Hartklop. van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

n Prins word die Skaapwagter

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Hartklop. van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Van Vervolger tot Prediker

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Community of Practice

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

OKTOBER Wees LIG! HARTLIK WELKOM!

MOTHEO/XHARIEP HOëRSKOLE ATLETIEK MOTHEO/XHARIEP HIGH SCHOOLS ATHLETICS

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Les 6 vir 10 November 2018

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Addendum A Consent form

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Ook te koop by Kerkkantoor: Anna se organiese Hanepoot Korrelkonfyt: R20 per potjie. Geliefde Lourensrivierder

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Die maan en sy rol in ons wereld *

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Lukas 4: Agtergrond

Die betekenis van die kruis (1)

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Berribrokkies Nuusbrief van Fred en Paula Berrington Posbus 739, Groot-Brakrivier, (Fred) (Paula) Mei 2014

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

As-Woensdag. Baie welkom in die 46 dae lydenstyd Taizè-musiek bring ons in die stemming om na God, na onsself, na mekaar en na ander te luister

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

Pretoria- 23 Junie 2012

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

G E L O O F F A I T H GOD SE UITNODIGINGS POSBUS 232, BALLITO, 4420 TEL: (032) / FAKS: (032)

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

Waar is God as ons swaarkry?

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Jaargang 6 Uitgawe 27 HARTIES NG GEMEENTEBLAD November 2017

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

DAG 85-Voorwaardes vir Herlewing: DOEN

G E L O O F F A I T H. God se Woord oor Genesing POSBUS 232, BALLITO, 4420 TEL: (032) / FAKS: (032)

Transcription:

Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 28 JUNIE 2015 Wees Lig! HARTLIK WELKOM Ons soek almal na geborgenheid. Ons soek n hand om ons vas te hou as ons by die afgrond staan. Ons soek n hand om ons op tel as ons nie meer kan nie. Ons soek n hand om aan vas te hou. Daar is egter een tergende vraag wat by baie moed-verlorenes spook, en dit is: Waar is God se hand? God se hand het Moses nie gehelp om die Beloofde Land binne te gaan nie God se hand het Dawid en Batseba se pasgebore seuntjie nie laat lewe nie God se hand het Sy volk nie van die Babiloniërs verlos tot Habakuk gebid het nie God se hand het Paulus nie van sy doring in die vlees genees nie God het nie die smartlike lydensbeker by Sy Seun weggeneem nie - Jesus moes dit ledig En vandag nog vra baie moed-verlorenes waar is God se hand...? Maar dit is nie die volle waarheid nie. God se hand was nog altyd daar. Ons sien dit net nie raak nie. As ons n hand soek, stuur God nie n wolk of vuurvlam nie, maar n vriend. Die Here stuur vriend en vreemdeling om vir ons hand te kom gee. Hulle gee jou n hand. Jy vat die hand. En dan gaan jou oë oop. Jy vat inderwaarheid God aan die hand... Nee, Hy vat jou aan die hand! En: met Sy hand droog Hy selfs jou trane af. Onthou net: Daar is altyd n Hand wat jou vashou wanneer jy dink jy val! En dit is die sterkste Hand van almal! Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 5 JULIE DR CLIFFORD HEYS Lees die verhaal van die Emmaüsgangers in Luk. 24v13-35 Teken die prentjie: Twee terneergedrukte dissipels. Jesus is dood. Daar is geen hoop meer nie. Dan verskyn n Vreemdeling wat saam stap. En dan kom die openbaring: Hierdie vreemdeling is Jesus! Vraag 1. Wat maak jou tranerig (soos n kind se ongeluk?) Vraag 2. Kon jy al vir Jesus deur jou trane raak sien? (in wie se gedaante?) Vraag 3. Watter formaat neem jou gebede aan woorde, versugtinge of trane..? Vraag 4. En as Jesus nie gee presies dit waarvoor jy gevra het nie? (word alle gebede beantwoord?) Clifford wil volgende Sondag hierdie pad met u saamloop. NS: Dit is n misverstand om te dink dat die goeie en gelowiges mens altyd voorspoedig moet wees. Kyk net na Jesus. Voorspoed was nog nooit n bewys van God se guns nie. VANOGGEND SE DIENS (DS MICHIEL DE KOCK) Die werklike lewe vandag (Kol 3:1-17) Gemeente, wat n grootse besef: Die opstandingslewe in Jesus Christus is die werklike lewe vir God se kinders. Vandag, nou! Dis wat Kol. 3 vir ons leer. Julle het dit, julle kan dit lewe. Soos Pieter Badenhorst vir ons gesê het, julle hoef nie te probeer om dit deur allerlei menslike pogings te kry nie. NEE, in Christus het die sonde en die negatiewe geen houvas meer op ons nie, en het ons die oorwinningskrag en die oorwinningslewe vir elke dag. Ja, nou in 2015, met al sy uitdagings en geleenthede hier in Suid Afrika, lig die Heilige Gees ons op. Hoor hoe mooi stel die Message dit: Your new life which is your real life, is with Christ in God. Kom ons kyk as Koningskinders saam met ons Here en deur Sy oë na alles en almal om ons, sodat ons met MOED en HOOP kan lewe en bokant omstandighede kan uitstyg. Sodat God se lig helder kan skyn en mense na Hom toe kan trek, want die Heilige Gees inspireer ons om geleenthede vir God en vir God self, in die moeilikste omstandighede raak te sien. GOD SEËN U. Michiel. SONDAGMIDDAE SAAMKUIER OM 15:30 DIENSSENTRUM Vir alle 50 plussers. Nie seker wat om met jou Sondagmiddag te doen nie? Lus vir gesels en lag en kuier? Kom geniet die geselskap en n heerlike koppie tee/ koffie. Mans en vroue, enkel of getroud u is almal baie welkom. Vir enige navrae: Hannie Koch 028 316 1595 / 081 271 2290 DEURKOLLEKTE VANDAG Sin Koll: Ramot Baie dankie vir u ondersteuning en gebede. Waardering.

