toe hy mens was op aarde?
|
|
- Annabelle Gibson
- 5 years ago
- Views:
Transcription
1 Was Jesus deel van die drieeenheid toe hy mens was op aarde? Was Jesus deel van die drie-eenheid toe hy mens was op aarde? Kobus Kok Jan Smith vra: Was Jesus deel van die drie-eenheid toe hy mens was op aarde? Hoe presies is Jesus God? Antwoord: Prof. Kobus Kok antwoord: Die Christelike geloof aanbid die Vader, Seun en Heilige Gees as drie-enige God. Hierdie drie entiteite is n persoon in eie reg, maar is ook onlosmaaklik aan mekaar verbind. Sommige mense dink dat Jesus tydens sy aardse bestaan net uit twee in plaas van drie bestaan het, omdat hy eers na sy opstanding uit die dood deur God verhef is tot die goddelike posisie van die Seun. Hoe moet mens die goddelikheid van Jesus verstaan? Kan mens van die afwesigheid van Jesus in die drie-eenheid praat ten tye van sy aardse lewe? n Ander belangrike vraag is hoe mens die Heilige Gees moet verstaan, want dit is dan eers uitgestort nadat Jesus se aardse bediening basies klaar was. Dit is sommige van die vrae waarmee een van ons lesers worstel. Die drie-eenheidsleer het oor n baie lang tyd ontwikkel en is eers etlike eeue na die historiese gebeure werklik eers uitgewerk. Die sin waartoe gekom word, word ook retrospektief terugwerkend in die geskiedenis ingelees deur verbande te trek tussen verskillende konsepte wat implisiet in die Bybelse tekste en die verstaan daarvan in die vroeë kerk reeds teenwoordig was. Verder is daar in die Bybelse materiaal ook verskillende hoeke waaruit die verskillende skrywers die saak benader. Die leer oor die drie-eenheid is dus n geabstraheerde vorm van singewing wat n sintese verteenwoordig van die diverse stemme binne die Nuwe Testament.
2 Die evangelie wat dit vir my die mooiste verduidelik is Johannes. Johannes begin in sy proloog (Joh 1:1-18) met die verklaring dat Jesus reeds van die heel begin van die skepping reeds by God en self God was. Dit is vir ons vreemd om die en-en dimensie te verdiskonteer. Vir die antieke mense was dit nie so moeilik nie. Johannes werk met die beeld van n koning, sy oudste seun en die familie. In die antieke tyd sou n koning dikwels sy seun stuur om namens hom bepaalde take te verrig. Vir alle praktiese doeleindes het die seun die koning verteenwoordig by die mense na wie hy gestuur was. Die wat hom goed ontvang het, het die koning goed ontvang en die wat die seun sleg ontvang het, het eintlik die koning sleg ontvang en sy eer aangetas. Volgens Johannes het God, as Koning-Vader, sy Seun gestuur na die aarde toe om Sy wil te kom bekendmaak (Joh 1:18). Jesus sê self in Johannes dat hy niks kan doen sonder die Vader nie (Joh 5:18vv). Inteendeel, Jesus sê in hierdie gedeelte dat sy vermoë om lewe te gee van die Vader af kom. Vir die antieke mense was daar net Een persoon wat lewe kon gee, en dit was God. God wat lewe is, en lewe gee, het dus sy vermoë om lewe te gee aan sy Seun oorgegee. God die Vader in Johannes se evangelie bemagtig dus sy Seun om lewe te gee soos wat Hy lewe gee. In Johannes 11 is Lasarus dood. Jesus bid dan tot God om Lasarus uit die dood op te wek sodat die mense ook kan sien wie Jesus regtig is, naamlik die Seun van God. Hier word Lasarus nog bemiddelend opgewek. Die groot vraag is egter wat gaan gebeur as Jesus self sy eie lewe verloor? Dan lees ons in Johannes 10:17-19 dat Jesus sê dat hy sy eie lewe gaan neerlê en dat hy dit self weer gaan opneem. Geen mens kan dit doen nie. Indien mens die dood kan oorwin en lewe kan gee, kan jy net een persoon wees, en dit is God. Maar in Johannes se denke is dit God wat aan sy Seun die vermoë gee om lewe te gee. Uiteindelik sterf Jesus aan n kruis (Joh 18-19), maar wek dan homself, met die lewe-skeppende vermoë wat God aan hom gegee het, op tot lewe. Die wat hom na die tyd sien, en besef dat hy nie net die vermoë het om lewe te gee nie, maar self lewe in homself het (Joh 1:4), kan dan nie anders nie as om te verklaar dat hy (soos) God is nie. Daarom lees ons in Johannes hoe Thomas, nadat hy die opgestane Jesus sien en aan hom aanraak, verklaar dat Jesus sy God (Theos) en Here (Kurios) is. In die Griekse Ou Testament word die woorde Theos en Kurios vir God gebruik. Thomas maak dus die (regte) verklaring dat Jesus God is. Jesus blaas (Joh 20) dan oor die dissipels en sê vir hulle ontvang die Heilige Gees. In Johannes is die Heilige Gees die trooster, die advokaat en die een wat die gelowiges sal lei in waarheid. Die Heilige Gees is n eie entiteit, maar gaan instrumenteel uit van God en die verhoogde Christus in diens van God se wil. Die wat Johannes lees sal besef dat daar in Johannes se kop n duidelike struktuur was. God is die Vader en Hy is die een wat die Seun en die Heilige Gees stuur. Hulle is een in wese maar nie dieselfde nie hulle is immers drie persone, maar funksioneer as ʼn (een) span. Dit is dikwels moeilik vir ons om dit te verstaan omdat ons vanuit ons menslike beperkinge daaroor moet dink. Dit is soos om mannetjies in n twee-dimensionele wêreld te vra om te verduidelik wat in n drie-dimensionele wêreld gebeur. Die mense in die twee-dimensionele wêreld kan nie eens begin om te verstaan hoe die driedimensionele wêreld funksioneer nie, omdat hulle nie daartoe toegang het nie. Een van die beste voorbeelde wat ek aan kan dink is die dag toe iemand uit ons driedimensionele wêreld daarin geslaag het om met twee dimensionele mannetjies in n papier-wêreld te kommunikeer en vir hulle moes verduidelik hoe n rugbybal lyk. Hy waag dit toe om die drie-dimensionele rugbybal na die tweedimensionele wêreld te stuur. Die probleem was net dat die arme twee-dimensionele mannetjies die kontoere
