NG KEMPTON - KRUIN NUUSBRIEF

Size: px
Start display at page:

Download "NG KEMPTON - KRUIN NUUSBRIEF"

Transcription

1 Uitgawe Maart 2018 NUUSBRIEF G E D A G T E VA N D I E W E E K Dit is vir ons 'n voorreg en 'n geleentheid om 'n tydjie in die jaar te wy aan die lyding van Christus en ons ook op hierdie manier waarlik voor te berei vir Paasfees. Daarmee saam is Lydenstyd ook die tyd wat ons kan bewus word dat God op 'n besonderse manier die God van die noodlydende, die arme en die veronregte is en dat Christus in ons werklike nood ingedaal het. God weet hoe ons voel en dit raak sy hart. Die Boodskap-vertaling van die bekende Saligsprekinge uit Matteus 5 vers 4 stel dit so mooi: Gelukkig is almal wat hartseer is oor al die pyn en swaarkry in hierdie wêreld. God self sal hulle trane afdroog. En dan verder is die wonderlike van hierdie tyd dat omdat dit 'n terugkyk na Jesus se lyding is en omdat ons weet hoe dit geëindig het, is dit presies die rede hoekom ons in die middel van ons lyding en nood en uitdagings met hoop en troos en moed en krag kan lewe. Nie ons sin nie, maar Jesus sin. Nie omdat ons kan of hoef nie, maar omdat Hy hét! Vriendelike Groete, Michelle IN HIERDIE UITGAWE: Gedagte vir die week 1 Eredienste Spesiale Kollekte 2 Kinderkerk program 3 Maandtema Biduur Kruin App 4 Bybelskool Hulp 5 Imagine Kamp Gemeentekamp 6 VROUEDAG 7 Kruin Stappers 8 Senior Aktiwiteite Krag van gebed 9 Gebedsbediening Grootdruk Bybels Manne Bybelstudie 10 Manne Bybelstudie vervolg 11 Preekrooster 12 Voorbidding Ondersteuningsgroep Finansies 13 Musiekleier 14 SPESIALE PUNTE Eredienste Bybelskool Imagine Kamp VROUEDAG 1

2 EREDIENSTE 09:00-17:15 Die eredienste is eietyds met gemaklike styl en eietydse musiek. Tydens Skoolkwartale Kinderkerk en Eredienste 09:00 Senior Jeugskool Belydenisklas 17:15 Erediens om 09:00 Nagmal Prediker Tema Teks Schalk Basson Jesus se maaltyd in jou huis Matt 26:18 Imagine Ouervergadering - direk na die erediens in die kerksaal Erediens om 17:15 Nagmal Prediker Tema Teks Neels Marais Lyding: Daar is iets wat ons moet glo Jakobus 1:2-8 Spesiale Deurkollekte by Sondag se erediens 09:00 en 17:15 is ter ondersteuning van MES Kemptonpark se Grow - Werkskeppingsprogram Kempton-Kruin borg een van die vier spanne 2

3 KINDERKERK Program 18 Maart Maart God het my gemaak Sefanja 3:17 Lucille Basson 18Maart Josef en sy Jas Gen Lizelle 18 Maart God verander nooit nie Matt 7: Riaan Coertze 18 Maart Die Samaritaanse vrou by die put Johannes 4:13 & 14 Ronel Trollip 18 Maart Die Ware Vriend Luk 11:5-13 Liezl 18 Maart Hoogmoed vs nederigheid Ef 4: 1-6 Johan Heydenrych 3

4 MAANDTEMA Lydenstyd REEKS UIT MATTEUS Jesus gee nuwe hoop vir mense met seer BIDUUR Elke Dinsdag om 19:00 Ons wil weer op die ou tradisie van medegelowiges wat in die week bymekaar kom om saam te bid herleef op n nuwe manier. Die Here te loof en aanbid Saam te reflekteer oor die ritme en teks van die week En saam te groei en te deel in ons navolging van Jesus Bring die hele gesin en kom journey saam, soos wat ons vir Jesus volg. Jy kan maar net opdaag en deel wees KEMPTON-KRUIN APP Ons het reeds 1153 mense wat reeds die Kruin-Kerk App afgelaai het. Indien u nog nie die App afgelaai het nie, gaan laai die App gratis af op die App Store of Play Store. Ons maak van hierdie App gebruik om inligting oor die gemeente aan u te kommunikeer: Ons maak van hierdie App gebruik om inligting oor die gemeente aan u te kommunikeer: Die preke (die ideaal is om dit deur middel van n wifi verbinding te luister om dataverbruik te bespaar). Die preekrooster en inligting oor eredienste en tye. Die kalender dui belangrike gebeurtenisse aan. Gedagte van die dag. Elke bediening het sy eie button gaan kyk gerus op die app om meer van elke bediening te wete te kom. Enige navrae kontak gerus die Kerkkantoor 4

5 BYBELSKO L BYBELSKOOL IS ELKE DONDERDAGAAND DWARSDEUR DIE JAAR TEMAS JOB EN ONS SWAARKRY VRAE SPREUKE EN ONS KEUSES VAN ELKE DAG! HOOGLIED EN ONS LIEFDESLEWE! BYBELSKO 19:00-20:30 BLOUSAAL L HULP Ons benodig mense wat kan help met die aanddiens se multimedia span, indien jy belangstel kontak asb vir Michelle by

