GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Size: px
Start display at page:

Download "GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON"

Transcription

1 1 18 November 2018 Jaargang 36 Nommer 41 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Die Sakrament van die Heilige Nagmaal word vanoggend bedien. Die diens begin om 10:00. Ds. Christo Swanepoel is die prediker. Die Skriflesing is Konings 20: 1-11 Teks: 2 Konings 20: 8 en 11 Tema: Die Here bevestig sy beloftes ter wille van die gelowige, met n teken. Hoofpunte: De beloftes van die Here. Die teken van die Here Die geloof van die sondaar. Sing: Psalm 118: 1 en 12; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 119: 40; Ps. 23: 3; Ps. 116:1..; Psalm 126:1 en 3. Die Aanddiens Vanaand is dit die jaarlikse Kerssangdiens wat ons saam met GK Centurion onderneem. Die program bestaan uit gesamentlike sang en kindersang. Die prediker is Ds Paul van den Berg. MEELEWING Ons het geen nuus ontvang nie.

2 2 18 November 2018 MANNA EN KWARTELS VIR DIE GEES FOKUSVERS: Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s n? (Johannes 9:2) FOKUSGEDAGTE: LY DING - NIE ALTYD DIE GEVOLG VAN SONDE NIE! Ons het almal maar iets van vergelding in ons gedagtes. n Oog vir n oog. As iemand iets verkeerd gedoen het, is daar n reaksie. Ek ry te vinnig en kry n boete. Hy ry onverskillig, bots teen iemand, n persoon sterf hy is skuldig! Daarom dink ons in ons tye van lyding ook so. Ons soek baie maal die rede vir blindheid (Joh 9), VIGS, kanker, ensovoorts, in n sondige leefstyl. Ons hoor dikwels die vraag: Waarom straf die Here my so deur lyding? Wat het ek verkeerd gedoen in sy oë? Soms is dit wel die regte vraag. Daar is in die verbond met Israel n duidelike belofte: As julle gehoorsaam is, sal julle baie lank bly woon in die land wat die Here met n eed beloof het... (Deut 11:9). Maar ook n vloekwaarskuwing: Pas op dat julle nie verlei word om ander gode te gaan dien en vereer nie, want dan sal die toorn van die Here teen julle ontvlam,... en julle sal baie gou verdwyn uit die goeie land wat die Here aan julle gee. (Deut 11:16-17). Maar dit is nie net mense wat n spesifieke sonde gepleeg het, wat lyding ervaar nie. So was dit met die man wat blind gebore is (Joh 9). Watter sonde het hy of sy ouers gepleeg? Nee, sê Jesus, sonde is nie die rede nie! En dan kan die dissipels (en ons) dit nie altyd verstaan nie. Hoe kan God toelaat dat mense wat goed leef, ly? Waarom bring God slegte dinge oor goeie mense?

3 3 18 November 2018 Jesus antwoord in Johannes 9: Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word. (vers 3). Ons moet versigtig wees om nie ʼn uitspraak van Jesus te veralgemeen nie. Daar is spesifieke omstandighede waarin Hy dit sê. Die man se persoonlike lewe, sy vriende, die ander omstanders, bepaal wat Jesus sê en doen. Jesus wou deur sy werke Homself as Seun van God bekend maak. Dit is meer as om net met sy oë te sien, ook mense se geestelike oë moes oopgaan. Jesus se genesing van die man se blindheid, raak ʼn hele klomp mense. Sommige se oë bly gesluit (al sien hulle), ander kom tot geloof. Hoe oop is ons oë vir die werke van die Here in tye van lyding? Sowel wanneer daar genesing of verligting kom, as wanneer ons steeds lyding ervaar? Moenie sommer ʼn sonde + sonde = lyding sommetjie maak nie. Dan sien ons dikwels nog nie God self raak nie, maar staar ons blind teen ons vereistes dat daar beterskap moet kom. Die vraag kan soms met reg in ons lyding gevra word: Waartoe dien my lyding? Hoe reageer ek daarop? Hoe ervaar ek God se hand daarin? Genees Hy my van lyding? Gee Hy my krag om dit te kan dra? Kan ek altyd oor Hom getuig? Sowel wanneer ek ly as wanneer ek bevry word daarvan? Moenie altyd n sonde-rede soek agter lyding nie. Onthou veral dat Jesus vir al ons sondeskuld betaal het. Ons sal nie weer daarvoor gestraf word nie. Waar daar n spesifieke sondige leefstyl was, wat lyding as gevolg het, sal God jou oë daarvoor oopmaak. Dan sien jy Hom weer as die genadige God wat vergifnis gee. Keer dan terug na Hom DOPPIES EN PROPPIES Baie dankie vir die ondersteuning met die Doppies en proppies projek van Wapandrand se Klipspringers. Dit was n reuse sukses en ons kon met hierdie insamelingpoging twee rolstoele aan minder bevoorregtes oorhandig Ongelukkig moet alle kinders ouer word en ons eie Klipspringer gaan volgende jaar Hoërskool toe.

