PRO REGNO. Inhoud APOLOGETIEK: WATTER METODE?

Similar documents
1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Les 6 vir 10 November 2018

n Prins word die Skaapwagter

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Van Vervolger tot Prediker

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Die betekenis van die kruis (1)

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Die maan en sy rol in ons wereld *

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Pretoria- 23 Junie 2012

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Catharina Maria Conradie

GEGROND IN TORAH. Alvorens daar met die nuwe siklus van Parashah HaShuvua begin word, moet helderheid oor sekere basiese begrippe eers verkry word.

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Waar is God as ons swaarkry?

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Hartbeespoort Christen Gemeenskap : Evangelisasie-Dissipelskap kursusnota s DISSIPELSKAP OPLEIDINGSPROGRAM.

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

TORAH (WET) EN GENADE. LES 6 (Deel 3): HOORDERS EN DADERS VAN TORAH

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Bybelse Dissipelskap Reeks

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

BLAAS DIE BASUIN GEREFORMEERDE KERK DASPOORT Jenningstraat 728, Daspoort Leraar: br Cobus Rossouw

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

*3-9 Maart. Die funksie van rentmeesterskap

Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn. Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: Tema: Die agterstevoor evangelie

Preek-notas: Romeine 3:21-31

NEW INTERNATIONAL VERSION

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

OM TE JUDAÏSEER. In Skriftuurlike verband beteken Judaïseer egter om n Jood (Joods) te word soos ondermeer volgens Ester 8:16 en 17 duidelik is:

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

AS HERMENEUTIESE RAAMWERK VIR. Voorgelê ter vervulling van die vereistes vir die graad DOCTOR DIVINITATIS

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Mark 10:1-12. Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike.

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

102 Beswaarskrif Joy Mansfield

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

'N NUWE LEWE VAN VREDE MET GOD. Deur: JNS (Kobus) Pretorius BTh(Hons)

Transcription:

PRO REGNO Daarom, omdat ons 'n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees. Hebr.12:28 Nommer 15 - Vir die Koninkryk - 1 Junie 2010 AD Inhoud - Twee apologetiese metodes en bronne 1 - Christelike Apologetiek (dr. Greg L. Bahnsen): Beroof deur neutraliteit; Die immoraliteit van neutraliteit; Die karaktertrekke van ongelowige denke 4 APOLOGETIEK: WATTER METODE? Die woord apologetiek kom van twee Griekse woorde apo (terug) en logos (woord), wat dus beteken om n (ant)woord terug te gee. Christelike Apologetiek is daarom die verdediging en bevestiging (d.w.s. die antwoord) van die Christelike geloof en lewensbeskouing teenoor ander gelowe, filosofieë en wêreldbeskouings. Onder Christene is daar egter n verskil oor die spesifieke apologetiese benadering (metode) wat gevolg moet word, wat volgens sommige n groot verskil maak oor hoe ons die ongelowige (hetsy die liberale teoloog of ateïstiese wetenskaplike) gaan benader. Die een benadering is die evidentiële (bewysende) apologetiese benadering, en die ander die presupposisionele (voorveronderstellende, aksiomatiese, basiese aanname) apologetiese benadering, wat ek gerieflikheidshalwe afkort as die EAB en die PAB. Die EAB probeer die ongelowige oortuig deur hom te wys op al die bewyse wat daar is ten gunste van die Christelike geloof, bv. oor God se bestaan of die letterlike historiese opstanding van Christus. Ten einde sal die EAB vir die ongelowige wil wys dat die mees sinvolle verduideliking vir die mens en die kosmos se bestaan, die Christelike geloof is, soos daarvan getuig word in die Skriftuur en natuur. Bekende verteenwoordigers: Thomas Aquinas, BB Warfield, Charles Hodge, Edward Carnell, Josh McDowell,, Norman L. Geisler, RC Sproul, William Lane Craig, JP Moreland. Sien die volgende kritiek van hierdie benadering: The Resurrection of Thomism, by http://www.reformed.org/ Pro Regno nr.15 1 1 Junie 2010

