Week 9: Die sleutel tot egte Godsdiens Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

n Prins word die Skaapwagter

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Van Vervolger tot Prediker

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Les 6 vir 10 November 2018

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Waar is God as ons swaarkry?

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Addendum A Consent form

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Pretoria- 23 Junie 2012

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

Die betekenis van die kruis (1)

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Die maan en sy rol in ons wereld *

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God?

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Wat kan die kerk doen?

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Transcription:

Week 9: Die sleutel tot egte Godsdiens Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Die Wêreld sê: Loop die lekker paadjie; daar s nie regtig ʼn hemel nie. Jesus sê: Die paadjie hemel toe is baie nou en die wat ingaan is min. Skriflesing: Mt.7:21-23 en Luk.13:22-29 Teks: Mt.7:21 Nie elkeen wat vir my sê: Here, Here sal in die koninkryk van God ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Die verhaal van ʼn wolf: Eendag, lank, lank gelede het daar ʼn nare wolf diep in die bos gebly. Hy het harde lewe gelei en was dikwels honger. Soms het hy tot op die rand van die bos gekom en na die klein dorpie onder in die vallei gekyk. Hy het die heerlike kosreuke uit die dorpie geruik en veral dopgehou wat die honde in die dorpie doen. Hy het opgelet, daar was ʼn ou tannie in die dorpie wat haar oor al die rondloper honde ontferm het. Sy het elke dag vir die rondloper honde kos gegee. Die wolf het die voor en nadele oordink en besluit dat dit voordelig was as hy kon maak asof hy ʼn wolfhond is, want dan kom hy ook elke dag gerieflik saam met die ander honde in ʼn ry staan vir kos. Hy het begin om te probeer om soos ʼn wolfhond te lyk en op te tree. Heel gou is hy aangesien as nog ʼn rondloper wolfhond, wat ook daagliks sy bakkie kos by die ou tannie gekry het. Die verhaaltjie wil aantoon hoe jy kan aanpas om voordeel uit ʼn situasie te trek: ʼn Wolf wat soos ʼn hond begin leef het en hom as ʼn hond voorgedoen het om afval kos in die dorpie te kry. Sommige mense het gedink hy is ʼn wolfhond. Tog het hy ʼn wolf gebly! So gaan dit vandag ook met ons. Ons doen ons voor wat ons nie is nie, ter wille van... 1

Martin Lloyd-Jones vertel van ʼn tannie in sy gemeente wat elke week kerk toe gekom het, ʼn aangename persoonlikheid gehad het, maar op haar sterfbed ontdek het sy het nie geloofsekerheid nie. In die vorige boodskappie wat ek gegee het, het Jesus ons gewaarsku om nie ander te oordeel nie. In hierdie boodskappie vra Jesus dat ons, ons eie godsdienstige lewe krities sal evalueer. Maak seker of jy ʼn egte verhouding met God het. Jesus praat in Mt.7:21-23 met godsdienstige mense. Hy praat met die mense wat getrou na die tempel gegaan het en nou selfs agter Hom aanloop en na sy prediking luister. Kerkmense wat gedink het hulle het ʼn goue kaartjie wat hulle ʼn reis reguit hemel toe waarborg. Hierdie mense was eintlik op pad hel toe, maar was salig onder die indruk dat hulle gered is en die goeie gelowiges is. Hoe skud jy hulle wakker? Hoe kan ons oë oopgaan? ʼn Mens reageer gewoonlik ooreenkomstig jou siening van sake. As jy in ʼn gat staan wat 30cm diep is sal jy nie daaraan dink om ʼn leer te gebruik as iemand dit vir jou aanbied om uit die gat te kom nie. As jy egter in ʼn 6 meter diep gat staan sal jy die aanbod van ʼn leer gretig aanneem! Hoe meer krities jy jou eie situasie beskou, hoe gretiger gaan jy God se aanbod om hulp, aanvaar! Jesus vra dat ons doelbewus sal kies: Kies om te leef soos Hy in die bergrede vra. Inligting wat ons sal help om die erns van ons situasie te begryp, vind ons in Jesus se uitsprake oor sy wederkoms en sy finale oordeel. o Jesus se wederkoms sal skielik en onverwags wees. Jesus dat net die wat sy koms verwag en nou reeds daarvoor voorberei, gereed sal wees om in die hemel te gaan. Hy verduidelik dit met die gelykenis van die 5 dwase en 5 wyse meisies wat vir die bruidegom en die bruiloffees gewag het. Al tien het geweet die bruidegom kom. Al 10 het hul voorberei en dieselfde hulpmiddele gehad. Die enigste verskil is dat net vyf meisies voorbereid was op die bruidegom wat effens getalm het en nie dadelik opgedaag het nie. o Jesus verklaar ook onomwonde aan die einde sal elkeen voor die regterstoel van God staan en elkeen se lewe sal deur God evalueer word. Sy regspraak sal krities en sonder genade wees. Jy sal dink dat jy 2