6 UITNODIGINGS KAMP VIR TIENERS BELA-BELA ALLE TIENERS WELKOM INSKRYWINGVORMS BESKIKBAAR SONDAG BY DIE KOFFIETAFEL PILANESBERG SEPTEMBER ALMAL WELKOM BESPREEK BY MANYANE PILANESBERG 6

7 UITNODIGINGS KRUIN VROUEDAG Kom deel n betekenisvolle oggend saam met Donnalee Roberts en gaste waar sy oor die unieke volheid, uitdagings en avonture van vrouwees gesels 28 JUL 18 NG Kerk Kempton Kruin Fiskaalstraat 30 9:00vm - 13:00nm R per persoon Vir alle mammas, dogters, tannies, oumas en vriendinne Glen Marais, Kempton Park Kaartjies beskikbaar by die kerkkantoor en ook na die oggenddiens by die koffietafel Waarde vir die dag Geskenk vir elke dame, sop en brood en lekker peuselhappies, uitstallers en kuiergeleentheid saam die gaste

8 UITNODIGINGS KRUIN STAPPERS Kaapsche Hoop Staptoer 6-8 April 2018 R260 p/p 16 plekker beskikbaar Besprekings en betalings moet voor 26 Maart gedoen word Mooi uitsigte, wilde perde en n wegbreek uit die stad se gedruis Lekker kuier en uitrus is gewaarborg SIEN JOU DAAR! Nuuskieriges kan gerus gaan kyk na "kruin stappers" group op facebook vir meer inligting. Ons het reeds meer as 50 mense op die group. Navrae en besprekings: Word aan Alrine gerig: alrine@kobusotto.co.za gerig. 8

9 UITNODIGINGS Seniors Aktiwiteite 23 MAART APRIL MEI JUNIE AUGUSTUS 2018 SENIOR TREIN NA HEIDELBERG - VERVAL KUIER SAAM KOM GENIET MUSIEK EN VERTEL INTERESSANTE STORIES R10 PER PERSOON HEERLIKE TEE/KOFFIE/KOELDRANK EN VERSNAPPERINGE PINKSTERDIENS OM GENIET HEERLIKE SOP EN BROODJIES NA AFLOOP VAN DIE DIENS STOKPERDJIE MIDDAG BESPREEK 'N TAFEL VIR R20-00 VOOR 8 JUNIE BY DIE KERKKANTOOR. JY VERKOOP JOU ITEMS EN DIE WINS STEEK JY IN JOU SAK. SENIOR BESTUURSETE BY ANGUS OM SEPTEMBER NOVEMBER 2018 LENTEFEES VIR KOM KYK WIE IS DIE KUNSTENAAR VIR DIE OGGEND R10-00 PER PERSOON HEERLIKE KERRIE EN RYS SENIOR AFSLUITING OM Begin solank spaar Volgende jaar hou ons in Februarie ons vakansie by Wees Gerus UITNODIGINGS KRAG VAN GEBED PROGRAM VIR VOLWASSENES PROGRAM VIR KINDERS IN DIE KERK IN DIE ROOISAAL 22 APRIL 2018 TYD SPREKER ONDERWERP 09:00-10:15 JOHAN SMITH HOOR DIE HERE MY IN 2018? 10:15-11:00 KOFFIE EN TEE VERVERSINGS 11:00-12:00 ELZA MEYER KRAG VAN VOORBIDDING Daniël se bebedslewe Efesiërs 1-3 Efesiërs 6 Job 42 Openbaring 5 9

10 GEBEDSBEDIENING Kom ons bid as Kruin gemeente vir alle siekes. Daar is baie lidmate wat nie op gebedslyste is nie. Daar is baie mense wat nie net ligaamlik siek is nie. Bid asseblief dat hul rustig sal wees en aan Hom sal vashou in hul tye van onsekerheid en nood. Bid asb dat die Here die uitreikwerk by die lughawe sal seën. Dat Hy die wat hier betrokke is volgens behoefte sal toerus. Bid asb vir mense wat werkloos is asook vir die wat nie sin uitmaak van hul bestaan AMEN GROOTDRUK BYBELS Sukkel u om u kleindruk Bybel te lees? Die Gebedsbediening het 5 grootdruk Bybels wat ons gratis uitdeel indien u een benodig. Kontak asb die kerkkantoor. MANNE BYBELSTUDIE ALLE MANS (OUD EN JONK) Bybelstudiegroep oor Man -, Koning -, Vader - en Kind wees volgens God se beginsels. Vrae soos:wie, wat en waar moet ek as Man, Vader en as kind van God, in vandag se lewe staan?. Stuur 'n boodskap na :-Stuur 'n WhatsApp of skakel Pieter Nel op Stuur 'n epos na pieter.nel2@transnet.net Die tyd van die byeenkoms sal deur die groep bepaal word 10

