Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

n Prins word die Skaapwagter

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Mark 10:1-12. Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike.

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Van Vervolger tot Prediker

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Pretoria- 23 Junie 2012

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Pretoria- 23 Januarie 2011

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Markus 15:29-39 Jesus se alleen-lyding onder die oordeel van God... tot in die dood van die kruis.

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Les 6 vir 10 November 2018

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

BLAAS DIE BASUIN GEREFORMEERDE KERK DASPOORT Jenningstraat 728, Daspoort Leraar: br Cobus Rossouw

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

NEW INTERNATIONAL VERSION

Verduidelik 4 Wel-it sê hulle was dissipels. Want dis wat dissipels doen. Ons volg Jesus.

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

1Kon 18:19-40 In 'n land en wêreld vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE openbaar die HERE dat Hy die enigste ware God is... So, volg Hom!

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

Waar is God as ons swaarkry?

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Maleagi 1:1-2:9 n Verklaring en toepassing Ds. Cobus Rossouw

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Sing vooraf staande: Skrifberyming 16-1:1, 2 (15:1, 2)

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

Die betekenis van die kruis (1)

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

Nederlandse Geloofsbelydenis

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

Skriflesing: Sondag 4 Sing- Ps. 118:1; Ps. 119:61; Ps. 130:2 Genesis 3:1-19 Gen 3:1 Psalm 130 Psa 130:1

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Geregverdig deur die natuur van die mens (heidene / nie-jode)

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Antwoord: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe. nie aan myself nie, 2 1 Korintiërs 6:19

Transcription:

Rom 14:1-12 Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d) Oktober 2013

Ps-vooraf Ps 97:1, 5 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Amen Seëngroet Gemeente van ons Here Jesus: Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus deur die kragvolle werking van die Heilige Gees Amen. Lofprysing Ps 98:1, 2, 4 Geloofsbelydenis Verootmoediging en Versoeningsdiens. Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20. Psalm na die wet Ps 99: 4, 5 2

Gebed om skuldbelydenis en verligting. Psalm na gebed Ps 76: 1, 4, 5 3

Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Rom 14:1-12 (sê iets oor reeks uit Romeine 14-15) Psalm as antwoord op die Woord na verklaring en toepassing Ps 72: 1, 2 Ons fokus op vers 10-12. En ons vertrekpunt is Rom 14:10a Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer Paulus in vers 10 sê: Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? dan kom Paulus terug by sy eerste twee opdragte in vers 3. Bewys 1 Want hoor wat sê Paulus in vers 3. Hy sê: Hy wat eet, moet hom wat nie eet, nie verag nie; en hy wat nie eet, moet hom wat eet, nie oordeel nie... Hoor u die ooreenkoms? In vers 3 en vers 10 gaan it daaroor dat ons mekaar nie moet oordeel nie en verag nie. ************* 1 Συ δε τι κρι νεις το ν α δελφο ν σου; ἢ και συ τι ε ξουθενει ς το ν α δελφο ν σου Wat is hier die funksie van δε? Dit kan bloot 10a nog n gedagte koppel aan wat vooraf gesê is (Greek grammer beyond basics bl 657, 671). Dit kan wys op n oorgang na n volgende gedagte (Greek grammer beyond basics bl 658,674). Dit kan wys dat Paulus hier n fokus-punt inlei (Greek grammer beyond basics bl 670). Gevolgtrek: Ek meen dat Paulus hier na n volgende gadagte oorgnaan. Dis egter nie n totaal nuwe gedagte nie. Want met κρινεις (10a) en εξουθενεις (10b) keer hy terug na sy opdragte in vers 3, waar Paulus hierdie optrede verbied (vgl Moo se Rom komm bl 846). Na die opdrag en leer van vers 5-9 is die μη εξουθενειτω en μη κρινετω opdragte van vers 3, waarheen vers 10a-b my terug neem, net soveel meer verstaanbaar en dwingend (vgl ook Ridderbos se Rom komm bl 308). Waar vers 5-9 in waaragtigheid uitgeleef word in die besef dat Christus ons Here is en dat ons vanuit die Skrifte sy wil moet soek en vir Hom alleen moet leef... ja, daar geld soveel te meer dat ek nie mag verag en veroordeel nie (vgl Jonker se Rom komm bl 181). 4