Die PAB daarteenoor, wil die ongelowige daarop wys dat die lewe alleen sin het, omdat die Christelike geloof waar is. Daar word voorveronderstel dat God bestaan en die Bybel waar is, en dat dit die enigste ware verklaring is vir die mens se lewe en denke. Denke, logika, moraliteit kan nie sinvol verduidelik word sonder die bestaan van God en sy Openbaring nie. Bekende verteenwoordigers: Abraham Kuyper, Herman Bavinck, Cornelius van Til, Gordon Clark, Greg Bahnsen, Robert L. Reymond, John Frame. Die verskil tussen hierdie twee benaderings kan as volg saamgevat word: Evidentialism reasons for or to Christian truths; presuppositionalism reasons from Christian truths. (HW House & JM Holden, Charts of Apologetics and Christian Evidences, Zondervan, 2006, chart 9) Sien ook hierdie artikel wat n balans tussen die twee benaderings probeer vind: http://www.yutopian.com/religion/theology/apologetic.html Dit blyk dat daar by die evidentialiste n onderliggende voorveronderstelling is dat as hul genoegsaam en deeglik genoeg die bewyse aan die ongelowige voorhou, dit hom sal oortuig. Die PAB is meer konfronterend en antiteties. Hierdie benadering ontken nie die getuienis van God in die natuur en Skriftuur nie, inteendeel, dit begin met daardie voorveronderstelling dat God Hom in die mens, natuur en Skrif nie onbetuig gelaat het nie (Ps.19; Rom.1; sien ook NGB artikel 2). Maar, baie belangrik, as gevolg van die sondeval (totale verdorwenheid = al die mens se gereedskap is aangetas deur die sonde) onderdruk die gevalle mens hierdie waarhede, misbruik dit, of verdraai dit, en daarom moet die ongelowige daarop gewys word dat ook sy redenasie gereedskap deur die sondeval aangetas is. Die sondige gevalle mens gebruik nie meer sy verstand om agter God aan te dink soos hy hoort nie (2 Kor.10:4-6), maar juis om God te ontken en te verwerp (Rom.1:18-32, veral vers 21), of die verstand as standaard of toetsteen te stel vir wat reg of verkeerd, moontlik is of nie, ens. Die EAB respekteer en aanvaar die ongelowige se neutrale (?) denke, terwyl die PAB in sy benadering nie net fokus op die bewyse/getuienis nie, maar ook op die aard, karakter en geestelike toestand van die ongelowige wat gekonfronteer word met God se natuur en Skriftuur. Die doel met hierdie paar opmerkings, is om mede-gelowiges aan te spoor om hierdie baie belangrike terrein en taak van ons Christelike geloof te bestudeer. Paulus skryf in Fil.1:7 van sy verdediging en bevestiging van die evangelie, dat ons die geeste moet onderskei (1:10), dat ons moet waak teen wysbegeerte en nietige misleiding wat nie op Christus gebou is nie (Kol.2:8), dat ons elke gedagte wat teen God se waarheid ingebring gevange moet neem (2 Kor.10:4-6), en het dit ook Pro Regno nr.15 2 1 Junie 2010

