OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Prins word die Skaapwagter

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Van Vervolger tot Prediker

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Waar is God as ons swaarkry?

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Les 6 vir 10 November 2018

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Addendum A Consent form

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Die betekenis van die kruis (1)

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Pretoria- 23 Junie 2012

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Die maan en sy rol in ons wereld *

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Lukas 4: Agtergrond

Oor die outeurs. Wayne Barber. Rick Shepherd. Eddie Rasnake

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

IN PIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

Transcription:

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN? Stephan Bester Agtergrond van waar ek trek... Wanneer die Here ons roep vir iets, beteken dit gewoonlik dat Hy ons ook roep weg van iets af. Die probleem is egter dat daar dikwels n tydsverloop is vandat ons wegbeweeg van die een ding, totdat dit waarvoor die Here ons roep / dit wat Hy vir ons belowe realiseer en hierdie tydverloop gaan dikwels gepaard met n woestyn ervaring tyd in die wildernis en dit is hier in die woestyn wat ons dikwels ervaar dat ons geloof stadig maar seker wegkwyn. Ongeveer so 3 jaar gelede het daar n ongelooflike geleentheid oor ons as gesin se pad gekom. Daar was al van te vore aanbiedinge, maar daar was nog altyd natuurlike diskwalifikasies, maar hierdie keer was dit anders. Toe ons aanvanklik die aanbod gekry het, was dit n no brainer. Dit sou die einde van ons probleme wees en ons sou uiteindelik in n posisie wees om n klomp, indien nie ál ons drome en begeertes te bewaarheid nie. En daar was geen ooglopende redes om dit nie te aanvaar nie, inteendeel, dit was dié groot kans waarvoor baie mense hulle lewe lank wag. MAAR toe ons begin bid, het nie een van ek of Liesl vrede gehad dat ons dit moet aanvaar nie. Dit het glad nie sin gemaak nie, want daar was geen rasionele rede hoekom ons nie die geleentheid moes aangryp nie. Aanvanklik was ek baie opstandig ek het amper gevoel of die Here ons nou sommer net geterg het maar uiteindelik, nadat die Here BAIE direk uit sy Woord met ons gepraat het het ons groot vrede en selfs opgewondenheid gehad om hierdie geleentheid van wêreldse sukses en voorspoed te laat vaar, omdat die Here ons vir iets nog GROTERS roep. Maar nou het daar al baie tyd verloop en dinge het nog nie eintlik verander nie, inteendeel... omstandigheidsgewys voel dit eintlik of ons bietjie agteruitgaan, maar dis OK, want eintlik het ek ook gewoond geraak aan dinge soos dit nou is daar is darem immers nie groot issues of krisisse nie. Bladsy 1

Afgesien van hierdie omstandighede is daar n paar areas in my lewe wat ek weet nie is wat dit moet wees nie, maar ek doen ook nie eintlik veel hieraan nie, behalwe om SWAAAAR te steun op die Here se genade om dit te bedek. Om op te som... - ek gaan slaap meeste aande met n gevoel dat vandag my effens verslaan het, maar met die hoop dat môre n beter dag gaan wees. Eintlik is die regte beskrywing: Ek kap maar net so aan.... So... dit is waar ek trek! Tot die Here my nie te lank terug n bietjie uitgedaag het met die vraag: Stephan, waarvoor vertrou jy my nog? PLAAS DIE VRAAG IN KONTEKS MET GETUIENISSE VAN: ATLETE VIR CHRISTUS EN VOORSIENING AAND VOOR TOER MET BUS EN BRANDSTOF OP TOER; TOE EK WERK IN WORCESTER AANVAAR HET EN 2 WEKE VOOR ONS MOET TREK HET LIESL NOG NIE WERK NIE. NOU moes ek na n lang gespartel erken Dat ek nie eintlik die Here vir enige iets vertrou nie? Meeste van die tyd as ek iets wil hê maak ek self n plan en vir die res aanvaar ek maar dinge soos dit is. EN TOE BEGIN DIE PAD, WAT AANLEIDING GEGEE HET TOT VANDAG SE BOODSKAP. U sien toe ek begin wonder waarvoor ek die Here kan vertrou het ek hier diep in my hart iets ontdek, wat dit moeilik vind om die Here te vertrou ek praat nou nie van geloof in God nie ek praat van Hom vertrou daardie Heb 4:2 vertroue wat die Amplified soos volg beskryf:... but the message they heard did not benefit them, because it was not mixed with faith (with the leaning of the entire personality on God in absolute trust and confidence in His power, wisdom, and goodness) by those who heard it... Bladsy 2