4 4 18 November 2018 Dit is egter nie die einde van die projek nie. Sr Anita Schutte gaan in die toekoms die projek bestuur. Ons gee binnekort meer inligting. Maar ring maar solank die proppies en doppies. SUSTERSAAMTREK 2019 Die susters van Gereformeerde Kerke Oos-Moot en Die Kandelaar nooi julle hartlik uit na volgende jaar se saamtrek vir die Pretoriastreek. DATUM: 9 Maart 2019 TEMA: Om-gee-wingsbewus God se kinders gee om vir sy skepping PLEK: NG Kerk Magalieskruin Volledige inligting volg vroeg volgende jaar. Hou solank die datum oop! Navrae: Henriëtte Meijer ( ) of Marlyn Wibbelink ( ) REëLINGS VIR DIE ETE AANSTAANDE SONDAG Dis Susters nooi jou hartlik uit na die ete na de Nagmaal in die kerksaal. Opskep begin in die omgewing van 12-uur. Wyke1-12: Poeding en opruim terwyl Wyke13-22: Kosvoorbereiding en Saal regmaak. Spyskaart: Hoender Schnitzel met Kaassous, Spinasietert, Pastaslaai, Mengelslaai (maak by kerk), Roomys en Sjokoladesous. Kom eet en kuier saam. TV-REEKS OOR KULTES EN KULTARIESE GROEPE WERKSAAM IN SUID-AFRIKA. Die TV reeks Openbarings, wat handel oor kultes en kultariese groepe werksaam in Suid-Afrika, vind plaas op

5 5 18 November 2018 Donderdae en Sondae op VIA (DStv kanaal 147) 13 een uur lange episodes Do.15/11 om 20:30 (herhaal So.18/11 om 21:00) (Mormone) Kerk van Jesus Christus van die heiliges van die laaste dae Do.22/11 om 20:30 (herhaal So.25/11 om 21:00) Desteni Do.29/11 om 20:30 (herhaal So.02/12 om 21:00) Scientologie Do.06/12 om 20:30 (herhaal So.09/12 om 21:00) Christ in Me International Do.13/12 om 20:30 (herhaal So.16/12 om 21:00) Seven Angels Ministry Do.10/01 om 20:30 (herhaal So.13/01 om 21:00) Rabboni Centre Ministries & End Times Disciples Ministries Do.17/01 om 20:30 (herhaal So.20/01 om 21:00) Christ Gospel Church Do.24/01 om 20:30 (herhaal So.27/01 om 21:00) Providence & Shincheonji Do.31/01 om 20:30 (herhaal So.03/02 om 21:00) Jehovahgetuies Do.07/02 om 20:30 (herhaal So.10/02 om 21:00) Grace Gospel Church & Church Team Ministries International Do.14/02 om 20:30 (herhaal So.17/02 om 21:00) Spade Reënsending (Blou Rokke) Do.21/02 om 20:30 (herhaal So.24/02 om 21:00) Universal Church of the Kingdom of God Do.28/02 om 20:30 (herhaal So.03/03 om 21:00) Israelvisie, Dogter van Sion 13 NOVEMBER 400 JAAR GELEDE! Lidmaat en verbondskind, Weet jy wat by die Sinode van Dordrecht gebeur het? Weet jy wat die Dordtse Leerreëls is? Wat beteken dit vandag vir ons? Leer meer daaroor in 30 minute!

