09:30 Oggenddiens Prof Chris van der Walt Tema: God se woorde van trou word deur sy dade bevestig. Kan ek dit ook sê?

Size: px
Start display at page:

Download "09:30 Oggenddiens Prof Chris van der Walt Tema: God se woorde van trou word deur sy dade bevestig. Kan ek dit ook sê?"

Transcription

1 Jaargang 2 #06 09:30 Oggenddiens Prof Chris van der Walt Tema: God se woorde van trou word deur sy dade bevestig. Kan ek dit ook sê? 11:30 English Service Rev Willem Steyn Theme: True faith is a call to Christian integrity Scripture reading: James 2:14-26 Focus verse: James 2:17 Voora ang Kontak ons Kerkkantoor (tel) (faks) e-pos: gkbult@gmail.com webblad: 17 Februarie 2013 Interpretation available Interpretation of the Afrikaans Services will be available. Please arrange beforehand with the church office or Oom Piet, the caretaker. 18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn Tema: Antwoord op God se genade deur sy wil te gaan doen Lied 411:1-3 Kom almal laat jul stem verrys Lied 201:1-3 Lofsing die Heer Lied 175:1 Majesteit (sing 2x) Sing: Ps 124-1:4 Sing: Ps 105-2:1,2 Sing: Sb 12-3:1,2 (Kinderbegeleiding) Sing: Sb 9-1:2 Skriflesing: Maleagi 2:1-9 Teks: Maleagi 2:5,6 Sing: Ps 25-1:2,5,6 Amen: Sb 13-1 Sing: Ps 105-1:1, 2. Skriflesing: Jeremia 42 Teks: Jeremia 42: 3, 19, 21 Sing: Sb 14-1: 1, 3 Sing: Ps 111-2:1, 2, 3, 4 Amen: Sb 13-2 Ds Fanie Coetzee: fanie1coetzee@gmail.com Ds Willem Steyn: steyn.willem@gmail.com

2 Musse Teeskinkbeurte 17 Februarie KG 8 (Ans Geertsema) & Wyk 7 (Paulina vd Walt) 24 Februarie KG 9 (Elsa Els) & Wyk 8 (Alta Verster) 3 Maart KG 10 (Petro Steyn) & Wyk 9 (Hanlie Steyn) Baie dankie! vir die Sopkombuis As jy kan brei / hekel het ons jou hulp nodig! Ons wil graag in die winter vir almal by die Sopkombuis n lekker warm mus gee. Help asb om musse te brei! Skakel die kerkkantoor vir navrae. Vroue in kerklike dienste Soos algemeen bekend, het die Nasionale Sinode van die GKSA in Januarie 2009 besluit dat vroue nie tot die dienste van ouderling of predikant toegelaat mag word nie. Na aanleiding daarvan het die kerkraad n beswaarskif voorgelê aan Sinode 2012 waarin daarop gewys is dat Sinode 2009 se besluit nie op Skrifgronde berus het nie. Die beswaarskrif is egter nie deur Sinode 2012 behandel nie. Ná deeglike oorweging oor n geruime tyd het die kerkraad op 3 Februarie 2013 bevind dat daar nie bindende Skrif- of belydenisuitsprake is op grond waarvan vroue nie in al die kerklike dienste in die gemeente mag dien nie. Die praktiese implementering van hierdie beginselbesluit het ooglopend implikasies vir kerkeenheid, vrede en liefdevolle onderlinge verdraagsaamheid. Die kerkraad is gevolglik van voorneme om verder versigtig te besin oor die implementering van die besluit, onder meer met die oog op voorbereiding vir die volgende Nasionale Sinode wat vir Januarie 2015 geskeduleer is. 2 Liefdegawes by die deure 17 Februarie: Oggend: Sustentasie Aand: Sustersaamtrek 24 Februarie: Oggend: Ikageng Bedieningshulp Aand: Sustersaamtrek 3 Maart: Oggend: Emeritaatsversorging Aand: Sustersaamtrek Woordkafee wil seerkry-mense bedien en bied opwindende geleenthede daarvoor. Kom wees deel van of sê vir iemand daarvan. Innerlike genesing deur middel van scrapbooking vanuit Woord-perspektief op Saterdae vanaf 16 Februarie om 14:30 by Woordkafee, James Morokastraat 91. In drie-uur sessies word deelnemers individueel bedien in groepe van nie meer as 8 persone nie. Koste: R60 per sessie. Die aanbieder hiervan, sowel as van n heelword-sorg vir seerkry kinders deur die prentjietaal van die Bybel projek, is n gekwalifiseerde en ervare persoon. Die kindersorg begin op 7 Maart en vind plaas op Donderdae vanaf 15:00 tot 17:00 by Woordkafee. Koste: R40 per sessie. Voorafbespreking is noodsaaklik en moet gedoen word by die aanbieder, Ds. Dorette Cilliers ( ), wat ook navrae sal hanteer. Woordkafee vra hulp (borge) om hierdie heling moontlik te maak vir mense wat dit nie kan bekostig nie. Bankrekening: ABSA (632005) nr

