Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

n Prins word die Skaapwagter

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Van Vervolger tot Prediker

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Les 6 vir 10 November 2018

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Pretoria- 23 Junie 2012

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Addendum A Consent form

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Pretoria- 23 Januarie 2011

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Die betekenis van die kruis (1)

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Sing vooraf staande: Skrifberyming 16-1:1, 2 (15:1, 2)

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

Skriflesing: Sondag 4 Sing- Ps. 118:1; Ps. 119:61; Ps. 130:2 Genesis 3:1-19 Gen 3:1 Psalm 130 Psa 130:1

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Waar is God as ons swaarkry?

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

1Kon 18:19-40 In 'n land en wêreld vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE openbaar die HERE dat Hy die enigste ware God is... So, volg Hom!

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

Emotional drainage / Emosionele dreinering

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

Inhoudsopgawe. Voorwoord deur Wayne Grudem... 7 Inleiding Eindnote

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

GEBED AS LEEFSTYL. Gebed is uiters belangrik!!!

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Nederlandse Geloofsbelydenis

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God?

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Transcription:

1 Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4, 1 Johannes 5:19 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4 1 Johannes 1:1-10 1Jn 1:1 Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien het, wat ons aanskou het en ons hande getas het aangaande die Woord van die lewe 1Jn 1:2 en die lewe is geopenbaar, en ons het dit gesien, en ons getuig en verkondig aan julle die ewige lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is 1Jn 1:3 wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle, sodat julle ook gemeenskap met ons kan hê; en ons gemeenskap is met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus. 1Jn 1:4 En ons skrywe hierdie dinge aan julle, sodat julle blydskap volkome kan wees. 1Jn 1:5 En dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie. 1Jn 1:6 As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie. 1Jn 1:7 Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde. 1Jn 1:8 As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. 1Jn 1:9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. 1Jn 1:10 As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot n leuenaar en is sy woord nie in ons nie. 1 Johannes 5:19 1Jn 5:19 Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê. Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4 Geliefdes n vraag wat ons hier aan die begin van die Johannes-brief kan vra is die vraag- wat maak jou regtig bly... Kom daarbý uit om saam met Johannes te besin dat jou blydskap volkome moet wees. (By voorbereiding bly dit ook van ons aktueelste vrae...is jou blydskap volkome?) Wanneer ons die eerste Johannes-brief in n reeks aanpak moet ons weet dat Johannes was reeds n baie ou man toe hy hierdie briewe van hom geskryf het. Jesus was lank terug -50-60 jaar (dalk nog langer)op aarde gewees. In hierdie lang tyd wat Jesus al opgevaar het, het Johannes oud geword, dit is nou al omtrent 90/100 n.c. as hierdie Johannes-briewe verskyn. n Baie oumens wat oor wonderlike hemelse waarhede in hulle diepe aardse betekenisse homself moes verantwoord. n Ouman wat oor volkome blydskap wil praat. Is dit nie aangrypend nie?! Ja, nou lees ons vandag uit hierdie brief langer as 2000jaar terug wat Jesus op aarde was. Die vraag aan ons vandag hoeveel het intussen verander. Hoeveel kan hierdie briewe nog vir ons werd wees. Ja, laat ons dit wat ons voortdurend in die briewe gaan aantref sommer van die

