Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

n Prins word die Skaapwagter

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Van Vervolger tot Prediker

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

BLAAS DIE BASUIN GEREFORMEERDE KERK DASPOORT Jenningstraat 728, Daspoort Leraar: br Cobus Rossouw

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Les 6 vir 10 November 2018

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mark 10:1-12. Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike.

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Addendum A Consent form

Pretoria- 23 Junie 2012

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Waar is God as ons swaarkry?

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Die maan en sy rol in ons wereld *

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Verduidelik 4 Wel-it sê hulle was dissipels. Want dis wat dissipels doen. Ons volg Jesus.

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

NEW INTERNATIONAL VERSION

Maleagi 1:1-2:9 n Verklaring en toepassing Ds. Cobus Rossouw

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

1Kon 18:19-40 In 'n land en wêreld vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE openbaar die HERE dat Hy die enigste ware God is... So, volg Hom!

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Skriflesing: Sondag 4 Sing- Ps. 118:1; Ps. 119:61; Ps. 130:2 Genesis 3:1-19 Gen 3:1 Psalm 130 Psa 130:1

KERSDAGPREEK - PAARLBERG - 25 DESEMBER 2017 Mat 1:1-17 Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham: (2) Abraham

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

HOOFSTUK 3. DEKONSTRUKSIE VAN DIE TEKS VAN EFESIëRS 5:21-33

Pretoria- 23 Januarie 2011

TORAH (WET) EN GENADE. LES 6 (Deel 3): HOORDERS EN DADERS VAN TORAH

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Transcription:

Die regering van die Kerk 1Tim 2:11-12 Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie. Maart 2012

Ps-vooraf Ps 33:1,2 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Amen Seëngroet Gemeente van ons Here Jesus: Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus deur die kragvolle werking van die Heilige Gees Amen. Lofprysing Ps 122:1,2 Geloofsbelydenis Verootmoediging en Versoeningsdiens. Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20. Psalm na die wet Ps 130:1,2,4 1

Gebed om skuldbelydenis en verligting. Psalm na gebed Ps 32:1,3,4 2

Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:1-15 Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 119:11,50,53 Fokus gedeelte: vers 11-12 Skrifverklaring. Inleiding Geliefdes... in ons prediking uit 1Tim 2... het ons nou gevorder tot by vers 10. Terugblik Tot dusver kon ons leer... in vers 1-6... dat die heel eerste... en belangrikste... orde-reël vir elke plaaslike kerk... dit is... dat ons... altyd n biddende kerk moet wees. En vir wie... waaroor... en waarom... ons moet bid... kon ons ook vanuit vers 1-6 leer. 1 ***************** Vers 8 het ons geleer van Christus se wil oor wie in elke kerk... se eredienste... die leiding moet neem... en moet bid. Dis die manne. En vanuit vers 8 self... en in die lig van die res van die Skrif... kon ons agterkom... hoekom die manne moet leiding neem en bid. 1 Vgl 1Tim 2:1-7(a) en (b) preke. 3

Verduidelik Wel... dis omdat die kerk op elke plek... God se nuwe-verloste-mensdom is, 2 waar die manne die leiding neem... soos God dit ge-wou het eens in die paradys... voor die sondeval. **************** Van vers 8 af... het ons verlede week by vers 9-10 gekom. En hier verskuif die fokus... weg van die manne... na die vroue. En dan hoor ons in vers 9-10 van Christus se reël... vir hoe ons susters hulself moet versier... sodat die vroue... hier in die erediens... besig kan wees met die baie belangrike taak van God-verheerliking. *************** Maar dit bring ons nou by vers 11-12... En steeds is die fokus... op Christus se orde vir die vroue in sy kerk... op elke plek... as Paulus in vers 11-12 sê: Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid. Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou. *************** Opmerking En nou... sal u onthou... dat ons verlede week by vers 9-10... gehoor het van Johannes Chrysostomos. 2 Efes 2:8 en 15 4