goeie dade vir Jesus gedoen het, dat jy al die godsdienstige gebruike nagekom het en Sy Naam aangeroep het, maar God wat dieper in ons harte kyk, sal weet wie het ʼn egte verhouding met Hom gehad en wie het net voorgegee. Die Griekse woordjie Kurios beteken Heer, meneer, of eienaar. In die teologie is dit ook die ekwivalent van die Hebreeuse woord JaHWeH. Hierdie herhalende titel was ʼn Joodse gebruik wat Jesus se eerste hoorders goed geken het. Die Rabbyne het geglo dat ʼn herhaling van iemand se noemnaam beteken het dat jy ʼn besondere aangetrokkenheid tot iemand het (Bv. die Engel wat in Gen.2:11 na Abraham roep). Dit was ook ʼn Joodse gebruik wat herinner het aan ʼn liturgiese ritueel. Die implikasie hier is dat jy die ritueel heel goed onder die knie kan hê, dat jy weet dat Jesus die Here is wat mag het, terwyl jy geen persoonlike verhouding met Hom het nie. Jesus is hier pertinent besig om te wys hoe gevaarlik vormgodsdiens en tradisie is. Dit kan ʼn valse gerustheid by jou skep dat jy gered is, terwyl dit dalk glad nie waar is nie! ʼn Mens kan maklik deel wees van vorm godsdiens, ʼn klomp rituele leef en eintlik geestelik dood wees! o Direk na hierdie leringe het Jesus die verhaal vertel van ʼn dwase man wat sy huis op die sand gebou het en ʼn wyse man wat sy huis op die rots gebou het. Die storms het gekom en die een wat op rots gebou het se huis het bly staan. Deur hierdie beeld verduidelik Jesus dat sekere mense net die mooi en lekker dele uit sy lering aanneem (bv. sy beloftes, sy troos woorde en sy seëninge), maar die harde uitsprake, soos die wat in hierdie reeks behandel is nl. om jou vyande lief te hê, om ander nie te oordeel nie, ens. daardie harde woorde wil ons nie aanvaar nie. Jesus sê die wyse man aanvaar al die leringe van Jesus en bou sy lewe gehoorsaam op al die leringe van Jesus. Die dwaas wat ʼn lekker godsdiens vir homself uitwerk sal eendag wanneer God se storm van oordeel hom tref, uitroep: Here, Here! maar Jesus sal hom nie help nie. Jesus waarsku ons vandag om ons gehoorsaamheid aan die leringe van Jesus deeglik te ondersoek. 3

