Vgl. ook N G B Art. 1: Ons glo almal met die hart en bely met die mond...

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Les 6 vir 10 November 2018

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

n Prins word die Skaapwagter

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

BLAAS DIE BASUIN GEREFORMEERDE KERK DASPOORT Jenningstraat 728, Daspoort Leraar: br Cobus Rossouw

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Van Vervolger tot Prediker

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Catharina Maria Conradie

22.4 RAPPORT DEPUTATE LITURGIESE SAKE LIEDBOEKE IN VERSKILLENDE TALE (Art 163)

22.4 RAPPORT DEPUTATE LITURGIESE SAKE LIEDBOEKE IN VERSKILLENDE TALE

Pretoria- 23 Junie 2012

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Die maan en sy rol in ons wereld *

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Oor die betekenis van die maagdelike geboortetradisie: n Debat in die Nederduitsch Hervormde Kerk

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

3.2 The unpublished Report 7 is to remain as such (unpublished) in the possession of the

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Naam: Slabbert Le Cornu Studnr.: Kursus: HOM 877 Dosent: prof. FW De Wet

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Uitverkiesing en Predestinasie? Nick Maartens

REGVERDIGMAKING EN DIE GEVOLGE DAARVAN

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Preek-notas: Romeine 3:21-31

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Christusprediking uit die Ou Testament. n Nuwe benadering tot n ou probleem? 1

Godsleer en skrifleer: Fokus en uitdaging

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

BYBELKUNDE 1 SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS. Module 1 HOMILETIEK

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Gereformeerde Protestante Kerk Noordelike Pretoria

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Die Nederlandse Geloofsbelydenis Ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar n enige en enkelvoudige geestelike Wese is wat ons God

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Oor die outeurs. Wayne Barber. Rick Shepherd. Eddie Rasnake

*3-9 Maart. Die funksie van rentmeesterskap

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

*29 Desember 4 Januarie

Transcription:

TOERUSTING VIR KATEGISMUSPREDIKING. Prof C F C Coetzee. 1. Inleidende opmerkings. Die afgevaardigdes van die Engelse kerke by die Sinode van Dordrecht 1618/19 het na die tyd gesê: Die Nederlanders het n boekie wat meer werd is as al die goud van die wêreld. Daarmee het hulle verwys na die Heidelbergse Kategismus. 1.1 Belydenis en geloof. Vgl. Romeine 10:9, 10: As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek, en met die mond bely ons en ons word gered. Alhoewel hierdie verse moontlik in die eerste plek op n mondelinge belydenis sien, kan ons dit ook van toepassing maak op ons belydenisskrifte (vgl. die formulier vir aflegging van belydenis van geloof, waar daar juis ook na die belydenisskrifte verwys word). Vgl. ook N G B Art. 1: Ons glo almal met die hart en bely met die mond... Geloof en belydenis is dus onlosmaaklik aan mekaar verbind. Geloof is kennis van die waarheid. 1.2 Belydenis en kerk. Netso is kerk en belydenis onlosmaaklik aan mekaar verbind. Ons kan ons nie die kerk indink sonder n belydenis nie. Vgl. 1 Tim. 3:15: die gemeente van die lewende God is n pilaar en grondslag van die waarheid. Die kerk ontdek nie die waarheid nie. Dit is aan ons gegee. Dit is geopenbaar. Maar die kerk het die roeping om die waarheid te handhaaf en te verdedig. In die Bybel word dan ook telkens gepraat van die gesonde leer (1 Tim. 1:10, 11; 2 Tim. 4:3; Titus 1:9). Vgl. Calvyn in n brief aan Somerset, 22 Oktober 1548 (Wallace, 1990:97): Believe me my Lord, the Church of God will never preserve itself without a Catechism. Sonder die belydenis kan daar geen eenheid wees nie. Vgl ook Calvyn (Simpson, 1981:2):...die eensgesindheid in leer wat die kerke onderling het, kan nie met n duideliker bewys waargeneem word as in die Kategismus nie. Oor die Kategismus van 1542/5, ook bekend as die Geneefse Kategismus, sê Calvyn (vgl. Simpson, 1981:5): Die werk wat ons nou bekendstel, is niks anders as die gebruik van dit wat eenmaal deur Christene en opregte aanbidders van God waargeneem is nie. Dit het nooit verlore gegaan nie, behalwe wanneer die kerk volkome bedorwe was. Die kerk kan nie die eienskappe en merktekens van die ware kerk vertoon as dit nie vashou aan die gesonde leer nie. Die handhawing van die suiwere leer is die diepste geheim vir n gesonde kerklike lewe. Calvyn noem die suiwerheid van die leer die siel van die kerk. 1

