Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Size: px
Start display at page:

Download "Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê"

Transcription

1 AFDELING EEN Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê OORGEGEE AAN GOD ROMEINE 12:1 Die mensdom se hele lewensuitkyk kan verander indien ons almal glo dat ons in n vriendelike wêreld woon, en dat die God van die hemel, al is Hy verhef in mag en glorie, graag vriende met ons wil wees. 1 ~ A.W. Tozer

2 HOOFSTUK EEN Wat wil God regtig van jou hê? Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Jesus van Nasaret (Matteus 11:28) Wel, ek sal graag wil sê dat my lewe heeltemal verander het, dat my probleme verdwyn het en dat my nuwe verhouding met Christus die een oorwinning na die ander was; maar ek kan nie. My lewe het verander. God het radikale werk in my hart gedoen en n nuwe stel begeertes in my laat ont staan. Niemand het vir my gesê ek moet die Bybel lees nie, maar ek kon dit nie neersit nie. Ek het dit in die aand en in die oggend gelees met n gevoel dat die lewende God direk met my praat. Niemand het vir my gesê ek moet ophou om dit of dat te doen nie, maar op n manier het God my begeertes verander... en die sonde wat ek eens op n tyd geniet het, het my nou afgestoot. Ek het vrede in my hart gehad en dikwels n lied op my lippe. Ek was vry. Ek was gemotiveerd en wou die liefde wat ek nou ervaar het met almal deel. Nuwe lewe/nuwe worstelinge My nuwe lewe het ook nuwe worstelinge meegebring. Terwyl sommige son des vinnig verdwyn het, het ander onmoontlik gelyk om te oorkom. Ek was baie gelukkig dat n paar volwasse Christene kort ná my bekering my pad gekruis het, want hulle kon my leer hoe om n Christelike lewe te lei. Ek het stap vir stap geleer hoe om God te leer ken en sy Woord te verstaan sodat Hy daardeur met my kon praat. Daardie vroeë dae was gevul met n vreugde wat ek nog nooit ervaar het nie en is gevolg deur toetse wat ek my nooit kon indink nie.

3 28 HOE OM VIR GOD TE GEE WAT HY DIE GRAAGSTE WIL HÊ Terwyl ek in die oggende deur die Nuwe Testament gelees en met God oor universiteit, basketbal en meisies gepraat het, het ek gou geleer dat sy opinie oor hoe om te lewe effens van myne verskil het. Jesus was beslis my Verlosser, maar Hy was nog nie die Here van my lewe nie. Ek was besig om te groei en was verward. Ek het geweldige vreugde in my nuwe verhouding met Christus ervaar, maar ek wou nie hê enigiemand moes vir my sê wat om te doen nie. In my onderbewuste het ek my geloof in kompartemente begin plaas (net soos ek dit as kind in die kerk ervaar het) en ek het begin kieskeurig raak oor God se opdragte. Dié waarvan ek gehou het en wat redelik geklink het, het ek gehoorsaam; en dié waarvan ek nie gehou het nie en wat onredelik geklink het, het ek geïgnoreer. As ek nou daarna terugkyk, was dit malligheid om so te lewe. Ek het in die oggend my Bybel gelees en n wonderlike tyd saam met God deurgebring, maar dan later in die dag uiterste berou en skuld ervaar wanneer ek dinge gedoen het wat die Heilige Gees in my onteer het. Ek het uitgesien na Donderdagaande se Bybelstudie waar ons kampusbediening in n klein sitkamertjie sou inbondel om te sing, te deel en God se teenwoordigheid op n kragtige wyse te ervaar. Maar op Vrydag- en Saterdagaande sou ek saam met vier of vyf basketbalspelers in die kar klim en dan het ons byna elke kroeg in Wheeling, Wes-Virginië, besoek. Ek was die een met die sosiale vaardighede en daarom is ek afgevaardig om hulle aan die mooi meisies voor te stel. Ek het dikwels in die vroeë oggendure tuisgekom en dan sou ek nie die volgende oggend kerk toe gaan nie. Ek sou skuldig voel, vergifnis vra, dit kry en dan met hierdie skisofreniese Christelike lewe voortgaan. Al het ek dit nie gewys nie, was ek miserabel. Die vreugde van die Here het mettertyd begin vervaag aangesien ek die hele tyd met n skuldige gewete moes saamleef. Selfs die sonde wat ek eens op n tyd geniet het, kon my nie meer bevredig nie, want ek het altyd skuldig en skaam gevoel nou dat ek die Heilige Gees in my gehad het. Na sowat twee en n half jaar van my reis saam met Christus het God my gedwing om hierdie twee belangrike vrae weer te vra: Wat wil God regtig van my hê? En hoe gee ek dit vir Hom? Dit was hierdie twee vrae wat my by n punt gebring het waar ek my verhouding met die lewende God ernstig moes ondersoek.