ONS BID VIR... VERSOEKE Annette 072 903 9189 NOODKETTING Sheila 084 800 0947 Sarie van Staden Willie Smit Susan Matthee André van der Spuy Marichen van Wyk Martha Swart Drienie Roux Benjamin Heys (Dr Clifford en Mattie Heys se kleinseun) Freda du Toit SPESIALE GEBED Ons bid spesiaal vir alle bejaardes in n siekeboeg. Ons bid ook vir hul versorgers. Vader, ons bid ook vir al die kinders en onderwysers tydens die vakansie. Wil U hulle seën en veilig hou in hierdie rustyd. Dankie dat U alomteenwoordig is en dat ons altyd volkome op U kan staatmaak. Ons eer u as die Vader wat sorg! MA. 29 JUNIE DI. 30 JUNIE WO. 1 JULIE DIENSSENTRUM: Indien u belangstel om u hare te laat sny (mans en vrouens), droogblaas, krullers indraai (set) ensovoorts kontak vir Ester du Toit by 028 316 2229 of 083 407 7973 en maak n afspraak. Liewe Vader, as hartseer, teleurstelling, mislukking of verlies vandag op my wag, help my om nie tou op te gooi nie, en nooit te wanhoop nie, want U is my Hoop. U is my Troos en U is my Beskermer. SOPKOMBUIS 10h00: Kom wees kreatief en geniet dit! Kom sluit aan en werk lekker saam. Kontak Joan of Hannie by die dienssentrum (028 316 1745). NAALDWERK: Ons het n reparasie/ hersteldiens by die dienssentrum. Indien n broek/romp/rok te groot of te klein is kom gee die kledingstuk op n Dinsdag (9h30-10h00) in by die dienssentrum. Ons sal dit teen n geringe bedrag vir u regmaak. Skakel vir Rita (028 316 2981) en bespreek. Here ons God, uit U Woord lees ons hoe U saam met Abraham, Isak en Jakob n pad gestap het. Ook vir ons het U al groot dinge gedoen. U verander swaarkry so onverwags in vreugde dat dit onwerklik voel. Dankie Vader, vir U liefde en genade. 24EEN GEBEDSWAG VANDAG DIENSSENTRUM: 08:00 Voete & hande versorging. Maak asb afspraak by Marilyn (082 532 6931). 10h00 13h00 DIENSSENTRUM: Kunsklasse. Kontak asb vir Hannie Koch by 028 316 1745 vir besprekings. *** Daar is weer 4 plekke beskikbaar vir die oggendklasse. Kontak gerus vir Hannie. 10:00 TRIMGIM 11:00-13:00 Die KLEREKAS is gesluit tydens die vakansie. Vader, herinner ons deur U Gees, aan die kruis waar u Kind bewys het wat die omvang van U liefde is. Hoe naby en beskikbaar U vir ons is. Vergewe ons onverskilligheid teenoor U, en gee ons die genade om U altyd te raadpleeg. DO. 2 JULIE VR. 3 JULIE SA. 4 JULIE 10h15: Kom SPEEL LEKKER SPELETJIES saam met Joan en Kosie en geniet 'n koppie koffie/tee terwyl u speel. 09:30-11:30 Die KOLWYNTJIE TEETUIN Kom geniet n heerlike kuieroggend saam met ons! Almal baie welkom. GOD VAN WONDERS Uit die chaos van my dae skep U harmonie en vrede. God, ek verwonder my oor U. God van liefde, ek aanbid U. 10:00 GEBED in die Gebedskamer. Here Jesus, U het in die stofpaaie geloop, en tussen gewone mense geleef. Ek bid dat U, met my alledaagse take en eise van die lewe, vir my tot inspirasie sal wees. En dat ek in U voetspore sal volg. Vader, laat my vandag leef, dat, wanneer ek aan die einde van die dag kom, nie hoef skaam te wees oor my optrede teenoor my gesin en ander mense. Here, maak my n skitter-helder lig om vir U ten alle tye, te skyn. WAT GEBEUR ALLES SONDAG 5 JULIE? 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens. U is welkom. 09:00 EREDIENS Dr Clifford Heys gaan voor. WYKE DIENSBEURTE Gebed (Gebedskamer) (Wyk 33) Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 24) GEEN KATEGESE (SKOOLVAKANSIE)