konkreet gedoen (bv. Hand.17:15ev die Areopagus konfrontasie). Petrus roep ons ook om ons geloof te verantwoord (1 Petr.3:15) terwyl Johannes ons oproep om die geeste te onderskei (1 Joh.4:1). Met ons SA samelewing wat veral sedert 1994 meer oop gegaan het wat ander godsdienste en lewensfilosofieë betref, lê daar n groot verantwoordelikheid op gelowiges om hulself en ander gelowiges toe te rus om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is (Judas 3), en dit op alle terreine van lewe en denke (1 Kor.10:31) Daar is baie apologetiese bronne beskikbaar, maar ek beveel die volgende bronne (persone, blogs en boeke) aan, as vertrekpunt, vanuit beide apologetiese benaderings, alhoewel ek van mening is dat die PAB die beter metode is: 1. Oorsig oor Apologetiek en Christelike Apologetiek http://en.wikipedia.org/wiki/apologetics http://en.wikipedia.org/wiki/christian_apologetics 2. Always Ready: Directions for Defending the Faith, en, Pushing the Antithesis, Greg L Bahnsen http://www.cmfnow.com/apologeticsgregl.bahnsen.aspx 3. n Paar apologetiese bronne: http://www.monergismbooks.com/home.php?cat=262 4. Gordon Clark http://www.trinityfoundation.org/ 5. William Lane Craig http://www.reasonablefaith.org/site/pageserver 6. Debat http://www.carm.org/apologetics-dialogues 7. Alpha and Omega Ministries http://aomin.org/ 8. Gereformeerde Apologetiek http://www.reformedfellowship.net/articles/vantil_apologetics_aprmay1951_v1_n01.h tm 9. Sien ook die reeks van artikels wat wys die band wat daar is tussen Apologetiek en die Skepping vs Evolusie debat Pro Regno nr.15 3 1 Junie 2010

http://www.answersingenesis.org/articles/2009/02/11/new-web-series-bahnsen-intro Hierdie reeks is bemoedigend, aangesien kreasioniste baiemaal aangekla word dat hul die skepping wil bewys, terwyl die teenoorgestelde waar is, ten minste wat reformatoriese kreasioniste betref. 10. Die verdediging van die Christelike geloof http://www.the-highway.com/defense_vantil.html 1. Beroof deur neutraliteit CHRISTELIKE APOLOGETIEK deur Dr. Greg L. Bahnsen 1... Om die verborgenheid te leer ken van God en die Vader en van Christus, in wie al die skatte van wysheid en kennis verborge is. Dit sê ek, sodat niemand julle mag verlei met drogredes nie.... Pas op dat niemand julle as n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewenng van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie. 2 Die pleidooi aan Christene om hul oor te gee aan neutraliteit in hul denke, is niks buitengewoon nie. Dit is egter nog steeds n aanval op die kern van ons geloof en getrouheid aan God. Somtyds word die eis om n neutrale standpunt te handhaaf, n geen verbintenis-houding tot die getrouheid en waarheid van die Skrif, ook gehoor op die gebied van Christelike geleerdheid (hetsy in geskiedenis, wetenskap, letterkunde, filosofie of wat ook al). Onderwysers, navorsers en skrywers word dikwels verlei om te dink dat eerlikheid van hulle vereis am alle duidelike Christelike standpunte opsy te skuif wanneer hulle n gebied bestudeer wat nie direk verband hou met sake van Sondag-aanbidding nie. Hulle redeneer dat waarheid, waarheid is waar dit ook al gevind word, daarom behoort n mens in staat te wees om waarheid te ontdek onder leiding van die befaamde Ieiers op hul gebied, selfs al is hul uitgangspunte sekulêr. Is dit werklik nodig om vas te hou aan die leringe van die Bybel, as jy n deeglike begrip wil vorm van die oorlog van 1812, die chemiese samestelling van water, die dramas van Shakespeare, of die reëls van logika. 1 Vrylik vertaal vanuit sy werk: Always Ready: Directions for Defending the Faith (Texas, Arkana: CMF, 1996), p.3-13. Sien: http://www.monergismbooks.com/always-ready-directions-for-defendingthe-faith-p-17156.html. Meer oor dr. Bahnsen: http://en.wikipedia.org/wiki/greg_bahnsen. Sien ook: http://www.cmfnow.com/bahnsenbio.aspx 2 Kol.2:3-8. Pro Regno nr.15 4 1 Junie 2010

