Hoe lees ek die Woord van God?

Similar documents
Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybelse Dissipelskap Reeks

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

n Prins word die Skaapwagter

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Les 6 vir 10 November 2018

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Van Vervolger tot Prediker

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Waar is God as ons swaarkry?

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Die betekenis van die kruis (1)

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Wat Word Bedoel met die Werke van die Wet?

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Pretoria- 23 Junie 2012

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Inhoudsopgawe. God se wonderlike skepping en evolusie

REGVERDIGMAKING EN DIE GEVOLGE DAARVAN

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

A KARANGA PERSPECTIVE ON FERTILITY AND BARRENNESS AS BLESSING AND CURSE IN 1 SAMUEL 1:1-2:10

Die maan en sy rol in ons wereld *

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

TORAH (WET) EN GENADE. LES 6 (Deel 3): HOORDERS EN DADERS VAN TORAH

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

Wisdom Culture 17 APRIL Is Jesus in die Ou Testament?

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Catharina Maria Conradie

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Die Kalender uit die Skrif

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Community of Practice

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

*29 Desember 4 Januarie

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

*3-9 Maart. Die funksie van rentmeesterskap

Luister na God. enlewe vir ewig

Gebed. Bybelse Dissipelskap

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Mark 10:1-12. Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike.

Transcription:

Bybelse Dissipelskap Hoe lees ek die Woord van God? Vers om te memoriseer... Hebreërs 4:12 Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. pg. 1

Die Bybel is die #1 verkoopte boek in die Wêreld! Hoekom? Omdat dit is n fassinerende geskiedkundige boek vol aangrypende verhale is. Die Bybel gee antwoorde vir al die belangrike kwessies van die lewe asook hoe om dit te hanteer. (Bv: God, ewige lewe, dood, liefde, sonde, en moraliteit) Dit is die enigste manier wat God gekies het om Homself aan ons te openbaar. Dit is die enigste bron van absolute waarheid waarop ons kan staatmaak om ons reg te lei in elke situasie wat ons teëkom. Dit moedig ons aan en gee vir ons hoop! Dit bring ons naby aan die lewende God Waarskynlik een van die algemeenste redes wat gelowiges gee hoekom hulle nie die Bybel bestudeer nie; is die klagte... " Ek verstaan dit net nie! Alhoewel daar wel dele van die Bybel is wat moeilik is om te verstaan... Beteken dit nie dat dit onverstaanbaar is nie. Die Bybel is veronderstel om vir die gelowige Brood te wees vir sy daaglikse gebruik! Nie koek vir spesiale geleenthede nie! Ons moet God se Woord benader asof ons lewens daarvan afhang....omdat dit doen! God se Woord moedig ons nie net aan om dit te ken nie, maar beveel ons ook om dit te bestudeer! Sien: Josua 1:8, Jeremia 23:28-29, Psalm 119:9-11, Handelinge 17:11, 2 Timotheüs 2:14-16, Hebreers 4:12. In hierdie les gaan ons kyk na drie stappe wat sal help om die betekenis van die Skrif te verstaan, soos bepaal deur die Skrywer van die Bybel. STAP #1 - WAARNEMING (Wat sê hierdie Skrifteks?) Die doel van waarneming is om te bepaal... Wat is die konteks van die gedeelte wat jy lees? Die konteks van enige teks word bepaal deur... Wat onmiddelik voor-en na die teks verskyn. Kom ons kyk na n paar basiese beginsels wat ons sal help om ons doel(om die konteks te bepaal) te bereik... F.O.T.O. = "Focus On The Obvious" Lees die teks met die doelwit om te fokus op die voor die handliggende. Terwyl jy die teks lees let op na... pg. 2

