As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,... (Lev. 26:3)

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

n Prins word die Skaapwagter

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Parashah 8: Vayish lach (חלשיו) En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Van Vervolger tot Prediker

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Wie Is Jou Rabbi? Ondermeer word Sag. 8:19 tot 23 as bewys hiervoor aangehaal, veral vers 23 waar die profeet Saggaria sê:

Les 6 vir 10 November 2018

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

HY WAT DIE ANTIMESSIAS TEËHOU

TORAH (WET) EN GENADE. LES 6 (Deel 3): HOORDERS EN DADERS VAN TORAH

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Midrash (Torah Bespreking)

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Doen Eers n Kosteberekening

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

GEGROND IN TORAH. Alvorens daar met die nuwe siklus van Parashah HaShuvua begin word, moet helderheid oor sekere basiese begrippe eers verkry word.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Nuwe Lied Bediening. Parashah 9: Vayeshev En Hy Het Gewoon

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Nuwe Lied Bediening. Parashah 36: B ha alotcha As Jy Die Lampe Opsteek

Nuwe Lied Bediening. Parashah 51: Nitzavim Wanneer Jy Staan

Parashah 14: Va'era ( וארא ) Hy het verskyn

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Parashah 3: Lech L cha לך) (לך Jy, Gaan jy!

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Nuwe Lied Bediening. Parashah 31: Emor Spreek, Praat, Sê.

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Parashah 52: Va yelech (וילך) En Moses Het Gegaan

4. Struktuur Van Profesie

Nuwe Lied Bediening. Parashah 14: Va'era Hy het verskyn

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Ons Hebreeuse Wortels

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Waar is God as ons swaarkry?

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

DIE FEESTYE VAN YHVH. Les 6 (Deel 1): DIE DERDE FEESSEISOEN: TESHUVAH DIE DAE VAN TERUGKEER

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Nuwe Lied Bediening. Parashah 8: Vayish lach En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Die Boek van Moses. Facebook vir Shama Bedienings : Ministries/ ?

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

OM TE JUDAÏSEER. In Skriftuurlike verband beteken Judaïseer egter om n Jood (Joods) te word soos ondermeer volgens Ester 8:16 en 17 duidelik is:

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Parashah 11: Vayigash (ויגש) En Hy Het Nader Gekom

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Parashah 45: Va etchanan (ואתחנן) En Ek Het Gesmeek.

Wat Word Bedoel met die Werke van die Wet?

MATT. 25:31 33 DIE SKAPE EN DIE BOKKE

Parashah 22: Vayak hel :(ויקהל) Bymekaar Roep. Haftorah: 1 Kon. 7:13 tot 26 en 40 tot 50 Die Pilare van Salomo se Tempel

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Parashah 27: Tazria (תזריע) Swanger word

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

NEW INTERNATIONAL VERSION

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Luister na God. enlewe vir ewig

Nuwe Lied Bediening. Parashah 10: Miketz Aan die Einde

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Nuwe Lied Bediening. Parashah 5: Chayei Sarah Die Lewenjare van Sarah

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Antwoord: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe. nie aan myself nie, 2 1 Korintiërs 6:19

Transcription:

1 Yeshua is die Boom van die Lewe. Wanneer ons die Torah bestudeer moet ons onthou dat Yeshua Messias die Lewende Torah is die Woord van YHVH wat vlees Parashah geword het. 33: Hy B chukkotai is die weg (בחקותי) na die waarheid Volgens wat lewe My gee Bepalings die Lewende Manna wat uit die hemel gestuur is. Sonder Yeshua wat deur die As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,... (Lev. 26:3) Afgesonderde Gees in ons, en deur ons lewe, sal die geskrewe Torah net die dooie letter van die wet wees!! Yeshua is die hart van die Vader! Parashah 53: Ha'azinu (האזינו) Luister! Luister, O hemele en laat my praat en laat die aarde die woorde van my mond hoor. Deut.32:1 PWL 1 Torah: Deut. 32:1 tot 52. Haftorah: 2 Samuel 22:1 tot 51 Nuwe Verbond: Open. 15:3; Efes. 5:26; Titus 3:5; Hebr. 10:22; 1 Kor. 10:4; 1 Pet. 2:6; Joh. 20:26 tot 21:25. Hierdie notas is aanvullend tot die vorige notas vir Parashah 53 wat afgelaai kan word by: Parashah53Notas14 of by Parashah53Notas15. Commit a little murder in self-defense. Kill your worries before they kill you!!! Being Set-Apart: It is better to walk alone, than with a crowd going in the wrong direction! The Closer we get to YHVH the more Narrow The Path... The Fewer the Companions Till We Stand Alone with Him... Our Elohim! Weigh the Cost - Pay the Price - Be Set-Apart!! Gerald W Thomas. Nothing that we despise in other men is inherently absent from ourselves. We must learn to regard people less in the light of what they do or don't do, and more in light of what they suffer Dietrich Bonhoefer. 1 Alle teksverwysings is geneem uit PWL (Pad van Waarheid tot die Lewe) Vertaling, behalwe waar anders vermeld. Die PWL Vertaling kan gratis afgelaai word by www.padwlewe.ch, maar is ook in gedrukte formaat beskikbaar. Om n kopie van die Bybel te bekom kan Gerrie Coetzee per e-pos by padwlewe@yahoo.com of telefonies by 074 361 2134 gekontak word.

2 Midrash (Torah Bespreking) Hoor Die Woorde Uit YHVH Se Mond! Die naam van hierdie week se Torahskriflesing is ha azinu (אזינו) wat luister beteken en waarvan die grondwoord azan ( (אזן is, en dit beteken om bakoor te maak jou oor te vergroot deur bakhand agter jou oor te maak en om as te ware jou oor te gee om aandagtig te luister en te hoor. Hoor in Hebreeus is sh ma en is om met toegewyde aandag te luister wat gesê word met die doel om te verstaan sodat dit gedoen kan word. YHVH wil hê ons moet ha azinu na die duidelike opdrag en waarskuwing in Open. 18:4 en 5 toe Johannes n stem uit die hemel hoor sê het: Ek het n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, My volk sodat julle nie deel kry aan haar sondes en nie van haar plae ontvang nie, want die sondes in haar het opgestapel tot by die hemel en God het haar boosheid in herinnering geroep. Ons weet dat hierdie opdrag en waarskuwing verwys na Babilon (Bavel), want in die voorafgaande verse 2 en 3 lees ons waarvan Babilon n sinnebeeld is, naamlik: n blyplek van demone en n gevangenis van elke onrein en verwerplike gees, want sy het van die wyn van haar seksuele immoraliteit gemeng vir al die nasies en die konings van die aarde was seksueel immoreel met haar en die handelaars van die aarde het ryk geword deur die krag van haar verblinding. Babilon is n sinnebeeld van geestelike onreinheid (hoerery), naamlik misleiding wat die gevolg is van die algehele of gedeeltelike verwerping van dit wat in YHVH se Woord geskryf is! Babilon (Bavel) het n belangrike rol gespeel in die geskiedenis van Israel van die ou verbond. In Genesis 11 lees ons dat die ontstaan van Babilon was weens rebellie teen YHVH- God. Hulle sê ook: Kom, laat ons vir ons n stad bou en n toring waarvan die punt in die hemele is en laat ons vir ons n outoriteit en karakter (naam) daarstel sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie. Gen. 11:4. Babilon was n poging van identiteit diefstal. Die mens wou die Karakter en Outoriteit van YHVH steel en dit aan hulself toe-eien! Hulle wou selfregerend volgens hulle eie wette word en het daarom die outoriteit van YHVH verwerp. Babilon was die begin van alle afgodery wat mettertyd oor die hele aarde versprei het. Daarom is Babilon n sinnebeeld van alle vorme van geestelike hoerery. Sy is die moeder van hoere en van die vuilhede van die aarde (Open. 17:5). Daarom het die profeet Jeremia reeds in die jare 626 tot 586 voor Messias gewaarsku teen Babilon. Vlug uit Bavel uit en red elkeen sy lewe; moenie vernietig word in haar straf nie, want dit is se tyd van wraak; Hy gaan aan haar haar verdiende loon gee. Bavel was n goue beker יהוה wat die hele aarde dronk gemaak het in die hand van ;יהוה die nasies het van haar wyn gedrink; daarom het die nasies gek geword. Jer. 51:6 en 7. Die Hebreeus vir gek is halal en beteken om te spog, te pronk, ophemeling en belaglik maak. Hierdie is n raak beskrywing van iemand wat bedwelm en besope is van oormaat wyn en dan gekkighede aanvang. Om te drink van die wyn van Babilon is om geestelike bedwelm en besope, en dus geestelik gek te word. Hierdie mense spog en pronk dat hulle geestelik ryk en