6 6 18 November 2018 PRETORIA FM PretoriaFM se volgende gesprek met die redakteur van Die Kerkblad vind DV plaas op Sondag 25 November 2018 om 07:45. U kan na PretoriaFM luister op / MHZ; of TV-oudiokanaal Omgewingspitkos Gesien ons snel veranderende klimaatsgesteldheid wat n invloed op vele omgewingsaspekte het, is dit eintlik angswekkend om te weet dat ons nie die gevolge daarvan vir ons welstand en omringende natuurlike sisteme voluit verstaan nie. Die oplossing hiervoor is nie net in die komplekse te vinde nie. Ons verbeter tog so graag God se skepping. Die eenvoudige bydrae van elkeen van ons as bewustelike verbruikers is veral op ons borde te vinde. Deur jou dieet na minder vleis en meer groente te verander, dra jy by om kweekhuisgasvrystellings met twee derdes te verminder. DOPPERPARLEMENT: KAMP 7-9 Desember Sou jy wil saamgaan moet jy jou riete roer, daar is nog ʼn paar plekke oop. Praat met Ds Christo, Helgard Cronje of met van die Elfrieda. Kom kuier saam. GAAN JY MET VAKANSIE? Germari en Erika Bos kyk graag weer na jou huis en diere terwyl jy bietjie wegbreek in Nov/Des/Jan. R70 - R90 pd. Kontak Erika of Germari

7 7 18 November 2018 HIERDIE WEEK HOU ONS, ONS BESIG MET: Vandag: Die kollekte tydens die erediens is vir die Diens van Barmhartigheid en by die deure vir bystand vir die diakonie. Die ouderlinge en diakens van w yke 9 en 10 is aan diens. Die susters nooi jou na die diens saam te kom eet in die kerksaal. Katkisasie: Daar is nie katkisasie vanoggend nie. Bybelstudie: Bybelstudie het afgesluit vir die jaar. VERJAARSDAE 20 November: Christa Spoelstra en P ieter Engelbrecht. 23 November: Daleen Jansen van Rensburg en David Cloete. 24 November: Brian Norden. 25 November: Lourens Prinsloo. 26 November: Marli Buys en Mike Muller. 27 November: Paul Maritz. KLEINADVERTENSIES R Riempies gebreek/stukkend? Stoele en 2 sitplek banke. Kontak Jan Plomp of JOU NUTSMAN: Skakel vir Hendrik van der Linden by Skoonmaak van Matte, Meubels, Leer en Materiaal, Matrasse, Vensters, Geboue, Kantore, Store en Huise. Baie dankie, ALTA by NEUTE. Gesels met George Lee oor vrugte en neute. Bel hom by Daar is ʼn nuwe pryslys beskikbaar. VLEIS. Chris du P lessis is w eer op spoor met die verskaffing van die vleis. Skakel Chris by It s my Party: Reël u kind se partytjie deur Elize Pretorius by of Al die benodighede vir die partytjie word verskaf.

8 8 18 November 2018 ALGEMENE INLIGTING Predikant: Ds Christo Sw anepoel, Burgerlaan 113, Lyttelton Manor Selfoon E-pos Bedieningskommissie: Ouderling Kobus Erasmus. Tel Bestuuurskommissie: Ouderling Tiddo Voogt: Voorsitter van die Diakonie: Diaken Johan How ell Tel: Susters Voorsitter: Sr Griet Sw anepoel Die Silwerkrone Voorsitter: Br Jan P lomp Orrelis: Jaco Viljoen Tel: Koster: Mike Muller Kerkkantoor: Dirk Schoeman Bankrekening van die Kerk: Absa Bank Lyttelton, Takkode , Rek No: Die Kassier: Ouderling Kobus Robbertse Bankrekening van die Diakonie: Bank: ABSA Rek: Tak: Bankrekening van die Susters: Gereformeerde Susters Komitee, ABSA Bank Lyttelton Takkode , Rek No: Die Koerier: Ferdie van W yk - ferdievw@telkomsa.net Gereformeerde Kerk Lyttelton Skribas: H/v Stasie en Monument Strate Oudl Carl Pohl Navrae: Dirk Schoeman Selfoon: Tel Oudl Pieter Bos E-pos: gkl@telkomsa.net Selfoon: Attes Skriba: Henry Engelbrecht, Tel: Selno: E-pos: henmet@telkomsa.net Emosionele Ondersteuningsnetwerk: Indien u emosionele bystand weens eensaamheid, siekte, trauma ens. beleef of net wil deel word van die emosionele ondersteuningsnetwerk in ons gemeente, kan u gerus vir Trudie Grobbelaar (koördineerder) skakel by tel: , of sel:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put Bybel vir Kinders bied aan Die vrou by die put Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens! Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens! Strength will rise as we wait upon the Lord We will wait upon the Lord We will wait upon the Lord (repeat) EVERLASTING GOD

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding: 1. OM JESUS TE VOLG: Om Jesus te volg is amper soos om blind te word. As jy vandag sou blind word, is hierdie n voorbeeld van van die goed wat gaan moet verander in jou lewe om dit vir jou makliker te