Wie? Die 6 Vrae (om die konteks te vind): Wie? Waar? Hoekom? Wanneer? Wat? Hoe? Wie is die skrywer? Aan wie en/of van wie praat die skrywer? Wie almal is die hoofkarakters? Wie word genoem in die boek (Hoekom? Wat leer ons van hulle?) Waar? Waar het (of gaan) dit gebeur? Waar is dit gesê/geskyf (waar bevind die skrywer homself? Hoekom? Hoekom is die teks geskryf (doel)? Hoekom is dit gesê? Hoekom is hy/sy/ hulle daar? Wanneer? Wanneer is die gedeelte geskryf (Wanneer in Bybelse geskiedenis)? (Waar op die tydslyn)? (Wanneer het dit in die skrywer se lewe gebeur)? Wanneer het/gaan dit gebeur? Wat? Hoe? Wat is die skrywer besig om te doen? Wat is die belangrikste gebeure? Wat is die omstandighede? Wat is die historiese agtergrond? Wat is die kulturele agtergrond? Wat het die teks vir die Bybelse gehoor beteken in daardie tyd? Wat is die hoofonderwerp van die hoofstuk/boek? Wat is die sleutel woorde of sleutelfrases? Wat is die verskil tussen die Bybelse gehoor en ons vandag? Wat is die teologiese beginsel in hierdie teks? Hoe sal/het iets gebeur? Hoe is die waarheid geïllustreer? HISTORIESE & KULTURELE KONTEKS Ons is geneig om alles wat ons lees te interpreteer in terme van ons moderne westerse kultuur, aangesien dit die hier & nou is waar on woon. Ons moet die historiese agtergrond verstaan as ons die skrywer se oorspronklike betekenis wil ontdek. Met ander woorde, probeer om jouself te plaas in die historiese & kulturele konteks van die skrywer en die gehoor aan wie hy geskryf het. pg. 3

STAP #2 - INTERPRETASIE (Wat beteken die gedeelte?) Het die Woord van God baie aanvaarbare interpretasies, of is daar net een? Daar is geen twyfel dat ware gelowiges kan verskil in hul interpretasie van moeilike teksgedeeltes, maar op die einde van die dag is daar net een korrekte interpretasie. Toe God Sy Woord geskryf het, het Hy nie gehakkel of dubbelsinnig gepraat nie. God het gesê wat Hy gesê het en bedoel wat Hy bedoel het, ongeag of ons as nietige skepsels daarmee saamstem of nie. Bybelse waarheid is objektiewe waarheid, aangesien dit God se foutlose,volledige geïnspireerde Woord is. Dus is dit noodsaaklik vir gelowiges om altyd versigtig te wees in hul benadering tot(en interpretasie van) God se kosbare waarheid! Met Bybelse interpretasie probeer jy om jouself in die skrywer se sandale te plaas en alle vooropgestelde idees/ voorveronderstellings tersyde te stel sodat jy God se oorspronklike bedoeling kan ontdek en verstaan. Psalm 119:160 Alles wat U sê, is betroubaar; u regverdige bepalings is vir altyd. Spreuke 30:5 Elke woord van God is getoets. Hy beskerm elkeen wat beskerming by Hom kom soek. 2 Timothy 3:16-17 (16) Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek. (17) Dit is God se manier om sy mense voor te berei vir hulle taak, ten volle toegerus vir elke goeie ding wat Hy wil hê hulle moet doen. Wat is n voorveronderstellings? Ons is van nature nie neutraal of objektief nie. Ons bring baie vooropgestelde... Idees & Invloede& Begrippe...met ons voordat ons die Skrif in detail bestudeer. Ons is geneig om die vae gedeeltes en teenstrydighede in die Bybelse teks te probeer verduidelik en aan te vul deur middel van ons agtergrond en kulturele ervaring. Om nie bewus te wees van hoe kultuur ons voorveronderstellings beïnvloed nie, kan veroorsaak dat ons die betekenis van die teks beperk. Ons kultuur kan veroorsaak dat ons die moontlike asook onmoontlike betekenis van die teks kan besluit nog voordat ons die teks bestudeer het. Hoe kan plaaslike & nasionale kulturele invloede ons voorveronderstellings beïnvloed? pg. 4