11 Dear Man, brother and friend, We have the responsibility to become community for one another again, we as men must lead the way. We can only do that correctly through the guidance of the Holy Spirit. Gen 14:14,16 Now when Abraham heard that his brother was taken captive, he armed his three hundred and eighteen trained servants who were born in his own house, and went in pursuit. So he brought back his brother Lot and his goods, as well as the women and people. NKJV. I invite you to join me and create a meeting with men of our denomination of another season of Majoring in Men. Everything that we do is about Jesus. Manhood and Christlikeness are synonymous. What s in it for you: Build you relationship with Father God. Build relationships with men who will be friends for life. Share in a journey of discovery with other men. Enrich your knowledge of the Word of God. Learn how applicable the Word of God is to everyday decisions. See men s lives transformed by the transcendent glory of God. Discover that your worries fears and triumphs are shared by men around you. Become the man that your wife will brag about. Become the man that your children will listen to and respect. Learn answers for those around you who need guidance in times of trouble and times of celebration. Develop as a leader in your home, workplace, and associations. Become a shaping force in your home, community and church. Discover that God has never lost faith in you, and that you are important to Him. Step into your faith mission, or expand what you are already doing Vision: Purpose: It is Pieter Nel & Johan van Dyk Sel : & Pieter.nel2@transnet.net & johan@1024.co.za To see men lives changed through the gospel. Relationships Thursday evening: 7-9pm At our Church What this is not: A church A judging session to see how spiritual you are It will not take you away from your church Does not propagate a denomination, we learn the word of God together It is not a year course, it is the start of a way of life Strategy: Mentoring men trough the local church 11

12 MAART PREEKROOSTER 25 09:00 Dr Danie Malan - Doop 17:15 Michelle van Tonder :00 19:00 Neels Marais - Avondmaal Michelle van Tonder - Goeie Vrydag MAART 2018 SO MA DI WO DO VR SA Maart 07:45 Ester Bybelstudie 18:00 Orkesoefening 19:00 Bybelskool 18 Maart - Nagmaalsondag 09:00 Erediens 09:00 Kinderkerk 17:15 Senior Jeugskool 17:15 Aanddiens 20 Maart 05:00 Daniël Gebed 10:00 Dames Bybelstudie 21 Maart Menseregte 12

13 VOORBIDDING Ons doen voorbidding vir alle mede-gelowiges met gesondheidsprobleme en siektetoestande. Ons dra ook mede-gelowiges wat armoede moet trotseer, wat deur beproewing gaan en in eensaamheid die uitdagings van die lewe moet trotseer, op aan ons troue Vader. Pieter Crockart, Christo en Mina Wolmarans Coen Havenga, Frikkie Kruger ONDERSTEUNINGSGROEP Indien jy n geliefde aan die dood afgestaan het ONDERSTEUNINGSGROEP 29 MAART OM 10:00 IN DIE KONSISTORIE FINANSIESDANKOFFER TERUGVOER R R R Doelwit bedrag vir die maand Bedrag ingesamel tot op hede Bedrag uitstaande 13

14 MUSIEKLEIER Kempton-Kruin Gemeente Musiekleier Eietydse Eredienste Kempton-Kruin wag aansoeke in vir die pos van Musiekleier wat leiding gee in sang en musiek in die gemeente se eredienste. Die fokus van musiek in ons eredienste is om n dieper ervaring van lofprysing en aanbidding met musiek ( blended worship ) in die gemeente te vestig. Begeleiding kan met n verskeidenheid van musiekinstrumente aangebied word. Die geskikte kandidaat moet aan die volgende vereistes voldoen: a. Moet entoesiasties en passievol wees oor musiek in die algemeen, maar met die klem op Geestelike musiek, en dit as n roeping beskou om die Here en die gemeente deur middel van musiek te kan bedien. b. Die aansoeker moet verkieslik binne n redelik bereikbare afstand van die kerk woonagtig wees. c. Genoegsame kennis van sang en musiek, en moet self kan begelei tydens eredienste, en om self ook te kan sing, sal n pluspunt wees. d. Genoegsame kennis van geestelike musiekbegeleiding en -verwerking, asook die selektering, uitkies en transponering van nuwe liedere. e. Genoegsame kennis en ervaring hê om met musiek die gemeente in aanbidding en lofprysing te kan lei op `n eietydse wyse. f. Erediensbeplanning in oorleg met die betrokke leraar, in lyn met die geestelike program en visie van die gemeente. g. n Musiekbedieningspan te kan selekteer, bou, bestuur en afrig. Die geskikte kandidaat moet voorsangers kan toerus en bestuur, en inoefen saam met die begeleidingspan. h. Lewe moet van geestelike diepte getuig i. Formele musiekopleiding en of ervaring van eietydse geestelike musiek Die kandidaat moet beskikbaar wees vir n onderhoud en oudisie. Vergoeding: R20,000 (TKVI) Sluitingsdatum: 16 Maart 2018 Posaanvaarding: 1 April 2018 Stuur bondige CV aan: bestuur@kruin-kerk.co.za Navrae: Gert Reynolds Kempton-Kruin behou homself die reg voor om nie die pos te vul nie vir welke rede ook al in terme van aansoeke ontvang. 14

