Vrydagnuus 21 April 2017

Size: px
Start display at page:

Download "Vrydagnuus 21 April 2017"

Transcription

1 Vrydagnuus 21 April 2017 Alec Ryrie begin sy boek: Protestant: the faith that made the modern world met `n aanhaling uit Erasmus van Rotterdam se kritiek (1524) op die nuwe fanatiese kultus wat soos `n veldbrand oor noord Europa versprei het. Hierdie mense maak aanspraak daarop dat hulle die Bybel suiwer verkondig, maar sê hy hulle gebruik die Bybel net, verdraai dit om te pas by wat hulle glo: They are like young men who love a girl so immoderately that they imagine they see their beloved where they turn, or, a much better example, like two combatants who in the heat of a quarrel, turn whatever is at hand into a missile, whether it be a jug or a dish. Ryrie gee toe dat Erasmus reg is: Protestante is vegters en verliefdes. Hulle stry met enigeen oor bykans enigiets dink maar aan al die ideologiese gevegte van die afgelope 500 jaar teen slawerny, imperialisme, fascisme, kommunisme telkens was daar aan beide kante van die gesty Protestante. Maar Protestante is ook verliefdes. Van die begin af is die liefdesverhouding met God in die hart van hulle geloof. Die Bybel lê Protestante baie naby aan die hart. (Dit is een van die dinge waarvan ons hou om oor te stry oor wat dit beteken, en hoe dit verstaan moet word.) Om te sê dat die Protestantse geloof net oor die Bybel gaan, is egter nie so eenvoudig nie. Want dit gaan oor die liefdesverhouding. Wat Protenstante met mekaar deel is nie `n leer oor die gesag van die Bybel nie, maar veral die ervaring van God se genade. Luther se lewe is omgekeer deur God se genade, voordat hy besluit het dat geen ander gesag oor hom seggenskap het as die Woord nie. Anders as ander gelowe wie se Heilige Geskrifte, heilig gesag het omdat daar `n verhaal is waar God self dit aan hulle leier/stigter gegee het, hetsy gedikteer of as `n goue plaat (of op klip tablette), glo Protestante in die Bybel net omdat die Heilige Gees ons daarvan oortuig. Ons glo dat in ons lees van die Skrif oortuig die Heilige Gees ons van die waarheid daarvan. Dit is die Woord vir mense in `n liefdesverhouding met God. Die Bybel se gesag word nie op argumente gebaseer nie. Hierdie jaar vier ons Reformasie 500. Die regte manier is om dit te vier as mense in `n liefdesverhouding met God. Wat glo dat in ons lees van die Bybel, oortuig die Heilige Gees ons van die waarheid daarvan, en word ons lewens nuut gemaak om te lewe onder die heerskappy van Christus Jesus. Ons leef as mense wie se hele lewe bepaal word deur die Opgestane Jesus se verklaring: Vrede vir julle! Ons dissipelskap word gebaseer op die liefdesverhouding tussen Jesus en sy Vader. Hy stuur ons met die opdrag: Soos die Vader my gestuur het, stuur Ek julle ook. Rousseau Malan

