Pretoria- 12 Januarie 2014 (Doop br en sr Jaco en Marianda van Jaarsveld seuntjie- Jacob Jan-Hendrik van Jaarsveld)

Similar documents
Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Prins word die Skaapwagter

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Van Vervolger tot Prediker

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Pretoria- 23 Junie 2012

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Sing vooraf staande: Skrifberyming 16-1:1, 2 (15:1, 2)

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Les 6 vir 10 November 2018

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Die Blye Boodskap. The Good News

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Pretoria- 23 Januarie 2011

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

SAMESANG: 38 2:27-28; 4: :1,5 TYDENS EREDIENS:

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Oggenddiens 19 Augustus Windhoek

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Addendum A Consent form

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Die betekenis van die kruis (1)

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

Skriflesing: Sondag 4 Sing- Ps. 118:1; Ps. 119:61; Ps. 130:2 Genesis 3:1-19 Gen 3:1 Psalm 130 Psa 130:1

Die Boek van Moses. Facebook vir Shama Bedienings : Ministries/ ?

GEBED AS LEEFSTYL. Gebed is uiters belangrik!!!

Wegraping (Saamgevat)

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

n Teologiese ondersoek na die rol van toleransie en omarming in die hantering van leerstellige en morele verskille, met verwysing na die

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

NEW INTERNATIONAL VERSION

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

Midrash (Torah Bespreking)

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

DAG 85-Voorwaardes vir Herlewing: DOEN

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Wat is hierdie sondes waarvan Jesus in die Ons Vader praat? Volgens Luther is dit die miskenning van God. Om in onsself gekeer te wees.

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

Transcription:

1 Skriflesing: Eksodus 28:1-6; 36-43 Teks: Eksodus 28:36-38 Sing- Ps. 92:2; Ps. 128:4; Ps. 89:2; Ps. 65:3 Eksodus 28 Exo 28:1 Dan moet jy jou broer Aäron, en sy seuns saam met hom, uit die kinders van Israel, laat nader kom na jou toe, dat hy vir My die priesteramp kan bedien: Aäron, Nadab en Abíhu, Eleásar en Itamar, die seuns van Aäron. Exo 28:2 En jy moet vir jou broer Aäron heilige klere maak, tot eer en tot sieraad. Exo 28:3 Jy moet ook spreek met almal wat kunsvaardig is, wat Ek met die gees van wysheid vervul het, dat hulle vir Aäron klere maak, om hom te heilig, dat hy vir My die priesteramp kan bedien. Exo 28:4 En dit is die klere wat hulle moet maak: n borstas en n skouerkleed en n mantel en n kunstig bewerkte rok, n tulband en n gordel; so moet hulle dan vir Aäron, jou broer, heilige klere maak, en vir sy seuns, dat hy vir My die priesteramp kan bedien. Exo 28:5 En hulle moet die goud en die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne neem. Exo 28:6 En hulle moet die skouerkleed maak van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, as kunstige werk. Exo 28:36 Verder moet jy n plaat van suiwer goud maak en daarop graveer, soos op n seëlsteen uitgesny word: HEILIG AAN DIE HERE. Exo 28:37 En maak dit vas aan n pers toutjie, sodat dit aan die tulband kan wees; aan die voorkant van die tulband moet dit wees. Exo 28:38 So moet dit dan op die voorhoof van Aäron wees, sodat Aäron die skuld kan dra met betrekking tot die heilige dinge wat die kinders van Israel sal heilig al hulle heilige gawes. En dit moet gedurigdeur op sy voorhoof wees, dat hulle voor die aangesig van die HERE welgevalle mag vind. Exo 28:39 Jy moet ook die rok van fyn linne kunstig bewerk. Jy moet ook n tulband van fyn linne maak, en n gordel moet jy van veelkleurige werk maak. Exo 28:40 En maak rokke vir die seuns van Aäron, en maak vir hulle gordels. Ook moet jy vir hulle musse maak, tot eer en tot sieraad. Exo 28:41 En trek dit jou broer Aäron en sy seuns saam met hom aan. En salf hulle en stel hulle aan en heilig hulle, sodat hulle vir My die priesteramp kan bedien. Exo 28:42 Maak ook vir hulle linnebroeke om die vlees van die skaamte te bedek. Dit moet van die heupe tot by die dye wees. Exo 28:43 En Aäron en sy seuns moet dit aanhê as hulle in die tent van samekoms gaan, of as hulle nader kom na die altaar om in die heiligdom te dien, sodat hulle geen skuld op hulle laai en sterwe nie. Dit is n ewige insetting vir hom en vir sy nageslag ná hom. Skriflesing: Eksodus 28:1-6; 36-43 Teks: Eksodus 28:36-38 Sing- Ps. 92:2; Ps. 128:4; Ps. 89:2; Ps. 65:3 Om n kind van die Here te ontvang, broeder en suster, is sekerlik van die grootste geskenke wat daar kan wees. Ons kon vandag ook hierdie kindjie doop. Die doop wat ons keer op keer herinner en daarna verwys dat God hierdie kind Syne wil maak. Ons en ons kinders behoort aan die Here. Dit moet ons uitgangspunt wees. Die doop wys verder dat God regeer. Die doop laat n regeringsverandering voor ons afspeel. Die regering van Satan is in ons doopsformulier duidelik ingeskryf. Die duiwel wil oor elke mens regeer. Ons formulier by