GEBED OP SONDAE VOOR DIE EREDIENS Die gebedskamer sal elke Sondagoggend oop wees van 08h30 vir gebed. Almal wat graag voor die diens wil saambid is baie welkom. Ons bid vir die leraar van die dag, vir die erediens en vir elke persoon om duidelik God se stem te hoor. Kom bid asb saam met ons! Vir navrae, kontak vir Annette McMillan by 072 903 9189. KOLWYNTJIE-TEETUIN VRYDAG 3 JULIE 9:30-11-30 Bring vriende saam en kom geniet te ete en te drinke vir net R30. Lede net R20! ALMAL IS MEER AS WELKOM! Mmmmmm... DIE PAD VORENTOE VIR ONRUSRGEMEENTE Verlede week het u die inligtingsblad ontvang ivm die moontlike beroep van n nuwe leraar vir die gesinne. As u dit nog nie ontvang het nie, dit is beskikbaar by die kerkkantoor. Ons is steeds in afwagting en gebed en wil ook baie graag enige terugvoer en kommentaar van u hoor. WAARVOOR BID ONS IN HIERDIE WAGTYD? Ons wag op die Heilige Gees om ons gedagtes in eensgesindheid te rig. Ons bid om n nuwe Visie op die Koninkryk van God en Sy roeping vir Onrusgemeente. Ons bid dat die Heilige Gees ons as gemeente inspireer en dat ons Sy stem baie duidelik sal hoor. Dat die hele gemeente vrede sal hê en oop sal wees vir Sy leiding ook tov fokus punte en bedienings behoeftes Ons bid om n duidelike, eensgesinde antwoord en n bereidwilligheid om God te gehoorsaam en onsself daarvoor te gee. Mag ons almal saam as Vader se span in Onrus opnuut opgewonde raak oor hierdie groot uitdaging. Indien u enige navrae of kommentaar het, bel asb of epos dit asb na: Piet van Zyl 082 339 9871 / vanzylhome@vodamail.co.za Dr Wilhelm Burger 083 448 1651 / wb@ngkonrusrivier.co.za Ds Michiel de Kock 083 468 8194 / mdekock@ngkonrusrivier.co.za Baie dankie dat ons saam as familie in Christus hieroor kan bid en hoor wat die pad vorentoe vir Onrusgemeente moet wees. Heerlik saam gekuier met vriende rondom 'n pragtige verjaardagtafel by die KOLWYNTJIE! NUUS VAN DIE DIENSSENTRUM BAIE BELANGRIK: ALLE NAVRAE OOR DIE DIENSSENTRUM, alle inbetalings en gelde van die dienssentrum word nou by die dienssentrum self hanteer LET WEL vanaf Maandae tot Vrydae van 09h30 12h30. Ons nooi u uit om ledegeld vir 2015 te betaal by die dienssentrum. U sal ook sien dat ons vir die eerste keer in twee jaar van die fooie opgestoot het. Ons moet ongelukkig ons uitgawes dek en dit raak ook stelselmatig meer. Dienssentrum telefoonnommer: 028 316 1745. OPPASDIENS BY DIENSSENTRUM: Indien u graag dorp toe wil gaan of dalk n ander afspraak moet nakom, maar u is bekommerd om u moeder/vader/eggenoot by die huis te laat is u welkom om die persoon by die dienssentrum af te laai. Gewillige hande sal die persoon versorg. Die diens is op die oomblik gratis vir lede beskikbaar vanaf 09h00 12h30 van Maandae tot Vrydae. Skakel Joan of Hannie om te reël by 028 316 1745. Dankie aan die pragtige sangers verlede Sondag. Julle het soos engeltjies gesing! DIENSSENTRUM KLINIEK: Daar is besluit dat ons voortaan 'n fooi van R10 gaan hef vir enige besoek aan ons kliniek. Dit sluit in bloeddruk, suiker, inspuitings, wonde versorg ensovoorts. U kan die dienssentrum skakel by 028 316 1745 en 'n afspraak maak om sr. Calitz te sien.

