Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

n Prins word die Skaapwagter

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Ps.119:89. Parashah 22. Ex.35:1-38:20 Vayak hel = Bymekaar roep (assemble) 1 Kon.7: Kor.9:1-15; Hebr. 9:1-14; Op. 11:1-3

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Van Vervolger tot Prediker

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Les 6 vir 10 November 2018

Ps.119:89 Parashah 21 Ki Tissa = Oplig Ex.30:11-34:35 1Kon Luk.11:14-20; Hand.7:35-8:1; 1Kor.8:4-13;10:1-13; 2Kor.3:1-18

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Ps.119:89. Parashah 19 T rumah = Bydrae Exodus 25:1-27:19 1 Kon.5:1 6:13 Matth.5:17-35; Hebr.8:1-6; 9:23-24; 10:1

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Parashah 31 Emor (Sê/Praat) Lev.21:1-24:23 Ez.44:15-31 Matth.5:38-42; Gal.3:26-29; 1 Petr.2:6-8

Pretoria- 23 Junie 2012

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

GEGROND IN TORAH. Alvorens daar met die nuwe siklus van Parashah HaShuvua begin word, moet helderheid oor sekere basiese begrippe eers verkry word.

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Wegraping (Saamgevat)

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Laat die Woord Getuig

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Die maan en sy rol in ons wereld *

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Luister na God. enlewe vir ewig

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Ps.119:89 Parashah 15 BO = ( Gaan/ kom in aksie) Exodus 10:1-13:16 Jer. 46:13-28 Lukas2:22-24; Joh. 19:31-37; Hand.13:16-17; Op.

NEW INTERNATIONAL VERSION

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Die Kalender uit die Skrif

Ps.119:89 Parashah 2 Noach Gen.6:9-11:32 Jes.54:1-55:5 Matth.24:36-44; Luk.17:26-37; Hand. 2:1-16; 1Pet.3:18-22; 2Pet.2:5

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Parashah 8: Vayish lach (חלשיו) En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Die Boek van Moses. Facebook vir Shama Bedienings : Ministries/ ?

Parashah 23: Pekudei (פקודי) Berekening. Haftorah: 1 Kon. 7:51 tot 8:21 Geen Heerlikheid sonder Torah nie!

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Nederlandse Geloofsbelydenis

Parashah 16 B shalach: Om te laat gaan Exodus 13:17-17:16 Rigters 3:31-5:31 Luk.2:22-24; Joh.6:25-35;19:31-37; 1Cor.10:1-13; 2Cor.8:1-15;Op.

Nuwe Lied Bediening. Parashah 51: Nitzavim Wanneer Jy Staan

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

GEBED AS LEEFSTYL. Gebed is uiters belangrik!!!

Waar is God as ons swaarkry?

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Community of Practice

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

4. Struktuur Van Profesie

Parashah 22: Vayak hel :(ויקהל) Bymekaar Roep. Haftorah: 1 Kon. 7:13 tot 26 en 40 tot 50 Die Pilare van Salomo se Tempel

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Transcription:

1 Parashah 23 Pekudei = Verslag. Ex.38:21-40:38 1 Kon.7:51-8:21 Op.15:5-8 Ps.119:89 Inleiding: Hierdie Parashah bring dan die Boek van Exodus ( Sh mot = name) tot n einde. Inderdaad het ons kennis geneem in elke Parashah van hierdie merkwaardige Boek watter name יהוה laat aanteken het en wie dit is wat in Sy oë tel. Ons het kennis gemaak met mense op wie die Ruach HaKodesh gerus het en ook is dit baie duidelik aan ons uitgewys wie diegene was wat deur die Ruach Hakodesh afgesonder was vir Hom. By die bestudering van hierdie Boek, moet die Ruach HaKodesh (set -apart Spirit) ook aan ons bekend maak of ons werklik deur Hom afgesonder is vir Sy roeping op ons lewens. Dit is n tyd waarin jy jouself moet ondersoek en afvra of jy in die roeping van jou lewe stap en of Hy jou naam in die Boek van die lewe geskryf het omdat jy lewe gekies het. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17 Om deur Hom by die naam geken te word en geroep te word, is waaroor dit in hierdie Boek gaan. Maar die Naam bo alle Name waaroor ons geen twyfel kan hê nie, is יהוה die Naam Hierdie Parashah dek sowat 4 ½ maande van die eerste jaar van hulle swerftog in die wildernis. Dit val in die maande tussen Sukkot (Fees van tabernakels) en die Nuwe Maan van Nissan. (1 Nissan). In die volgende hoofstukke van Exodus gaan ons die pragtige beskrywing van die bou van die Tabernakel (Mishkan) bestudeer en gaan hierdie Parashah soos n hoogtepunt uitstaan. Nêrens gaan ons lees van enige murmurering of klaery nie. Vir die duur van die hele tydperk van die bou van die Mishkan, gaan almal in harmonie saamwerk en gaan daar een visie wees. Mense sonder n visie vind maklik fout met die wat n visie het. Terwyl die volk aan die visie werk is hulle betrokke by die visie en nie net toeskouers nie. Ons gaan sien hoe gewone mense bonatuurlike dinge doen

2 onder leiding van die Ruach HaKodesh. Hierdie is n tydperk wat daar werklik gesê kan word: Laat U Koninkryk kom, Laat U wil geskied op die aarde soos in die Hemel. Dit was n tydperk gekenmerk as n tyd waarin Israel werklik ge-shema, ge-shmar en asah het. 22 Keer in die laaste hoofstukke van Exodus vind ons die woorde: Presies soos Moses gesê het En יהוה beveel het. Ex.36:1-3 Met bonatuurlike krag, wysheid, insig en kennis het hulle die perfekte replika gemaak van die Mishkan wat Moses gesien het. Hierdie sou n hoogtepunt wees in die geskiedenis van Israel. Laat dit vir ons n uitdaging wees om die Torah op dieselfde wyse te benader as wat hierdie volk die Mishkan benader het soos opgeteken hier in Pekudei. Erken dat in jou eie krag en sterkte jy dit nie kan ontvang, verteer en joune maak nie. Selfs die eenvoudigste opdragte is bo ons vuurmaakplek. Moenie na Torah kyk as n klomp reëls wat jy moet toepas nie. Erken dat alleen wanneer Hy deur jou werk, kan daar enige iets tot stand kom. Soek Messias in elke aspek en detail van die Torah. Konsentreer nie daarop om punte by יהוה te wen nie, maar om n tuiste vir Messias in te ruim. Wanneer Yahoshua in jou woon en wanneer die Ruach Hakodesh vrye sê het oor jou lewe en jy op die wieke daarvan sweef sal Hy wanneer die eindtyd aanbreek vir Pekudei, ook geen fout vind in jou nie. Dan sal Hy ook van jou kan sê: Presies soos יהוה beveel het. In Joh.5:19 sien ons dat Yahoshua in alles wat Hy gedoen het, dit presies nagevolg het soos Hy by die Vader gesien het. Dit is die tema dan van Pekudei: Om te hoor en net soos jy hoor te doen. Doen alles wat jy sien en hoor by Abba net soos wat jy dit sien en hoor. Eerste Alijah: Ex.38:21-39:1 Ha Mishkan, Mishkan ha-edut: (The Tabernacle of Testimony). Wat beten dit alles? 1. Dit is so genoem omdat die Mishkan die argiteksplan is van die huwelik tussen die Bruid en haar hemelse bruidegom en dit sou as getuienis dien vir die volk van die huwelik wat aan kom is. In die hart van die Mishkan en die spil waarom alles gedraai het, was die Verbondsark waarin die Kliptafels was. יהוה met die Huwelikskontrak tussen die volk en 2. Dit vorm ook die verhoog waarop die reddingsplan van יהוה op gaan afspeel, vanaf Shabbat na Shabbat; van fees na fees; jaar vir jaar. Die bloed van die Lam wat van voor die grondlegging van die aarde reeds op die Verbondsark in