3 van die rugbybal net binne húlle dimensie kon sien. Sommige van hulle teken toe wat hulle sien. Sommiges het duidelike sirkels gesien terwyl ander weer duidelik ovaalvormige prentjies gesien het. Hulle het dag en nag verskil oor die presiese aard van die rugbybal. Dit het tot kerkskeuring gelei. Die drie-dimensionele wese probeer toe om vir hulle te sê dat die rugbybal n kombinasie is van almal van hulle se perspektiewe en dat almal van hulle se perspektiewe wel reg was. Vir hulle was dit onmoontlik om te verstaan. Die een figuur sluit dan die ander een uit. Net so is dit vir ons baie moeilik om te verstaan en kan ons dikwels tot op die fynste punte met mekaar verskil oor die aard van Jesus se goddelikheid. Paulus het so effense anderse manier as Johannes om dieselfde saak te beskryf. In die bekende Kolossense 1:15-20 (vgl. ook Filippense 2:5-11), wat n bekende vroeë Christelike himne was, verduidelik Paulus dat Jesus die beeld van die onsienlike God is, die eersgeborene van die ganse skepping. n Beeld is immers n prentjie van die oorspronklike. Die beeld verteenwoordig die oorspronklike. Net so verteenwoordig Jesus die beeld van God, maar is hy ook God. By Paulus vind ons egter ook soos by Johannes die gedagte van hiërargie naamlik dat Jesus deur God verhoog is en deur God self n ereplek toegeken is (vgl. Fil 2:5-11). Dit is en bly n moeilike vraag hoe mens die presiese aard van Jesus se goddelikheid moet verstaan. Ons is immers soos twee-dimensionele wesens wat n drie-dimensionele begrip wil verstaan. In n sekere mate is ons blote vrae verkeerd, omdat dit vanuit n twee-dimensionele perspektief gevra word. Die belangrike vraag is egter nie hoe presies Jesus God is nie, maar die punt dat hy God is. Tog was die vraag rondom die hoe presies Jesus God is, vir die vroeë kerk baie belangrik. Die verskillende sentra (Alexandrië in Egipte en Antiogië in Sirië) van die vroeë kerk het ook nie heeltemal saamgestem oor die saak nie. Die Nuwe Testament op sigself vertoon n verskeidenheid van stemme. Vir die eerste Christene, wat vanuit n Joodse wêreldbeeld prioriteit verleen het aan die monoteïsme (dat daar net een God is), beeld Jesus uit op n wyse dat die monoteïsme nie in gedrang kom nie. So word Jesus die beeld van God genoem of die Seun van God, en by sommiges soos Paulus word Jesus verklaar as God, maar dan via die aksie van God. Een so n voorbeeld is Filippense 2:5-11. In Filippense 2:9-11 staan daar: Daarom het God hom verhoog en hom die naam gegee wat bo alle name is sodat elke knie sal buig en elke bely dat Jesus Here (kurios in Grieks) is tot eer van God die Vader. Ons sien dus hier iets baie belangrik raak naamlik dat God die handelende subjek is wat die aksie van die werkwoorde verrig. God is die een wat Jesus verhef tot op so n vlak dat mense kan bely Hy is Here. Hierdie belydenis, volgens Fil 2:11, geskied tot die eer van God. In die vroeë kerk het daar vinnig verskillende Christelike groepe regoor die wêreld ontstaan. Sommige groepe wat meer Joods georiënteerd was en bekend gestaan het as
4 die Ebioniete, het die goddelikheid van Jesus nie aanvaar nie. Hulle het eerder klem gelê op Jesus se mensheid. Aan die ander kant was daar die Docetisme. Die word Docetisme is afgelei van die Griekse word dokêo, wat dit lyk so/wil so voorkom beteken. Hulle het weer geglo het dat Jesus God was en dat hy nie volkome mens was nie dit het net gelyk of hy mens was. Van die beginjare van die patristiese tydperk (vanaf die tweede eeu) was daar dus alreeds intense debatte oor die presiese aard van Jesus se goddelikheid. Hierdie debatte het hulself uitgespeel in die twee prominente sentra in die vroeë kerk, naamlik in die Alexandrynse skool in Alexandrië en in die Antiogeense skool in Antiogië. Die Alexandrynse skool het die klem laat val op die goddelikheid van Jesus en tekste soos Johannes 1:14 het n belangrike rol in hulle denke oor die inkarnasie (menswording van Jesus) gespeel. Die Antiogeense skool het weer die klem laat val op die menslikheid van Jesus en veral ook op Jesus se lewe as morele voorbeeld vir gelowiges. Justinus die Martelaar ( n.c.) was een van die bekendste vroeë kerklike apologete. Apologete het die Christelike geloof verdedig teen die