Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

n Prins word die Skaapwagter

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Van Vervolger tot Prediker

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Les 6 vir 10 November 2018

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Pretoria- 23 Junie 2012

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Waar is God as ons swaarkry?

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Die betekenis van die kruis (1)

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

NEW INTERNATIONAL VERSION

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Nederlandse Geloofsbelydenis

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Sing vooraf staande: Skrifberyming 16-1:1, 2 (15:1, 2)

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Wegraping (Saamgevat)

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

Liturg: Verwelkom almal en wens hulle n geseënde Kersfees toe. Dan:

Die Blye Boodskap. The Good News

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

ToekomsVenster Aan die anderkant van 2020

A. Dr EJ Smit tables the report. B. The report will be concluded during the Synod session.

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Transcription:

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend Sing vooraf staande: Psalm 42:1, 2 (p. 214) 1 Soos ʼn hert in dorre streke / skreeuend dors na die genot van die helder waterbeke, / skreeu my siel na U, o God! Ja, my siel dors na die Heer, / na die Lewensbron; wanneer sal 'k, ná swerftog en benouing, / God weer sien in klare aanskouing? 2 Trane stort ek in my klagte, / want die spotters vra vir my: "Waar s jou God?" My dae en nagte / gaan in droefenis verby. Nog hoor ek die feesgedruis / wat weerklink het om u Huis, Toe k ʼn skaar daarheen gelei het, / my met hul in God verbly het. Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het. Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees. Amen. Lofpsalm 48:1, 4 (p. 243) 1 Die HEER is groot waar Sions top / hom wentel uit die dieptes op. Hy is lofwaardig, waar verhewe / die berg en stad in songlans bewe, en Sion teen die noorde / blink, bó die lof van woorde. Daar waar in vlekkelose wit / die Koning van die wêreld sit, het Hy, wat een die vyand waak, / as rotsburg Hom bekend gemaak. 4 Ons wil, o HEER, wat redding skenk, / aan al u goedheid bly gedenk as ons tesaam is in u woning. / Net soos u Naam is, grote Koning, so is u glansverskyning: / die vyand se verdwyning word aan die volkere bekend / tot by die aard se verste end. U hand wat nooit die kwaad gedoog, / rys vol geregtigheid omhoog. Geloofsbelydenis: Nicea Wet Psalm 25:2, 6 (p. 115) 2 Leer my, HEER, u regte weë, / wys die regte pad my aan; maak my hart daartoe geneë, / om met lus daarop te gaan. Wil my deur u waarheid leer, / lei my dwalende gedagte; want u is my heil, o HEER! / U is ek altyd te wagte. 6 Wie s die man wat hier benede / in Gods vrees sy weg wil gaan? God sal self sy wank le skrede / voortlei in die regte baan. Al wat goed is, sal Gods hand / hom in stilheid laat verwerwe; en die lank beloofde land / sal sy nageslag beërwe. Gebed Psalm 102:3, 4 (p. 499) 3 Al my krag wil my begewe; / vlees voel k aan my beend re klewe weëns my benoude sug. / Eensaam voel ek, weggevlug in woestyne soos die reier / beeld van die verlate lyer; soos ʼn uil oor bouval heen / sit en tuur, so s ek alleen. 4 Eensaam klaag ek deur die nagte, / soos ʼn duif, my dowwe klagte. Heeldag smaad die vyand my, / hoor ek in hul raserny hou my naam, in my besoeking, / vloekwoord is by hul vervloeking. As moet ek soos spyse eet, / tranedrank drink in my leed. 1

