Metropoliet Kallistos stel dan 4 vrae om ons te help om elke model te evalueer.

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

n Prins word die Skaapwagter

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Les 6 vir 10 November 2018

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Van Vervolger tot Prediker

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Catharina Maria Conradie

Die betekenis van die kruis (1)

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Pretoria- 23 Junie 2012

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Die maan en sy rol in ons wereld *

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Waar is God as ons swaarkry?

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Les 6 SABBATMIDDAG Leesverwysings vir hierdie week se les: Geheueteks:

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Oor die outeurs. Wayne Barber. Rick Shepherd. Eddie Rasnake

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

NEW INTERNATIONAL VERSION

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Antwoord: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe. nie aan myself nie, 2 1 Korintiërs 6:19

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Preek-notas: Romeine 3:21-31

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

KATEGISMUSPREKE Twee-en-vyftig preke oor die Heidelbergse Kategismus

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Transcription:

Opsomming, deur Macrina Walker, van 'n praatjie deur metropoliet Kallistos Ware oor verskillende begrippe van Verlossing. Vertaal deur vr. Zacharias en Danie Loubser. Metropoliet Kallistos begin deur 'n redelik tipiese verhaal te vertel waar iemand op 'n trein hom gevra het: "Is jy gered?" Hoe moet 'n mens hierdie vraag beantwoord? En hoe moet ons as Christene verlossing verstaan? Hy gaan dan voort deur daarop te wys dat die Nuwe Testament nie maar 'n enkele manier van verstaan van die verlossende werk van Christus gee nie, maar dat daar inteendeel 'n hele reeks beelde en simbole langs mekaar gestel word. Hierdie simbole is van diepgaande betekenis en krag, hoewel dit grotendeels nie verduidelik word nie, maar gelaat word om vir sigself te spreek. Hy stel voor dat ons nie een beeld van Christus se werk moet isoleer nie, maar die verskillende beelde liewer saam moet beskou. In hierdie praatjie sal hy moontlike modelle van verlossing na vore bring, maar hierdie modelle is nie volledig is. Onderliggend aan al ses modelle is die een fundamentele waarheid, naamlik dat Jesus Christus, as ons Redder, iets vir ons gedoen het wat ons nie alleen of op ons eie sou kon doen nie. Metropoliet Kallistos stel dan 4 vrae om ons te help om elke model te evalueer. 1. Veronderstel dit 'n verandering in God, of in ons? Party teorieë oor Christus se reddende werk gee skynbaar te kenne dat God toornig is teenoor ons, en dat wat Christus gedoen het, God se toorn bevredig het. Maar dit kan nie korrek wees nie. Dit is ons wat moet verander; nie God nie. Soos Paulus dit stel: "God het in Christus die wêreld met Homself versoen." (2 Kor. 5:19) 2. Skei dit Christus van die Vader? Party teorieë gee skynbaar te kenne dat God die Vader Christus straf wanneer hy aan die Kruis sterf. "Ek onthou hoe ek as student in Oxford die groot evangelis Billy Graham hoor sê het: 'Die oomblik toe Christus aan die kruis gesterf het, het die weerlig van God se toorn Hom getref in plaas van jou.' Ek het dit nie 'n gepaste manier gevind om oor Christus se werk te dink nie. Ons moet Christus tog sekerlik nie op dié manier van die Vader skei nie, want hulle is een God, lede van die heilige Drieeenheid. Soos Paulus dit in die woorde stel wat ek so pas aangehaal het: 'God was in Christus.' Wanneer Christus ons red, is dit God wat in Hom aan die werk is; daar is geen skeiding nie." 3. Isoleer dit die kruis van die Vleeswording en die Opstanding? "Ons moet aan Christus se lewe dink as 'n enkele eenheid. So ons moet nie net aan die kruis dink nie, maar moet dink aan wat die kruis voorafgegaan het, en aan wat daarop gevolg het." 4. Veronderstel dit 'n objektiewe of subjektiewe begrip van Christus se werk? "Spreek Christus se reddende werk bloot tot ons gevoelens, of het Hy iets gedoen om ons objektiewe situasie op 'n werklike en realistiese wyse te verander?" Eerste Model: Leraar 1

