een van julle het so n ruk gelede vir my die volgende geskryf: Daar's soveel onkunde en misinformasie oor die ou en nuwe verbond en wat elkeen behels. Hoekom skryf jy nie

More information

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished 22.3 REPORT 3: DEPUTIES LITURGICAL MATTERS AND ASSIGNMENT CO, ART 69 TESTING OF PSALMS, SCRIPTURAL HYMNS, CONFESSION SONGS AND SCRIPTURAL FAITHFUL SONGS (Artt 94, 274) A. Dr EJ Smit tables the report.

More information

GEBED AS LEEFSTYL. Gebed is uiters belangrik!!!

GEBED AS LEEFSTYL. Gebed is uiters belangrik!!! Gebed is uiters belangrik!!! GEBED AS LEEFSTYL Gebed is die bloed van die geestelike mens wat vloei tussen my hart en God se hart, dit bring koppeling tussen my siel en God, kommunikasie van my as kind

More information

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos: KLEINGROEPBEDIENING Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: 084 453 8724 Epos: wilhelm@gkwapadrant.co.za Kleingroepbestuurder: Elmarie Minnaar Tel: 012 991 6596 Epos: kleingroepe@gkwapadrant.co.za Wie is Jesus?

More information

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a). Mark 11:1-7 Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a). April 2015 Ps 56: 1, 2 - vooraf Ps 56: 3, 4 - lofpsalm Ps 52: 1, 3, 4 na wet Ps 111: 1, 4, 5 na gebed Ps 8: 4, 5, 6, 7 as

More information

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Luk.24:13-35 Het jy agter gekom, soms koop jy ʼn produk waaroor jy nou nie eintlik

More information

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn A. Ons verhaallyne Hoe kom mense nader aan mekaar? Twee mense deel hulle verhale met mekaar. Hoe bly mense

More information

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid 10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid Hierdie aflaaibare gids is gratis tensy dit gedruk en gebind aangebied word, en is vir gebruik deur lesers van die boek. Die Skrifgedeeltes kom uit verskeie

More information

Gebed. Bybelse Dissipelskap

Gebed. Bybelse Dissipelskap Bybelse Dissipelskap Gebed Verse om te memoriseer... Filippense 4:6-7 6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. 7 En die vrede

More information

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die Hemel op aarde Inhoudsopgawe Hemel op aarde... 1 Laat U Koninkryk en U wil ook op aarde ʼn werklikheid word... 4 Detoks na gees, siel en liggaam... 4 Rom. 12:1,2... 5 Mat. 4:17... 6 Julle is medewerkers

More information

Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn. Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: Tema: Die agterstevoor evangelie

Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn. Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: Tema: Die agterstevoor evangelie Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: 19-21 Tema: Die agterstevoor evangelie Inleiding: Wie is werklik in beheer? Die koning van Aram of Sirië

More information

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness. Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness. (ESV) 19 Net hulle wat nog lewe kan U loof, so doen ek dit vandag. Vaders

More information

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het. Preek Jan Steyn 11 Junie 2017 Teks: Romeine 8: 26-39 Tema: Waaroor is God in beheer? Inleiding: God is in beheer. Hierdie vier woorde is seker van die grootste trooswoorde in Afrikaans. Ons sê dit vir

More information

Hannah Ball 1796 Buckinghamshire Robert Raikes kinders op straat eerste Sondagskool Surrey Chapel 1831 Brittanje 1,250,000 kinders per week

Hannah Ball 1796 Buckinghamshire Robert Raikes kinders op straat eerste Sondagskool Surrey Chapel 1831 Brittanje 1,250,000 kinders per week Hannah Ball, het in 1796 in Buckinghamshire, Engeland, ʼn skool in die drop begin. Die ontstaan van Sondagskool hou meer verband met Robert Raikes, wat die behoefte onder kinders op straat gesien het om

More information

Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God?

Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? Jan Roos 1 2 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, hou

More information

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12 Let it be Laat dit wees I have need for such a clearance as the Saviour affected in the temple of Jerusalem. A riddance of the clutter, of what is secondary, that blocks the way to the all important central

More information

IN THE SUPREME COURT OP SOUTH AFRICA. CORBETT, MILLER, JJA et NICHOLAS, AJA

IN THE SUPREME COURT OP SOUTH AFRICA. CORBETT, MILLER, JJA et NICHOLAS, AJA 102/85/AV IN THE SUPREME COURT OP SOUTH AFRICA (APPELLATE DIVISION) In the matter between: MARCUS PHETLA 1st Appellant AMOS NQUBUKA 2nd Appellant AND THE STATE Respondent CORAM: CORBETT, MILLER, JJA et

More information