3 die Hemel gesprinkel is, sou dramaties uitgespeel word deur die bring van diere offers. Hierdie bloed sou n getuienis wees van dit wat Moses daar in die Allerheiligste n getuie van was. Hierdie getuienis bestaan uit 7 verklarings. Ek is dors! My god, My God, waarom het U My verlaat? Vader, vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie. Vrou, daar is u seun; seun, daar is jou moeder. Ek sê jou; vandag sal jy in die Paradys wees saam met My. Vader, in U hande gee Ek My Gees! Dit is volbring. Dit is waaraan die Mishkan getuienis gee en dit is wat die Mishkan selfs vandag nog aan ons moet uitbeeld. Die Mishkan is die skets van die grootste liefdesverhaal ooit n plan van verlossing en versoening. reddingsplan. se volmaakte יהוה Doen jouself n guns en gaan slaan na hoeveel keer in die Skrif word die woord getuienis gebruik. Ek was verbaas! יהוה Noudat n mens weet dan die Mishkan n getuienis moes wees van iets wat doen, is dit baie insiggewend om na sommige van hierdie Skrif te kyk. Jes.19:20: So groot is Sy genade dat daar selfs vir Egipte eendag n altaar opgerig sou word wat as n getuienis van hierdie Verlossingsplan van יהוה sou wees, sodat selfs vir hulle verlossing sou kom. Matth.24:14 Die dag wanneer die heidennasies hierdie goeie nuus van die Koninkryk soos wat dit in die Tabernakel uitgebeeld word, ontvang, dan is die einde daar. Joh.1:6-8 Net soos die Tabernakel n uitbeelding en n getuie was, so was Johannes dit. So moet ons dit wees. Joh.5:31-40 Die Tabernakel is n uitbeelding van Yahoshua se volledige Verlossing soos reeds voor die grondlegging van die aarde reeds vasgelê. Dit getuig oor Hom. Dwarsdeur die Woord kry ons die oproep om te getuig van Hom. Yahoshua noem 5 getuienisse in hierdie stuk oor wie Hy is: Johannes die Doper; Sy werke; Die Vader; Die Tanach; Moses (se Tabernakel). Hy is die Woord soos dit opgeskryf is in die Skrif en diegene met harde harte kan nie die Woord ontvang nie. Joh.8:12-18 Hierdie gebeurtenis vind op die laaste dag van die fees van Tabernakels plaas. Inderdaad betekenisvol. Hy was in die Tempel besig om te leer en deur te verwys na die Menorah, verwys Hy ook indirek na die boodskap en simboliek van die Tabernakel. Wanneer jy die Temple Treasuary in Jerusalem besoek, sien jy dat hierdie Menorahs 7.5 voet (meters?) hoog was. Nie net op hierdie dag het Hy toe hulle die water uit die Poel van Siloam na die Tempel bring, gesê: Almal wat dors het, kom na My nie, maar Hy gebruik die geleentheid om na nog n voorwerp in die Tabernakel te verwys, nl. Die Menorah. Water en Lig sou n getuienis wees oor Hom. Hy verwys in vers 17 na twee