Ons kan eerstens aan Christus dink as leraar, as die een wat die waarheid aan ons openbaar, wat die lig bring en die duisternis van onkunde uit ons denke verdryf. Hy, "die ware Lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld." Jn. 1:9 Hy red ons deur ons die waarheid oor God te leer. Dit was presies die wyse waarop sy dissipels aan die begin aan Hom gedink het toe hulle Hom "Rabbi" genoem het, wat leraar beteken. Later het hulle natuurlik besef dat Hy nie maar net 'n menslike leraar was nie, maar veel meer. Hierdie eerste model is veral aanvaar deur 'n groep skrywers van die tweede eeu wat bekend staan as die Apologete, van wie die mees befaamde Justinianus die Martelaar was. By die oorweging van die vier vrae, wys metropoliet Kallistos daarop dat die eerste drie vrae beantwoord word, want die verandering is in ons en nie in God nie, daar is geen skeiding tussen Jesus en die Vader nie, en dit isoleer nie Kruis nie, maar omvat Christus se hele lewe. Probleme ontstaan egter oor die vierde vraag: Tweede Model: Losprys Christus maak ons denke oop, maar laat Hy dit dan aan ons oor om sy leer deur ons eie pogings uit te voer? Het hy ons objektiewe situasie werklik verander? Meer spesifiek: Dit is nie net vir ons nodig om onderrig te word nie, maar om van sonde verlos te word. Hierdie eerste model omvat dus 'n gedeelte van die waarheid, maar nie die geheel nie, want dit laat die tragedie en die nood van sonde buite rekening. Die tweede beeld is dié van Christus wat 'n losprys namens ons betaal, "want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie." Mk. 10:45 Die betekenis van hierdie metafoor is dat terwyl ons voorheen die slawe van die sonde was, ons nou bevry is, want "Christus (het) ons vrygemaak." Gal. 5:1 Dit is 'n duur losprys wat die aflê van Christus se lewe aan die Kruis behels. Metropoliet Kallistos sê egter verder: Laat ons in gedagte hou dat dit bloot 'n beeld of 'n metafoor is, nie 'n sistematiese teorie nie; en laat ons daarom nie die metafoor te ver voer nie. Dit is wys om nie te vra: "Aan wie word die losprys betaal?" nie. Die Nuwe Testament stel trouens nie werklik daardie vraag nie. As ons sê: "Die losprys word aan God die Vader betaal", loop ons die gevaar om Christus van sy Vader te skei en te dink aan die Vader as sou Hy kwaad en wraaksugtig wees, en betaling eis. God is tog sekerlik nie so nie: Hy eis nie betaling nie, maar vergewe ons vryelik. Moet ons dan sê dat die betaling aan die duiwel gedoen word? Dit is 'n antwoord wat die Vaders, Grieks sowel as Westers, dikwels gegee het, maar dit skep groot probleme. Dit gee skynbaar te kenne dat die duiwel regte oor en aansprake op ons het, en dit kan tog nie waar wees nie. Die duiwel het geen regte nie; hy is 'n leuenaar. Die wesenlik punt van die metafoor is nie dié van transaksie of skikking nie, maar van bevryding. Dit is beter om nie te vra wie betaal word nie, maar om te hou by die basiese punt: Christus het ons vry gemaak. 2