3 Woord en Daad in die uitdra van die Evangelie Die Sendingwetenskap Departement van die Teologiese Skool het die voorreg om n internasionale kundige oor die teologiese begronding van holistiese bediening van die Evangelie en die roeping van die kerk om woord en daad te integreer in die koms van die koninkryk in Potchefstroom te ontvang. Dit het onder ons aandag gekom dat Me. Sheryl Haw, die CEO van die MICAH Network foundation, uit LONDON na SA toe kom om vergaderings in Kaapstad by te woon. Ons het haar genooi om n draai in Potchefstroom te kom maak omdat sy werklik n wêreldkundige is op hierdie gebied van sending, evangelisasie en gemeenskapsbetrokkenheid. Die MICAH network (waarvan sy nou CEO is) het ontstaan uit n konsultasie van Bybelgetroue kerke, sending- en gemeenskapsontwikkelingsorganisasies uit Suid Amerika wat in 1999 in Oxford in Engeland gehou is. Die Naam Micah verwys na Miga 6:8 Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God. Die Micah Network, stel homself ten doel om a global Christian community of organisations and individuals committed to integral mission te wees. Kyk by as u meer inligting oor die organisasie wil sien. Ons kon dit reël dat sy Maandagoggend 4 Maart 2013 van 08:30 09:00 die Missiologie klasse aanbied, wat ook deur ander belangstellende studente bygewoon kan word. (Die res van die dag gaan sy verskillende projekte in Ikageng en omgewing saam met Ike de Wet besoek en toespreek). Maandagaand die 4e Maart sal sy van 19:00 20:30 in die kerkgebou van die Gereformeerde kerk Potchefstroom die Bult n aanbieding doen oor die integrasie van Woord en Daad in die uitdra van die Evangelie. Ons nooi alle belangstellendes om enige van hierdie samekomste by te woon. Kontak gerus vir Ike de Wet vir meer besonderhede by Flip Buys en Ike de Wet 3 laaste kans om name op te skryf! Is jy nuut in die gemeente? Wil jy nuwe mense leer ken? Wil jy betrokke raak? Ons kom Woensdae om 18:00 in die saal se stoepvertrek bymekaar... Kom wees deel! Die aksie staan bekend as Vat 5! Gert de Beer - Mesmaker Maak messe, skêre en ander snygoed skerp. R10 per item (ten bate van die diakonie) Tel: / Sustersaamtrek 9 Maart :00 Die reëlings vir die Sustersaamtrek vorder goed, en die finale getalle moet binnekort gefinaliseer word. Jy het nog tot 18 Februarie kans -- laat weet sommer die kerkkantoor! Kom geniet n heerlike dag... kom kuier saam met ou bekendes, en ontmoet nuwe vriende!

4 Gemeentekamp 2013 Die gemeentekamp is om die draai! Die kamp gaan by Nooitgedacht wees vir die naweek van 15 tot 17 Maart Jonk en oud word uitgenooi om saam te kom kuier en Bybelstudie doen. Onthou dat jy ook net vir ʼn dag kan deurkom! Roete-beskrywing 1. Ry vanaf Mooirivier Mall suidwaarts verby die Buiteklub, met Govan Mbekirylaan (Mooirivierrylaan). 2. Ry oor die Mooirivier en reguit aan verby die Viljoenskroon-afdraai (op linkerhand is die tronk). 3. Hou aan met hierdie teerpad tot net duskant die punt waar die teer ophou (ongeveer 30km soos gemeet vanaf die Buiteklub). 4. Draai daar regs op die grondpad vir ongeveer 4 km. 5. Nooitgedacht lê op linkerkant. Verblyf Dagbesoekers 4 bed huisies: Sederberg Swartberg Elandsberg 8 bed huisies: Drakensberg Tafelberg / Van Zylshuis Tente (bring jou eie alles) Karavaan Twaalf Apostels R40 per persoon per dag R570 per nag (slegs een nag) / R470 per nag (meer as een nag) R480 per nag (slegs een nag) / R390 per nag (meer as een nag) R480 per nag (slegs een nag) / R390 per nag (meer as een nag) R800 per nag (slegs een nag) / R700 per nag (meer as een nag) R800 per nag (slegs een nag) / R700 per nag (meer as een nag) R45 per persoon per nag R per nag (moet meer as een nag bly) R50 per persoon per nag (Die Twaalf Apostels is huisies met agt beddens elk -- ideaal vir studente!) Etes Vrydagaand: Bring en braai (elkeen voorsien self) Saterdagoggend: Koffie en beskuit (Kosspan voorsien) Saterdagmiddag: Worsbroodjies (Kosspan voorsien) Saterdagaand: Potjiekoskompetisie (Spanleiers* sal aangewys word) Sondagoggend: Laat ontbyt (Kosspan voorsien) *As jy graag n Potjiekosspanleier wil wees, kan jy sommer nou al met Hanlie Steyn skakel! Meer inligting sal op n latere stadium verskaf word. Ons het almal se hulp nodig! As jy kan help, skakel asb met een van die volgende mense: Kosspan: Hanlie Steyn ( ) Verblyfreëlings: Fransa Vorster ( ) 4