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put Bybel vir Kinders bied aan Die vrou by die put Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan: 1. Lentekonferensie Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan: 17-19 September 2019 Tema: Hoe ons onthou, hoe ons vergeet. Om verbeeldingryk te lewe. Universiteitsoord

More information

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens! Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens! Strength will rise as we wait upon the Lord We will wait upon the Lord We will wait upon the Lord (repeat) EVERLASTING GOD

More information

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1) Sessie 1 n Stroom-op o o persoon o WEB978-1-4316-1018-1_Sessie 1.indd 1 2014/11/04 02:41:57 PM 1 n Stroom-op persoon Vooraf Lees vooraf die eerste 7 hoofstukke van Leef stroom-op! Charles Finney het gesê:

More information

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde Bybel vir Kinders bied aan God Toets Abraham se Liefde Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Tammy S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible

More information

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding: 1. OM JESUS TE VOLG: Om Jesus te volg is amper soos om blind te word. As jy vandag sou blind word, is hierdie n voorbeeld van van die goed wat gaan moet verander in jou lewe om dit vir jou makliker te

More information

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee "Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons

More information

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad. 1 Koninkryk kultuur Genadepad Lees Johannes 4:1-30, 39-42 Ons is besig om saam `n reeks te bou genaamd Koninkryk Kultuur. Dit is om vir ons handvatsels te gee van hoe dit lyk om die alternatiewe kultuur

More information

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER NUUSBRIEF NO 2/2014 (Also available in English) DOELSTELLING Ons is n selgroep van NG Elarduspark gemeente wat babas van n groepie behoeftige en meestal werklose ouers wat in Elandspoort woon, van formulemelk

More information

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS Opening Het jy al ooit op iets in jou lewe opgegee? Wat? Vertel vir mekaar hoe jy gevoel het daaroor. KOM ONS BEGIN Gesels met mekaar oor die volgende

More information

n Prins word die Skaapwagter

n Prins word die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan n Prins word die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur:

More information

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid Dr Deon Bruwer Wat word van godsdiens as jy aan dementia ly? Wat wòrd van geloof as jy of jou iemand naby aan jou in die intensiewe eenheid

More information

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00 Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00 Refreshments will be served Dear Parent/teacher If you re concerned

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis Bybel vir Kinders bied aan Die Hemel God se pragtige huis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Sarah S. Vertaal deur: Taschja Hattingh Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis Bybel vir Kinders bied aan Die Hemel God se pragtige huis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Sarah S. Vertaal deur: Taschja Hattingh Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr. n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr. VERBONDE vir HERSTELLING en VERLIGTING van die MENSDOM Edeniese VOOR DIE SONDEVAL Adamiese Noagiese Abrahamiese Sinaïtiese Palestynse

More information

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan? BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan? RAPPORT: Wanneer jy te sterwe kom, wat moet met jou liggaam gebeur? 1. Ek wil veras word. 69% 2. Ek wil begrawe word. 19% 3. My naasbestaandes

More information

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8) Les 1 vir 6 Oktober 2018 Die eenheid en harmonie wat God vir die mensdom beplan het, is deur sonde ontwrig. God het egter Sy liefde vir ons gewys deur 'n plan te ontwerp om eenheid te herstel. Die finale

More information

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel: GOD IN 3D LEIERSGIDS Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel: 082 838 3298 E-pos: emmausinfo@mweb.co.za Webtuiste: www.emmaussentrum.co.za

More information

Berribrokkies Nuusbrief van Fred en Paula Berrington Posbus 739, Groot-Brakrivier, (Fred) (Paula) Mei 2014

Berribrokkies Nuusbrief van Fred en Paula Berrington Posbus 739, Groot-Brakrivier, (Fred) (Paula) Mei 2014 Berribrokkies Nuusbrief van Fred en Paula Berrington Posbus 739, Groot-Brakrivier, 6525 0793205935 (Fred) 0825015415 (Paula) Mei 2014 Liewe vriende, Prysig die Jirre my siel hie binne my! My God is byrie

More information

Community of Practice

Community of Practice Community of Practice Practice the Presence of God Just think you don't need a thing, you've got it all! All God's gifts are right in front of you as you wait expectantly for our Master Jesus. And not

More information

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom Bybelskool van Centurion 27 Maart 2018 Welkom 10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf 10 x Griekse woorde Biologie palingenesia (wedergeboorte) Militêre soterion (redding) Regspraak dikaiōsis

More information

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! AFM - AGS Afrikaans Unity Anniversary BEMAGTIGING Onderrig, lei u lede op en rus hulle

More information

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel: GOD STORIES LEIERSGIDS Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel: 082 838 3298 E-pos: emmausinfo@mweb.co.za Webtuiste: www.emmaussentrum.co.za Finale Redakteurs Anriëtte de Ridder,

More information

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN Onsis almalhiertesaam Vergader in sy Naam, Verheerlik Hom. Tot die doodwas Hygetrou Endaardeuris onsnousyeiendom. LaatonsmaaksoosHyonsse Mekaarsteeds lieftehe EnHomboalleseer. Loof Hom, Christus die Heer.

