KERSDAGPREEK - PAARLBERG - 25 DESEMBER 2017 Mat 1:1-17 Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham: (2) Abraham

Size: px
Start display at page:

Download "KERSDAGPREEK - PAARLBERG - 25 DESEMBER 2017 Mat 1:1-17 Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham: (2) Abraham"

Transcription

1 KERSDAGPREEK - PAARLBERG - 25 DESEMBER 2017 Mat 1:1-17 Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham: (2) Abraham was die vader van Isak, Isak van Jakob, en Jakob van Juda en sy broers; (3) Juda was die vader van Peres en Serag by Tamar, Peres van Gesron, en Gesron van Ram; (4) Ram was die vader van Amminadab, Amminadab van Nagson, en Nagson van Salmon; (5) Salmon was die vader van Boas by Ragab, Boas van Obed by Rut, Obed van Isai; (6) Isai was die vader van koning Dawid. Dawid was die vader van Salomo by die vrou van Urija; (7) Salomo was die vader van Rehabeam, Rehabeam van Abia en Abia van Asa; (8) Asa was die vader van Josafat, Josafat van Joram, en Joram van Ussia; (9) Ussia was die vader van Jotam, Jotam van Agas, en Agas van Hiskia; (10) Hiskia was die vader van Manasse, Manasse van Amon, en Amon van Josia; (11) Josia was die vader van Jojagin en sy broers. Toe is die volk weggevoer na Babilonië toe. (12) En na die Babiloniese ballingskap was dit so: Jojagin was die vader van Sealtiël, en Sealtiël van Serubbabel; (13) Serubbabel was die vader van Abihud, Abihud van Eljakim, en Eljakim van Asor; (14) Asor was die vader van Sadok, Sadok van Agim, en Agim van Elihud; (15) Elihud was die vader van Eleasar, Eleasar van Mattan, en Mattan van Jakob;

2 (16) Jakob was die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus genoem word. Preek: Seker nou nie die roerendste teksgedeelte was mens op n kersdag kon gelees het nie! Maar ek dink nogal as my Ma nou nog geleef het, dink ek sy sou van die teksgedeelte gehou het. As ek nuwe vriende of vriendinne by die huis aangebring het, het sy gewoonlik gevra: Nou van watter Conradies is jy? Wie is jou Pa en Ma? Waar het hulle gewoon? En dan het sy so bly invra tot sy op die ou einde agtergekom het dat die vriendin verlanges familie is. Ek was later bang om meisies huis toe te bring bang ons kom ager ons is familie! Is hier van julle wat ook so hou van familiestambome? Dit is natuurlik baie interssant en soms, as mens so langs die stam van die stamboom afgaan, kry mens interssante mense. Sommige grênt mense wat in hoë posisies was. Maar, en dis hoekom ek maar wegbly van stambome af, kry mense ook snaakse kreature oor wie mens nie eintlik wil praat nie en tog is hulle familie! En nou het ons gelees dat Matteus nie begin deur

3 die geboorteverhaal van Jesus te vertel nie, maar deur die stamboom van Jesus uit te lê. Hoekom doen hy dit? Hoekom los hy nie liewer die klomp vervelige name uit nie? Vir wat wil ons nou weet dat Ram die vader van Amminadab was en Salmon se pa Nagson was? Wat het dit met die prys van eiers uit te waai? Matteus doen dit vir n baie goeie rede. Eintlik n paar redes. In die eerste plek skryf hy veral vir die Jode (waarvan hy een is). Vir hulle was dit belangrik om te weet dat Jesus uit die nageslag van Abraham is, maw n Jood. Maar hy doen dit ook sodat hulle kan weet dat Jesus gebore is uit die nageslag van Dawid, soos wat die profete voorspel het dat die Messias gebore sou word. Hy wil hulle dus wys dat Jesus wel die Messias is. Maar daar is n derde rede. En eintlik is die rede dat hy ons wil vertel hoe God se liefde werk. Die Jode van daardie tyd was nogals gesteld op wie jy is en waar jy vandaan kom. As jy wou tel onder die who s who? s van daardie tyd, dan moes jou stamboom goed gelyk het. Daar moes n paar sterk name in gewees het. Jou waarde was dus in n mate afhanlik van jou bloedlyn. En nou kom openbaar Matteus hier n paar slegte geheime in Jesus se voorgeslagte. As die