More information

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde Bybel vir Kinders bied aan God Toets Abraham se Liefde Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Tammy S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible

More information

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee "Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons

More information

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad. 1 Koninkryk kultuur Genadepad Lees Johannes 4:1-30, 39-42 Ons is besig om saam `n reeks te bou genaamd Koninkryk Kultuur. Dit is om vir ons handvatsels te gee van hoe dit lyk om die alternatiewe kultuur

More information

n Prins word die Skaapwagter

n Prins word die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan n Prins word die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur:

More information

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS Opening Het jy al ooit op iets in jou lewe opgegee? Wat? Vertel vir mekaar hoe jy gevoel het daaroor. KOM ONS BEGIN Gesels met mekaar oor die volgende

More information

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan? BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan? RAPPORT: Wanneer jy te sterwe kom, wat moet met jou liggaam gebeur? 1. Ek wil veras word. 69% 2. Ek wil begrawe word. 19% 3. My naasbestaandes

More information

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00 Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00 Refreshments will be served Dear Parent/teacher If you re concerned

More information

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings. Skriflesing: Luk 24:1 12 en :44-53 Fokusgedeelte: Luk 24:50b 51 en :53 Die verheerlikte Jesus se seën en ons Inleiding / Introduction Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

More information

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER NUUSBRIEF NO 2/2014 (Also available in English) DOELSTELLING Ons is n selgroep van NG Elarduspark gemeente wat babas van n groepie behoeftige en meestal werklose ouers wat in Elandspoort woon, van formulemelk

More information

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! AFM - AGS Afrikaans Unity Anniversary BEMAGTIGING Onderrig, lei u lede op en rus hulle

More information

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1) Sessie 1 n Stroom-op o o persoon o WEB978-1-4316-1018-1_Sessie 1.indd 1 2014/11/04 02:41:57 PM 1 n Stroom-op persoon Vooraf Lees vooraf die eerste 7 hoofstukke van Leef stroom-op! Charles Finney het gesê:

More information

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom Bybelskool van Centurion 27 Maart 2018 Welkom 10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf 10 x Griekse woorde Biologie palingenesia (wedergeboorte) Militêre soterion (redding) Regspraak dikaiōsis

More information

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring Inhoudsopgawe Voorwoord... 9 1. Eensaamheid: woordverklaring... 11 2. Die eensaamheid van menswees... 17 3. Die eensaamheid van siekte... 23 4. Die eensaamheid van die dood... 29 5. Die eensaamheid van

More information

Community of Practice

Community of Practice Community of Practice Practice the Presence of God Just think you don't need a thing, you've got it all! All God's gifts are right in front of you as you wait expectantly for our Master Jesus. And not

More information

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis Bybel vir Kinders bied aan Die Hemel God se pragtige huis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Sarah S. Vertaal deur: Taschja Hattingh Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis Bybel vir Kinders bied aan Die Hemel God se pragtige huis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Sarah S. Vertaal deur: Taschja Hattingh Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8) Les 1 vir 6 Oktober 2018 Die eenheid en harmonie wat God vir die mensdom beplan het, is deur sonde ontwrig. God het egter Sy liefde vir ons gewys deur 'n plan te ontwerp om eenheid te herstel. Die finale

More information

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

GKSA NEWS. Sunday 6 January 2019 JOYS AND SORROWS

GKSA NEWS. Sunday 6 January 2019 JOYS AND SORROWS GKSA NEWS Sunday 6 January 2019 JOYS AND SORROWS Best wishes We pray for all who have undergone surgery or are recuperating at home or are yet to undergo surgery this coming week God s blessing of a speedy

More information

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN Onsis almalhiertesaam Vergader in sy Naam, Verheerlik Hom. Tot die doodwas Hygetrou Endaardeuris onsnousyeiendom. LaatonsmaaksoosHyonsse Mekaarsteeds lieftehe EnHomboalleseer. Loof Hom, Christus die Heer.

More information

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het: 1 Jakobus 2a Tema: die toets van onpartydigheid Vandag gaan ons voort met die brief van Jakobus. Die brief wat handel oor gelowiges se integriteit (verduidelik). Julle sal onthou dat Jakobus ons waarsku

More information

Waar is God as ons swaarkry?