More information

Ook te koop by Kerkkantoor: Anna se organiese Hanepoot Korrelkonfyt: R20 per potjie. Geliefde Lourensrivierder

Ook te koop by Kerkkantoor: Anna se organiese Hanepoot Korrelkonfyt: R20 per potjie. Geliefde Lourensrivierder Geliefde Lourensrivierder Soos julle dalk op die nuus in die week gehoor het, het daar 3 mense die naweek gedurende die Argus Fietstoer gesterf. Dis vir my so hartseer en die woorde geleende tyd bly dwarrel

More information

1. Oorsig van die program 2. Doel en toekoms van die Jeug-Familie Indaba 3. Wandel saam deur Kolossense 3:12-17

1. Oorsig van die program 2. Doel en toekoms van die Jeug-Familie Indaba 3. Wandel saam deur Kolossense 3:12-17 28 Oktober 2017 1. Oorsig van die program 2. Doel en toekoms van die Jeug-Familie Indaba 3. Wandel saam deur Kolossense 3:12-17 12Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle

More information

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness. Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness. (ESV) 19 Net hulle wat nog lewe kan U loof, so doen ek dit vandag. Vaders

More information

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding: Preek Jan Steyn 25 Februaie 2018 Teks: Johannes 13:1-35 Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding: Ek gaan gesels eendag met een van die jong outjies in die Gim. Ek vra hom: Jy was dan altyd so goed

More information

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions Aangebied deur Die Weg Christelike Gemeente Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions Plek/Venue: NG Kerk Witrivier Datum/Date: 16 17 Oktober 2015 Koste/Price: R150pp Kontak/Contact:

More information

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê n Gebed vir my kind vir elke dag van die maand! Being a perfect parent doesn t matter. Being a praying parent does. Why leave your child s life to chance when you can give it to God? Stormie Omartian uit

More information

Die maan en sy rol in ons wereld *

Die maan en sy rol in ons wereld * OpenStax-CNX module: m21016 1 Die maan en sy rol in ons wereld * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 * Version 1.1:

More information

MOTHEO/XHARIEP HOëRSKOLE ATLETIEK MOTHEO/XHARIEP HIGH SCHOOLS ATHLETICS

MOTHEO/XHARIEP HOëRSKOLE ATLETIEK MOTHEO/XHARIEP HIGH SCHOOLS ATHLETICS MOTHEO/XHARIEP HOëRSKOLE ATLETIEK MOTHEO/XHARIEP HIGH SCHOOLS ATHLETICS POSBUS/P/O/BOS 20025 WILLOWS 9320 TEL: 0832585376 FAX: 051 4443823 E-MAIL: corriev@schoolink.co.za VIR AANDAG: DIE ATLETIEKORGANISEERDER

More information

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings. Skriflesing: Luk 24:1 12 en :44-53 Fokusgedeelte: Luk 24:50b 51 en :53 Die verheerlikte Jesus se seën en ons Inleiding / Introduction Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

More information

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010 Die ekonomie en die Christen n perspektief 1 Desember 2010 Ekonomiese realiteite Christene poog om volgens die wil van God te handel in elke aspek van hule lewens en heelwat van hierdie dimensies is inter

More information

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf 10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf Father God Father God I wonder how I managed to exist without The knowledge of Your parenthood and Your loving care. Now I am Your child I am adopted

More information

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering Annemarie de Kock Tesis ingelewer ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad van Magister Artium in Klassieke Letterkunde

More information

Les 6 vir 10 November 2018

Les 6 vir 10 November 2018 BEELDE VAN EENHEID Les 6 vir 10 November 2018 Die Bybel bevat diverse beelde wat geestelike en teologiese waarhede uitbeeld. Byvoorbeeld, water in Johannes 7:38, wind in Johannes 3:8 en n pilaar in 1 Timotheus

More information

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS SONG OF SONGS THE FIVE MEGILOTH ESTHER RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS Odd shaped pebbles roll And tumble round the Rock which Smooths them into five smooth stones One of which will kill a giant 1 The Spirit

More information

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d) Rom 14:1-12 Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d) Oktober 2013 Ps-vooraf Ps 97:1, 5 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar

More information

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones New York Times- topverkoperskrywer Lisa Bevere LIZZIE DIE LEEUTJIE Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones LIZZIE DIE LEEUTJIE Oorspronklik in die VSA uitgegee as Lizzy the Lioness deur Tommy Nelson, n

More information

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het: 1 Jakobus 2a Tema: die toets van onpartydigheid Vandag gaan ons voort met die brief van Jakobus. Die brief wat handel oor gelowiges se integriteit (verduidelik). Julle sal onthou dat Jakobus ons waarsku

More information

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER Slide 1 THE FIVE MEGILOTH: SONG OF SONGS/ RUTH/ LAMENTATIONS/ ECCLESIASTES/ ESTHER Slide 2 Odd shaped pebbles roll / And tumble round the Rock which / Smooths them into five

More information

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery. DIE GODHEID Die begrip Drie-eenheid word in die Christelike geloof gebruik vir God. Ons glo dat daar net eengod is, maar dat die Vader en Jesus en die Heilige Gees al drie saam hierdie een God is. Logies

More information

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Waar is God as ons swaarkry?

