Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

n Prins word die Skaapwagter

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Van Vervolger tot Prediker

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Waar is God as ons swaarkry?

Die betekenis van die kruis (1)

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Les 6 vir 10 November 2018

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Addendum A Consent form

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn. Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: Tema: Die agterstevoor evangelie

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD

Oggenddiens 19 Augustus Windhoek

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

Preek-notas: Romeine 3:21-31

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Geregverdig deur die natuur van die mens (heidene / nie-jode)

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Pretoria- 23 Junie 2012

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Transcription:

Jan Steyn preek 8 Julie 2018 Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop Inleiding: Hoekom is die Christelike hoop so belangrik? As ek nie kan glo my verlede is deur die Here vergewe, my vandag is by Hom vasgemaak en my toekoms is in Sy hande nie, gaan ek een van twee reaksies hê: Ek gaan verlammende vrees ervaar of en ek gaan alles en almal om my probeer beheer: Paralyzing fear or self-managed control. Dis hoekom die Christelike hoop se belangrik is- dit gaan oor my verlede wat vergeef is- dat Sy vergifnis vir my volkome is, dit gaan oor vandag wat in SY hande is en dit gaan oor die vertroue dat Hy ook more vir my kan en wil sorg. Die Christelike hoop is dus belangrik, want dit verlos ons van verlammende vrees of van sieklike beheer. Ek dink die Christelike hoop se lae profiel het baie te make met die verkeerde of eensydige verstaan van hierdie hoop. Daardie verstaan het gekom uit wat hier in vers 2 staan: Ons verheug on sook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God. Hier gaan dit oor die ewige lewe en die opstanding uit die dood en alles wat daarmee saamhang. Dus wat in die toekoms sal gebeur. As dit alleen die Christelike hoop is, kan ek die ateïs se siniese opmerking verstaan wat die Christelike hoop genoem het: A pie in the sky when you die. Dit beteken daardie hoop beteken dan niks vir hierdie aardse bestaan en dat dinge hier op aarde beter en genadiger kan wees nie. Of dat ek my rol of enige rol kan speel om dinge beter of genadiger te maak nie. Hierdie siening van hoop is net op die hemel gerig, maar nie op die aarde nie. Ons kry die regstelling hier in Romeine 5:3 en verder: Hierdie hoop is ook bedoel vir die swaarkry- dit is dus ook van toepassing op wat ons in hierdie aardse lewe ervaar en deurmaak. Die hoop vir die toekoms en die hoop vir die swaarkry vandag het alles met mekaar te make- albei is die Christelike hoop. Dit wat vorentoe op my wag as God se kind, is soos hierdie magneet wat my vorentoe trek om vandag die wêreld hier om my hierdie beter en genadiger plek te help maak. Dit is so opvallend dat die Christelike hoop nie net gaan oor die nuwe hemel nie, maar oor die nuwe aarde. Dit veg teen elkeen wat wil verkondig hierdie aardse lewe maak nie saak nie, net solank ek weet ek gaan eendag hemel toe. Die Christelike hoop is dus belangrik, want dit fokus my op my toekoms as kind van die Here, maar gee my ook krag en geloof vir die swaarkry en werklikhede van vandag.