By die toepassing van die vier evaluasie-vrae kom metropoliet Kallistos tot die slotsom dat daar geen probleme is met die eerste een nie, want die verandering is nie in God nie, maar in ons. Daar is ook geen probleem met die tweede vraag nie solank ons Christus nie sien as losprys wat aan die Vader betaal word nie, want indien ons dit so sou sien, sal daar beslis die gevaar bestaan dat Christus en die Vader geskei word. Wat die derde vraag betref: Terwyl die losprys-model fokus op die Kruis, hoef dit nie uitsluitlik daarop te wees nie, want dit is sy hele lewe wat ons vry gemaak het. En die vierde vraag toon die krag van hierdie model in vergelyking met die eerste, want "deur ons vry te maak, het Christus inderdaad ons objektiewe situasie verander." Derde Model: Offer Wat die offer-model betref, voer metropoliet Kallistos aan dat ons hier "op gevaarlike terrein verkeer". Vandag het die gedagte van offer baie van die betekenis daarvan verloor, terwyl dit in die antieke wêreld vanselfsprekend was. Die Ou Testament het verskillende soorte offers geken, tog vind ons nie 'n omskrywing daarvan of hoe dit werk nie. In die Nuwe Testament word Christus gesien as voldoening aan die offers van die Ou Verbond, veral op twee maniere: i: "Ons Paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus" l Kor 5:7; "Dáár is die Lam van God wat die sondes van die wêreld wegneem" Jn. 1:29. Hier word Christus gesien as die Paaslam, wat deur die Jode geëet is by die Pasga ter gedagtenis aan die Exodus uit Egipte (Sien Ex. 12). Christus se dood aan die Kruis en sy Opstanding is die Nuwe Pasga. ii: "Hy is 'n versoening (hilasmos) vir ons sondes" (l Jn. 2:2). Dit gedenk die offer-ritus op die Joodse Versoendag (Joom Kippoer), wanneer die volk met bloed besprinkel is om hulle van hul sondes te reinig (Lev. 16:23, 27-32). Op soortgelyke wyse reinig die bloed van Jesus, wat vir ons geoffer is, ons van alle sonde (l Jn.1:7). Die offer van die Versoendag word veral gedenk wanneer ons Here die Eucharistie instel en sê: "Dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes. (Mt. 26:28) Metropoliet Kallistos vra dat ons, ten einde die betekenis van offer te verstaan, moet begryp dat 'n offer 'n offer of gawe is wat aan God gegee word; dat 'n ware offer nie die offer of gawe van die een of ander ding of dier is nie, maar van onsself; dat die eintlike doel van offer nie die dood is nie, maar die lewe. "As die slagoffer gedood word, is dit nie omdat die dood daarvan op sigself van waarde is nie, maar sodat die lewe daarvan aan God geoffer mag word. Volgens die begrip van die Ou Testament is die lewe van 'n dier of 'n mens 3

geleë in die bloed, en dus word die lewe daarvan deur die uitstorting van die bloed vrygestel en beskikbaar gestel om aan God te offer; 'n ware offer moet noodwendig vrywillig wees. As ons dit toepas op die offer van Christus, kan ons sê dat Christus aan God geoffer word, dat Hy Homself as offerande gee, dat Hy sterf sodat ons kan lewe, iets wat duidelik gemaak word deur sy Kruis met sy Opstanding te verbind, en dat Hy sy lewe vrywilliglik neergelê het om ons ontwil. Onderliggend aan hierdie gedagte van offer as vrywillige self-opoffering is die heel belangrikste faktor dié van die liefde. Waarom lê Christus sy lewe neer? Uit liefde: " omdat hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad het tot die einde toe." (Jn. 13:1). "Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het." (Jn. 3:16). Die liefde is dan die sleutel tot die hele gedagte van offer. Offer beteken vrywillige self-opoffering, aangevuur deur die liefde die liefde tot die uiterste toe, liefde sonder perke. Met ons vier vrae in gedagte sou ons kon sê: Daar bestaan beslis 'n gevaar dat ons die "offer"-model op so 'n manier kan stel dat dit lyk asof die verandering in God is, en nie ons nie (vraag 1), dat Christus van die Vader geskei word (vraag 2), dat die Kruis van die res van ons Here se lewe geskei word (vraag 3). Maar dié gevaar word grootliks vermy as die liefdes-element beklemtoon word. In daardie geval word Christus se offer gesien as 'n uitdrukking van God se onveranderlike liefde; die liefdes-offer verander ons, nie God nie, daar is geen skeiding tussen Vader en Seun nie. Bowendien is Christus se hele lewe, van die vleeswording af aan, 'n offer of gawe aan God; en dus word die Kruis nie afsonderlik gesien nie. In aansluiting by die gedagte van offer, onderskei metropoliet Kallistos twee wisselvorme in verband met hierdie tema. Derde Model, wisselvorm 1: Voldoening Dié teorie is ontwikkel deur Anselmus van Kantelberg (1033-1109), wat die beginsels van die feodale gemeenskap op versoening toegepas het. Menslike sondes, het hy aangevoer, het God se eer aangetas; betaling moet dus aan die Vader gegee word ter vergoeding vir sy aangetaste eer, en hierdie betaling is namens ons deur Christus gedoen. Al was dit ook hoe gewild het hierdie teorie twee ernstige nadele. 1. Dit vertolk verlossing volgens wetlike kategorieë, eerder as 'n goddelike liefdesdaad. 2. Die opvattings oor eer en voldoening, hoewel dit middel-eeuse feodalisme weerspieël, word nie in die Bybel gevind nie. Derde Model, wisselvorm 2: Plaasvervanging Dié gedagte, dat Christus ons sondes dra en dat Hy ly in plaas van ons, het wel Bybelse wortels en word gesien as die vervulling van die Ou Testamentiese prototipes van die offer van die sondebok (Lev. 16:20-22) en die Lydende Kneg (Jes. 4