Die bestaan van die GKSA is daarom ook ondenkbaar sonder die belydenis. Deel van die agtergrond van die herstigting van die GKSA is juis die feit dat sommige dominees in die destydse kerk nie meer al die artikels van die belydenis aanvaar het nie. In die Verklaring van voorneme, 11 Januarie 1859 is gesê dat ons vaders wens te bestaan as n Vrye Gereformeerde Kerk ooreenkomstig die leer, diens en tug van die vaders.... Na die koms van Ds D. Postma en die herstigting van die Gereformeerde Kerke in 1859, verklaar die lidmate hoe heerlik dit is om weer die blijde Evangelie op Dortsch Gereformeerde wijze te hoor, m.a.w. die Evangelie in ooreenstemming met die belydenis. Totius het dan ook verklaar: Die belydenis is die grond waarin ons groei. n Gereformeerde dominee wat daarom nie lief is vir die belydenis, dit van harte ken en daarmee erns maak in sy bediening nie, is n lewende teenstrydigheid. 1.3 Belydenis en lewe. In die Bybel word die leer en die lewe ten nouste aan mekaar verbind en op geen manier van mekaar losgemaak nie. Paulus handel in 2 Tim 3 oor die laaste dae waarin daar swaar tye sal kom vanweë die toenemende afvalligheid en wetteloosheid. En dan gee hy as rede juis die feit dat die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie (2 Tim. 4:3, 4). En wanneer Titus die opdrag ontvang om te verkondig wat in ooreenstemming met die gesonde leer is, is dit nie alleen met die oog op die bestryding van die dwalinge (Titus 1:10-16) nie, maar juis ook met die oog op die pastorale bediening van die gemeente (Titus 2:2-10). Die valse Dogmatiek bring ook valse Etiek. Die gesonde leer is onmisbaar vir n gesonde lewe. 1.4 Aktualiteit van ons belydenis. Die stelling word soms gemaak dat ons belydenisskrifte verouderde historiese dokumente is wat nie betekenis het vir vandag nie. So n stelling is van alle waarheid ontbloot. Ons belydenisskrifte was nog nooit meer aktueel en relevant nie omdat: Daarin die ewige waarhede van God se Woord bely word. Die dwalinge en ander sake waarmee die kerk en gelowiges te doen kry, wesenlik dieselfde bly deur al die eeue. Dwalinge waarmee die Kerk in ons tyd gekonfronteer word, is onder andere die volgende: Christologie (Godheid, maagdelike geboorte, liggaamlike opstanding, verhouding met ander verlossers ). Vgl hier H K Sondag 5-8; 11-19; N G B Art 8-10; Nicea, Apostolicum, Atanasium. Skrifgesag. Vgl Art. 2-7 NGB. Pneumatologie. Vgl. H K Sondag 20; NGB art. 11. Godsleer (Triniteit, Voorsienigheid.) Vgl. H K Sondag 8, 9, 10; NGB Art. 8, 9, 10, 11. Ekklesiologie. Vgl. H K Sondag 21, 31; NGB Art 27-32. Sakramentsleer (kindernagmaal, wederdoop, bekeringsdoop ). Vgl. H K Sondag 25-30; NGB Art, 33-35. Verlossingsleer (uitverkiesing, vrye wil, universalisme, ens.) Vgl. H K Sondag 7, 23. 24; NGB Art. 16; Dordtse Leerreëls. 2