Ek het geen twyfel dat God die Skepper van die heelal is, dat Jesus vir my sondes gesterf het en dat ek eendag hemel toe gaan nie daardie geloof is in plek, maar my vertroue in Sy woord genoeg vertroue om toe te laat dat dit my lewe verander, was GONE! Dit het ongesiens in die laaste 3 jaar verdwyn, sonder dat ek dit agtergekom het en sonder dat ek kon sê hoekom dit gebeur het. Al wat ek geweet het, is dat ek op presies dieselfde plek was as die volk Israel in Eks. 14: 11-12 toe hulle gesê het: 11 And they turned against Moses, whining, Have you brought us out here to die in the desert because there were not enough graves for us in Egypt? Why did you make us leave Egypt? 12 Isn t this what we told you, while we were slaves, to leave us alone? We said it would be better to be slaves to the Egyptians than dead in the wilderness. Het die Here ons dan nou weerhou van n geleentheid net sodat ons nou hier moet krepeer? Waar is die iets GROOTS waarvoor Hy ons dan geroep het en waarvoor ons ander geleenthede moes wegwys? En nou kom ek nog agter dat ek boonop nie meer die Here kan vertrou vir goed nie, my geloof is weg...! Maar ek het nogal geskrik toe ek sien hoe die Here oor Israel se optrede gevoel het: Hebr. 3 : 10 10 But, God says, I was very angry with them, for their hearts were always looking somewhere else instead of up to me, and they never found the paths I wanted them to follow. SHOE HERE! Dit kan ek nie bekostig nie! Ek kan nie bekostig om nie die pad te vind wat U wil hê ek moet wandel nie. En boonop wil ek in plaas van soos Israel wees, eerder soos Paulus en Silas wees wat seker in hulle donkerste oomblik in die gevangenis, terwyl hulle elke moontlike rede gehad het om opstandig teenoor die Here te wees, lofliedere aan U gesing het en toe gesien het hoe U hulle KRAGTIG red! Bladsy 3

Dit alles het my gebring by dieselfde vraag wat die dissipels vir Jesus in Lukas 17 gevra het: 5 The apostles said to the Lord, Show us how to increase our faith. GROOT was my verbasing oor Jesus se antwoord, want in die verse wat gevolg het, het ek iets oor Jesus se siening van geloof en vertroue geleer wat ek nie verwag het nie. 6 The Lord answered, If you had faith even as small as a mustard seed, you could say to this mulberry tree, May you be uprooted and thrown into the sea, and it would obey you! Dit is n baie bekende gedeelte, maar kom ek probeer dit in konteks plaas: Elkeen van ons ontvang by wedergeboorte / toe ons gered is, n maat van geloof, maar ons ontvang dit in saad vorm. Rom 12:3 saamgelees met Mark 4:26, waar Jesus n gelykenis van saad wat gesaai word vertel. So in Luk 17 vra Jesus se dissipels vra vir Hom: Hoe laat ons hierdie saad van geloof in ons lewens groei en vermeerder? en uit wat volg lyk dit of Jesus vir hulle sê: DIS IN JULLE HANDE HOE JULLE GELOOF SAL GROEI! Terug by Luk. 17: 7-9: Net weer die konteks: 5 The apostles said to the Lord, Show us how to increase our faith. 6 The Lord answered, If you had faith even as small as a mustard seed, you could say to this mulberry tree, May you be uprooted and thrown into the sea, and it would obey you! NOU: 7 When a servant comes in from plowing or taking care of sheep, does his master say, Come in and eat with me? 8 No, he says, Prepare my meal, put on your apron, and serve me while I eat. Then you can eat later. 9 And does the master thank the servant for doing what he was told to do? Of course not. Bladsy 4