2 begin af raaksien en dit eintlik as merkers op ons Johannes pad aandui. U sal voortdurend in die brief gewys word wie ek en jy is en wie ons kan wees. Wat is waarlik die dinge wat jou kan bly maak. Dit geld na gees en liggaam. Gees en liggaam wat voortdurend saam gesien moet word, saam geplaas moet word. In Johannes is gees en liggaam altyd saam. Voortdurend sal ons hoor hoe is die wêreld waarin ons leef. Watter dinge is vir die wêreld belangrik. Belangriker nog in hierdie briewe moet die kerke van alle eeue werklik dit diep insink. Wie Jesus Christus waarlik is. Wie is Hy toe Hy op aarde was, Wie is Hy nou terwyl Hy nie meer as mens op aarde is nie. Dit alles lê diep verpak in wat ons elke keer na die laaste hoofstuk van die eerste brief terugvoer as daar vir die gelowiges van alle tye gesê word- ONS MOET WEET DAT ONS UIT GOD IS... 1 Johannes 5:19 is soos n refrein wat heeltyd wat ons met die brief besig is deur ons koppe moet maal. Waar ek ook al in hierdie brief myself bevind dit is nooit los te maak van 1 Joh. 5:19 nie- 19 Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê. Ons moet weet dat ons uit God is. Hoe belangrik om daarby te begin. Dit is ook waar ons blydskap moet begin. Dit moet uit God wees... Met watter probleem, watter spanning, watter groot ongelukkigheid daar ook in jou en my lewe mag wees, onthou jy kan aan God vashou. Weet dat God weet. Dink vanuit hoe God dink, jy het tog sy Woord, werk met die besef jy kom van God af, God roep jou, God stuur jou... Weet dat jy úít God is. Niks kan daaraan verander nie. Nou het ons vandag nie by 1 Johannes 5 begin nie, maar wel by 1 Johannes 1- die begin van die brief. As teksverse het ons aangegryp 1 Joh. 1:4-4 En ons skrywe hierdie dinge aan julle, sodat julle blydskap volkome kan wees. U hoor dat hier word gepraat van n volkome blydskap. Waar vind ek dit? Hoe kan ek volgende Sondag by die Nagmaal kom aansit en dit met n blydskap wat volkome is... Wat is werklik die dinge wat my bly maak? Ons erken heel gou dat in vandag se lewe is die dinge wat my hartseer maak, die dinge wat ons mee worstel, die dinge wat maak dat ek nie bly is nie, dit amper vir my makliker is om dié dinge op te noem as die dinge wat ek beskou as dit maak my regtig bly. Hoeveel van ons kry dit reg om te praat van n volkome blydskap in sy/haar lewe?!

3 Wanneer Johannes hierdie doel van sy skrywe daarstel dan skryf hy na alle waarskynlikheid vir gelowiges wat in n baie groot stad, in Efese gebly het. Klaar kan ons identifiseer. Mense in n stad, maar hierdie mense is maar min wat waarlik in Christus glo. Hulle is maar n handjie vol wat na mekaar se huise kom as hulle bymekaarkom. Daar was op geen manier sprake van n gemeente met honderde lidmate nie. Hier dalk maar 20/30, daar dalk so 50 mense, ander plek maar weer seker net 10 gelowiges; hulle weet baie keer nie eers van mekaar soos wat mense in n groot stad opgesluk kan word nie. In Efese het hulle besef ons is vêr in die minderheid, ons maak eintlik geen merk in die stad nie, want as ons op die stadsplein kom dan is die massas besig met ander dinge. Wat die godsdiens aanbetref het die massas geglo dat die keiser is god. Die keiser is bo-menslik. Die keiser beskerm hulle, ja die vrede wat ons in die stad ontvang is die keiser wat dit vir ons gee. En ons het wel ander gode ook, dit sal hulle erken, gode wat hierdie stad regeer, n massa-idee, n massa-godsdiens was aan die orde van die dag wat natuurlik op geen manier kon aansluit by wat Johannes vir hierdie klein klompie ware gelowiges in Efese skrywe as hy vir hulle wil vertel dat daar kan net een God wees. Een wat van begin af was. Kyk hoe mooi sluit die evangelie van Johannes aan met wat hy nou ook in sy brief verduidelik. Joh. 1:1-2 1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God. Dan nou die brief- 1 Joh. 1:1-2- 1 Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien het, wat ons aanskou het en ons hande getas het aangaande die Woord van die lewe 2 en die lewe is geopenbaar, en ons het dit gesien, en ons getuig en verkondig aan julle die ewige lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is Johannes praat deurgaans van Hom wat waarlik die Seun van God is, Hy wat waarlik die pad vir ons kom oopmaak het, Hy wat vir ons sorg, baie beter as wat die keiser homself kan voorstel. Tog moet ons terstond by die lees van hierdie brief n baie moeiliker probleem in die agterkop begin vashou. Johannes het nie die brief geskryf in die hoop dat die heidense massas dit sal lees nie. Nee, alles behalwe! Johannes skryf na sy evangelie, nog weer as ouman hierdie brief, eintlik drie briewe, omdat hy kon agterkom almal wat sê dat hulle aan Jesus Christus glo, hulle het onder mekaar alreeds verward en verdwaald begin raak oor nie wat die heidene hulle laat twyfel nie, maar wat ander mense wat hulleself ook kinders van