53: 4-7). Jesus word gesien as sou Hy ons sondes op Hom neem en die straf verduur wat ons verdien om te ondergaan. By die evaluering van hierdie model verklaar metropoliet Kallistos: Nou, in dié plaasvervangingsmodel is dit duidelik dat die verandering in ons is, en nie God nie (vraag 1); maar ons moet versigtig wees om nie die model op so 'n manier te begryp dat dit Christus van God skei, soos wat Billy Graham ongelukkig gedoen het, nie (vraag 2). Daar bestaan ook die gevaar dat die gedagte van plaasvervanging Christus se werk in 'n transaksie kan omskep wat op 'n manier buite ons gebeur, waarby ons nie direk en onmiddellik betrokke is nie. Jesus ly inderdaad vir ons sondes, maar ons moet verbind wees met sy offer-lyding, dit ons eie maak. Dit is geoorloof om te sê: "Christus in plaas van my", maar ons moet dit balanseer deur te sê: "Christus namens my", en ook: "Christus in my en ek in Hom". Die taal van plaasvervanging moet verbind word met die taal van inwoning. Vierde Model: Oorwinning Metropoliet Kallistos beskryf hierdie model soos volg: Hier word Christus se verlossingswerk gesien as 'n kosmiese stryd tussen goed en kwaad, tussen lig en duisternis. Deur aan die Kruis te sterf en uit die dode op te staan, is Christus die oorwinnaar oor die sonde, die dood en die duiwel. Dié oorwinning word saamgevat in die laaste woord wat Hy aan die Kruis geuiter het, Telelestai (Jn. 19:30), wat gewoonlik vertaal word as "dit is volbring". Dit is dus nie 'n uitroep van oorgawe of wanhoop nie, want Christus sê nie: "Dit is verby. Dit is die einde" nie, maar bevestig: "Dit is bereik. Dit is vervul. Dit is voltooi.". Vir ander voorbeelde van die oorwinnings-motif, sien Kolossense 2: 15. "(God) het, die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur (deur die Kruis) oor hulle getriomfeer"; en ook Efesiërs 4:8: "Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange neem" ('n aanhaling uit Psalm 68[67]: 18). Die Kerkvader wat hierdie gedagte van oorwinning veral gebruik, is Sint Irenaeus van Lyons aan die einde van die tweede eeu. As 'n mens die gedagte van oorwinning uitgeleef wil sien, moet jy veral dink aan die Middernagdiens van Pasga, met sy voortdurende refrein, Christos anesti ek nekron, "Christus het opgestaan uit die dode. Deur sy dood het Hy die dood vertrap." Dink ook aan die wonderlike preek wat toegeskryf word aan Sint Johannes Chrysostomos wat aan die einde van die Mette of tydens die Liturgie gelees word, met sy oorweldigende gevoel van oorwinningsvreugde. Dieselfde toon van vreugde word aangetref in die Latynse Paasgesange: "Die dood en die lewe het die stryd aangeknoop in daardie ontsaglike worsteling. Die Prins van die Lewe wat gesterf het, heers onsterflik." Die voordeel van hierdie oorwinningsmodel is dat dit die Kruis en die Opstanding byeenhou sodat dit gesien word as 'n enkele gebeurtenis: Christus se dood op sigself is 'n oorwinning, hoewel dit verborge bly. Wanneer die mirredraagsters na die 5