4 Huisgenoot in daardie tyd al bestaan het, sou daar seker iets op die voorblad gewees het soos: Weet jy waar kom Jesus vandaan? As ons na ander plekke kyk waar dieselfde stamboom aangehaal word, dan los Matteus n paar name uit. As hy dan n paar uitgelos het, kon hy mos maar die name wat mens agter jou hand sê, gelos het, maar hy doen dit nie. Wat meer is, vrouens word nooit in n stamboom van daardie tyd genoem nie en hier noem hy, behalwe Maria, 4 vrouens se name vrouens met n donker geskiedenis. Eers noem hy Tamar. Sy kon geen kleinkinders gee vir Juda nie. Op die ou end vermom sy haar soos n prostituut en haar einste skoonpa slaap by haar (sonder dat hy weet dis sy skoondogter) en verwek n kind by haar. Dis deel van die voorgeslag van Jesus. En dan was daar Ragab. n Heidense Kaänaniet wat ook n prostituut was. Sy help die Joodse spioene om te ontsnap uit Jerigo voor die stad ingeneem word en haar lewe word gespaar en sy word deel van Israel. Sy trou later met n Jood en sy is deel van die stamregister van Jesus. Ook Rut was nie n Israeliet nie, maar n Moabiet wat uiteindelik ingetrou het in Israel en Dawid se

5 oumagrootjie word. En dan die bekende, berugte Batseba. Sy word nie by die naam genoem nie, maar as die vrou van Uria, wat self nie n Jood was nie, maar n Hettiet en dan ken ons haar Son-storie met Dawid. Ook sy was een van die ouma s in die lyn van Jesus. Maar dis nie net die stamboom van Jesus wat vir ons n baie belangrike ding wil kom sê nie. Wanneer Jesus gebore word, is dit seker die belangrikste gebeurtenis wat ooit op aarde kon gebeur het. En belangrike gebeurtenisse sê mense gewoonlik eerste vir mense wat tel. Die mense wat eerste die nuus hoor, is die herders. Herders was in daardie tyd as onrein mense beskou vanweë die werk wat hulle gedoen het. Daarom kon hulle nie na die tempel kom voor hulle nie gereinig is nie. Hulle kan, by wyse van spreke, nie kerk toe kom nie. Maar dis juis hulle wat eerste uit die mond van engele die boodskap hoor. Wat hoor ons vanoggend op hierdie Kersoggend in 2017? God kies nie net die voorbeelde in die samelewing of die grent mense nie. Hy gebruik ook ontroue egbrekers, prostitute, sondaarmense, onreines om Sy plan op aarde uit te voer en Hy sluit hulle in as Sy aardse familie. Ons weet nie of dit Matteus, wat ook Levi die

6 tollenaar was, wat die Evangelie geskryf het nie, maar as dit hy was, sou hy dit ook goed verstaan het. Hy was eintlik n verraaier deur as tollenaar sy eie mense te bedrieg en homself te verryk, maar Jesus kom nie na hom en sê: Levi, verander jou lewe en dan kan jy my volg nie. Jesus sê net vir hom: Volg my en toe hy Hom volg, toe verander Jesus sy lewe. As ek dink dat ek aan die Here behoort omdat my lewe redelik in plek is, ek nie te veel publieke sondes het nie en n getroue kerkganger is, dan wil die Woord vanoggend vir my kom sê: 1 Kor 10:12 Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie. God kom red ons nie omdat ons oulike mense is nie, maar ons is deel van Sy familie ten spyte van wie ons is en wat ons doen. As ek dink dat my lewe redelik skoon is en ek op n manier n goeie kans het om gered te word, moet ek weer dink. Rom 3:10-12 Daar staan immers geskrywe: Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie, (11) daar is nie een wat verstandig is nie; daar is nie een wat na die wil van God vra nie. (12) Almal het afgedwaal, almal het ontaard. Daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie een nie.