So klink die retoriese vraag van dié wat geneig is om aan te dring op die neutraliteit van Christene wat werk op wetenskaplike terreine. Soms ontstaan die eis vir neutraliteit ook op die gebied van apologetiek (die verdediging van die geloof). Ons word vertel deur sommige apologete dat hulle alle aanhang (kontak) met die ongelowige wêreld sal verloor, as hulle die vraag na die betroubaarheid van die Skrif benader met n voorafbepaalde antwoord op die vraag. Volgens hierdie benadering moet ons bereid wees om die debat met die ongelowiges te benader met n wedersydse houding van neutraliteit - n niemand weet nou al nie - houding. Ons moet so min as moontlik veronderstel, word aan ons vertel, en dit beteken dat ons nie enige Christelike premises (voorveronderstellings) of Bybelse leringe mag veronderstel nie. Ander kere kom die pteidooi vir n neutratiteit in die denke van die gelowige met verwysing na skole. Sommige Christene voel dat Christelike skole nie werklik n dringende noodsaaklikheid is nie, dat sekulêre opvoeding goed is en net tuis aangevul moet word met Christelike gebed en Bybel lees. Die idee is dus dat n mens neutraal kan wees wanneer dit kom by opvoeding [onderwys]; dat jou Christelike geloof geen spesifieke sieninge hoef voor te skryf nie of n manier van leer oor mens en wêreld te dikteer nie. Ons word vertel dat die feite in staatskole dieselfde is as in Christelike skole; so waarom dan daarop aandring dat jou kinders onderrig word deur mense met n toegewyde geloof in Jesus Christus? So, op bogenoemde en baie ander maniere, kan ons sien dat die Christen opgeroep word om afstand te doen van sy onderskeie godsdienstige oortuigings, om dit tydelik op die rak te sit [die sogenaamde fenomologiese benadering? - SLC] om in sy denke n neutrale posisie in te neem. Satan sal graag wil hê dat dit moet gebeur. Meer as enigiets anders, sou dit verhoed dat die wêreld oorwin word om te glo in Jesus Christus, as Here. Meer as enigiets anders sou dit belydende Christene magteloos maak in hul belydenis, doelloos in hul wandel en hul ontwapen in hul stryd teen die magte en heersers van die duisternis in hierdie wêreld. Meer as enigiets anders, sou sulke neutraliteit heiligmaking in die Christen se lewe verhinder, want Christus sê van sy volgelinge: Heilig (opsy sit, afsonder) hulle in U waarheid. Onmiddellik het Hy voortgegaan en verklaar U woord is die waarheid (Joh.17:17). Wat sommige mense ook al mag sê met betrekking tot die eis vir neutratiteit in die Christen se denke - die eis dat gelowiges nie uitgesonder word van ander mense deur hul getrouheid aan God se waarheid nie - is die feit dat die Skrif skerp verskil van hierdie eis. In teenstelling met die eis van neutraliteit, eis God se Woord onvoorwaardelike trou aan God en Sy waarheid in al ons denke en wetenskaplike strewes. Dit word vir n goeie rede ge-eis. Paulus verklaar onfeilbaar in Kol.2:3-8 dat al die skatte van wysheid en kennis verborge is in Christus. Let op, hy sê alle wysheid en kennis lê in die persoon van Christus - of dit nou gaan oor die oorlog van 1812, die chemiese samestelling van water, die dramas van Shakespeare, of die reëls van logika! Elke akademiese strewe en elke gedagte moet verband hou met Jesus Christus, want Jesus is die weg, die waarheid en die lewe (Joh.14:6). Pro Regno nr.15 5 1 Junie 2010

