Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met die Here

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

n Prins word die Skaapwagter

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Les 6 vir 10 November 2018

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Van Vervolger tot Prediker

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Pretoria- 23 Junie 2012

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Die betekenis van die kruis (1)

Waar is God as ons swaarkry?

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Die uitnodiging van God aan die hele wêreld, is om n

MOTHEO/XHARIEP HOëRSKOLE ATLETIEK MOTHEO/XHARIEP HIGH SCHOOLS ATHLETICS

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Addendum A Consent form

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Liturg: Verwelkom almal en wens hulle n geseënde Kersfees toe. Dan:

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

ToekomsVenster Aan die anderkant van 2020

God. Ons. m et N LIEF GOD GROOTLIKS JOERNAAL

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Luister na God. enlewe vir ewig

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Pretoria- 23 Januarie 2011

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

KERSDAGPREEK - PAARLBERG - 25 DESEMBER 2017 Mat 1:1-17 Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham: (2) Abraham

Oggenddiens 19 Augustus Windhoek

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

Transcription:

6 Mei 2018 Voorganger Ds Hendrik Stoltz Oggenddiens 9h30 (Doop) Aanddiens 18h00 Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met die Here DOELWIT: Om God te verheerlik deur as bruid van Christus die blye boodskap van die Bybel in die wêreld te verkondig en dissipels vir Christus in Roodepoort te maak! KERKWAARDES: Diepgaande kennis van Skrif en belydenis. Bybelse leer en onderrig. Kleuterbediening tydens oggenddiens: kleuters 3 7 jaar Kollekte by die deure: 6 Mei 2018 Oggend: Bybelverspreiding Aand: Kerkkas Kollektes onder die erediens is altyd vir Barmhartigheid. Bybelstudie in die Kerksaal: Maandae 19h00 Tema Bloedlynvloeke vervolg Woensdae 8h30 Donderdae 9h00 Vroue Bybelstudie aan huis Lucia Erasmus: Dinsdae 9h00 Bybelstudie by Ons Huis: Donderdae 15h00 Bybelstudie vir jong volwassenes: Kontakpersone: Evert of Cherése Kleynhans -0847991709 Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens saam met ons n koppie tee/ koffie in die saal te geniet. Kom kuier lekker saam en leer mekaar ken. Ouderlinge onthou asseblief julle artikels vir die Ligdraer. Redaksie Ligdraer: ontdekkersnuus@gmail.com Kerkkantoor: info@ontdekkers.org.za (011) 6723810 Jaargang 50 Nr. 16 1 6 Mei 2018 Alle plasings vir die Ligdraer voor Donder =dag 12h00 asb.

OGGENDDIENS 9H30 TEMA: Wie weet wat God deur jou kan doen? Stemmingsliedere: Lb 471 Lb 553 2x ONTMOETINGSDIENS Votum/Seën Lofsang: Ps.63:2+3 Geloofsbelydenis: Apostolicum VERSOENINGSDIENS Ef.2:11-22 Sing: LB.245:1+2 DOOP: Zanië Hendricks Formulier Sing: Lb.294:1+2+3 WOORDDIENS Gebed Skriflesing: Heb.11:1-10 & Rom.16:1-2 Fokus:Rom.16:1-2 AANDDIENS 18H00 TEMA: Jy mag nie steel nie! Stemmingsliedere: Ps 119: 1, 11 Lb 528:1, 3 ONTMOETINGSDIENS Votum/Seën Lofsang: Ps.24:1+4 Sing: Ps.93:1+4 (mel. Lb.582) WOORDDIENS Gebed Skriflesing: Mat.6:19-21 Fokus: Mat.6:21 H.K. Sondag 42 ANTWOORDDIENS Gebed Sing: Lb.471 Wegstuurseën Aangebed: Sb.20-2:2+3+7 ANTWOORDDIENS Gebed Sing: Ps.116:5+7+9 Wegstuurseën PREEKSKETS: HEBREËRS 11:1-10 & ROMEINE 16:1-2 Die Bybel is vol verhale van groot geloofshelde! In Hebreërs 11 vat die Heilige Gees ons deur God se groot helde kamer... groot foto s van hulle. In die geloof kan ons baie van húlle en God se hand in hulle lewens raaksien. Dit is tussen al hierdie groot geloofshelde se lewensgrote foto s waar ons iewers n klein foto tjie van Febe in Rom.16 kry. Jaargang 50 Nr. 16 2 6 Mei 2018