7 Eintlik sal ek dan ook nooit vrede in my hart hê oor my redding nie omdat ek altyd maar bewus is van sondes en swakpunte in my lewe. Ek bedoel: Hoe goed is nou eintlik goed genoeg? God kom red jou deur Jesus tsv wie ek en jy is net uit genade, onvoorwaardelik. Joh 1:16-17 Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. (17) God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. Miskien kyk jy ook na ander mense met oë wat hulle meet meet of hulle gaan inpas in die Koninkryk van God. Dan sit ons vir hulle etikette om die nek: Nie goed genoeg nie. Kersfees roep ons almal om in baie groot nederigheid onsself te sien vir wie ons is: Sondaars wat gered is uit genade en liefde alleen. Laat ons God dan uit dankbaarheid volg en dien en ook n oop hand en hart uitsteek an ander mense en versigtig wees om ander te judge. Maar net dalk is hier van ons wat vanoggend hier is wat eintlik min kerk toe kom omdat ons nie eintlik tuis voel in die kerk nie. Daar kan baie redes voor wees, maar dit kan wees dat jy voel dat jou

8 lewe nie goed genoeg is om deel van die kerk te wees nie. Dinge wat jy lank terug gedoen het of op die oomblik mee besig is dat dit jou diskwalifiseer. Dalk is daar kerkmense wat jou laat voel het dat jy nie hier tuishoort nie. Een of ander slegte ervaring met die kerk dalk gehad. As daar in Jesus se familie plek is vir Tamar en Ragab en Rut en Batseba, dan is daar verseker ook vir jou en my plek in Jesus se familie. Nie een van ons kon die prys betaal vir ons sonde nie. Daarom is Jesus gebore in Betlehem ook vir jou en my. As jy gedink het dat jy eers vorentoe jou lewe in orde wil kry en dan dit sal oorweeg om Jesus te volg, as jy so gedink het, dan kom staan Jesus vanoggend ook voor jou, net soos jy is, en, soos vir Levi, kom sê Hy: Volg my! Jy hoef nie eers jou lewe reg te skud nie. Jy hoef nie eers goed genoeg te raak voor jy Jesus kan volg nie. Jy hoef ook nie eers n regte gevoel of emosionele opwelling te ervaar nie. Jy kan, net soos Levi, deur n doodgewone keuse wat jy maak, besluit om Jesus te volg. Maar laat ek jou waarsku: As jy dit besluit, gaan jy nie dieselfde bly nie. Jesus verander ons altyd, al neem dit n leeftyd. Op hierdie Kersdag wil Jesus jou nooi om Hom te volg, net soos jy is en meer en meer sy liefde te

9 beleef deur jou lewe en na ons dood. As jy vanoggend die behoefte het om vir die eerste maal of dalk by hernuwing jou lewe in Jesus se hande te plaas, dan nooi ek jou om in jou hart saam met my te bid: Gebed: Here Jesus, hier staan ek vanoggend voor U as n mens wat niks verdien nie. Wat eintlik verdien om verlore te gaan. Maar ek hoor vanoggend dat U U hand na my kom uitsteek en my kom nooi om deel van U familie te word en te bly net omdat U my so baie en onvoorwaardelik liefhet. Here, ek wil U volg. Kom lei my asb deur U Gees op die nuwe pad in my lewe die lewe wat U vir my kom gee. Dit bid ek op hierdie Kersdag in Jesus se Naam. Amen Amen.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put Bybel vir Kinders bied aan Die vrou by die put Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens! Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens! Strength will rise as we wait upon the Lord We will wait upon the Lord We will wait upon the Lord (repeat) EVERLASTING GOD

More information

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding: 1. OM JESUS TE VOLG: Om Jesus te volg is amper soos om blind te word. As jy vandag sou blind word, is hierdie n voorbeeld van van die goed wat gaan moet verander in jou lewe om dit vir jou makliker te

More information

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde Bybel vir Kinders bied aan God Toets Abraham se Liefde Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Tammy S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee "Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons

More information

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad. 1 Koninkryk kultuur Genadepad Lees Johannes 4:1-30, 39-42 Ons is besig om saam `n reeks te bou genaamd Koninkryk Kultuur. Dit is om vir ons handvatsels te gee van hoe dit lyk om die alternatiewe kultuur