Waar is God as ons swaarkry? Waar is God as ons swaarkry? Envy is sorrow at another s good Thomas van Acquino Waar is God as ons swaarkry? Philip Yancey se nuwe boek, The Question that Never goes away, het onlangs verskyn. Die vraag

More information

MOTHEO/XHARIEP HOëRSKOLE ATLETIEK MOTHEO/XHARIEP HIGH SCHOOLS ATHLETICS

MOTHEO/XHARIEP HOëRSKOLE ATLETIEK MOTHEO/XHARIEP HIGH SCHOOLS ATHLETICS MOTHEO/XHARIEP HOëRSKOLE ATLETIEK MOTHEO/XHARIEP HIGH SCHOOLS ATHLETICS POSBUS/P/O/BOS 20025 WILLOWS 9320 TEL: 0832585376 FAX: 051 4443823 E-MAIL: corriev@schoolink.co.za VIR AANDAG: DIE ATLETIEKORGANISEERDER

More information

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid Dr Deon Bruwer Wat word van godsdiens as jy aan dementia ly? Wat wòrd van geloof as jy of jou iemand naby aan jou in die intensiewe eenheid

More information

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12 Let it be Laat dit wees I have need for such a clearance as the Saviour affected in the temple of Jerusalem. A riddance of the clutter, of what is secondary, that blocks the way to the all important central

More information

Pretoria- 23 Junie 2012

Pretoria- 23 Junie 2012 1 Skriflesing: Spreuke 11:1-31 Teks: Spreuke 11:29-30 Sing- Ps. 96: 6,7; Ps. 1:1,2; Ps. 116:4; Ps. 128:2,3 Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en 'n dwaas word 'n slaaf van hom wat wys van hart

More information

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d) Rom 14:1-12 Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d) Oktober 2013 Ps-vooraf Ps 97:1, 5 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar

More information

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

GEHOORSAAMHEID AAN GOD DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE GEHOORSAAMHEID AAN GOD DATUM: 17 APRIL 2016 PLEK: NELSPRUIT PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 14 GEHOORSAAMHEID AAN GOD INHOUDSOPGAWE INLEIDING...3 MOET ONS DIE WET

More information

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself. Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself. Lewe Saggeus volgens sy naam? Die naam Saggeus beteken skoon of onskuldig. Maar hy het nie volgens hierdie naam geleef

More information

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11 Mattheus 7:6-11 Dissipels moet net nooit iets anders doen as om radikaal vir God te leef nie. Ons Vader gee dit in sy onveranderlike trou en volmaakte liefde vir elkeen wat vra. Oktober 2018 Ps 123: 1,

More information

Die maan en sy rol in ons wereld *

Die maan en sy rol in ons wereld * OpenStax-CNX module: m21016 1 Die maan en sy rol in ons wereld * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 * Version 1.1:

More information

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr. n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr. VERBONDE vir HERSTELLING en VERLIGTING van die MENSDOM Edeniese VOOR DIE SONDEVAL Adamiese Noagiese Abrahamiese Sinaïtiese Palestynse

More information

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery. DIE GODHEID Die begrip Drie-eenheid word in die Christelike geloof gebruik vir God. Ons glo dat daar net eengod is, maar dat die Vader en Jesus en die Heilige Gees al drie saam hierdie een God is. Logies

More information

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos: KLEINGROEPBEDIENING Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: 084 453 8724 Epos: wilhelm@gkwapadrant.co.za Kleingroepbestuurder: Elmarie Minnaar Tel: 012 991 6596 Epos: kleingroepe@gkwapadrant.co.za Wie is Jesus?

More information

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN? OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN? Stephan Bester Agtergrond van waar ek trek... Wanneer die Here ons roep vir iets, beteken dit gewoonlik dat Hy ons ook roep weg van iets af. Die probleem is egter dat daar

More information

Les 6 vir 10 November 2018

Les 6 vir 10 November 2018 BEELDE VAN EENHEID Les 6 vir 10 November 2018 Die Bybel bevat diverse beelde wat geestelike en teologiese waarhede uitbeeld. Byvoorbeeld, water in Johannes 7:38, wind in Johannes 3:8 en n pilaar in 1 Timotheus

More information

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word. Jan Steyn preek Pinkster 2018 Tema: Die afgod van sukses Teks: 2 Konings 5:1-18, Mattheus 5:3-12 Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

More information

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf 10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf Father God Father God I wonder how I managed to exist without The knowledge of Your parenthood and Your loving care. Now I am Your child I am adopted

More information

Addendum A Consent form

Addendum A Consent form 480 Addendum A Consent form Carien Lubbe, PhD-student, University of Pretoria Faculty of Education Department of Educational Psychology 082 857 0137 012 420 2765 carien.lubbe@up.ac.za I hereby consent