Ons hoop het te make met ons nuwe verhouding tot God deur Christus: Hierdie nuwe verhouding tot God deur Christus Jesus se kruis en opstanding, word met twee woorde vasgevang- ons is nou vrygespreek en daar is vrede tussen ons en God. Deur ons Here Jesus Christus. Hoop het dus vir Paulus alles met Christus Jesus te make. Daarsonder kan ons nie oor die Christelike hoop praat nie. Hoop by Paulus skryf iemand, is om daarop te reken of te vertrou dat God sal klaarmaak wat Hy in Christus se kruisdood en opstanding begin het. Ons lees in vers 9 van die kruisons word gered deur SY versoeningsdood. Ons lees in vers 10 van die opstanding: Aangesien ons deur die dood van Sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons deur die lewe van Sy Seun gered sal word. Die kruis, Jesus se dood was die hemelse betaling wat aangebied is vir ons van ons sonde en verlorenheid. Die opstanding red ons, want dit is die bewys of die hemelse kwitansie dat die offer wat die Here Jesus gebring het deur die Vader ten volle aanvaar is. Die anker van ons Hoop is Christus Jesus. Paulus sou met die volgende woorde van Edward Mote saamstem: On Christ the solid rock I stand All other ground is sinking sand. Ek het nie myself in die regte verhouding met God gekry nie. Ek is nie in die regte verhouding met God omdat my ouers kinders van die Here is of omdat ek gereeld kerk toe gaan nie. Ek is nie in die regte verhouding met God omdat ek my iewers langs die pad bekeer het nie. Net God se Gees kan jou in elk geval tot bekering bring- in jou die begeerte skep om jou na God toe te draai. Ek is nie in die regte verhouding met God omdat ek Sondagskool gee of op die kerkraad is of predikant is nie. Die gedeelte wat ons gelees het herinner ons ook ons is nie in die regte verhouding tot God die Vader omdat ons by een of ander geestelike standaard uitgekom het of omdat ek een of ander waardigheid in myself gehad het nie. God bewys dan Sy liefde vir ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Deur Christus Jesus alleen staan ek in die regte verhouding tot God. Daarom skryf Paulus hierdie beroemde vers in 2 Korintiers 5:17 en verder: Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit alles is die werk van God. Nie my werk nie. Ons is soms so angstig asof ons die mag het om so maklik God se werk ongedaan te maak-asof ek my baie maklik kan uitsondig uit dit wat die Here in Sy oneindige krag en genade vir my gedoen en bereik het. Een baie goeie titel oor hierdie gedeelte wat ons saam gelees het, was The securituty of our salvation. Dit staan vas. Ek hoef nie elke week tot bekering te kom nie, ek hoef nie elke Sondag so belydenis van my sonde te doen, asof ek elke week weer by nul genade moet begin nie. Dan is dit mos eintlik alles my werk.

Deur Hom (Christus) het ons vrye toegang tot die genade waarin ons nou vasstaaan (vers 2): Die Griekse woord wat hier vertaal word met vrye toegang het twee prentjies daaragter. Die eerste is om iemand in die teenwoordigheid van iemand koninklik in te bring (to usher somebody into the presence of royalty). Christus het deur Sy offer vir ons vrye toegang gebring- ons kan in die teenwoordigheid van God die Koning van die Heelal ingaan as ons Abba, ons Vader. Die tweede prentjie is van die hawe waar die skepe ingaan. Die storms en die winter kan maar kom as die skip veilig in die hawe geanker is. Ons is deur Christus Jesus veilig in die hawe van God se liefde vasgemaak. Die winterweer en die storms wat op ons pad sal kom, kan dit nie verander nie. Ons staan ook nie vas omdat ons geloof so sterk is nie, maar omdat die Een wat ons vashou so sterk is. Hy gebruik die Heilige Gees om veral in tye van swaarkry of aanvegting ons te herinner hoe groot God se liefde vir ons is (vers 5) En dat hierdie liefde ons nie sal laat los nie. In Christus word die natuurlike volgorde rondom swaarkry omgedraai: Wat is die natuurlike volgorde wat gewoonlik volg as ons swaakry? Swaarkry is hier die oorsake van ons fisiese of geestelike of emosionele spanning en druk. Baie dikwels is daardie volgorde swaarkry na tou opgooi na ongeloof na moedeloosheid of hooploosheid. Omdat ons volgens Paulus nou in Christus leef en Sy Gees ons lei, word die natuurlike volgorde waarin ons baie keer verval omgekeer: Swaarkry lei tot volharding- dus vas staan in die geloof. Volharding lei tot egtheid van geloof- dit suiwer dus my geloof- dit maak ons eerliker met onsself. Die engelse vertalings vertaal baie keer egtheid van geloof met character- perseverance creates character. My geloof raak dus meer en nie minder nie. Die volharding in die geloof verdiep of vermeerder dus ons vertroue in God. Character of egtheid van geloof kweek hoop en hierdie hoop beskaam nie- letterlik is geen illusie nie. Want God die Heilige Gees wat in ons werk kom herinner ons hoe lief God ons waarlik het. Dis die ongelooflike waarheid wat ons hier leer: swaarkry gee omdat ons in die Here is, ons meer hoop as wat dit van ons steel. Swaarkry suiwer ons- dit neem vals hoop uit ons lewens weg en gee ons ware hoop. Weer gaan dit oor God wat ons liefhet, oor die Seun wat ons in hierdie nuwe verhouding met Hom gestel het en oor die Gees wat ons herinner hoe lief God ons het. Christelike hoop is sekerheid: In baie van ons engelse of afrikaanse woordeboeke staan definisies van die woord hoop teenoor die beginsel van sekerheid. Dis meer hierdie miskien of dalk-saak. Ek weet nie of dit gaan reën nie, maar ek hoop dit gaan reën. Mens kan nie altyd die weervoorspelling vertrou nie. Maar die Christelike hoop is seker. Dit staan vas. Hierdie hoop beskaam nie. Dis nie dalk of miskien nie. Dis geen illusise nie. So skryf iemand oor hierdie hoop: Hope comes from the promises of God rooted in the work of Christ.