Hierdie gelykenis het my nog altyd gepuzzle...? Hoekom spring Jesus van die vergelyking van geloof met n mosterdsaad na n dienaar wat ploeg, skape oppas en dan sy Meester se aandete moet bedien? OM DIT TE PROBEER VERSTAAN is dit belangrik om te onthou wat die vraag was waarop Jesus besig is om te antwoord die dissipels het gevra: Show us how to increase our faith. Let nou op die fokus van die gelykenis van die dienskneg: DIT HANDEL OOR DIE GEHOORSAAMHEID VAN DIE DIENSKNEG AAN DIE OPDRAGTE VAN SY MEESTER. DAAR IS TWEE GOED WAT VIR MY UITSTAAN VAN HIERDIE GELYKENIS: 1. Ek het gesê die fokus van die gelykenis is gehoorsaamheid. Dit lyk met die eerste oogopslag baie soos diensbaarheid, maar let op die sin:...does the master thank the servant for doing what he was told to do? Dit is belangrik, want daar kom n tyd wat diensbaarheid nie noodwendig gehoorsaamheid is nie: Bv. Die bekende verhaal van Martha & Maria Diensbaarheid kan so maklik n offer raak, wat nie noodwendig gehoorsaamheid impliseer nie en in 1 Sam 15:22 laat die Here geen twyfel dat Hy eerder ons gehoorsaamheid wil hê as ons offers nie: 22 Samuel replied, Has the Lord as much pleasure in your burnt offerings and sacrifices as in your obedience? Obedience is far better than sacrifice. He is much more interested in your listening to him than in your offering the fat of rams to him. 2. Die dienskneg is volledig gehoorsaam tot die einde. Hy verrig nie net n deel van sy opdragte nie, maar hy doen ALLES tot hy klaar is. Hoeveel keer los ons nie goed halfpad, net omdat ons belangstelling verloor, of voel dit raak te veel of voel die prys wat ons moet betaal raak te hoog nie. VOLLEDIGE gehoorsaamheid voltooi die opdrag tot die einde volledig. Bladsy 5

MAAR volledige gehoorsaamheid vra iets meer van ons... Dit vra dat ons die Here se outoriteit oor ons volledig aanvaar en ek het in my eie lewe net besef dat dit moontlik is om geweldig baie in en vir die Koninkryk te doen, sonder om die Here se outoriteit oor ons te aanvaar. Dit verduidelik waarom Israel steeds n koning wou hê, al het God hulle op n wonderbaarlike manier uit Egipte verlos en n klomp wonderwerke in hulle midde gedoen. Hulle het nie Sy outoriteit/gesag aanvaar nie en Hom daarom nie as hulle Koning beskou nie. Hulle sê: Gee vir ons n koning, terwyl God sê, maar Ek wil julle koning wees. Here ek sal geld gee, maar moet net nie van my tyd vra nie. Here ek sal..., maar net nie... Alles aanduidings dat ons nie God se outoriteit volledig oor ons lewens aanvaar nie en Hy daarom nie Here van ons lewens is nie. HERE, WAT OOK AL DIE VRAAG IS, DIE ANTWOORD IS JA! Volkome gehoorsaamheid gaan vra dat ons onsself onderwerp aan God se outoriteit as Here! EN Jesus maak n direkte verbintenis tussen hierdie onderwerping aan outoriteit en GROOT GELOOF: Mat. 8:10 Verhaal van die Romeinse Soldaat wie se ondergeskikte siek geword het: He (Jesus) marveled -... Assuredly, I say to you, I have not find such great faith, not even in Israel! Maar om die Here se outoriteit oor ons lewens te aanvaar vra weer iets wat ons wat ons dikwels nie bereid is om te doen nie: Mat 16:24 24 Then Jesus said to his disciples, If any of you wants to be my follower, you must turn from your selfish ways, take up your cross, and follow me. Bladsy 6