Hoe kan familiekultuur ons voorveronderstellings beïnvloed? Meer gevare oor vooronderstellings : Diegene wat dink dat hul voorveronderstellings altyd korrek is, loop die gevaar om die Skrif verkeerd te interpreteer. Diegene wat die Skrif benader met 'n reeds geformuleerde teologiese agenda, sal dikwels die punt van die teks mis. Diegene wat vertroud is met 'n Skrifgedeelte is geneig om te dink dat hulle alles daaromtrent weet. Die gevaar bestaan dan dat oor die teks gespring kan word sonder dat dit noukeurig bestudeer word. Beginsels van Interpretasie... BEGINSEL #1 - Lees die Skrif biddend Psalm 119:34 - Gee vir my insig dat ek kan leef volgens u gebooie, en dit van harte gehoorsaam. BEGINSEL #2 - Waarneming met 'n doel Elke keer dat jy die teks lees, stop en vra die 6 Vrae vir jouself BEGINSEL #3 - Konteks is die goue reël in interpretasie Maak nie saak of jy 'n enkele woord, n vers of 'n groter gedeelte van die Skrif bestudeer nie... kyk altyd eers na wie die omliggende bure" is! Die meeste ketterye(valse leer) onstaan weens die verdraaiing van 'n fundamentele leer van die Bybel. Valse leraars gebruik verse buite konteks, verdraai die Skrif, en vervaardig dan leerstellings wat teenstrydig is met die Woord van God. Oppas dat beloftes nie uit konteks geneem word nie. Dikwels sal mense op enkele verse of frases fokus en kies om die konteks te ignoreer. Gevolglik is Gereedskap wat gebruik kan word om die histories-kulturele konteks te verstaan: Bybel Handboeke (Halley s Bible Handbook + Explore the Book - Zondervan Publishers) OT & NT Opnames (A Popular Survey of the Old Testament - Geisler + New Testament Survey - Gromacki) Kommentare (Wiersbe s Expository Outlines on the OT + NT + Tom Constable s Expository Notes on the Bible) Bybel Atlasse, Woordeboeke & Ensiklopedieë Studies in die Antieke Geskiedenis, Lewe en Kultuur (New Testament Times - Tenney) (Old Testament Bible History - Edersheim) (New Illustrated Bible Manners & Customs - Vos) Rekenaarsagteware (Libronix D) Die nodige omsigtigheid moet aangewend word wanneer die leser kommentaar raadpleeg. Kommentare wissel in hul interpretasie van die skrif weens verskillende benaderings tot interpretasie en dit is nie altyd voor die handliggend met watter vooroordele/voorveronderstellings hul die Skrif genader het nie. Indien die normale, gebruiklike, letterlike metode van interpretasie nie gebruik word nie, word interpretasie oorgelaat aan die onbeperkte verbeelding en voorveronderstellings van die interpreteerder. Dit is een van die hoofredes hoekom daar so baie verskillende verbeeldingryke interpretasies van die Skrif bestaan vandag. pg. 5

Why is there so much emphasis on literal interpretation? To answer this important question Dwight Pentecost offers the following succinct analysis of the history of Biblical interpretation...it is to be noted that all interpretation began with the literal interpretation of Ezra. This literal method became the basic method of Rabbinism. It was the accepted method used by the New Testament in the interpretation of the Old and was so employed by the Lord and His apostles. This literal method was the method of the ("Early") Church Fathers until the time of Origen (ca. 185-254 AD) when the allegorical method (Ed: Refers to a method in which one looks for hidden or secret meaning, rather than accepting the plain meaning of text), which had been devised to harmonize Platonic philosophy and Scripture, was adopted. Augustine's influence brought this allegorizing method into the established and brought an end to all true exegesis (Ed: primary concern in exegesis is an understanding of the text). This system continued until the Reformation. At the Reformation the literal method of interpretation was solidly established and, in spite of the attempts of the church to bring all interpretation into conformity to an adopted creed, literal interpretation continued and became the basis on which all true exegesis rests. It would be concluded, then, from the study of the history of interpretation that the original and accepted method of interpretation was the literal method, which was used by the Lord, the greatest Interpreter, and any other method was introduced to promote heterodoxy (quality of holding to unorthodox doctrines). Therefore the literal method must be accepted as the basic method for right interpretation in any field of doctrine today. (Pentecost, Dwight: Things to Come, page 32-33) More on Allegorizing... Allegorizing is searching for a hidden or secret meaning underlying but remote from and unrelated in reality to the more obvious meaning of a text. In other words the literal reading is a sort of code, which needs to be deciphered to determine the more significant and hidden meaning. In this approach the literal is superficial, the allegorical is the true meaning." (Zuck, Roy: Basic Bible Interpretation. Page 29) BEGINSEL - Lees Letterlik As die normale betekenis van die Skrif goeie sin maak, dan is dit onnodig om na n ander betekenis te soek. Sou jy hiervan afwyk, is dit moontlik dat jou finale interpretasie foutief & totaal onverwant kan wees met wat God regtig bedoel het. Interpreteer elke woord in sy primêre, gewone, normale, letterlike betekenis, tensy die onmiddellike konteks, soos inaggeneem in die lig van verwante gedeeltes asook selfverklarende-en fundamentele waarhede, duidelk anders dui. BEGINSEL #5 - Vergelyk Skrif met Skrif Interpreteer die Skrif deur van verwante Skrifgedeeltes gebruik te maak en moet nie jou oortuigings op 'n onbekende gedeelte basseer nie. Veral as so n gedeelte nie ondersteun kan word deur ander meer maklik interpreteerbare tekse nie. Verklaar en los probleemareas op deur van duidelike ondubbelsinnige lering in ander verwante gedeeltes wat met dieselfde onderwerp verband hou, gebruik te maak. pg. 6