5 Save This Date 27 February When Mary Tells Joseph: A Play Based on Matthew 1:18-19 will be performed Wednesday, 27 February, at 19:30 in the church hall. The play stars students associated with the North-West University: Esmari Linde as Mary, JC Potgieter as Joseph, and Thabiso Katiba as the narrator. Written and directed by Robin Gallaher Branch, the play investigates a summary in Matthew - - how Joseph learns of Mary s pregnancy -- and draws on material in Luke. It has been accepted for publication by In die Skriflig. Refreshments will be served. Admission is free, but a donation to cover production costs will be accepted at the door. Please sign up at the church office ( / gkbult@gmail.com). BYBELSKOOL: Waarmee is die Deputate Omkeerstrategie vir die GKSA besig? Die bybelskool van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom sal plaasvind op 20 en 27 Februarie en 6 en 13 Maart om 17:30 in die gemeente se kerksaal. Daar word vrae gevra oor wat die deputate wat studie moet doen oor die omkeerstrategie, vir die GKSA beoog. Inligting oor 4 onderwerpe/aspekte en 4 sprekers (uit hierdie deputategroep) sal later gegee word, maar teken solank die datum #gkbult #potchg5 Sang- en Musiekoggend saam met Wilma Kooij & Jeanette Malan Alle Senior lidmate word hartlik uitgenooi na n sang- en musiekoggend. Aangebied by AGS Suid (Maherrystraat), op 21 Februarie 2013 om 10:00. Wilma Kooij begelei deur Jeanette Malan op die klavier gaan optree. Die uitvoering sal plaasvind in die kerkgebou waarna almal uitgooi word vir tee en verversings in die saal. Ons vra egter n donasie van R10-00 per persoon om die onkoste t o v die dag te dra. Indien daar ander persone (nie senior burgers nie) is wat ook die uitvoering wil bywoon, is hulle baie welkom. Dit beloof voorwaar om n geseënde dag te wees. Die verrigting sal afgehandel wees teen 12:00. Navrae: /

6 Verjaarsdae Vandag, 17 Februarie Hannetjie du Plessis 81 Wyksgroep Jan Vorster Wyksgroep Maandag, 18 Februarie Marietjie de Klerk 95 Wyksgroep Judy Kang Wyksgroep Elsa Venter Wyksgroep Dinsdag, 19 Februarie Marilize van Dalen 19 Nuwe lidmaat Woensdag, 20 Februarie Ansie du Plessis Wyksgroep Hilgard Greyling 16 Wyksgroep Charl Yssel Wyksgroep Donderdag, 21 Februarie Jacques Tredoux Kleingroep Saterdag, 23 Februarie Willem Lessing Wyksgroep Meelewing Baie geluk aan Esmé Snyman ( ) en Mark Daniel wat onlangs verloof geraak het. Mag hierdie pad wat julle saamloop vol van God se seën wees! Vianca du Toit ( ) het haar Meestersgraad met lof verwerf. Ons is saam met jou bly oor die vrugte van jou harde werk. Beroepe BEROEPE ONTVANG Proponent RJ Pretorius na Buffeldoorns. Ds R Jansen van Vuuren van Hendrina/ Carolina-kombinasie na Krugersdorp-Wes/ Magaliesburg-kombinasie. Ds LJE Venter van Hoedspruit na Nigel. BEROEPE BEDANK Ds PW Kurpershoek van Middelburg [Tvl] na Krugersdorp-Wes/Magaliesburg-kombinasie. Welkom hier! Albert du Plooy Janes Swanepoel Wil jy ook by ons gemeente inskakel? Kontak die kerkkantoor vir meer inligting. G5 G5 KOFFIEKAMER Die koffiekamer is vanaand na die diens oop asook Woensdagaand vanaf 18:00. Alle lidmate word uitgenooi om n draai daar te kom maak. 6 Ek wil graag n lidmaat word Ek wil graag huisbesoek hê Naam:... Telefoonnommer:... Gooi in kollektesakkie / Gee in by kerkkantoor

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens! Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens! Strength will rise as we wait upon the Lord We will wait upon the Lord We will wait upon the Lord (repeat) EVERLASTING GOD

More information

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER NUUSBRIEF NO 2/2014 (Also available in English) DOELSTELLING Ons is n selgroep van NG Elarduspark gemeente wat babas van n groepie behoeftige en meestal werklose ouers wat in Elandspoort woon, van formulemelk

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put Bybel vir Kinders bied aan Die vrou by die put Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde Bybel vir Kinders bied aan God Toets Abraham se Liefde Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Tammy S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible

More information

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding: 1. OM JESUS TE VOLG: Om Jesus te volg is amper soos om blind te word. As jy vandag sou blind word, is hierdie n voorbeeld van van die goed wat gaan moet verander in jou lewe om dit vir jou makliker te

More information

MOTHEO/XHARIEP HOëRSKOLE ATLETIEK MOTHEO/XHARIEP HIGH SCHOOLS ATHLETICS

MOTHEO/XHARIEP HOëRSKOLE ATLETIEK MOTHEO/XHARIEP HIGH SCHOOLS ATHLETICS MOTHEO/XHARIEP HOëRSKOLE ATLETIEK MOTHEO/XHARIEP HIGH SCHOOLS ATHLETICS POSBUS/P/O/BOS 20025 WILLOWS 9320 TEL: 0832585376 FAX: 051 4443823 E-MAIL: corriev@schoolink.co.za VIR AANDAG: DIE ATLETIEKORGANISEERDER

