Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

n Prins word die Skaapwagter

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Van Vervolger tot Prediker

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Die betekenis van die kruis (1)

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Addendum A Consent form

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Les 6 vir 10 November 2018

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Pretoria- 23 Junie 2012

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Preek Jan Steyn 20 Oktober Teks: Mattheus 8:23-27, Mattheus 14::22-32 Tema: Toe kom Jesus

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn. Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: Tema: Die agterstevoor evangelie

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Die maan en sy rol in ons wereld *

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Waar is God as ons swaarkry?

Verduidelik 4 Wel-it sê hulle was dissipels. Want dis wat dissipels doen. Ons volg Jesus.

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

1Kon 18:19-40 In 'n land en wêreld vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE openbaar die HERE dat Hy die enigste ware God is... So, volg Hom!

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Die Blye Boodskap. The Good News

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD

from the group who had gathered there.

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Lukas 4: Agtergrond

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

IN PIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

kwartaal 01 LEWE IN DIE LIG soos Hy in die lig is.

Skriflesing: Sondag 4 Sing- Ps. 118:1; Ps. 119:61; Ps. 130:2 Genesis 3:1-19 Gen 3:1 Psalm 130 Psa 130:1

Transcription:

Preek Jan Steyn 28 April 2013. Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus? Inleiding: Ons het verlede week begin met hierdie reeks oor dissipelskap. Iemand skryf baie mooi oor wat dissipelskap beteken: Dissipelskap is nie 'n program soos die dissipelskap kursusse wat ons al baie in die kerk gedoen het nie. Dis nie 'n event of gebeurtenis soos hierdie dissipelskap-preekreeks of dissipelskap-sondag nie. Dissipelskap gaan oor ons hele lewe- dis 'n lewenswyse. Dit is vir alle gelowiges vir elke dag van hulle lewens. Dissipelskap is nie hierdie buitgengewone ding vir hierdie buitengewone groepie mense in die kerk nie. Dissipelskap is nie een van die dinge wat die kerk doen nie- dis wat die kerk doen en is. Ons het verlede Sondag aan die hand van Mattheus 16 gesien dat Jesus self dissipelskap beskryf met woorde soos kruisdra en jouself verloën. Hierdie kruisdra en jouself verloën is altyd ter wille van ander mense en die nood van die wêreld om ons. Ons het ook geraak aan die gedagte dat ons maklik fans of bewonderaars van Jesus kan wees in plaas van dissipels. Fans of bewonderaars van Jesus wil ook 'n verhouding met Jesus hê, maar op hul eie terme. Hulle wil naby genoeg aan Jesus wees om die voordele te geniet, maar nie so naby dat dit iets van hulle sal begin vra nie. Ons kyk vandag na die lewe van Nikodemus vanuit die Evangelie van Johannes, iemand wat die pad gestap het van fan of bewonderaar van Jesus na volgeling of dissipel van Hom. Nikodemus in Johannes 3: Ek wil Jesus met my verstand begryp: Hoekom kom Nikodemus na Jesus toe? Ek meen, hierdie ou was een van die sewentig hoogste geestelike leiers in Jerusalem en onder die hele volk van Israel. Hy is toegelaat tot die kring van die Fariseërs, die strengste wetsonderhoudende groep van die Joodse geloof en daardie toelating was geen grap nie. Hy was lid van die Joodse Raad, die hoogste geestelike liggaam in Israel. Hierdie ou se beroepslewe was gevestig- hy het die topsport bereik. Nikodemus is een van die groot leermeesters van Israel, noem Jesus hom self later. Hy was beroemd as iemand wat die wet van die Here of die Torah, die eerste vyf boeke van die Bybel met gesag kon uitlê. Slim mense wat vas gedraai het met die wet, het na hom gekom vir raad en antwoorde. Jesus daarteenoor was nie eens in 'n huis gebore nie, maar in 'n stal. Hy het geen geleerde agtergrond gehad soos Nikodemus nie en was bloot die seun van Josef die skrymwerker van Nasaret in Galilea. Maar hy het die wonderwerke gesien wat hierdie man Jesus doen. Johannes 2 gaan tog oor die troue waar hy die water in wyn verander het in Kana. Ons lees in 2:23 dat met die paasfees in Jerusalem baie mense tot geloof in Hom gekom het oor die wonderwerke wat Hy gedoen het. En by die groot leermeester van Israel, by Nikodemus, begin vrae opborrel. Want Jesus se prentjie van God is heel anders as wat die skrifgeleerdes geglo het. Hy praat in eenvoudige taal, hy vertel stories of gelykenisse om iets oor God te sê, maar Sy boodskap is geweldig kragtig. Hy wil met sy verstand uitklaar wat dit wat hy gesien en gehoor het van Jesus beteken. Hy kom in die nag na Jesus toe. Skares het Jesus altyd omring en dit was moeilik om by Hom uit te kom in die nag. Miskien sou hy rustiger met Jesus kon praat en sy vrae kan vra in die nag as die skares nie rondom Jesus

