Nota vooraf: Op die kerklike kalender is dit die derde lydensondag. Die teksgedeelte kom uit die profetiese rede, d.w.s. Jesus se afskeidspreek.

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

n Prins word die Skaapwagter

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Van Vervolger tot Prediker

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Les 6 vir 10 November 2018

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Pretoria- 23 Junie 2012

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

DIE WEGRAPING/WEDERKOMS VAN JESUS CHRISTUS?

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Wegraping (Saamgevat)

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Die maan en sy rol in ons wereld *

Addendum A Consent form

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

4. Struktuur Van Profesie

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

Waar is God as ons swaarkry?

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Die Blye Boodskap. The Good News

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Die Kalender uit die Skrif

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

Emotional drainage / Emosionele dreinering

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Verduidelik 4 Wel-it sê hulle was dissipels. Want dis wat dissipels doen. Ons volg Jesus.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

Community of Practice

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Lukas 4: Agtergrond

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Wat kan die kerk doen?

Transcription:

Preek Bellville 19 Maart 2017 Derde Lydenssondag. Ontmoetingsdiens: Introïtuslied Ps 119 : 29 Votum en seëngroet Lof Psalm 48 : 1 & 5 Geloofsbelydenis Verootmoedigingdiens Wet Ps 2: 9 Gebed om verligting van die Heilige Gees by die opening van die Woord Woorddiens Lees: Daniël 9 : 24 27 Teks: Matt. 24 : 1 & 2 en verse 15 22 Nota vooraf: Op die kerklike kalender is dit die derde lydensondag. Die teksgedeelte kom uit die profetiese rede, d.w.s. Jesus se afskeidspreek. Met die aanvang van Sy openbare optrede het Hy die Bergrede gelewer in Matt. 5. Dit was Sy intreepreek waarin Hy met die Saligsprekinge die Grondwet van die Koninkryk van die hemele aangekondig het. Nou 3 jaar later met Sy afskeidspreek kry ons die 7 weë-uitsprake: Ellende wag vir julle indien julle julle nie bekeer nie en volhard met julle skynheilige vroomheid. Preektema: NIKS SAL MEER HEILIG WEES NIE Inhoudelik Dit is die Dinsdagaand voor die kruisiging. Dit was n bitter moeilike dag wat met die tempelreiniging begin het (21:12). Die Fariseërs en Skrifgeleerde het hulle bes probeer om Jesus met hulle strikvrae vas te trek (hoofstuk 22). Toe hulle naderhand niks meer gehad het om Hom te vra nie, was dit Sy beurt om te boul en dan kry ons in hfst. 23 die felle oordele oor die Skrifgeleerdes en Fariseërs. Sy laaste woorde was die klag oor Jerusalem en hoedat die stad as puinhoop gelaat sal word. Daarna het hulle vir die aand verdaag en na Betanië vertrek waar hulle tuis gegaan het. As hulle teen sononder teen die Olyfberg uitstap kyk die dissipels terug oor die stad. n asemrowende gesig begroet hulle. In die lig en skadu van die laaste sonstrale lê die geboue, paleise toringtranse in al hulle prag en glorie. Dit slaan jou asem weg. As die dissipels hulle verwondering uitspreek laat val Jesus die bom as Hy sê: Hier sal nie een klip op die ander bly nie, alles sal afgebreek word (24 : 2). As Jesus dan eenkant gaan sit kan hulle dit nie langer hou nie. Die mond loop mos oor waarvan die hart vol is. Bladsy 1 van 6