aanvalle vanaf die kant van die heidene. Justinus, wat diep kennis van die Griekse filosofie het, ontwikkel die leer van die logos spermatikos (die saad [sperma] draende woord [logos]). Hy neem dus bekende terme en konsepte uit die heidense filosofie oor om die aard van die Christendom mee te beskryf dit is ʼn tendens wat in die Oosterse kerk sterk was. Die gedagte van die logos (woord) kom van Stoïsisme en Middel Platonisme. Hulle het geglo dat die logos die primêre bron van alle menslike kennis is. Justinus het geglo dat die Logos bekend is en toeganklik is vir beide Christene en heidene maar dat die Christene, op grond van die feit dat Jesus self die Logos is (vgl. Joh 1:1-18), spesiale en volle toegang het tot die waarheid. Volgens Justinus kan mens wel iets van die waarheid raaksien by heidense filosowe soos Heraclitus en Socrates, maar hulle het maar net stukkies van die waarheid beet. Net so belangrik was die gedagte van die logos spermatikos, wat uit Middel Platonisme kom. Volgens hierdie leer het die Goddelike Logos saad gesaai regoor die wêreld en regoor die geskiedenis. In ander gelowe kry mens stukkies van die waarheid, maar in die Christendom kry mens die vervulling daarvan. Die Christendom bou dus voort op dit wat alreeds aanwesig was in ander gelowe (soos Judaïsme), maar die ware volheid daarvan kom eers tot vervulling in die Christendom. In sy tweede apologie skryf Justinus: Ons geloof/religie is duidelik verhewe bo enige ander menslike leer: die Christus wat verskyn het ter wille van ons menslike wesens verteenwoordig die Logos-beginsel in sy volheid Wat ook al regsgeleerdes of filosowe goed/reg gesê het, het hulle gedoen op grond van sommige aspekte van die Logos. Maar aangesien hulle nie die Logos in sy volheid geken het nie wat Christus is weerspreek hulle dikwels hulself.
5 Volgens Justinus het ons nou volle toegang tot die Logos die bron van wysheid, omdat Jesus die Logos was. In die jare wat volg sou die vraag steeds wees hoe is Jesus deel van die Godheid? Een van die mees intense debatte in die vroeë kerk staan bekend as die Ariaanse kontroversie (Arian controversy). Arius ( n.c.) het geargumenteer dat Jesus nie gelyk in status aan God kan wees nie. Arius het gemeen dat Jesus self deur God geskep is, soos mens byvoorbeeld in Kolossense 1:15-20 lees, alhoewel hy die eersgeborene van die skepping was. Hierteenoor het ander kerkvaders soos Athanasius hewig in reaksie gekom en geargumenteer dat indien mens nie Jesus se goddelike natuur na waarde skat nie, die soteriologie (redding van die mens) skade lei. Volgens Athanasius was Arius se Christologie (leer oor Christus) eintlik soteriologies gesproke bankrot. ʼn Ariaanse Jesus kan nie die gevalle mensdom red nie. Uiteindelik het die vroeë kerk die leer van Arius verketter. Enkele jare daarna het die Appollinarian debat ontstaan. Dit het saamgehang met die leer van Apollinarius van Laodisea ( n.c.). Laasgenoemde het ook hewig in opstand gekom teen die leer van Arius en geargumenteer dat Jesus nie beskou kan word as dat hy ten volle mens was nie. In sy argumente het hy gebruik gemaak van die reeds bestaande argumente en terme in die Griekse filosofie. Hy het gepostuleer dat die menslike gees van Jesus vervang was met die goddelike logos (woord). Gevolglik kan daar nie gesê word dat Jesus waarlik ʼn mens soos ons was nie. In latere jare het ander kerkleiers weer gevoel dat die leer van Appollinarius onvoldoende was en te veel teoretiese probleme tot gevolg gehad het. Een so ʼn persoon wat van Appollinarius verskil het, was die bekende Gregory van Nazianzus wat geoordeel het dat hierdie leer daarop neerkom dat Jesus nie ten volle die menslike natuur kon verlos as hy self nie heeltemal mens was nie. Die debatte in die vroeë kerk was so intens dat die eerste Christelike keiser, Konstantyn, ʼn vergadering/konsilie byeen geroep het, omdat hy onder andere besef het dat al die debatte die potensiaal het om sy ryk te skeur. Die eerste konsilie staan vandag bekend as die Konsilie van Nicea wat in 325 n.c. in Nicea (vandag se Iznik in Turkye) gehou is. Konstantyn het al die biskoppe van regoor die wêreld byeen laat kom om probleme op te los. Een van die grootste debatte op die konsilie het gesentreer rondom die kontroversie rondom Arius se leer waarna ons hier bo verwys het. Die ganse debat wat vir ʼn besondere lang tyd plaasgevind het, het gesentreer rondom een Griekse lettertjie. Die vraag was of Jesus homoousios dieselfde substansie/een in wese met God is, en of Jesus homoiousis soortgelyke substansie was? Nicea het uiteindelik gekonkludeer dat Jesus homoousios is een in wese en van dieselfde substansie met God. Daarmee is die leer van Arius verwerp. In die jaar 451 is die vierde ekumeniese konsilie in Chalcedon gehou en daar is die besluite van die konsilie van Nicea weer bekragtig, en het hulle weereens intens gedebatteer oor nuwe sake wat opgeduik het oor die menslikheid van Jesus.