2 Gebed NASIONALE GEBEDSINISIATIEF geïnisieer deur INTERSESSORS VIR SUID-AFRIKA ( n forum van gebedsnetwerke en gebedsgroepe in Suid-Afrika) Ons het jou verlede week genooi om deel te wees van die oproep vir 50 dae van gebed van Paasfees tot Pinkster, wanneer ons baie spesiaal gaan fokus op gebed vir ons land en vir herlewing. Hier is nog n gedeelte uit Jerigo Mure en Intercessors For South Africa se gebedsgids vir die 50 dae. BEREI SUID-AFRIKA VOOR VIR N SEËN Beide seën en vloek is kanale waardeur geestelike krag vrygestel word. Ons hemelse Vader is die enigste Bron van Seëninge wat voordelig is vir mense. Bose magte en goddelose mense spreek vloeke uit wat geweldig skadelik is vir mense. n Seën of n vloek word uitgespreek of geskryf, of selfs net gedink. Lewenskeuses kan ook n seën of n vloek tot gevolg hê. n Seën of n vloek kan vir geslagte voortduur totdat iemand dit met n gebed van skuldbelydenis of n veranderde lewenskeuse herroep. Ons woorde dra geweldige krag om mense en omstandighede ten goede of ten kwade te beïnvloed. Die tong het mag oor dood en lewe. (Spr.18:21 Afr. NV) " maar geen mens kan die tong tem nie. Dit is 'n rustelose kwaad, vol dodelike gif. Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons die mense wat as die beeld van God gemaak is. Uit dieselfde mond kom lof en vloek. My broers, so moet dit nie wees nie." (Jak.3:8-10 Afr. NV). In die Ou Testament was dit die priester se taak om mense te seën: "Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën: Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en Ek sal hulle seën." (Num.6:23-27 Afr. NV). In die Nuwe Testament is elke gelowige n priester: "Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig." (1Pet.2:9 Afr. NV). Jesus het ons beveel om mense te seën: "Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën dié wat vir julle vervloek, doen goed aan dié wat vir julle haat, en bid vir dié wat julle beledig en julle vervolg;" (Mat.5:44 Afr. OV). BEWAAR JOU HART EN SIT N WAG VOOR JOU MOND "Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe."; "Sit 'n wag voor my mond, Here, hou tog wag oor wat ek sê." (Spr.4:23; Ps.141:3 Afr. NV) n Seën of n vloek ontstaan in ons harte. As ons harte gevul is met bitterheid, woede, haat of wraak, kan ons nie seën nie. "Maar wat by die mond uitkom, kom uit die hart, en dít is die dinge wat die mense onrein maak. Uit die hart kom slegte gedagtes: moord, owerspel, onkuisheid, diefstal, vals getuienis, kwaadpratery." (Mat.15:18-19 Afr. NV). Jesus het gesê dat strome Lewende Water uit ons sal vloei: "Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome Lewende Water sal uit sy binneste vloei." (Joh.7:38 Afr. NV). n Seën is nie goedkeuring van sonde nie. Dit plaas sondaars in God se hande. Hy sal regverdig oordeel en namens ons geregtigheid laat geskied. Christene, as ambassadeurs van Jesus Christus se Koninkryk, word deur God se Gees in staat gestel om sonde, versoeking en natuurlike drange te oorwin. Christene se liefde vir God, vir mekaar, vir hul vyande, hul gehoorsaamheid aan God se Opdragte en n radikale heilige leefstyl, is die vereistes vir Goddelike seën. In die Nuwe Testament beteken God se seën nie noodwendig voorspoed, rykdom of beskerming nie, dit gee ons eerder die vermoë om lief te hê, ten spyte van vervolging, en krag om onreg te kan verduur, sodat mense gered kan word en God die Vader verheerlik word. Sulke gedrag behaag God verseker en maak n pad oop vir God se Guns op n land. Die tyd het gekom om die Heilige Gees toe te laat om ons as Christene se harte en lippe te reinig. Ons nooi jou om deel te hê aan die 50 dae om Suid-Afrika te seën. (Kyk asb. na die gebedspunte in die aankondigings van die volgende paar Sondae vir Seëngebede wat jy vir jouself, jou gesin, familie en vriende, ons gemeente, Worcester, SA kan bid.)

3 Jeug Klub 13 se datums vir tweede kwartaal 24 April by tannie Irma se huis. Tyd: 18:00-19:00 Plek: Hoek van Kerk- en Sutherlandstr 8 en 22 Mei en 26 Junie 2017 Tannie Irma van Dijk Kleuterkerk Alle kleuters vanaf 2jaar tot 5jaar word uitgenooi om die kleuterkerk by te woon. Die kindertjies verdaag na die kindertyd na die kleuterlokaal. Tannie Danelle Botes het aangebied om saam met verskillende mammas verantwoordelik te wees vir die kleuterkerk. Baie dankie aan elkeen wat bereid is om ons kleuters van Jesus se liefde te leer. Indien jy betrokke wil raak kontak vir Danelle by Kleuterkerk