3 welvarend is en dat hulle niks nodig het nie, maar besef nie dat hulle geestelik siek, bejammeringswaardig, arm en kaal is nie (Open. 3:17)! In Jer. 51:7 het ons gelees: Bavel was n goue beker wat die hele aarde dronk gemaak het in die hand van ;יהוה YHVH hou hierdie beker van Babel in Sy hand en Hy gaan aan Babilon haar verdiende loon gee! Elkeen wat van hierdie beker drink sal die loon van die sonde ontvang, naamlik die geestelike doodstraf (Rom. 6:23). Open. 18:4 en 5 is dus die bevestiging van Jer. 51:6 en 7, naamlik Gaan uit haar uit, My volk sodat julle nie deel kry aan haar sondes en nie van haar plae ontvang nie. Daarom moet ons die opdrag en waarskuwing in Open. 18:4 en 5, naamlik: Gaan uit Babilon uit..., hoor en dit doen, want ons ewige lewe hang daarvan af of ons hierdie woorde van YHVH gehoorsaam of nie. Ons moet Ha'azinu luister, hoor en doen! Die geheime van Babilon! In Open. 17:3 tot 6 lees ons meer van die vrou wat op n bloedrooi dier sit en op wie se voorhoof Babilon geskryf is: 3 Hy het my in die gees na die wildernis toe gebring en ek het n vrou sien sit op n bloedrooi dier, vol name wat kwaadpraat teen God, wat sewe koppe, maar tien horings het. 4 Die vrou was aangetrek met pers en skarlakenrooi en versier met goud, edelstene en pêrels en sy het in haar hand n goue beker gehad, vol verwerplikhede en die vuilheid van haar seksuele immoraliteit 5 en tussen haar oë is geskryf: die geheime, groot Bavel, die moeder van hoere en van die vuilhede van die aarde. 6 Ek het die vrou gesien wat dronk was van die bloed van die afgesonderdes en van die bloed van die getuies van Yeshua en ek was verbaas met n groot verbasing toe ek haar sien. Maar wat is die betekenis van die geheime van groot Babilon in Open.17:5 en tussen haar oë is geskryf: die geheime, groot Bavel, die moeder van hoere en van die vuilhede van die aarde. Soos reeds genoem is Babilon die sinnebeeld van alle afgodery en geestelike misleiding. Dit wat tussen haar oë (op haar voorhoof) geskrywe is, is verteenwoordigend van haar leerstellings waaroor sy nie skaam is nie, maar openlik verkondig en op roem. Die geheime van Babilon is die misleidings wat vir die meerderheid weggesteek is die wat geestelik verblind is, maar dit as die waarheid aanvaar en beleef. In 2 Thess. 2:7 verwys Paulus na die geheime van die wetsoortreders (die verborgenheid van die ongeregtigheid) wat alreeds aktief aan die werk is. Hierdie verborgenheid gaan gepaard met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen (2 Thess. 2:9). Daarom moet ons die verborgenheid die geheimenisse van misleiding van Babilon kan identifiseer en openbaar maak en nie deel daaraan hê nie. Dit is met die doel voor oë wat Paulus vir Timotheus aangemoedig het met die woorde: Let op jouself, dat jy jouself volmaak voor God aanbied, as n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die boodskap van die waarheid reguit verkondig. 2 Tim. 2:15. Maar ons moet Open. 17:5 ook sien in die lig van Hos. 4:6:

4 My volk word vernietig weens gebrek aan kennis. Omdat jy kennis verwerp het, sal Ek jou ook as My priester verwerp. Aangesien jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet YHVH sê dat Sy volk en priesterdom word vernietig weens gebrek aan kennis, maar die vraag is watter kennis? Dit is weens n gebrek aan die kennis van YHVH se woord en die weiering om dit nougeset daagliks toe te pas. Dit is om die wet (die Torah) van YHVH te vergeet het. Diegene wat hierdie kennis verwerp sal deur YHVH as priesters verwerp word en so ook sal YHVH hulle kinders vergeet. Hierdie woorde en waarskuwing van die profeet Hoséa is net so van toepassing op ons onder die nuwe verbond ons wat YHVH se uitverkore volk is en wat priesters volgens die orde van Melgisédek is (1 Pet. 2:9). YHVH sal ons ook as priesters verwerp indien ons n gebrekkige kennis van die Skrifte van die nuwe verbond het en ongehoorsaam is aan YHVH se Torah soos dit in Yeshua volbring is. Weens n gebrek aan kennis om tussen die waarheid en die leuen, en tussen dit wat rein en onrein is te kan onderskei, asook weens ongehoorsaamheid aan dit wat ook in die Skrifte van die nuwe verbond geskryf is, word ons in ballingskap weggevoer na geestelike Babilon. Daarom gaan My volk in ballingskap weens hulle gebrek aan kennis, hulle eerbares ly honger en hulle menigte droog uit van die dors. Jes. 5:13. Om uit Babilon te vlug is om deur die nou poort te gaan en op die smal weg te wandel wat na die (ewige) lewe lei (Matt. 7:13 en 14). Hierdie weg is smal, want aan die een kant is die afgrond van die misleiding van die Christendom en aan die ander kant is die afgrond van die misleiding van Rabbynse Judaïsme. En daar sal min wees wat hierdie weg sal vind (Matt. 7:14). Die waarskuwing om uit Babilon te kom stem ooreen wat ons geleer het aangaande die rebellie van Korag en sy bende toe Moses aan die volk gesê het: Gaan nou weg van die tente van hierdie bose oortreders en raak nie aan iets wat aan hulle behoort nie, anders sal julle in al hulle sondes weggesleep word. (Num. 16:26). En ons weet wat het verder gebeur: Dit het gebeur dat toe hy (Moses) al hierdie woorde klaar gepraat het, die grond wat onder hulle was oopskeur en die aarde het sy mond oopgemaak en hulle ingesluk saam met hul huisgesinne en al die mense wat saam met Korag was en al hulle besittings. So het hulle saam met almal wat by hulle was, lewend na Sh ol afgegaan, die aarde het bo hulle toegemaak en hulle is vernietig vanuit die vergadering uit. Num. 16:31 tot 33. Laat hierdie n waarskuwing aan elkeen van ons wees! Die tyd is nou om te vlug van al die dinge waarvan Babilon n sinnebeeld is! Babilon en die Nuwe Wêreldorde (NWO) Wanneer ons eindtydgebeure bestudeer moet ons dit sien en vergelyk in die lig van antieke Babilon. In Gen. 11:4 tot 9 lees ons die volgende: 4Hulle sê ook: Kom, laat ons vir ons n stad bou en n toring waarvan die punt in die hemele is en laat ons vir ons n outoriteit en karakter (naam) daarstel sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie. het. het afgekom om die stad en die toring te sien wat die seuns van die mens gebou יהוה 5