Hy was rondom 403 nc die predikant van Konstantinopel. En dit was juis oor sy prediking uit 1Tim 2:9-10 dat hy verban is uit Konstantinopel. Want dit waaroor 1Tim 2:9-10 gaan... het nogal die manier om mense... en veral vroue... erg om te krap. *************** En... wanneer ons nou vandag by vers 11-12 kom... is dit nie eenvoudiger nie. Want hier leer ons... deur die apostel Paulus... Christus se wil dat... vroue leerlinge moet wees... maar nie onderrig mag gee nie. Toepassing En dadelik... sal n hele klomp mense... in ons tyd... vir Paulus wil beskuldig van seksistiese diskriminasie teen vroue. Want ons leef in n tyd 3... van mense-regte... van gelykheid tussen man en vrou op alle terreine... En waar kom hierdie Paulus nou daaraan... om te sê dat vroue nie mag onderrig gee nie. Ander... sal weer sê... dat Paulus... die Jood en oud-fariseër... met hulle minagting van vroue... 3 Vgl Collins se Gen komm bl 141 5

sy kultuur... en sy gebruike... in vers 11-12 ingeskryf het. 4 Nog ander sal in die Bybel in praktyk... op bl 1881... sê... dat ons vers 11-12... net... en alleen... reg kan verstaan... as jy die sosiale-en-kultuur situasie van Efese... in die tyd van Paulus en Timoteus... reg ken. En net n entjie verder aan word daar dan gesê... dat Paulus... nie... vers 11-12... se beperkende maatreëls vir vroue sou gegee het... as die sosiale-en-kultuur situasie anders was... soos bv by ons vandag nie. 5 ****************** En daarom... geliefdes... gaan ons by die verklaring van vers 11-12... waar ons van Christus se wil hoor... dat... vroue leerlinge moet wees... maar self nie onderrig mag gee nie eers stil staan by... hoe... ons vers 11-12 moet verklaar... en dan daarna gaan ons let op... * die opdrag dat vroue leerlinge moet wees... in vers 11 * die wyse waarop vroue leerlinge moet wees... ook in vers 11 * en n verduideliking daarvoor... in vers 12 A. So kom ons begin met hoe... ons vers 11-12 verklaar. Nou... soos ons redes gesien het... is daar n hele klomp standpunte... oor hoe ons vers 11-12 moet verklaar. 4 Vgl bv Boomsma, in NTES 811 reader bl 64 5 Vgl ook Janse Van Rensburg, Selfbevryders, in NTES 811 reader bl 126-128 6

Opmerking En wat belangrik is... is dat hierdie mense... met hulle standpunte... geleerde mense is. Mense vir wie ons baie maal die grootste respek het. **************** En hier staan cobus rossouw vandag voor julle. Hy het nie meestersgraad nie... Ook nie doktorsgraad nie... Hy s ook nie n professor nie. En wat moet hierdie simpele predikant nou... tussen al hierdie geleerde stemme... van vers 11-12... kom sê? **************** My Hermeneutiek 6 Wel... geliefdes... wat ek nou gaan sê... sê ek in nederigheid. Maar tegelyk sê ek dit met volle... volle sekerheid. En dit is... dat ek in vers 11-12 die woorde lees... van my Verlosser... die Seun van die lewende God. Ja... God self... is hier aan die Woord... Ons het dus in vers 11-12... al is Paulus aan die woord... te doen met die woord van Jahwe. Bewys 7 Daarom dat Petrus... Paulus se briewe in 2Pet 3:16... net so gesag-vol beskou as die OT-geskrifte... En van die OT-geskrifte sê Paulus in 2Tim 3:16... 6 Vgl Geijdanus, 1946, Schriftbeginselen ter Schriftverklaring veral bl 126 7 Vgl Ryken se 1Tim komm bl 98-99. 7