was nie. Maar meer waarskynlik kom Nikodemus in die nag, want hy wil nie gesien word by Jesus nie. Hoe lyk dit nou as die groot leermeester van Israel wat almal se vrae geantwoord het kom na hierdie jong, nuwe profeet uit Nasaret met sy vrae? Nikodemus kom ook in die nag na Jesus toe, want sy besoek aan Jesus kan sy gevestigde loopbaan in die gedrang bring. Dit kan sy posisie in die Sanhedrin in gevaar stel as hy nie meer heeltemal seker is oor wat hy glo nie en skielik geloofsvrae begin ontwikkel. Deur na Jesus in die nag te kom, kan hy veilig sy vrae aan hom stel, selfs in sy eie hart begin glo dat hierdie Jesus soos hy self in 3:3 bevestig, die leermeester is wat van God af kom. Dat Hy Jesus rabbi noem, getuig daarvan dat hy as leermeester van Israel erken dat Jesus hom nou moet leer. Maar om nagdissipel van Jesus te wees stel nie jou loopbaan in gevaar nie. 'n Nagdissipel is iets soos hierdie geheime of ondergrondse dissipel van Jesus. Dit bedreig nie jou sekuriteit of jou veilige en gevestigde lewe nie. Dit laat jou eintlik maar lewe soos jy voorheen gelewe het. Om net met jou kopvrae na Jesus toe te kom, verander nie veel aan hoe jy lewe nie. Dit kan dissipelskap nog veilig weghou van jou emosies en die wil waarmee jy besluite neem en waarmee jy op sekere maniere vanuit daardie besluite optree. Kyle Idleman skryf baie mooi oor Nikodemus: Dit lyk of Nikodemus al hier een of ander keuse maak om in Jesus te glo- Hy noem hom rabbi of leermeester en die Een wat van God af kom en by wie God is omdat Hy die wonderwerke kon doen wat Hy gedoen het. Maar Jesus wou nie net hierdie verhouding met Nikodemus hê waar hy maar net in Hom glo nie. Hy wou hê dat Nikodemus Hom sal volg. Hy het nie net vir Nikodemus in die nag gesoek nie, maar in die dag ook. Nikodemus is hier nog 'n nagdissipel van Jesus, hierdie fan of bewonderaar wat belang gestel het in wat hy leer, maar dit het nog nie begin inmeng met sy veilige en gevestigde lewe as skrifgeleerde nie. Nikodemus in Johannes 7: Ek spreek my in die openbaar oor Jesus uit: Hier is Nikodemus in sy posisie as lid van die Joodse raad of die Sanhedrin. Hy hoor hoe sy kollegas in die Joodse raad eintlik die gewone mense van die volk as vervloektes beskryf wat nie die wet van God soos hulle ken nie en daarom geval het vir Jesus se misleidings. Nikodemus wys hulle daarop dat hulle Jesus beskuldig as iemand wat die mense van die volk verlei met vals leringe, maar dat hulle besig is om hul eie wette te ontken dat hulle nie iemand sonder meer kan beskuldig sonder om Sy kant van die saak aan te hoor nie. Hier stel Nikodemus sy loopbaan en reputasie op die spel. Wat hy van Jesus glo begin inmeng met sy lewe as skrifgeleerde en is besig om sy gerief en gemak en godsdienstige posisie in gevaar te stel. Sy kollegas het gelag oor die plek waar Jesus vandaan kom het. Nasaret in Galilea. Daar was selfs in daardie tyd die uitdrukking dat daar niks goeds uit Galilea kon kom nie. Nou gebruik hulle die landstreek waar Jesus vandaan kom as hierdie stok om Nikodemus mee te slaan. Jy spreek jou seker ten gunste van hierdie profeet uit Galilea uit omdat jy self daar vandaan kom.