So nadat Paulus in vers 5 waar ons verlede week was die derde opdrag gegee het van: Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees en toe in vers 6-9 die maatstaf gegee het van hoe elkeen oortuig moet word kom hy nou in vers 10-12 terug by opdrag een en twee van moenie mekaar veroordeel en verag nie. Opmerking 2 En nou het ons dit al baie keer gesê. Maar kom ons doen it weer. Hierdie twee opdragte van vers 3 is onontbeerlik vir die baie belangrike saak van Rom 14-15. Die saak van eenheid tussen ware gelowiges en hoe ons ons verskille moet hanteer. En hier in vers 10-12 kom Paulus nou weer by hulle uit. *************** Maar nou sie vraag natuurlik: Hoekom? En dis waaroor ons vanoggend meer gaan leer in die verklaring en toepassing van vers 10-12. En dan gaan ons tema wees. Weereens die opdragte van moenie oordeel en verag nie. En dan gaan ons stilstaan by: Waarom Paulus na vers 3 se opdragte terugkom. Hoe hy hierdie opdragte met vers 10-12 beklemtoon En wat dit vir elkeen van ons sê. **************** 2 Vgl Rom 14,1-2&5.docx; Rom 14,3-4.docx; Rom 14,5-9.docx 5

1. So kom ons begin by die rede waarom Paulus in vers 10 terugkom by vers 3 se opdragte van: moenie oordeel en verag nie. Nou Paulus kom terug in vers 10 na vers 3 se twee opdragte juis oor die leer van vers 5-9 waar ons verlede week was. Verduidelik 3 Ja vers 5-9 maak vers 3 se opdragte net so ontsaglik belangrik dat Paulus ons in vers 10 net daarnatoe moet terugvat met: Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Woorde waarmee Paulus eintlike sê: Met wat ons nou geleer het in vers 5-9 kan jy so iets gewoon net glad nie doen nie. 4 ************** Terugblik Maar wat het Paulus nou weer in vers 5-9 gesê? Kom ons kyk gou weer. A. In vers 5 sê Paulus: Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees. En dis sy derde opdrag. Ja in plaas daarvan dat ons mekaar oordeel en verag die twee opdragte van vers 3 moet elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees. Verduidelik En dit beteken jy s regtig op jou eie 3 Vgl Jonker se Rom komm bl 181 4 Vgl Jonker se Rom komm bl 180; Ridderbos se Rom komm bl 304-305 by vers 4. 6

en in jouself in jou hart oortuig. En om so oortuig te wees gaan nie gebeur as mense jou dwing en druk nie. 5 Voorbeeld Byvoorbeeld: Vers 2 vertel van ie swakkes in die geloof in die kerk van Rome wat nog nie die geloofskennis-en-oortuiging gehad het dat Christus die OT-wette oor rein-en-onrein-kos vervul het nie. En dat ons nou in die NT bevry is van die onderhouding van daardie wette. Nou die swakkes sou beslis nie ten volle oortuig word as die sterkes in die geloof hulle sou dwing om alles te eet nie. Nee! Al wat so n gedwing gaan veroorsaak is dat dit die eenheid tussen ware gelowiges gaan verwoes. Daarom dat Paulus in vers 5 sê Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees. ************* B. Maar nou sit baie belangrik En ons het dit verlede week ook gesien dat om ten volle oortuig te wees niks maar niks uit te waai het met hoe ek voel nie. 6 Voorbeeld So om nou n voorbeeld te noem: Die swakkes in die geloof wat net groente eet soos vers 2 vertel kan nie sê: 5 Vgl Rom 14,5-9.docx 6 Vgl Rom 14,5-9.docx 7