U sien - Ons haak by 1 van 2 plekke: A: Ons neem nie ons kruis op nie; of B: Ons neem ons kruis, maar dan fokus ons op hierdie beeld van swaarkry, hierdie lewe van opoffering, waar ons kruis dikwels te swaar raak en ons onder die gewig van ons kruis vou, MAAR: in hierdie skrif is die opneem van ons kruis nie die eindresultaat nie! Die opdrag eindig met: FOLLOW ME! Die gevaar is dat ons n lewe van selfopoffering kan ly en steeds nalaat om Hom te volg en dis n BAIE slegte plek om te wees! Die kruis wat ons moet opneem is nie die einddoel nie! Dit is net n middel tot die doel om ons in staat te stel om Hom te volg WAARHEEN...? Dit is n Bybelse beginsel (veral rondom saad) dat iets moet sterf om te lei tot nuwe lewe! MAAR: in ons ervaringswêreld stop ons dikwels by wat sterf. Israel het in hulle koppe vasgehaak in Egipte ek het vasgehaak by die geleentheid wat ek van die hand gewys het; Maar ons moet fokus op die nuwe lewe wat gaan kom (DIE BELOFTE). As dit ons fokus is, sal dit BAIE makliker wees om ons kruis op te neem. U Sien - die enigste manier hoe ons dit sal regkry om volledig aan die Here gehoorsaam te wees is om ons kruis op te neem, want sonder die dood van ons eie agendas en begeertes sal ons uiteindelik altyd op n plek eindig waar daar n face off sal wees tussen wat God wil hê en wat ons eie begeertes wil hê en as ons nie ons kruis opneem nie, sal ons altyd n manier kry om ons eie wil uit te voer en ons mag selfs skrif gebruik om dit te regverdig. Kom ons som eers n slag op: Die dissipels vra vir Jesus: Ons het meer geloof nodig, hoe kry ons dit? In Jesus se antwoord sien ons: Ons almal kry n maat van geloof, maar ons kry dit in saad vorm. Om ons geloof te laat groei verg gehoorsaamheid: Bladsy 7

o Dit gaan oor gehoorsaamheid, nie diensbaarheid of offers nie; o Volledige gehoorsaamheid; en o Om volledig gehoorsaam te wees vra dat elkeen van ons sy/haar kruis sal opneem (wat nie die eindresultaat is nie), maar ons in staat sal stel om die Here te volg. SO... Die harde vraag wat ek myself moes afvra: Het my vertroue in die Here die laaste 3 jaar stadig maar seker weggekalwe, tot op n punt waar ek Hom nie regtig meer vir iets vertrou nie, omdat daar areas in my lewe is waar ek ongehoorsaam aan Hom is en bly? U sien dit maak sin. Want die wortel van ongehoorsaamheid in sy eenvoudigste vorm is n hart wat sê: EK WEET BETER AS HY! En n hart wat gereeld sê: Ek weet beter as Jy breek homself mettertyd af en neem sy eie vermoë weg om met vertroue uit te roep: Here nou moet jy help!. En die Here help ons nogsteeds in Sy GROOT genade weer en weer en weer, maar hierdie ongehoorsame hart wat die hele tyd fluister: Ek weet beter... Ek weet beter... Ek weet beter... maak God in ons harte kleiner en kleiner en eendag vind ons ons net op n plek wat ons voel: Oeps! Waar is my geloof heen? Ek kan God nie meer vir iets vertrou nie. En dan is jy op dieselfde gevaarlike plek as waar ek was en waar Israel in die woestyn was en waarvan die Here gesê het: for their hearts were always looking somewhere else instead of up to me, and they never found the paths I wanted them to follow. Daar is 3 maniere waarop ons kan groei: A: Ons kan fisies/emosioneel groei: Dit is oorwegend n funksie van tyd en hoewel omstandighede en genetika n bietjie van n rol speel en jy miskien so bietjie aanvullings kan gebruik om fisiese groei aan te help is daar nie veel wat jy aan hierdie prosesse kan doen om die funksie van tyd aan te help nie. B: Intellektuele groei: Dis nie n funksie van tyd nie, maar van insette en n bietjie genetika. Dis waarom die jongste matrikulant tot op hede 12 jaar oud was. C: Geestelike groei: Bladsy 8