More information

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8) Les 1 vir 6 Oktober 2018 Die eenheid en harmonie wat God vir die mensdom beplan het, is deur sonde ontwrig. God het egter Sy liefde vir ons gewys deur 'n plan te ontwerp om eenheid te herstel. Die finale

More information

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS Opening Het jy al ooit op iets in jou lewe opgegee? Wat? Vertel vir mekaar hoe jy gevoel het daaroor. KOM ONS BEGIN Gesels met mekaar oor die volgende

More information

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr. n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr. VERBONDE vir HERSTELLING en VERLIGTING van die MENSDOM Edeniese VOOR DIE SONDEVAL Adamiese Noagiese Abrahamiese Sinaïtiese Palestynse

More information

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself. Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself. Lewe Saggeus volgens sy naam? Die naam Saggeus beteken skoon of onskuldig. Maar hy het nie volgens hierdie naam geleef

More information

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding: Preek Jan Steyn 25 Februaie 2018 Teks: Johannes 13:1-35 Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding: Ek gaan gesels eendag met een van die jong outjies in die Gim. Ek vra hom: Jy was dan altyd so goed

More information

n Prins word die Skaapwagter

n Prins word die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan n Prins word die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur:

More information

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan? BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan? RAPPORT: Wanneer jy te sterwe kom, wat moet met jou liggaam gebeur? 1. Ek wil veras word. 69% 2. Ek wil begrawe word. 19% 3. My naasbestaandes

More information

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1) Sessie 1 n Stroom-op o o persoon o WEB978-1-4316-1018-1_Sessie 1.indd 1 2014/11/04 02:41:57 PM 1 n Stroom-op persoon Vooraf Lees vooraf die eerste 7 hoofstukke van Leef stroom-op! Charles Finney het gesê:

More information

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN Onsis almalhiertesaam Vergader in sy Naam, Verheerlik Hom. Tot die doodwas Hygetrou Endaardeuris onsnousyeiendom. LaatonsmaaksoosHyonsse Mekaarsteeds lieftehe EnHomboalleseer. Loof Hom, Christus die Heer.

More information

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings. Skriflesing: Luk 24:1 12 en :44-53 Fokusgedeelte: Luk 24:50b 51 en :53 Die verheerlikte Jesus se seën en ons Inleiding / Introduction Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

More information

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom Bybelskool van Centurion 27 Maart 2018 Welkom 10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf 10 x Griekse woorde Biologie palingenesia (wedergeboorte) Militêre soterion (redding) Regspraak dikaiōsis

More information

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32 Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here Jesaja 36-37:14, 20, 32 #feesmustfall #breekdiestilte #reformpuk wat is die groot vraag? Die laaste paar weke was rof. Die studente-protesaksies regoor

More information

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d) Rom 14:1-12 Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d) Oktober 2013 Ps-vooraf Ps 97:1, 5 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar

More information

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind 1 28 Oktober 2012 SKRIFLESING: Galasiërs 1: 1 10 TEKS: Galasiërs 1: 6-7 TEMA: Hervorming herinner ons bly by die suiwere Woord. SANG: Ps 84: 1, 6 (OAB); Ps 119: 1, 5, 7 (OAB); Sb 1-1: 3, 6; Ps 145: 1,

More information

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans? Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans? Met besondere aandag vir Psalm 2 By die lees van die Ou Testament is die vraag wat hierbo gevra word, baie belangrik. Hierdie vraag speel

More information

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid Dr Deon Bruwer Wat word van godsdiens as jy aan dementia ly? Wat wòrd van geloof as jy of jou iemand naby aan jou in die intensiewe eenheid

More information

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het: 1 Jakobus 2a Tema: die toets van onpartydigheid Vandag gaan ons voort met die brief van Jakobus. Die brief wat handel oor gelowiges se integriteit (verduidelik). Julle sal onthou dat Jakobus ons waarsku

More information

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00 Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00 Refreshments will be served Dear Parent/teacher If you re concerned

More information

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery. DIE GODHEID Die begrip Drie-eenheid word in die Christelike geloof gebruik vir God. Ons glo dat daar net eengod is, maar dat die Vader en Jesus en die Heilige Gees al drie saam hierdie een God is. Logies

More information

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a schoolmaster to bring us to Christ Vry van die wet (dekaloog en sedewette) Dekaloog=10 Hebreeuse woorde (tien gebooie) Sedewette=Al die ander wette. Rm. 10:4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. Rm.