graf kom en verkondig dat dit leeg is, en wanneer Christus verskyn, word die oorwinning klaarblyklik. Die nadeel van die oorwinningsmodel is dat dit militaristies kan lyk en Christus se werk voorstel as 'n soort dwingende mag. Dit is dus belangrik om daarop te wys dat hierdie oorwinning nie een is van 'n groter mag of militaristiese krag nie, maar van lydende liefde. Aan die Kruis is Christus seëvierend deur sy swakheid, deur sy selfontlediging, deur sy kenosis, om die Griekse uitdrukking te gebruik. Ja, 'n oorwinning dus, maar 'n kenotiese oorwinning. Hierdie kenotiese oorwinning word duidelik wanneer ons die uitroep aan die Kruis "dit is volbring" koppel aan die heilige Johannes se beskrywing van die voetwassing waar hy Jesus beskryf as Hom wat hulle liefgehad het "tot die einde toe" (Jn. 13:1) Wanneer Christus sê: "Dit is volbring", telelestai, wil die Evangelis hê ons moet terugdink aan wat vier hoofstukke vroeër gesê is: "Omdat Hy sy eie mense liefgehad het, (het Hy) hulle liefgehad tot die einde toe.", eis telos. Hieruit verstaan ons presies wat aan die Kruis volbring is: Dit is die oorwinning van die liefde. Ten spyte van al die lyding, liggaamlik en geestelik, wat Hom aangedoen is, gaan Jesus voort om die mensdom lief te hê; sy liefde verander nie in haat nie. Ons moet die oorwinning dus sien, nie as 'n militêre oorwinning nie, maar as 'n oorwinning van lydende liefde, onveranderlike liefde, liefde sonder perke. Soos die Protestantse teoloog Karl Barth gesê het: "Die God van Christene is groot genoeg om nederig te wees." En dit is wat ons bo alles in sy oorwinning aan die Kruis sien. God is nooit sterker as wanneer Hy op sy swakste is nie. Vyfde Model: Voorbeeld Hierdie model word vereenselwig met nog 'n westerse skrywer, Petrus Abelard (1079-1142/3), wat Christus se lewe en dood sien as die hoogste voorbeeld van die liefde in werking en wat 'n reaksie by ons ontlok en ons uitlok om hierdie liefde na te streef. Metropoliet Kallistos wys daarop dat baie hedendaagse westerse Christene deur hierdie model aangetrek word, want dit beweeg heeltemal weg van die gedagte van God wat toornig, jaloers, wraaksugtig en bloeddorstig is, en van wetlike kategorieë soos voldoening of betaling. Daarbenewens skei hierdie model Christus nie van die Vader nie en ook nie die Kruis van die res van Christus se lewe nie. Maar die probleem lê by vraag vier. As Christus bloot 'n voorbeeld vir ons gestel het, beteken dit dat ons dan daardie voorbeeld moet navolg deur ons eie inspanning? Het Christus dinge objektief verander? Metropoliet Kallistos voer aan dat hierdie model, as dit reg verstaan word, gesien kan word as 'n model wat aandui dat 'n objektiewe verandering in ons situasie plaasgevind het, want "die liefde is 'n objektiewe energie in die heelal." Die liefde is 'n skeppende, bemagtigende krag. Ons liefde verander die lewens van ander. En as dit waar is van ons menslike liefde, is dit soveel 6