Ons eerste reaksie is dat dit nie n funksie van tyd is nie, maar van insette. Kennis van die Bybel, stilte tye hoe meer hoe beter. As dit waar was: Wat van die skrifgeleerdes en die Fariseërs? Hulle het elke vers van die eerste 5 boeke van die Bybel uit hulle koppe geken, maar nie die Seun van God erken toe Hy in hulle midde gewandel het nie. So wat veroorsaak dat ons geestelik groei? GEHOORSAAMHEID TE MIDDE VAN SWAARKRY EN VERSOEKING! 2 X VOORBEELDE: JOSEF: Dis waarom hy later in sy lewe, toe hy van aangesig tot aangesig gekonfronteer word met sy broers (wat soveel leed aan hom gedoen het), inplaas daarvan om verbitterd en wraakgierig te wees, die volwassenheid gehad het om vir hulle te sê: Hey, moenie vir julle self kwaad wees oor wat julle aan my gedoen het nie... what was intended for harm, God used for Good! ABRAHAM: Ons leer hom ken as die Vader van geloof en geen wonder nie, want ons sien dat sy gehoorsaamheid volledig was. Hy het nie probeer om homself uit God se opdragte uit te redenaar nie. Hy het ook nie uitgestel nie. Ons sien in die Bybel dat toe die Here sê hy moet vir Izak gaan offer dat hy vroeg die volgende oggend opgestaan het en gegaan het. U sien as ons in Abraham se posisie is, is ons baie geneig om eerder vir Ismael as vir Isak op die altaar te wil plaas. o Ismael = dit wat ons in ons eie krag vermag het. Ons eie pogings om God se beloftes in vervulling te bring. o Isak = Is God se belofte dit waarvoor ons dikwels so verskiklik lank gewag het. Bladsy 9

As God ons gehoorsaamheid toets, vra Hy nie ons Ismaels nie, Hy soek ons Isaks. MAAR: Kyk na die gevolge van Abraham se gehoorsaamheid. Ons het net nou gesê ons moet ophou om vas te haak by ons kruis wat ons moet opneem of dit wat moet moet doodgaan en fokus op die belofte / die nuwe lewe: Gen. 22:13-14 13 Then Abraham looked up and saw a ram caught by its horns in a thicket. So he took the ram and sacrificed it as a burnt offering in place of his son. 14 Abraham named the place Yahweh-Yireh (which means the LORD will provide ). To this day, people still use that name as a proverb: God voorsien, maar dit impliseer ook dat God sien. God openbaar Homself op n nuwe manier aan Abraham. Inteendeel, Abraham was die eerste persoon om hierdie openbaring van God se karakter te ontvang MAAR: God het homself nie so geopenbaar voordat Abraham nie die toets van gehoorsaamheid geslaag het nie. Ek dink ons geloof kwyn baie maal weg in die woestyn, omdat ons dalk voel God sien ons nie meer nie / Hy het vergeet van ons... Maar ons sien in Abraham se lewe hoe God voorsien het en ons weet hoe Hy voorsien het vir Israel terwyl hulle in die woestyn was en die feit dat God voorsien impliseer ook dat God sien. Ek wil vanoggend afsluit deur julle te bemoedig met skrifgedeelte wat nie net vir ons bevestig dat God sien nie, maar ook vir ons vertel wat God sien en hoe Hy ons sien terwyl ons in die woestyn is: Num.: 23 & 24: Gee agtergrond en verduidelik konteks:... Balak wou toe by hom weet: Wat het die Here gesê? Toe antwoord Bileam: Staan n bietjie nader,... Luister mooi! God is nie n mens nie, daarom lieg Hy nie. Hy gaan nooit terug op sy woord nie. Dink jy God belowe iets en doen dit nie? Het Hy al ooit iets gesê en nie sy woord gehou nie? Bladsy 10