Skriflesing: Jesaja 49:1-7 Kernverse: Jesaja 49:4, 6 Maar Ék het gesê: Tevergeefs het Ek My vermoei, my krag vir niks en vrugteloos verteer! Nogtans is my reg by die HERE, en my loon is by my God. Hy het gesê: Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel: Ek het U gemaak tot ʼn lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde. (Jesaja 49:4, 6 AFR53) Tema: Die Here laat ons die gevoel van moedeloosheid oorwin Geliefde gemeente van ons Here Jesus Christus, seker een van die slegste gevoelens wat ʼn mens kan tref, is die gevoel dat jy niks regkry nie. Jy doen jou uiterste bes, maar vir jou lyk dit of daar geen vordering kom nie. Jy weet jy is bekwaam om die werk te kan doen. Jy het die gawes en die ondervinding daarvoor en jy maak gebruik van die regte gereedskap en jy gebruik die gereedskap op die regte manier. Maar die resultate op al jou harde werk word nie duidelik nie. Dit is genoeg om ʼn mens moedeloos maak, so moedeloos dat jy jouself begin afvra: Waarmee is ek besig? Is ek nie besig om my tyd te mors nie? Dit is veral wanneer ʼn mens met mense werk en aan verhoudings met mense werk, dat dit gebeur dat ʼn mens voel of jou werk ʼn totale mislukking is. Jy bestee al jou tyd en krag daaraan, jy sloof jou so te sê af, maar die resultate wat jou werk behoort op te lewer, kom net nie aan die lig nie. Ons weet almal waarvan ek praat. Almal van ons het al gevoel of ons werk nie goed genoeg is nie. Dan vra jy jouself nie net af of jy jou tyd mors nie. Jy begin dan twyfel aan jou eie vermoëns. Gebruik ek die gawes wat ek het reg? Moes ek nie eerder anders te werk gegaan het nie? Broers, susters en kinders, dit is hierdie gevoel van mislukking wat ook by die Kneg van die Here in ʼn stadium posgevat het. Die Kneg sê self: Tevergeefs het Ek My vermoei, my krag vir niks en vrugteloos verteer! Maar voordat ons by hierdie teleurstelling van die Kneg uitkom, moet ons net eers kyk hoe pas hierdie lied oor die Kneg van die Here by die eerste een. In die eerste Kneglied wat in Jesaja 42:1-9 neergeskryf is, stel die Here sy Kneg aan ons bekend. Hy sê: Hier is my Kneg. En daarna sê Hy vir ons op watter manier hierdie Kneg van Hom te werk sal gaan. Ons wat na die kruisiging van Jesus Christus leef, weet vanuit die Nuwe Testament dat hierdie Kneg die Here Jesus self is. In hierdie tweede lied is die Kneg self aan die woord. Nou moet ons mooi oplet met wie die Kneg van die Here in hierdie eerste vier verse praat. Hy praat met die nasies wat ver is, nie net met Israel nie. Kyk nou wat sê Hy vir die nasies. Hy sê vir hulle hoe dit gekom het dat Hy ʼn verkondiger van God se wil geword het. Die Here het Hom al voor sy geboorte geroep, ja, toe Hy nog in sy moeder se liggaam was, het die Here Hom al op sy naam geroep. Die Kneg van die Here is dus ʼn profeet, iemand wat gestuur is om die wil van God aan ander mense te verkondig. Met Hom het gebeur wat met ander profete van die Here ook gebeur het. Die Here het vir Jeremia gesê dat Hy hom al voor sy geboorte geken het en hom toe al aangestel het as ʼn profeet vir die nasies. Paulus sê dit van homself ook. God het hom 2