o Wat dit dikwels vir ons moeilik maak om ons self te evalueer, is dat dit so voorspoedig gaan met ons lewe. Ons is gesond, ons het inkomste, ons werk en lewe rustig voort. Ons gaan selfs op gereelde basis kerk toe en lees ons Bybel dikwels. U sien, wanneer dit goed gaan, soek niemand hulp nie, dink niemand hulle het ʼn probleem nie. Die lekker lewe wat ons leef, bring ʼn valse gerustheid in ons godsdienstige lewe. Jesus weet dit, Hy sien dat ons nie krities ons eie godsdienstige lewe evalueer nie. Hy sien dat baie mense wat dink dat hulle gered is, nie gered is nie en nie in ʼn gehoorsame verhouding met Hom leef nie. Dit alles gebeur terwyl Sy wederkoms vinnig nader kom. o Om Jesus te ken, die Bybel te lees en kerk toe te gaan en selfs te bid, beteken nog nie dat jy in ʼn persoonlike verhouding met Jesus leef nie. Baie mense plaas die klem op Bybelkennis. Hulle kan baie tekste aanhaal en kan al die dwaalleringe onderskei. Hulle roem daarop dat hulle op die Woord staan. Hulle lewe getuig egter nie van verlossing nie. (Plaas hulle liewer van die Woord waarop hulle staan afklim en dit leef!) (Mt.7:24-28 sê om Jesus se Woord te hoor en nie te doen nie, help niks. Dis soos ʼn lui mens wat nie ʼn diep fondasie vir sy huis wil grawe nie maar sommer net die huis op die sand bou. Daardie huis sal die storm van die oordeelsdag nie weerstaan nie) (Ons het vandag ʼn bekende Engelse uitdrukking wat sê: You can talk the talk but can you walk the walk? ) o Daar word vertel dat die bekende godsman DL Moody, eendag in die straat geloop het toe ʼn dronkman oor die straat na hom gestrompel het en geroep het: Mnr. Moody, ek is een van jou bekeerlinge! Waarna Moody hom geantwoord het: Jy moet sekerlik wees, want jy is beslis nie een van Jesus sin nie! Daar is verskillende redes waarom gelowiges in valse gerustheid leef: Kitsgodsdiens: Bv. dat ʼn prekie of ʼn Jesus-film vertoon word en dan word gevra wie wil Jesus as Verlosser aanneem en dan word ʼn kort gebed gebid en verklaar dat almal wat dit gebid het, nou gered is. (Die probleem hier is dat die mense wat die gebed om oorgawe gebid het, dit doen sonder om te besef wat die eise van die evangelie is. Boonop kan 4

hulle die evangelie dan verkeerd verstaan deur tekseverse uit konteks te haal soos bv. eenmaal ʼn kind van God, altyd ʼn kind van God. Iemand wat nie ʼn kind van God is nie en so ʼn valse gerustheid ontvang sal geen behoefte hê om in ʼn dieper verhouding met God te leef nie. Brandpakkette: Die predikers verkoop dikwels pakkette wat mense teen brand (in die hel) moet beskerm, in plaas van om mense te help om ʼn dissipel van Jesus te wees. (Ek word nie gered om net hemel toe te gaan nie. Ek word ook gered om dissipel vir Jesus te wees...) Voorspoedteologie: Ons leer mense dat dit nooit sleg sal gaan met hulle nie. Dat God net rykdom, oorvloed en seën sal gee. So jaag hulle aardse rykdom na in plaas van om in ʼn verhouding met God te leef. Vormgodsdiens en tradisie: Ons voel tevrede wanneer ons godsdienstige regulasies nakom. Dit bring ʼn valse gerustheid en dit laat ons veilig voel, sommige van die tradisies is selfs mooi en goed, maar in werklikheid het ons geen verhouding met God nie. (Iemand het gesê: Ons is besig met die dinge van die Here maar die Here van die dinge ken ons nie ). Deur die eeue het godsdiens tradisies verskillende vorme aangeneem en elke keer valse gerustheid veroorsaak: bv. Die Jode het gedink dat hulle gered is as hulle sekere wette nagekom het. Dit het veral gebeur in die tyd van die Fariseërs. Bv. Gebedsbande is om die kop gedra. Net sekere kossoorte is mag geëet word, net sekere afstande mag op ʼn Sabbatdag geloop word. Doen jy dit nie, is jy nie gered nie. Daarna het vormgodsdiens ander gedaantes aangeneem. Daar was ʼn tyd wat mense gedink het as jy gedoop is, jou tiendes gee en gereeld kerk toe gekom het, was jy OK. In my kinderjare het mense geglo jou kleredrag en musieksmaak wys of jy gered is. Die vroue moes hoede dra, die mans moes staan as daar gebid word, die persoon wat dit gewaag het om met Jeans en tekkies kerk toe te kom het geen respek vir God gehad nie en is daarom beskou as godslasterlik en verlore. Sekere dinge was taboe. Dit was sonde om te dans, selfs al dans jy voor jou ouers in die huis! Om te gaan fliek of rockmusiek te luister was van die bose... Politieke 5