4 WAT WIL GOD REGTIG VAN JOU HÊ? 29 Gee vir God wat Hy regtig wil hê Terwyl ek eendag saam met n groep ouens van my ouderdom Bybel gelees het, het ek besef dat my dubbele lewe wat in kompartemente verdeel was, nooit God se bedoeling was nie. Hy wou die hele tyd nog net vir mý gehad het. Die ontbrekende krag en die afwesige vreugde kon slegs kom namate ek die waarheid van Romeine 12:1 verstaan en toegepas het... slegs wanneer ek geleer het wat ware oorgawe beteken. God wou hê ek moes alles wat ek is en alles wat ek het aan Hom oorlewer. Hy wou dieselfde plek in my hart hê as wat Hy in die heelal beklee. Hy wou hê ek moes glo dat Hy so goed, liefdevol en goedhartig is dat ek my hele wese aan Hom moes toevertrou met die wete dat Hy net die beste vir my wil hê. Hy wou hê ek moes my drome, my toekoms, my meisie, my basketballoopbaan, my akademiese loopbaan met oop hande na Hom toe bring. Hy wou hê ek moes alles vir Hom bring sodat Hy in my hart kan heers soos Hy in die heelal heers. Ek kan jou nie begin vertel van die omvang en diepte van die stryd en wors teling wat ek ervaar het om tot by hierdie plek van oorgawe te kom nie. My beeld van God was so verwronge dat ek gedink het om my aan Hom oor te gee sou die einde beteken van alles wat vir my kosbaar was. Oorgawe en vrees was een en dieselfde ding in my hart en ver stand. Ek was enkellopend en wou beslis eendag trou. Maar ek het gedink dat as ek my aan God oorgee, Hy dalk sal wil hê ek moet ongetroud bly en dat ek dan my lewe lank miserabel sou wees. Of erger nog, Hy sou vir my sê om met die een of ander lelike meisie te trou met wie ek glad nie wou trou nie. As ek sou oorgee, sou Hy my dalk vra om op te hou basketbal speel en my as n sendeling na n vreemde land stuur. As ek Dit was my wanbegrip van God en die konsep van oorgawe wat van my n kulturele, wêreldse, skyn hei lige volgeling van Jesus ge maak het juis dit wat ek as kind gehaat het. sou oorgee, sou Hy dalk wou hê ek moet my studierigting verander na iets anders wat ek waarskynlik sou haat. Die kwessie van oorgawe het my gedagtes begin oorheers. As ek nou terugkyk, kan ek sien dat dit my wanbegrip van God en die kon sep van oorgawe was wat van my n kulturele, wêreldse, skynheilige vol geling van Jesus gemaak het juis dit wat ek as kind gehaat het. Ek wou ons reis saam begin deur my storie van worsteling met die Chris telike lewe te deel, want volgens die beste navorsing en my persoon-