al voor sy geboorte afgesonder en in sy genade het Hy Paulus geroep as apostel vir die heidene. Dieselfde is waar van Jesus Christus. Nog voor sy geboorte het die engel Gabriël gesê dat die Seun wat Maria in die wêreld gaan bring Jesus genoem moet word, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. Jesus het nie net een oggend opgestaan en self besluit Hy wil mense van sy Vader en sy Vader se koninkryk vertel nie. Voor sy geboorte al is Hy afgesonder om juis hierdie opdrag van sy Vader te kom uitvoer. Broer, suster en kind, dat ek en jy vandag Christene is, is nie iets wat sommer net gebeur het nie. Dat ek en jy in Jesus glo as ons Verlosser is nie iets waarop ons sommer net op ʼn dag besluit het nie. Nog voor ons geboorte het die Here ons geken en besluit om ons sy kinders te maak. Toe ons nog in ons ma se liggaam was, het Hy ons al op die naam geroep om Christene te wees, kinders van die lewende God. Ons het onsself nie aan God opgedring nie. Ons het nie daarop aangedring om draers van Christus se Naam te wees nie. Ons het nie getender om profete, konings en priesters van God in hierdie wêreld te wees nie. Hy het ons aangestel om dit te wees. Hy het ons met sy Heilige Gees gesalf om dit te wees. Daarom, wanneer dit dan gebeur dat ons so moedeloos voel en voel of ons werk ʼn totale mislukking is, wanneer ons van mense af teenkanting kry omdat ons kinders van God is en as kinders van God lewe, herinner die Gees ons aan wat die Here van ons dink. Hy het jou en my soveel werd geag dat Hy sy eie Seun vir ons opgeoffer het om verlos van die sonde kinders van Hom te mag wees. Laat ons verder kyk wat die Kneg van die Here vir die nasies sê. Hy sê die Here het sy mond ʼn skerp swaard gemaak, hom in die skaduwee van sy hand verberg. Die Here het Hom ʼn skerp pyl gemaak en hom in sy pylkoker weggesteek. Julle wat die Bybel al goed ken, sal dadelik verstaan waarvan die Kneg hier praat. Op twee plekke in die Nuwe Testament word daar gesê dat die Woord van God ʼn swaard is. In Efesiërs 6 word gesê dat die Woord van God die swaard van die Gees is. En in Hebreêrs 4 staan daar geskryf dat die Woord van God skerper is as enige swaard met twee snykante. Uit die Kneg van die Here se mond sal God se woord kom. Dit is ʼn Woord wat baie fyn kan sny, want die Woord is skerp soos ʼn swaard wat aan al twee kante skerpgemaak is. Met hierdie Woord kloof die Kneg van die Here oop en dring deur tot in die hart van die mens. Die mens wat gehoorsaam word aan die Here, die mens wat luister na wat die Gees met die Woord in hom doen, sal lewe. Maar die mens wat nie na die Gees wil luister nie, die mens wat hom verhard teen die Heilige Gees, vir daardie mens beteken dit die dood. Ons kom dus agter dat die Kneg ʼn lewensbelangrike boodskap verkondig. Jesus het in lyn met die verkondiging van die profete in die Ou Testament God se wil aan die mense verkondig. Johannes skryf dat Jesus aan ons verkondig het wie God regtig is en wat Hy wil hê moet gebeur. En wat God wil hê moet gebeur, is neergeskryf in die heel eerste preek wat Markus van Jesus opgeteken het. Dit is die lewensbelangrike boodskap: Die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie. Dit is nie God se wil dat mense as gevolg van hulle sonde moet sterf en verlore gaan nie. Hy wil eerder hê dat mense hulle sal bekeer en bly lewe. Daarom sê Jesus ook in sy gebed in Johannes 17 dat om vir God die Vader te ken en sy Seun te ken is die ewige lewe. 3