More information

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Augustus 2018 Ps 30: 1, 3 vooraf Ps 97: 1, 6, 7 lofpsalm Ps 34: 5, 6

More information

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN? OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN? Stephan Bester Agtergrond van waar ek trek... Wanneer die Here ons roep vir iets, beteken dit gewoonlik dat Hy ons ook roep weg van iets af. Die probleem is egter dat daar

More information

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê n Gebed vir my kind vir elke dag van die maand! Being a perfect parent doesn t matter. Being a praying parent does. Why leave your child s life to chance when you can give it to God? Stormie Omartian uit

More information

Addendum A Consent form

Addendum A Consent form 480 Addendum A Consent form Carien Lubbe, PhD-student, University of Pretoria Faculty of Education Department of Educational Psychology 082 857 0137 012 420 2765 carien.lubbe@up.ac.za I hereby consent

More information

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12 Let it be Laat dit wees I have need for such a clearance as the Saviour affected in the temple of Jerusalem. A riddance of the clutter, of what is secondary, that blocks the way to the all important central

More information

Pretoria- 23 Junie 2012

Pretoria- 23 Junie 2012 1 Skriflesing: Spreuke 11:1-31 Teks: Spreuke 11:29-30 Sing- Ps. 96: 6,7; Ps. 1:1,2; Ps. 116:4; Ps. 128:2,3 Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en 'n dwaas word 'n slaaf van hom wat wys van hart

More information

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop Jan Steyn preek 8 Julie 2018 Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop Inleiding: Hoekom is die Christelike hoop so belangrik? As ek nie kan glo my verlede is deur die Here vergewe,

More information

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis Bybel vir Kinders bied aan Die Hemel God se pragtige huis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Sarah S. Vertaal deur: Taschja Hattingh Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis Bybel vir Kinders bied aan Die Hemel God se pragtige huis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Sarah S. Vertaal deur: Taschja Hattingh Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness. Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness. (ESV) 19 Net hulle wat nog lewe kan U loof, so doen ek dit vandag. Vaders

More information

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word. Mark 9:30-37 Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word. Januarie 2013 Ps-vooraf Ps 34: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan

More information

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid? Jan Steyn preek 15 Julie 2018 Teks: 1 Korintiers 9: 19-27 Tema: Wat maak ons met ons vryheid? Inleiding: Dit is nie altyd maklik om in ons samelewing vandag as Christen oor vryheid te praat nie. Ek dink

More information

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf 10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf Father God Father God I wonder how I managed to exist without The knowledge of Your parenthood and Your loving care. Now I am Your child I am adopted

More information

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12 Oktober 2016 Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12 Die doop wat die HERE gee en wat dit vir ons en ons kinders beteken en sê. Ps-vooraf Ps 29: 1, 5; Ps 75: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë

More information

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is. Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10 Inleiding Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is. Hierdie kwartaal het ons gefokus op die familie in daardie sin. o Dat ons n

More information

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding: Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober 2017 Teks: Efesiers 2:1-10 Tema: In Christus lewe jy Inleiding: Jesus het nie gekom om een of ander godsdiens te hervorm nie. Hy het nie die Joodse geloof van binne probeer

More information

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION Boodskap2. SALWING OM MENSE TE GENEES EN TE HERSTEL Hand 10:36-38 Dit is die woord wat Hy gestuur het..met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy

More information

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11 Mattheus 7:6-11 Dissipels moet net nooit iets anders doen as om radikaal vir God te leef nie. Ons Vader gee dit in sy onveranderlike trou en volmaakte liefde vir elkeen wat vra. Oktober 2018 Ps 123: 1,

More information

Les 6 vir 10 November 2018

Les 6 vir 10 November 2018 BEELDE VAN EENHEID Les 6 vir 10 November 2018 Die Bybel bevat diverse beelde wat geestelike en teologiese waarhede uitbeeld. Byvoorbeeld, water in Johannes 7:38, wind in Johannes 3:8 en n pilaar in 1 Timotheus