More information

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00 Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00 Refreshments will be served Dear Parent/teacher If you re concerned

More information

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1) Sessie 1 n Stroom-op o o persoon o WEB978-1-4316-1018-1_Sessie 1.indd 1 2014/11/04 02:41:57 PM 1 n Stroom-op persoon Vooraf Lees vooraf die eerste 7 hoofstukke van Leef stroom-op! Charles Finney het gesê:

More information

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee "Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons

More information

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad. 1 Koninkryk kultuur Genadepad Lees Johannes 4:1-30, 39-42 Ons is besig om saam `n reeks te bou genaamd Koninkryk Kultuur. Dit is om vir ons handvatsels te gee van hoe dit lyk om die alternatiewe kultuur

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! AFM - AGS Afrikaans Unity Anniversary BEMAGTIGING Onderrig, lei u lede op en rus hulle

More information

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings. Skriflesing: Luk 24:1 12 en :44-53 Fokusgedeelte: Luk 24:50b 51 en :53 Die verheerlikte Jesus se seën en ons Inleiding / Introduction Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

More information

n Prins word die Skaapwagter

n Prins word die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan n Prins word die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur:

More information

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12 Let it be Laat dit wees I have need for such a clearance as the Saviour affected in the temple of Jerusalem. A riddance of the clutter, of what is secondary, that blocks the way to the all important central

More information

Community of Practice

Community of Practice Community of Practice Practice the Presence of God Just think you don't need a thing, you've got it all! All God's gifts are right in front of you as you wait expectantly for our Master Jesus. And not

More information

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan: 1. Lentekonferensie Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan: 17-19 September 2019 Tema: Hoe ons onthou, hoe ons vergeet. Om verbeeldingryk te lewe. Universiteitsoord

More information

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan? BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan? RAPPORT: Wanneer jy te sterwe kom, wat moet met jou liggaam gebeur? 1. Ek wil veras word. 69% 2. Ek wil begrawe word. 19% 3. My naasbestaandes

More information

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN Onsis almalhiertesaam Vergader in sy Naam, Verheerlik Hom. Tot die doodwas Hygetrou Endaardeuris onsnousyeiendom. LaatonsmaaksoosHyonsse Mekaarsteeds lieftehe EnHomboalleseer. Loof Hom, Christus die Heer.

More information

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid Dr Deon Bruwer Wat word van godsdiens as jy aan dementia ly? Wat wòrd van geloof as jy of jou iemand naby aan jou in die intensiewe eenheid

More information

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

GEHOORSAAMHEID AAN GOD DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE GEHOORSAAMHEID AAN GOD DATUM: 17 APRIL 2016 PLEK: NELSPRUIT PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 14 GEHOORSAAMHEID AAN GOD INHOUDSOPGAWE INLEIDING...3 MOET ONS DIE WET

More information

Berribrokkies Nuusbrief van Fred en Paula Berrington Posbus 739, Groot-Brakrivier, (Fred) (Paula) Mei 2014

Berribrokkies Nuusbrief van Fred en Paula Berrington Posbus 739, Groot-Brakrivier, (Fred) (Paula) Mei 2014 Berribrokkies Nuusbrief van Fred en Paula Berrington Posbus 739, Groot-Brakrivier, 6525 0793205935 (Fred) 0825015415 (Paula) Mei 2014 Liewe vriende, Prysig die Jirre my siel hie binne my! My God is byrie

More information

22.4 RAPPORT DEPUTATE LITURGIESE SAKE LIEDBOEKE IN VERSKILLENDE TALE (Art 163)

22.4 RAPPORT DEPUTATE LITURGIESE SAKE LIEDBOEKE IN VERSKILLENDE TALE (Art 163) 22.4 RAPPORT DEPUTATE LITURGIESE SAKE LIEDBOEKE IN VERSKILLENDE TALE (Art 163) 22.4 REPORT DEPUTIES LITURGICAL MATTERS HYMNBOOKS IN DIFFERENT LANGUAGES (Art 163) A. Ds JL van der Schyff stel die Rapport.

More information

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê n Gebed vir my kind vir elke dag van die maand! Being a perfect parent doesn t matter. Being a praying parent does. Why leave your child s life to chance when you can give it to God? Stormie Omartian uit

More information

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8) Les 1 vir 6 Oktober 2018 Die eenheid en harmonie wat God vir die mensdom beplan het, is deur sonde ontwrig. God het egter Sy liefde vir ons gewys deur 'n plan te ontwerp om eenheid te herstel. Die finale

More information

Les 6 vir 10 November 2018

Les 6 vir 10 November 2018 BEELDE VAN EENHEID Les 6 vir 10 November 2018 Die Bybel bevat diverse beelde wat geestelike en teologiese waarhede uitbeeld. Byvoorbeeld, water in Johannes 7:38, wind in Johannes 3:8 en n pilaar in 1 Timotheus