Nikodemus in Johannes 19: Ek doen iets in die openbaar wat my dissipelskap van Jesus illustreer of duidelik maak: Hier lees ons dat Jesus al gesterf het en dat Sy liggaam voorberei word vir Sy begrafnis. Nikodemus bring hierdie mengsel van vyftig liter mirre en aalwyn om Jesus se liggaam mee te behandel. Hierdie gebaar moes Nikodemus 'n fortuin gekos het. Dis eintlik ironies. Die eens nagdissipel van Jesus word dagdissipel van Jesus. By die kruis het die meeste van die ware dissipels of die elf wat oorgebly het na Judas se dood weggehardloop. Maar Josef van Arimatea en Nikodemus wat albei lede van die Sanhedrin of Joodse Raad was, gaan vra Jesus se liggaam by die Romeine. So staan hulle die gevaar om op die watch list te kom as mense wat hulle met hierdie opstandeling Jesus assosieer het. Hierdie gebaar van die mengsel van mirre en aalwyn te bring het Nikodemus veel meer as bloot geld gekos. Hy was nie meer hierdie geheime bewonderaar van Jesus nie. Ons dade praat mos altyd soveel harder as wat ons in ons eie hart of in ons privaatheid glo. Hierna sou Nikodemus nie meer welkom wees in die Joodse Raad wat agter Jesus se dood gesit het nie. Sy titel, sy reputasie was waarskynlik vir altyd vernietig. Op die ererol van groot leermeesters van Israel is sy naam vir altyd uitgewis omdat hy as veraaier tot die Joodse geloof gesien sou word. Vir die ander lede van die Joodse raad sou Jesus se interpretasie van die wet altyd onaanvaarbaar wees. Die battle lines tussen Jesus en die Joodse geestelike leiers is lankal getrek- gaan lees maar Mattheus 23 as jy wil weet hoe wyd en diep daardie battle lines was. En Nikodemus het met sy gebaar by Jesus se begrafnis duidelik aangedui aan watter kant van die battle line hy gestaan het. Sy lewe sou nooit weer dieselfde wees nie. Hy het toegelaat dat dit wat hy geglo het, tot dade oorgaan- sy geloof was nou met die daad bewys. Ons lees nooit weer van Nikodemus nie, maar die Christelike tradisie van die vroeë kerk vertel ons dat hy iewers in die eerste eeu vir hierdie daad-geloof in Jesus as martelaar gesterf het. Ons lees in Johannes 12 dat Jesus vertel dat as Hy aan die kruis van die aarde af verhoog word, Hy mense na Hom toe sal trek. By Jesus se dood word die krag van die kruis klaar sigbaar as twee lede van die Joodse raad wat in die geheim maar bewonderaars van Jesus was tot op daardie stadium, na vore tree en iets doen wat hulle in die openbaar bevestig en aankla as dissipels van Hom. Dissipelskap is glo én volg: In die Nuwe Testament gebruik Jesus so vyf keer die uitdrukking dat mense in Hom moet glo. Maar Hy gebruik omtrent twintig keer die uitdrukking dat hulle hom moet volg. Dink maar aan die roeping van Petrus en sy broer Andreas in Mattheus 4. Jesus roep hierdie twee vistermanne met hierdie woorde. "Kom hier! Kom saam met Hy en ek sal julle vissers van mense maak. Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg." Nie gevra verduidelik eers vir ons waarvoor jy as rabbi staan nie. Die nette gelos en hom gevolg. Die glo en die volg is soos die hart en die longe van ons geloof. Jy kan die glo en die volg nooit los van mekaar verstaan nie. Glo ek en jy net in Jesus of volg jy Hom ook? Weet jou kinders dat jy in Jesus glo en Hom volg, weet jou kollegas by die werk dit, weet jou kleinkinders dit, weet jou maats by die skool dit? Sien hulle in jou dat jy bereid is om Jesus te volg al kos dit jou om van die gemak en gerief van jou lewe op te offer om iewers of