5 het gesê: Let op, hulle is nou een volk en het almal een taal en dit is net die begin van יהוה 6 wat hulle beplan het om te doen; nou sal niks wat hulle beplan om te doen vir hulle onmoontlik wees nie. 7 Kom, laat Ons afgaan en hulle taal daar verwar sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie. 8 Só het יהוה hulle daarvandaan oor die hele aarde verstrooi en hulle het opgehou om die stad te bou. 9 Hulle het dit as gevolg daarvan Bavel genoem, want dáár het יהוה die taal van die hele aarde deurmekaar gemaak en daarvandaan het יהוה hulle oor die hele aarde verstrooi. Babilon moet nie net geestelik gesien word nie, maar ook fisies, want dit is ook n sinnebeeld van die NWO van n wêreldwye eenvormige politieke-, ekonomiese- en godsdienstige bestel wat sentraal die beheer oor almal en alles ten doel het. Daarom is die doelwit van die NWO dieselfde as Gen. 11:4 om soos Babilon van ouds vir hulle n naam te maak! Die NWO verwerp YHVH-God en wil Gen. 11:7 en 8 omdraai sodat alles weer eenvormig kan wees en gesetel sal wees in een mensgemaakte gesagstruktuur. Maar YHVH sal weer ingryp, want anders sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie. Babilon van ouds en die NWO is identies. Babilon die NWO is waar die mens sonder YHVH wil regeer. Die geskiedenis word herhaal! Bepeins of Bespreek 1. Ons elkeen is verantwoordelik en aanspreeklik om selfstandig tussen die waarheid en die leuen te kan onderskei. Kan ons die skuld vir ons misleiding op iemand anders plaas? Lees 2 Tim. 3:16 en 17 en Hand. 17:11. Is die grootste probleem van misleiding nie juis die mens se geneigdheid om n leier se leerstellings onvoorwaardelik te glo en die vrees van verwerping deur die leier of groep wanneer daar met die leier verskil word nie? 2. Hoe beter ons die Vaderhart ken (hoe meer intiem ons verhouding is) en hoe meer kennis ons van Sy Woord het, hoe makliker sal ons die verborgenhede van Babilon kan identifiseer! Lees Ps. 1:1 tot 5, veral verse 2 en 3. 3. Die Afgesonderde Gees sal ons ook leer en lei om die misleiding van Babilon te kan identifiseer. Bid ons gereeld genoeg vir die gawe van onderskeiding (1 Kor. 12:10)? Wat sê 1 Joh. 4:9 moet ons doen? Babilon is n sinnebeeld van die gees van die teëstander die Antimessias. Daarom is ons worstelstryd nie teen vlees en bloed nie, maar... Efes. 5:12! 4. Wat is ons roeping? Is dit om YHVH se Koninkryk hier op aarde te vestig tot Yeshua sal kom om YHVH se plan van herstel te voltooi? Dit sal van ons elkeen vereis: Om die Vaderhart intiem te ken geestelike gemeenskap (Joh. 17:3). Ons moet die kennis van YHVH soek (Hos. 4:6) en ons lampe vol olie maak en ekstra olie saam neem op ons wildernis reis in hierdie wêreld (Matt. 25:3 tot 8). Om op n geestelike vlak te kom waar ons die verborgenheid (leuens, die misleiding en die versoekinge) van Babilon kan identifiseer en onderskei. Ons moet die waarheid ken en dit doen (Joh. 8:31 en 32) dit is ons vryheid en beskerming. Om terug te keer na die ou paaie die goeie weg (Jer. 6:16) van die gemeente van Handelinge dit sal die rus vir ons siele wees in hierdie einde van die eeue.