Ek is werklik in my gemoed oortuig dat ek net groente moet eet. En weet julle waarom? Wel dis omdat ek so voel. Ek voel net soveel gemakliker om die Here so te dien. Dit werk vir my. Opmerking Nou dit het absoluut niks te doen met vers 5 se opdrag van: Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees. ************** So dis baie belangrik. Ek en hoe ek voel het niks te doen met Paulus se opdrag dat ons elkeen ten volle oortuig moet word nie. C. En hoekom nie? Wel omdat Paulus in vers 6-8 n maatstaf gee van hoe ware gelowiges meer-en-meer oortuig moet word. 7 Want in vers 6-8 sê Paulus: Want niemand van ons leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie. Want as ons lewe, leef ons vir die Here; en as ons sterwe, sterf ons vir die Here Verduidelik 8 En dit sê vir ons net een ding. En dit is dat dit in my ganse lewe net nooit meer oor myself gaan nie. In my ganse lewe moet ek radikaal ophou om selfgesentreerd te wees. 7 Vgl Rom 14,5-9.docx 8 Vgl Rom 14,5-9.docx 8

Ek en hoe ek voel is nie meer waaroor dit in my lewe gaan nie. Ek en my gevoel mag net nooit meer die maatstaf wees van hoe ek ten volle oortuig raak nie. Nee! In lewe en in sterwe moet ek al meer Christusgesentreerd word. In my hele lewe moet alles vir my gaan om: Vir die Here vir Christus en tot sy eer. Ja die Here Christus moet die maatstaf wees van hoe ek ten volle oortuig word. *************** D. En dit is so omdat vers 8 sê dat ons aan die Here behoort. En ons behoort aan die Here omdat vers 9 sê dat Christus gesterwe en opgestaan en weer lewend geword het... 9 Verduidelik 10 Ja Christus het met sy verlossingswerk van sterf aan die kruis en opstaan uit die graf en weer lewe aan die regterhand van God die Vader ons bevry van die slawernyvan Sonde en Satan en Dood. sodat ons nou aan Christus behoort. En sodat ons nou vir Christus kan leef. En sodat ek en my gevoel net al hoe minder saak maak. En ek al hoe meer begin vra: Here wat wil U. En Here leer my U wil vanuit u woord. 9 Vgl Rom 14,5-9.docx 10 Vgl Rom 14,5-9.docx 9

Terug by vandag En dit is vers 6-8 se maatstaf vir hoe ons ten volle oortuig moet word. En nou geliefdes as Christus en n lewe vir Christus en die wil van Christus al meer my oortuiging word hoe op dees aarde kan ons mekaar oordeel en verag! Dit kan mos net nie!! Daarom dat Paulus in vers 10 sê En nou s ons weer by vers 10. Ja daarom dat Paulus in vers 10 sê: Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Ja dit kan nie! Dit mag nie! **************** A. Want as ek sê: Ek behoort aan Christus. Hy is my Here. En ek wil nuut leef vir Hom alleen soos Hy beveel dan moet die swakkes in die geloof in die kerk in Rome maar ook elkeen van ons wat besig is met daardie verkeerde oordeel wat Paulus in vers 3 verbied mos ophou daarmee. Verduidelik Want as ek aan Christus behoort en Christus is my Here en ek leef vir Hom soos Hy beveel dan sit mos net onmoontlik dat ek kan oordeel. 10