FEBE! In die oorspronlike Grieks beteken die naam Febe die een wat straal. Febe moes die een gewees het wat lewe en vreugde in die somberste vertrek of geselskap kon ingebring het. Daar is n paar dinge wat ons van hierdie sprankelende Febe kan leer: Sy van Griekse afkoms en n Christen in die gemeente in Kenchreë. Sy moes een van die vele vroue gewees het wat in die vroeë kerk tot bekering gekom het en hulle self in diens van Christus en sy kerk gestel het. Paulus sê duidelik dat sy n dienaar in die gemeente was. Paulus skryf dat sy vir baie, en ook vir my, tot steun was. In n Christen-onvriendelike samelewing het sy heel moontlik vir Paulus en sy sending geselskap, nie net met verblyf gehelp nie, maar hulle ook onder haar sorg geneem. In net n paar woorde leer ons baie van Febe se toewyding en haar oorgawe aan Christus en sy gemeente. Duidelik is ons teksverse n aanbevelings brief van Febe aan die gelowiges in Rome. Daarom kan ons ook glo dat Febe die draer van dié brief aan die Romeine was. Die gelowiges in Rome moes hierdie gewaardeerde Christen vrou op n Christenwaardige wyse in hulle midde ontvang het, EN haar bygestaan het. DIE BRIEF AAN DIE ROMEINE IS SEKER EEN VAN DIE BELANGRIKSTE BRIEWE WAT OOIT IN DIE GESKIEDENIS GESKRYF IS... indien nie DIE belangrikste nie. Paulus wou met hulle hulp van die gelowiges in Rome die evangelie na Spanje toe uit te dra. Omdat hy baie van die gelowiges self nie geken het nie, skryf hy n brief waarin hy vir hulle presies uiteensit WAT hy as apostel glo en verkondig. Onder inspirasie van die Gees, laat hy vir Tertius, sy skriba, die ware Christelike godsdiens, begrond vanuit die OT, netjies neerpen. Die harstwaarheid van hierdie brief (Geloof in Christus alleen maak my vry) het letterlik die geskiedenis van Europa, die hele wêreld, ook ons eie land se geskiedenis, verander. Het Febe ooit besef hoe belangrik haar op die oogaf onbelangrike liefdesdaad was? Vir haar mag dit dalk maar net nog een van die vele liefdesdienste gewees het wat sy vir Christus gedoen het. Maar vir God was dit een van die belangrikste instrumente waarmee Hy die waarheid Jaargang 50 Nr. 16 3 6 Mei 2018

van die Kruisevangelie vir sy kerk in die eeue wat sou volg laat neerskryf het. Febe het doodeenvoudig die beskeie gawes wat die Gees aan haar gegee het, en die middele waarmee God haar geseën het, in diens van Christus en sy kerk gestel. Wie weet wat God deur jou kan doen? God sorg en gee sy Gees as gawe aan ons sodat ons getroue dienswerkers in sy koninkryk kan wees. Dat ons Christus en sy gemeente met oorgawe kan dien. Deur ons wat in die klein dingetjies getrou is aan die Koning, doen God later groot dinge. Al lyk dit of my eie bydrae so onbelangrik is, so asof niemand dit sien nie, so asof dit op die oomblik geen impak op mense maak nie. Sit dit wat God aan jou gee aan die werk in sy koninkryk. En weet... eendag sal jy vir Christus hoor sê: Mooi so, jy is n goeie slaaf. Omdat jy in n saak van min belang getrou was, kry jy nou soveel meer. VIR VERDERE OORDENKING! 1. Lees gerus weer die verhale van onbelangrike vroue in die OT en oordink wat ons uit hulle toewyding en geloof kan leer: Ragab: (Jos.6:25) = n Heidense prostituut word deel van God se volk Rispa (2 Sam.21:8-14) = Geloof en toewyding maak dat Dawid aan haar genade betoon; Rut (Rut 1-4) = Toewyding aan God maak dat Christus uit haar nageslag gebore word. 2. Bespreek: Geloof en toewyding aan Christus gaan nie so seer oor die groot dinge wat ek vir God doen nie, maar eerder oor die klein dingetjies wat ek in opregtheid vir Hom doen. 3. In 1 Tessalonisense 1:3 skryf Paulus van die gelowiges in Tessalonika: Ons bring dan voor God ons Vader in herinnering die werk van julle geloof, die inspanning van julle liefde en die volharding van julle hoop op ons Here Jesus Christus. Paulus beskryf hulle geloof, liefde en hoop met aktiewe werkwoorde. Voltooi sinne en bespreek met iemand in die kleingroep: Die Heilige Gees sit my geloof aan die werk deurdat ek... Die Heilige Gees span my liefde in deurdat ek... Die Heilige Gees laat my volhard in die hoop deurdat ek... 4. Wat gebeur met diegene wat in die klein dingetjies getrou is? Laat Luk.19:17-18 jou help. Jaargang 50 Nr. 16 4 6 Mei 2018