God het my beveel om hulle te seën, om sy goedheid oor hulle af te bid. Dit kan ek nie verander nie. God het hulle uit Egipte laat trek en Hy veg vir hulle met sy reusekrag wat g n gelyke ken nie.... Van nou af sal die mense oor Israel praat en sê: Kyk wat het God alles vir hulle gedoen! XXXXXX Teen hierdie tyd het Bileam besef dat die Here die Israeliete wil seën met sy goedheid. Daarom het hy nie soos die vorige kere eenkant toe gegaan om te hoor of die Here iets anders wil sê nie. Al wat hy gedoen het, was om om te draai en na die woestyn se kant toe te kyk. Toe hy die Israeliete se kamp so voor hom sien met al die stamme so bymekaar, het God se Gees oor hom gekom, en hy het die volgende gesê: Hierdie is wat Bileam die seun van Beor gesien het nadat die Here sy oë oopgemaak het. Dit is hy wat die Almagtige in n visioen sien met sy oë wawyd oop en wat voor Hom in gebed neerval. Hierdie is sy woorde: Hoe mooi lyk julle tente, Jakob, en hoe pragtig is julle kampplek, Israel. Dit lyk soos lanings palmbome, soos n tuin langs n rivier. Soos rye aalwyne wat deur die Here geplant is of sederbome wat by waterryke plekke groei. God het hulle uit Egipte uit laat trek en Hy veg vir hulle met sy reusekrag wat g n gelyke het nie. Die Israeliete vee hulle vyande voor hulle weg... Israel is soos n leeu wat gaan lê het om te rus. Wie waag dit om so n leeu op te jaag? Gelukkig is elkeen wat jou seën, o Israel, en vervloek is elkeen wat jou vervloek! Die Here sal hulle straf. Teen dié tyd was Balak al woedend vir Bileam. Hy het sy vuiste in die lug voor hom geswaai en gesê: Wat dink jy doen jy? Ek het jou laat kom om my vyande te vervloek, maar jy het hulle nou al drie keer na mekaar geseën! Areas van ongehoorsaamheid in ons lewens mag dalk aangehelp word as gevolg van lang tye in die wildernis waar ons begin voel die Here sien ons nie meer raak nie of dalk sien Hy ons maar Hy gee net nie meer om nie. In sulke tye is dit maklik dat ons harte ons kan mislei met die gedagte: Ek weet beter...! En voor ons ons kom kry, is ons regtig verlore en op n plek waar ons sê: Oeps! Waar is my geloof heen? Ek kan God nie meer vir iets vertrou nie. God kyk vanoggend na jou in die wildernis en Hy sê: Bladsy 11

Staan n bietjie nader,... Luister mooi! God is nie n mens nie, daarom lieg Hy nie. Hy gaan nooit terug op sy woord nie. Dink jy God belowe iets en doen dit nie? Het Hy al ooit iets gesê en nie sy woord gehou nie? God het my beveel om hulle te seën, om sy goedheid oor hulle af te bid. Dit kan ek nie verander nie. Kom ons bid saam. XxXxX Bladsy 12