GESAMENTLIKE GEBED VAN DIE NGK & VGK GEMEENTES WOENSDAG 1 JULIE 2015 HEER, ek hoor van ryke seën LORD, I hear of showers of blessing wat U uitstort vol en vry Thou art scattering full and free, soos 'n sagte, milde reën: Showers the thirsty land refreshing, stort u druppels ook op my Let some drops descend on me Ook op my! Ook op my! Even me! Even me! Stort u druppels ook op my! Let some drops descend on me. DIE HERE BESOEK MENSE!? Josua 5 : 13 15 Besoek die Here nog mense? // Wat sê u? // In die Ou Testament lees ons baie keer daarvan // Dit was voor Jesus se geboorte, ja. // Kom ons kyk na 'n paar kere wat dit gebeur het : (As u tyd het is dit goed om die Skrifgedeeltes te lees.) : 1. Abraham Gen 18 - drie mans besoek hom by die bome van Mamre en twee belangrike aankondigings word gemaak Isak se geboorte en die vernietiging van Sodom en Gomorra. 2. Jakob Gen 28 : 13 22 droom by Bet-el / God se belofte aan hom / sy belewenis van God se teenwoordigheid en sy antwoord // Jakob se worsteling by Jabbok Gen 32 : 22 32 Jakob word geseën en die benaming van Pniël. 3. Samuel 1Sam 3 God roep na hom in die tempel. 4. Josua 5 :13 15 Opdrag oor Jerigo 5. Maria (Nuwe Testament) Luk 1 : 26 38 Het u opgelet hoe die Here die mense besoek het? 1. Hulle het duidelik geweet dit is Hy wat hulle besoek het. Hulle het Hom herken, behalwe Samuel wat toe nog nie van Hom gehoor het nie. 2. Hulle het 'n gesprek met Hom gevoer. 3. Dit was verstaanbaar en duidelik. 4. Hulle het gereageer. 5. Dit was tot seën vir hulle. Ons soek almal na 'n God wat naby is en luister. God het in die OT-tye self na sy mense toe gekom en Hom in liefde aan hulle verbind. Sy liefde dryf Hom om te luister en te help. In ons tyd is Jesus die plek waar ons God die Vader vind. In Hom het ons 'n liefdevolle Vader wat luister en help. Die voorwaarde bly egter dat ons soos Israel van ouds God se wil (Sy voorskrifte, bevele en bepalings) nakom. Dit het nie net in die Bybel se tyd gebeur nie! Ons het so pas Pinkster gehad. Het die Gees nie dalk vir u besoek en met u gepraat nie? Het u Hom herken? Het u gereageer? Wat was u gesprek met Hom na die tyd? Wat 'n voorreg het ons nie almal beleef nie! Ons getroue en betroubare Vader het ons nie alleen gelos nie! Ons kan nou die oorvloedige lewe lei! (soos Dr Van Schalkwyk sal sê Baai onder die 'sproeireën' van die Gees.