More information

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan: 1. Lentekonferensie Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan: 17-19 September 2019 Tema: Hoe ons onthou, hoe ons vergeet. Om verbeeldingryk te lewe. Universiteitsoord

More information

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding: Preek Jan Steyn 25 Februaie 2018 Teks: Johannes 13:1-35 Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding: Ek gaan gesels eendag met een van die jong outjies in die Gim. Ek vra hom: Jy was dan altyd so goed

More information

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4 1 Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4, 1 Johannes 5:19 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4 1 Johannes 1:1-10 1Jn 1:1 Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met

More information

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels... Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels... n Visie vir kleingroep-leiers. 0 Inhoud: 1. Inleiding 3 Visie: 3 Hoekom kleingroepe? 3 Dit gaan in wese oor: 5 Soorte groepe: 6 Fokusgroepe: 6 Funksie-groepe:

More information

Die betekenis van die kruis (1)

Die betekenis van die kruis (1) Die betekenis van die kruis (1) Don t pray when you feel like it. Have an appointment with the Lord and keep it. A man is powerful on his knees. Corrie Ten Boom Die betekenis van die kruis (1) Wat is die

More information

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a schoolmaster to bring us to Christ Vry van die wet (dekaloog en sedewette) Dekaloog=10 Hebreeuse woorde (tien gebooie) Sedewette=Al die ander wette. Rm. 10:4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. Rm.

More information

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word. Mark 9:30-37 Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word. Januarie 2013 Ps-vooraf Ps 34: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan

More information

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding: Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober 2017 Teks: Efesiers 2:1-10 Tema: In Christus lewe jy Inleiding: Jesus het nie gekom om een of ander godsdiens te hervorm nie. Hy het nie die Joodse geloof van binne probeer

More information

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette? Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette? Have You Heard of the Four Spiritual Laws? Just as there are physical laws that govern the physical universe, so there are spiritual laws which govern your

More information

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid? Jan Steyn preek 15 Julie 2018 Teks: 1 Korintiers 9: 19-27 Tema: Wat maak ons met ons vryheid? Inleiding: Dit is nie altyd maklik om in ons samelewing vandag as Christen oor vryheid te praat nie. Ek dink

More information

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION Boodskap2. SALWING OM MENSE TE GENEES EN TE HERSTEL Hand 10:36-38 Dit is die woord wat Hy gestuur het..met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy

More information

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê n Gebed vir my kind vir elke dag van die maand! Being a perfect parent doesn t matter. Being a praying parent does. Why leave your child s life to chance when you can give it to God? Stormie Omartian uit

More information

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond SIEN DIE GROOT PRENTJIE Eerste Bedryf: die Skepping God se rol God is die bron God is die Skepper God is in beheer van die wêreld

More information

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE REGVERDIGING DATUM: 15 MEI 2016 PLEK: MBOMBELA PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 11 REGVERDIGING INHOUDSOPGAWE INLEIDING... 3 AGTERGROND OOR DIE VERSKILLENDE TEOLOGIESE

More information

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer Naäman To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer Naäman Ons kry die verhaal van Naäman in 2 Konings 5:1 16. Naäman was n belangrike man. Hy was n groot en trotse man die bekendste generaal in

More information

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe! Jan Steyn Preek 6 April 2014. Teks: Romeine 7:14-8:4 Tema: Waarheen vlug ek met myself? Inleiding: Twee seuns van n Engelse koning het op n keer vir hulle pa gevra: Word n ware gentleman gebore of gemaak?

More information

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Luk.24:13-35 Het jy agter gekom, soms koop jy ʼn produk waaroor jy nou nie eintlik

More information

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie. Die regering van die Kerk 1Tim 2:11-12 Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie. Maart 2012 Ps-vooraf Ps 33:1,2 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan

More information

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê. WIE IS LCF? Life Christian Foundation (LCF sedert 1999) is n nie-winsgewende organisasie wat in 2001 geregistreer is. LCF word bestuur deur n raad van Direkteure met Dr Sakkie Olivier as Voorsitter van

More information

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel? Preek Sondag 22 Maart 2015 Teks: Filippense 3: 1-21 (veral vers 3) Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel? Inleiding: Agtergrond: Twee groepe wat bedreig: In Paulus se brief

More information

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions Aangebied deur Die Weg Christelike Gemeente Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions Plek/Venue: NG Kerk Witrivier Datum/Date: 16 17 Oktober 2015 Koste/Price: R150pp Kontak/Contact:

More information

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12 Oktober 2016 Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12 Die doop wat die HERE gee en wat dit vir ons en ons kinders beteken en sê. Ps-vooraf Ps 29: 1, 5; Ps 75: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë

More information

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop Jan Steyn preek 8 Julie 2018 Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop Inleiding: Hoekom is die Christelike hoop so belangrik? As ek nie kan glo my verlede is deur die Here vergewe,

More information

from the group who had gathered there.

from the group who had gathered there. -4387- The acting Minister of Labour Mr. Schoeman said he is going to use his hands to strangle the trade unions. He would use a plough and place it in front of the workers and imitating it has milk but

More information

Ook te koop by Kerkkantoor: Anna se organiese Hanepoot Korrelkonfyt: R20 per potjie. Geliefde Lourensrivierder

Ook te koop by Kerkkantoor: Anna se organiese Hanepoot Korrelkonfyt: R20 per potjie. Geliefde Lourensrivierder Geliefde Lourensrivierder Soos julle dalk op die nuus in die week gehoor het, het daar 3 mense die naweek gedurende die Argus Fietstoer gesterf. Dis vir my so hartseer en die woorde geleende tyd bly dwarrel

More information

GKSA NEWS. Sunday 3 February 2019 JOYS AND SORROWS

GKSA NEWS. Sunday 3 February 2019 JOYS AND SORROWS GKSA NEWS Sunday 3 February 2019 JOYS AND SORROWS Best wishes We pray for all who have undergone surgery or are recuperating at home or are yet to undergo surgery this coming week God s blessing of a speedy

More information

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het Openbaring 21 NUUT DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie. 2 En ek het

More information

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê AFDELING EEN Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê OORGEGEE AAN GOD ROMEINE 12:1 Die mensdom se hele lewensuitkyk kan verander indien ons almal glo dat ons in n vriendelike wêreld woon, en dat

More information

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod. Mei 2018 Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers 27-30 wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod. Ps 7: 1, 7 vooraf Ps 9: 1, 6, 7 lofpsalm Ps

More information

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32 Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here Jesaja 36-37:14, 20, 32 #feesmustfall #breekdiestilte #reformpuk wat is die groot vraag? Die laaste paar weke was rof. Die studente-protesaksies regoor

More information

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18 Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11 Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18 Voor dat ons saam lees uit 1 Konings 19, net hierdie

More information

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind 1 28 Oktober 2012 SKRIFLESING: Galasiërs 1: 1 10 TEKS: Galasiërs 1: 6-7 TEMA: Hervorming herinner ons bly by die suiwere Woord. SANG: Ps 84: 1, 6 (OAB); Ps 119: 1, 5, 7 (OAB); Sb 1-1: 3, 6; Ps 145: 1,

More information

Hannah Ball 1796 Buckinghamshire Robert Raikes kinders op straat eerste Sondagskool Surrey Chapel 1831 Brittanje 1,250,000 kinders per week

Hannah Ball 1796 Buckinghamshire Robert Raikes kinders op straat eerste Sondagskool Surrey Chapel 1831 Brittanje 1,250,000 kinders per week Hannah Ball, het in 1796 in Buckinghamshire, Engeland, ʼn skool in die drop begin. Die ontstaan van Sondagskool hou meer verband met Robert Raikes, wat die behoefte onder kinders op straat gesien het om

More information

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Augustus 2018 Ps 30: 1, 3 vooraf Ps 97: 1, 6, 7 lofpsalm Ps 34: 5, 6

More information

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen NIE ELKEEN WAT...!! Nie elkeen wat vir My sê: Meester, Meester! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Matt. 7:21. Het hierdie woorde

More information

Vanoggend is die tweede Sondag van adventstyd. Dit staan bekend as Sondag van vrede. Ons steek die tweede adventskers aan.

Vanoggend is die tweede Sondag van adventstyd. Dit staan bekend as Sondag van vrede. Ons steek die tweede adventskers aan. Maleagi 2:17-3:5 Vooraf Vanoggend is die tweede Sondag van adventstyd. Dit staan bekend as Sondag van vrede. Ons steek die tweede adventskers aan. Adventstyd kerstyd word in ons leefwêreld meestal geken

More information

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2 DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as Skeppingsmiddelaar as Erfgenaam. Perikoop: Hebr 1:1-14 Tekskeuse: Hebr 1:1-2

More information

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel Nuwe Wyn/New Wine Nuwe Wyn/New Wine Vir kinders/ For kids Dr Christo Nel Inhoudsopgawe A. Uiteensetting vir NUWE WYN toerusting materiaal geskik vir kinders... 2 Inleidend... 2 MATERIAAL VIR KINDERS...