2 die doop het dit weereens duidelik uitgewys dat ons in die ryk van die sonde en die dood gebore is. Omdat ons in sonde ontvang en gebore is, is ons kinders van die toorn, maar nou kom hier n verandering van regering. By die doop word die kind opgeneem in God se regering. Dit word eintlik n uitreiking van n besondere tipe paspoort. Op hierdie paspoort belowe God in sy regering dat Hy wat die Vader is dat Hy vir ons sal sorg. Op die paspoort word ingeskryf deur die Seun van God dat Hy ons met God versoen. Op dieselfde paspoort in ingestempel dit wat die Heilige Gees belowe dat Hy die Heilige Gees ons wil vernuwe. Met hierdie beloftes in die gedagte het ons God se Woord in Eksodus 28 gelees. Ons kom in Eksodus 28 wat ons kan noem n besondere klerefabriek. Dit is nie maar gewoon rokke, broeke en hemde wat hier gemaak word nie, hier is vaardige manne, kenners op hulle gebied as kleremakers aangestel. Al word hier allerhande soorte kledingstukke en soorte van klere genoem, word aan die kleredrag van Aäron, hy wat hoëpriester was, besondere aandag gegee. Ons wil by hierdie doop ook hieraan aandag gee en dan veral op n deeltjie wat op Aäron se kop geplaas is, wat by die doop op die kop geplaas besondere betekenis moet dra. Ons het gelees van n plaat van suiwer goud wat gemaak moes word en waarop daar in duidelike letters geskryf moes word- HEILIG AAN DIE HERE. Dan moes hierdie plaat met n pers toutjie aan die tulband vasgewerk word, dit moet heeltyd aan die voorkant van die tulband gedra word. Die plaat van suiwer goud het egter iets waarna ons nog mooier moet oplet. Die plaat was in werklikheid soos n blom gevorm. Die Hebreeus wys op die blom #yci tsiyts {tseets} or #ci tsits {tseets} Meaning: 1) flower, bloom 1a) flower, bloom 1b) shining thing (of gold plate on high priest's mitre) Daarom kry ons ook van die vertalings wat die gedeelte vertaal dat daar n blom van suiwer goud gemaak moes word wat dan met n toutjie aan die tulband vasgemaak moet word. Hierdie blom wat op die hoed van die hoëpriester moes wees het in besonder twee betekenisse gehad. Die blom wys elke keer na iets dieper. Die blom moes n teken wees. Hierdie dubbele teken wys op die mens se aanspreekbaarheid maar lê ook klem op God se

3 goedgesindheid, m.a.w. op die genade van God. Dit is twee dinge wat by die doop ook na vore kom. Ons aanspreekbaarheid, God se goedgesindheid. Ons aanspreekbaarheid word uitgewys waar die mens aanspreeklik gehou word vir die dinge wat verkeerd is. Vers 38 wys hierna- 38 So moet dit dan op die voorhoof van Aäron wees, sodat Aäron die skuld kan dra met betrekking tot die heilige dinge wat die kinders van Israel sal heilig... Ons kan dit ook vertaal dat Aäron die skuld moes dra oor die ongeregtigheid der heilige dingen soos die Statevertaling hierdie deel vertaal. Die plaat van suiwer goud, gevorm tot n mooi blom laat ons besef uit onsself is ons lewe nie mooi nie. Ons is besig met heilige dinge, hier is n kindjie in die Naam van die Here gedoop, ons kom in die heilige erediens, God se Woord wat heilig is word verkondig, ja die heilige Nagmaal wat weer in hierdie jaar gevier sal mag word, ons betree die heiligdom van die gebed. Alles mooi dinge, dinge wat soos n blom in ons lewe gesien moet word, die doop is n blom-gebeurtenis, die besef van heilig, heilig is die Here. As Aäron hierdie blom aan die voorkant van sy tulband dra dan staan op hierdie plaat geskrywe HEILIG AAN DIE HERE, maar is ons lewe heilig?! Al is die blom hoe mooi, hierdie blom dra die teken van skuld. Ons teksvers sê dat Aäron met hierdie tulband wat die blom aan vas is, dra die skuld met betrekking tot die heilige dinge wat die kinders van Israel sal heilig, ook met al hulle heilige gawes... Die blom wat daar vas is, hoe kan ons dit nie raaksien nie? Die plaat tot n blom omvorm kan vandag vir ons net Één wees, Jesus Christus. Die mooiste, die kleurvolste, die kosbaarste wat daar vir God kon wees, sy blom is Jesus Christus. Tog het God sy Seun die teken van ons skuld kom maak. Hy het al ons skuld moes kom dra, ook met betrekking tot die heilige dinge. Soos die blom op die tulband van die priester heenwys na die mens wat aanspreeklik gehou word, het Christus die Hoëpriester van God, Hy wat volmaak in alles was, in alles oortref Hy die waarde van goud, het Hy in ons plek ons sonde kom dra. Hy het Homself aanspreeklik gemaak met betrekking tot ons skuld, ja sy bloed het Hy vir ons gestort om ons van al ons ongeregtighede te reinig. Dit sê die doop aan ons. Wanneer ons verder kyk na die blom aan die tulband van die priester geheg dan moes dit met n pers of n blou toutjie vasgemaak word. Pers is in die Bybel die kleur van koninklike