In vers 3 vra die dissipels dan vir die Here in twee-in-een vraag: a) Wanneer sal hierdie dinge gebeur en b) wat sal die teken wees? Ons kyk vanoggend na Jesus se antwoord op die tydsvraag: Wanneer dit gaan gebeur? (vs. 4 28). (D.V. sal ek volgende keer die gedeelte behandel wat oor die teken gaan; vs. 29 44). Goed. Wanneer gaan hierdie dinge gebeur? Die kort antwoord is, is dat dit naby is: voor die deur (vs. 32 33), dat hierdie geslag dit nog sal beleef (vs. 34-35). Dit sal onverwags wees omdat die dag en uur onbekend is (vs. 36-51). Met hierdie antwoord wil Jesus vir Sy dissipels en vir ons die wêreldgeskiedenis in perspektief stel. Weliswaar nie so dat ons die Bybel as n handboek kan gebruik om alles kronologies, dag en datum, in te deel nie, maar sodat ons gereed sal wees. (Onthou, die Bybelse profesieë is soos n eklips (sonsverduistering, aarde, maan en son lê in een lyn, dan sien jy nie die son nie, as hulle uitmekaar skuif sien jy weer die son). Nadat die Here hulle gewaarsku het in vs. 4 14 teen die valse profete en valse christusse wat God se Woord sal verkrag en verketter, die oorloë, voedseltekorte, natuurrampe ens., sê Hy: dit is die geboortepyne van die nuwe tyd. M.a.w. hierdie wêreld is swanger van die belofte van n Nuwe Wêreld en wanneer die kraampyne ervaar word, is die tyd daar vir God se Nuwe Wêreld. Die laaste deurslaggewende konvulsie wat die geboorte inlui, is die gruwel wat verwoesting aanrig!! Ons kyk na drie sake: 1. Wat is die gruwel wat verwoes?...die heiligdomme word binnegedring en ontheilig. 2. Hoe raak dit ons? Wat staan ons te doen?... 3. Wat gaan God doen? 1. Die gruwel wat verwoes: Soos met talle ander insidente (Matt 4 : 1 10) gaan Jesus ook in hierdie geval Sy antwoord uit die Bybel haal. Die dissipels het gevra: wanneer gaan hierdie dinge gebeur? Dan antwoord Jesus: Kom ons kyk wat sê God in Sy Woord. Dan verwys Hy hulle na Daniël 9 : 27: Hy sal op die een hoek van die tempel n ding sit wat n gruwel is vir God en wat verwoesting aanrig. Wat of wie is hierdie persoon/ding/wese wat n gruwel vir God is en verwoesting aanrig? As ons verder in Daniël gaan ronddelf, sien ons in hfst. 12 : 11 dat hierdie gruwel wat verwoes daarin bestaan dat die daaglikse offers afgeskaf is m.a.w. die hart van die Godsdiens, die wese van die erediens het in gedrang gekom. Die Heilige dinge van God is binnegedring, aangetas en ontwy. Kortom; niks sal meer heilig wees nie!!! Wanneer dit gebeur is die einde daar! Toe Jesus hierdie dinge gesê het, het Daniël se profesie al lankal vir die eerste keer in vervulling gegaan. Die ontheiliging van God se heiligdomme het in 167vC n nare werklikheid geword toe Antiochus Epifanes die Jode gruwelik gekrenk het deur varke in die tempel vir hulle afgod Zeus te offer. Bladsy 2 van 6