6 Om uit Babilon te kom sodat ons nie deel aan haar sondes sal hê nie en ons saam met haar veroordeel sal word nie! Opsommend: Dit is om voorbereid en bemagtig te wees om in die komende dae, wanneer YHVH Babilon gaan oordeel tydens die Groot Verdrukking, n oorwinnaar oor die verborgenheid van Babilon te wees (Open. 3:9 tot 13). Na Wie Se Woorde Luister Jy? (Hierdie deel is n hersiening van verlede jaar se notas) Ons moet luister, hoor en doen wat in die Afgesonderde Skrifte opgeteken is, maar ons moet ook luister na die stem van die Afgesonderde Gees. Hy wat ore het, luister wat die Gees vir die gemeentes sê: Aan die wat die oorwinning behaal, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe, wat in God se paradys is. Open. 2:7. Die stem van die Afgesonderde Gees is die stem van die Goeie Herder! 1 Dit is n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: wie nie by die hek in die skaapkraal ingaan nie, maar van n ander plek af inklim, hy is n dief en n rower, 2 maar hy wat by die hek ingaan, is die herder van die skape. 3 Vir hom maak die hekwag oop en die skape luister na sy stem. Hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit. 4 Wanneer hy sy eie skape uitgelei het, loop hy voor hulle uit en die skape volg hom omdat hulle sy stem ken. 5 Hulle sal nie saam met n vreemdeling gaan nie, maar weghardloop omdat hulle die stem van die vreemdeling nie ken nie. Joh. 10:1 tot 5. Die vraag is: Na wie se woorde (stem) luister jy? Yeshua self het gesê: As iemand My liefhet, sal hy My boodskap gehoorsaam en My Vader sal hom liefhê en Ons sal na hom toe kom en by hom blyplek maak. Hy wat My nie liefhet nie, gehoorsaam nie My boodskappe nie en hierdie boodskap wat julle hoor, is nie Myne nie, maar is van die Vader af wat My gestuur het. Hierdie dinge het Ek vir julle gesê terwyl Ek by julle is, maar die Bevryder en Lewegewer, die Gees van Afsondering, wat My Vader in My Outoriteit en Karakter sal stuur, sal julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. Joh. 14:23 tot 26. Let op wat Yeshua gesê het, naamlik dat as iemand Hom liefhet, sal hy Sy boodskap (Sy woorde) gehoorsaam (bewaar en doen)! Daarom het Yeshua telkens vir sy dissipels gesê om Hom te volg. My skape hoor My stem, Ek ken hulle en hulle loop saam met My. Ek gee ook aan hulle die ewige lewe en hulle sal vir ewig nie vernietig word nie en niemand sal hulle uit My hand ruk nie. My Vader, wat hulle aan My gegee het, is groter as almal en niemand kan hulle uit die hand van My Vader ruk nie. Ek en My Vader, Ons is Een. Joh. 10:27 tot 30. Dissipels van Yeshua luister na Yeshua se stem en hulle volg Yeshua, want in Hom is die ewige lewe en niemand sal hulle uit die Vader se hand ruk nie!!