More information

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering Annemarie de Kock Tesis ingelewer ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad van Magister Artium in Klassieke Letterkunde

More information

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions Aangebied deur Die Weg Christelike Gemeente Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions Plek/Venue: NG Kerk Witrivier Datum/Date: 16 17 Oktober 2015 Koste/Price: R150pp Kontak/Contact:

More information

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding: Preek Jan Steyn 25 Februaie 2018 Teks: Johannes 13:1-35 Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding: Ek gaan gesels eendag met een van die jong outjies in die Gim. Ek vra hom: Jy was dan altyd so goed

More information

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr. n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr. VERBONDE vir HERSTELLING en VERLIGTING van die MENSDOM Edeniese VOOR DIE SONDEVAL Adamiese Noagiese Abrahamiese Sinaïtiese Palestynse

More information

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word. Mark 9:30-37 Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word. Januarie 2013 Ps-vooraf Ps 34: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan

More information

22.4 RAPPORT DEPUTATE LITURGIESE SAKE LIEDBOEKE IN VERSKILLENDE TALE

22.4 RAPPORT DEPUTATE LITURGIESE SAKE LIEDBOEKE IN VERSKILLENDE TALE 22.4 RAPPORT DEPUTATE LITURGIESE SAKE LIEDBOEKE IN VERSKILLENDE TALE 22.4 REPORT DEPUTIES LITURGICAL MATTERS HYMNBOOKS IN DIFFERENT LANGUAGES 1. Sake waarvan die Sinode kennis neem 1. Matters that the

More information

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS Opening Het jy al ooit op iets in jou lewe opgegee? Wat? Vertel vir mekaar hoe jy gevoel het daaroor. KOM ONS BEGIN Gesels met mekaar oor die volgende

More information

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2 MARKS: 150 TIME: 2 hours *RLSDM2* This question paper consists of 4 pages. 2 RELIGION STUDIES

More information

Pretoria- 23 Junie 2012

Pretoria- 23 Junie 2012 1 Skriflesing: Spreuke 11:1-31 Teks: Spreuke 11:29-30 Sing- Ps. 96: 6,7; Ps. 1:1,2; Ps. 116:4; Ps. 128:2,3 Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en 'n dwaas word 'n slaaf van hom wat wys van hart

More information

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a schoolmaster to bring us to Christ Vry van die wet (dekaloog en sedewette) Dekaloog=10 Hebreeuse woorde (tien gebooie) Sedewette=Al die ander wette. Rm. 10:4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. Rm.

More information

from the group who had gathered there.

from the group who had gathered there. -4387- The acting Minister of Labour Mr. Schoeman said he is going to use his hands to strangle the trade unions. He would use a plough and place it in front of the workers and imitating it has milk but

More information

Ook te koop by Kerkkantoor: Anna se organiese Hanepoot Korrelkonfyt: R20 per potjie. Geliefde Lourensrivierder

Ook te koop by Kerkkantoor: Anna se organiese Hanepoot Korrelkonfyt: R20 per potjie. Geliefde Lourensrivierder Geliefde Lourensrivierder Soos julle dalk op die nuus in die week gehoor het, het daar 3 mense die naweek gedurende die Argus Fietstoer gesterf. Dis vir my so hartseer en die woorde geleende tyd bly dwarrel

More information

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11 Mattheus 7:6-11 Dissipels moet net nooit iets anders doen as om radikaal vir God te leef nie. Ons Vader gee dit in sy onveranderlike trou en volmaakte liefde vir elkeen wat vra. Oktober 2018 Ps 123: 1,

More information

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens. Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens. Dit is voorwaar n deurmekaar wereld waarin ons ons vandag bevind met Predikers en Profete wat links en regs Profeteer en

More information

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery. DIE GODHEID Die begrip Drie-eenheid word in die Christelike geloof gebruik vir God. Ons glo dat daar net eengod is, maar dat die Vader en Jesus en die Heilige Gees al drie saam hierdie een God is. Logies

More information

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word. Jan Steyn preek Pinkster 2018 Tema: Die afgod van sukses Teks: 2 Konings 5:1-18, Mattheus 5:3-12 Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

More information

WEEK JAN 2018 TYD OM ERNSTIG TE RAAK!!

WEEK JAN 2018 TYD OM ERNSTIG TE RAAK!! WEEK 04 28 JAN 2018 TYD OM ERNSTIG TE RAAK!! Ek soek U, O God, My God Ek dors na U Ek smag na U Soos in n dor en droë land, n land sonder water Ek wil by U in die heiligdom wees om daar U mag en grootheid

More information

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d) Rom 14:1-12 Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d) Oktober 2013 Ps-vooraf Ps 97:1, 5 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar

More information

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie. Die regering van die Kerk 1Tim 2:11-12 Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie. Maart 2012 Ps-vooraf Ps 33:1,2 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan

More information

PREPARATORY EXAMINATION. IN THE MAGISTRATE'S COURT FOR THE DISTRICT OF JOHANNESBURG HELD IN JOHANNESBURG.