6 In die tyd wat daarop gevolg het, was daar nog steeds debatte. Alhoewel die konsilies uiteindelik die konsensus van die vergadering gehandhaaf het, was daar steeds baie Christelike groepe wat nie saamgestem het met die vergadering se besluit nie. In die sesde eeu het daar reuse debatte ontstaan oor die natuur van Christus en weereens was daar twee strominge die monophysitism die leer dat daar net een (monos) natuur (physis) in Christus is en waar die fokus op sy goddelike natuur val. Hierdie siening was veral sigbaar in die oosterse Mediterreense kerke, insluitende die Koptiese, Arminiaanse, Siriese en Abessiniese kerke. Die Chalcedon posisie staan bekend as dyophysitism, of die twee-nature leer. Daar is dus geen eenvoudige antwoord op die vraag nie. Die presiese aard, die hoe van Jesus se goddelikheid is ʼn misterie. Daarom is die belydenis dat Jesus God is, ʼn geloofsverklaring wat fokus op die feit dat Jesus God is. Bronverwysing: Indien u meer oor hierdie belangrike kwessie wil leer kan u die volgende bron raadpleeg: McGrath, A., 2000, Christian Theology: An introduction, Blackwell Publishers, Oxford, pp Skrywer: Prof Kobus Kok
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put
Bybel vir Kinders bied aan Die vrou by die put Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
More informationKain vermoor Abel (Genesis 4:8)
Les 1 vir 6 Oktober 2018 Die eenheid en harmonie wat God vir die mensdom beplan het, is deur sonde ontwrig. God het egter Sy liefde vir ons gewys deur 'n plan te ontwerp om eenheid te herstel. Die finale
More informationDIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.
DIE GODHEID Die begrip Drie-eenheid word in die Christelike geloof gebruik vir God. Ons glo dat daar net eengod is, maar dat die Vader en Jesus en die Heilige Gees al drie saam hierdie een God is. Logies
More informationTogether moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS
DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! AFM - AGS Afrikaans Unity Anniversary BEMAGTIGING Onderrig, lei u lede op en rus hulle
More information"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee
"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons
More informationDie wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer
Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid Dr Deon Bruwer Wat word van godsdiens as jy aan dementia ly? Wat wòrd van geloof as jy of jou iemand naby aan jou in die intensiewe eenheid
More informationBybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde
Bybel vir Kinders bied aan God Toets Abraham se Liefde Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Tammy S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible
More informationWelkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!
Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens! Strength will rise as we wait upon the Lord We will wait upon the Lord We will wait upon the Lord (repeat) EVERLASTING GOD
More informationGROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS
GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS Opening Het jy al ooit op iets in jou lewe opgegee? Wat? Vertel vir mekaar hoe jy gevoel het daaroor. KOM ONS BEGIN Gesels met mekaar oor die volgende
More informationBybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun
Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
More informationn Prins word die Skaapwagter
Bybel vir Kinders bied aan n Prins word die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur:
More informationDit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.