Waar is God as ons swaarkry? Waar is God as ons swaarkry? Envy is sorrow at another s good Thomas van Acquino Waar is God as ons swaarkry? Philip Yancey se nuwe boek, The Question that Never goes away, het onlangs verskyn. Die vraag

More information

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12 Let it be Laat dit wees I have need for such a clearance as the Saviour affected in the temple of Jerusalem. A riddance of the clutter, of what is secondary, that blocks the way to the all important central

More information

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring Inhoudsopgawe Voorwoord... 9 1. Eensaamheid: woordverklaring... 11 2. Die eensaamheid van menswees... 17 3. Die eensaamheid van siekte... 23 4. Die eensaamheid van die dood... 29 5. Die eensaamheid van

More information

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11 BRUID VAN JESUS PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie 2017 Page 1 of 11 BRUID VAN JESUS INHOUDSOPGAWE INLEIDING...3 WAAR BEGIN DIE GEDAGTE VAN N HUWELIK TUSSEN GOD EN N GROEP MENSE?...4

More information

Addendum A Consent form

Addendum A Consent form 480 Addendum A Consent form Carien Lubbe, PhD-student, University of Pretoria Faculty of Education Department of Educational Psychology 082 857 0137 012 420 2765 carien.lubbe@up.ac.za I hereby consent

More information

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE LEIERSGIDS Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel: 082 838 3298 E-pos: emmausinfo@mweb.co.za Webtuiste: www.emmaussentrum.co.za Finale Redakteurs

More information

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

GEHOORSAAMHEID AAN GOD DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE GEHOORSAAMHEID AAN GOD DATUM: 17 APRIL 2016 PLEK: NELSPRUIT PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 14 GEHOORSAAMHEID AAN GOD INHOUDSOPGAWE INLEIDING...3 MOET ONS DIE WET

More information

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos: KLEINGROEPBEDIENING Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: 084 453 8724 Epos: wilhelm@gkwapadrant.co.za Kleingroepbestuurder: Elmarie Minnaar Tel: 012 991 6596 Epos: kleingroepe@gkwapadrant.co.za Wie is Jesus?

More information

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê. WIE IS LCF? Life Christian Foundation (LCF sedert 1999) is n nie-winsgewende organisasie wat in 2001 geregistreer is. LCF word bestuur deur n raad van Direkteure met Dr Sakkie Olivier as Voorsitter van

More information

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels... Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels... n Visie vir kleingroep-leiers. 0 Inhoud: 1. Inleiding 3 Visie: 3 Hoekom kleingroepe? 3 Dit gaan in wese oor: 5 Soorte groepe: 6 Fokusgroepe: 6 Funksie-groepe:

More information

Pretoria- 23 Junie 2012

Pretoria- 23 Junie 2012 1 Skriflesing: Spreuke 11:1-31 Teks: Spreuke 11:29-30 Sing- Ps. 96: 6,7; Ps. 1:1,2; Ps. 116:4; Ps. 128:2,3 Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en 'n dwaas word 'n slaaf van hom wat wys van hart

More information

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is. Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10 Inleiding Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is. Hierdie kwartaal het ons gefokus op die familie in daardie sin. o Dat ons n

More information

Jaargang 6 Uitgawe 27 HARTIES NG GEMEENTEBLAD November 2017

Jaargang 6 Uitgawe 27 HARTIES NG GEMEENTEBLAD November 2017 Jaargang 6 Uitgawe 27 HARTIES NG GEMEENTEBLAD November 2017 Ds. Johan de Wet Daar is soveel waarheid in daardie sin en ek weet dit is verseker die gebed van elke Christen in hierdie land. Helder om al

More information

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond SIEN DIE GROOT PRENTJIE Eerste Bedryf: die Skepping God se rol God is die bron God is die Skepper God is in beheer van die wêreld

More information

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid? Jan Steyn preek 15 Julie 2018 Teks: 1 Korintiers 9: 19-27 Tema: Wat maak ons met ons vryheid? Inleiding: Dit is nie altyd maklik om in ons samelewing vandag as Christen oor vryheid te praat nie. Ek dink

More information

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18 INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY 1 Geestelike Dissiplines Deel 1 - Inleiding 17 September 4 2 Geestelike Dissiplines Deel 2 Genade en dissipline 24 September 7 3 Die Innerlike Dissipline van Meditasie

More information

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding: Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober 2017 Teks: Efesiers 2:1-10 Tema: In Christus lewe jy Inleiding: Jesus het nie gekom om een of ander godsdiens te hervorm nie. Hy het nie die Joodse geloof van binne probeer

More information

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word. Jan Steyn preek Pinkster 2018 Tema: Die afgod van sukses Teks: 2 Konings 5:1-18, Mattheus 5:3-12 Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

More information

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION Boodskap2. SALWING OM MENSE TE GENEES EN TE HERSTEL Hand 10:36-38 Dit is die woord wat Hy gestuur het..met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy

More information

WEEK JAN 2018 TYD OM ERNSTIG TE RAAK!!