PREPARATORY EXAMINATION. IN THE MAGISTRATE'S COURT FOR THE DISTRICT OF JOHANNESBURG HELD IN JOHANNESBURG. PREPARATORY EXAMINATION. IN THE MAGISTRATE'S COURT FOR THE DISTRICT OF JOHANNESBURG HELD IN JOHANNESBURG. IN DIE MAGISTRAATSHOF VIR DIE AFDELING VAN JOHANNESBURG GE- HOU TE JOHANNESBURG. BEFORE MR.: VOOR

More information

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen NIE ELKEEN WAT...!! Nie elkeen wat vir My sê: Meester, Meester! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Matt. 7:21. Het hierdie woorde

More information

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Augustus 2018 Ps 30: 1, 3 vooraf Ps 97: 1, 6, 7 lofpsalm Ps 34: 5, 6

More information

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis Bybel vir Kinders bied aan Die Hemel God se pragtige huis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Sarah S. Vertaal deur: Taschja Hattingh Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis Bybel vir Kinders bied aan Die Hemel God se pragtige huis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Sarah S. Vertaal deur: Taschja Hattingh Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom Bybelskool van Centurion 27 Maart 2018 Welkom 10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf 10 x Griekse woorde Biologie palingenesia (wedergeboorte) Militêre soterion (redding) Regspraak dikaiōsis

More information

Die maan en sy rol in ons wereld *

Die maan en sy rol in ons wereld * OpenStax-CNX module: m21016 1 Die maan en sy rol in ons wereld * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 * Version 1.1:

More information

GKSA NEWS. Sunday 6 January 2019 JOYS AND SORROWS

GKSA NEWS. Sunday 6 January 2019 JOYS AND SORROWS GKSA NEWS Sunday 6 January 2019 JOYS AND SORROWS Best wishes We pray for all who have undergone surgery or are recuperating at home or are yet to undergo surgery this coming week God s blessing of a speedy

More information

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010 Die ekonomie en die Christen n perspektief 1 Desember 2010 Ekonomiese realiteite Christene poog om volgens die wil van God te handel in elke aspek van hule lewens en heelwat van hierdie dimensies is inter

More information

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop) Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop) Een ding wat nog altyd vir my interessant is, is mense se belangstelling in sg. celebrities. As hulle tog net naby iemand kan kom wat al op TV was of wat bekend

More information

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind 1 28 Oktober 2012 SKRIFLESING: Galasiërs 1: 1 10 TEKS: Galasiërs 1: 6-7 TEMA: Hervorming herinner ons bly by die suiwere Woord. SANG: Ps 84: 1, 6 (OAB); Ps 119: 1, 5, 7 (OAB); Sb 1-1: 3, 6; Ps 145: 1,

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 18 November 2018 Jaargang 36 Nommer 41 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Die Sakrament van die Heilige Nagmaal word vanoggend bedien. Die diens

More information

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself. Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself. Lewe Saggeus volgens sy naam? Die naam Saggeus beteken skoon of onskuldig. Maar hy het nie volgens hierdie naam geleef

More information

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION Boodskap2. SALWING OM MENSE TE GENEES EN TE HERSTEL Hand 10:36-38 Dit is die woord wat Hy gestuur het..met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy

More information

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf 10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf Father God Father God I wonder how I managed to exist without The knowledge of Your parenthood and Your loving care. Now I am Your child I am adopted

More information

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels... Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels... n Visie vir kleingroep-leiers. 0 Inhoud: 1. Inleiding 3 Visie: 3 Hoekom kleingroepe? 3 Dit gaan in wese oor: 5 Soorte groepe: 6 Fokusgroepe: 6 Funksie-groepe:

More information

16.19 RAPPORT 12 DEPUTATE EKUMENISITEIT BUITELANDS VERENIGDE KONINKRYK REPORT 12 DEPUTIES ECUMENICITY INTERNATIONAL UNITED KINGDOM

16.19 RAPPORT 12 DEPUTATE EKUMENISITEIT BUITELANDS VERENIGDE KONINKRYK REPORT 12 DEPUTIES ECUMENICITY INTERNATIONAL UNITED KINGDOM 16.19 RAPPORT 12 DEPUTATE EKUMENISITEIT BUITELANDS VERENIGDE KONINKRYK 16.19 REPORT 12 DEPUTIES ECUMENICITY INTERNATIONAL UNITED KINGDOM Deputate verantwoordelik vir die lessenaar: Rev TF Dreyer (s) en

More information

Waar is God as ons swaarkry?