4 getuienisse (Sien Deut.17:15; 19:15): Hy en die Vader. Elkeen het Sy eie wil. Daarom weet ons dat Yahoshua self Sy lewe neer gelê het alhoewel dit die wil van die Vader was. Joh.18:36-37 Hiermee sê Yahoshua dat Hy gekom het om die Waarheid soos ons dit in die Torah vind te kom bevestig. Dit wat יהוה kon uitbeeld het in die Tabernakel word met hierdie woorde van Yahoshua vir ewig vasgelê. Ook kom definieer Hy dit wat Moses gesien het toe Hy 40 dae deurgebring het in die Heerlikheid יהוה van Hand.1:8; 23:11 Skielik kry hierdie alombekende vers nuwe betekenis. Waarvan moes hulle getuienis wees? Onthou: Ons is die moving Mishkan en ons is getuienisse oor Yahoshua, ons Mishkan. Maar alleen wanneer die Ruach Hakodesh oor ons kom, kan ons getuig van Hom in Sy volheid soos wat dit vir ons uitgebeeld word in die Torah en in die Mishkan. Dit is dieselfde Ruach wat die kinders van Israel gevul het sodat hulle die Tabernakel kon bou volgens die patroon wat Moses aan hulle verduidelik het. Hand. 7:44 Die Tabernakel van getuienis. Hierdie Tempel, waarvan Stephanus hier praat, sou ook later as n getuienis teen die mense dien. (v.51) Hand.26:16-18 Wanneer ons die volheid verstaan van die boodskap van die Tabernakel, kan ons ook na mense gaan en hulle uitlei uit duisternis na die Lig van die Menorah (Yahoshua wat die 7-voudige Gees van יהוה op Hom het). Rom.3:21-27 Thus says it all! (Lees hierdie asb. in n goeie vertaling, want dit is een van die Skrifte wat gebruik word om jou en my weg te lei van Torah). Al wat hier gebeur is dat weereens kry ons die getuienis dat dit gaan oor Yahoshua se getrouheid tot in die Allerheiligste deel van die Tabernakel toe Hy Sy bloed op die Verbondsark gestort het. Dit gaan nie oor my en jou wettiese navolging van die Torah nie!!! Die Tabernakel sou n uitbeelding wees van die genade en die geregtigheid wat deur Yahoshua gedemonstreer word in Sy dood, Sy opstanding en Sy Hemelvaart as ook Sy wederkoms. Ons kan daar niks byvoeg nie!! Ons kan dit net ontvang en gedenk en geniet. ( Jes.64). Dit is waarvan die Torah, Die Tabernakel, Die Profete en Yahoshua n getuienis is en waarvan ons getuienis moet wees aan n ondergaande wêreld. Terloops, vers 22 is in meeste Bybels verkeerd vertaal; Nie deur geloof in Yahoshua nie, maar Deur die getrouheid van Yahoshua. Ons het nie eers daardie soort geloof nie! Rom.8:16 Slegs deur die krag van die Ruach Hakodesh kan ons weet wat om te doen met die bepalings van die Torah soos uitgebeeld in die Tabernakel. Net soos Sy Gees die Israeliete moes inspireer om te weet hoe om die Tabernakel te bou, het ons die Ruach nodig om ons in die volle waarheid te lei. Alleen dan kan ons getuienis wees van die Een wat die Tabernakel vir ons kom uitbeeld het. Ons ken ten dele! Hebr.10:26-31 Torah is die maatstaf in die hand van.יהוה Die Tabernakel is die uitbeelding van Sy reddingsplan. Daarom is dit n sonde in die oë van יהוה om die Torah