5 30 HOE OM VIR GOD TE GEE WAT HY DIE GRAAGSTE WIL HÊ like ervaring, leef die meeste Christene in die Verenigde State en oor die hele wêreld in hierdie groot skemergebied. Dit is gelowiges wat God ken en liefhet en tog nie sy vreugde, mag of teenwoordigheid ervaar soos Hy dit vir hulle bedoel het nie. As jy moeg is vir al die reëls, al die formules, al die godsdienstige aktiwiteite en selfs goed bedoelde kerk pro gramme wat verandering be lo we maar dit nie bied nie, nooi ek jou om by my aan te sluit op n reis van genade, geloof en verhou ding wat tot ware verandering lei. Saam sal ons leer wat dit regtig be teken om Chris tus te volg en hoe jy in sy krag en ge nade n nuwe, radika le lewe van oor vloed kan lei. Jy sal egter moet deelneem om dit te laat gebeur. Om bloot die Bybel te lees of selfs saam te stem met dit wat in die Bybel oor geestelike transformasie staan, laat dit nie gebeur nie. Aan die einde van elke hoofstuk sal ek dus vir jou kernvrae, take en hulpmiddels gee om jou te help om dit wat God vir jou sê, te verwerk en toe te pas. Hiermee wil ek jou daaraan herinner dat dit ons geloof is wat God die meeste behaag (Hebreërs 11:6). Jy sal in die versoeking kom om r12 te sien as die maatstaf van dissipelskap wat jy moet bereik, in plaas van die profiel van wat Christus deur sy krag en genade in jou hart en verhouding wil skep. Moenie verplig voel om al die vrae aan die einde van elke hoofstuk te beantwoord of al die opdragte te voltooi nie. Hulle is daar om jou te help om God se stem te hoor, algemene struikelblokke te oorwin en om saam met die Heilige Gees in jou hart te werk. Die belangrikste vraag wat jy aan die einde van elke hoofstuk (en eintlik in alle omstandighede) kan vra, is: Wat beteken dit om op God te vertrou? Wat beteken dit om op God te vertrou na aanleiding van wat ek sopas gelees het? Wat beteken dit om op God te vertrou in my werk, my verhoudings, my toekoms, en so meer? Hierdie vrae en opdragte sal jou deur n genadegerigte proses help om te hoor wat God vir jou wil sê. Kom ons begin met hierdie eerste hoofstuk oor oorgawe. DIS JOU SKUIF Word n -Christen God wil persoonlik met jou praat. Neem twee minute en lees stadig deur die vrae en voorstelle vir geestelike groei. Sit dan vir drie minute stil en vra vir God watter van daardie vrae of dade dalk n weg sal bied wat jou sal versterk en aanmoedig. Moenie verplig voel om al die vrae te beantwoord

6 WAT WIL GOD REGTIG VAN JOU HÊ? 31 of alles te doen wat voorgestel word nie; luister na die Heilige Gees en volg sy leiding. DINK Met watter deel van my worsteling met oorgawe kon jy identifiseer? BESIN Waarom dink jy het daardie aspek van my storie by jou aan klank gevind? VERSTAAN Hoe praat God dalk met jou? Is jy bang? Oortuig? Ver lig dat ander met dieselfde dinge worstel? GEE OOR Neem n oomblik en vertel bloot vir God hoe jy voel. Deel jou vrese, verligting of eerlike worsteling met Hom. Vertel vir Hom jy wil meer leer en het sy hulp nodig om regtig te verstaan waar oor oorgawe gaan. DOEN Besluit wanneer jy die volgende hoofstuk gaan lees om te hoor wat God oor oorgawe sê. MOTIVERING Gaan na die webtuiste (LivingontheEdge.org/r12) en kyk na die video van 14 minute getiteld How to Give God What He Wants the Most. MOEDIG IEMAND AAN Neem een minuut en bid vir iemand wat ook probleme ondervind in hulle reis na ware oorgawe.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put Bybel vir Kinders bied aan Die vrou by die put Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding: 1. OM JESUS TE VOLG: Om Jesus te volg is amper soos om blind te word. As jy vandag sou blind word, is hierdie n voorbeeld van van die goed wat gaan moet verander in jou lewe om dit vir jou makliker te

More information

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde Bybel vir Kinders bied aan God Toets Abraham se Liefde Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Tammy S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

n Prins word die Skaapwagter

n Prins word die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan n Prins word die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur:

More information

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens! Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens! Strength will rise as we wait upon the Lord We will wait upon the Lord We will wait upon the Lord (repeat) EVERLASTING GOD

More information

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee "Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons

More information

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8) Les 1 vir 6 Oktober 2018 Die eenheid en harmonie wat God vir die mensdom beplan het, is deur sonde ontwrig. God het egter Sy liefde vir ons gewys deur 'n plan te ontwerp om eenheid te herstel. Die finale

More information

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan? BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan? RAPPORT: Wanneer jy te sterwe kom, wat moet met jou liggaam gebeur? 1. Ek wil veras word. 69% 2. Ek wil begrawe word. 19% 3. My naasbestaandes

More information

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid Dr Deon Bruwer Wat word van godsdiens as jy aan dementia ly? Wat wòrd van geloof as jy of jou iemand naby aan jou in die intensiewe eenheid

More information

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad. 1 Koninkryk kultuur Genadepad Lees Johannes 4:1-30, 39-42 Ons is besig om saam `n reeks te bou genaamd Koninkryk Kultuur. Dit is om vir ons handvatsels te gee van hoe dit lyk om die alternatiewe kultuur

More information

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS Opening Het jy al ooit op iets in jou lewe opgegee? Wat? Vertel vir mekaar hoe jy gevoel het daaroor. KOM ONS BEGIN Gesels met mekaar oor die volgende

