Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Prins word die Skaapwagter

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Van Vervolger tot Prediker

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Pretoria- 23 Junie 2012

Die betekenis van die kruis (1)

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Addendum A Consent form

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Les 6 vir 10 November 2018

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Waar is God as ons swaarkry?

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Lukas 4: Agtergrond

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Week 9: Die sleutel tot egte Godsdiens Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Community of Practice

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

1Kon 18:19-40 In 'n land en wêreld vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE openbaar die HERE dat Hy die enigste ware God is... So, volg Hom!

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

Emotional drainage / Emosionele dreinering

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Die maan en sy rol in ons wereld *

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

Verduidelik 4 Wel-it sê hulle was dissipels. Want dis wat dissipels doen. Ons volg Jesus.

Die lewende God is meer as genoeg. Alles ter wille van ons groot God. Nie n verbruiker nie, maar n aanbidder. God se volk stel sy eer eerste

from the group who had gathered there.

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Transcription:

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Luk.24:13-35 Het jy agter gekom, soms koop jy ʼn produk waaroor jy nou nie eintlik opgewonde is nie. Jy het die produk, maar omdat dit jou nie beïndruk nie sal jy dit nie aanbeveel nie. Ek het so ʼn selfoon gehad wat my teleurgestel het. Ek het net gewens die kontrak verval dat ek ʼn nuwe een kan kry. Al het ek die foon gehad, was ek eintlik nie ʼn advertensie vir die produk nie. Ek sal bv. nie opgewonde daardie selfoon vir iemand aanbeveel nie, al dra ek dit in my sak! Dit is moontlik om Jesus te volg, sonder om opgewonde daaroor te wees. Die rede daarvoor is dat jy nie ʼn diep innige verhouding met God het soos wat Hy bedoel het nie. Jy mis dan die volle seën wat God in jou lewe wil uitstort. Die gevolg is dat jy nie jou Christen-wees geniet nie en daarom sal jou getuienis van Jesus ook nie mense inspireer om ook navolgers van Jesus te word nie. Wat het hier gebeur? Twee mense, een met die naam Kleopas en een sonder naam is op pad vanaf Jerusalem na Emmaus (ʼn roete van ongeveer 12km, of ʼn bietjie meer as twee ure se stap). Hulle loop en praat oor die Paasfees wat pas in Jerusalem plaasgevind het. Hierdie afgelope Paasfees was nie vir hulle lekker nie, want twee dinge het gebeur: hulle het gehoor van Jesus: hulle het gehoor dat Hy hierdie verwagte Messias was wat hulle sou verlos. Maar, toe gebeur dit nie. Hy is doodgemaak. Hulle drome was aan skerwe. Hulle was ontsteld. Maar, hulle was om n ander rede ook ontsteld. Vroue, van alle mense, het nou geloop en vertel dat hierdie Jesus opgestaan het, en dat hy lewe. Vroue wie se getuienis in daardie tyd van so min waarde geag is, dat hulle byvoorbeeld nie eers in n hof kon getuig nie. Dit was dus vir hierdie twee niks meer as vrouepraatjies nie. Maar, tog het hulle ook gehoor dat die mans gaan kyk het na die graf, en gesê het dat wat die vroue vertel het, waar was. Hulle was dus baie teleurgesteld en baie verward. Wat moes hulle glo? 1