5 te minag. Daar is slegs een waarheid en dit is volgens hierdie waarheid wat daar oordeel oor die wêreld gaan kom. 1 Joh.5:6-9 Wat n wonderlike bevestiging! Van die Waskom in die buitenste deel van die Tabernakel tot by die Bloed op die Verbondsark alles getuig van Hom, ons Messias. Dit is wat die Ruach Hakodesh van יהוה kom uitspel het in die Tabernakel van Moses. Daar is drie getuienisse: 1. Die water: Sy dood en opstanding in Sy hoedanigheid as volheid mens, anders kon Hy nie vir die sondes van die wêreld betaal het nie. 2. Die Bloed: Getuig daarvan dat Hy die Seun van die Allerhoogste is. (Vgl.Joh.15:26; 2 Joh.1) getuig in Joh.3:16-17; 17:5. Hierdie is die enigste manier יהוה 3. waarop ons die wraak van n regverdige God kan vryspring: Deur te glo dat Hy die Prys self betaal het deur Sy Seun te stuur om die perfekte Lam van יהוה te wees wat met Sy lewe moes betaal om ons uit die kloue van die ewige dood te red omdat ons nie kadosh voor n kadosh God lewe nie. Op.1:5-6 1. Die getroue getuie: Hy sou nooit ophou getuig van dit waarvoor Hy יהוה gekom het na hierdie aarde nie. Tot in Sy dood het Hy getuig dat in beheer was en reeds aan die begin vir Moses gewys het wat Sy reddingsplan is. 2. Eersgeborene uit die dood: Daarmee het Hy die belofte dat ons eendag saam met Hom die teenwoordigheid van יהוה sal kan geniet, verseël. 3. Koning van alle Konings: Daarmee getuig Hy dat daar n koninkryk is weg van hierdie wêreld totdat dit hier gevestig gaan word. Op.3:14 1. Die Amein: Getuienis van n vorige stelling ( Matth.5:17) dat Hy nie gekom het om die Torah te vernietig nie, maar sal toesien dat elke jota en tittel daarin in vervulling gaan. 2. Getroue en waaragtige Getuie: יהוה Van die begin af het Hy getuig oor יהוה Hy was aan die begin daar. Hy is die Woord waarmee geskape het. Van voor die grondlegging van die wêreld af was Hy bereid om die volmaakte offer te bring vir ons redding. Dit is Sy getuienis. Sy getuienis kan nooit uitgewis of betwyfel word nie. Met Sy bloed het Hy kom verseël wat daar vir ons in die Verbondsark uitgespel is. Op.11:1-19 Getuienis oor die Tabernakel, al die Tempels, die toekomstige Tempel, die Messiaanse Gemeentes en die Koninkryk van Yeshua. Dit getuig ook van die dier uit die aarde. 1. Die twee getuienisse: Twee Olyfbome en die twee Menorahs (Sagg.4). Daar is boeke geskryf al oor die moontlikhede oor wie dit is en ek gaan nie nou tyd daaraan gee nie. 2. Die verbondsark (v.19) יהוה Indien die aardse Ark getuienis lewer van die teenwoordigheid van en die belofte om altyd met Sy mense te wees, dan lewer die Verbondsark in die Hemel getuienis van die res van die

6 Verbondsbeloftes wat nog in vervulling moet gaan en getuig van n Huwelik wat gaan plaasvind en n ewige lewe saam met die Bruidegom. Op.15:5-8 Ook is dit die getuienis van die dinge van die eindtyd wat ons nog te wagte gaan wees. Onthou: Nie n enkele detail van wat geskryf staan sal nie tot vervulling kom nie! Op.20:4 Die laaste getuienis waarna ons gan kyk is die getuienis van hulle wat moes ly vir die waaheid. Hierdie getuienis getuig van die Millenium Koninkryk waarin hulle wat vir die Woord gely het saam met Yahoshua gaan regeer. So ver vooruit getuig die Tabernakel waarvan ons hier in Exodus leer. Die Tweede Alijah: Ex.39:2-15 Die 4 ½ maande waarin hulle aan die Tabernakel gebou het kan vergelyk word met die Millenium Koninkryk van Yahoshua die tyd waarin die wil van יהוה hier op aarde gaan geskied en Sy Koninkryk na die aarde gaan kom. Dit is waarna daar verwys word in die Onse Vader. Dit is n tyd waarin niemand gaan argumenteer oor hoe dit gedoen moet word nie. Dit is n tyd waarin niemand gaan wonder wat die waarheid is nie. Dit is n tyd wat almal gaan s hma, asah en sh mar wat יהוה sê gedoen moet word. Dit is waarvan die Tabernakel n skaalmodel is! Die Tabernakel behoort dus aan twee wêrelde: Die sigbare sowel as die onsigbare! Ex.39:1-31 Die Hoë Priester: Die hele beskrywing van die Hoë Priester se klere word so kleurvol gedoen, dat dit voel asof n mens self teenwoordig is daar. Geen detail word uitgelaat nie. Hierdie spesiale klere het die Hoë Priester en die Priesters afgesonder ( set-apart) vir die werk in die Tabernakel. Hierdeur het יהוה hulle opgehef in die oë van Israel en ook vir die werk in die Tabernakel. Die 4 kleure in die kleed stem ooreen met die 4 kleure soos bespreek in die gordyne. (Sien die vorige Parashah). Al die kleure wys na die verlossingswerk van die Messias. Die Ephod: Ex.39:8-13 Ex.28:5-14 Hierdie wys duidelik na die intersessie van die Messias wanneer Hy voor die Vader staan en vir ons intree. Ex.39:14 sê veel meer as wat daar staan. Verseël tot in ewigheid! Joh.3:16; 13:1 Sien jou naam daar en sien die bloedseël daarop. Die Derde Alijah: Ex.39:22-32