More information

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr. n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr. VERBONDE vir HERSTELLING en VERLIGTING van die MENSDOM Edeniese VOOR DIE SONDEVAL Adamiese Noagiese Abrahamiese Sinaïtiese Palestynse

More information

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1) Sessie 1 n Stroom-op o o persoon o WEB978-1-4316-1018-1_Sessie 1.indd 1 2014/11/04 02:41:57 PM 1 n Stroom-op persoon Vooraf Lees vooraf die eerste 7 hoofstukke van Leef stroom-op! Charles Finney het gesê:

More information

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN Onsis almalhiertesaam Vergader in sy Naam, Verheerlik Hom. Tot die doodwas Hygetrou Endaardeuris onsnousyeiendom. LaatonsmaaksoosHyonsse Mekaarsteeds lieftehe EnHomboalleseer. Loof Hom, Christus die Heer.

More information

Addendum A Consent form

Addendum A Consent form 480 Addendum A Consent form Carien Lubbe, PhD-student, University of Pretoria Faculty of Education Department of Educational Psychology 082 857 0137 012 420 2765 carien.lubbe@up.ac.za I hereby consent

More information

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d) Rom 14:1-12 Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d) Oktober 2013 Ps-vooraf Ps 97:1, 5 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar

More information

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery. DIE GODHEID Die begrip Drie-eenheid word in die Christelike geloof gebruik vir God. Ons glo dat daar net eengod is, maar dat die Vader en Jesus en die Heilige Gees al drie saam hierdie een God is. Logies

More information

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê n Gebed vir my kind vir elke dag van die maand! Being a perfect parent doesn t matter. Being a praying parent does. Why leave your child s life to chance when you can give it to God? Stormie Omartian uit

More information

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER NUUSBRIEF NO 2/2014 (Also available in English) DOELSTELLING Ons is n selgroep van NG Elarduspark gemeente wat babas van n groepie behoeftige en meestal werklose ouers wat in Elandspoort woon, van formulemelk

More information

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00 Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00 Refreshments will be served Dear Parent/teacher If you re concerned

More information

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32 Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here Jesaja 36-37:14, 20, 32 #feesmustfall #breekdiestilte #reformpuk wat is die groot vraag? Die laaste paar weke was rof. Die studente-protesaksies regoor

More information

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom Bybelskool van Centurion 27 Maart 2018 Welkom 10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf 10 x Griekse woorde Biologie palingenesia (wedergeboorte) Militêre soterion (redding) Regspraak dikaiōsis

More information

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette? Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette? Have You Heard of the Four Spiritual Laws? Just as there are physical laws that govern the physical universe, so there are spiritual laws which govern your

More information

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop Jan Steyn preek 8 Julie 2018 Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop Inleiding: Hoekom is die Christelike hoop so belangrik? As ek nie kan glo my verlede is deur die Here vergewe,

More information

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het: 1 Jakobus 2a Tema: die toets van onpartydigheid Vandag gaan ons voort met die brief van Jakobus. Die brief wat handel oor gelowiges se integriteit (verduidelik). Julle sal onthou dat Jakobus ons waarsku

More information

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! AFM - AGS Afrikaans Unity Anniversary BEMAGTIGING Onderrig, lei u lede op en rus hulle

More information

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel? Preek Sondag 22 Maart 2015 Teks: Filippense 3: 1-21 (veral vers 3) Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel? Inleiding: Agtergrond: Twee groepe wat bedreig: In Paulus se brief

More information

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond SIEN DIE GROOT PRENTJIE Eerste Bedryf: die Skepping God se rol God is die bron God is die Skepper God is in beheer van die wêreld

More information

Die betekenis van die kruis (1)

Die betekenis van die kruis (1) Die betekenis van die kruis (1) Don t pray when you feel like it. Have an appointment with the Lord and keep it. A man is powerful on his knees. Corrie Ten Boom Die betekenis van die kruis (1) Wat is die

More information

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding: Preek Jan Steyn 25 Februaie 2018 Teks: Johannes 13:1-35 Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding: Ek gaan gesels eendag met een van die jong outjies in die Gim. Ek vra hom: Jy was dan altyd so goed

More information

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word. Jan Steyn preek Pinkster 2018 Tema: Die afgod van sukses Teks: 2 Konings 5:1-18, Mattheus 5:3-12 Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

More information

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN? OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN? Stephan Bester Agtergrond van waar ek trek... Wanneer die Here ons roep vir iets, beteken dit gewoonlik dat Hy ons ook roep weg van iets af. Die probleem is egter dat daar