VOOR ONS BID BELY ONS Hosea 14 : 3 Bely julle sonde en kom terug na die Here toe. Sê vir Hom : 'Vergewe tog al ons sonde en neem ons belydenis aan. Ons bely teenoor U : -----' GEBED Bid asb vir Godsdiensvryheid in skole. {Die Organisasie vir Godsdienste -onderrig en Demokrasie het 'n hofinterdik aangevra vir die beëindiging van godsdienstige projekte by skole onder staatsondersteuning --- soos saalopening met Bybellees, bid en gewyde sang; en die inperking van idividuele geloofsoortuigings van leerders en opvoeders.}--bron Die Kerkbode Bid asb vir die ministers (by naam) in ons regering. Bid dat elkeen in 'n persoonlike verhouding met die Here Jesus sal kom. Bid dat die Heilige Gees hulle sal lei om die liefde van God in elke dag se werksituasie en besluite, in te bring. In Hermanus het ons ook nou 'n Islamietisie Moskee. Vanaf 18 Junie tot 17 Julie is die 30 dae van gebed vir die Moslem- wêreld (Ramadaan). Bid vir Moslem-mense wat 'n behoefte het om meer van Jesus te verstaan dat hul inligting oor Hom in die hande sal kry. Bid vir Ayman Rabaie al-zawahiri leier van Al-Qaeda wat homself iewers in Pakistan versteek. Bid vir sy verlossing en die van sy huishouding en almal onder sy leiding. Bid vir talle opkomende Islamitiese bewegings in Afrika dat hulle Jesus sal leer ken en verlos sal word. Bid dat die Here Moslems wat na Jesus toe kom, sal beskerm teen aanvalle van militante groepe. Bid dat Christen-gesinne sal volhard. Bid dat Christene aan Moslems God se liefde sal demonstreer. Bid dat in geslote lande mense Jesus deur drome, visioene en die Jesus film sal ontmoet. Bid ook dat satelliet-tevisie en radiobedieninge sal voortgaan om miljoene vir die Here Jesus te bereik. ONS PRYS DIE HERE VIR ELKE HART WAT NA JESUS TOE DRAAI!!!! ONS SLUIT AF MET Jesaja 30 : 19b Die Here sal jou genadig wees as jy na Hom roep om hulp, Hy sal jou gebed verhoor sodra Hy dit hoor. Vir enige navrae, versoeke of kommentaar, kontak asb vir Annette McMillan by 072 903 9189.