van Bybel Studie Aspekte om na te soek in die groter geheel van die teks/gedagtes/ algemene denkrigtings... Verbindings aan ander paragrawe & gebeurtenisse Hoe is die teks verbind aan dit wat dit voorafgaan asook dit wat daarop volg? Veranderinge in die verhaallyn / draaipunte Dien die Skrifgedeelte as 'n sleutel om n dramatiese wending in die verhaal aan te dui en te verduidelik? Tussenganger Wissel die skrifgedeelte heen & weer tussen twee tonele of karakters? Watter bedeling/dispensasie is van toepassing op die Skrifgedeelte of na watter bedeling word daar na verwys? Onskuld (Genesis 1:26-3:24) Gewete (Genesis 4:1) Menslike regering (Genesis 8:20) Belofte (Genesis 12) Wet (Eksodus 19:1-Matteus 27:56 - eindig) Genade (Matteus 27:57) Millennium (Openbaring 20:1-6) Watter VERBOND is van toepassing indien enige? Eden (Genesis 1:26-30 & 2:16-17) Adam (Genesis 3:15-19) Noag (Genesis 9:1-17) Abraham (Genesis 12:1-4; 13:14-17; 15:1-7+18-21; 17:1-8) Moses (Eksodus 19:5-31:18) Pallistynse (Deuteronomium 30:3) Dawid (2 Samuel 7:8-17) Nuwe (Hebreërs 8:8) Fokuspunte in Paragrawe: Is daar verbindings(raakpunte) tussen die paragrawe en gebeurtenisse? Vrae & Antwoorde Let op of die teks bestaan uit n vraag-en antwoord formaat. Dialoog Middel Identifiseer wie is aan die woord en met wie word gepraat. Let op of die teks aandui of daar iets is was gedoen moet word deur middel van iets of iemand Basies beantwoord dit die vraag, Hoe is/word die doel bereik?. Gewoonlik kan die frase, deur missel van in die sin gevoeg word. pg. 7 Bedeling/dispensasie = God se administrasie/hantering van die mensdom of 'n groep mense gedurende n bepaalde tydperk in geskiedenis waartydens die mens ten opsigte van gehoorsaamheid aan 'n spesifieke openbaring van God se will, getoets word. Hierdie tydperke in geskiedenis word gekenmerk deur gebeurtenisse, toetse, mislukking van die mens, en oordeel. Verbond/Gelofte = n Verklaring deur God waardeur Hy n verhouding van verantwoordelikheid tussen Hom en n ander party vestig.