Miskien voel jy ook mismoedig. Miskien sit jy met ʼn enorme klomp teleurstellings in jou lewe. Miskien is jy ook teleurgesteld oor die verwagtinge wat jy van baie dinge en mense in jou lewe gehad het...hoe hanteer jy jou mislukkings? Wat kan ons alles uit die verhaal van die Emmausgangers leer? 1. Wanneer jy meer begeer van Jesus, sal Hy Hom deur jou laat vind! Hierdie mense was duidelik teleurgesteld oor die kruisiging en sterwe van Jesus! Hulle was verpletter in hul verwagting dat Jesus hulle sou kom bevry... en hulle het duidelik begeer om te verstaan wat die afgelope Paasnaweek werklik gebeur het? Wat moet hulle glo en dink van Jesus? Hy is dood! Hoe moet ons al die dinge interpreteer en verstaan? Let op hulle het nie loop en praat oor die naweek se rugby nie. Hulle was besig met God se Woord. Hulle gedagtes was by God en besig met God se dinge. Dit waarop jy jou gedagtes rig, vertel iets van dit wat jou na aan die hart lê. Fil.4:8 sê dat jy jou gedagtes op die mooi dinge, die lofwaardige dinge moet rig en dan sal jy vervul word met die vrede van God! Dan sal God by jou wees! Heb.4:13 sê Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. Dit is ʼn wonderlike troos dat God presies weet wanneer ons ʼn dieper verhouding met Hom begeer. Hy is gretig om ons te kom ontmoet en ons te ondersteun sê 2 Kron.16:9 sê Die Here het sy oë oral op die aarde sodat HY die kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou. Ps.139:2-4 verduidelik dat God elke oomblik presies weet wat ek en jy dink en waarop ons gedagtes gerig is. Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paai goed bekend. Daar is nog nie ʼn woord op my tong nie of U Here weet wat dit gaan wees. Die punt is Jesus het op daardie oomblik presies geweet wat in die twee dissipels se gedagtes aangegaan het en waaroor hulle loop en gesels het. Hulle was begerig 2

om te verstaan wie Jesus werklik was en wat die gebeure van die kruisiging beteken het. Daarom het Jesus by hulle kom aansluit. Hierdie mens het nie vir Jesus gevind nie, Jesus het hulle gevind! Wanneer jy meer begeer van Jesus, sal Hy Hom deur jou laat vind! 2. Daar was ʼn rede waarom Jesus hulle terugneem na die Woord van God. Baie van ons teleurstellings in die lewe kom omdat ons nie verstaan wat God besig is om te doen nie. Ons verstaan nie wat God besig is om in my lewe te doen nie en ons verstaan ook nie wat God besig is om rondom my te doen nie. Die Woord van God het die kragtige vermoë om ons verstand te verhelder sodat ons kan insien wat God se bedoeling met alles is wat ek op hierdie oomblik beleef en waarneem. Daarom neem Jesus die Emmausgangers terug na die Woord van God en begin om die Skrifte vir hulle uit te lê! Ek het nog nooit van iemand gehoor wat ʼn slegte ervaring in hul lewe gehad het en nadat hulle hul in die Woord ingegrawe het, nie uiteindelik begin verstaan het wat God besig was om in hul lewe te doen nie! Wanneer die Woord jou nie aangryp nie en jy dit nie verstaan nie, is jy waarskynlik besig om dit met jou eie verstand uit te beredeneer. Ons lees dat die twee dissipels in hulle gesprek op pad na Emmaus nie verstaan het wat die betekenis van al die gebeure van daardie Paasnaweek was nie... En dan sluit Jesus by hulle aan en antwoord Jesus hulle. Julle het n gebrek aan begrip en is so traag van gees. Waarom? Want hulle dink en praat verkeerd oor wat gebeur het. Hulle wil alles met hulle verstand uitwerk. Hulle wil hê dat die Messias moet wees soos hulle wil hê Hy moet wees. Jesus verduidelik: Maar onthou julle nie wat die profete gesê het nie? Dat die Messias hierdie dinge moes ly om in sy heerlikheid in te gaan nie? Dit is ook dikwels ons probleem! Ons dink oor Jesus en Sy Woord, soos wat ons dit verwag om te wees. Hulle het daardie dag oor die Messias loop en praat en 3