Waar is God as ons swaarkry? Waar is God as ons swaarkry? Envy is sorrow at another s good Thomas van Acquino Waar is God as ons swaarkry? Philip Yancey se nuwe boek, The Question that Never goes away, het onlangs verskyn. Die vraag

More information

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness. Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness. (ESV) 19 Net hulle wat nog lewe kan U loof, so doen ek dit vandag. Vaders

More information

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding: Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober 2017 Teks: Efesiers 2:1-10 Tema: In Christus lewe jy Inleiding: Jesus het nie gekom om een of ander godsdiens te hervorm nie. Hy het nie die Joodse geloof van binne probeer

More information

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring Inhoudsopgawe Voorwoord... 9 1. Eensaamheid: woordverklaring... 11 2. Die eensaamheid van menswees... 17 3. Die eensaamheid van siekte... 23 4. Die eensaamheid van die dood... 29 5. Die eensaamheid van

More information

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Luk.24:13-35 Het jy agter gekom, soms koop jy ʼn produk waaroor jy nou nie eintlik

More information

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12 Oktober 2016 Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12 Die doop wat die HERE gee en wat dit vir ons en ons kinders beteken en sê. Ps-vooraf Ps 29: 1, 5; Ps 75: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë

More information

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Addendum A Consent form

Addendum A Consent form 480 Addendum A Consent form Carien Lubbe, PhD-student, University of Pretoria Faculty of Education Department of Educational Psychology 082 857 0137 012 420 2765 carien.lubbe@up.ac.za I hereby consent

More information

GKSA NEWS. Sunday 4 November 2018 JOYS AND SORROWS

GKSA NEWS. Sunday 4 November 2018 JOYS AND SORROWS GKSA NEWS Sunday 4 November 2018 JOYS AND SORROWS Best wishes We pray for all who have undergone surgery or are recuperating at home or are yet to undergo surgery this coming week God s blessing of a speedy

More information

AFRIKANER WEERSTANDSBEWEGING THE SOUTH AFRICAN BROADCASTING CORPORATION

AFRIKANER WEERSTANDSBEWEGING THE SOUTH AFRICAN BROADCASTING CORPORATION Case No: 19/1999 Date of Hearing: 8 June 1999 AFRIKANER WEERSTANDSBEWEGING Complainant v THE SOUTH AFRICAN BROADCASTING CORPORATION Respondent In regard to a news item on SABC2 and 3 on the 19th June 1999

More information

102 Beswaarskrif Joy Mansfield

102 Beswaarskrif Joy Mansfield 506 507 508 509 102 Beswaarskrif Joy Mansfield Dear Dr. Claassen, Kindly excuse me writing to you in English, but I find it easier to express myself re the matter of Appeal at hand. I wrote to my Bible

More information

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Julie 2018 Ps 33: 1, 3 vooraf Ps 33: 9, 10, 11 lofpsalm Ps 139: 1, 3,

More information

IN THE SUPREME COURT OP SOUTH AFRICA. CORBETT, MILLER, JJA et NICHOLAS, AJA

IN THE SUPREME COURT OP SOUTH AFRICA. CORBETT, MILLER, JJA et NICHOLAS, AJA 102/85/AV IN THE SUPREME COURT OP SOUTH AFRICA (APPELLATE DIVISION) In the matter between: MARCUS PHETLA 1st Appellant AMOS NQUBUKA 2nd Appellant AND THE STATE Respondent CORAM: CORBETT, MILLER, JJA et

More information

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel? Preek Sondag 22 Maart 2015 Teks: Filippense 3: 1-21 (veral vers 3) Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel? Inleiding: Agtergrond: Twee groepe wat bedreig: In Paulus se brief

More information

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het: 1 Jakobus 2a Tema: die toets van onpartydigheid Vandag gaan ons voort met die brief van Jakobus. Die brief wat handel oor gelowiges se integriteit (verduidelik). Julle sal onthou dat Jakobus ons waarsku

More information

JOHANNESBURG CHURCH OF CHRIST (Geaffilieer met die Los Angeles International Church of Christ - LAICC) (Ds Francois Smit) 1.

JOHANNESBURG CHURCH OF CHRIST (Geaffilieer met die Los Angeles International Church of Christ - LAICC) (Ds Francois Smit) 1. JOHANNESBURG CHURCH OF CHRIST (Geaffilieer met die Los Angeles International Church of Christ - LAICC) (Ds Francois Smit) 1. GESKIEDENIS Die Los Angeles Church of Christ (voorheen Boston Church of Christ

More information

Catharina Maria Conradie

Catharina Maria Conradie Mythology archaic relics or an archetypal and universal source of constant renewal? An exploration of the relationship between myth and archetype in the myth of Demeter and Persephone Catharina Maria Conradie

More information

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS SONG OF SONGS THE FIVE MEGILOTH ESTHER RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS Odd shaped pebbles roll And tumble round the Rock which Smooths them into five smooth stones One of which will kill a giant 1 The Spirit

More information

Unity Apostles Church of New Zealand Post Card- Farewell to Evangelist John Weder All Honour to God

Unity Apostles Church of New Zealand Post Card- Farewell to Evangelist John Weder All Honour to God Dear brothers and sisters in our Lord Jesus Christ This is just a short, note to report with sympathy that our beloved brother, Evangelist John Weder, has been called to our Father in Heaven. We wish to

More information

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11 BRUID VAN JESUS PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie 2017 Page 1 of 11 BRUID VAN JESUS INHOUDSOPGAWE INLEIDING...3 WAAR BEGIN DIE GEDAGTE VAN N HUWELIK TUSSEN GOD EN N GROEP MENSE?...4

More information

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones New York Times- topverkoperskrywer Lisa Bevere LIZZIE DIE LEEUTJIE Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones LIZZIE DIE LEEUTJIE Oorspronklik in die VSA uitgegee as Lizzy the Lioness deur Tommy Nelson, n