En met my oordeel myself in die plek van Christus stel. En met my oordeel myself n here maak wat oor ander oordeel met my eie self-uitgedinkte wette van: eet-net-groente of hou-allerhande-feesdae of watter self uitgedinkte wet ook al terwyl ons Here Christus dit nooit beveel het nie. Dit kan mos nie! Dit mag mos nie! *************** B. En as ek sê: Ek behoort aan Christus. Hy is my Here. En ek wil nuut leef vir Hom soos Hy beveel dan moet die sterkes in die geloof in die kerk in Rome maar ook elkeen van ons wat besig is om my mede-broeder of suster te verag met n liefdelose hoogmoed wat verkleineer en uitskuif 11 dit wat Paulus so ernstig in vers 3 verbied mos ophou daarmee. Verduidelik Want as Christus ons Here is en Hy heers in ons deur sy Gees dan kan ek mos nie in liefdelose hoogmoed my mede-broeder-of-suster wat met my standpunt verskil verag nie. Dit kan mos nie! Dit mag mos nie! ************** Toepassing 12 Nee as Christus ons Here is en Hy in ons heers deur sy Gees I dan sal ons biddend vra: Here laat my al meer leef vir U 11 Vgl Rom 14,3-4.docx 12 Vgl Wison se Rom komm bl 203 11

alleen volgens U gebod van: julle mot mekaar liefhê net soos Ek julle liefgehad het. 13 II dan sal ons vra: Here, maak Rom 12:10 n werklikheid in my waar U apostel sê: die een moet die ander voorgaan in eerbetoning. III En: Here, maak Fil 2:3-4 n werklikheid in my waar U apostel sê: Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself... IV Ja dan begin ek al meer verstaan dat n lewe vir die Here Christus n lewe is alleen soos Hy beveel. En daarom n lewe is van liefde vir my broeder en suster. 14 Opmerking En daarom ook n lewe waarin ek nie oordeel nie met my eiewillige wette en moets en moenies wat Christus nooit beveel het nie Dis dan ook n lewe waarin nie in liefdeloosheid verag nie. Ook iets wat Christus nooit beveel het nie. **************** En dan? Wel dan neem ons mekaar aan soos Christus ons aangeneem het en soos Paulus ons oproep in Rom 14:1 en Rom 15:7. En dan kom daar oplossings vir ons verskille. 13 Bv Joh 15:12 14 Vgl De vrijheid van een christen, in Luters werken, bl 136, 165 12

Nie omdat ons nou maar sê: ag wat alles kan maar gaan nie. Of: solank jy net gemaklik voel nie. Nee! Omdat ons al meer oortuig en verenig raak in die een wil van ons Here Christus. En ons al meer n lewe leef vir ons Here onder die heerskappy van ons Here. ************ Oorgang En weet u: Hierdie waarheid van n lewe vir Christus omdat ons aan Hom behoort en Hy ons Here is en ons daarom al meer gehoorsaam leef aan vers 3 se opdrag van nie-oordeel-nie en nie-verag-nie is vir Paulus ontsettend belangrik. Want kyk net hoe ernstig beklemtoon hy dit in vers 10-12. Ja vir Paulus kan dit net nie anders nie. Ons moet lewe vir die Here sonder oordeel en veragting van mekaar want sê Paulus in die laaste deel van vers 10: ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word. 15 2. En nou s ons by ons tweede punt waar it gaan oor hoe Paulus hierdie opdragte van nie-oordeel-nie en nie-verag-nie beklemtoon. A. Ja dis ernstig. Baie. Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word. 15 Vgl Moo se Rom komm bl 846-847; Jonker se Rom komm bl 181; Calvyn se Rom komm bl 501; Haldane se Rom komm bl 600 13

Verduidelik So sien u wat doen Paulus? In vers 6-9 het hy ons gewys dat Christus ons Here is. En dat ons al meer oortuig moet word van sy wil. En al meer moet leef vir Hom. Maar nou as ons van vers 6-9 na vers 10 gaan en Paulus wil beklemtoon hoe belangrik dit is dat ons al meer oortuig moet word van Christus se wil en al meer moet leef vir Christus en dat ons daarom moet ophou om mekaar te oordeel en te verag dan wys Paulus ons dat Christus nie net ons Here is nie soos vers 6-9 leer nie. Nee! Hy wys ons daarby dat Christus ook Regter is. 16 Opmerking Daarom dat vers 10 praat van Christus se regterstoel. Ja Christus het n regterstoel want Hy is die Regter wat weer kom om te oordeel. 17 Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee Sê Christus self in Joh 5:22. En Hand 10:42 vertel dat Christus deur God bestem is as Regter van lewende en dode. ************** 16 Sien voetnoot 15 17 τω βηματι του χριστου wys op die waarheid dat Christus as ons Here ook die Regter is wat sal regspreek en sal oordeel ook oor ons wat gelowig is (vgl ook Rom 2:12-16) (NIDNTT vol 2 bl 369-370; comm on teh NT use of the OT bl 684-685). 14