Die hele Skrif is deur God ingegee... En daarom is Paulus se woorde in vers 11-12 ook deur God ingegee... Want Petrus leer in 2Pet 3:16... dat Paulus se briewe net so gesag-vol is as die OT-geskrifte. **************** En... geliefdes... (hier)die waarheid (van God se Woord) is bo alles... So bely ons... in ons NGB in art 7. Daarom kan geen menslike geskrif... of kennis... of navorsing oor die sosiale-en-kulturele toestande in Efese in die jaar 63 nc bokant hierdie Woord staan... om dit gesag-vol te verklaar nie. Bewys 8 Want daardie menslike navorsing... moet so baie maal tot die belydenis kom... van: Ons weet nie alles nie... Ons het nou agter gekom... dat ons vorige navorsing onvolledig was Ons het bemerk dat ons foute gemaak het. Ja... daardie navorsing is ontsaglik kosbaar... maak geen fout nie... Maar dit bly die werk van mense... En daarby sondaar mense. Daarom dat geen navorsing... oor sosiale-en-kulturele toestande in Efese in die jaar 63 nc... bokant die Woord van God staan... om dit te verklaar nie. 8 Vgl bv Bybel in praktyk bl 1881; NIDNTT vol 3 bl 1055; en Duvenhage, Dekor van die NT bl 15-18 se verskillende sieninge oor die posisie van die vrou in die tyd van Paulus. 8

Gevolgtrek Daarom dat God sy eie Woorde... met sy eie Woorde moet verklaar. Toepassing En dis hoe ek vandag vers 11-12 biddend verklaar en toepas. Biddend verklaar ek die teks van vers 11-12 deur Skrif met Skrif te vergelyk. ****************** Maar beteken dit... dat ons... ons nooit hoef te steur... aan die kultuur-en-sosiale opset van bv Paulus se tyd nie? Nee... geliefdes... dit sê ons ook nie. Verduidelik En kom ons gebruik dan n voorbeeld om meer lig op hierdie saak te werp. Sê maar ons is besig met Hand 14:11-14... waar ons lees van Listre se mense wat vir Paulus en Barnabas aanbid het. Terwyl hulle dit gedoen het... het hulle Paulus... Mercurius genoem... en vir Barnabas... Jupiter genoem. En nou kan ons biddend deur Skrif met Skrif te vergelyk presies weet... wat die sonde is van die mense van Listre. Met ander woorde:... Die verstaan van Hand 14:11-14 staan deur Skrif met Skrif vergelyking... onbeweeglik vas. 9

Die mense van Listre aanbid ander mense... Iets... wat die HERE se wet verbied. En hierdie betekenis kan deur niks verander word nie. ****************** Maar nou s die vraag:... Waarom noem hulle vir Paulus nou juis Mercurius... en vir Barnabas nou juis Jupiter? Nou... oor die antwoord hierop... leer ons meer deur n ensiklopedie van die rak af te haal... en te gaan oplees oor die kultuur van Listre se mense. Maar... baie belangrik:... Die ensiklopedie... kan nie vir ons sê... wat die sonde van Listre se mense gedoen het nie. Dit sê God se Woord. En meer nog: Die ensiklopedie kan nie uit eindelik vir ons vertel dat Listre se mense eintlik nie sonde gedoen het nie. **************** Gevolgtrek So... geliefdes... die belangrike les... wat ons moet leer... is dat die sosiale-en-kultuur opset nooit die sleutel kan wees waarmee ek 1Tim 2:11-12 verstaan nie. *************** Toepassing Nee... wat ons nodig het... is om te bid... dat God self... vir ons sy Woord sal verklaar. 10

En dan gaan die predikant met bewing aan die werk... Hy luister Woord vir Woord... na God se Woord in die teks van vers 11-12... En hy verklaar dit in die lig van die res van God se Woord. En in die proses... sal die predikant oor die kultuur-en-sosiale opset van Efese in die tyd van Paulus lees. Maar nooit ooit... en daarteen moet die ouderlinge waak met n heilige ywer... mag ek God se heilige Woord... in 1Tim 2:11-12... verklaar in die lig van die kultuur-en-sosiale opset van Efese nie. *************** B. So... geliefdes... dis hoe ek vandag... en altyd... die Skrifte vir u wil verklaar. Ek kan nie anders nie. Want niks is bo die Waarheid van die Woorde van die HERE nie. ***************** Maar goed... kom ons gaan nou aan... na die verklaring van vers 11-12... waar ons hoor van Christus se wil dat... vroue leerlinge moet wees... maar self nie onderrig mag gee nie. 1. En heel eerste staan ons stil by... die opdrag... dat vroue leerlinge moet wees. Paulus sê it in vers 11:... Die vrou moet haar... laat leer... 11