More information

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans? Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans? Met besondere aandag vir Psalm 2 By die lees van die Ou Testament is die vraag wat hierbo gevra word, baie belangrik. Hierdie vraag speel

More information

Oggenddiens 19 Augustus Windhoek

Oggenddiens 19 Augustus Windhoek Lees: Psalm 23 Teks: Ps. 23: 1 Tema: God se herderskap is en bly uniek! Sing: 1. Ps. 147-2: 1 en 3 2. Sk. 14-1: 1 en 2 3. Ps. 40-1: 4 4. Ps. 65-1: 3 5. Ps. 116-1: 7 en 10 6. Sk. 10-2 Die psalm wat ingebed

More information

Camp David Newsletter

Camp David Newsletter Camp David Newsletter June/July 2013 Camp David Newsletter Tel: 061 300 650 info@campdavidnam.com www.campdavidnam.com June/July 2013 Index COPPS 94.1 with Radio Cosmos Behind the scenes - Serving & Counseling

More information

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod. Mei 2018 Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers 27-30 wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod. Ps 7: 1, 7 vooraf Ps 9: 1, 6, 7 lofpsalm Ps

More information

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE LEIERSGIDS Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel: 082 838 3298 E-pos: emmausinfo@mweb.co.za Webtuiste: www.emmaussentrum.co.za Finale Redakteurs

More information

Die Kalender uit die Skrif

Die Kalender uit die Skrif Die Kalender uit die Skrif Ek gaan hierdie redelik volledig probeer maak aangesien daar baie stryd en misverstande is. Die Skrif gee vir ons riglyne hieroor en nie noodwendig direkte opdragte nie en dit

More information

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE REGVERDIGING DATUM: 15 MEI 2016 PLEK: MBOMBELA PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 11 REGVERDIGING INHOUDSOPGAWE INLEIDING... 3 AGTERGROND OOR DIE VERSKILLENDE TEOLOGIESE

More information

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel Nuwe Wyn/New Wine Nuwe Wyn/New Wine Vir kinders/ For kids Dr Christo Nel Inhoudsopgawe A. Uiteensetting vir NUWE WYN toerusting materiaal geskik vir kinders... 2 Inleidend... 2 MATERIAAL VIR KINDERS...

More information

NEW INTERNATIONAL VERSION

NEW INTERNATIONAL VERSION EPHESIANS Afrikaans / English Page 1 EFESIËRS 1 EPHESIANS 1 1:1 Paulus, 'n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, aan die heiliges wat in Éfese is, en die gelowiges in Christus Jesus: 1:2 Genade

More information

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos: KLEINGROEPBEDIENING Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: 084 453 8724 Epos: wilhelm@gkwapadrant.co.za Kleingroepbestuurder: Elmarie Minnaar Tel: 012 991 6596 Epos: kleingroepe@gkwapadrant.co.za Wie is Jesus?

More information

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER Slide 1 THE FIVE MEGILOTH: SONG OF SONGS/ RUTH/ LAMENTATIONS/ ECCLESIASTES/ ESTHER Slide 2 Odd shaped pebbles roll / And tumble round the Rock which / Smooths them into five

More information

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het. Sakkie Parsons E-Pos Bediening Webtuiste. www.sakkieparsons.co.za My blog http://www.eposbediening.blogspot.com E-pos: sparsons@absamail.co.za Sel: 083 457 6669 Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker

More information

/Clf,-', 8. Geagte Mnr. die Voorsitter, Dames en Here,

/Clf,-', 8. Geagte Mnr. die Voorsitter, Dames en Here, Geagte Mnr. die Voorsitter, Dames en Here, /Clf,-', 8 Laat my toe om eers my hoedanigheid hier te identifiseer. Ek doen dit met 'n histo~iese verwysing. Toe Jan van Riebeeck, ná sy kommandeurskap aan die

More information

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid? Jan Steyn preek 15 Julie 2018 Teks: 1 Korintiers 9: 19-27 Tema: Wat maak ons met ons vryheid? Inleiding: Dit is nie altyd maklik om in ons samelewing vandag as Christen oor vryheid te praat nie. Ek dink

More information

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig. Markus 16:1-8 Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig. Februarie 2017 Ps 122: 1, 2 vooraf Ps 135: 1, 2, 3 lofpsalm Ps 119: 4 na wet Ps 118: 11, 12 as

More information

Official Press Kit - Copyright 2008 Voices for Christ & Bulelani Studio CC Page 1 of 16

Official Press Kit - Copyright 2008 Voices for Christ & Bulelani Studio CC Page 1 of 16 Official Press Kit - Copyright 2008 Voices for Christ & Bulelani Studio CC Page 1 of 16 TABLE OF CONTENTS INTRODUCTION LETTER...3 BIOGRAPHY...4 ALBUM ARTWORK...9 PERFORMANCE SCHEDULE FOR 2008 (updated

More information

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel: GOD STORIES LEIERSGIDS Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel: 082 838 3298 E-pos: emmausinfo@mweb.co.za Webtuiste: www.emmaussentrum.co.za Finale Redakteurs Anriëtte de Ridder,

More information