Maar die Here het nie net van die verlede gepraat nie. Hy het ook van die toekoms gepraat. Veertig jaar later (70 nc) sou die tempel weer ontheilig word toe die Romeine hulle afgode in die tempel staan gemaak het en al hulle versiersels en veldtekens in die heiligdomme opgehang het. Hier is die beeld van die eklips ter sprake: nl. dat die einde van hulle wêreld nie noodwendig die einde van God se wêreld is nie. Hierdie word het ook betrekking op ons tyd. In die tyd wat Jesus se wederkoms voorafgaan, sal die gruwel wat verwoes, die grootskaalse ontheiliging van alles wat heilig is, weer en steeds gesien kan word. Dan sal Daniël se simbool wat Paulus in Thess. 2 : 4 gebruik, in vervulling gaan, nl. Hy sal hom verset teen al wat God genoem word of wat as heilig vereer word en hy sal hom bo hulle verhef. Hy sal selfs in die tempel ingaan en voorgee dat hy God is. So ver sal die ontheiliging gaan dat die Antichris die ware Godsdiens sal binnedring, vervals en verwoes en homself in God se plek sal stel. Sien ons nie vandag hoe hierdie professie in vervulling gaan nie. Niks is meer heilig nie!!!! Natuurlik verwys ek nie na katedrale wat toeriste-attraksies geword het kerkgeboue wat leeggeloop het en verkoop moes word om as fliek teaters en wol sale gebruik te word nie ek verwys na die talle eietydse valse profete wat God se Woord van Sy krag beroof, verketter en profaniseer. Ek wens ons het tyd gehad dat ek van die strominge en denkrigtings in die Teologie met u kon bespreek. Maar kom ons bring dit nader aan ons: Ek verwys na die moderne, geëmansipeerde mens wat sy eie god geword het en self oor sy lewe wil besluit die mens wat hom aan God en Sy gebod nie steur nie. Kom ons kyk rondom ons en wat sien ons? Hoedat goeie Christelike gesinswaardes, norme en moraliteit afgetakel word in die naam van menseregte, ontwikkeling modernisering, alternatiewe lewenswyses, self uitdrukking, vrye keuses, en so kan ek voortgaan... niks is meer heilig nie. Alles is aanvaarbaar (toelaatbaar). Kinders word nie meer getug nie omdat hulle selfbeeld skade berokken sal word. Kyk hoe lyk die situasie met tiener swangerskappe... bendegeweld, en dwelm verwante misdaad.. Daar is op die oomblik n gebed op die sosiale media in omloop wat alles sê en die situasie in n neutedop saamvat (eintlik is daar twee; die ander een is van Pastor Joe Wright wat by die opening van die wetgewende liggaam in Kansas vir n opskudding gesorg het). Maar die nuutste een is deur n skoolkind in Minnesota opgestel: Laat ek dit vir u voorlees: Lord's Prayer The Lord's Prayer is not allowed in most U.S. Public schools any more. A kid in Minnesota, wrote the following Now I sit me down in school Where praying is against the rule For this great nation under God Finds mention of Him very odd. If scripture now the class recites, It violates the Bill of Rights. And anytime my head I bow Becomes a Federal matter now. Our hair can be purple, orange or green, That's no offense; it's a freedom scene.. The law is specific, the law is precise. Prayers spoken aloud are a serious vice. For praying in a public hall Bladsy 3 van 6

Might offend someone with no faith at all.. In silence alone we must meditate, God's name is prohibited by the State.. We're allowed to cuss and dress like freaks, And pierce our noses, tongues and cheeks... They've outlawed guns, but FIRST the Bible. To quote the Good Book makes me liable. We can elect a pregnant Senior Queen, And the 'unwed daddy,' our Senior King. It's 'inappropriate' to teach right from wrong, We're taught that such 'judgments' do not belong.. We can get our condoms and birth controls, Study witchcraft, vampires and totem poles... But the Ten Commandments are not allowed, No word of God must reach this crowd. It's scary here I must confess, When chaos reigns the school's a mess. So, Lord, this silent plea I make: Should I be shot; My soul please take! Amen Is dit nie tragies nie as ek deur n dwaalkoeël getref word: ontvang my gees!!. Om op n skoolterrein geskiet te word, met n baksteen gegooi te word of met n skêr in die nek gesteek te word (nuusberigte van die afgelope week). Menseregte het God se wette verdring. Dinsdag eerskomende is D.V. menseregtedag en nou het almal regte, maar niemand het meer verantwoordelikheid nie; nie teenoor God nie en ook nie teenoor mekaar nie. Misdadigers se regte geniet deesdae groter prioriteit as hulle slagoffers sin. Maar laat ek u sê: Die 10 gebooie verkondig nie aan ons wat is ons regte nie, dit verkondig aan ons wat is ons verantwoordelikheid teenoor God en ons naaste. As dit in plek is volg mense se regte logies daaruit na vore. Die beginsel geld: doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en profete. (Matt 7 : 12). Maar ons het dit omgekeer. Die mens wil God nie meer dien, eer en vrees nie. Niks is meer vir hom heilig nie net sy eie wil, genot en begeertes. Dit is waarin die gruwel wat verwoes bestaan. Dit bring ons by die tweede punt. 2. Hoe raak dit ons? Wat staan ons te doen? Wat is Jesus se advies? Hy sê in vs. 16: Dan moet die wat in Judea is die berge in vlug. Dit is Sy eerste opdrag. Vlug na die berge. In die berge is daar genoeg skuilplek teen die Romeinse leërs (veral as n mens die terrein ken). Maar, voeg Hy daaraan toe, hierdie vlug sal baie vinnig en holderstebolder moet plaasvind. As jy op die dak van jou huis is moet jy nie eers ingaan en n oornag koffertjie pak nie. en die man op die lande moet nie nog eers huis toe hardloop om van sy oorpak ontslae te raak nie. Jy mag nie n minuut verloor nie. Vlug!! Wat beteken dit in ons 21ste eeuse milieu? Moet ons nou in ons massa begin emigreer en buiteland toe vlug? Is dit dalk ook ons lot om soos miljoene Siriërs e.a. in vlugtelingkampe te eindig? Ek onthou in die mid-70er jare toe die konvooie met Angolese-vlugtelinge deur Potchefstroom gereis het dit was op n Sondagmiddag in die winter! Bladsy 4 van 6