meer waar van die goddelik-menslike liefde van Christus ons Heiland. Deur ons lief te hê, stel Hy nie net vir ons 'n voorbeeld nie, maar verander Hy die wêreld vir ons, en gee Hy ons 'n betekenis en hoop wat ons nie op 'n ander manier sou kon ontdek nie. Die liefde van iemand anders vir my deurdring my dus met 'n gedaante-veranderende mag, 'n herskeppende krag. Die liefde bemagtig, net soos wat haat ontmagtig. Dit is waar wat betref ons tussenmenslike verhoudings, maar dit is soveel meer waar van die liefde wat deur die Seun van God op ons uitgestort word. Waar liefde ter sprake is, verval die teenstelling van subjektief/objektief. Metropoliet Kallistos wys dan daarop dat dit hierdie tema van lydende liefde is wat die derde, vierde en vyfde modelle verenig, as hulle reg verstaan word. Wat Christus se dood 'n verlossende offer maak, is juis dat Hy Homself vrywilliglik in liefde offer (model 3). Die oorwinning van Christus is niks anders nie as die oorwinning van kenotiese, lydende liefde nie (model 4). En die voorbeeld van hierdie lydende liefde verander ons lewens en vul ons met genade en krag (model 5). Sesde Model: Wisseling Dié model word begryp as 'n wedersydse deling, en neem die Vleeswording as vertrekpunt. Daarin neem Christus ons menslikheid aan "en in ruil daarvoor, stel Hy ons in staat om in sy goddelike genade en heerlikheid te deel." Soos Paulus dit stel wanneer hy op figuurlike wyse praat in terme van rykdom en armoede. "Alhoewel (Hy) ryk was, (het Hy) ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kan word." (2 Kor. 8:9) Die rykdom van Christus is sy hemelse heerlikheid; ons menslike armoede beteken ons gevalle toestand, ons vervreemding en gebrokenheid. Christus deel in ons gebrokenheid in ons nood, eensaamheid, ons verlies aan hoop en so word ons by wyse van wisseling in staat gestel om te deel in sy ewige lewe, waar ons "deelgenote kan word van die goddelike natuur" (2 Petrus 1:4). Die heilige Irenaeus van Lyons stel dieselfde punt op 'n meer regstreekse wyse: "In sy eindelose liefde het Hy geword wat ons is, om ons so te maak wat Hy is." Sint Athanasius van Alexandrië (c. 296-273) sê kortom: "Hy het mens geword sodat ons God kan word." Ons sou die sinsnede ook so kon vertaal: "Hy het vlees aangeneem, of het vermenslik, sodat ons vergoddelik mag word." Dié sesde model moedig ons aan om aan verlossing te dink as teose of vergoddeliking: Verlossing is nie net 'n verandering in ons wetlike status voor God nie, dit is nie net 'n nabootsing van Jesus deur morele inspanning nie, maar dit dui 'n organiese, alles-omvattende herskepping van ons geskape menswees deur opregte deelname aan die goddelike lewe. Hierdie sesde model kan eweseer uitgedruk word in terme van genesing. Sint Gregorius van Naziansus (329-389), of Gregorius die Teoloog, soos hy in die Ortodokse Kerk bekend staan, bevestig met betrekking tot die Vleeswording: "Wat nie 7

aangeneem word nie, word nie genees nie." Dit wil sê Christus het ons menslikheid volledig met ons gedeel Hy het ons menslike natuur volledig in Homself opgeneem en ons sodoende genees en verheerlik. Ek word gered Metropoliet Kallistos sluit af deur aan te toon dat daar ander aspekte van verlossing is wat nie hier bespreek is nie, veral die maatskaplike en kerklike aard daarvan. Hy keer dan terug na die vraag oor verlossing wat hy aan die begin van sy praatjie gestel het: Is ek gered? Ek sou miskien kon gesê het: "Ja, ek is gered." Maar sou dit nie miskien 'n bietjie oormoedig wees nie? Lank na sy bekering op die pad na Damaskus het Paulus die vrees uitgespreek dat hy nie miskien "terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie. (l Kor. 9: 27) God is getrou en Hy sal nie verander nie; maar ons mense, so lank ons in hierdie lewe is, het 'n vrye wil en ons verkeer, tot aan die einde van ons lewens, in gevaar om afvallig te raak. Soos Sint Antonius van Egipte (251-356) gewaarsku het: "Verwag versoekinge tot jou laaste asem." Ek is op reis en daardie reis is nog nie voltooi nie. Dit sou egter sinneloos gewees het as hy sou gesê het dat hy nie gered is nie, en: Daarom was ek van mening dat die beste antwoord wat ek kon gee, was om te sê: "Ek vertrou dat ek deur God se barmhartigheid gered word. Laat ons, met ander woorde, die teenwoordige tyd gebruik, maar in die sin van die voortdurende teenwoordige: Nie "Ek is gered" nie, maar "ek word gered." Verlossing is dus 'n proses. Dit is nie 'n enkele gebeurtenis nie, maar 'n voortdurende reis, 'n pelgrimstog wat eers voltooi is wanneer ons ons laaste asem uitblaas. 8