7 Rabbynse Judaïsme luister nie na die stem van Yeshua nie en daarom is Hy nie hulle Herder nie!! Hulle volg dus nie vir Yeshua nie en daarom het hulle nie die ewige lewe nie! Rabbynse Judaïsme is nie die stem van die Goeie Herder nie, maar die stem van die vreemdeling na wie nie geluister moet word nie! Aan die voorvaders van Rabbynse Judaïsme (die Fariseërs) het Yeshua gesê dat Hy die Messias is, maar hulle het Hom nie geglo nie. Daarom het Yeshua vir hulle gesê: Maar julle glo nie, want julle is nie van my skape nie, soos Ek vir julle gesê het. Joh. 10:26. Die Apostel Johannes som dit soos volg op: As ons die getuienis van n mens aanvaar, hoeveel groter is die getuienis van God? Hierdie is die getuienis van God wat Hy aangaande Sy Seun getuig. Elkeen wat aanhou vertrou in die Seun van God, het hierdie getuienis in homself. Elkeen wat God nie aanhou vertrou nie, maak Hom tot leuenaar omdat hy die getuienis nie vertrou wat God aangaande Sy Seun getuig nie. Dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het en dié Lewe is in Sy Seun. Hy wat vashou aan die Seun, hou vas aan die Lewe en elkeen wat nie die Seun van God vashou nie, het nie die Lewe nie. 1 Joh. 5:9 tot 12. In die lied van Moses is ook die profesie vervat van Israel wat Yeshua die Rots en Goeie Herder sal verwerp: Die Rots wat jou verwek het, het jy verwaarloos en jy het die Magtige God vergeet wat aan jou geboorte gegee het. Deut. 32:18. Hierdie profesie het waar geword! Omdat Rabbynse Judaïsme vir Yeshua as Messias verwerp het, is hulle tot vandag onder YHVH se tugtiging en strafoplegging soos die lied van Moses geprofeteer het. Die Apostel Petrus bevestig dit in 1 Pet. 2: 6 tot 8. Dit word gesê in die Skrifte: Let op, Ek lê in Tziyon n goedgekeurde en kosbare Hoeksteen en die wat in Hom vertrou, sal nooit beskaam word nie. Vir die wat aanhou vertrou, is hierdie eer gegee, maar vir die wat nie vertrou nie is Hy: n Klip van struikeling en n Rots van aanstoot en hulle struikel daaroor deurdat hulle nie die boodskap gehoorsaam nie, want hiervoor is hulle aangestel. 1 Pet. 2:6 tot 8. Die lied van Moses dien steeds as getuienis dat Rabbynse Judaïsme die Seun van YHVH, Sy Gesalfde, verwerp het! Skryf daarom nou hierdie lied vir julleself en leer dit vir die seuns van Yisra el; sit dit op hulle lippe sodat hierdie lied vir My n getuie teen die seuns van Yisra el kan wees. Deut. 31:19. Die getuienis teen hulle is dat die een van wie Moses geskryf het, naamlik van Yeshua, het hulle verwerp! Dink julle dat Ek julle by die Vader aankla? Daar is een wat julle aankla, Moshe op wie julle n versekerde verwagting het, want ás julle Moshe geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskryf. Aangesien julle nie glo wat hy geskryf het nie, hoe gaan julle glo wat Ek sê? Joh. 5:45 tot 47.