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K) 083 468 8194 mdekock@ngkonrusrivier.co.za DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K) 083 448 1651 wb@ngkonrusrivier.co.za DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 cliffordheys@hermanus.co.za VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl 082 339 9871 vanzylhome@vodamail.co.za EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633 evangelis.ngkonrus@gmail.com MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen 028 316 3115 (K) 079 322 0998 sorg@ngkonrusrivier.co.za KOMMUNIKASIE BEAMPTE Karin de Bruin 084 305 2086 kdb4jesus@ngkonrusrivier.co.za KERKKANTOOR ma - vry 09h00-13h00 Tel (028) 316-2116 info@ngkonrusrivier.co.za www.ngkonrusrivier.co.za ONTVANGS Mervian van der Merwe 084 875 7875 info@ngkonrusrivier.co.za REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312 fin4jesus@ngkonrusrivier.co.za ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759 admin4jesus@ngkonrusrivier.co.za KOSTER Hennie Davies 061 300 4577 Vir navrae en kommentaar op die Hartklop hartklop@ngkonrusrivier.co.za (Advertensies sluit Dins 12:00) KOSPAKKIES 20 JULIE DV Ons benodig nog TAMATIESOUS en SOPPOEIER. Baie dankie vir mildelike bydrae's. ONS BENODIG ASB VLEIS SOPBENE vir die sop wat op Dinsdae gemaak word. Bring asb na die kombuis. Die dienssentrum BENODIG VRYWILLIGERS om te help met die administrasie - telefoon te beantwoord, nuwe lede te ontvang en te help met navrae, tee te maak, oop te sluit, inbetalings te ontvang ensovoorts. Kontak asseblief vir Joan of Hannie by 028 316 1745 indien u belangstel om te help. Ons benodig 'n GOEIE REKENAAR by die dienssentrum. Indien iemand dalk vir ons 'n rekenaar/laptop wil skenk kontak vir Joan en Hannie by die dienssentrum. boek wees KOLWYNTJIE-TEETUIN RESEPTEBOEK R80. Kontak Marie 028316 4018 vir meer besonderhede. DS MICHIEL IS MET VERLOF vanaf 29 Junie tot 20 Julie. Ons bid hom en Dawn n baie geseënde rustyd toe. Vir enige pastorale hulp, kontak asb vir Dr Wilhelm Burger. BYBELSKOOL Ons het gesluit tot DV 5&6 Augustus. Johan van Schalkwyk begin dan met ons nuwe reeks. PARFUUM-UITSTALLING 3 JULIE 9:30-11:30 Kom ervaar die welriekende geure van Rouelle Parfuum van Marlene by ons KOLWYNTJIE. Baie bekostigbaar! ONSTEATER WO. 8 JULIE 14:30 FILM: PRETTY WOMAN Kom geniet hierdie mooi fliek van JULIA en RICHARD GEERE! Slegs donasie. Learn to Earn HERMANUS: TECHNICAL SKILLS TRAINER. We require an experienced Trainer to take responsibility of the Technical Skills Class at our Hermanus Branch. Requirements: Hold to LtE s statement of faith and be an active member of an evangelical church. Be in possession of a relevant certificate or diploma as a facilitator and relevant technical skills training. Ability to work interculturally. Applications and enquiries can be e-mailed to Martin Isaacs on hermlte@learntoearn.org.za Volle boekhoudings- / rekenmeesters- / oudit- / en belastingdienste. Boedelbeplanning en boedelbereddering. Jou 1-Stop finansiële diensteverskaffer. Tel: 028 2121159 Sel: 083 258 4990 Email: admin@csca.co.za Die Enlighten Education Trust het 'n skenking ontvang van 5 duvets (dubbelbed) en 13 kussings vir een van hulle crèches. Hulle benodig mense wat kan help om OORTREKSELS VIR DIE BEDDEGOED TE MAAK. Indien u belangstel kontak vir Magriet Peter by 028 313 0974. WINTERPROJEK Dit is Winter en die barmhartigheidsbediening vra u om te help met die volgende produkte vir ons Winterprojek: lyfseep (soos Lux of Palmolive), lyfroom (soos Vaseline Care) en babapoeier. Ons wil graag die produkte teen einde Julie gaan uitdeel by Huis Lettie Theron en Sofca. U kan die produkte by die kerkkantoor kom inhandig. Baie dankie by voorbaat vir elke seep, room of poeier wat aangekoop word! SPOELKLIPPE VRYDAG 17 JULIE DV 17:15 Sop met broodjies 18:00 Skyfievertoning van WICUS LEEUWNER. Moenie hierdie UITSONDERLIKE skyfies met MUSIEK misloop nie! Slegs donasies. Kontak:Joep 028 316 4018 SPOELKLIPPE-UITSTAPPIE 1 OKT DV DIT WAARVOOR ALMAL GEWAG HET!! Busvervoer na Twee Oseane Akwarium vir die EERSTE 60 PERSONE WAT BETAAL! R140 (Busbest fooi ingesluit). Toegang by Akwarium R102 vir pensioenaris en R131 nie-pensioenaris. Middagete is ongeveer R80. Busvervoer betaalbaar VOOR 31 AUG by Kerkkantoor. Joep 028 316 4018. MENGELMARKIE Weer op Sat 4 Julie 2015 by die De Wetsaal, Roosstr. Onrusrivier. Kom vroeg, snuffel rond en kry iets lekker vir die naweek! ONTHOU! HUIS LETTIE THERON BASAAR, SATERDAG 25 JULIE 2015 OM 09H00, in die Grobbelaarsaal, Hermanus. Ons benodig donasies vanaf kontant, gebak soos koeke, beskuit, koekies, brood en nageregte tot wit -olifant-items (skakel en ons sal kom afhaal) asook leë 2L roomysbakke. Alle donasies welkom. Plaas op basaarlyste in sirkulasie of lewer af by die tehuis voor die basaar. Byvoorbaat dankie vir u bydraes en ondersteuning asook op die Saterdag van die basaar. DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier Bank: ABSA Rek. 406 215 2718 SENDING Geloof Belofte Offer Bank: ABSA Rek. 916 9799 886