Les 6 SABBATMIDDAG Leesverwysings vir hierdie week se les: Geheueteks:

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

n Prins word die Skaapwagter

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Van Vervolger tot Prediker

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Waar is God as ons swaarkry?

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Preek-notas: Romeine 3:21-31

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Die betekenis van die kruis (1)

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Wat Word Bedoel met die Werke van die Wet?

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Les 6 vir 10 November 2018

Pretoria- 23 Junie 2012

Catharina Maria Conradie

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Addendum A Consent form

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

OM TE JUDAÏSEER. In Skriftuurlike verband beteken Judaïseer egter om n Jood (Joods) te word soos ondermeer volgens Ester 8:16 en 17 duidelik is:

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Die. Gereformeerde. Geloof

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Skriflesing: Sondag 4 Sing- Ps. 118:1; Ps. 119:61; Ps. 130:2 Genesis 3:1-19 Gen 3:1 Psalm 130 Psa 130:1

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

'N NUWE LEWE VAN VREDE MET GOD. Deur: JNS (Kobus) Pretorius BTh(Hons)

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

*29 Desember 4 Januarie

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Die maan en sy rol in ons wereld *

*3-9 Maart. Die funksie van rentmeesterskap

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Wegraping (Saamgevat)

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Antwoord: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe. nie aan myself nie, 2 1 Korintiërs 6:19

REGVERDIGMAKING EN DIE GEVOLGE DAARVAN

Oor die outeurs. Wayne Barber. Rick Shepherd. Eddie Rasnake

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Transcription:

Les 6 *4-10 November Adam en Jesus SABBATMIDDAG Leesverwysings vir hierdie week se les: Romeine 5. Geheueteks: Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God. (Rom. 5:1, 2) Paulus het bewys dat regverdiging, of om deur God aanvaar te word, net deur geloof in Jesus Christus plaasvind, want net Sy geregtigheid alleen is genoeg om ons by God reg te stel. Deur op hierdie groot waarheid te bou, brei Paulus hierdie tema dan verder uit. Hy toon dat verlossing net deur geloof en nie deur werke plaasvind nie, selfs nie vir iemand wat so regverdig soos Abraham was nie, en dan staan hy terug om na die groter prentjie te kyk na wat sonde en lyding en die dood tot gevolg gehad het, en na hoe die oplossing in Christus en wat Hy vir die mens gedoen het, gevind word. Deur die sonde van een man, Adam, was veroordeling, vervreemding en die dood die hele mensdom se lot; deur die oorwinning van een man, Jesus, was die hele wêreld voor God reggestel. Deur geloof in Jesus, kon die rekord van hulle sondes en die straf daarvoor teruggetrek, vergewe en vir altyd uitgewis word. Paulus kontrasteer Adam met Jesus, en wys hoe Christus gekom het om wat Adam gedoen het, ongedaan te maak, en dat deur geloof, die slagoffers van Adam se sonde deur Jesus die Verlosser, gered kon word. Die fondament hiervan is die kruis van Christus en Sy plaasvervangende dood wat die weg vir elke mens, Jood of nie-jood, oopgemaak het om deur Jesus se kosbare bloed gered te word, en almal wat Hom aanvaar, regverdig te verklaar. Hierdie is inderdaad n merkwaardige tema of grondgedagte wat werd is om verkondig te word, want dit is die fondament van ons hele hoop. *Bestudeer hierdie week se les as voorbereiding vir Sabbat, 11 November. 166

