GEGROND IN TORAH. Alvorens daar met die nuwe siklus van Parashah HaShuvua begin word, moet helderheid oor sekere basiese begrippe eers verkry word.

Similar documents
Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Ons Hebreeuse Wortels

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

TORAH (WET) EN GENADE. LES 6 (Deel 3): HOORDERS EN DADERS VAN TORAH

Parashah 1: B'reisheet ( בראשית ) In die begin. In die oorsprong het God die hemele en die aarde geskep (Gen. 1:1 PWL Vertaling) 1

Les 6 vir 10 November 2018

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

HY WAT DIE ANTIMESSIAS TEËHOU

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

OM TE JUDAÏSEER. In Skriftuurlike verband beteken Judaïseer egter om n Jood (Joods) te word soos ondermeer volgens Ester 8:16 en 17 duidelik is:

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

n Prins word die Skaapwagter

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Parashah 52: Va yelech (וילך) En Moses Het Gegaan

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Parashah 8: Vayish lach (חלשיו) En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

Parashah 45: Va etchanan (ואתחנן) En Ek Het Gesmeek.

Parashah 3: Lech L cha לך) (לך Jy, Gaan jy!

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Pretoria- 23 Junie 2012

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Parashah 44: D varim (דברים) Woorde

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Doen Eers n Kosteberekening

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Parashah 17: Yitro (יתרו) (Jetro)

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

Nuwe Lied Bediening. Parashah 31: Emor Spreek, Praat, Sê.

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Van Vervolger tot Prediker

Catharina Maria Conradie

Nuwe Lied Bediening. Parashah 14: Va'era Hy het verskyn

Nuwe Lied Bediening. Parashah 36: B ha alotcha As Jy Die Lampe Opsteek

Parashah 11: Vayigash (ויגש) En Hy Het Nader Gekom

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Parashah 27: Tazria (תזריע) Swanger word

Nederlandse Geloofsbelydenis

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

DIE FEESTYE VAN YHVH. Les 6 (Deel 1): DIE DERDE FEESSEISOEN: TESHUVAH DIE DAE VAN TERUGKEER

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Wat Word Bedoel met die Werke van die Wet?

Midrash (Torah Bespreking)

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

NEW INTERNATIONAL VERSION

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Parashah 12: Vayechi (ויחי) En Hy Het Geleef.

REGVERDIGMAKING EN DIE GEVOLGE DAARVAN

As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,... (Lev. 26:3)

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

Die betekenis van die kruis (1)

Parashah 14: Va'era ( וארא ) Hy het verskyn

DIE FEESTYE VAN YHVH LES 13 (DEEL 2): OP WATTER DAG IS YESHUA GEKRUISIG?

Laat die Woord Getuig

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Parashah 22: Vayak hel :(ויקהל) Bymekaar Roep. Haftorah: 1 Kon. 7:13 tot 26 en 40 tot 50 Die Pilare van Salomo se Tempel

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Die maan en sy rol in ons wereld *

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Nuwe Lied Bediening. Parashah 9: Vayeshev En Hy Het Gewoon

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

Wie Is Jou Rabbi? Ondermeer word Sag. 8:19 tot 23 as bewys hiervoor aangehaal, veral vers 23 waar die profeet Saggaria sê:

Die Boek van Moses. Facebook vir Shama Bedienings : Ministries/ ?

Transcription:

GEGROND IN TORAH Elkeen wat glo in Yeshua as Messias het n Hebreeuse verbintenis, want die oorsprong van ons geloof is te vinde in die ou verbond. [Lees ons artikel oor ons Hebreeuse verbintenis by: http://nuwelied.info/?page_id=69]. Dit is die rede hoekom ons stewig gegrond moet wees in die ou verbond, want alleenlik dan kan ons die hernieude (nuwe) verbond verstaan en in ons geloofslewe toepas. Talle wedergebore kinders van Vader-God, en die getalle groei steeds daagliks, kan getuig van die seën en geestelike groei wat hulle ervaar sedert hulle begin het met die bestudering van Torah. Hierdie is geestelike diamante wat ontgin word en wat die Afgesonderde (Heilige) Gees sal slyp tot nuwe openbaringe en kennis van Vader-God en Yeshua Messias. Gelowiges wat dus hulle Hebreeuse verbintenis ontken, en geen moeite doen om dit te ontdek nie, gaan n onvolledige begrip van die wil en doel van YHVH vir die mens hê. So n persoon sal groot dele van die Skrifte nie verstaan nie en gevolglik nooit die Vaderhart werklik ken nie. Dit veroorsaak dat Skrifgedeeltes dikwels in isolasie en nie in totale konteks verklaar word nie. Om dus die hernieude (nuwe) verbond te verstaan moet ons by die ou verbond begin. Vader-God het die basis van die ou verbond gevestig in die eerste vyf boeke van die Skrifte bekend as die Torah. Dit is die rede vir die eeu-oue gebruik van die bestudering van Torah volgens n jaarsiklus bekend as die weeklikse Torahbespreking (Parashah HaShuvuah). Die nuwe siklus begin hierdie Shabbat (13 Oktober 2012). Alvorens daar met die nuwe siklus van Parashah HaShuvua begin word, moet helderheid oor sekere basiese begrippe eers verkry word. Eerstens, en uiters belangrik! Die Hebreeuse woord Torah word jammerlik vertaal as die wet of as die wet van God. Torah beteken egter onderrig en instruksies. Die wet van God, soos in Skriftuurlike verband gebruik word, is dus die Torah en is al die onderrig en instruksies van YHVH soos in die eerste vyf boeke van die Skrifte opgeteken is. Torah kan dus vergelyk word met die liefdevolle onderrig van n vader van sy kinders. YHVH se Torah is dus Sy liefdevolle onderrig aan die wat Hy as Sy kinders aangeneem het. Dit is YHVH se huisreëls wat nougeset gevolg moet word om al die seëninge van Vader-God se huishouding deelagtig te wees. YHVH is die Vader van die huishouding en Yeshua Messias is die Eersgeborene en ons is YHVH se wedergebore kinders. Torah is YHVH se onderrig in geregtigheid. Dit 1

leer ons hoe om as geregverdigde deur geloof in Yeshua as gekruisigde en opgestane Messias te lewe. Die tien gebooie kan beskou word as n opsomming van die Torah die tien beginsels waarop Torah gebou is en wat in die eerste vyf boeke van die Skrifte breedvoerig bespreek word. n Wyer definisie van Torah is egter al YHVH se onderrig, instruksies en wysheid soos wat in die Skrifte vanaf Genesis tot Openbaring opgeteken is. Waar die woord wet (wette, law) in die Skrifte gebruik word, sal die konteks van die bepaalde Skrifgedeelte bepaal of dit as wet, in die sin van n mensgemaakte wet, of as Torah, in die sin van n wet (onderrig, instruksie en wysheid) van YHVH verklaar moet word. Vergelyk Gen. 47:26 (mensgemaakte wet) en Ex. 13:9 (Torah). Die volgende voorbeeld van Ps. 1:1 en 2 kan gebruik word as illustrasie van hoe n Skrif nuwe betekenis kry wanneer die betekenis, asook die verskil tussen wet en Torah, verstaan word: Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; maar sy behae is in die wet (die Torah) van YHVH, en hy oordink sy wet (die Torah) dag en nag. Hiervolgens is dit duidelik dat die mens wat n behae het in die onderrig en instruksies van YHVH en dit doen, welgeluksalig sal wees. Dit is n behae in die totaliteit van YHVH se Torah!! Hierdie feit word ook in Jos. 1:8 bevestig!! Ingesluit in die betekenis van Torah is ook die gedagte om rigting aan te dui. Ps. 119:105 verklaar daarom dat YHVH se Woord (Sy Torah onderrig en instruksies) n lamp vir ons voet en n lig op ons pad is. Tweedens is die Torah die fondament waarop alle openbaringe van YHVH gebou word. Daarom is die oorhoofse doel van die bestudering van Torah om die profetiese boodskap wat daarin vervat is te verstaan en prakties in ons geloofslewe toe te pas. The study of Torah is the study of God. When God revealed Himself to us, He did not give us a systematic theology, creeds, recipes or diagrams. He gave us laws. Yet they are more than just laws intended to tidy up human society. They are actual pieces of godliness. Each commandment is a small revelation of God. More than just a rule for governing human behavior, the laws of Torah are a reflection of the Lawgiver. (Ki Tetze; FFOZ, 2011). Die oorhoofse doel van Torah is om Yeshua Messias en die Koninkryk van God te openbaar!! Torah gee ons n insae in die lewe en die werke van Yeshua, asook hoe die Koninkryk van God moet funksioneer. Johannes 1:1 en 2 verklaar dat Yeshua die Torah (die Woord) van YHVH is wat van die begin af deel van YHVH was en steeds is. Alle dinge het deur Yeshua, die lewende en vleesgeworde Torah van God ontstaan (Joh. 1:3; Heb. 1:2) en alle dinge word ook gedra (instand gehou) deur die woord van Sy krag (Heb. 1:3). Hierdie Torah is soos YHVH self onveranderbaar gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde. 2