B. So sien u Paulus se erns. Sien u hoe lewensbelangrik dit is om vir Christus te leef soos Christus wil en nie soos ons wil nie. Sien u hoe belangrik dit is dat ons moet ophou om mekaar te oordeel en te verag. Dis belangrik Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word. Daar sal geen uitsondering wes nie. Almal elke lidmaat in die kerk in Rome elke lidmaat in die kerk in Daspoort. Ja elke mens sal voor die Regter Jesus verskyn. Bewys Want Paulus praat in vers 10 van ons almal. 18 En Paulus bevestig dit 19 wanneer hy van vers 10 na vers 11 gaan en dan aanhaal uit Jes 45:23 en sê: Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely. **************** C. En wat gaan dan daar voor Regter Jesus gebeur? Wel Paulus sê in vers 12: So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee. 18 πα ντες γα ρ παραστησο μεθα Die subjek = 1ste mv. παντες het dus die doel om almal in die kerk in Rome Paulus in kluis in te sluit (Greijdanus se Rom komm vol 2 bl 597) 19 γε γραπται γα ρ Met γαρ begrond Paulus die waarheid dat ons almal ook ons as gelowiges voor die regterstoel van Christus gaan staan in die OT Jes 45:23 (Moo se Rom komm bl 847; comm on the NT use of the OT bl 685; Ridderbos se Rom komm bl 309; NIDNTT vol 2 bl 369). 15

Verduidelik Hoor u dit? Ons sal rekenskap moet gee. Of ons kan ook sê: Ons sal verantwoording moet doen. Ons sal moet sê wat ons gedoen het en hoekom ons dit gedoen het. 20 Ja ek sal moet rekenskap gee oor wat my maatstaf was van hoe ek ten volle oortuig geword het. Was it ek en hoe ek voel. Of was it die Here Christus en sy wil. 21 Ek sal moet rekenskap gee oor of my lewe n lewe geword het soos Christus beveel. Verder verduidelik Met ander woorde: n lewe van liefde vir my broeder en suster I sonder daardie aaklige oordeel met my eiewillige moets en moenies II en ook sonder daardie aaklige liefdelose veragting van n mede-broeder of suster. *************** Ja dis wat dit beteken as Paulus in vers 12 sê: So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee. 22 20 Greijdanus se Rom komm vol 2 bl 599 wys my dat die betekenis van λογον in hierdie konteks rekenskap is, of verantwoording (vgl ook Moo se Rom komm bl 848). 21 Vgl Moo se Rom komm bl 848; Ridderbos se Rom komm bl 309 22 In 2Kor 5:10 stel Paulus dit so bietjie anders... as Hy sê: ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy... verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad. 16

Toepassing So sien u Paulus se erns? En laat dit ons tog aangryp! Moet tog nie dat wat Paulus in vers 10-12 sê net verby ons gaan vanoggend nie. Ja wat Paulus hier sê moet ons laat vra: Here wat sê dit alles? Ek verstaan ook nie alles so mooi nie? Dit maak my bang. Hoe gaan ek daarby uitkom? Want in my lewe sukkel ek so Here om vir u te leef. Ek sukkel so dat U wil my wil word. ************** 3. Nou geliefdes hierdie worsteling van elke ware gelowige bring ons by ons derde punt waar it gaan oor wat vers 10-12 nou-en-hier vir elkeen van ons sê. Opmerking En dan s daar drie dinge wat ons moet raaksien. A. Die eerste is dat wanneer Paulus in vers 10 sê: Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word en in vers 12 sê: So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee dan beteken dit nie dat Regter Jesus vir my gaan sê: jy kan maar in gaan in my ewige koninkryk van vrede omdat jy volmaak gehou het by my maatstaf wat Ek deur my apostel Paulus in Rom 14:6-8 gegee het nie. 17