KERKNUUS: By die laaste Sinode is baie Liedboekliedere vir gebruik in die GKSA goedgekeur. Vir n dokument om aan te dui watter liedere goedgekeur is, kan u dit net by die kantoor of per e-pos aanvra of by die GKSA se webtuiste die Akte van die laaste sinode bekyk. LIEF EN LEED Weet jy van iemand wat siek is en n besoek sal waardeer, jyself dalk? Wil jy voorbidding vra, bel gerus een van die ouderlinge of diakens, of stuur n e-pos. VOORBIDDING Daar is geen susters wat offisieël alle siekes kan besoek nie. Van hulle is self siek. Indien jy bereid is om barmhartigheidswerk te doen, deur ons siekes en bejaardes te besoek. Laat die vrug van die Gees ryklik in ons woon. DIAKONIE DIENSLYS OPLAAIBEURTE 6 MEI 2018 Ons Huis Koos Richards 0788832186 Petra Prozesky 0832268824 D McDonald Koos Richards 0826331200 Rita vd Merwe Highway 9 0114720365 Klein Helderkruin Elize Coetzee 0724905402 Middagdiens Ons Huis 16:30 Rein Coetzee 0721551690 1 Korintiers 4 : 2-3 En verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word. Maar vir my beteken dit baie min of ek deur julle of deur n menslike regbank beoordeel word; ja, ek beoordeel myself nie eens nie, Paulus wys ons hier dat om getrou te wees in die werke van God, baie belangrik is, en dat dit baie opoffering vra. Omdat sy verhouding met Christus so opreg en verseker is, laat hy nie ander toe om hom te beoordeel nie, selfs nie hyself nie. "Wonderbare Hemelse Vader, U gee aan elk van ons gawes om uit te leef tot eer en verheerliking van U naam. Laat ons dit so uitleef dat ons onbeskaamd voor U sal staan en U dit as 'n lieflike offer sal ontvang. In die wonderlike Naam van Jesus Christus. Amen." JC Cloete Jaargang 50 Nr. 16 5 6 Mei 2018

JUDO Harm is weer gekies om Suid-Afrika by die Junior Afrika Kampioenskappe te verteenwoordig wat vanaf 9-13 Mei 2018 in Burundi gehou word. Ons is baie trots op hom en sien dat die Here sy harde werk en oefen seën. Die kostes om hierdie kampioenskappe by te woon beloop R24 000.00. Aangesien hulle geen finansiële ondersteuning van die regering of enige borgskappe kry nie, moet sy ouers vir hier kostes instaan. Indien enige iemand met n bedrag wil help, sal dit baie waardeer word. Hierdie is n mooi geleentheid waar ons ons broer liefdevol kan ondersteun. Ondersteuning kan per koevertjie (duidelik gemerk: Harm Venter) gedoen word OF deur elektroniese inbetaling by: ABSA, Rek.nr: 920142699, Tak-kode: 632005, Rek. houer: BJ Venter. Baie geluk aan ons lidmate wat gedurende die komende week verjaar. Mag dit n baie geseënde dag wees verjaar. Tong in die kies deel ons met julle - BLAPSE IN KERK-PAMFLETTE, want kan dit tog maar nie met almal gebeur nie.. Dames, moenie die krap-en-koop-aand vergeet nie. Dis ook jou kans om van al die onnodige goed in jou huis ontslae te raak. Onthou om jou man saam te bring.. Moenie dat bekommernis jou doodmaak nie. Laat die kerk help.. Die pastoor gaan sy afskeidspreek lewer, waarna die koor gaan sing, "O blye dag".. Bertie Buitendag en Petro Prinsloo is op 3 Oktober getroud. En so eindig 'n mooi vriendskap wat in hul skooljare begin het.. Die onderwerp van Maandagaand se gemeentebiduur is: "Die hemel, hoe kan jy daar kom?" Vervoer vertrek om 19:00 van die bushalte oorkant die ouetehuis.. Die lae selfbeeld-ondersteuningsgroep vergader Donderdagmiddag om 15:00 in die sysaal. Gebruik asseblief die agterdeur.. Die Weight Watchers-groep vergader Dinsdagmiddag om 14:00 in die saal. Gebruik asb die dubbeldeure by die sy-ingang. Jaargang 50 Nr. 16 6 6 Mei 2018