8 Die Vraag? Luister jy na Yeshua se stem of na die stem van Rabbynse Judaïsme? Ons kan die vraag ook anders stel, naamlik: Wie se stem is die stem van waarheid en wie se stem is die stem van die leuenaar? Wie verkondig die waarheid en wie verkondig die leuen? Die antwoord vind ons die Skrifte van die nuwe verbond: Wie is die leuenaar anders, as hy wat ontken dat Yeshua Die Gesalfde Een is? Dit is die vals gesalfdes: hy wat die Vader ontken, ontken ook die Seun. Elkeen wat die Seun ontken, vertrou ook nie in die Vader nie. Wie ook al die Seun bely, bely ook die Vader. 1 Joh. 2:22 en 23. Rabbynse Judaïsme is die leuenaar want hulle ontken dat Yeshua die Messias is! En elkeen wat die seun ontken (verwerp), ontken ook die Vader!! Dit is nie die Afgesonderde Gees wat deur Rabbynse Judaïsme werk nie, maar wel die gees van die Antimessias die teëstander van YHVH Yeshua: Hieraan word die Gees van God geken: elke gees wat erken dat Yeshua, Die Gesalfde Een, in die vlees gekom het, is vanuit God en elke gees wat nie erken dat Yeshua, Die Gesalfde Een, in die vlees gekom het nie, is nie vanuit God nie, maar dit is die gees van die vals gesalfde (Antimessias), waarvan julle gehoor het dat hy kom en van nou af in die wêreld is. 1 Joh. 4:2 en 3. Daar is baie misleiers in die wêreld en Rabbynse Judaïsme moet as een van die grootste van hierdie misleiers beskou word. Daarom moet ons ag slaan op hierdie waarskuwing van die Apostel Johannes: want baie misleiers het uitgegaan in die wêreld in: die een wat nie bely dat Yeshua, Die Gesalfde Een, in die vlees gekom het nie; hy is n misleier en teëstander teen Die Gesalfde Een. Gee aandag aan julle lewe dat julle nie enige iets verloor waarvoor julle gewerk het nie, maar dat julle n volle loon kan ontvang. Elkeen wat n oortreder is en nie aanhou in die leer van Die Gesalfde Een nie; God is nie in hom nie. Hy wat aanhou in Sy leer, hy het die Vader sowel as die Seun. As iemand na julle toe kom en nie hierdie leer bring nie, moet hom nie in die huis ontvang nie en nie vir hom sê, welkom aan jou, nie, want hy wat vir hom sê welkom aan jou, het deel aan sy bose dade. 2 Joh. 1:7 tot 11 Rabbynse Judaïsme is n misleier en teëstander teen YHVH en Sy Seun, want hulle verkondig dat Yeshua, Die Gesalfde Een, nie in die vlees gekom het nie! Is Rabbynse Judaïsme welkom in jou huis en in jou hart? Onthou die waarskuwing van die Apostel Johannes: hy wat vir hom (Rabbynse Judaïsme) sê welkom aan jou, het deel aan sy bose dade. En daarom, soos reeds bespreek is, is die woorde van Open. 18:4 en 5 ook op Rabbynse Judaïsme van toepassing, naamlik: Gaan uit haar uit, My volk sodat julle nie deel kry aan haar sondes en nie van haar plae ontvang nie!! Bepeins of Bespreek 1. Beteken dit dat ons alles van Rabbynse Judaïsme moet verwerp? Nee, maar ons moet met baie groot versigtigheid die vis van die grate skei. Onthou egter: Dit is maklik om die vis van die grate te skei wanneer ons snoek eet, maar dit is baie moeilik om die vis van die

9 grate te skei wanneer ons sardientjies eet! Net soos die Christendom n mengsel van leuens en waarheid is, so ook is Rabbynse Judaïsme. 2. Rabbynse Judaïsme het al tweeduisend jaar gelede gekies om Yeshua as die Messias te verwerp en daarmee saam die Afgesonderde Gees van YHVH. In die lig hiervan is die vraag: Kan ons hulle as ons leermeesters van Torah aanvaar en vertrou? Hoekom word so baie so bekoor deur Rabbynse Judaïsme dat hulle later blind raak vir die Skrifte van die nuwe verbond? 3. Ek word gereeld beskuldig van antisemitisme (Jode-haat). Maar is dit antisemitisme om te waarsku teen die gevare van Rabbynse Judaïsme? Dit gaan nie oor die Jode as sulks nie, maar oor die Godsdiens van Judaïsme wat n kragtige misleiding is en talle in die Messiaanse Beweging al ingesluk het. Die eerste tekens van die houvas van hierdie misleiding op gelowiges is: Wanneer die Skrifte van die nuwe verbond, veral die brief aan die Hebreërs, bevraagteken word. Wanneer Paulus bevraagteken word. In die verband moet 2 Pet. 3:15 en 16 egter onthou word. Wanneer die versoeningswerk van Yeshua aan die folterpaal bevraagteken word en dus die rol van Yeshua in die versoening met YHVH. -o-o-o-o-o-o-o-o- Ontvang YHVH se Woord met welwillendheid, maar ondersoek self die Skrifte of hierdie dinge die waarheid is (Hand. 17:11). Shabbat Shalom. Johan. Epos: kontak@nuwelied.info Webwerf: http://www.nuwelied.info Kopieë mag gemaak en gratis versprei word, maar mag nie verkoop word nie. Geen veranderinge mag aan die oorspronklike teks aangebring word en dit dan onder die naam van Nuwe Lied Bediening versprei nie.