Om Christus op enige stadium in jou denke te vermy, is om misleidend, vals en geestelik dood te wees. Om jou Christelike oortuigings opsy te skuif wanneer dit kom by die verdediging van die geloof of jou kinders na n skool te stuur, is om moedswillig weg te beweeg van die enigste weg na wysheid en waarheid wat gevind word in Christus. Dit is nie die einde of resultaat van kennis am die Here te vrees nie; die vrees van die HERE is die beginsel (d.w.s.die begin) van kennis (Spr.1:7; 9:10). Paulus verklaar dat alle kennis met Christus in verband gebring moet word, volgens Kol.2. Hy sê dit vir ons beskerming: dit is baie gevaarlik as ons nie die noodsaaklikheid sien van Christus in al ons denke nie. Daarom vestig Paulus ons aandag op die onmoonttikheid van neutraliteit sodat niemand julle mag verlei met drogredes nie. Ons moet eerder, soos Paulus vermaan, standvastig, bevestigend, gewortel en opgebou wees in die geloof, soos ons geleer is (v.7). n Mens moet voorveronderstellend verbind wees aan Christus, in die wêreld van die denke (eerder as neutraal) en stewig verbind wees met die geloof wat ons geleer is, anders sal die oorredende argumente van die sekulêre denke ons mislei. Daarom is die Christen verplig om die woord van Christus op elke terrein van kennis te voorvonderstel: die alternatief is misleiding. In vers 8 van Kol.2 sê Paulus: Pasop dat niemand julle as buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie. Deur neutraal te probeer wees in jou denke, word jy n eersteklas teiken om beroof te word - beroof te word deur nietige fitosofie - van al die skatte van wysheid en kennis wat alleen in Christus verborge is (v.3). Paulus verduidetik dat nietige filosofie dit is wat die wêreld navolg en nie vir Christus nie; dit is denke wat hul onderwerp aan die wêreld se eis vir neutraliteit, eerder as om voorveronderstellend toegewy en verbind te wees aan Christus in al ons denke. Is jy ryk aan kennis op grond van jou verbintenis met Christus in wetenskap, apologetiek en opvoeding, of is jy beroof deur die eise van neutraliteit? 2. Die immoraliteit van neutraliteit Alle skatte van wysheid en rykdom is te vinde in Christus: as n mens dus sou probeer om waarheid te vind sonder om hom te verbind aan die epistemologiese (kennisleer) outoriteit van Jesus Christus, sal hy beroof word deur nietige filosofieë en mislei word deur drogredes (sien Kol.2:3-8). Wanneer die Christen vakgeleerdheid, apologetiek en opvoeding benader, moet hy getrou weier om toe te gee aan die foutiewe eise van neutraliteit in sy intellektuele lewe; hy moet nooit instem om afstand te doen van sy onderskeidende religieuse opvattings tot tyd en wyl nie, so asof n mens daardeur onpartydig tot ware kennis kan kom. Die begin van kennis is die vrees van die HERE (Spr.1 :7). n Poging om neutraal te wees in jou intellektuele bedrywighede (ongeag of dit navorsing, argumentering, redenering of onderwysing is) kom neer op n strewe om die antitese tussen gelowige en ongelowige uit te wis. Christus het verklaar dat Pro Regno nr.15 6 1 Junie 2010