More information

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee. 1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee. Januarie 2016 Ps 33: 1, 3 - vooraf Ps 36: 2, 3 - lofpsalm Ps 50: 8, 10, 11 na

More information

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding: Preek Jan Steyn 26 Januarie 2014 Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser Inleiding: Ek het nog nooit oor genesing gepreek nie. Ek kon op die internet feitlik geen preke

More information

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie. Die regering van die Kerk 1Tim 2:11-12 Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie. Maart 2012 Ps-vooraf Ps 33:1,2 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan

More information

Lukas 4: Agtergrond

Lukas 4: Agtergrond Lukas 4:21-30 Agtergrond Lukas word soos volg ingedeel: Jesus se bediening in Judea - 1:1-4:13 Jesus se bediening in Galilea 4:14-9:50 Op pad na Jerusalem 9:51-19:27 In Jerusalem 19:28-24:53 Opstanding

More information

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring Inhoudsopgawe Voorwoord... 9 1. Eensaamheid: woordverklaring... 11 2. Die eensaamheid van menswees... 17 3. Die eensaamheid van siekte... 23 4. Die eensaamheid van die dood... 29 5. Die eensaamheid van

More information

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie. Mattheus 5:31-32 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers 31-32 wys Jesus hierdie waarheid met Deut 24:1-4 se skei-brief-gebod. Mei 2018 Ps 84: 1, 2 vooraf Ps 30:

More information

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels... Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels... n Visie vir kleingroep-leiers. 0 Inhoud: 1. Inleiding 3 Visie: 3 Hoekom kleingroepe? 3 Dit gaan in wese oor: 5 Soorte groepe: 6 Fokusgroepe: 6 Funksie-groepe:

More information

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig. Markus 16:1-8 Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig. Februarie 2017 Ps 122: 1, 2 vooraf Ps 135: 1, 2, 3 lofpsalm Ps 119: 4 na wet Ps 118: 11, 12 as

More information

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Julie 2018 Ps 33: 1, 3 vooraf Ps 33: 9, 10, 11 lofpsalm Ps 139: 1, 3,

More information

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word. Jan Steyn preek Pinkster 2018 Tema: Die afgod van sukses Teks: 2 Konings 5:1-18, Mattheus 5:3-12 Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

More information

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette? Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette? Have You Heard of the Four Spiritual Laws? Just as there are physical laws that govern the physical universe, so there are spiritual laws which govern your

More information

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe! Jan Steyn Preek 6 April 2014. Teks: Romeine 7:14-8:4 Tema: Waarheen vlug ek met myself? Inleiding: Twee seuns van n Engelse koning het op n keer vir hulle pa gevra: Word n ware gentleman gebore of gemaak?

More information

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Luk.24:13-35 Het jy agter gekom, soms koop jy ʼn produk waaroor jy nou nie eintlik

More information

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus? Preek Jan Steyn 28 April 2013. Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus? Inleiding: Ons het verlede week begin met hierdie reeks oor dissipelskap. Iemand skryf baie mooi

More information

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4 1 Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4, 1 Johannes 5:19 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4 1 Johannes 1:1-10 1Jn 1:1 Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met

More information

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend Sing vooraf staande: Psalm 42:1, 2 (p. 214) 1 Soos ʼn hert in dorre streke / skreeuend dors na die genot van die helder waterbeke, / skreeu my siel na

More information

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die Hemel op aarde Inhoudsopgawe Hemel op aarde... 1 Laat U Koninkryk en U wil ook op aarde ʼn werklikheid word... 4 Detoks na gees, siel en liggaam... 4 Rom. 12:1,2... 5 Mat. 4:17... 6 Julle is medewerkers

More information

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop) Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop) Een ding wat nog altyd vir my interessant is, is mense se belangstelling in sg. celebrities. As hulle tog net naby iemand kan kom wat al op TV was of wat bekend

More information

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S. Jesus en gebed Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S. Lewis Jesus en gebed Jesus het dikwels gebid. Volgens Leonard Sweet en Frank Viola (Jesus A Theography)

More information

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod. Mei 2018 Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers 27-30 wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod. Ps 7: 1, 7 vooraf Ps 9: 1, 6, 7 lofpsalm Ps