4 Gemeentes Fondsinsamelings Basaar fondsinsameling Worcester-Vallei Datum: 13 Mei 2017 Tyd: 08:00 tot 10:30 Plek: Kerksaal Prys: R40-00 Heerlike ontbyt: Wors/spek/ twee gebakte eiers/brood/kaas/koffie/sap Kaartjies is by Kleingroepleiers en kerkkantoor beskikbaar. Kom koop joune na die erediens by die kerkkantoor. Indien jy n tafel vir agt persone wil bespreek, kontak asb die kerkkantoor. Daar sal ook heerlike basaarpoeding en pannekoek te koop wees om weg te neem. Ondersteun asb die fondsinsameling van die gemeente. As jy nie kan kom nie borg kaartjies. Die kerkkantoor sal dit versprei. NG Kerk Worcester Brandwag Kerksaal Vrydag, 5 Mei 2017 Wegneem ete Kerrie Vetkoeke met R40,00 per porsie Kerrie R30,00 per porsie R15,00 per porsie Vrydag, 2 Junie 2017 Wegneem ete Hamburger & Chips met kaassous R40,00 per R15 per porsie Kos kan tussen tussen 18:00 en 20:00 gekry word

5 Vir aandag!!! Alle stalletjie eienaars!! Die kerkraad van De la Batgemeente nooi u uit om tydens ons Ougoedskou u handewerk, kuns, snuisterye te kom verkoop. Stalletjie oppervlakte is 3m x 3m. R250 huurgeld per stalletjie. As u belangstel, kontak skriba by skriba@nid.org.za of Kerkkantoor (soggens) (x237) Jesus sê ons moet weet dat ons aan Hom verbind is, al kan ons Hom nie sien nie. Dit is tog waar die vrugte wat ons dra vandaan kom! Zane Meas

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put Bybel vir Kinders bied aan Die vrou by die put Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens! Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens! Strength will rise as we wait upon the Lord We will wait upon the Lord We will wait upon the Lord (repeat) EVERLASTING GOD

More information

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde Bybel vir Kinders bied aan God Toets Abraham se Liefde Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Tammy S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible

More information

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee "Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8) Les 1 vir 6 Oktober 2018 Die eenheid en harmonie wat God vir die mensdom beplan het, is deur sonde ontwrig. God het egter Sy liefde vir ons gewys deur 'n plan te ontwerp om eenheid te herstel. Die finale

More information

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr. n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr. VERBONDE vir HERSTELLING en VERLIGTING van die MENSDOM Edeniese VOOR DIE SONDEVAL Adamiese Noagiese Abrahamiese Sinaïtiese Palestynse

More information

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding: 1. OM JESUS TE VOLG: Om Jesus te volg is amper soos om blind te word. As jy vandag sou blind word, is hierdie n voorbeeld van van die goed wat gaan moet verander in jou lewe om dit vir jou makliker te

More information

n Prins word die Skaapwagter

n Prins word die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan n Prins word die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur:

More information

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad. 1 Koninkryk kultuur Genadepad Lees Johannes 4:1-30, 39-42 Ons is besig om saam `n reeks te bou genaamd Koninkryk Kultuur. Dit is om vir ons handvatsels te gee van hoe dit lyk om die alternatiewe kultuur

More information

Les 6 vir 10 November 2018

Les 6 vir 10 November 2018 BEELDE VAN EENHEID Les 6 vir 10 November 2018 Die Bybel bevat diverse beelde wat geestelike en teologiese waarhede uitbeeld. Byvoorbeeld, water in Johannes 7:38, wind in Johannes 3:8 en n pilaar in 1 Timotheus

More information

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN Onsis almalhiertesaam Vergader in sy Naam, Verheerlik Hom. Tot die doodwas Hygetrou Endaardeuris onsnousyeiendom. LaatonsmaaksoosHyonsse Mekaarsteeds lieftehe EnHomboalleseer. Loof Hom, Christus die Heer.