dink soos hulle die Messias verwag het! Hulle het die gebeure maak inpas in die boksies wat hulle in hul verstand gemaak het. Maar die Messias was anders! Hy het nie gekom in krag nie, eerder in swakheid, in pyn, in seerkry, deur lyding, deur swaarkry. God is dikwels anders teenwoordig as wat ons Hom verwag of dink. Die Woord van God kan net verstaan word wanneer jy die Gees van God toelaat om die Woord vir jou te interpreteer en reg uit te lê. Dit is ook te verstane want die Woord van God is onder leiding van die Heilige Gees geskryf. Ons is dikwels ook soos die Emmausgangers wat Jesus Christus met hulle verstand wil uit redeneer. So wil ons alles wat met ons gebeur ook met ons kop uitwerk. Ons word siek, dan sê ons: die lewe draai teen ons. Ons word neerslagtig en verloor moed. Of, ek verloor my werk. Dan glo ek alles en almal het teen my gedraai. Ons voel of ons net opdraande pad loop. Niks wil vir ons uitwerk nie. Ons kyk na alles rondom ons, ons rasionaliseer, ons maak somme, ons sit een en een bymekaar, en ons kom tot die konklusie: God is nie hier teenwoordig nie, Hy hoor my nie. Ek wil graag hê God moet met my só maak, maar Hy doen dit nie. Hoekom bring Hy hierdie dinge oor my lewenspad? Kyk net na al die ellende rondom my wat ander en die wêreld tref. Nee wat, God is nie meer hier nie! Dit is wanneer ons oor God begin dink vanuit ons eie logika, dat ons verhinder word om God in ons lewens raak te sien. Wanneer ek wil hê God moet in my raampie inpas. Wanneer ek wil hê hy moet dit wees wat ek wou gehad het Hy moes wees. Ons het gedink Hy is n profeet wat ons sou verlos, maar nou is Hy nie. Ek het gedink dat Hy so moes maak, maar Hy het nie. Daarom verloor ek geloof! Maar wanneer die Gees van God die Skrif vir jou uitlê word dit lewend en kragtig! Dit is nie verniet dat Heb.4:12 sê: Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings agter en gedagtes van die hart. 3. Die Bybel is die sleutel om God werklik te leer ken: 4

Ons lees dat Jesus, vir hulle sistematies al die Skrifte uitgelê, van die begin van Moses se tyd af, oor die dinge wat op Hom betrekking gehad het (Luk.24:27). Deur hierdie leringe het Jesus hulle weer God laat raaksien soos God Homself aan hulle wou openbaar. Hierdeur bevestig Jesus dat Sy koms reeds in Moses se tyd in die Woord van God voorspel is. Jesus het so bevestig dat die Woord van God waar is en dat God self beskik het dat die Woord van God deur die eeue behoue gebly het om die koms as die Seun van God te bevestig. Wat is dan die geheim om geestelike verdieping en seën te ontvang? Wie die Skrif lees met die wete dat God self daardeur met ons praat, sal met ander oë lees en dieper waarhede ontdek wat net die Gees van God aan jou kan openbaar. Die waarhede wat God aan jou openbaar, moet jy kinderlik glo. Let op, toe die Emmausgangers stop om alles met logika uit te redeneer en kinderlik begin glo, eers toe, het die opstanding van Jesus Christus in hulle lewe n stuk krag geword. 4. Gemeenskap met God bring nuwe perspektief. Wanneer Jesus by hierdie twee dissipels aansluit, het hulle aanvanklik nie geweet dat dit hy is nie. Hulle het Hom nie herken nie. Maar, later daardie aand toe hulle hom ingenooi het en Hy saam met hulle geëet het en die brood gebrek het, het hulle gemeenskap met mekaar en met God gehad. Hulle het binne hierdie nuwe verhouding ontdek dat God in hulle midde is. Hulle kon Sy warmte en liefde aanvoel. Wanneer jy ware gemeenskap met God en medegelowiges het, verdwyn jou teleurstellings en vind jy vrede en nuwe lewens rigting! Gemeenskap met God gee jou altyd nuwe perspektief en nuwe hoop en passie! Dit laat mens dink aan Jakob by Bethel. Na die wonderlike droom wat hy gehad het en die beloftes wat God aan hom gegee het, roep hy uit: Waarlik, die Here is op die plek en ek het dit nie geweet nie! Hoeveel keer gebeur daar dinge met ons, wat eintlik deur God beskik is, sodat ons Hom weer vars kan ontmoet en nuwe perspektief kan kry en ons lewe weer op koers kan kom. 5