More information

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER NUUSBRIEF NO 2/2014 (Also available in English) DOELSTELLING Ons is n selgroep van NG Elarduspark gemeente wat babas van n groepie behoeftige en meestal werklose ouers wat in Elandspoort woon, van formulemelk

More information

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen NIE ELKEEN WAT...!! Nie elkeen wat vir My sê: Meester, Meester! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Matt. 7:21. Het hierdie woorde

More information

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Julie 2018 Ps 115: 1, 2 vooraf Ps 27: 1, 5 lofpsalm Ps 103: 1, 2, 4 na

More information

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens. Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens. Dit is voorwaar n deurmekaar wereld waarin ons ons vandag bevind met Predikers en Profete wat links en regs Profeteer en

More information

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê AFDELING EEN Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê OORGEGEE AAN GOD ROMEINE 12:1 Die mensdom se hele lewensuitkyk kan verander indien ons almal glo dat ons in n vriendelike wêreld woon, en dat

More information

Die maan en sy rol in ons wereld *

Die maan en sy rol in ons wereld * OpenStax-CNX module: m21016 1 Die maan en sy rol in ons wereld * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 * Version 1.1:

More information

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan 1 Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan Dan sal dit wees, wanneer jy in die land kom wat,יהוה jou God, jou as erfenis gee en jy dit besit en daarin bly... Deut. 26:1 PWL 1 Torah : Deut. 26:1

More information

from the group who had gathered there.

from the group who had gathered there. -4387- The acting Minister of Labour Mr. Schoeman said he is going to use his hands to strangle the trade unions. He would use a plough and place it in front of the workers and imitating it has milk but

More information

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God. Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God. Januarie 2018 Ps 122: 1, 2 vooraf Ps 138: 1, 3, 4 lofpsalm Ps 51: 8 na wet Ps 34: 8, 9 as antwoord op die Woord

More information

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2) Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2) 1 Geseënd sy bo alle dinge / die eewge God en Vader! Hy het in die hemel seëninge / vir ons in Christus toeberei. Na die besluit, uit Hom gebore /

More information

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2 DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as Skeppingsmiddelaar as Erfgenaam. Perikoop: Hebr 1:1-14 Tekskeuse: Hebr 1:1-2

More information

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones New York Times- topverkoperskrywer Lisa Bevere LIZZIE DIE LEEUTJIE Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones LIZZIE DIE LEEUTJIE Oorspronklik in die VSA uitgegee as Lizzy the Lioness deur Tommy Nelson, n

More information

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel? Preek Sondag 22 Maart 2015 Teks: Filippense 3: 1-21 (veral vers 3) Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel? Inleiding: Agtergrond: Twee groepe wat bedreig: In Paulus se brief

More information

Preek Jan Steyn 20 Oktober Teks: Mattheus 8:23-27, Mattheus 14::22-32 Tema: Toe kom Jesus

Preek Jan Steyn 20 Oktober Teks: Mattheus 8:23-27, Mattheus 14::22-32 Tema: Toe kom Jesus Preek Jan Steyn 20 Oktober 2013. Teks: Mattheus 8:23-27, Mattheus 14::22-32 Tema: Toe kom Jesus Inleiding: Ek het soos baie van julle grootgeword met die sondagskoolstorie van Jesus en saam met Hom Petrus

More information

Geregverdig deur die natuur van die mens (heidene / nie-jode)

Geregverdig deur die natuur van die mens (heidene / nie-jode) GEREGVERDIG DEUR DIE GELOOF - ROM. 1,2,3,4,8,9,10,11. Geregverdig deur die natuur van die mens (heidene / nie-jode) Rom. 1: v 19..omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit

More information

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond SIEN DIE GROOT PRENTJIE Eerste Bedryf: die Skepping God se rol God is die bron God is die Skepper God is in beheer van die wêreld

More information

Waar is God as ons swaarkry?