1 Koninkryk kultuur Genadepad Lees Johannes 4:1-30, 39-42 Ons is besig om saam `n reeks te bou genaamd Koninkryk Kultuur. Dit is om vir ons handvatsels te gee van hoe dit lyk om die alternatiewe kultuur
More information1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:
1. OM JESUS TE VOLG: Om Jesus te volg is amper soos om blind te word. As jy vandag sou blind word, is hierdie n voorbeeld van van die goed wat gaan moet verander in jou lewe om dit vir jou makliker te
More informationJoin us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00
Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00 Refreshments will be served Dear Parent/teacher If you re concerned
More informationGRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2
Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2 MARKS: 150 TIME: 2 hours *RLSDM2* This question paper consists of 4 pages. 2 RELIGION STUDIES
More informationLes 6 vir 10 November 2018
BEELDE VAN EENHEID Les 6 vir 10 November 2018 Die Bybel bevat diverse beelde wat geestelike en teologiese waarhede uitbeeld. Byvoorbeeld, water in Johannes 7:38, wind in Johannes 3:8 en n pilaar in 1 Timotheus
More informationBybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom
Bybelskool van Centurion 27 Maart 2018 Welkom 10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf 10 x Griekse woorde Biologie palingenesia (wedergeboorte) Militêre soterion (redding) Regspraak dikaiōsis
More informationDie ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010
Die ekonomie en die Christen n perspektief 1 Desember 2010 Ekonomiese realiteite Christene poog om volgens die wil van God te handel in elke aspek van hule lewens en heelwat van hierdie dimensies is inter
More informationVan Vervolger tot Prediker
Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children
More information(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)
Sessie 1 n Stroom-op o o persoon o WEB978-1-4316-1018-1_Sessie 1.indd 1 2014/11/04 02:41:57 PM 1 n Stroom-op persoon Vooraf Lees vooraf die eerste 7 hoofstukke van Leef stroom-op! Charles Finney het gesê:
More informationDie verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.
Skriflesing: Luk 24:1 12 en :44-53 Fokusgedeelte: Luk 24:50b 51 en :53 Die verheerlikte Jesus se seën en ons Inleiding / Introduction Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.
More informationPreek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:
Preek Jan Steyn 25 Februaie 2018 Teks: Johannes 13:1-35 Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding: Ek gaan gesels eendag met een van die jong outjies in die Gim. Ek vra hom: Jy was dan altyd so goed
More informationDIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE
DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE REGVERDIGING DATUM: 15 MEI 2016 PLEK: MBOMBELA PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 11 REGVERDIGING INHOUDSOPGAWE INLEIDING... 3 AGTERGROND OOR DIE VERSKILLENDE TEOLOGIESE
More informationDOELSTELLING DANKIE TERUGVOER
NUUSBRIEF NO 2/2014 (Also available in English) DOELSTELLING Ons is n selgroep van NG Elarduspark gemeente wat babas van n groepie behoeftige en meestal werklose ouers wat in Elandspoort woon, van formulemelk
More informationRom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)
Rom 14:1-12 Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d) Oktober 2013 Ps-vooraf Ps 97:1, 5 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar
More informationCatullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering
Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering Annemarie de Kock Tesis ingelewer ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad van Magister Artium in Klassieke Letterkunde
More informationCatharina Maria Conradie
Mythology archaic relics or an archetypal and universal source of constant renewal? An exploration of the relationship between myth and archetype in the myth of Demeter and Persephone Catharina Maria Conradie
More informationIs profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?
Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans? Met besondere aandag vir Psalm 2 By die lees van die Ou Testament is die vraag wat hierbo gevra word, baie belangrik. Hierdie vraag speel
More informationBEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?
BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan? RAPPORT: Wanneer jy te sterwe kom, wat moet met jou liggaam gebeur? 1. Ek wil veras word. 69% 2. Ek wil begrawe word. 19% 3. My naasbestaandes
More informationKleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...
Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels... n Visie vir kleingroep-leiers. 0 Inhoud: 1. Inleiding 3 Visie: 3 Hoekom kleingroepe? 3 Dit gaan in wese oor: 5 Soorte groepe: 6 Fokusgroepe: 6 Funksie-groepe:
More informationMark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.
Mark 9:30-37 Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word. Januarie 2013 Ps-vooraf Ps 34: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan
More informationDie maan en sy rol in ons wereld *
OpenStax-CNX module: m21016 1 Die maan en sy rol in ons wereld * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 * Version 1.1:
More information'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN
Onsis almalhiertesaam Vergader in sy Naam, Verheerlik Hom. Tot die doodwas Hygetrou Endaardeuris onsnousyeiendom. LaatonsmaaksoosHyonsse Mekaarsteeds lieftehe EnHomboalleseer. Loof Hom, Christus die Heer.
More informationn Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.
n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr. VERBONDE vir HERSTELLING en VERLIGTING van die MENSDOM Edeniese VOOR DIE SONDEVAL Adamiese Noagiese Abrahamiese Sinaïtiese Palestynse
More informationMattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.
Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Augustus 2018 Ps 30: 1, 3 vooraf Ps 97: 1, 6, 7 lofpsalm Ps 34: 5, 6
More informationDIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het
Openbaring 21 NUUT DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie. 2 En ek het
More informationJan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop
Jan Steyn preek 8 Julie 2018 Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop Inleiding: Hoekom is die Christelike hoop so belangrik? As ek nie kan glo my verlede is deur die Here vergewe,
More informationHoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring
Inhoudsopgawe Voorwoord... 9 1. Eensaamheid: woordverklaring... 11 2. Die eensaamheid van menswees... 17 3. Die eensaamheid van siekte... 23 4. Die eensaamheid van die dood... 29 5. Die eensaamheid van
More informationJan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.
Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself. Lewe Saggeus volgens sy naam? Die naam Saggeus beteken skoon of onskuldig. Maar hy het nie volgens hierdie naam geleef
More informationDie betekenis van die kruis (1)
Die betekenis van die kruis (1) Don t pray when you feel like it. Have an appointment with the Lord and keep it. A man is powerful on his knees. Corrie Ten Boom Die betekenis van die kruis (1) Wat is die
More informationSISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.