iemand te gaan dien? Nikodemus was nog altyd godsdienstig, maar hy moes sy godsdiens prysgee om Jesus te volg, sy sekuriteit en posisie as lid van die Joodse Raad. Hy verander omdat hy kies om Jesus te volg van die groot leermeester in die Joodse geloof na hierdie uitgeworpene wat hierdie jong rabbi Jesus met Sy vreemde leringe volg. Hy verander weens Sy dissipelskap van iemand na niemand in die oë van sy kollegas, maar hy ken nou die krag wat jou van bo af, deur die Gees van God nuwe geboorte en nuwe lewe gee. Ek sluit af met die lewensverhaal van Gary Polsgrove. Sy storie gaan so: Skuldig. Terwyl ek in die hof voor die regter gestaan het, het ek begin huil. 'n Polisieman by die hof het my in boeie geslaan en tronk toe geneem. Ek het 'n hele paar dae daar spandeer en probeer uitwerk wat met my lewe gebeur het. Hoe het ek tot hier geval? Ek het die hoogtepunt van my loopbaan bereik as vlieënier by 'n groot lugredery. Ek het alles gehad. Ek het uitgeloop op my vrou en my huwelik in 1993. Daar was nou geen las meer om my nek nie. ( I had no one weighing me down). Ek het geld gehad, meisies, vriende, hierdie goeie werk. My hele lewe het daarom gedraai om in alles vir myself ja te sê. Totdat ek gevang is dat ek vliegkaartjies gesteel het. Ek het nie besef hoe baie my werk vir my beteken het totdat ek die nag afgedank is nie. Om my werk te verloor was soos om aan die binnekant te sterf. Maar ek het beslis nie my lewensstyl opgegee nie. Sonder werk, het ek my inbetalings vir kinderonderhoud begin oorslaan. Dis hoe ek in die hof en die tronk beland het. Dit was die grootste wekroep ooit in my lewe. Na my tyd in die tronk het ek in 'n halfweghuis vir oud-gevangenes begin bly, uit my rugsak geleef en uiteindelik in 'n toebroodjiewinkel begin werk. Sommige dae sou ek in sommige van my ou kollegas by die lugredery vasloop en ek kon my skaamte nie beskryf vir enigiemand nie. Dit was in daardie tyd toe alles waarvoor en gewerk het my lewe lank en my ou lewe dood was, dat ek ware lewe begin ontdek het. Daar was nêrens anders om te gaan of na toe te draai nie en ek het weer die geloof van my jeug ontdek. Ek het begin bid en my Bybel begin lees. Vir die eerste keer het Jesus iemand werklik vir my begin word. Ek het begin nee te sê vir myself en ja te sê vir Jesus. Dit het beter met my begin gaan, ek het hierdie wonderlike werk gekry en teen die korporatiewe leer weer begin uitklim. Maar ek was bang dat die ou ek sal terugkom en het bly bid dat die Here my sal lei om ten volle oorgegee aan Hom te bly. Dit bly tot vandag toe nog my gebed. Ek is nou besig om jong manne by die kerk te mentor wat soek na geestelike leiding. God het die foute van my verlede geneem en gebruik hulle as instrumente om jong manne daarvan te weerhou om die foute te maak wat ek gemaak het. Ek werk ook met ouens wat in die tronk in

aanhouding is. Dit het my passie geword om God se hoop en genesing te bring in die stukkende lewens van hierdie manne in die tronk. Net God kan hierdie soort gemors wat my lewe was omdraai en dit in hierdie boodskap van hoop en redding vir ander mense verander. My naam is Gary Polsgrove. Ek is nie 'n bewonderaar of fan van Jesus nie. Ek is 'n dissipel van Hom. Waar staan jy met Jesus? Amen.