More information

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid Dr Deon Bruwer Wat word van godsdiens as jy aan dementia ly? Wat wòrd van geloof as jy of jou iemand naby aan jou in die intensiewe eenheid

More information

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1) Sessie 1 n Stroom-op o o persoon o WEB978-1-4316-1018-1_Sessie 1.indd 1 2014/11/04 02:41:57 PM 1 n Stroom-op persoon Vooraf Lees vooraf die eerste 7 hoofstukke van Leef stroom-op! Charles Finney het gesê:

More information

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! AFM - AGS Afrikaans Unity Anniversary BEMAGTIGING Onderrig, lei u lede op en rus hulle

More information

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê n Gebed vir my kind vir elke dag van die maand! Being a perfect parent doesn t matter. Being a praying parent does. Why leave your child s life to chance when you can give it to God? Stormie Omartian uit

More information

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery. DIE GODHEID Die begrip Drie-eenheid word in die Christelike geloof gebruik vir God. Ons glo dat daar net eengod is, maar dat die Vader en Jesus en die Heilige Gees al drie saam hierdie een God is. Logies

More information

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION Boodskap2. SALWING OM MENSE TE GENEES EN TE HERSTEL Hand 10:36-38 Dit is die woord wat Hy gestuur het..met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy

More information

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis Bybel vir Kinders bied aan Die Hemel God se pragtige huis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Sarah S. Vertaal deur: Taschja Hattingh Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis Bybel vir Kinders bied aan Die Hemel God se pragtige huis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Sarah S. Vertaal deur: Taschja Hattingh Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings. Skriflesing: Luk 24:1 12 en :44-53 Fokusgedeelte: Luk 24:50b 51 en :53 Die verheerlikte Jesus se seën en ons Inleiding / Introduction Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

More information

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf 10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf Father God Father God I wonder how I managed to exist without The knowledge of Your parenthood and Your loving care. Now I am Your child I am adopted

More information

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER NUUSBRIEF NO 2/2014 (Also available in English) DOELSTELLING Ons is n selgroep van NG Elarduspark gemeente wat babas van n groepie behoeftige en meestal werklose ouers wat in Elandspoort woon, van formulemelk

More information

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

GEHOORSAAMHEID AAN GOD DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE GEHOORSAAMHEID AAN GOD DATUM: 17 APRIL 2016 PLEK: NELSPRUIT PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 14 GEHOORSAAMHEID AAN GOD INHOUDSOPGAWE INLEIDING...3 MOET ONS DIE WET

More information

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan? BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan? RAPPORT: Wanneer jy te sterwe kom, wat moet met jou liggaam gebeur? 1. Ek wil veras word. 69% 2. Ek wil begrawe word. 19% 3. My naasbestaandes

More information

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan: 1. Lentekonferensie Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan: 17-19 September 2019 Tema: Hoe ons onthou, hoe ons vergeet. Om verbeeldingryk te lewe. Universiteitsoord

More information

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan 1 Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan Dan sal dit wees, wanneer jy in die land kom wat,יהוה jou God, jou as erfenis gee en jy dit besit en daarin bly... Deut. 26:1 PWL 1 Torah : Deut. 26:1

More information

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12 Let it be Laat dit wees I have need for such a clearance as the Saviour affected in the temple of Jerusalem. A riddance of the clutter, of what is secondary, that blocks the way to the all important central

More information

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a schoolmaster to bring us to Christ Vry van die wet (dekaloog en sedewette) Dekaloog=10 Hebreeuse woorde (tien gebooie) Sedewette=Al die ander wette. Rm. 10:4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. Rm.

More information

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring Inhoudsopgawe Voorwoord... 9 1. Eensaamheid: woordverklaring... 11 2. Die eensaamheid van menswees... 17 3. Die eensaamheid van siekte... 23 4. Die eensaamheid van die dood... 29 5. Die eensaamheid van

More information

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00 Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00 Refreshments will be served Dear Parent/teacher If you re concerned

More information

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom Bybelskool van Centurion 27 Maart 2018 Welkom 10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf 10 x Griekse woorde Biologie palingenesia (wedergeboorte) Militêre soterion (redding) Regspraak dikaiōsis

More information

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS Opening Het jy al ooit op iets in jou lewe opgegee? Wat? Vertel vir mekaar hoe jy gevoel het daaroor. KOM ONS BEGIN Gesels met mekaar oor die volgende

More information

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen NIE ELKEEN WAT...!! Nie elkeen wat vir My sê: Meester, Meester! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Matt. 7:21. Het hierdie woorde