WEEK JAN 2018 TYD OM ERNSTIG TE RAAK!! WEEK 04 28 JAN 2018 TYD OM ERNSTIG TE RAAK!! Ek soek U, O God, My God Ek dors na U Ek smag na U Soos in n dor en droë land, n land sonder water Ek wil by U in die heiligdom wees om daar U mag en grootheid

More information

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4 1 Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4, 1 Johannes 5:19 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4 1 Johannes 1:1-10 1Jn 1:1 Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met

More information

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee. 1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee. Januarie 2016 Ps 33: 1, 3 - vooraf Ps 36: 2, 3 - lofpsalm Ps 50: 8, 10, 11 na

More information

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Augustus 2018 Ps 30: 1, 3 vooraf Ps 97: 1, 6, 7 lofpsalm Ps 34: 5, 6

More information

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY 1 2 Die mens se soeke na geluk 25 Junie 3 Verkeerde denke oor geluk (Deel 1) 2 Julie 7 3 4 Verkeerde denke oor geluk (Deel 2) 9 Julie 11 Geluk begin by afhanklikheid

More information

Doen Eers n Kosteberekening

Doen Eers n Kosteberekening Doen Eers n Kosteberekening Dit is so maklik om te sê: Ek is n dissipel van Yeshua! Maar verstaan ons regtig wat is die vereiste om n dissipel te wees? Kwalifiseer ons volgens Yeshua se vereistes om n

More information

Hannah Ball 1796 Buckinghamshire Robert Raikes kinders op straat eerste Sondagskool Surrey Chapel 1831 Brittanje 1,250,000 kinders per week

Hannah Ball 1796 Buckinghamshire Robert Raikes kinders op straat eerste Sondagskool Surrey Chapel 1831 Brittanje 1,250,000 kinders per week Hannah Ball, het in 1796 in Buckinghamshire, Engeland, ʼn skool in die drop begin. Die ontstaan van Sondagskool hou meer verband met Robert Raikes, wat die behoefte onder kinders op straat gesien het om

More information

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan? Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan? Teksgedeelte: Dan 3 Teksvers: Dan 3: 17 18 Braam Krüger 16 Sadrag, Mesag en Abednego het koning Nebukadnesar geantwoord: Ons hoef u nie hierop

More information

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a schoolmaster to bring us to Christ Vry van die wet (dekaloog en sedewette) Dekaloog=10 Hebreeuse woorde (tien gebooie) Sedewette=Al die ander wette. Rm. 10:4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. Rm.

More information

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer Naäman To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer Naäman Ons kry die verhaal van Naäman in 2 Konings 5:1 16. Naäman was n belangrike man. Hy was n groot en trotse man die bekendste generaal in

More information

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2 MARKS: 150 TIME: 2 hours *RLSDM2* This question paper consists of 4 pages. 2 RELIGION STUDIES

More information

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie. Die regering van die Kerk 1Tim 2:11-12 Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie. Maart 2012 Ps-vooraf Ps 33:1,2 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan

More information

As-Woensdag. Baie welkom in die 46 dae lydenstyd Taizè-musiek bring ons in die stemming om na God, na onsself, na mekaar en na ander te luister

As-Woensdag. Baie welkom in die 46 dae lydenstyd Taizè-musiek bring ons in die stemming om na God, na onsself, na mekaar en na ander te luister As-Woensdag Baie welkom in die 46 dae lydenstyd 2016 Taizè-musiek bring ons in die stemming om na God, na onsself, na mekaar en na ander te luister Geloofsvernuwing deur Sy sterwe Lydenstyd en Paastyd

More information

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans? Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans? Met besondere aandag vir Psalm 2 By die lees van die Ou Testament is die vraag wat hierbo gevra word, baie belangrik. Hierdie vraag speel

More information

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12 Oktober 2016 Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12 Die doop wat die HERE gee en wat dit vir ons en ons kinders beteken en sê. Ps-vooraf Ps 29: 1, 5; Ps 75: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë

More information

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11 Mattheus 7:6-11 Dissipels moet net nooit iets anders doen as om radikaal vir God te leef nie. Ons Vader gee dit in sy onveranderlike trou en volmaakte liefde vir elkeen wat vra. Oktober 2018 Ps 123: 1,

More information

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop) Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop) Een ding wat nog altyd vir my interessant is, is mense se belangstelling in sg. celebrities. As hulle tog net naby iemand kan kom wat al op TV was of wat bekend

More information

JOHANNESBURG CHURCH OF CHRIST (Geaffilieer met die Los Angeles International Church of Christ - LAICC) (Ds Francois Smit) 1.