More information

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

GEHOORSAAMHEID AAN GOD DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE GEHOORSAAMHEID AAN GOD DATUM: 17 APRIL 2016 PLEK: NELSPRUIT PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 14 GEHOORSAAMHEID AAN GOD INHOUDSOPGAWE INLEIDING...3 MOET ONS DIE WET

More information

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Luk.24:13-35 Het jy agter gekom, soms koop jy ʼn produk waaroor jy nou nie eintlik

More information

Les 6 vir 10 November 2018

Les 6 vir 10 November 2018 BEELDE VAN EENHEID Les 6 vir 10 November 2018 Die Bybel bevat diverse beelde wat geestelike en teologiese waarhede uitbeeld. Byvoorbeeld, water in Johannes 7:38, wind in Johannes 3:8 en n pilaar in 1 Timotheus

More information

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring Inhoudsopgawe Voorwoord... 9 1. Eensaamheid: woordverklaring... 11 2. Die eensaamheid van menswees... 17 3. Die eensaamheid van siekte... 23 4. Die eensaamheid van die dood... 29 5. Die eensaamheid van

More information

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis Bybel vir Kinders bied aan Die Hemel God se pragtige huis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Sarah S. Vertaal deur: Taschja Hattingh Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis Bybel vir Kinders bied aan Die Hemel God se pragtige huis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Sarah S. Vertaal deur: Taschja Hattingh Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11 Mattheus 7:6-11 Dissipels moet net nooit iets anders doen as om radikaal vir God te leef nie. Ons Vader gee dit in sy onveranderlike trou en volmaakte liefde vir elkeen wat vra. Oktober 2018 Ps 123: 1,

More information

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12 Let it be Laat dit wees I have need for such a clearance as the Saviour affected in the temple of Jerusalem. A riddance of the clutter, of what is secondary, that blocks the way to the all important central

More information

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12 Oktober 2016 Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12 Die doop wat die HERE gee en wat dit vir ons en ons kinders beteken en sê. Ps-vooraf Ps 29: 1, 5; Ps 75: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë

More information

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels... Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels... n Visie vir kleingroep-leiers. 0 Inhoud: 1. Inleiding 3 Visie: 3 Hoekom kleingroepe? 3 Dit gaan in wese oor: 5 Soorte groepe: 6 Fokusgroepe: 6 Funksie-groepe:

More information

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE REGVERDIGING DATUM: 15 MEI 2016 PLEK: MBOMBELA PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 11 REGVERDIGING INHOUDSOPGAWE INLEIDING... 3 AGTERGROND OOR DIE VERSKILLENDE TEOLOGIESE

More information

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4 1 Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4, 1 Johannes 5:19 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4 1 Johannes 1:1-10 1Jn 1:1 Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met

More information

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010 Die ekonomie en die Christen n perspektief 1 Desember 2010 Ekonomiese realiteite Christene poog om volgens die wil van God te handel in elke aspek van hule lewens en heelwat van hierdie dimensies is inter

More information

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding: Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober 2017 Teks: Efesiers 2:1-10 Tema: In Christus lewe jy Inleiding: Jesus het nie gekom om een of ander godsdiens te hervorm nie. Hy het nie die Joodse geloof van binne probeer

More information

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan: 1. Lentekonferensie Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan: 17-19 September 2019 Tema: Hoe ons onthou, hoe ons vergeet. Om verbeeldingryk te lewe. Universiteitsoord

More information

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen NIE ELKEEN WAT...!! Nie elkeen wat vir My sê: Meester, Meester! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Matt. 7:21. Het hierdie woorde

More information

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18 INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY 1 Geestelike Dissiplines Deel 1 - Inleiding 17 September 4 2 Geestelike Dissiplines Deel 2 Genade en dissipline 24 September 7 3 Die Innerlike Dissipline van Meditasie

More information

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf 10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf Father God Father God I wonder how I managed to exist without The knowledge of Your parenthood and Your loving care. Now I am Your child I am adopted

More information

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Augustus 2018 Ps 30: 1, 3 vooraf Ps 97: 1, 6, 7 lofpsalm Ps 34: 5, 6

More information

Inhoudsopgawe. Voorwoord deur Wayne Grudem... 7 Inleiding Eindnote

Inhoudsopgawe. Voorwoord deur Wayne Grudem... 7 Inleiding Eindnote Inhoudsopgawe Voorwoord deur Wayne Grudem... 7 Inleiding... 8 Deel een: Groei nader aan Christus As Christene is ons eerste en noodsaaklikste geloofsgewoonte om n persoonlike verhouding met Jesus te bou