More information

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels... Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels... n Visie vir kleingroep-leiers. 0 Inhoud: 1. Inleiding 3 Visie: 3 Hoekom kleingroepe? 3 Dit gaan in wese oor: 5 Soorte groepe: 6 Fokusgroepe: 6 Funksie-groepe:

More information

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding: Preek Jan Steyn 25 Februaie 2018 Teks: Johannes 13:1-35 Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding: Ek gaan gesels eendag met een van die jong outjies in die Gim. Ek vra hom: Jy was dan altyd so goed

More information

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding: Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober 2017 Teks: Efesiers 2:1-10 Tema: In Christus lewe jy Inleiding: Jesus het nie gekom om een of ander godsdiens te hervorm nie. Hy het nie die Joodse geloof van binne probeer

More information

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d) Rom 14:1-12 Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d) Oktober 2013 Ps-vooraf Ps 97:1, 5 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar

More information

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette? Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette? Have You Heard of the Four Spiritual Laws? Just as there are physical laws that govern the physical universe, so there are spiritual laws which govern your

More information

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit? Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit? Ander moet julle red deur hulle uit die vuur te ruk (Jud. 1:23) Jan Roos 1 2 Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou

More information

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Augustus 2018 Ps 30: 1, 3 vooraf Ps 97: 1, 6, 7 lofpsalm Ps 34: 5, 6

More information

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans? Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans? Met besondere aandag vir Psalm 2 By die lees van die Ou Testament is die vraag wat hierbo gevra word, baie belangrik. Hierdie vraag speel

More information

Die betekenis van die kruis (1)

Die betekenis van die kruis (1) Die betekenis van die kruis (1) Don t pray when you feel like it. Have an appointment with the Lord and keep it. A man is powerful on his knees. Corrie Ten Boom Die betekenis van die kruis (1) Wat is die

More information

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word. Mark 9:30-37 Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word. Januarie 2013 Ps-vooraf Ps 34: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan

More information

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12 Oktober 2016 Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12 Die doop wat die HERE gee en wat dit vir ons en ons kinders beteken en sê. Ps-vooraf Ps 29: 1, 5; Ps 75: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë

More information

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010 Die ekonomie en die Christen n perspektief 1 Desember 2010 Ekonomiese realiteite Christene poog om volgens die wil van God te handel in elke aspek van hule lewens en heelwat van hierdie dimensies is inter

More information

GEBED AS LEEFSTYL. Gebed is uiters belangrik!!!

GEBED AS LEEFSTYL. Gebed is uiters belangrik!!! Gebed is uiters belangrik!!! GEBED AS LEEFSTYL Gebed is die bloed van die geestelike mens wat vloei tussen my hart en God se hart, dit bring koppeling tussen my siel en God, kommunikasie van my as kind

More information

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens. Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens. Dit is voorwaar n deurmekaar wereld waarin ons ons vandag bevind met Predikers en Profete wat links en regs Profeteer en

More information

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind 1 28 Oktober 2012 SKRIFLESING: Galasiërs 1: 1 10 TEKS: Galasiërs 1: 6-7 TEMA: Hervorming herinner ons bly by die suiwere Woord. SANG: Ps 84: 1, 6 (OAB); Ps 119: 1, 5, 7 (OAB); Sb 1-1: 3, 6; Ps 145: 1,

More information

Pretoria- 23 Junie 2012

Pretoria- 23 Junie 2012 1 Skriflesing: Spreuke 11:1-31 Teks: Spreuke 11:29-30 Sing- Ps. 96: 6,7; Ps. 1:1,2; Ps. 116:4; Ps. 128:2,3 Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en 'n dwaas word 'n slaaf van hom wat wys van hart

More information

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S. Jesus en gebed Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S. Lewis Jesus en gebed Jesus het dikwels gebid. Volgens Leonard Sweet en Frank Viola (Jesus A Theography)

More information

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness. Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness. (ESV) 19 Net hulle wat nog lewe kan U loof, so doen ek dit vandag. Vaders

More information

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het: 1 Jakobus 2a Tema: die toets van onpartydigheid Vandag gaan ons voort met die brief van Jakobus. Die brief wat handel oor gelowiges se integriteit (verduidelik). Julle sal onthou dat Jakobus ons waarsku