7 Die granate en klokkies aan die soom van die kleed van die Hoë Priester, het soos ek van te vore uitgewys het verwys na die tydperk tussen die Fees van Shavaot ( Wanneer die blomme van die granate soos klokkies lyk en die Fees van Sukkot (Tabernakels) wanneer die granate vrug dra. n Volledige siklus! Yeshua het met Shavaot ons Hoë Priester geword en sal dit wees tot Sukkot wanner Hy Sy bruid kom haal. Die granaat is die tipe van die Bruid. Ex.39:30 יהוה Op die Hoë Priester se hooftooisel sê dit: Afgesonder vir Die Vierde Alijah: Ex.39:33-43 Wanneer Torah iets in soveel detail herhaal, moet ons kennis neem van die belangrikheid en die vaste patron daarvan. Daar kan nie iets aan die verbeelding oorgelaat word nie! Alles moes volgens die opdragte geskied. Ex.39:43 Alhoewel dit n model was van iets wat onverganklik is, is dit gebou met verganklike materiaal. Soos ons later in die boek aan die Hebreërs lees: Dit was n skadubeeld van dinge wat nog moet gebeur. Dit was gebou volgens n ewige plan, maar in n tydelike wêreld. Die verganklike Tabernakel staan in skrille kontras met die onverganklike Torah! Die Torah was nie bedoel om net tydelik te wees nie. Torah is so onverganklik en ewig soos wat die bonatuuurlike wese van יהוה is. Die Torah kan nooit soos die bruid voltooi word nie. Torah kan nie verdwyn soos die Mishkan verdwyn het nie. Hoekom nie? Want anders as met die bou van die Tabernakel, is daar nie n Check List van dinge wat moet gebeur of bemeester word nie. Die Torah is n ewige Verbond wat vertel wie ons Verbondsvennoot is! In hierdie vers kry ons weer die woord kalah= om te voltooi. As ons in gedagte neem dat die werkwoord kalah se selfstandige naamwoord ook kalah = Bruid, is, dan verstaan ons dat aan die einde van Openbaring wanneer daar staan: Kom ek wys jou die Bruid, dan word daar na n plek, Die Nuwe Jerusalem, verwys. Dit is n versamelnaam vir hulle wat die Bruid vorm. Daarom dat die Mishkan verdwyn het, maar die Torah nie! Hemel en aarde sal verdwyn, maar Sy Woord sal vir ewig bly staan. Op.19:13 het toegelaat dat die fisiese Tabernakel en Tempels afgebreek word, maar het die יהוה ewige Tabernakel opgerig die dag toe Hy Yahoshua uit die dood opgewek het. Dit is die Tabernakel wat vandag nog in die Hemel bly staan. Net so herbou Hy Sy Tabernakel in elkeen van ons. Die Vyfde Alijah: Ex.40:1-16