Geliefdes, sien ons regtig hoe lewensbelangrik die boodskap van die Kneg van die Here is? Dit is nie sommer maar net ʼn lekkerluisterstorie nie. Mense se lewens hang van die evangelie af. Wie die evangelie glo, wie luister na wat die Gees in hom besig is om te doen, sal lewe tot in ewigheid. Maar die mense wat hulle teen die Gees se werk verset en hulle rug op die evangelie bly draai, sal die ewige dood tegemoetgaan. Daarom is dit so uiters belangrik dat ook ek en jy as Christene hierdie boodskap van lewe in Jesus Christus sal uitdra. Ons hoef nie geleerd te wees nie. Niemand het ʼn graad nodig om hierdie lewensbelangrike boodskap uit te dra nie. Met ons lewe as profete, priesters en konings van God kan ons dit doodeenvoudig maar net uitleef. Mense se lewens hang van ons dienswerk af. En ek is daarvan oortuig dat niemand van ons wil hoor dat ons ʼn ander mens nie gewaarsku het nie, maar hom gelos het om die ewige dood tegemoet te gaan nie. Maar nou weet ek en jy ook dat die Christelike boodskap vandag nie baie populêr is nie. Lees ʼn mens die berigte en briewe in koerante dan kom jy agter dat die evangelie van Jesus Christus vir baie mense nie meer mode is nie. Vandag is dit eerder mode om die goeie boodskap van Jesus te bevraagteken. Lees maar hoe skryf mense in die briewe in koerante dat hulle Jesus nie meer as die Seun van God erken nie. Dit is nie net vandag dat die Christelike boodskap nie baie populêr is nie. Selfs Jesus se preke was vir baie mense nie populêr nie. Die meeste Fariseërs en die skrifgeleerdes het sommer van die begin af hulle rug op Jesus gedraai omdat sy preke nie na hulle smaak was nie. Maar daar was ook ander mense wat mekaar vertrap het om naby Jesus te kom en Hom te hoor. Tydens Jesus se openbare optrede het groot skares mense na Hom geluister en was hulle verstom oor die gesag waarmee Hy gepreek het. Maar hoe nader Jesus aan die kruis gekom het, hoe minder mense het om Hom saamgedrom. In die nag toe Jesus verraai is, was daar van al die skares mense net die elf dissipels oor. En op die dag van sy kruisiging weet ons van net een dissipel wat nie weggehardloop het nie, naamlik Johannes. As daar dan iemand is wat vanuit ʼn menslike oogpunt ʼn mislukking gehad het met sy werk met mense, sal ʼn mens sê Jesus was daardie een. Van al die baie mense wat Hom van die begin af gevolg het, het daar net ʼn handjievol oorgebly. As daar dan iemand was wat regtig hierdie woorde van moedeloosheid kon uitspreek en sê: Tevergeefs het Ek My vermoei, my krag vir niks en vrugteloos verteer! was dit Jesus. Jesus se eie volksgenote, Jode soos Hy, het die rug op Hom gedraai. Maar, en dit is die troosryke voorbeeld wat ons van hierdie besondere Kneg van die Here kry, Hy het nie moedeloos geword nie. Ek kon nêrens in die Bybel getuienis kry dat Jesus moedeloos geword het omdat mense nie na sy boodskap wou luister nie. Wat ʼn mens wel agterkom, is dat Jesus baie hartseer geword het en gehuil het omdat mense nie na sy bood-skap wou luister nie. Hy het hartseer geword en gehuil, nie omdat hulle nie na Hom wou luister nie, maar omdat Hy geweet het watter einde wag op hulle omdat hulle hulle nie wil bekeer nie. Dit is ʼn einde van algehele verlatenheid van God in die ewige dood. Geliefdes, dit is ons mense wat moedeloos word en teleurgesteld voel en vra: Waarom is ek nog besig met wat ek doen, daar kom tog geen resultate nie? Onder die profete is daar in die Ou Testament baie voorbeelde van hoe moedeloos hulle geword het. Jeremia en Elia is maar twee voorbeelde. Net so kan ek jy ook teleurgestel voel en dink ons diens in God se koninkryk om mense van sy liefde in Christus te vertel is tevergeefs. So kan elke 4