More information

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE REGVERDIGING DATUM: 15 MEI 2016 PLEK: MBOMBELA PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 11 REGVERDIGING INHOUDSOPGAWE INLEIDING... 3 AGTERGROND OOR DIE VERSKILLENDE TEOLOGIESE

More information

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het. Sakkie Parsons E-Pos Bediening Webtuiste. www.sakkieparsons.co.za My blog http://www.eposbediening.blogspot.com E-pos: sparsons@absamail.co.za Sel: 083 457 6669 Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker

More information

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11 Mattheus 7:6-11 Dissipels moet net nooit iets anders doen as om radikaal vir God te leef nie. Ons Vader gee dit in sy onveranderlike trou en volmaakte liefde vir elkeen wat vra. Oktober 2018 Ps 123: 1,

More information

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos: KLEINGROEPBEDIENING Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: 084 453 8724 Epos: wilhelm@gkwapadrant.co.za Kleingroepbestuurder: Elmarie Minnaar Tel: 012 991 6596 Epos: kleingroepe@gkwapadrant.co.za Wie is Jesus?

More information

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop Jan Steyn preek 8 Julie 2018 Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop Inleiding: Hoekom is die Christelike hoop so belangrik? As ek nie kan glo my verlede is deur die Here vergewe,

More information

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe! Jan Steyn Preek 6 April 2014. Teks: Romeine 7:14-8:4 Tema: Waarheen vlug ek met myself? Inleiding: Twee seuns van n Engelse koning het op n keer vir hulle pa gevra: Word n ware gentleman gebore of gemaak?

More information

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering Annemarie de Kock Tesis ingelewer ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad van Magister Artium in Klassieke Letterkunde

More information

Die uitnodiging van God aan die hele wêreld, is om n

Die uitnodiging van God aan die hele wêreld, is om n Sy Uitnodiging Bruid Van Christus, Berei Die uitnodiging van God aan die hele wêreld, is om n tuiste te wees vir die Vader, Seun en Heilige Gees - om n Bruid te wees wat haarself gereed gemaak het vir

More information

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend Sing vooraf staande: Psalm 42:1, 2 (p. 214) 1 Soos ʼn hert in dorre streke / skreeuend dors na die genot van die helder waterbeke, / skreeu my siel na

More information

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens 1 Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie. 2 Kyk, ek, Paulus, sê vir julle

More information

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself. Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself. Lewe Saggeus volgens sy naam? Die naam Saggeus beteken skoon of onskuldig. Maar hy het nie volgens hierdie naam geleef

More information

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie. Die regering van die Kerk 1Tim 2:11-12 Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie. Maart 2012 Ps-vooraf Ps 33:1,2 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan

More information

Community of Practice

Community of Practice Community of Practice Practice the Presence of God Just think you don't need a thing, you've got it all! All God's gifts are right in front of you as you wait expectantly for our Master Jesus. And not

More information

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32 Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here Jesaja 36-37:14, 20, 32 #feesmustfall #breekdiestilte #reformpuk wat is die groot vraag? Die laaste paar weke was rof. Die studente-protesaksies regoor

More information

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17 10 Dae van Gebed Januarie 7-17, 2015 Dag 1 Bly in Christus Johannes 15:1-17 Voorstelle vir Bemiddelende Gebed Voel vry om aanspraak te maak op ander beloftes in die Bybel. Onthou, as God u roep, sal hy

More information

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die Hemel op aarde Inhoudsopgawe Hemel op aarde... 1 Laat U Koninkryk en U wil ook op aarde ʼn werklikheid word... 4 Detoks na gees, siel en liggaam... 4 Rom. 12:1,2... 5 Mat. 4:17... 6 Julle is medewerkers

More information

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan? Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan? Teksgedeelte: Dan 3 Teksvers: Dan 3: 17 18 Braam Krüger 16 Sadrag, Mesag en Abednego het koning Nebukadnesar geantwoord: Ons hoef u nie hierop

More information

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished 22.3 REPORT 3: DEPUTIES LITURGICAL MATTERS AND ASSIGNMENT CO, ART 69 TESTING OF PSALMS, SCRIPTURAL HYMNS, CONFESSION SONGS AND SCRIPTURAL FAITHFUL SONGS (Artt 94, 274) A. Dr EJ Smit tables the report.