"Koop Jou Tyd Uit" (1) Tyd is 'n groot gelykmaker. Dit is die een bron wat beskikbaar is in gelyke hoeveelhede. Elke persoon het dieselfde aantal ure per dag. Besige mense kry nie ekstra tyd nie. Die horlosie het nie gunstelinge nie. Ons almal het elke dag ewe veel tyd. Hoe ons daardie tyd gebruik is wat die verskil maak. Wanneer jy iets uitkoop, red jy daardie iets van slegte omstandighede. Hier word verwys na vermorsing. Om tyd te mors, beteken dat jy tyd spandeer op iets wat min of geen waarde het nie. Vince Lombardi is bekend vir die volgende spreekwoord: "Ek het nooit 'n wedstryd verloor nie, ek het net nie genoeg tyd gehad nie." Die spreekwoord is 'n goeie verduideliking van die mees dramatiese aspek van sport die wedloop teen tyd. Die span wat die toegelate tyd die beste gebruik, is die span wat wen. Daar is egter tye in 'n wedstryd wanneer jy van die veld af mag gaan. Dit is ongelukkig nie so in die regte lewe nie. Die stophorlosie kan enige tyd in 'n wedstryd gedruk word. Daar is egter geen blaaskans in die regte lewe nie. Coram deo: Leef in God se teenwoordigheid Vra vir God om vir jou te wys wanneer jy tyd mors op onbenullighede of dinge wat nie waarde het nie. Nag op die see, digby Aden Dis alles see en alles donkerheid, soos toe die aarde woes en ledig was en nag gesweef het oor die wereldplas. Geen horison of ster is sigbaar meer; geen teken waar die oog op af kan gaan; ek hoor net teen die skip die golwe slaan. Tog vaar hy immer voort, hy vaar nou blind, die voorpunt teen die donkerte gerig. Op die kompas alleen val bundels lig! Jaargang 50 Nr. 16 7 6 Mei 2018

DIAKONIE DIENSLYS OPLAAIBEURTE 13 Mei 2018 Bettie Voges 0724245942 Ons Huis Nardus vd Walt 0824533600 D McDonald Nardus vd Walt 0824533600 Rita vd Merwe Highway 9 0114720365 Klein Helderkruin Elize Coetzee 0724905402 Middagdiens Ons Huis 16:30 Koos Richards 0788832186 Die Here ken nie misfits nie deur Stephan Joubert Somebody is born. Somebody goes to school. Somebody learns to conform. Somebody types a CV. Somebody gets a job. Somebody follows orders. Somebody gets a golden watch. And then, eventually, Somebody dies. And, a Nobody is buried. So lui Mokokoma Mokhonoana se kort gedig met die titel: The Confessions of a Misfit. Hierdie vrees vir middelmatigheid agtervolg baie mense. Niemand wil n misfit wees nie. Niemand wil as n nobody leef of doodgaan nie. Niemand hoef ook nie. Een saak wat die Bybel ons oor en oor leer is dat elke mens op aarde groot waarde vir God het. Ons is nie maar net n spul nommers op n onpersoonlike lys vir Hom nie. Of deel van n gesiglose massa hier op die planeet nie. God het ons na sy beeld geskep. Boonop het Hy vir Jesus gestuur om ons nogmaals te herskep tot sy eer toe ons ongehoorsaamheid ons lewens bekrap het. Ons lewe tel nou groot voor God. Vir altyd! Ons is nie misfits nie. Ons het hoë waarde vir Hom. Kyk dan net watter liefde Hy aan ons bewys het: Hy noem ons Kinders van God. En ons is dit ook (1 Johannes 3: 1) Jaargang 50 Nr. 16 8 6 Mei 2018

Kyk hoe dat die voëltjies vlieg Kyk hoe dat die voëltjies vlieg. Sommer so, hoog daarbo. God laat al die voëljies vlieg. Hoog daar bo. Hy doen soveel meer vir my. Ek sal altyd dankbaar bly En my nie bekommer nie, Hy s by my. Jaargang 50 Nr. 16 9 6 Mei 2018