SISTEMATIESE TEOLOGIE 1 SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE 1 INHOUDSOPGAWE. Bladsy. 1. Inleiding. 3 2. Teologie. 3 2.1. Die Name van God. 4 2.2. Eienskappe van
More informationHoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?
Jan Steyn preek 15 Julie 2018 Teks: 1 Korintiers 9: 19-27 Tema: Wat maak ons met ons vryheid? Inleiding: Dit is nie altyd maklik om in ons samelewing vandag as Christen oor vryheid te praat nie. Ek dink
More informationGEHOORSAAMHEID AAN GOD
DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE GEHOORSAAMHEID AAN GOD DATUM: 17 APRIL 2016 PLEK: NELSPRUIT PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 14 GEHOORSAAMHEID AAN GOD INHOUDSOPGAWE INLEIDING...3 MOET ONS DIE WET
More informationHOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS
HOOFSTUK EEN DIE BRUID van CHRISTUS 14 Elza Meyer Een goeie dag in Mei vra Janine van Niekerk vir my: Het jy al ooit gedink oor die begrip bruid van Christus en die intimiteit tussen n man en n vrou? Dit
More informationOEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?
OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN? Stephan Bester Agtergrond van waar ek trek... Wanneer die Here ons roep vir iets, beteken dit gewoonlik dat Hy ons ook roep weg van iets af. Die probleem is egter dat daar
More informationSkriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4
1 Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4, 1 Johannes 5:19 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4 1 Johannes 1:1-10 1Jn 1:1 Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met
More informationWaar is God as ons swaarkry?
Waar is God as ons swaarkry? Envy is sorrow at another s good Thomas van Acquino Waar is God as ons swaarkry? Philip Yancey se nuwe boek, The Question that Never goes away, het onlangs verskyn. Die vraag
More informationPretoria- 23 Junie 2012
1 Skriflesing: Spreuke 11:1-31 Teks: Spreuke 11:29-30 Sing- Ps. 96: 6,7; Ps. 1:1,2; Ps. 116:4; Ps. 128:2,3 Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en 'n dwaas word 'n slaaf van hom wat wys van hart
More informationTema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?
Preek Sondag 22 Maart 2015 Teks: Filippense 3: 1-21 (veral vers 3) Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel? Inleiding: Agtergrond: Twee groepe wat bedreig: In Paulus se brief
More information19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)
19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) 19.20 POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124) A. Die Beskrywingspunt is gestel. The Point of description is tabled.
More informationNIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen
NIE ELKEEN WAT...!! Nie elkeen wat vir My sê: Meester, Meester! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Matt. 7:21. Het hierdie woorde
More informationBybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis
Bybel vir Kinders bied aan Die Hemel God se pragtige huis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Sarah S. Vertaal deur: Taschja Hattingh Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
More informationDie Hemel God se pragtige huis
Bybel vir Kinders bied aan Die Hemel God se pragtige huis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Sarah S. Vertaal deur: Taschja Hattingh Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
More informationOmdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.
KOM ONS DINK n SLAG WEER OOR DIE SABBAT Belangrike Skrifgedeeltes in die verband: Die hele boek, Galasiërs, Kolossense, Hebreërs en Romeine, asook gedeeltes uit die Evangelie waar Jesus baie duidelik aandui
More information10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf
10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf Father God Father God I wonder how I managed to exist without The knowledge of Your parenthood and Your loving care. Now I am Your child I am adopted
More informationOktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11
Mattheus 7:6-11 Dissipels moet net nooit iets anders doen as om radikaal vir God te leef nie. Ons Vader gee dit in sy onveranderlike trou en volmaakte liefde vir elkeen wat vra. Oktober 2018 Ps 123: 1,
More informationJy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32
Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here Jesaja 36-37:14, 20, 32 #feesmustfall #breekdiestilte #reformpuk wat is die groot vraag? Die laaste paar weke was rof. Die studente-protesaksies regoor
More informationPreek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking
Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3:13-21. Tema: Vreemde verheerliking Inleiding: Vandag se teks en boodskap sluit baie sterk aan by die kort preekreeks oor die
More informationDie eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.
Preek Jan Steyn 11 Junie 2017 Teks: Romeine 8: 26-39 Tema: Waaroor is God in beheer? Inleiding: God is in beheer. Hierdie vier woorde is seker van die grootste trooswoorde in Afrikaans. Ons sê dit vir
More information28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind
1 28 Oktober 2012 SKRIFLESING: Galasiërs 1: 1 10 TEKS: Galasiërs 1: 6-7 TEMA: Hervorming herinner ons bly by die suiwere Woord. SANG: Ps 84: 1, 6 (OAB); Ps 119: 1, 5, 7 (OAB); Sb 1-1: 3, 6; Ps 145: 1,
More informationLet it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12
Let it be Laat dit wees I have need for such a clearance as the Saviour affected in the temple of Jerusalem. A riddance of the clutter, of what is secondary, that blocks the way to the all important central
More informationHoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die
Hemel op aarde Inhoudsopgawe Hemel op aarde... 1 Laat U Koninkryk en U wil ook op aarde ʼn werklikheid word... 4 Detoks na gees, siel en liggaam... 4 Rom. 12:1,2... 5 Mat. 4:17... 6 Julle is medewerkers
More informationGen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12
Oktober 2016 Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12 Die doop wat die HERE gee en wat dit vir ons en ons kinders beteken en sê. Ps-vooraf Ps 29: 1, 5; Ps 75: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë
More informationWat kan die kerk doen?