Opmerking Nou... soos reeds gesê... lees n predikant ook op oor die kultuur-en-sosiale opset. Dis nie die sleutel waarmee ons die teks van vers 11 verstaan nie... Maar dis nie onbelangrik... om te weet wat aangegaan het in Efese in die tyd toe Timoteus daar was. ************* In my oplees werk kom ek toe af op hierdie sin... in n Joodse geskrif... die Babiloniese Talmud. Die sin sê:... die mans kom (na die sinagoge) om onderrig te ontvang... die vroue alleen maar om te hoor. 9 En hierdie idee dat vroue nie eintlik onderrig moet ontvang nie... was baie sterk by baie Joodse Skrifgeleerdes en rabbi s... in die tyd van Paulus... wat self n Fariseër was. 10 **************** Maar nou kom sê Paulus... in vers 11... iets heeltemal anders... as wat baie Jode gesê het. Want Paulus, geïnspireer deur die Heilige Gees, sê: Die vrou moet haar... laat leer... 9 Vgl Knight se 1Tim komm bl 139. Nou... hierdie idee oor vroue was heeltemal... teen die HERE se wet in. Bewys: Want in Deut 31:12 sê Moses dat... die manne en die vroue... wat in jou poorte is... (moet) leer om... sorgvuldig al die woorde van hierdie wet te hou. So... net soos mans... was dit die HERE se wil... dat ook die vroue sy wil en wet moes leer ken... En daarin moes hulle oderig word... net soos die manne. 10 Hand 23:6; 26:5 12

Verduidelik 11 En dadelik... moet ons raaksien... dat ons Paulus nie kan beskuldig daarvan... dat hy... maar net besig is om sy Joodse kultuur-en-agtergrond in die teks van vers 11 in te skryf nie. Want in vers 11... sê Paulus iets heel anders as die kultuur waar uit hy kom. ****************** Want hy sê: Die vrou moet haar... laat leer... Openbaringshistories En waarom?... Wel... omdat ons deur Skrif met Skrif vergelyking leer... bv uit Efes 2:8 en 15... dat die kerk... God se deur-christus-verloste nuwe mensdom is 12... wat bestaan uit vroue... en ook mans. Maar... en dis nou belangrik... hierdie nuwe mensdom... moet wat die vorige lewenswandel betref die oue (sondige) mens... aflê... (en) vernuwe word... (ja ons moet ons) met die nuwe mens... beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid. So leer Efes 4:22-24. 11 Vgl Ryken se 1Tim komm bl 89. 12 Vgl 1Tim 2:8 preek 13

Verduidelik 13 En waarvan Paulus in Efes 4:22-24 praat is niks anders... as ons heiligmaking nie. Dis niks anders as die dood maak... van die sonde in my nie. Dis niks anders as die opstanding... van die nuwe mens in my nie. Daardie nuwe mens... wat al hoe meer en meer... die beeld van God in die wêreld moet vertoon... tot verheerliking van God. En een van die maniere... waarop God sy heiligmaking in sy manne... maar ook in sy vroue... opwek... is deur sy Woord! Ons hoor it in Joh. 17:17... en Hand 20:32. 14 ***************** Daarom dat Paulus sê: Die vrou moet haar... laat leer... Verduidelik En dan moet vroue hulle laat leer... net soos die manne... in die Woord van die HERE... geliefdes. 15 Toepassing Ja... susters... julle moet die teologie ken... net soos die manne. 13 Vgl Reymond, A new systematic theology of the Christian faith, bl 768-769; Berkhof, Systematic theology bl 533; Comm on the NT use of the OT, bl 825 14 Vgl Reymond, A new systematic theology of the Christian faith, bl 780 15 Vgl NIDNTT vol 1 bl 484,486 14

Julle moet doel bewus moeite doen om onder prediking te kom... waar die Skrifte vir julle verklaar word... Woord vir Woord... net soos die manne. Julle moet doelbewus moeite doen... om onder prediking te kom... waar Christus vir julle gepreek word vanuit die Skrif... net soos die manne. Julle moet doel bewus moeite doen... om onder prediking te kom... waar die Skrif ons aanspreek... en oproep tot bekering... en n lewe soos die Woord beveel... net soos die manne. Want dis wat dit beteken as Paulus sê: Die vrou moet haar... laat leer... 16 En so bewerk God die heiligmaking in sy nuwe mensdom. En daarby moet vroue hulle gereeld... en aanhoudend laat leer... net soos die manne. Verduidelik Want wanneer Paulus praat van die vroue wat hulle moet laat leer... dan sê die Griekse woorde vir ons... dat dit iets is... wat vroue gereeld moet doen. 17 16 Vgl NIDNTT vol 1 bl 483-486, vol 3 bl 765; TDNT een vol bl 163,553,555; Ridderbos, Paulus bl 506. 17 μανθανε τω praes imperat 3de ev die praes dui hier op n opdrag tot voortdurende of herhaaldelike handeling (Binnewerk bl 35). 15