Jy kan nie God en die wêreld dien nie: Jy sien, jy kan nie vir God en die wêreld leef nie, en dit klink nou baie makliker as wat dit is, want ALMAL van ons doen partykeer die dinge van die duistenis, maar ons PROBEER om dit nie te doen nie, en net in die lig te lewe. - maar dit sal jy NET kan doen, as jy n KEUSE vir God gemaak het. Jy kan nie met jou mond sê jy leef in die lig, maar dit wat jy DOEN, en AANHOU doen, is van die duisternis nie. Mense gaan jou later net nie meer glo nie, want jy sê een ding, maar jy DOEN totaal iets anders!!! Dis wat uiteindelik gebeur wanneer jy sê jy leef vir en in die Lig, maar die manier hoe jy leef is meer soos die wêreld. Die wêreld laat later die liggie heeltemal doodgaan. Jy kan nie n ligdraer wees as jy nie IN die lig lewe nie! Hoe leef ek IN die lig? - Jy moet Jesus aanneem as jou persoonlik Verlosser en Saligmaker - Wanneer jy DIT doen, dan belei jy jou sondes, en jy maak jou LOS daarvan - Jy draai jou rug daarop - Jy maak klaar daarmee. Dan begin jy n nuwe pad saam met Jesus, n pad van lig en nie donkerte nie. Die probleem is, dat baie mense vir Jesus aanneem as hulle Verlosser en Saligmaker, maar hulle verander nie, en wat hulle doen verander nie. Jy kan nie van die duisternis na die lig oorstap, maar jy leef nog in duisternis nie, dan beteken dit niks nie. Dis soos om mooi skoon nuwe klere te kry, maar jy kies om nog in die vuil, stink, stukkende klere te loop, terwyl daar nuwes, skones vir jou is. Hoe laat ek my liggie aanhou brand as ek my lewe vir Jesus gegee het? Breek met verkeerde vriende. Breek met die verkeerde goed wat jy gedoen het. Kry vir jou vriende wat ook hierdie pad stap. Stiltetyd: Bybel lees en bid. Kerk Eredienste. Katkisasie - Jy moet so veel as moontlik gevoed word met God se Woord. Moenie wegbly van die plekke waar jy gevoed kan word nie, dit sal jou help om te groei en sterk te staan sodat jou liggie kan aanhou brand!!! Kies vandag nog die lig en nie die duisternis nie, maar wees bereid om dan te LEEF in die lig, en nie nog steeds in die duisternis nie!!! Jaargang 50 Nr. 16 10 6 Mei 2018

BLOKRAAISEL antwoorde is in hierdie Ligdraer. Dwars 2 Die Here Christus is die lig, die weg en die... 4 Wat doen ek met die Bybel? 8 As ek my naaste liefhet, dan sal ek hom of haar 10 Wie het sy broer vermoor? 13 Ons moet alle... van Jesus Christus vertel. 14 Ander woord vir binne. 15 Ons mag die Here...a noem. (Pappa) Af 1 Ons Groot Lig. 3 Mense kan my lig deur my... sien. 4 God het my... 5 As ek bid, dan... ek met my hemelse Vader. 6 My sondes is vergewe, daarom is ek... 7 As ek vuil is dan moet ek... 9 Watter lig het die manne uit die Ooste as teken gesien? 11 In die Bybel leer ek God... 12 Om jou doel by God te mis, noem ons... 15 7 6 8 10 12 2 5 3 1 11 9 4 14 13 Jaargang 50 Nr. 16 11 6 Mei 2018

GEBEDSLEIDING My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes. (Jesja 55: 8 9) Ons het n doelgerigte God. God se doelwitte bly steeds dieselfde, al verander ons probleme voortdurend. Hy sal volgens Sy doelwitte optree. Maar die planne van die Here staan vir altyd vas, sy besluite van geslag tot geslag. (Ps. 33; 11) Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. (Rom. 8: 28). Dit is in die verstaan van God se planne dat ons n dieper raakvlak in ons gebede bereik. God se antwoord op ons gebede is gegrond in Sy ewige raadsbesluit. Wees verseker dat alles wat God in antwoord op jou gebed doen, in gehele ooreenstemming met die heerlikheid van Sy Naam en komende Koninkryk is. Here help my om versigtig te wees solank as wat ek lewe, om nie die dinge wat ek gesien het, te vergeet of te verontagsaam nie. Laat ek dit my kinders en kleinkinders leer. (vgl Deut. 4: 9) Bid hier jou eie gebed, doen voorbidding vir jou gesin, familie en jou bediening. Vra vir hulp en leiding om die Here Jesus met ander te deel, en te help dat ander ook in Hom sal groei. Bid vir jou roeping en tydverdryf, vir elke dag. Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. Ef. 6: 18) Here, U het ons bemoedig deur die woorde wat U vir almal wat glo gebid het: Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soo U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U my gestuur het. Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees net soos Ons een is. Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefhet net soos U My liefhet. (Johannes 17: 21-23) Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en by die verbryselde en nederige van gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes. (Jesaja 57 : 15) Nou sal ons soos die skare in Jerusalem uitroep: Prys die Seun van Dawid! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! Prys Hom in die Hoogste hemel! Jaargang 50 Nr. 16 12 6 Mei 2018