eersgenoemde van laasgenoemde onderskei word deur die waarheid van God se woord (Joh. 17:17). Hulle wat waardigheid in die oë van die wêreld se intellektueles wil verkry deur die kenteken van neutraliteit te dra, betaal die prys daarvan deur die weiering om deur God se waarheid ge-heilig (ge-onderskei) te word. Op intellektuele gebied word hulle in die wêreld opgeneem, sodat niemand die verskil kan sien tussen hulle denke en beginsels en die van die afvallige denke en beginsels nie. Die lyn tussen die gelowige en die ongelowige word verduister. Sulke gebrek aan onderskeiding in n mens se lewe sluit nie alleen ware kennis uit nie (Spr.1:7) en waarborg nie alleen nietige (sinlose) misleiding nie (Kol.2:3-5), maar is, om dit reguit te stel: immoreel. In Efesiërs 4:17-18 vermaan Paulus die volgelinge van Christus dat hulle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasheid van hul gemoed nie - mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart. Christengelowiges moet nie wandel, optree of lewe op n manier wat die gedrag van die ongelowiges naboots nie. Paulus belet die Christen om die ongelowige se dwaasheid van die gemoed na te boots. Christene moet weier om te dink of te redeneer volgens n wêreldse gedagte-raamwerk of uitkyk op die lewe. Die strafwaardige Agnostisme van die wêreld se intellektueles moet nie in Christene gekopieër word as sogenaamde neutraliteit nie: hierdie beskouing, hierdie benadering tot die waarheid, hierdie intellektuele metode getuig van n verduisterde verstand en n verharde hart. Dit weier om te buig voor die heerskappy van Jesus Chnstus oor elke terrein van die lewe, insluitende vakgeleerdheid en die wêreld van die denke. n Mens moet ten opsigte van sy denke hierdie basiese keuse maak: om deur God se waarheid geheilig (onderskei) te word, of om vervreem te word van die lewe van God. Dit kan nie beide wees nie. n Mens word afgesonder, gekant en, of vervreem van die wêreld, of van die woord van God. Hy staan in kontras met daardie intellektuele metode wat hy weier om te volg. Hy sal weier om of God se Woord te volg, of om die ydele (hoogmoedige) gedagte raamwerk van die heidene te volg. Hy onderskei homself en sy denke of deur kontras met die wêreld, of deur kontras met God se Woord. Die kontras, die antitese, die keuse is duidelik: word afgesonder (geheilig) deur God se ware en getroue Woord, of word vervreem van die lewe van God. Kies die sin (gees, gedagte) van Christus (1 Kor.2:16), of die verdwaasde gemoed van die heidene (Ef.4:17). Neem elke gedagte gevange tot die gehoorsaamheid aan Christus (2 Kor.10:5), of bly vyandig gesind (Kol.1:21). Hulle wat die intellektuele beginsel van neutraliteit en die epistemologiese metode van ongelowige vakgeleerdheid navolg, erken nie die heerskappy van God soos hulle veronderstel is om te doen nie en as n gevolg daarvan word hulle dwaas en verduisterd in hulle redenasies (Rom.1:21). Soos ons in Efesièrs 4 gesien het, belet Paulus die Christen om hierdie nietige gedagte-raamwerk na te volg. Paulus leer Pro Regno nr.15 7 1 Junie 2010

verder dat die gelowige se denke lynreg in kontras is met die oningeligte en verduisterde denke van die heidene. Maar julle het Christus nie so leer ken nie (vers 20). Terwyl die heidene oningelig (onkundig) is, is die waarheid in Jesus (vers 21). Anders as die heidene wat vervreem is van die lewe van God, het die Christen afstand gedoen van die oue mens en is vernuwe in die gees van die gemoed (vers 22,23). Hierdie nuwe mens is onderskeibaar danksy die ware geregtigheid en heiligheid (vers 24). Die Christen verskil totaal van die wêreld wanneer dit kom by intellek en wetenskap; hy volg nie die neutrale metodes van die ongeloof nie, maar het deur God se genade nuwe oortuigings en nuwe voorveronderstellings in sy denke. Daarom is die Christen wat streef na neutraliteit in sy denke, in werklikheid besig om hom te beywer vir die uitwissing van die feit dat hy n Christen is! Deur die ontkenning van sy onderskeidende religieuse oortuigings, word hy ingekort tot afvallige denkpatrone en geabsorbeer in die wêreld van ongeloof. Die poging om n kompromie te tref tussen die eise van die wêreldse neutraliteit (agnostisme) en die leerstellings van Christus se woord, lei tot die verwerping van Christus se unieke heerskappy deur die uitwissing van die groot kloof tussen die denke van die ou mens en die denke van die nuwe mens. So n kompromie is nooit moontlik nie. Niemand kan twee here dien nie (Matt.6:24). Dit behoort geen verrasing te wees dat, in n wêreld waar alle dinge deur Christus geskep is (Kol.1:16) en deur die woord van Sy krag gedra word (Heb.1:3), en waar alle kennis dus verborge is in Hom wat die Waarheid is (Kol.2:3, Joh.14:6), en Hy Heer moet wees oor alle denke (2 Kor.1 0:5), neutraliteit niks anders is as immoraliteit nie Wie dan n vriend van die wêreld wil wees, word n vyand van God. (Jak.4:4). Het jy die moed van jou Christelike oortuigings in vakgeleerdheid, apoloqetiek en onderwys, of probeer jy die kontras tussen Christelike denke en afvallige denke uitwis deur die eise van neutraliteit te volg? In n Bybelse perspektief gestel, kan hierdie vraag so geformuleer word: Werk jou denke onder die heerskappy van Jesus Christus of het jy n vyand van God geword deur neutrale, agnostiese en ongelowige denke? Kies vandag wie julle wil dien! 3. Die karaktertrekke van ongelowige denke In dele een en twee van hierdie studie het die diskussie van die eis vir neutraliteit in ons wetenskaplike, apologetiese of opvoedkundige strewes, gewys dat dit tot rampspoedige gevolge lei. Dit beroof n mens van al die rykdom van wysheid wat daar is. Tweedens, is daar gewys dat dit immoreel van karakter is om n neutrale posisie in te neem teenoor kennis, om toe te Iaat dat jou Christelike kenmerke afgewater, en dan finaal geïntegreer word in die rebelse wyses van die ongelowige Pro Regno nr.15 8 1 Junie 2010