4 God noem, my laat twyfel. In Efese was in daardie tyd n baie erge christelike dwaling, wat ons noem die Gnostiek. Veral in Efese was daar n man wat gesê het dat hy is n christen, n man met die naam Serintus, welsprekend, invloedryk, iemand wat in die kleine baie groot invloed kon uitoefen op hierdie mense wat maar nog in hulle kinderskoene gestaan het as dit sou gaan om wat waarlik die inhoud van jou geloof in Jesus Christus is. Kortom, die gnostiek het geleer dat alle materiële dinge, ook jou vlees, jou liggaam, ja ons moet alle aardse dinge hierby inreken, dit is dinge wat sleg is. As jy met jou hande aan iets kan vat is dit by voorbaat sleg. Dis sleg, dis sondig, maar nou kom die mens met die gnostiek en hy verbeel hom die geestelike dinge is die goeie dinge, net die geestelike kan goed wees. Dinge buite my liggaam om, dinge wat ons nie met die hande aan kan vat nie, dit is die goeie dinge. Nou laat die leer van die gnostiek die mens glo dat op n stadium het dit gebeur dat die geestelike in die materiële, selfs in die liggaamlike vasgevang geraak het. Die gees sit soos n gevangene in die menslike liggaam opgesluit en omdat die gees eintlik ingehok word, is dit baie sleg want die gees word radeloos en moedeloos en traag en kan nie uitkom nie. Vir die gees is daar geen rede om bly te wees nie. Serintus het hierdie dwaling van hom al verder gevoer. Hy het verder geleer dat die gees in die mens moet wakker geskud word deur goeie preke en moet kennis van God kry. Met die krag van God se openbaring, met hierdie openbaring van bó moet die gees wakker geskud word, dat die gees uit die slegte liggaam losgeruk kan word. Daardie loskom van die gees in die liggaam vasgevang, word dan as redding beskryf. Dit klink met die eerste hoorslag iets wat ons kan aangryp! Broeder en suster, as u hierna luister, dan sal baie mense sê maar het Serintus nie tog maar eintlik die waarheid beet nie. Daardie gelowiges in Efese was werklik in die war want al is hulle getalle so min het dit nie voorkom dat hulle onder mekaar met erge twiste en stryd en verdeeldheid te doen gehad het nie. Party gee Serintus gou gelyk, hy kan tog reg wees, hy moet geglo kan word, ander sê weer dit wat die Johannes-brief primêr in die oog wil hou. Pasop vir hierdie dwaling! Wat is die kern van hierdie dwaling, moet ons vandag dit steeds goed raaksien, want moet nie dink die kernidee van die gnostiek bestaan nie meer nie. Die eerste baie belangrike vashaakplek as ek met die gnostiek vasval is om te verstaan Wie Jesus Christus werklik is.

5 Die gnostiek het hulle valsheid op Jesus wou oordra, deur te sê dat Jesus het geen wonders gedoen voor Hy nie gedoop was nie. Eers na sy doop met die Heilige Gees, toe begin Hy skielik wonders te doen. Die vleeslike Jesus en die geestelike Christus het eers by die doop in die Jordaan met mekaar verenig. Daarom dat Johannes die liggaamlike van Christus sommer in die eerste vers van sy brief na vore bring. Johannes sê nie verniet hierdie dinge baie vroeg nie. Pasop om Jesus se liggaamlike, sy vleeslike, sy na-die-oog Jesus sommer af te gradeer, as minder werd, asof Jesus maar net n skyn-liggaam gehad het. Ja, dit het die gnostici gesê- maar sê Johannes ons het Hom werklik met ons oë gesien, ons het met ons hande aan Hom gevat (1 Joh. 1:1). Jesus het nie maar net n skynliggaam gehad nie. Die Woord van die lewe het ons saamgevat, aan ons is die lewe geopenbaar, geen skynlewe nie, maar ons het gesien, ons het getuig, ons het verkondig, die volle openbaring van God, sy Woord in Jesus Christus, daardie lewe het vir ons die ewige lewe beteken, n lewe wat net by God die Vader kan wees en aan ons geopenbaar is. Weereens wil Johannes as ouman sy oue hande, sy oue oë, sy oue verstand in verband bring, want sê hy weer in vers 3- wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle, sodat julle ook gemeenskap met ons kan hê en ons gemeenskap is met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus... Daarom geliefdes, dat as ons met hierdie reeks uit die Johannes-brief mag vorder, dan word ons gewaarsku teen dinge wat so reg en mooi mag lyk, maar wees maar altyd versigtig, daar is dodelike dwalings in die wêreld maar veral ook in die kerk. Ons erken dat klein bietjie gif reuse en ernstige gevolge kan hê. Ons wat weet dat ons uit God is, ons besef die wêreld lê in die Bose- onthou 1 Joh. 5:19- maar ons wil ons belydenis oor Jesus Christus al duideliker en duideliker formuleer. Johannes werk met baie verfynde taal as dit gaan oor Wie Jesus Christus vir ons is. Ons sal by die Nederlandse Geloofsbelydenis vandag ook nog weer hierby wil kom. Om Nagmaal te vier moet ons belydenis oor die Christus, oor Wie Jesus Christus werklik is, moet ons Hom reg ken, reg bely. Waar ons vandag maar die eerste 10 verse van hierdie pakkende brief gelees het, laat vers 6 by ons duidelik vassteek- 6 As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie. 7 Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar... Ons moet deur mekaar se nood aangespreek voel, ons kan nie verby mekaar leef asof elkeen