Behalwe die leerstellige dwalinge van ons tyd, is daar talle praktiese lewenskwessies waarmee gelowiges en die kerk in ons tyd te doen kry en waar helderheid en leiding nodig is. Hier kan onder andere gedink word aan: arbeidskwessies (arbeidsetiek, regstellende aksie, diefstal, besteding van inkomste, korrupsie ens). Vgl. H K Sondag 42. Sedelike kwessies (egskeiding, homoseksualiteit, saamwoon buite die huwelik, aborsie). Vgl. H K Sondag 40, 41. Godslastering. Vgl. H K Sondag 36, 37. Menseregte. Vgl. H K Sondag 39. Godsdiensgelykheid. Vgl. H K Sondag 11; NGB Art. 1; Atanasius. Verhouding Kerk/Staat. Vgl. NGB Art. 36. 2. Heidelbergse Kategismus. Ons fokus vervolgens meer op die Heidelbergse Kategismus omdat dit die Belydenisskrif is wat vanweë die spesifieke aard en indeling daarvan meesal aan die orde kom in die leerstellige prediking. 2.1 Geskiedenis. Frederik III het in 1559 keurvors geword van die Palz. Op daardie stadium het daar onder andere die groot en klein kategismusse van Luther en die Kategismus van John Brenz bestaan wat op sommige punte met mekaar in spanning was. Spanninge tussen die streng Lutherane en die navolgers van Melanchton het hom en sy adviseurs tot die oortuiging gebring van die behoefte aan n eenvormige Kategimsus. Vroeg in 1562 het Frederik III opdrag gegee dat n nuwe Kategismus vir die Palz opgestel word. In die proses het n groot aantal persone van verskillende nasionaliteite en posisie saamgewerk as n kommissie. Dit was dus n gesamentlike poging van die teologiese fakulteit van Heidelberg, die sg. Superintendente en die kerkleiers van die Palz. Die name van Caspar Olevianus en Zacharias Ursinus word genoem as heelwaarskynlik die twee eindredakteurs Sowel Ursinus as Olevianus was oortuigde Calviniste (Coetzee, 2009, verwysing na Schulze, 1993:488; Klooster, 1972:193). Die Heidelbergse Kategismus toon dan ook baie duidelike invloed van die Kategismus van Calvyn, alhoewel daar ook van n hele aantal ander Kategismusse gebruik gemaak is en bring dit die insigte na vore wat eie was aan die hele Reformasie van die sestiende eeu (vgl. Schulse, 1993:488; 1991:4). Op 18 Januarie 1563 is die Heidelbergse Kategismus goedgekeur en onderteken. Kort daarna verskyn dit in druk. Afgevaardigdes vanoor die hele Europa by die Sinode van Dordrecht (1618/19) het verklaar dat die Heidelbergse Kategismus volledig Gereformneerd (reformatories) is. Klooster (1990:119) verklaar: The Catechism has stood the test of time, and its biblical faithfulness has made it one of the most loved catechisms of history. 2.2 Doel en inhoud. Vgl. Klooster 1990:117/8. Alhoewel die behoefte aan n nuwe Kategismus na vore gekom het uit n leerstellige debat en kerklike verskille (squabbles), het Frederik III 3

ook sy eie redes gehad vir die opstel van die Heidelberger. Hy wou n positiewe belydenisskrif hê wat bo alles Skriftuurlik was. In die voorwoord stel hy drieërlei doelstellings waaraan hierdie konfessie moes voldoen (Vgl Klooster, 1990:117/8):... a framework for catechetical instruction, a guide for preaching and a confessional form of unity. He referred to it as a course of instruction to the youth in our schools and churches, and also from the pulpit to the common people. He urged them to teach, and act, and live in accordance with it, in the assured hope that if our youth in early life are earnestly instructed and educated in the Word of God, it will please Almighty God also to grant reformation of public and private morals, and temporal and eternal welfare. 2.3 Sentrale boodskap. Vgl. Klooster, 1990:7/8. Klooster verwys na die talle middeleeuse katedrale wat gebou is toe die Roomse kerk sy hoogkonjunktuur beleef het. Bokant die ingang van hierdie katedrale was n beeldhouwerk van die laaste oordeel. Die bedoeling was om vrees aan te wakker by diegene wat hierdie katedraal betree, en hulle te dryf na die sakrament van boetedoening. Dan sê hy van die Heidelbergse Kategismus: The Heidelberg Catechism may be viewed as a great cathedral, but its entrance way emphasizes not fear and judgment but the believer s only comfort. The only comfort through the only Savior by way of faith alone was the gospel message rediscovered by the Reformation. The Heidelberg Catechism dares to ask: How does Christ s return to judge the living and the dead comfort you? That was a brave question in 1563; it still is today (vgl. Vr/antw 52). Die sentrale boodskap van die Heidelbergse Kategismus is díe van die enigste troos in lewe en in sterwe, die troos wat elke ware gelowige mag bely en waarin ons moet groei en waaraan die hele wêreld soveel behoefte het....in its early years, the Heidelberg was a living confession of people who believed the gospel of Jesus Christ, experienced the only comfort for life and death, attempted to live accordingly, and were ready to die with that comfort in their hearts. 3. Kategismusprediking. 3.1 Historiese agtergrond. Vgl hierbo die doel wat Frederik III met die opstel van die Kategismus gehad het. Kategismusprediking is weselik eie aan die Kerke van die Reformasie. Dit is onteenseglik deel van Gereformeerd-wees. Reeds voor die opstel van die Heidelbergse Kategismus was dit die gebruik in Geneve dat by die middagdiens die Kategismus van Calvyn aan die orde gestel is en ouers en kinders was verplig om hierdie diens by te woon. In die vlugtelinggemeente in Londen is reeds sedert 1550 uit die groot Kategismus van A Lasco gepreek en in die Palz was die Heidelbergse Kategismus sedert 1563 n onderwerp van bespreking in die erediens. Deur die vertaling van Datheen vind dit 4