denke. Laastens is daarop gewys dat dit in werklikheid vir die ware Christen onmoontlik is om neutraal te wees in sy intellektuele lewe, want so n neutraliteit in n Christen vereis n dualistiese verbintenis: aan die eenkant tot sekulêre agnostisme en aan die anderkant tot reddende geloof ( om twee here te dien ). Om terug te keer na Efesiërs 4 en Kolossense 2, laat ons vra wat die ware karakter van neutralistiese denke is. Watter soort van denke is dit wat homself nie fundeer op die leringe van God se Seun nie, en wat hom weerhou om die leringe van Christus voor te veronderstel? In Efesiërs 4 vertel Paulus ons dat -om die metodes te volg wat gedikteer word deur die intebbektuele siening van hulle wat nie in n reddende verhouding met God staan nie dieselfde is om n verdwaasde gemoed en n verduisterde verstand te hê (v.17,18). Neutralistiese denke word gekenmerk deur intellektuele nutteloosheid en onkunde. In God se lig is dit vir ons moontlik om die lig te sien (Ps.36:10). Om weg te draai van die intellektuele afhanklikheid van God se lig, die waarheid oor en van God, is om weg te draai van kennis na die duisternis van onkunde. Dus, wanneer n Christen sy wetenskaplike beoefening wil begin vanuit n posisie van neutraliteit, dan wil hy eintlik begin met sy denke vanuit n posisie in die duisternis. Hy wil nie toelaat dat God se woord n lig op sy pad is nie (Ps.119:105). Om te wandel in neutraliteit, is om aan te struikel in die duisternis. God word sekerlik nie vereer deur sulke denke, soos wat Hy veronderstel is om vereer te word nie, en gevolglik maak God sulke redenasies dwaas (Rom.1:12b). Neutraliteit lei tot nutteloosheid (sinloosheid) in God se aangesig. Daardie filosofie wat nie sy vertrekpunt en rigting vind in Christus nie, word verder beskryf deur Paulus in Kolossense 2:8. Hierdie gedeelte is al baiekeer verkeerdelik gesien, as sou dit enige en alle filosofieë veroordeel, dat n Christen sonder enige kwalifikasie, filosofiese denke soos n plaag moet vermy. n Deeglike lees van hierdie gedeelte sal egter anders bewys. Paulus het nie n afkeur van filosofie in sy totaliteit nie, want hy maak sekere kwalifikasies. Dit blyk dat daar n spesifieke soort filosofiese denke is wat Paulus verag. Paulus is nie teen die liefde vir wysheid per se nie (d.i. filosofie van die Grieks). Filosofie is goed solank n mens ware wysheid kan vind, en dit beteken vir Paulus: om dit te vind in Christus (Kol.2:3). Daar is egter n soort filosofie wat nie met die waarheid van God, die leringe van Christus, begin nie. Hierdie filosofie neem sy rigting en vind sy oorsprong in die aanvaarde beginsels van die wêreld se intellektueles - in die oorleweringe van mense. Sulke filosofie is vir Paulus die voorwerp van afkeur in Kolossense 2:8. Dit is leersaam vir ons om, veral as ons neig om die eise van neutraliteit in ons denke te aanvaar, die karaktertrekke van hierdie soort van filosofie te ondersoek. Paulus sê dit is nietige misleiding. Watter soort van denke is dit wat gekarakteriseer kan word as nietig? Pro Regno nr.15 9 1 Junie 2010