Waar is God as ons swaarkry? Waar is God as ons swaarkry? Envy is sorrow at another s good Thomas van Acquino Waar is God as ons swaarkry? Philip Yancey se nuwe boek, The Question that Never goes away, het onlangs verskyn. Die vraag

More information

Pretoria- 23 Januarie 2011

Pretoria- 23 Januarie 2011 Pretoria- 23 Januarie 2011 1 Skriflesing: 1 Johannes 3:1-21 Heidelbergse Kategismus: Sondag 44 Teks: 1 Johannes 1:8,10 Sing- Ps.19:4,6; Ps.32:4; Ps.141:1,2,3 Die Kategismus is n troosboek. Broeder en suster,

More information

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid 10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid Hierdie aflaaibare gids is gratis tensy dit gedruk en gebind aangebied word, en is vir gebruik deur lesers van die boek. Die Skrifgedeeltes kom uit verskeie

More information

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010 Die ekonomie en die Christen n perspektief 1 Desember 2010 Ekonomiese realiteite Christene poog om volgens die wil van God te handel in elke aspek van hule lewens en heelwat van hierdie dimensies is inter

More information

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer Naäman To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer Naäman Ons kry die verhaal van Naäman in 2 Konings 5:1 16. Naäman was n belangrike man. Hy was n groot en trotse man die bekendste generaal in

More information

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word. UIT DIE OUE, IN DIE NUWE Deel 1 Een van julle het so n ruk gelede vir my die volgende geskryf: Daar's soveel onkunde en misinformasie oor die ou en nuwe verbond en wat elkeen behels. Hoekom skryf jy nie

More information

Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn. Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: Tema: Die agterstevoor evangelie

Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn. Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: Tema: Die agterstevoor evangelie Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: 19-21 Tema: Die agterstevoor evangelie Inleiding: Wie is werklik in beheer? Die koning van Aram of Sirië

More information

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18 Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11 Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18 Voor dat ons saam lees uit 1 Konings 19, net hierdie

More information

Emotional drainage / Emosionele dreinering

Emotional drainage / Emosionele dreinering 1 Emotional drainage / Emosionele dreinering Dealing with emotional drainage Part 1 Dear friends, let us love one another, because love comes from God. Whoever loves is a child of God and knows God. 1

More information

Die uitnodiging van God aan die hele wêreld, is om n

Die uitnodiging van God aan die hele wêreld, is om n Sy Uitnodiging Bruid Van Christus, Berei Die uitnodiging van God aan die hele wêreld, is om n tuiste te wees vir die Vader, Seun en Heilige Gees - om n Bruid te wees wat haarself gereed gemaak het vir

More information

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

GEHOORSAAMHEID AAN GOD DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE GEHOORSAAMHEID AAN GOD DATUM: 17 APRIL 2016 PLEK: NELSPRUIT PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 14 GEHOORSAAMHEID AAN GOD INHOUDSOPGAWE INLEIDING...3 MOET ONS DIE WET

More information

Doen Eers n Kosteberekening

Doen Eers n Kosteberekening Doen Eers n Kosteberekening Dit is so maklik om te sê: Ek is n dissipel van Yeshua! Maar verstaan ons regtig wat is die vereiste om n dissipel te wees? Kwalifiseer ons volgens Yeshua se vereistes om n

More information

Mark 10:1-12. Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike.

Mark 10:1-12. Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike. Mark 10:1-12 Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike. Januarie 2014 Ps-vooraf Ps 145: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum.

More information

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a). Mark 11:1-7 Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a). April 2015 Ps 56: 1, 2 - vooraf Ps 56: 3, 4 - lofpsalm Ps 52: 1, 3, 4 na wet Ps 111: 1, 4, 5 na gebed Ps 8: 4, 5, 6, 7 as

More information

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS SONG OF SONGS THE FIVE MEGILOTH ESTHER RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS Odd shaped pebbles roll And tumble round the Rock which Smooths them into five smooth stones One of which will kill a giant 1 The Spirit

More information

Lukas 14: Vooraf

Lukas 14: Vooraf Lukas 14:25-35 Vooraf Ons is vanoggend by die sestiende Sondag in Koninkrykstyd. September is ook die seisoen van die skepping. Met lente in die lug en alles wat weer begin lewe kry fokus ons op die wonderlike

More information

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3:13-21. Tema: Vreemde verheerliking Inleiding: Vandag se teks en boodskap sluit baie sterk aan by die kort preekreeks oor die

More information