Toepassing Daarom susters... geld die Woord van Heb 10:25... ook vir julle... net soos vir die manne. Die Woord wat sê: en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie... Want dis hier by ons erediens-byeenkoms... waar julle julself moet laat leer... net soos die manne. **************** 2. Maar nou s daar ook n manier... waarop vroue hulle moet laat leer. En oor hierdie manier gaan ons tweede punt. En van hierdie manier... hoor ons... ook in vers 11... as Paulus sê: Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid. 18 So... hoor u die manier... waarop vroue hulle moet laat leer... Dis in stilte... en in alle onderdanigheid. Verduidelik En in stilte beteken... dat daar n stille-oplettendheid moet wees by vroue wanneer hulle hulself laat leer. 19 18 ε ν η συχιά en ε ν πα ση υ ποταγη ε ν + dat wys hier op die manier waarop die hoof-ww gedoen moet word (Greek grammer beyond basics, bl 372; Bouma se 1Tim komm bl 63) 19 Vgl NIDNTT vol 3 bl 111,112; Macarthur se 1Tim komm bl 86 16

Voorbeeld 20 Dis soos daardie keer in Hand 21:40... toe Paulus vir Jode gepreek het... Dit was eers nadat daar n groot stilte gekom het dat Paulus begin preek het... En toe hy hulle in die Hebreeuse taal toespreek, was hulle nog stiller. 21 En so moet dit ook wees met julle... susters... Wanneer julle julself laat leer... deur een wat preek... moet daar stille-oplettendheid wees. Dit moet n doelbewuste ding wees... wat jy doen... Ook die ma s in die moederskamer moet dit doen... Daar moet doel bewuste kinderopvoeding wees sodat daar by julle stille-plettendheid kan wees. ****************** Ja... Die vrou moet haar in stilte laat leer... Maar ook in alle onderdanigheid. Verduidelik Ons kan ook sê gehoorsaamheid... en eerbied. En natuurlik moet hierdie onderdanigheid wees teenoor die een wat besig is om te onderrig. 22 20 Vgl Ryken se 1Tim komm bl 90 21 Hand 22:2 22 Vgl Baljon bl 1027; Baljon se 1Tim komm bl 63; Knight se 1Timm komm bl 139 17

En die een wat in die plaaslike kerk onderrig gee... is n ouderling. So sê 1Tim 3:4 en 1Tim 5:17. 23 ***************** Toepassing En susters... nou moet julle dit tog onthou:... Onderdanigheid aan ouderlinge... beteken nie minderwaardigheid nie. As ons so dink... val ons vir die leuen van Satan... wat ons opstandig wil maak teen die gesag wat Christus vir sy kerk ingestel het. Gevolgtrek So... moet tog nooit dink dat onderdanigheid... gelyk is aan minderwaardigheid nie Bewys 24 Kyk maar net na Jesus... ons Koning en Verlosser. Hy was onderdanig. In Joh. 4:34 sê Jesus: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het... In Joh. 15:10 sê Jesus: Ek (het) die gebooie van my Vader bewaar... En in Fil 2:8 vertel Paulus 23 Vgl Ridderbos se 1Tim komm bl 81-82; Ryken se 1Tim komm bl 90 24 Vgl Ryken se 1Tim komm bl 93; Reformation study Bible bl 1754 18