GELOOFSLOS Wat kan die kerk doen? 1. Leer om te hóú van kerklos- en gelooflos mense (oortreflikheid van ons liefde). 2. Ons denke en teologie moet verdiep (mense leer hoe om te dink)[apologetics]. 3. Lidmate
More informationMei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.
Mattheus 5:31-32 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers 31-32 wys Jesus hierdie waarheid met Deut 24:1-4 se skei-brief-gebod. Mei 2018 Ps 84: 1, 2 vooraf Ps 30:
More informationDie leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!
Jan Steyn Preek 6 April 2014. Teks: Romeine 7:14-8:4 Tema: Waarheen vlug ek met myself? Inleiding: Twee seuns van n Engelse koning het op n keer vir hulle pa gevra: Word n ware gentleman gebore of gemaak?
More informationTwee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.
Jan Steyn preek Pinkster 2018 Tema: Die afgod van sukses Teks: 2 Konings 5:1-18, Mattheus 5:3-12 Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.
More informationDefinition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION
Boodskap2. SALWING OM MENSE TE GENEES EN TE HERSTEL Hand 10:36-38 Dit is die woord wat Hy gestuur het..met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy
More informationPreek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:
Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober 2017 Teks: Efesiers 2:1-10 Tema: In Christus lewe jy Inleiding: Jesus het nie gekom om een of ander godsdiens te hervorm nie. Hy het nie die Joodse geloof van binne probeer
More informationRomeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning
1 Romeine Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek Dr J de Koning HOOFSTUK 1 Die brief wat jy moet lees! 2 My eie reis deur Romeine kom n lang pad. As jong student op Stellenbosch
More informationDie regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.
Die regering van die Kerk 1Tim 2:11-12 Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie. Maart 2012 Ps-vooraf Ps 33:1,2 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan
More informationMattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.
Mei 2018 Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers 27-30 wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod. Ps 7: 1, 7 vooraf Ps 9: 1, 6, 7 lofpsalm Ps
More informationTo fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"
Vry van die wet (dekaloog en sedewette) Dekaloog=10 Hebreeuse woorde (tien gebooie) Sedewette=Al die ander wette. Rm. 10:4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. Rm.
More informationHOOFSTUK 3. DEKONSTRUKSIE VAN DIE TEKS VAN EFESIëRS 5:21-33
HOOFSTUK 3 DEKONSTRUKSIE VAN DIE TEKS VAN EFESIëRS 5:21-33 21. Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig. 22. Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is.
More informationOor die outeurs. Wayne Barber. Rick Shepherd. Eddie Rasnake
Oor die outeurs Wayne Barber Wayne Barber is die senior leraar van Hoffmanstown Church, Albuquerque, Nieu- Mexiko. Hy is internasionaal bekend as spreker by konferensies, en die hoofdoel van sy bediening
More informationChristusprediking uit die Ou Testament. n Nuwe benadering tot n ou probleem? 1
ids Resensie-artikel Christusprediking uit die Ou Testament. n Nuwe benadering tot n ou probleem? 1 H.F. van Rooy Skool vir Bybelwetenskappe en Bybeltale Potchefstroomse Universiteit vir CHO POTCHEFSTROOM
More informationGalasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens
Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens 1 Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie. 2 Kyk, ek, Paulus, sê vir julle
More information5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê
n Gebed vir my kind vir elke dag van die maand! Being a perfect parent doesn t matter. Being a praying parent does. Why leave your child s life to chance when you can give it to God? Stormie Omartian uit
More informationMetropoliet Kallistos stel dan 4 vrae om ons te help om elke model te evalueer.
Opsomming, deur Macrina Walker, van 'n praatjie deur metropoliet Kallistos Ware oor verskillende begrippe van Verlossing. Vertaal deur vr. Zacharias en Danie Loubser. Metropoliet Kallistos begin deur 'n
More informationONTLEDING VAN ÉN KOMMENTAAR OP UITSPRAKE VAN DIE VERTALERS VAN DIE BYBELVERTALING WAT IN 2016 OF LATER GAAN VERSKYN. 1.
Hierdie getuienis is opgestel deur Willem J Rabie, ʼn uitgetrede predikant van die NG Kerk. Hy het studeer aan die PU vir CHO en die Universiteit van Stellenbosch (1965 1971) en woon tans in Pretoria. E-posadres:
More informationPreek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:
Preek Jan Steyn 26 Januarie 2014 Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser Inleiding: Ek het nog nooit oor genesing gepreek nie. Ek kon op die internet feitlik geen preke
More informationDIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT
DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT OPGESTEL DEUR: PAST. JOHAN PUTTER DATUM: 14 MEI 2017 PLEK: NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT INHOUDSOPGAWE INLEIDING...3 BYBELTEKSTE...5 KONTEKS
More informationHet jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?
Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette? Have You Heard of the Four Spiritual Laws? Just as there are physical laws that govern the physical universe, so there are spiritual laws which govern your
More informationLisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones
New York Times- topverkoperskrywer Lisa Bevere LIZZIE DIE LEEUTJIE Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones LIZZIE DIE LEEUTJIE Oorspronklik in die VSA uitgegee as Lizzy the Lioness deur Tommy Nelson, n
More informationParashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan
1 Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan Dan sal dit wees, wanneer jy in die land kom wat,יהוה jou God, jou as erfenis gee en jy dit besit en daarin bly... Deut. 26:1 PWL 1 Torah : Deut. 26:1
More information23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God
Wanneer jy hierdie gewyde dagboek bestudeer neem sorg om elke Skrifgedeelte te lees en indien moontik, lees die Skrifgedeelte sommer meer as een keer. Dag 1 Dink reg oor God: Die belangrikheid om te verstaan
More informationMattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.
Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God. Januarie 2018 Ps 122: 1, 2 vooraf Ps 138: 1, 3, 4 lofpsalm Ps 51: 8 na wet Ps 34: 8, 9 as antwoord op die Woord
More informationPs.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17
1 Parashah 23 Pekudei = Verslag. Ex.38:21-40:38 1 Kon.7:51-8:21 Op.15:5-8 Ps.119:89 Inleiding: Hierdie Parashah bring dan die Boek van Exodus ( Sh mot = name) tot n einde. Inderdaad het ons kennis geneem
More informationNuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel
Nuwe Wyn/New Wine Nuwe Wyn/New Wine Vir kinders/ For kids Dr Christo Nel Inhoudsopgawe A. Uiteensetting vir NUWE WYN toerusting materiaal geskik vir kinders... 2 Inleidend... 2 MATERIAAL VIR KINDERS...
More informationHOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond
HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond SIEN DIE GROOT PRENTJIE Eerste Bedryf: die Skepping God se rol God is die bron God is die Skepper God is in beheer van die wêreld
More informationKom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:
1 Jakobus 2a Tema: die toets van onpartydigheid Vandag gaan ons voort met die brief van Jakobus. Die brief wat handel oor gelowiges se integriteit (verduidelik). Julle sal onthou dat Jakobus ons waarsku
More informationMattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.
Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Julie 2018 Ps 33: 1, 3 vooraf Ps 33: 9, 10, 11 lofpsalm Ps 139: 1, 3,
More informationDIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE
DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE HEILIGMAKING DATUM: 8 MEI 2016 PLEK: MBOMBELA PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 9 HEILIGMAKING INHOUDSOPGAWE INLEIDING... 3 HEILIGMAKING IN KONTEKS... 3 WAT LEER DIE
More informationMark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).
Mark 11:1-7 Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a). April 2015 Ps 56: 1, 2 - vooraf Ps 56: 3, 4 - lofpsalm Ps 52: 1, 3, 4 na wet Ps 111: 1, 4, 5 na gebed Ps 8: 4, 5, 6, 7 as
More informationOm n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.
WIE IS LCF? Life Christian Foundation (LCF sedert 1999) is n nie-winsgewende organisasie wat in 2001 geregistreer is. LCF word bestuur deur n raad van Direkteure met Dr Sakkie Olivier as Voorsitter van
More informationDie eerste Ebed-Jahwelied in Jesaja 42:1-9: eksegetiese, teologiese en homiletiese oorwegings
Snyman, SD Universiteit van die Vrystaat ABSTRACT The first Ebed-Yahweh song in Isaiah 42:1-9: exegetical, theological and homiletical considerations The aim of this article is to provide an exegesis of
More informationAddendum A Consent form
480 Addendum A Consent form Carien Lubbe, PhD-student, University of Pretoria Faculty of Education Department of Educational Psychology 082 857 0137 012 420 2765 carien.lubbe@up.ac.za I hereby consent
More informationDie Nuwe Deformasie en die beskouing oor die Nuwe Testament 1 Prof. GDS Smit
1 Die Nuwe Deformasie en die beskouing oor die Nuwe Testament 1 Prof. GDS Smit Inleiding Tot relatief onlangs was ons kennis oor die leer van die Nuwe Deformasie geskoei op dit wat ons in die media hoor
More informationSing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)
Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2) 1 Geseënd sy bo alle dinge / die eewge God en Vader! Hy het in die hemel seëninge / vir ons in Christus toeberei. Na die besluit, uit Hom gebore /
More informationOor die betekenis van die maagdelike geboortetradisie: n Debat in die Nederduitsch Hervormde Kerk
Oor die betekenis van die maagdelike geboortetradisie: n Debat in die Nederduitsch Hervormde Kerk P B Boshoff (Vereeniging) Navorsingsassosiaat: Hervormde Teologiese Kollege Universiteit van Pretoria Abstract
More information