n Antwoord kan gevind word in die vergelyking van Skrifgedeeltes wat praat van nietigheid (Deut.32:47; FiI.2:16; Hand.4:25; 2 Kor.3:20; 2 Tim.1:6; 6:20; 2 Tim.2:15-18; Tit.1:9,10). Nietige denke is dit wat nie volgens God se woord is nie. n Soortgelyke studie sal wys dat misleidende denke, denke is wat in stryd is met God se woord (Heb.3:12-15; Ef.4:22; 2 Tess.2:10-12; 2 Petr.2:13). Die nietige misleiding waarteen Paulus waarsku, is die filosofie wat sonder en teen die waarheid van Christus plaasvind. Let op die opdrag van Ef.5:6, Laat niemand julle met ydele woorde verlei nie. In Kolossense 2:8 word ons vertel om daarop te let dat ons nie as buit weggevoer word deur nietige misleiding nie. Paulus karakteriseer hierdie soort van filosofie verder as volgens die oorleweringe van die mense, volgens die eerste beginsels van hierdie wêreld. Hierdie filosofie sit God se woord eenkant en maak dit kragteioos (Mk.7:8-13), deur te begin met die eerste beginsels van die wêreld ( gebooie en leringe van mense Kol.2:20,22). Die filosofie wat Paulus verwerp is daardie redenasies wat die voorveronderstellings (die gebooie en leringe van mense) van die wêreld volg, en daardeur nie volgens Christus (is) nie. Uit bogenoemde punte volg dit dat die Christen wat daarna strewe om neutraal te wees in die wêreld van die denke, eerstens glad nie neutraal is nie, en daarom tweedens, in gevaar is om onwetend vertrekpunte te ondersteun wat vyandig is teenoor die Christelike geloof. Terwyl so n persoon hom verbeel dat sy intellektuele neutraliteit verenigbaar is met sy Christelike belydenis, is so n gelowige eintlik besig om in terme van ongeloof te werk! As hy weier om die waarheid van Christus voor te veronderstel, eindig hy sonder uitsondering daarin om die sienings van die wêreld te vooronderstel. Alle mense het hul voorveronderstellings, niemand is neutraal nie. Sal jou voorveronderstellings die leringe van Christus wees of die nietige misleiding waarteen Paulus gewaarsku het? Daarom: Kies vandag wie julle wil dien! Redakteur: Slabbert Le Cornu, predikant van die Gereformeerde Kerk Carletonville. Alle artikels word deur die redakteur geskryf, tensy anders vermeld. Kontakbesonderhede: Posbus 5 Carletonville 2500 Selnr 082 770 2669 E-pos: proregno@gmail.com Esra Instituut: www.esra-instituut.co.nr Blog: http://proregno.wordpress.com/ As jy die wêreld wil verander, neem jou pen op Maarten Luther Pro Regno nr.15 10 1 Junie 2010