ook toegang tot die kerke in Nederland reeds sedert 1563. Van 1566 preek Pieter Gabriël in Amsterdam uit die Kategismus. Die sinodes van 1571, 1578, 1586 neem reeds besluite oor Kategismusprediking (vgl. Dijk, 1955:406/7). 3.2 Art. 68 K O. Uiteindelik het die Kerke van die Reformatoriese (Calvinistiese) tradisie met mekaar oor die gereelde ( sover moontlik weeklikse) Kategismusprediking oreengekom in Art. 68 van die Dordtse Kerkorde wat in die Kerkorde van die GKSA soos volg lui: Die bedienaars van die Woord moet op Sondag, gewoonlik in die tweede diens, die hoofinhoud van die Christelike leer soos vervat in die Heidelbergse Kategismus, uitlê en soveel moontlik jaarliks afhandel volgens die Sondagsafdeling daarvan Gereelde Kategismusprediking is dus nie n opsionele saak nie. Die kerke het met mekaar oor hierdie wesensbelangrike saak ooreengekom. Waar dit nagelaat word, word die gemeen-akkoord met die ander kerke in kerkverband verbreek. Hierdie prediking het dan ook direk te doen met die handhawing van die eenheid van die kerk. Vgl. Hebr. 4:14: Terwyl ons dan n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou. Deur die Kategismuspreiking word hierdie eenheid in belydenis uitgedruk. Die geskiedenis...toon dat n neiging om met Kategismusprediking weg te doen, altyd na vore kom op n tydstip wanneer daar minder erns met handhawing van suiwere leer gemaak word. Afkeer van belydenis lei in kerk tot eensydighede en verdeeldheid in denke. Die volle prentjie oor wat die Skrif oor n bepaalde waarheid leer word nie meer duidelik gesien nie. Lidmate word in verwarring gebring en polarisasie en verskeurdheid kan hieruit voortvloei (Studiegids HOML611, p. 42). Ten diepste gaan dit oor die Bybelse opdrag dat die leer, wat deel is van die wese van die Kerk en van ons saligmakende geloof, ook verkondig moet word. Vgl. 1 Tim. 4:11-16; 5:17; 6:3; 2 Tim. 3:14-17. Dit gaan oor die stelselmatige opbou van die gemeente in die geloof. Vgl. Ef. 4:12. 3.3 Vereistes vir Kategismusprediking. 3.3.1 Prediking. Kategismusprediking moet aan al die vereistes van die homiletiek vir prediking voldoen. Dit is prediking en nie katkisasie nie. Dit moet nie ontaard in n Dogmatieklesing nie. Dit moet verkondiging wees, bediening van die sleutelmag deur die appel van die prediking in vermaning, waarskuwing vertroosting, ens. Dit moet die gemeente toerus deur vermeerdering van die kennis van die waarheid en deur bestryding van die dwaling. Dit moet bestaan uit verklaring en toepassing. 3.3.2 Skrifprediking. Kategismusprediking is Skrifprediking. Daar is geen spanning tussen Woord en belydenis nie. As geloofsbelydenis formuleer die Kategismus geloofswaarhede uit die Skrif en met daardie waarhede as invalshoek word die Skrif in die volle rykdom 5