dat Jesus soos n dienskneg gehoorsaam was. En tog... in Joh. 1:1 hoor ons baie duidelik... dat Jesus self God is. En in Joh. 10:30 sê Jesus: Ek en die Vader is een. Maar in sy amp as ons Middelaar en Verlosser... het Jesus Homself onderwerp in gehoorsaamheid aan God die Vader... Ja... Jesus was onderdanig. Maar Jesus se onderdanigheid... beteken beslis nie... minderwaardigheid nie! *************** Gevolgtrek So... julle moet dit onthou... susters! Onderdanigheid... is nie minderwaardigheid nie! 25 As Paulus dus hier in vers 11 sê... dat julle jul moet laat leer... in stille-oplettende en gehoorsame-onderdanigheid... aan die ouderlinge... wat die onderrig gee... dan beteken dit nie... julle is minderwaardig nie. En by dit alles... Dis tog hoe die manne in die kerk hulle ook moet laat leer... nie waar nie? 25 Vgl ook bv 1Pet 3:7 19

Bewys 26 Die Hebreërskrywer sê dit vir ons in Heb 13:17... as hy met die hele kerk praat... met die vroue en die manne... en dan sê: Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig... So... ja... wanneer ons as kerk hier onderrig ontvang... deur die ouderling... wat ons Here gegee het... om ons te onderrig... dan moet daar stille-oplettendheid wees... en ook onderdanigheid. En dit het net mooi niks te doen met minderwaardigheid nie! ****************** 3. Maar waarom sê Paulus... spesifiek nou vir die vroue... dat hulle hulself moet laat leer... in stilte... en in alle onderdanigheid? Nou... die antwoord kry ons in vers 12... Verduidelik 27... wat verder verduidelik... wat dit beteken wanneer Paulus in vers 11 sê dat vroue hulself moet laat leer... in stilte... en in alle onderdanigheid. 26 Vgl Rykesn se 1Tim komm bl 90-91 27 γυναικι δε Die δε is vir my hier verduidelikend (vgl Greek Grammer beyond basics bl 673). Vers 12 verduidelik dus nou waarom vroue by leer-handeling moet stil wees in alle onderdanigheid (Ridderbos se 1Tim komm bl 81; Calvyn se 1Tim komm bl 67; Macarthur se 1Tim komm bl 86). 20

Opmerking En nou kom ons by ons derde punt... ************** Nou... in vers 12 staan daar: Ek (Paulus) 28 laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou. En net hier hoor ons... waarom Paulus... in vers 11... spesifiek vir vroue gesê het om hulself in stilte te laat leer... Verduidelik Dis omdat Paulus in vers 12 leer... dat dit die wil is van Christus... dat vroue nie mag onderrig gee nie. So... vroue moet hulself laat leer... Maar self mag hulle nie onderrig gee... of ander leer nie. 29 Opmerking 30 Maar beteken dit nou... 28 Opmerking: En nou moet ons net gou weer ons koppe reg laat dink. Onthou as Paulus hier in vers 12 sê: Ek laat die vrou nie toe... nie... dan moet ons weet... dat ons nie maar hier Paulus se opinie hoor nie... of iets van sy chauvinisme beleef nie. Nee!... En ons het dit nou al vroeër in die prediking gesê: Hier in vers 12 hoor ons Christus se Woord... want Paulus is Christus se gestuurde apostel... wat Christus se wil... geïnspireerd deur die Heilige Gees... bekend kom maak... Ook Christus se wil vir die orde en regering van sy kerk op elke plek (Vgl Knight se 1Tim komm bl 140; Macarthur se 1Tim komm bl 86). Gevolgtrek: So... geliefdes... in vers 12 hoor ons Christus... ons Here en Verlosser se wil vir die orde in sy kerk... as Paulus sê: Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou. 29 Vgl Baljon bl 226; TDNT een vol bl 162; NIDNTT vol 3 bl 761; Bouma se 1Tim komm bl 63; Knight se 1Tim komm bl 141 30 Vgl Macarthur se 1Tim komm bl 87; Knight se 1Tim komm bl 140; Calvyn se 1Timkomm bl 67; Ryken se 1Tim komm bl 94. 21