JOHANNESBURG CHURCH OF CHRIST (Geaffilieer met die Los Angeles International Church of Christ - LAICC) (Ds Francois Smit) 1. JOHANNESBURG CHURCH OF CHRIST (Geaffilieer met die Los Angeles International Church of Christ - LAICC) (Ds Francois Smit) 1. GESKIEDENIS Die Los Angeles Church of Christ (voorheen Boston Church of Christ

More information

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette? Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette? Have You Heard of the Four Spiritual Laws? Just as there are physical laws that govern the physical universe, so there are spiritual laws which govern your

More information

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word. Mark 9:30-37 Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word. Januarie 2013 Ps-vooraf Ps 34: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan

More information

Nuwe Lewe Gesinskerk MAART 2014 NUUSBRIEF NR. 16. Hoek van Boswell & Carlyle Court strate

Nuwe Lewe Gesinskerk MAART 2014 NUUSBRIEF NR. 16. Hoek van Boswell & Carlyle Court strate MAART 2014 Nuwe Lewe Gesinskerk Hoek van Boswell & Carlyle Court strate Waar gesinne Christus die eerste plek bied, met liefde uitreik en blywende vervulling geniet NUUSBRIEF NR. 16 KERKKANTOOR: Tel. &

More information

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself. Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself. Lewe Saggeus volgens sy naam? Die naam Saggeus beteken skoon of onskuldig. Maar hy het nie volgens hierdie naam geleef

More information

Beur vorentoe met hoop

Beur vorentoe met hoop Inleiding Voel jy soms dat jy gebombardeer word met Hollywood se idee van wie jy moet wees en hoe jy moet lewe? Het jy hulp nodig om dit wat die wêreld aan jou probeer afsmeer te ver werp? Is die stryd

More information

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde. Wat is Nagmaal Hoekom gebruik die kerk nagmaal? Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde. Die nagmaal was ingestel deur Jesus Christus

More information

Wat kan die kerk doen?

Wat kan die kerk doen? GELOOFSLOS Wat kan die kerk doen? 1. Leer om te hóú van kerklos- en gelooflos mense (oortreflikheid van ons liefde). 2. Ons denke en teologie moet verdiep (mense leer hoe om te dink)[apologetics]. 3. Lidmate

More information

ToekomsVenster Aan die anderkant van 2020

ToekomsVenster Aan die anderkant van 2020 ToekomsVenster Aan die anderkant van 2020 Inleiding ERKENNING Baie dankie aan die volgende persone: Grafiese ontwerp van omslag - Johan Wasserman Bladuitleg - Therésa Low Drukwerk - Edutel Uitgewer: TOEKOMSVENSTER

More information

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124) 19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) 19.20 POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124) A. Die Beskrywingspunt is gestel. The Point of description is tabled.

More information

GRACE ARTS. Vir alle raamwerk bekostigbaar Retha Wessels: / Krugerlaan 177 (na-ure)

GRACE ARTS. Vir alle raamwerk bekostigbaar Retha Wessels: / Krugerlaan 177 (na-ure) Skakel my vir die koop en verkoop van eiendomme in Lyttelton, Kloofsig en Pierre van Ryneveld VERJAARSDAE 6 TOT 12 MAART 2011 03/06 JASPER THERON DE LA REYWEG 35 23Aa 03/06 RIA MAREE FITZPATRICKWEG 21

More information

KERSDAGPREEK - PAARLBERG - 25 DESEMBER 2017 Mat 1:1-17 Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham: (2) Abraham

KERSDAGPREEK - PAARLBERG - 25 DESEMBER 2017 Mat 1:1-17 Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham: (2) Abraham KERSDAGPREEK - PAARLBERG - 25 DESEMBER 2017 Mat 1:1-17 Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham: (2) Abraham was die vader van Isak, Isak van Jakob, en Jakob van

More information

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel? Preek Sondag 22 Maart 2015 Teks: Filippense 3: 1-21 (veral vers 3) Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel? Inleiding: Agtergrond: Twee groepe wat bedreig: In Paulus se brief

More information

Oggenddiens 19 Augustus Windhoek

Oggenddiens 19 Augustus Windhoek Lees: Psalm 23 Teks: Ps. 23: 1 Tema: God se herderskap is en bly uniek! Sing: 1. Ps. 147-2: 1 en 3 2. Sk. 14-1: 1 en 2 3. Ps. 40-1: 4 4. Ps. 65-1: 3 5. Ps. 116-1: 7 en 10 6. Sk. 10-2 Die psalm wat ingebed

More information

Luister na God. enlewe vir ewig

Luister na God. enlewe vir ewig Luister na God enlewe vir ewig God is soos n liefdevolle vader. 1Petrus5:6,7 God is ons Skepper, en hy is besorg oor ons. Net soos n wyse en liefdevolle vader sy kinders onderrig, leer God mense oor die

More information

Downloading allowed. Sharing allowed with credit to MPC. No changes or commercial use allowed. Aflaaibaar. Verspreding toegelaat met krediet aan MPG.

Downloading allowed. Sharing allowed with credit to MPC. No changes or commercial use allowed. Aflaaibaar. Verspreding toegelaat met krediet aan MPG. Downloading allowed. Sharing allowed with credit to MPC. No changes or commercial use allowed. Aflaaibaar. Verspreding toegelaat met krediet aan MPG. Geen verandering of kommersieele verbruik toegelaat.

More information

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT 1 IS JY BRUID? INHOUDSOPGAWE Inleiding...3 Wie is die Bruid van Christus...3 Waar gaan ons bly.?...4 DIE HEBREEUSE HUWELIK...4

More information

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S. Jesus en gebed Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S. Lewis Jesus en gebed Jesus het dikwels gebid. Volgens Leonard Sweet en Frank Viola (Jesus A Theography)

More information