Mag God dit verhoed. Om te vlug beteken vir ons om jou te distansieer van ongelowiges behalwe om teenoor hulle te getuig deur woord en lewe. Paulus sê in 1 Kor. 5 : 11 julle moenie omgaan met iemand wat homself n gelowige man noem, maar wat onsedelik of geldgierig of n afgodsdienaar of n kwaad prater of dronkaard of bedrieër is nie. Met so iemand moet julle nie eens saam eet nie! Verwyder jou uit hulle geselskap. Hardloop van hulle weg. Vlug! In die eind-evangelie is dit die kern van die prediking vlg. Openb. 18 : 4: Gaan uit haar uit My volk sodat julle nie in haar sondes deel kry en die plae wat haar tref vir julle ook tref nie. Daar het ons die rede. sodat ons nie ook getref word nie. Die dissipels en die gelowiges is nie voorwerp van God se toorn nie. Hy wil ons spaar. Deur vir hulle en ons vroegtydig te waarsku toon die Here Sy diepe besorgdheid trouens Sy besorgdheid verdiep wanneer Hy aan die mammas en hulle kindertjies dink vir hulle is dit des te moeiliker om die tye te vlug. Die risiko vir lewensgevaar is vir hulle groter. (Dit word al hoe moeiliker om jou kinders in die vrese van die Here groot te maak). En asof dit nie genoeg is nie is daar ook ander omstandigheid faktore wat die vlug kan bemoeilik. Een daarvan is die weersomstandighede. Dit is geen piekniek om deur die winter sneeu en ysige riviere te vlug nie. Daar kan ook sosiaal-maatskaplike toestande wees soos die land se Sabbatswette wat n reisiger lelik kan kniehalter. M.a.w. omstandighede kan dit bitter moeilik maak om jou aan situasies te onttrek waar die heilige dinge nie meer heilig is nie. Maar die punt bly: ten spyte daarvan om nie kompromieë aan te gaan en te kyk wat jy kan beredder nie. Moenie probeer om valse en ketterse leerstellinge te akkommodeer en in mooi voue te lê soos wat ons vandag in die pers en sosiale media sien Teoloë doen met kontensieuse sake nie. Bid dat ons gespaar sal bly In Matt. 24 vs. 20 sê die Here: Bid!! Dit is die eerste en belangrikste ding wat n gelowige kan doen. Bid en vra julle Vader wat in die hemel is om dit makliker te maak bid om die nodige krag. Bid om behoue te bly wanneer die wêreld aan sy einde kom. As u verder hierdie hoofstuk bestudeer sal u sien dat Jesus in n aantal gelykenisse ons leer om altyd gereed te wees (Matt. 24 vs. 42), altyd getrou te wees (Matt. 24 vs. 45), altyd paraat te wees (25 : 1 e.v.), ens.. Altyd weer met die fokus op Jesus, sonder om links of ergs af te wyk. Vlug na Jesus. Want: In die oordeelsdag sal die mense na die berge vlug en roep val op ons en bedek ons maar dit sal vrugteloos wees. Van mense kan jy nog vlug!! Maar van God, NOOIT!!! Dit bring ons by die derde punt: 3. Wat gaan God doen? In die eerste en laaste plek gebeur niks buite God se raad om nie (Efes. 1: 11 en Openb. 5). Wat sê Jesus in ons teksvers wat gaan God doen? Hy sê: As dit nie was dat God daardie tyd ingekort het nie, sou geen mens dit oorleef het nie, maar t.w.v. die uitverkorenes sal God daardie tyd inkort. (Matt. 24 vs. 22). God verhoor die gebede van Sy kinders. Dieselfde God wat die son laat stilstaan het in antwoord op Josua se gebed in Josua 10 : 12, dieselfde God wat die son 10 grade laat terugskuif het tydens Hiskia se siekte toe Hiskia hom gesmeek het om sy lewe te spaar (Jes. 38) sal t.w.v. die uitverkorenes die laaste dae inkort. Dieselfde God wat vir Koning Belsasar gesê het: Getel, getel geweeg, verdeel. Doen dit vandag nog!!! Bladsy 5 van 6