6 maar net vir homself moet sorg nie. Asof ek nie nodig het om wat die liggaamlike betref na mekaar om te sien nie. In die lig van God moet daar na mekaar gekyk word. So kom jy eintlik by jouself uit. Ek wat myself moet sien in die spieël van ander mense. Wanneer ek ander mense in hulle lewe kan bly maak, dan sal ek ook bly raak. As jy daarop uit is om ander ongelukkig te maak, om ander te verkleineer en te vertrap, kyk maar hoe ongelukkig sal so n mens op die einde nie oor homself/haarself wees nie. Alles behalwe dit wat ons teksverse sê daar sal geen volkome blydskap wees nie. Terwyl een groot doel van hierdie brief is, dit wat die Engelse spreekwoord ook sê- Do good, feel good... Laat jou blydskap volkome word... Ons kan baie konkreet na die lewe van Kain gaan kyk. Hoor die vraag wat die Here hom in Gen. 4:6-7 vra- Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang? 7 Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers. Daar is sekerlik niemand wat soos n Kain by volgende Sondag se Nagmaal wil kom aansit nie. n Mens mag nie maar sommer maak soos wat jy voel nie. Eers die regte optrede, doen goed...dan volg die vrede en blydskap van daarúít voort. Luister weer mooi wat die Here vir Kain sê... 7 Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie die sonde lê en loer voor die deur. Kain het nie by goeddoen, by die regte optrede begin nie, nee, Kain het sy gevoel gevolg en dit met die mees tragiese gevolge. Dis altyd verskriklik om te weet die heel eerste moord op aarde is in die kerk, met kerklike gevoelens, offergevoelens bedink. Die heel eerste moord het op godsdienstige terrein plaasgevind, waar gevoelsgodsdiens nog altyd van die gevaarlikste kan wees wat daar is. Die selfmoord-bomplanters in ons tyd, hulle is meegesleur deur verkeerde idees rondom gevoelens. Dit gee geen regte blydskap, nog minders enige blywende blydskap in lyn met wat Johannes skrywe dat julle blydskap volkome kan wees. Na Kain se moord deur sy gevoelens aangevuur worstel hy met die grootste minderwaardigheidskompleks! Nou voel hy hom so bedreig deur alles en almal. Almal wat my nou sien gaan my doodmaak. Ja, hy voel skielik so jammer vir homself, wat natuurlik n diepere kanker vir blydskap word. Hierdie gevoel van minderwaardigheid vreet blydskap op dat daar niks van oorbly nie.

7 Terwyl wat ons vandag by hierdie voorbereiding mag ontvang om wel ook by die Nagmaal uit te kom, is die vaste en blywende grond van wie uit God is, kan bly wees. Wie uit God is ken Jesus Christus, Hy die enigste vaste grond, die enigste rede dat daar vir ons in hierdie wêreld blydskap kan wees. In Nehemia 8:11 sê die Here daar ook iets baie belangrik. Die blydskap van die Here- dit is julle beskutting. Met hierdie blydskap kon Nehemia die volk aanspoor om die puin van Jerusalem en die stukkende tempel weer op te bou. God se Woord deur sy asem gevorm moet jou aanblaas, aanvuur, dat ons ook in hierdie blydskap volgende Sondag na sy tafel mag kom. Ware blydskap begin by God, dit begin by hom hom/haar, uit God gebore, ja onthou elke keer as ons die brief van Johannes oopslaan gaan dit oor dat ons wat weet dat ons uit God is en dat die wêreld, dat die hele wêreld in die mag van die Bose lê. Uit God is blydskap nie n gevoel nie, nee dit staan op n vaste grond, dit is jou anker in Christus. Blydskap wat dan eindig in die besef van wat het ek nie alles ontvang waarvoor ek God dankbaar moet wees nie. Dit gee ruimte en bevryding, op die einde is blydskap wel ook n gevoel, ja dit kan nooit as n gevoel begin nie, maar dit eindig in die gevoel van ek is werklik bevoorreg om hier te mag wees, om n kind van God te mag wees, om weer aan sy tafel te mag aansit. AMEN