More information

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel? Preek Sondag 22 Maart 2015 Teks: Filippense 3: 1-21 (veral vers 3) Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel? Inleiding: Agtergrond: Twee groepe wat bedreig: In Paulus se brief

More information

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer Naäman To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer Naäman Ons kry die verhaal van Naäman in 2 Konings 5:1 16. Naäman was n belangrike man. Hy was n groot en trotse man die bekendste generaal in

More information

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop) Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop) Een ding wat nog altyd vir my interessant is, is mense se belangstelling in sg. celebrities. As hulle tog net naby iemand kan kom wat al op TV was of wat bekend

More information

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP) 1 DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP) 1. INLEIDING Die Bybel word onvoorwaardelik deur Ignited in Christ as die Geesgeinspireerde Woord van God aanvaar. Indien die leser van hierdie dokument nie

More information

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2 DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as Skeppingsmiddelaar as Erfgenaam. Perikoop: Hebr 1:1-14 Tekskeuse: Hebr 1:1-2

More information

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT OPGESTEL DEUR: PAST. JOHAN PUTTER DATUM: 14 MEI 2017 PLEK: NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT INHOUDSOPGAWE INLEIDING...3 BYBELTEKSTE...5 KONTEKS

More information

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS HOOFSTUK EEN DIE BRUID van CHRISTUS 14 Elza Meyer Een goeie dag in Mei vra Janine van Niekerk vir my: Het jy al ooit gedink oor die begrip bruid van Christus en die intimiteit tussen n man en n vrou? Dit

More information

4. Struktuur Van Profesie

4. Struktuur Van Profesie 4. Struktuur Van Profesie 1. Die krag in Bybelprofesie Alhoewel Bybel profesie moontlik die heel kragtigse aspek van die Bybel is, word dit ook die meeste misverstaan. God het die Bybelse waarhede in profesieë

More information

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2 MARKS: 150 TIME: 2 hours *RLSDM2* This question paper consists of 4 pages. 2 RELIGION STUDIES

More information

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11 BRUID VAN JESUS PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie 2017 Page 1 of 11 BRUID VAN JESUS INHOUDSOPGAWE INLEIDING...3 WAAR BEGIN DIE GEDAGTE VAN N HUWELIK TUSSEN GOD EN N GROEP MENSE?...4

More information

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE HEILIGMAKING DATUM: 8 MEI 2016 PLEK: MBOMBELA PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 9 HEILIGMAKING INHOUDSOPGAWE INLEIDING... 3 HEILIGMAKING IN KONTEKS... 3 WAT LEER DIE

More information

Coastland Herlewing Sentrum. Posbus 302 ; Scottburgh ; 4180 ; Tel: ; Cell: Voorberei deur Pastoor Marius Swart

Coastland Herlewing Sentrum. Posbus 302 ; Scottburgh ; 4180 ; Tel: ; Cell: Voorberei deur Pastoor Marius Swart Posbus 302 ; Scottburgh ; 4180 ; Tel: 039 9752131 ; Cell: 0845970248 Voorberei deur Pastoor Marius Swart - 2 - INHOUD DAG ONDERWERP / BESKRYWING 1. Wat is Lofprysing? 2. 2 Elemente van Lofprysing Gesindheid

More information

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid 10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid Hierdie aflaaibare gids is gratis tensy dit gedruk en gebind aangebied word, en is vir gebruik deur lesers van die boek. Die Skrifgedeeltes kom uit verskeie

More information

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124) 19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) 19.20 POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124) A. Die Beskrywingspunt is gestel. The Point of description is tabled.