More information

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid? Jan Steyn preek 15 Julie 2018 Teks: 1 Korintiers 9: 19-27 Tema: Wat maak ons met ons vryheid? Inleiding: Dit is nie altyd maklik om in ons samelewing vandag as Christen oor vryheid te praat nie. Ek dink

More information

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself. Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself. Lewe Saggeus volgens sy naam? Die naam Saggeus beteken skoon of onskuldig. Maar hy het nie volgens hierdie naam geleef

More information

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind 1 28 Oktober 2012 SKRIFLESING: Galasiërs 1: 1 10 TEKS: Galasiërs 1: 6-7 TEMA: Hervorming herinner ons bly by die suiwere Woord. SANG: Ps 84: 1, 6 (OAB); Ps 119: 1, 5, 7 (OAB); Sb 1-1: 3, 6; Ps 145: 1,

More information

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie. Die regering van die Kerk 1Tim 2:11-12 Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie. Maart 2012 Ps-vooraf Ps 33:1,2 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan

More information

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a schoolmaster to bring us to Christ Vry van die wet (dekaloog en sedewette) Dekaloog=10 Hebreeuse woorde (tien gebooie) Sedewette=Al die ander wette. Rm. 10:4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. Rm.

More information

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het. Preek Jan Steyn 11 Junie 2017 Teks: Romeine 8: 26-39 Tema: Waaroor is God in beheer? Inleiding: God is in beheer. Hierdie vier woorde is seker van die grootste trooswoorde in Afrikaans. Ons sê dit vir

More information

Luister na God. enlewe vir ewig

Luister na God. enlewe vir ewig Luister na God enlewe vir ewig God is soos n liefdevolle vader. 1Petrus5:6,7 God is ons Skepper, en hy is besorg oor ons. Net soos n wyse en liefdevolle vader sy kinders onderrig, leer God mense oor die

More information

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe! Jan Steyn Preek 6 April 2014. Teks: Romeine 7:14-8:4 Tema: Waarheen vlug ek met myself? Inleiding: Twee seuns van n Engelse koning het op n keer vir hulle pa gevra: Word n ware gentleman gebore of gemaak?

More information

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word. UIT DIE OUE, IN DIE NUWE Deel 1 Een van julle het so n ruk gelede vir my die volgende geskryf: Daar's soveel onkunde en misinformasie oor die ou en nuwe verbond en wat elkeen behels. Hoekom skryf jy nie

More information

Pretoria- 23 Junie 2012

Pretoria- 23 Junie 2012 1 Skriflesing: Spreuke 11:1-31 Teks: Spreuke 11:29-30 Sing- Ps. 96: 6,7; Ps. 1:1,2; Ps. 116:4; Ps. 128:2,3 Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en 'n dwaas word 'n slaaf van hom wat wys van hart

More information

Die maan en sy rol in ons wereld *

Die maan en sy rol in ons wereld * OpenStax-CNX module: m21016 1 Die maan en sy rol in ons wereld * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 * Version 1.1:

More information

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos: KLEINGROEPBEDIENING Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: 084 453 8724 Epos: wilhelm@gkwapadrant.co.za Kleingroepbestuurder: Elmarie Minnaar Tel: 012 991 6596 Epos: kleingroepe@gkwapadrant.co.za Wie is Jesus?

More information

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod. Mei 2018 Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers 27-30 wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod. Ps 7: 1, 7 vooraf Ps 9: 1, 6, 7 lofpsalm Ps

More information

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans? Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans? Met besondere aandag vir Psalm 2 By die lees van die Ou Testament is die vraag wat hierbo gevra word, baie belangrik. Hierdie vraag speel

More information

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God. Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God. Januarie 2018 Ps 122: 1, 2 vooraf Ps 138: 1, 3, 4 lofpsalm Ps 51: 8 na wet Ps 34: 8, 9 as antwoord op die Woord

More information

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn A. Ons verhaallyne Hoe kom mense nader aan mekaar? Twee mense deel hulle verhale met mekaar. Hoe bly mense

More information

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS 1 Die strewe na zero-defek... 13 2 In God se hofsaal... 33 3 Ons posisie in Christus... 49 AFDELING II WAT ONS KAN WORD 4 Hoe om geestelik te groei... 67 5 Hoe om ons

More information

Hartbeespoort Christen Gemeenskap : Evangelisasie-Dissipelskap kursusnota s DISSIPELSKAP OPLEIDINGSPROGRAM.