Hierdie twee dissipels ontdek daardie aand: alles was nie oor nie, dit was maar nog net die begin! Christus het nie gesterf nie, Hy het opgestaan en Hy lewe! Hulle ontdek hulle energie was nie verkwis nie, dit was ʼn belegging, ʼn goeie investering! Die Christene was nie verslaan nie, hulle was op die mespunt van ʼn reuse deurbraak! Perspektief open alles, nie waar nie? 5. Hulle het verlang dat Jesus by hulle sal bly. By die uitdraai pad het Jesus gemaak of hy wil verder loop, maar hulle dring by Hom daarop aan. Bly by ons! God vertoef graag by wie Hom uitnooi om in hulle lewe in te stap. God begeer n verhouding met jou. Jesus kom in jou hart wanneer jy Hom nooi om by jou te vertoef! Jy moet plek maak in jou lewe vir Jesus. Jy moet jou program opsy skuif en stil word om na Hom te luister. Hy is daar waar ek stil raak en ek bewus word van Sy heilige teenwoordigheid. Slegs wanneer ons verlang om in ʼn dieper verhouding met Jesus te leef, sal Hy by ons vertoef. Sy Woord maak dit duidelik. Vra en julle sal onvang, soek en julle sal vind, klop en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. (Mt.7:7-8) Weet vandag dat God jou geloofskruike sal vul tot die mate waarin jy dit van Hom afbid! 6. Wanneer jy Jesus ontmoet sal jy weer met passie oor Jesus praat! Hoe lyk jou stiltetyd? Soek jy God met passie? Smeek jy elke dag dat God jou dubbel-kragtig sal gebruik om mense na God te lei. Om hul lewens te verander? Ek lees van Charles Finney wat op n dag desperaat op soek was na God. Vir twee dae het hy hom afgesonder waarin hy gebuk gegaan het onder ʼn sondebesef en sondelas. Finney het desperaat na God om hulp en redding geroep. God het hom daar kom vind op 10 Oktober 1821. God het daardie dag die woorde van Jer.29:11-14 vir Finney lewend gemaak: Ek weet wat Ek vir julle beplan sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ʼn toekoms gee, ʼn verwagting! Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede 6

verhoor. Julle sal vra na My wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra... julle sal my ontmoet, sê die Here. Finney het kragdadig tot bekering gekom en deur sy passievolle getuienis, wat hy elke aand in die kerkgebou gaan vertel het, het ʼn magtige herlewing gevolg! Mense het gestroom om na sy aangrypende verhaal van sy ontmoeting met God, te gaan luister. Hulle kon die radikale verandering in sy lewe sien! Sy hart was so aan die brand vir God dat dit ʼn vuur van herlewing in mense aan die brand gesteek het. n Magtige herlewing het gevolg! Wanneer jy begeer om kragtig deur God geruik te word, sal God jou kragtig gebruik! God begeer dat gelowiges sal opspring en die wêreld in hardloop met die nuus dat Jesus waarlik leef! Dat ons Hom persoonlik ontmoet het! Passielose getuies bereik niks nie. Jou emosies wys of jy opgewonde is oor dit wat jy vertel. Jou emosies wys of jy dit waarvan jy getuig, eerstehands beleef het! Mat.12:34 sê: waar die hart van vol is loop die mond van oor. Rom.10:9-10 verduidelik dat daar ʼn verbintenis is tussen wat jy in jou hart glo en wat jy met jou mond bely. Ek lees die verhaal van Dwight Moody. Hy was n doodgewone prediker. Tot op n dag dat twee vroue in sy gemeente vir hom begin bid het. Hy het hom eers vererg. Waarom bid julle nie vir die gemeente nie? Hulle antwoord was: You need power. n ruk daarna skryf hy in sy biografie: And there came a great hunger into my soul. I knew not what it was. I began to cry as never before. The hunger increased. I really felt that I did not want to live longer if I could not have this power for service. I kept on crying all the time that God would fill me with His Spirit Later vertel hy van n fantastiese ervaring waar hy God ontmoet in sy binnekamer. Hy vertel: I went to preaching again. The sermons were not different; but the servant was! The truths were not new; but now they were pungent and penetrating! Na hulle ontmoeting met die lewende Jesus, kon die Emmausgangers nooit weer dieselfde wees nie. Hulle hardloop na Jerusalem om die ander te gaan vertel (Dit was aand, die pad was nou gevaarlik, hulle was reeds moeg van die dag se reis. Wat motiveer jou om radikaal te word en alle gemak en gerief oor boord te gooi om van Jesus te getuig?) Geen moeite was nou vir die te groot nie. Wat maak dat in dieselfde huis daar mense is wat brandende van Jesus getuig en ander wat glad nie opgewonde word oor Jesus nie? Die verskil kom wanneer jy Jesus persoonlik ontmoet het en die Gees van God die Woord van God vir jou verstaanbaar maak. 7

Het jy Jesus al so ontmoet? Getuig jy met passie van Hom? AMEN 8