8 1 Nissan. Ex.40:1-2 Ex.12:1-2 Torah beskryf die 1e van Nissan in die jaar wat die uittog uit Egipte volg, as die eerste dag van die nuwe kalender. Nou word Moses aangesê om die Tabernakel op.יהוה daardie dag op te rig. Dit is asof dit die begin aandui van hulle lewe saam met Die salwing met olie word oor en oor beklemtoon. Wat sou die geestelike prentjie hiervan wees? Die essensie van die Hemelse Mishkan was die werk van die Messias Die Gesalfde van.יהוה Elke ding in die aardse Tabernakel (Ons en die Liggaam van Yahoshua) het יהוה die olie van die salwing van Messias nodig gehad. Sodra die olie daarop was, het deur die filter van die olie van Messias na die Tabernakel gekyk en het Hy nie meer vlees en bloed gesien nie, maar die voltooide werk van die Messias. So kyk Hy na ons. Hoe lyk ons voorraad olie? Die sesde Alijah Ex.40:17-27 Uiteindelik staan die Tabernakel net soos Moses dit gesien het. Die oprig het volgens bepaalde stappe gebeur. Weer gaan die oprig van binne af na buitentoe geskied. Weer moes hulle begin by die Verbondsark en eindig by die buitenste gordyne. Die Sewende Alijah: Ex.40:28-33 Wanneer ons nou die Boek van Shemot (Exodus) afsluit, dan weet ons dat terwyl Hy een deur toemaak, daar n nuwe deur oopgaan. Die volk is uitgelei uit Egipte en het by Sinai vertoef totdat die Verbond in plek is en die Verbondsark met die kontrak daarin veilig in die Tabernakel was. Nou gaan hulle aanbeweeg na die Boek van Levitikus (Vayikra) waarin die dag-vir-dag detail van n Verbondsverhouding uitgestipuleer gaan word. In hierdie Boek gaan hulle leer wat dit beteken om n afgesonderde kadosh volk (Set Apart) te wees. Onder die leiding van die Wolk en die Vuurkolom gaan hulle nou deur die wildernis tot op die grense van die beloofde land beweeg (Numeri). Nou terwyl Rosh Chodesh (Nuwe Maan) van Nissan naderkom, (Terloops dit val hierdie jaar op 9 Maart of 12 April, afhangend of jy die Tweede Adar wil inreken ), is die werk afgehandel. Ex.40:17-38 Gen.9:11 Jes.44:26 Jes.60:1 ). קום) = Quwm Die woord vir oprig in al drie hierdie Skrifte is dieselfde:

9 Nadat Moses en die volk die Tabernakel opgerig het, toe weerklink die gebed van Yahoshua HaMascheach deur die eeue heen: Laat U Koninkryk kom, Laat U wil geskied Soos in die Hemel net so ook op die aarde.! Matth.7:10 Afsluiting: Ex.40:34-35 O, wat n wonderlike Bruidegom! Wat n wonderlike God dien ons nie!! Dit is asof ons vandag weer saam met die volk van Israel by Sinai staan en die wonderlike belofte beleef dat Hy ons vergewe asof ons nooit gesondig het nie en dat ons weer die vooruitsig het van n herstelde Verbondsverhouding wat tot in ewigheid gaan bly staan. Nooit gaan ons alleen hierdie pad hoef te loop nie. Hy het Sy Sh kinah gestuur om by ons te woon en toe Sy Ruach HaKodesh om ons in alles te leer. Wanneer ons doen presies soos Abba ons bevel, sal ons ook die Sh kinah in ons lewens beleef. Baruch Atah Adonai Eloheinu, Melech Ha Olam Geseend is U O,יהוה Koning van die Heelal! Chazaq, chazak, Venishchazek! Wees versterk!