U wet wat dit beteken het luister weer wat het Daniël vir Belsasar gesê het toe dié hom die maan en die sterre beloof het om die verskynsel van die hand en die skrif teen die muur te verklaar: hou maar gerus u geskenke en gee dit vir iemand anders ek sal in elk geval vir u lees wat geskryf is en dit vir u uitlê. (Dan. 5 : 17) Vs. 25: Dit is die betekenis van die woorde: Getel: God het die jare van u koningskap getel en n einde daaraan gemaak. Geweeg: U is geweeg en te lig bevind. Verdeel: U koninkryk is verdeel en aan die Mediërs en Perse gegee. Dan eindig die hoofstuk op die kriptiese noot: Daardie nag is koning Belsasar van die Chaldeërs vermoor. Wanneer mense God nie eer en Sy naam heilig nie, sorg Hyself dat Sy Naam geheilig word. God besluit. God stel konings aan en Hy stel konings af. Hy verleng mense se dae uit genade (Ps. 91) en Hy verkort mense se dae om die heiliging van Sy naam en om die sondaar op sy plek te sit. Ons tye is in God se hand ter wille van Sy heiligheid en om Sy eer te handhaaf, ter wille van die uitverkorenes, ter wille van u en my, Sy kerk, kort Hy die laaste dae in. Dit is nog n ding in die profetiese rede: As Jesus oor die wederkoms praat is die uitverkorenes n onmisbare komponent. In vs. 31 sê Hy: Die groot trompet sal weerklink, en Hy sal Sy engele uitstuur om Sy uitverkorenes bymekaar te maak uit die vier windstreke van elke uithoek van die aarde af. En dan in die deel oor die laaste oordeel in hfst. 25 : 34 sê Hy: Kom, julle geseëndes van My Vader, die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit. Hierdie term uitverkorenes sê vir ons dat die duur gekoopte kerk van die Here behoue sal bly. Die Poorte van die hel sal haar nie oorweldig nie. Wat n troos in onseker tye en chaos van die eeue om te weet: ons behoort aan die Here en niks of niemand sal ons uit Sy hande ruk nie. Daarom: die einde van ons wêreldjie beteken altyd weer n nuwe begin by God. Hierdie wêreld is die baarmoeder wat ontsluit om ons uit te stoot in God se Ryk. En wanneer ons aanland, is ons eerste asemteug in God se heilige teenwoordigheid en ons oë wat Sy heilige lig aanskou!! Amen. Antwoorddiens Gebed Ps 16 : 1, 2 & 4 Kollekte ten bate van Kinderhuise in Kerkverband Skrifberyming 7-1 : 1 Wegstuurseën Ds. Tenie Hendricks Gereformeerde Kerk Bellville, 19 Maart 2017 Bladsy 6 van 6