vergaderings is met skriflesing en gebed geopen (om net vyf minute later by dieselfde vergadering soos heidene te baklei). Vandag neem vormgodsdiens alweer ʼn nuwe gedaante aan: Komaan, as jy hierdie e-pos aan sewe ander persone stuur sal jy geseënd wees. As jy regtig ʼn Christen is forward die gebed na iemand anders... Ons het vandag ʼn gooi-geloof. Ons glo die kerk is daar om water op ons koppe te gooi (doop), confetti op ons skouers met ons troudag en grondjies of roosblare op die kis met ons sterfdag. Ons leef lankal nie meer in ʼn verhouding met die Here nie en ons woon die kerk bitter min by, maar ons klou hardnekkig vas aan die tradisie van die gooi-geloof. Intussen word die oppergesag van God drie-enig nie meer in die grondwet erken nie, sport en inkopies begin die opstandingsdag vul, en die Woord van God word aan humanistiese norme gemeet en geïnterpreteer soos dit ons pas.tog klou die mens deur die newels van sy intellektualisme krampagtig vas aan die artikels van die tradisie, al weet hy self nie waaroor dit gaan nie. Pragtige foto s van die kinders se belydenisaflegging word steeds geneem, al is daar geen toewyding aan God nie. Die wortels van die geloof is versaak, maar die menslike simbole spook steeds by die mondige mens van die 21ste eeu, al staan hy nou buite die geloofsgemeenskap. Besprekings vrae: Dink jy dat alle gelowiges gered sal word? (Daar is gelowiges wie se lewe skyngodsdiens is. Hulle godsdiens is lippetaal. Hulle sê die regte woorde op die regte plekke, maar hul lewe getuig nie met dade nie. (Bybel sê tog ʼn boom sal aan sy vrugte geken word. Wat moet ons dan maak met Joh.10:27-28?) Word ʼn mens gered deur jou goeie dade of word mens gered deur jou geloof in Jesus? (Natuurlik word ʼn mens uit genade gered deur geloof in Jesus, maar ʼn egte verlossing loop spontaan uit op ʼn praktiese lewe wat radikaal anders as die wêreld lyk. Uit dankbaarheid vir jou verlossing en uit liefde vir God gehoorsaam jy Sy Woord) Vind jou antwoorde in die Skrif: 6