Messias Yeshua is die Koning van YHVH se Koninkryk. Dit is n Hemelse Koninkryk wat op aarde gevestig moet word. Daarom bid ons: Laat u Koninkryk kom... (Luk. 11:2), en Dawid sê: Hulle maak melding van die heerlikheid van u koninkryk en spreek van u mag, om aan die mensekinders sy magtige dade bekend te maak en die glansryke heerlikheid van sy koninkryk. U koninkryk is n koninkryk van alle eeue, en u heerskappy duur deur al die geslagte. Ps. 145:11 tot 13 Hierdie koninkryk vind ons ook in die woorde van Torah wat die beginsels waarvolgens dit moet funksioneer, uitspel. Derdens is diegene wat deur geloof in Yeshua as die gekruisigde en opgestane Messias met YHVH versoen is, bestem om gelykvormig te word aan die beeld van Yeshua (Rom. 8:29). Gelykvormig (Grieks; suschematizo ) aan die beeld van Yeshua beteken om jouself in gedagtes en karakter te formeer volgens Yeshua en dus volgens Torah. Dit beteken om gelykvormig aan YHVH se Woord (Torah) te word. Daarom skryf Paulus in Rom. 12:2 die volgende: En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. Ons gemoed, naamlik die wyse wat ons dink, praat en doen, word deur Torah (die Woord) vernuwe. Hierdie vernuwing van die gemoed verwys na die sielsrealm wat n transformasie moet ondergaan om herskep te word om weereens gemaak te wees na die gelykenis van God. Vierdens is ons insig in Torah die fondament van ons begrip van die res van die Tanakh (ou testament / verbond) asook van die B rit Chadashah (nuwe testament / hernieude verbond). Daarom skryf Paulus in Rom. 10:4 dat die doel van Torah is Messias deur wie elkeen wat glo geregverdig verklaar word. For the goal at which the Torah aims is the Messiah, who offers righteousness to everyone who trusts (Complete Jewish Bible) Yeshua self het aangaande Sy kruisdood en opstanding die Emmaüsgangers geleer dat alles wat oor my geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word. Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan (Luk. 24:44 en 45). Die feit dat Yeshua die Torah gebruik het om die dinge aangaande Homself aan die Emmaüsgangers te verduidelik is soveel meer merkwaardig in die lig daarvan dat in Torah (die eerste vyf boeke) word die woord Messias nie eers gebruik nie! Ons lees in Joh. 5:39 en 45 tot 47 van soortgelyke stellings deur Yeshua: Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig (vers 39) Moenie dink dat Ek julle by die Vader sal beskuldig nie. Daar is een wat julle beskuldig Moses op wie julle gehoop het. Maar as julle Moses geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskrywe. En as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo? (vers 45 tot 47) 3