Dis wat ek vroeer ook aangehaal het: Hoop is om te reken dat God sal klaarmaak wat Hy in Christus se kruisdood en opstanding begin het. Hy sal dit in die hemel klaarmaak deur aan ons die ewige lewe na die dood te skenk. Hy sal dit ook klaar maak hier op aarde waar ons moet lewe en swaarkry en vreugde en goeie tye en moeilike tye beleef. Dink maar aan die woord opstanding: ons dink dit beteken net ons sal eendag soos Jesus opstaan uit die dood om vir ewig by Hom te wees. Nee, ons leef nou reeds in die kragveld van Jesus se opstanding. Die opstanding is nie net vir eendag nie. Dis vir vandag: Daarom skryf Paulus self in Efesiërs 1: Die krag wat God nou en vandag uitoefen in ons wat glo is dieselfde kragtige werking van Sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek het. Deur die werk van die Heilige Gees sterf Christus op 'n manier in jou (jou ou mens sterf) en staan Christus Jesus op een of ander manier in jou lewe op (jy word al meer hierdie nuwe mens). Slot: Die Christelike hoop bevry ons van vasgeval wees in onsself: John Piper skryf die Christelike hoop- dat God my verlede vergeef het, my vashou in die hede of vandag en sal dra in die toekoms, maak my vry van hierdie vasgeval wees in myself. Dis die gevolg of vrug van ware hoop in ons lewens. Mense wat oor alles angstig is, is vasgevang in hulself. Mense wat oormatig beheersugtig is, is vasgeval in hulself. Die Christelke hoop bevry my van oormatige angs en beheersugtigheid. Dit maak my dus vry om ander te kan dien. in 1 Petrus 3:15 lees ons dat ons altyd bereid moet wees om mense te antwoord wat vra wat is hierdie hoop wat in jou leef? Here, ek kan daar wees vir ander mense, want U is daar vir my. Here, ek kan vir ander mense omgee, want U gee om vir my. Here ek kan vir ander mense sorg, want U sorg vir my. Dis soos wat God dit bedoel het: Ontvangers van hoop word draers van hoop. Hulle gaan leef hoop. Hulle gaan deel hoop uit. Oral waar hulle kom. Ek lees die week die getuienis van hierdie vrou en haar familie wat in hierdie baie desperate situasie was. Dit herinner my dat God maar hoop bring deur mense en hul dade. Hierdie ma skryf: My dogter raak siek met 'n baie erge virus en sy raak nie gesond nie. Dit het my regtig op gehad en finansies het later by die agterdeur uitgegaan, want die kar het gebreek en daarna weer en so het dit aangegaan. Dit was nie lekker tye nie en my moed in die mensdom het al meer agteruit gegaan en seker my geloof ook. 'n Jong laaitie wat so 'n blok van ons af bly, bel my een Saterdag en ek antwoord nie my foon nie- hy bel weer en vra of my ons gou kan kom sien? Dringend.. Hy kom hier aan met 'n sak vol geld. Dit was 'n hoop geld wat hy die middag gou gaan bymekaar maak het by 'n paar mense. Ons kon dit nie glo nie. Nou kan ons 'n scan laat doen om te kyk of daar nie iets snaaks met ons kind aan die gang is nie.

Ons stap daar uit en huil soos babas. Ek sê vir hom dankie vir vandag- nie vir die geld nie, maar vir die feit dat jy my vertroue in die mensdom weer herstel het (My eie woorde- dat jy ons weer hoop gegee het?) Ek glo nou weer dat daar nog goeie mense is en dat alles en almal nie sleg is nie Daardie geld was presies genoeg om al die toetse te laat doen en die dokters te betaal. Vertel jy dan nou vir jy dat ons God nie bestaan nie. Dis wat jy opgeval het- iemand doen iets goeds-dit herstel mense se hoop dat daar goeie mense is. Dit herstel hulle hoop dat God bestaan en omgee. Amen