Hartbeespoort Christen Gemeenskap : Evangelisasie-Dissipelskap kursusnota s DISSIPELSKAP OPLEIDINGSPROGRAM. DISSIPELSKAP OPLEIDINGSPROGRAM. 1. Kursusagtergrond: Opleiding vir mense wat Jesus se groot opdrag wil uitvoer. Kursus skool mens om: Evangelie aan kerkmense oor te dra Evangelie aan onverskilliges oor

More information

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie. If you use this sermon in a service, kindly let the author know at: contact@vanbruggenpreken.nl Gemeente van ons Opgestane Heiland, Die preek handel vandag oor Thomas. Hy lyk nie juis n voorbeeld van n

More information

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde. Wat is Nagmaal Hoekom gebruik die kerk nagmaal? Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde. Die nagmaal was ingestel deur Jesus Christus

More information

Oggenddiens 19 Augustus Windhoek

Oggenddiens 19 Augustus Windhoek Lees: Psalm 23 Teks: Ps. 23: 1 Tema: God se herderskap is en bly uniek! Sing: 1. Ps. 147-2: 1 en 3 2. Sk. 14-1: 1 en 2 3. Ps. 40-1: 4 4. Ps. 65-1: 3 5. Ps. 116-1: 7 en 10 6. Sk. 10-2 Die psalm wat ingebed

More information

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2 MARKS: 150 TIME: 2 hours *RLSDM2* This question paper consists of 4 pages. 2 RELIGION STUDIES

More information

Hannah Ball 1796 Buckinghamshire Robert Raikes kinders op straat eerste Sondagskool Surrey Chapel 1831 Brittanje 1,250,000 kinders per week

Hannah Ball 1796 Buckinghamshire Robert Raikes kinders op straat eerste Sondagskool Surrey Chapel 1831 Brittanje 1,250,000 kinders per week Hannah Ball, het in 1796 in Buckinghamshire, Engeland, ʼn skool in die drop begin. Die ontstaan van Sondagskool hou meer verband met Robert Raikes, wat die behoefte onder kinders op straat gesien het om

More information

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2 DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as Skeppingsmiddelaar as Erfgenaam. Perikoop: Hebr 1:1-14 Tekskeuse: Hebr 1:1-2

More information

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus? Preek Jan Steyn 28 April 2013. Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus? Inleiding: Ons het verlede week begin met hierdie reeks oor dissipelskap. Iemand skryf baie mooi

More information

Community of Practice

Community of Practice Community of Practice Practice the Presence of God Just think you don't need a thing, you've got it all! All God's gifts are right in front of you as you wait expectantly for our Master Jesus. And not

More information

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18 Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11 Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18 Voor dat ons saam lees uit 1 Konings 19, net hierdie

More information

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings. Skriflesing: Luk 24:1 12 en :44-53 Fokusgedeelte: Luk 24:50b 51 en :53 Die verheerlikte Jesus se seën en ons Inleiding / Introduction Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

More information

Inhoudsopgawe ONGEWONE LIEFDE VELDTOG 2 MEI 6 JUNIE Inleiding 3. Inrigting en verloop van n byeenkoms 4. 2 Mei Free Love 5

Inhoudsopgawe ONGEWONE LIEFDE VELDTOG 2 MEI 6 JUNIE Inleiding 3. Inrigting en verloop van n byeenkoms 4. 2 Mei Free Love 5 Leiersgids 1 Inhoudsopgawe ONGEWONE LIEFDE VELDTOG 2 MEI 6 JUNIE 2010 Inleiding 3 Inrigting en verloop van n byeenkoms 4 2 Mei Free Love 5 9 Mei Liefde wat werk 7 16 Mei Liefde Omhels 10 22 Mei LOVE DAY

More information

Die uitnodiging van God aan die hele wêreld, is om n

Die uitnodiging van God aan die hele wêreld, is om n Sy Uitnodiging Bruid Van Christus, Berei Die uitnodiging van God aan die hele wêreld, is om n tuiste te wees vir die Vader, Seun en Heilige Gees - om n Bruid te wees wat haarself gereed gemaak het vir

More information

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17 10 Dae van Gebed Januarie 7-17, 2015 Dag 1 Bly in Christus Johannes 15:1-17 Voorstelle vir Bemiddelende Gebed Voel vry om aanspraak te maak op ander beloftes in die Bybel. Onthou, as God u roep, sal hy

More information

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE LEIERSGIDS Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel: 082 838 3298 E-pos: emmausinfo@mweb.co.za Webtuiste: www.emmaussentrum.co.za Finale Redakteurs