Lees Rom.3:20-24 Jy word op grond van God se genade vrygespreek. Nie omdat jy die wet onderhou nie, maar omdat jy in Jesus glo. (Ef. 2:8-10 bevestig dit). Soos wat jy groei in jou geloofslewe kom jy agter dat saligmakende geloof oor verskillende komponente gaan: Heb.11:1 verduidelik dat geloof uit twee dele bestaan: 1) Kennis van wat Jesus vir my gedoen het en 2) Vertroue. (Ek gee myself volkome oor aan God) Geloof gaan verder ook oor meer as net bogenoemde: Jakobus sê dat geloof sonder dade dood is en niks beteken nie. Lees Jakobus 2:14-26. Hier leer jy dat geloof wat nie met dade gepaardgaan nie, dood is. Jy moet glo en doen. (geloof sonder dade is nie veel werd nie; die duiwels glo ook in Jesus maar hulle het geen dade wat dit bewys nie). Vers 26 bevestig dan dat geloof wat nie tot dade kom nie, nie veel beteken nie. (Dit gaan dus nie oor die een OF die ander nie; maar oor die een EN die ander een) Wat jy doen is immers onlosmaaklik verbind aan wat jy glo. (Jesus het sy hele bergrede in Mt.5-7 daaraan gewy om te verduidelik hoe ons Dade moet verskil van die wêreld. Gehoorsame kinders van God leef net radikaal anders. Mt.3:8 sê Dra vrugte wat bewys dat jy bekeer is.) Die Here gebruik ʼn gelykenis (beeldspraak) om te verduidelik dat nie enigeen wat Sy Naam noem, noodwendig gered is en Sy volgeling geword het nie. Hy vergelyk die hemel met ʼn woning waarheen ons gaan. Die eienaar van die huis sal sommige toelaat en ander nie. Daar is baie wat nie in die huis sal kom nie! Deur die verhaal dwing Jesus ons tot selfondersoek. Daar is ʼn smal deur waardeur ons moet ingaan. (Simbolies beteken dit, dit gaan opofferinge verg; om deur die ingang te gaan sal jy sekere dinge moet agter laat.) Wat belangrik gaan wees op die oordeelsdag is: Het jy ʼn verhouding met God? Die sleutel tot egte godsdiens is: wanneer jy sekerheid van jou verlossing het, sal jy in ʼn persoonlike verhouding met God wandel en Sy Woord gehoorsaam: Lees Joh.15:1-8 Dit gaan oor ʼn verhouding met God. Om in Christus te bly, gaan oor ʼn lewe van oorgawe aan God. Totale afhanklikheid van Hom, maar ook totale gehoorsaamheid aan Hom (Dit is op so ʼn verhouding wat Joh.10:27-28 van toepassing is). 7

ʼn Verhouding met God loop natuurlik ook uit op liefdevolle opbouende verhoudinge met jou medemens. (Iets waarmee gelowiges vandag geweldig sukkel). Ek lees van ʼn produk in Amerika wat peck no more genoem word. Dit word aan die hoenders gesmeer en proe blykbaar nie te aangenaam nie. Dit verseker dat hoenders mekaar nie meer pik nie. Onlangs het ons ook sulke bittergoed om die halsbandjies van ons klein hondjies gesmeer sodat hulle nie mekaar se halsbandjies af byt nie. Dalk moet daar ook iets soortgelyks vir die mens ontwikkel word: Peck no More! Wanneer jy ʼn verhouding met God het, sal Jy spontaan soek en vra na God se wil (Eks 33:13). Dit sal nie nodig wees om lyste van moets en moenies saam te dra nie. Jy sal dadelik weet wat God teleurstel en wat God bly maak. Jy sal begeer om volkome gehoorsaam aan God se Woord te leef. Ware geloof en gehoorsaamheid is onlosmaaklik.(joh.3:36) (Jesus het bv. gekom om Sy Vader se wil te doen: Joh.4:34; 5:30; 6:38). Om God se wil te doen is noodsaaklik! (Mt.7:21) Jesus het Homself gereeld in gebed afgesonder om Sy Vader se wil te vra. Hoeveel te meer moet ons, ons nie ook daagliks afsonder om na God se wil te vra nie? Jy sal die beheer van jou lewe aan God die Heilige Gees oorgee. Jy sal God in alles volkome gehoorsaam want jy wandel in ʼn verhouding met Hom (Mk.1:18) Voorbeeld: Ek sit onlangs in die Atterbury Teater en luister na ʼn klompie Christen leiers se getuienisse. Francois van Niekerk, ʼn suksesvolle sakeman vertel hoe hy as jongman finansieel misluk het. Op ʼn tyd toe hy alles verloor het en hy moes oor begin, het hy die Here as Verlosser aangeneem. Nadat hy die Here as verlosser aangeneem het, het hy onderneem om 30% van sy inkomste vir die Here te gee. Hy was getrou aan die belofte en het later ʼn multimiljoenêr geword. Mettertyd het hy besluit hy het genoeg geld om van te lewe. Hy het die deel wat Hy vir die Here se werk weggee, opgestoot na 65%. Sy besigheid floreer steeds en jaarliks gee hy honderde miljoene vir die Here se werk! Dit bring vir hom groot bevrediging. Iemand het gesê integriteit is wanneer daar ʼn eenheid tussen jou intensie en jou optrede kom. Soms bedoel ons om iets te doen, maar doen dit nooit nie! So gaan 8