Daar waar hy gesê het: niemand van ons leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie. Want as ons lewe, leef ons vir die Here; en as ons sterwe, sterf ons vir die Here Bewys 23 Hoekom nie? Wel omdat Christus vooraf in die boek Romeine in Rom 3:20 deur sy apostel geleer het dat uit die werke van die wet geen vlees voor (God en voor Christus) geregverdig sal word nie... En in Rom 3:28 leer Christus deur sy apostel: Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet. En in Rom 4:13 sê Christus deur sy apostel: Want die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees, het Abraham of sy (gelowige 24 ) nageslag nie deur die wet verkry nie, maar deur die geregtigheid van die geloof. En in Efes 2:8-9 sê Christus deur sy apostel: Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. En dan het ons nog nie eers begin aanhaal uit Paulus se brief aan die Galasiërs nie. 23 Vgl Beale, A New Testament Biblical theology, bl 516 24 Gal 3:7 18

So geliefdes wanneer ons voor die regterstol van Christus gaan verskyn en rekenskap sal moet gee soos Paulus leer in vers 10-12 dan gaan Christus ons beslis nie vryspreek op grond van ons lewe vir Hom nie. Nee as dit so moes wees dan was ons almal vir ewig in die hel. Bewys 25 Want as ons op grond van ons lewe vir die Here regverdig voor die Christus se regbank wil staan dan sal ons lewe heeltemal volmaak moet wees. Want dis wat Christus eis. Hy eis volmaaktheid. En dan leer Jes 64:6 dat ons beste werke nog soos n besoedelde kleed is. ************* Christus verkondiging Daarom dat ons vir Christus nodig het. Christus wat nooit geoordeel het nie. Christus wat nooit verag het nie. Christus wat volmaak vir God geleef het. Christus wat gekom het om in selfopofferende liefde te dien en nie om gedien te word nie. Soos Christus self sê in Mark 10:45. Ja dis alleen op grond van Christus se volmaakte werke wat ons sin word uit genade alleen deur die geloof alleen 25 Sondag 24 19

dat gelowiges voor die regbank van Christus vryspraak sal ontvang. Niks anders nie geliefdes Niks nie! *************** B. Maar waarom is Paulus dan so ernstig in vers 10-12? Opmerking En nou kom ons by die tweede ding wat ons moet raaksien Ja waarom sê Paulus in vers 12: So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee. Waarom is dit vir Paulus so belangrik dat ons moet leef vir die Here soos hy leer in vers 6-8? Waarom is dit vir Paulus so belangrik dat hy ons in vers 10-12 wys op die werklikheid dat ons voor Regter Jesus gaan moet staan en rekenskap gee. Verduidelik 26 Wel geliefdes omdat ons lewe vir die Here volgens die Here Christus se gebod van: julle moet mekaar lief hê soos Ek julle lief gehad het... 27 Ja omdat ons lewe vir die Here waarin ek nie meer wil oordeel met my eiewillige moets en moenies terwyl Christus dit nooit beveel het nie. 26 Vgl Beale, A New Testament Biblical theology, bl 508 vv 27 Joh 15:12 20