4 waardigheid. Die hoëpriester Aäron het hierdie tulband in sy priesterlike verantwoordelikheid gedra waar dit voortdurend op sy kop moes wees. Dit moet duidelik wees, God plaas hom in n posisie wat dit duidelik maak die Here is n heilige God. Die God wat geen onheiligheid verdra nie. Wanneer Aäron hierdie hooggeplaaste posisie inneem wat God hom skenk dan besef ons as gedoopte, God het ons sy priesters gemaak. Dit is nie nou net meer die verantwoordelikheid van Aäron nie maar elke gedoopte wat onder die gesag van Christus staan moet lewe as mense wat die gesag van Christus erken. Soos Aäron se hoofbedekking erkenning van gesag was, so moet die teken van ons doop erken dat God my Here is. God lê sy hand op my dat ek as deel van God se kerk anders sal wees as die res van die wêreld. Ons is afgesonder vir God dat ander moet raaksien ons godsdiens het net een doelwit en dit is om ons na Christus heen te lei. Art 34 van die Nederlandse Geloofsbelydenis stel dit baie mooi dat ons deur die doop Christus se merkteken, sy vaandel dra. Ons moet heeltemal as die eiendom van Christus gesien word, aldus art 34. Daarom dat die tulband by Aäron met die plaat tot n blom omvorm n tweede groot funksie moes uitbeeld. Nie net hoe aanspreeklik ons voor God in ons totale val en verlore toestand is nie, maar die Here wys deur hierdie plaat dat die mense voor die aangesig van die Here n welgevalle mag vind (vers 38). God wil aan Israel wys dat Hy wat die Here is, is sy volk goedgesind. Die blom op die hoed van die hoëpriester teken God se gesindheid. Die doop op die voorkop van hierdie kindjie teken dieselfde God se welgevalle, God se goeie gesindheid. As die blom na Christus heenwys dan kan ons by vandag se doop besef daar kan geen groter bewys van God se gesindheid teenoor ons sy kinders wees dat God sy Kind na ons gestuur het. Christus het met sy lewe en sy lyde ons ongeregtigheid van die heilige dinge gedra. Daarom dat hierdie kindjie vandag in hierdie doop inwendig ontvang dit wat die blom op die hoed uitwendig beteken het. Daar is vir ons versoening gedoen. God is ons sy kinders goedgesind. Ons sondes het Christus Homself aangetrek, sodat sy geregtigheid ons aangetrek kan word. Ons kan ons toevlug neem tot groot dinge en dit deur n eenvoudige teken van n paar druppels water. Net soos blom aan die tulband teken was van dinge wat baie groter is as net dit wat gesien kon word.

5 Hoor hoe ons belydenis in art 34 Nederlandse Geloofsbelydenis hierdie groot dinge vir ons en in ons inwendige uitspel- soos die water op die liggaam van die dopeling gesien word wanneer dit daarop gesprinkel word, so bewerkstellig die bloed van Christus deur die Heilige Gees dieselfde inwendig in die siel: dit besprinkel die siel en reinig dit van sy sondes en laat ons, wat kinders van die toorn is, as kinders van God weergebore word. Dit gebeur nie deur die uitwendige water nie maar wel deur die besprinkeling met die kosbare bloed van die Seun van God, ons Rooisee waardeur ons moet trek om aan die slawerny van Farao, dit wil sê die duiwel, te ontkom en om in die geestelike land Kanaän in te gaan... So word die groot dinge al verder en verder uitgespel... Christus was ons siel, suiwer en reinig dit van alle vuilheid en ongeregtigheid; Hy maak ons hart nuut en vul dit met alle vertroosting; Hy gee ons egte sekerheid van sy Vaderlike goedheid; Hy beklee ons met die nuwe mens en ontklee ons van die ou mens en al sy werke. God se goedheid, God se goedgesindheid het vandag weer deur die doop na ons gekom. Daarom dat ons besef ons het ook n verantwoordelikheid. Die blom op die hoed van Aäron laat ons ons verantwoordelikheid besef. Om kinders in die Naam van die Here groot te maak is n baie groot verantwoordelikheid. Ons moet elke dag bewustelik tot eer van God besluite oor ons en ons kinders kan maak. Mag God julle in hierdie proses en in hierdie besluite naby wees. Mag die betekenis van die doop aan julle en julle kindjie gebind bly soos daardie blom met die pers bandjie aan die tulband gebind moes bly. Neem in elke opsig die hoed op m.a.w. neem in alles julle toevlug na die Here. God wil julle goedgesind wees. Dit alles omdat Christus baie meer gedoen as deur net n hoed op te neem, Hy het sy lewe vir ons afgelê. AMEN