van wat oor n bepaalde waarheid geopenbaar word, aan die orde gestel (Studiegids, HOML611, p. 42). Die belydenis is gesamentlike kerklike eksegese van Skrifgedeeltes waarin die leer, die kernwaarhede van die geloof, verkondig word. Die verklaring van die Kategismus word dus ook gedoen deur Skrif met Skrif te vergelyk. Dit is tematiese prediking oor sentrale leerstukke van die Bybel. Die Kategismus voeg niks by die Woord nie, maar formuleer wat die Woord sê. Uitleg van die Kategismus moet Woordverkondiging wees wat opnuut die belydenis eiendom en belydenis van elke gelowige maak (Spoelstra). Gereformeerde teoloë wat oor hierdie saak skryf (vgl Dijk, 1955:410-412), stem saam dat die eise vir Kategismusprediking soos volg saamgevat word: Bediening van die Woord. Verklaring van die geloofstaal. Aktueel vir die hede. 3.3.3 Verskeidenheid. Die kategismusprediking kan vanuit n verskeidenheid invalshoeke benader word. So word verseker dat die prediking nie stereotiep raak en die prediker lui raak om die rykdom van die Skrifwaarheid soos vervat in die belydenis, te ontgin nie. Vgl hier Dijk, 1955:416/7. 3.3.4 Waarde van Kategismusprediking. Die hele raad van God word gepreek (2 Tim. 3:14-17). Die gemeente word stelselmatig opgebou in die geloof. Kategismusprediking is die vaste kos waarvan ons in Hebr. 5:14 lees, waarsonder die noodsaaklike geestelike groei nie kan plaasvind nie. Die belydenis word opnuut die lewende belydenis van die gemeente. Die praktiese betekenis en aktualiteit van die belydenis in die lewe van elke dag word beleef. Dwalinge word grondig weerlê. 4. Die maak van n Kategismuspreek. 4.1 Kennis van die belydenis. Sonder deeglike en deurleefde kennis van die belydenis sal n dominee nie in staat wees om n Kategismuspreek te maak nie. Kennis moet opgeskerp word deur soveel moontlike verklarings van die Kategismus te lees. 4.2 Bepaling van die konteks en sentrale gedagte. 4.3 Keuse van een of meer Skrifgedeeltes. 4.4 Eksegese van Skrifgedeelte(s). Wat die Skrifgedeelte(s) betref wat gebruik word om die Skrifbegronding en beligting vir die belydenis te gee, word slegs eksegese gedoen van die verse wat relevant is. NB Vgl Studiegids, p. 43: In die eksegetiese arbeid ten opsigte vandie Skrifgedeeltes wat met die oog op prediking gekies word, word gekonsentreer op dit wat n bepaalde 6

Skrifgedeelte (in verband met ander Skrifgedeeltes)... oor die sentrale tema of hoofgedagte... leer. 4.5 Bepaling van tema en struktuur. (vgl. die drie vrae) Vgl die drie punte wat deur Dijk hierbo gestel is. Dit impliseer dat in die Kategismuspreek deurlopend of in afsonderlike punte drie vrae beantwoord word: Wat bely ons hier? (sentrale gedagte, hoofsaak van die leer, verklaring van die belydenis) Waar vind ons hierdie waarheid in die Skrif? (Skrifbegronding) Wat beteken my belydenis vir my vandag? (toepassing, aktueel vir die hede). In die bepaling van die tema en struktuur (indeling) van die preek moet die prediker hom deur die Kategismus laat lei. Vgl. Studiegids, p. 43: n Tema word uit die belydenis...geneem...die inleiding, hoofinhoud en slot van die preek word rondom hierdie tema beplan en daar word seker gemaak dat die volle panoramiese omvang van die waarheid soos dit in die Skrif geopenbaar word, in die preek ontplooi word. 4.6 Konkrete stappe en tydrooster (Vgl. Riglyne) 5. Enkele vrae. 5.1 Slegs een Skrifgedeelte of meer? 5.2 Kan slegs een vraag aan die orde gestel word of moet die hele Sondagsafdeling behandel word? 6. Enkele Bronne. Coetzee, C F C. 2004. Kategismusprediking. Ongepubliseerde handleiding. TSP De Wet F W. Homiletiek: Preekbeginsels en praktyk. Studiegids vir HOML611. TSP. Klooster, F H. 1990. A mighty comfort. The Christian faith according to the Heidelberg Catechism. Grand Rapids. Michigan. Spoelstra, B. 1989. Gereformeerde Kerkreg en kerkregering. n Handboek by die Kerkorde. HTS. Simpson, H W. 1981. Calvyn se Kategismus. PTP. Potchefstroom. Duvenage, S C W. 1959. Verkondig die Woord. Kategismusprediking. Vanderspoel- Drukkery. Potchefstroom. Dijk, K. 1955. De dienst der prediking. Kok, N V Kampen. Dijk, K. De Catechismus-preek in haar verscheideheid. Wever. Franeker. 7

Verklarings van die Kategismus deur n hele aantal skrywers (De Bruyn, Veldkamp, Spykman, Buys, Kuyper, ens.). Prof. C F C Coetzee Potchefstroom Maart 2009. 8