dat vroue nooit ooit... op enige stadium... enige iemand iets mag leer nie? Nee... natuurlik nie... geliefdes! Ons hoor dan in Tit 2:3-5 van die ouer vroue wat die jong vroue moet leer... om versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê... ingetoë te wees... kuis... huislik... goed... aan hul eie mans onderdanig... sodat die woord van God nie belaster word nie. En vanuit 2Tim 1:5 en 2Tim 3:14-15 leer ons van die baie belangrike taak... wat ma s het om hulle eie kinders van die HERE te leer. En in Hand 18:26 hoor ons van Aquila en Priscílla (sy vrou 31 ) wat vir Apollos by hulle (in die huis) geneem (het) en hom (saam) noukeuriger die weg van God uitgelê het. ***************** So... geliefdes... wat ons hier in vers 12 moet onthou... is dat onderrig in die kerk... waarvan vers 12 praat altyd ook leiding-gee is. Verduidelik 32 Ons kan ook sê:... Die onderrig-van-vers 12 is altyd die bediening van Christus se leiding-gewende Woord. 31 Hand 18:2 32 Vgl Ridderbos, Paulus, bl 506-507; Bouma se 1Tim komm bl 63 22

Die een wat onderrig gee... soos vers 12 daarvan praat... gee dus leiding met God se Woord... Ja... daardie een regeer met God se Woord. En nou sê Paulus... dat wanneer die plaaslike kerk bymekaar kom... mans en vrouens... dan mag die vroue nie die onderrig-van-vers 12 gee nie. ***************** Want vroue mag oor die man te heers nie... sê Paulus verder aan in vers 12. Verduidelik 33 Ons sou ook kon sê... dat Paulus dit nie toe laat... dat vroue vir die man regerend-leiding moet gee deur die onderrig van God se Woord nie. Daarom ook dat Paulus in vers 11 sê: Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid. Want sê Paulus in vers 12: Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie... *************** Toepassing En net hier... geliefdes... staan ons by n belangrike toepassing vir ons tyd... En dit is... dat vroue nie ouderlinge kan wees nie. 33 Vgl Ryken, Macarthur en Knight 23

Want vroue mag nie leidinggewend-en-regerend onderrig gee nie. Paulus leer it in vers 12. En presies dit moet ouderlinge doen op die kansel... op huisbesoek... op die kerkraadsvergadering... en by die klassis of sinode. 34 ***************** En nou leef ons in n tyd... waar daar baie druk op ons is om hierdie orde van Christus... op te hef... ja... hierdie sagte juk van Jesus... van ons af te werp. Baie kerke en kerkverbande doen dit... Ook kerke in ons kerkverband doen dit. ***************** Selfondersoek En weet u:... Nou kom staan die Woord van die HERE vanoggend voor ons. Dit kom staan voor ons met n vraag:... Waar staan u... en ek? Waar staan die kerk in Daspoort? Wie is Christus vir ons?... En wat beteken sy Woord vir ons? Is Christus vir ons maar net n liewe-jesus wat op aandag spring as ons skree:... red!! Of is Hy vir ons Koning Jesus... die Almagtige... 34 Vgl Ryken 24

wat ons regeer deur sy Woord... en sy kerkorde daarin? Slot Ook Sy orde in 1Tim 2:11-12... dat vroue... en mans... hulle self moet laat onderrig... in stille-oplettendheid en onderdanigheid... in die Wonderlike heiligmakende Woord van God. Maar ook sy orde... dat vroue... wat leerlinge moet wees... nie self onderrig moet gee nie... en daarom nie ouderlinge moet wees nie. Waar staan ons... gereformeerde kerk Daspoort?... Ja... Wie is Jesus vir ons? ************* Geliefdes... as die HERE wil sal ons volgende week... van uit vers 13 leer dat Christus se orde van vers 11-12... Vasstaan in God se onveranderlike goeie skeppingsorde. Vanuit vers 14 gaan ons die waarskuwing van die sondeval-geskiedenis hoor. * Die Waarskuwing... wat ons wys op die gevaarlikheid daarvan om God se skeppingsorde te minag... en vrouens ouderlinge te maak En uit vers 15 gaan ons hoor van die wonderlike roeping van vroue in die kerk. Amen Antwoorddiens Kom ons antwoord op die Woord van die HERE met Ps 119:11,50,53 25

Gebed Barmhartigheidsdiens Psalm tydens kollekte : Ps 125:1,2,4,5,7 (sittende) Slotpsalm : Ps 40:1,3,4 Wegstuurseën. Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede. Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen. 26