More information

Bybelse Dissipelskap Reeks

Bybelse Dissipelskap Reeks Bybelse Dissipelskap Reeks Les #1 Les #2 Les #3 Les #4 Les #5 Les #6 Les #7 Les #8 Les #9 Bybelse Dissipelskap Saligheid/ Redding Johannes 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die

More information

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Luk.24:13-35 Het jy agter gekom, soms koop jy ʼn produk waaroor jy nou nie eintlik

More information

As-Woensdag. Baie welkom in die 46 dae lydenstyd Taizè-musiek bring ons in die stemming om na God, na onsself, na mekaar en na ander te luister

As-Woensdag. Baie welkom in die 46 dae lydenstyd Taizè-musiek bring ons in die stemming om na God, na onsself, na mekaar en na ander te luister As-Woensdag Baie welkom in die 46 dae lydenstyd 2016 Taizè-musiek bring ons in die stemming om na God, na onsself, na mekaar en na ander te luister Geloofsvernuwing deur Sy sterwe Lydenstyd en Paastyd

More information

Sing vooraf staande: Skrifberyming 16-1:1, 2 (15:1, 2)

Sing vooraf staande: Skrifberyming 16-1:1, 2 (15:1, 2) Sing vooraf staande: Skrifberyming 16-1:1, 2 (15:1, 2) 1 Laat jul kinders tot My nader / en geen hindernis hul weer, want die koninkryk der heemle / is hul erfdeel," sê die HEER. 2 Wie nie needrig soos

More information

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE LEIERSGIDS Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel: 082 838 3298 E-pos: emmausinfo@mweb.co.za Webtuiste: www.emmaussentrum.co.za Finale Redakteurs

More information

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word. UIT DIE OUE, IN DIE NUWE Deel 1 Een van julle het so n ruk gelede vir my die volgende geskryf: Daar's soveel onkunde en misinformasie oor die ou en nuwe verbond en wat elkeen behels. Hoekom skryf jy nie

More information

Waar is God as ons swaarkry?

Waar is God as ons swaarkry? Waar is God as ons swaarkry? Envy is sorrow at another s good Thomas van Acquino Waar is God as ons swaarkry? Philip Yancey se nuwe boek, The Question that Never goes away, het onlangs verskyn. Die vraag

More information

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel Nuwe Wyn/New Wine Nuwe Wyn/New Wine Vir kinders/ For kids Dr Christo Nel Inhoudsopgawe A. Uiteensetting vir NUWE WYN toerusting materiaal geskik vir kinders... 2 Inleidend... 2 MATERIAAL VIR KINDERS...

More information

Nuwe Lied Bediening. Parashah 9: Vayeshev En Hy Het Gewoon

Nuwe Lied Bediening. Parashah 9: Vayeshev En Hy Het Gewoon 1 Nuwe Lied Bediening Hy het n nuwe lied in my mond gegee, n lofprysing tot ons God sodat baie dit sal sien en respekvol vrees en op Yahuah vertrou. Ps.40:3. Yeshua is die Boom van die Lewe. Wanneer ons

More information

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God Wanneer jy hierdie gewyde dagboek bestudeer neem sorg om elke Skrifgedeelte te lees en indien moontik, lees die Skrifgedeelte sommer meer as een keer. Dag 1 Dink reg oor God: Die belangrikheid om te verstaan

More information

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond SIEN DIE GROOT PRENTJIE Eerste Bedryf: die Skepping God se rol God is die bron God is die Skepper God is in beheer van die wêreld

More information

G E L O O F F A I T H GOD SE UITNODIGINGS POSBUS 232, BALLITO, 4420 TEL: (032) / FAKS: (032)

G E L O O F F A I T H GOD SE UITNODIGINGS POSBUS 232, BALLITO, 4420 TEL: (032) / FAKS: (032) G E L O O F F A I T H Geloof is uit die gehoor en die gehoor is deur die Woord van God Rom. 10:17 Faith cometh by hearing and hearing by the Word of God. Rom. 10:17 POSBUS 232, BALLITO, 4420 TEL: (032)

More information

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het. Preek Jan Steyn 11 Junie 2017 Teks: Romeine 8: 26-39 Tema: Waaroor is God in beheer? Inleiding: God is in beheer. Hierdie vier woorde is seker van die grootste trooswoorde in Afrikaans. Ons sê dit vir

More information

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS. SISTEMATIESE TEOLOGIE 1 SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE 1 INHOUDSOPGAWE. Bladsy. 1. Inleiding. 3 2. Teologie. 3 2.1. Die Name van God. 4 2.2. Eienskappe van

More information