Ja omdat my lewe vir die Here waarin ek nie meer in liefdelose hoogmoed wil verag nie. n bewys is dat ek alreeds in Christus alleen regverdig is en in Christus vryspraak het en in Christus toegang tot sy Koninkryk het. Bewys Want geliefdes toe Christus gesterwe en opgestaan en weer lewend geword het soos Paulus daaroor praat in vers 9 het Christus sy gelowiges se Here geword. En dan Heers Christus in ons deur sy Gees. 28 En deur sy Gees maak Hy my van harte gewillig en bereid om voortaan vir Hom te lewe. 29 ************ Toepassing 30 En weet u: Wanneer ek dan voor die regterstoel van Christus gaan staan. En Hy as God sê: Gee rekenskap! Wat is die bewys van jou vryspraak? dan sal ek sê: Here U is dit. Want die gewilligheid om vir u te leef kom nie uit myself nie Dis U deur U Gees. ************* C. Selfondersoek Maar dadelik geliefdes as ons hierdie Evangelie hoor 28 Rom 8:9 29 Sondag 1 v/a 1 30 Vgl comm on the NT use of the OT bl 685-686 21

moet Paulus se ontsettende erns in vers 10-12 ons soveel meer aangryp. Opmerking En dis ie derde ding wat ons moet raaksien Verduidelik 31 Want as ek aanhou en aanhou met n lewe van oordeel met my eiewillige wette en moets en moenies wat Christus self nooit beveel het nie. En as ek aanhou en aanhou met n lewe van liefdelose veragtig van my mede-broeder-en-suster wat van my verskil iets wat Christus nooi beveel het nie. Ja as ek met ander woorde aanhou en aanhou met n lewe vir myself n lewe waar ek en my gevoel in die middelpunt staan en nie die Here Christus nie. Wat sê dit van my? **************** Wel net een ding. En dit is: Christus is nie Here in my lewe nie. Christus Heers nie in my deur sy Gees nie. Daarom dat ek ook nie vir Hom lewe nie. Ja dan beteken dit ek behoort nie waarlik aan die Here nie. 31 Sondag 32 v/a 87 22

Dit beteken ek is nog nie waarlik deur die geloof aan Christus verbind nie. Dit beteken ek is nie regverdig voor Christus se regbank nie. En dan? Wel dan sal ek eendag voor die regbank van Christus met geen bewys van my geregtigheid uit genade alleen voor Hom staan nie. En dan? Wel dan sal ek die woorde van Mat 7:23 uit die mond van Jesus hoor. Daardie woorde wat sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! *************** Slot So sien u waarom dit so ontsaglik belangrik is dat ons oortuig sal word met die maatstaf van vers 6-8. En daarom ook sal ophou met n lewe van oordeel en verag. Dis ontsettend belangrik want dit is die bewys dat ons reeds uit genade alleen in Christus alleen regverdig is en voor die regbank van Christus vryspraak het. Ja dis ontsettend belangrik: Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word. Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely. So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee. 23

Sê Paulus in vers 10-12. *************** Selfondersoek So geliefdes hoe staan dit met u en met my? Wie staan sentraal in ons lewe? Ek met my eiewillige moets en moenies? Ek en my gevoel? Ek met my hoogmoed en liefdelose veragting van elkeen wat met my te verskil? Of behoort ons waarlik aan Christus? En Heers Christus waarlik as Here in ons deur sy Gees? En word dit sigbaar in n lewe vir die Here wat ek in n lewe van liefde in my naaste uitleef. ************ Troos Ja hoe staan dit met ons? Weet u: Kom ons gaan in hierdie oggend weereens na Christus toe. 32 Want sonder Christus kan ons niks doen nie En glad nie vir Hom lewe nie. Christus leer ons so in Joh 15:5. Ja kom ons doen dit! En weet u: Christus het eenmaal in Joh 6:37 gesê dat elkeen wat so na Hom toe kom al voor die grondlegging van die wêreld in die uitverkiesing aan Hom gegee is en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie. Sê Christus Amen. Antwoorddiens 32 Sondag 31 v/a 84 24

Psalm as antwoord op die Woord Ps 72: 1, 2 Gebed Barmhartigheidsdiens Psalm tydens kollekte : Ps 9: 1, 3, 4, 5, 6 Slotpsalm : Ps 149: 1, 2, 4 Wegstuurseën. Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede. Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen. 25