More information

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan? Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan? Teksgedeelte: Dan 3 Teksvers: Dan 3: 17 18 Braam Krüger 16 Sadrag, Mesag en Abednego het koning Nebukadnesar geantwoord: Ons hoef u nie hierop

More information

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans? Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans? Met besondere aandag vir Psalm 2 By die lees van die Ou Testament is die vraag wat hierbo gevra word, baie belangrik. Hierdie vraag speel

More information

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is. Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10 Inleiding Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is. Hierdie kwartaal het ons gefokus op die familie in daardie sin. o Dat ons n

More information

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Julie 2018 Ps 33: 1, 3 vooraf Ps 33: 9, 10, 11 lofpsalm Ps 139: 1, 3,

More information

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word. UIT DIE OUE, IN DIE NUWE Deel 1 Een van julle het so n ruk gelede vir my die volgende geskryf: Daar's soveel onkunde en misinformasie oor die ou en nuwe verbond en wat elkeen behels. Hoekom skryf jy nie

More information

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die Hemel op aarde Inhoudsopgawe Hemel op aarde... 1 Laat U Koninkryk en U wil ook op aarde ʼn werklikheid word... 4 Detoks na gees, siel en liggaam... 4 Rom. 12:1,2... 5 Mat. 4:17... 6 Julle is medewerkers

More information

Lukas 4: Agtergrond

Lukas 4: Agtergrond Lukas 4:21-30 Agtergrond Lukas word soos volg ingedeel: Jesus se bediening in Judea - 1:1-4:13 Jesus se bediening in Galilea 4:14-9:50 Op pad na Jerusalem 9:51-19:27 In Jerusalem 19:28-24:53 Opstanding

More information

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God. Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God. Januarie 2018 Ps 122: 1, 2 vooraf Ps 138: 1, 3, 4 lofpsalm Ps 51: 8 na wet Ps 34: 8, 9 as antwoord op die Woord

More information

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS 1 Die strewe na zero-defek... 13 2 In God se hofsaal... 33 3 Ons posisie in Christus... 49 AFDELING II WAT ONS KAN WORD 4 Hoe om geestelik te groei... 67 5 Hoe om ons

More information

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2 MARKS: 150 TIME: 2 hours *RLSDM2* This question paper consists of 4 pages. 2 RELIGION STUDIES

More information

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124) 19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) 19.20 POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124) A. Die Beskrywingspunt is gestel. The Point of description is tabled.

More information

Pretoria- 23 Januarie 2011

Pretoria- 23 Januarie 2011 Pretoria- 23 Januarie 2011 1 Skriflesing: 1 Johannes 3:1-21 Heidelbergse Kategismus: Sondag 44 Teks: 1 Johannes 1:8,10 Sing- Ps.19:4,6; Ps.32:4; Ps.141:1,2,3 Die Kategismus is n troosboek. Broeder en suster,

More information

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde. Wat is Nagmaal Hoekom gebruik die kerk nagmaal? Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde. Die nagmaal was ingestel deur Jesus Christus

More information

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering Annemarie de Kock Tesis ingelewer ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad van Magister Artium in Klassieke Letterkunde

More information

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a). Mark 11:1-7 Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a). April 2015 Ps 56: 1, 2 - vooraf Ps 56: 3, 4 - lofpsalm Ps 52: 1, 3, 4 na wet Ps 111: 1, 4, 5 na gebed Ps 8: 4, 5, 6, 7 as

More information

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness. Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness. (ESV) 19 Net hulle wat nog lewe kan U loof, so doen ek dit vandag. Vaders

More information

kwartaal 01 LEWE IN DIE LIG soos Hy in die lig is.

kwartaal 01 LEWE IN DIE LIG soos Hy in die lig is. kwartaal 01 LEWE IN DIE LIG soos Hy in die lig is. 1 Helderheid! Hierdie jaar is ons tema Lewe in die lig soos Hy in die lig is! Dit is gebaseer op die wonderlike teksvers in 1 Johannes 1:7 Maar as ons

More information

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding: Preek Jan Steyn 26 Januarie 2014 Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser Inleiding: Ek het nog nooit oor genesing gepreek nie. Ek kon op die internet feitlik geen preke

More information

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S. Jesus en gebed Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S. Lewis Jesus en gebed Jesus het dikwels gebid. Volgens Leonard Sweet en Frank Viola (Jesus A Theography)

More information