Doel/ Reultaat Beantwoord dikwels die vraag, Hoekom. Algemeen na Spesifieke Stellings Algemene stellings wat gevolg word deur spesifieke voorbeelde of toepassings. Spesifieke na Algemene Stellingss Spesifieke stellings wat opgesom word deur n algemene stelling. Voorwaardelike Klousule Dikwels sal hierdie tipe stellings van die as...dan konstruksie gebruik maak. n Situasie wat opgevolg word met n spesifieke resultaat. Aksies/ Rolle (van God en van mense): Wat doen God in hierdie Skrifgedeelte? Wat doen mense in hierdie Skrifgedeelte? Is daar n verband tussen wat God doen en wat mense doen in hierdie Skrifgedeelte? Emosionele Terme Onderstreep woorde/ frases wat gevoelens en emosies oordra. Algehele Toon van die Skrifgedeelte Is dit een van woede? 'n Raps /teregwysing-toon? 'n Droewige toon? Dinge om op te let in sinne: Herhaling van Woorde Die eenvoudige waarneming van herhaling van woorde gee vir ons n vroeë aanduiding van wat die trant van die Skrifgedeelte kan wees. Kontras Let op idees, idividue en/of items wat teen mekaar afgespeel (kontrasteer) word. Vergelyking Let op idees, individue en/of items wat met mekaar vergelyk word. Soek vir ooreenkomste. Lyste Let op waar die teks meer as twee items noem. Oorsaak & Effek Daar kan meer as een effek wees van 'n enkele oorsaak. Beelspraak Kyk vir uitdrukkings wat 'n beeld oordra deurdat woorde gebruik word anders as in hul gewone letterlike betekenisse. Voegwoorde Wees op die uitkyk vir terme wat frases en sinne aan mekaar verbind soos byvoorbeeld: en, maar en vir pg. 8

Let op na wat aan mekaar verbind word. Werkwoorde Let op of 'n werkwoord die verlede, teenwoordige of toekomstige tyd aandui?(ek het gegaan, ek gaan, ek sal gaan). Is die werkwoord aktief (die persoon verrig die aksie: Bill het die bal geslaan) Is die werkwoord passief (daar word iets aan die persoon gedoen: Bill was deur die bal getref). Hierdie onderskeid is belangrik omdat dit dikwels aandui en ook n onderskeid tref tussen wat ons doen en wat God vir ons gedoen het. Kyk ook vir bevele. (Gaan!). Voornaamwoorde Identifiseer na wie of wat die voornaamwoorde(voorganger) verwys. Byvoorbeeld: Efesiërs 1:3 Prys God, die Vader van ons Here Jesus Christus, voortdurend, want Hy is wonderlik goed vir ons! Deur wat Christus gedoen het, het Hy ons geseën met elke geestelike seëning wat daar in die hemelsfere is. STAP #3 - TOEPASSING (Hoe is die Skrifgedeelte op my van toepassing?) Ons kan nie die Bybel op ons lewens toepas as ons nie weet wat dit beteken nie......maar ons kan die Bybel ken sonder om dit toe te pas! Kennis opsigself is waardeloos, dit is die DOEN wat belangrik is! Die bestudering van God se Woord moet oorgaan tot aksie Johannes14:21... Wie my opdragte onderhou en hulle gehoorsaam, Die doel van die Bybelstudie is nie om ons slimmer sondaars te maak nie, maar om ons meer en meer te verander na die beeld van Christus ons Redder. dít is die persoon wat My liefhet. Wie My liefhet, hom sal my Vader ook liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en Myself aan hom bekendmaak. Ons bestudeer die Skrif nie net om meer oor God te leer nie... maar om God te ken en meer lief te hê. Hy het Sy Woord vir ons gegee nie net om ons breine te vul met Bybelse feite nie......maar sodat ons lewens kan verander! 2 Timoteus 3:16-17 16 Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek. 17 Dit is God se manier om sy mense voor te berei vir hulle taak, ten volle toegerus vir elke goeie ding wat Hy wil hê hulle moet doen. Onderig wys ons die waarheid wat nodig is vir alledaagse lewe en goddelikheid Verkeerde te weerlê wys ons waar ons verkeerd is. As ons kyk na die spieël van God se Woord, sien ons onsself meer duidelik. (Sien Jakobus 1:23-25) pg. 9

Tereg te wys wys ons hoe om ons verhouding met God reg te stel. Regte leefstyl by ons te kweek gee ons positiewe opleiding in goddelike gedra 'n Voorbeeld van die toepassing van hierdie Bybelstudie metodes... Les Nou jou beurt... Matteus 28:18-20 (18) Jesus kom toe nader en sê vir sy dissipels: God het die volle mag oor hemel en aarde aan My toevertrou. (19) Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. (20) Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het. En weet vir seker: Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis. Nuwe Lewende Vertaling (NLV) pg. 10