dit ook met geloof: Ons wil dit graag doen, maar leef dan nooit so nie! (Paulus verwys daarna in sy brief aan die Romeine). Skynheiligheid is dan ook die teenoorgestelde van integriteit. Jesus vra dat ons gedrag in lyn kom waarmee ons glo! Dit sal net gebeur as jy in volle oorgawe aan God leef en die Heilige Gees wat in jou woon gehoorsaam. Die Koninkryk van die hemel vereis ʼn persoonlike verbintenis aan Jesus wat lei tot dade van gehoorsaamheid. Wanneer jy ʼn verhouding het met jou medemens, dan begin jy met ander oë na mekaar kyk. Jy verdra sekere dinge sodat jy weer later die voorreg kry om in te bou in iemand se lewe. Dissipels verduur seerkry as hulle moet, om so die geleentheid te kry om later weer vir ander iets van Jesus te leer. Ek sluit af met die Verhaal: Twee persone van verskillende kultuurgroepe was op ʼn sakereis. Hulle het met ʼn ligte vliegtuig gevlieg, maar ongelukkig het hul vliegtuig in ʼn woestyn neergestort. Die twee het ongedeerd daarvan afgekom, maar die vliegtuig was ʼn wrak. Daar was geen manier wat hulle hulp kon ontbied nie. Hulle besluit toe die beste raad is dat hulle maar stap en kyk of hulle uit die woestyn kan kom. Terwyl hulle stap, raak die twee in ʼn argument betrokke en die een klap die ander deur die gesig. Die een wat geklap is, was baie seergemaak en sonder om ʼn woord te sê, skryf hy in die sand: Vandag het my vriend my deur die gesig geklap. Hulle het aanhou stap tot hulle uiteindelik by ʼn oase in die woestyn uitgekom het. Nadat hulle klaar water gedrink het, besluit hulle om in die water te spring en af te koel van die versengende hitte. Die een wat geklap was deur sy vriend het eerste in die water gespring. Wat hy nie geweet het nie, is dat daar in die middel van die poel, dryfsand was. Hy het dadelik begin om weg te sak in die sand. Hy kon homself nie red nie. Sy vriend het dadelik gekom en hom gered van ʼn gewisse dood. Nadat hy van die noue ontkoming herstel het, stap hy na ʼn nabygeleë rots en begin hy die volgende woorde op die rots uitkrap: Vandag het my vriend my lewe gered. Sy vriend kom staan toe verbaas by hom en vra: Hoe werk dit? Nadat ek jou geklap het skryf jy in die sand en nou skryf jy op die rots. Hoekom? 9

Sy vriend antwoord: In my kultuur, wanneer iemand ons seermaak of verontreg moet ons dit in die sand skryf waar die winde van vergifnis daaroor waai en dit mettertyd uitvee. Maar, wanneer iemand iets goeds vir ons doen, moet ons dit in die rots skryf waar geen wind dit ooit kan uitwis nie. Egte verhoudinge leer om jou seerkry in die sand te skryf en jou blydskap in die rots te kerf. Moenie waarde heg aan die besittings wat jy het nie, maar heg waarde aan verhoudinge.bou egte verhoudinge met mekaar, groei in jou verhouding met God en dien hom! Pauls sê: Maar wat eers vir my ʼn bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus, ja, nog meer; ek beskou alles as waardeloos want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus Jesus as enigste bate kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat ʼn mens in Hom glo. Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood. Fil.3:7-11 AMEN 10