More information

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid 10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid Hierdie aflaaibare gids is gratis tensy dit gedruk en gebind aangebied word, en is vir gebruik deur lesers van die boek. Die Skrifgedeeltes kom uit verskeie

More information

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie. Mattheus 5:31-32 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers 31-32 wys Jesus hierdie waarheid met Deut 24:1-4 se skei-brief-gebod. Mei 2018 Ps 84: 1, 2 vooraf Ps 30:

More information

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig. Markus 16:1-8 Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig. Februarie 2017 Ps 122: 1, 2 vooraf Ps 135: 1, 2, 3 lofpsalm Ps 119: 4 na wet Ps 118: 11, 12 as

More information

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het Openbaring 21 NUUT DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie. 2 En ek het

More information

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die Hemel op aarde Inhoudsopgawe Hemel op aarde... 1 Laat U Koninkryk en U wil ook op aarde ʼn werklikheid word... 4 Detoks na gees, siel en liggaam... 4 Rom. 12:1,2... 5 Mat. 4:17... 6 Julle is medewerkers

More information

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning 1 Romeine Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek Dr J de Koning HOOFSTUK 1 Die brief wat jy moet lees! 2 My eie reis deur Romeine kom n lang pad. As jong student op Stellenbosch

More information

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het. Sakkie Parsons E-Pos Bediening Webtuiste. www.sakkieparsons.co.za My blog http://www.eposbediening.blogspot.com E-pos: sparsons@absamail.co.za Sel: 083 457 6669 Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker

More information

Waar is God as ons swaarkry?

Waar is God as ons swaarkry? Waar is God as ons swaarkry? Envy is sorrow at another s good Thomas van Acquino Waar is God as ons swaarkry? Philip Yancey se nuwe boek, The Question that Never goes away, het onlangs verskyn. Die vraag

More information

JOHANNESBURG CHURCH OF CHRIST (Geaffilieer met die Los Angeles International Church of Christ - LAICC) (Ds Francois Smit) 1.

JOHANNESBURG CHURCH OF CHRIST (Geaffilieer met die Los Angeles International Church of Christ - LAICC) (Ds Francois Smit) 1. JOHANNESBURG CHURCH OF CHRIST (Geaffilieer met die Los Angeles International Church of Christ - LAICC) (Ds Francois Smit) 1. GESKIEDENIS Die Los Angeles Church of Christ (voorheen Boston Church of Christ

More information

*September 3 9. Lees vir hierdie week se studie: Joh. 10:1 5, 16; Lukas 9:2; Op. 14:6, 7; Lukas 19:1 10; Hand. 26:11 27; Op. 3:20.

*September 3 9. Lees vir hierdie week se studie: Joh. 10:1 5, 16; Lukas 9:2; Op. 14:6, 7; Lukas 19:1 10; Hand. 26:11 27; Op. 3:20. Les 11 *September 3 9 Jesus Nooi Hulle: Volg My SABBATMIDDAG Lees vir hierdie week se studie: Joh. 10:1 5, 16; Lukas 9:2; Op. 14:6, 7; Lukas 19:1 10; Hand. 26:11 27; Op. 3:20. Geheueteks: Hulle sal n vreemde

More information

METAMORFOSE Van stagnasie tot transformasie. Vir elke Christen wat hoop verloor het om te verander...

METAMORFOSE Van stagnasie tot transformasie. Vir elke Christen wat hoop verloor het om te verander... METAMORFOSE Van stagnasie tot transformasie Vir elke Christen wat hoop verloor het om te verander... 1 INHOUD Inleidend 3 Die relevansie van die evangelie Hoofstuk 1 13 Oor beelde en weerkaatsers Hoofstuk

More information

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Julie 2018 Ps 33: 1, 3 vooraf Ps 33: 9, 10, 11 lofpsalm Ps 139: 1, 3,

More information

Oor die outeurs. Wayne Barber. Rick Shepherd. Eddie Rasnake

Oor die outeurs. Wayne Barber. Rick Shepherd. Eddie Rasnake Oor die outeurs Wayne Barber Wayne Barber is die senior leraar van Hoffmanstown Church, Albuquerque, Nieu- Mexiko. Hy is internasionaal bekend as spreker by konferensies, en die hoofdoel van sy bediening

More information

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel: GOD IN 3D LEIERSGIDS Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel: 082 838 3298 E-pos: emmausinfo@mweb.co.za Webtuiste: www.emmaussentrum.co.za

More information