Met hierdie woorde het Yeshua bevestig dat Torah geskryf is met die doel om ons in te lig oor Hom!! Dit bevestig ook wat in Ps. 40:8 geskryf is: Toe het ek gesê: Let op, ek kom; in die begin van die boekrolle is dit van my geskryf. O my God, ek verheug my daarin om U wil te doen; U wet is binne-in my verstand, wil en emosie. (PWL Vertaling). Paulus het ook aan Timotheus geskryf en hom herinner: Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Messias Yeshua (2 Tim. 3:14 en 15). Die Skrifte waarna Paulus verwys is die Tanakh (die ou testament), want die Skrifte van die nuwe testament het nog nie bestaan nie. Volgens bogenoemde is dit duidelik dat Torah die fondament van ons begrip en openbaring van die B rit Chadashah (nuwe testament) is. Alleenlik wanneer ons verstand aangaande Yeshua van Torah geopen word, kan ons die lewe en werke van Yeshua van die hernieude verbond verstaan. Alleenlik dan kan ons YHVH se geregtigheid ken en as koninklike priesterdom in Sy Koninkryk diens doen!! Laastens moet ons verstaan dat die Apostels nie n nuwe testament -evangelie verkondig het nie, maar wel n evangelie wat se wortels in Torah gevestig is. Ons moet onthou dat die apostels van ouds nie die nuwe testamentiese Skrifte gehad het nie. Hulle predeking moes deur Torah bevestig kon word. Daarom lees ons in Hand. 17:11 aangaande die Bereane: En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. Ons moet deeglik kennis neem van die feit dat die gemeente ( die kerk ) van Handelinge in Jerusalem, asook ander gemeentes wat in die tyd gevestig is, slegs die Skrifte van die ou testament as verwysing gehad het. Paulus bevestig dit in Rom. 1:1 tot 4. Sha ul, n geroepe slaaf van Yeshua Die Gesalfde Een, n afgevaardigde, afgesonder vir die goeie boodskap van God wat Hy van die begin af deur sy profete beloof het in die afgesonderde Skrifte, aangaande Sy Seun, wat na die vlees gebore is uit die saad van die huis van Dawid en deur die Gees van Afsondering met krag openbaar is deur die opstanding uit die dood as die Seun van God: Yeshua, Die Gesalfde Een, ons Meester (PWL Vertaling). Paulus bevestig dus dat die evangelie van redding deur Torah belowe was. Verder leer ons uit die brief aan die Hebreërs dat dieselfde evangelie as wat aan Israel by Sinai verkondig was, steeds vandag aan ons verkondig word. Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie (Heb. 4:2). 4

Hierdie evangelie is gebaseer op geloof en gehoorsaamheid geloof in Yeshua as die Messias en gehoorsaamheid aan die Vader se onderrig en instruksies (Torah) om n lewe in oorvloed deelagtig te wees (Joh. 10:10). Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. Torah, en die res van die Tanakh, leer ons wat die beginsels van hierdie evangelie is en hoe dit profeties na Yeshua Messias en die Koninkryk van God verwys. Die B rit Chadashah is die bevestiging en vervulling van hierdie profesië. Indien ons hierdie evangelie glo en in gehoorsaamheid daarvolgens lewe, sal ons in die rus van YHVH ingaan (Heb. 4:6 tot 10). Torah-gehoorsaamheid is ons ywer om hierdie beloofde rus deelagtig te wees, want ons wil nie weer soos Israel van ouds in dieselfde ongehoorsaamheid verval nie (Heb. 4:6 en 11). Is jy gegrond in Torah? Indien nie kan jy by ons Torah-klub aansluit deur vir Madeleine van Heerden by corban@telekomsa.net te kontak. Sy sal elkeen help om hierdie ontdekkingstog van Torah n ware geestelike en lewensveranderende belewenis te maak. Ontvang YHVH se Woord met welwillendheid, maar ondersoek self die Skrifte of hierdie dinge die waarheid is (Hand. 17:11). Shalom Johan Kriel E-pos: kontak@nuwelied.info Webwerf: http://www.nuwelied.info 5