ouder-ling en diaken ook teleurgestel en moedeloos voel en sê dit help nie om met hierdie of daardie lidmaat verder te praat nie. En dit gebeur met ons. Hoe oorwin ons nou hierdie gevoel van moedeloosheid en teleurstelling? Die Heilige Gees rig ons oë op vers 6. Die Here het vir sy Kneg gesê: Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel: Ek het U gemaak tot ʼn lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde. (Jesaja 49:6 AFR53) Hoor ons dit goed genoeg, broers en susters? Hierdie gevoel van moedeloosheid en teleur-stelling kan nooit ʼn permanente houvas op ons gelowiges kry nie. Ja, daar is mense wat altyd huigelaars en ongelowiges sal bly omdat hulle nie na die Here wil luister nie. Maar daar is nog altyd ander mense, baie ander mense, aan wie ons hierdie blye boodskap van verlossing deur Jesus Christus kan gaan verkondig. Dit is nie genoeg dat ons net knegte van die Here is onder mekaar nie. God se hart klop vir die hele wêreld. Hy sê dit self: Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie maar die ewige lewe kan hê. (Johannes 3:16 AFR53) Mag die Heilige Gees daarom elkeen van ons se harte in ritme met God se hart laat klop. Ons sal die gevoel van moedeloosheid en teleurstelling oorwin wanneer ons ophou om te fokus op onsself en begin uitkyk na die wêreld wat God liefhet en wat nodig het om Hom te leer ken. Jesus se bediening het inderdaad vir baie mense na ʼn mislukking gelyk. En daar is sekerlik vandag nog mense wat dink dat ons verkondiging van die verlossing wat Jesus gebring het ʼn mislukking is. Hulle sê: Kyk net hoe klein is die kerke en die kerke word al kleiner. Maar soos wat die Kneg van die Here self gesê het, sê ons ook. God sal ons beloon. Wanneer ons die resultate op ons werk sien, is dit genade wat die Here ons skenk. Maar ons moenie die Here Jesus verkondig om resultate te sien nie; ons moet Hom verkondig omdat Hy en sy Vader dit van ons verwag. Die resultate van Jesus se verlossingswerk aan die kruis het eers na sy hemelvaart en daarna duidelik geword. Dit het gebeur toe Petrus die blye boodskap van Jesus op Pinkster verkondig het. Dit het gebeur toe Christene as profete, konings en priesters begin leef het. Ons kan die gevoel van moedeloosheid en teleurstelling net oorwin deur te volhard in die opdrag wat die Here ons gegee het. En wanneer ons eendag voor die troon van Jesus Christus verskyn, sal ons die resultate van sy werk wat Hy deur ons gedoen het, sien. Daar sal so ʼn groot skare gelowiges wees dat ons hulle nie eers sal kan tel nie. Mag die Heilige Gees ons aanvuur en ywerig maak om te volhard in ons diens as knegte van Jesus Christus. Amen! Slotgebed Psalm 42:4, 5 (p. 215) 4 k Dink aan God in donker dae / uit die land van die Jordaan; Hermon hoor my kerme en klae, / met die klein gebergte, aan. Weedom gryp my binnenste aan, / as u water oor my gaan, as ek, in my smart bedolwe, / wegsink in u watergolwe. 5

5 Maar die HEER sal in my lewe / weer oordag sy guns gebied. Ook deur donker nag omgewe, / sing ek nog my pelgrimslied. Ja, ek lofsing in die nag, / want ek bly die HEER verwag; my gebed sal opwaarts strewe / na die bronwel van my lewe. Die HERE sal jou seën en jou behoed; Die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; Die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee. Amen. Katkisasieopening Skrifberyming 1-2:1, 2, 3 1 Prys Hom, die Hemelvors, op sy verhewe troon; loof Hom aan wie die hemelkoor hul hulde steeds betoon. Aan Hom, die Skepperheer, kom toe die eer en mag. Sy Woord het alles voortgebring roem ewig sy gesag. 2 Loof Hom, die Lam van God, want Hy s vir ons geslag. Hy het ons met sy bloed gekoop; besing sy reddingsmag. Uit elke stam en taal het Hy ons vrygemaak; sy koninkryk, sy priesterdom dít het Hy ons gemaak. 3 Lof, eer en heerlikheid, die wysheid en die krag behoort aan God daar op die troon en aan die Lam, geslag. Tot in die ewigheid sal ons die lied laat hoor; die hele skepping oraloor roep Amen in ʼn koor. Ds Coen Vrey Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 6