Sondag 5 November Regverdiging deur geloof Lees Romeine 5:1 5. Som Paulus se boodskap hieronder op. Wat kan jy daaruit vir jouself neem? Die sinsnede Regverdig wees beteken letterlik was geregverdig. Die Griekse werkwoord verteenwoordig die reeds voltooide handeling. Ons was regverdig verklaar, of as regverdig beskou, nie deur enige werke van die wet nie, maar deurdat ons Jesus Christus aanvaar het. Die volmaakte lewe wat Jesus op aarde gelewe het, Sy volmaakte wetsonderhouding, was aan ons toegereken. Terselfdertyd was al ons sondes op Jesus gelaai. God het aanvaar dat Jesus daardie sondes gepleeg het, nie ons nie, en sodoende kon ons die straf wat ons verdien het, vryspring. Daardeur was Christus namens ons gestraf sodat ons nooit self gestraf hoef te word nie. Kon die sondaar ooit heerliker nuus ontvang het? In die Afrikaanse Ou Vertaling word die Griekse woord wat as roem ( glory ) vertaal word, beide in Romeine 5:3 en Romeine 5:2 gebruik. In party Engelse vertalings word dit as juig ( rejoice ) in Romeine 5:2 en in Romeine 5:3 as roem vertaal. Indien dit as juig in Romeine 5:3 ook vertaal sou word, sou die verband tussen Romeine 5:2 en Romeine 5:3 duideliker gewees het. Geregverdigde mense kan juig in verdrukkinge want hulle het hul geloof en vertroue in Jesus Christus vasgemaak. Hulle het sekerheid dat God alle dinge ten goede sal laat meewerk. Hulle sal dit as n eer beskou om vir Christus te ly. (Sien I Petrus 4:13.) Let ook op na die groeiproses in Romeine 5:3 5: 1. Lydsaamheid. Die Griekse woord vir lydsaamheid is hupomone en dit beteken onwrikbare volharding. Hierdie is die tipe volharding wat deur verdrukking ontwikkel word in die persoon wat sy of haar geloof behou, en wie nie die hoop verloor wat hy of sy in Christus het nie, selfs te midde van beproewinge en lyding wat die lewe soms ondraaglik maak. 2. Beproefdheid. Die Griekse woord is hier dokime en beteken letterlik die kwaliteit of aard van goedkeuring, wat karakter of meer spesifiek n goedgekeurde karakter aandui. Die persoon wat geduldig beproewinge verduur kan n goedgekeurde karakter ontwikkel. 3. Hoop. Lydsaamheid en beproefdheid het vanselfsprekend hoop tot gevolg die hoop wat in Jesus en die belofte van verlossing in Hom, gevind word. Solank as wat ons in geloof aan Jesus vashou, met berou oor ons sondes en deur gehoorsaamheid, het ons alles om voor te hoop. Wat is die een ding in jou lewe waarvoor jy meer as enigiets anders hoop? Hoe kan daardie hoop in Jesus vervul word? Of, kan dit vervul word? Indien nie, is jy seker daarvan om soveel hoop daarop te vestig? 167

Maandag 6 November Toe ons nog sondaars was Lees Romeine 5:6 8. Wat vertel hierdie verse ons oor die karakter van God, en waarom hou hulle soveel hoop vir ons in? Toe Adam en Eva skandelik en onverskoonbaar die Goddelike vereiste oortree het, het God die eerste stap tot versoening geneem. Van toe af het God die inisiatief geneem om verlossing te voorsien en om die mens uit te nooi om hierdie voorsiening te aanvaar. Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur... (Gal. 4:4). Romeine 5:9 sê dat ons deur Hom gered word van die toorn. Hoe verstaan ons wat dit beteken? Op die vooraand van hulle vertrek uit Egipte het die bloed aan die twee deurposte en die bo-drumpels van Israel se wonings in Egipte die eersgeborenes teen die toorn wat Egipte se eersgeborenes getref het, beskerm. Op dieselfde wyse waarborg die bloed van Jesus Christus dat die persoon wat geregverdig is en die status behou, daardeur beskerm sal word wanneer God se toorn uiteindelik die sonde aan die einde van tyd sal vernietig. Sommige mense worstel met die gedagte dat n liefdevolle God toornig kan wees. Maar dit is juis omdat Hy n liefdevolle God is dat hierdie grimmigheid bestaan. Hoe kan God wat die wêreld liefhet nie toornig teenoor sonde wees nie? As Hy nie in ons doen en late belanggestel het nie, sou Hy nie omgegee het wat hier op aarde gebeur nie. Kyk rond en sien wat sonde aan Sy skepping gedoen het. Hoe kan God nie toornig teenoor boosheid en verwoesting wees nie? Watter ander redes word daar aan ons gegee om oor bly te wees? Rom. 5:10, 11 Sommige Bybelkenners sien in Romeine 5:10 n verwysing na die lewe wat Christus op hierdie aarde geleef het toe Hy n volmaakte karakter weerspieël het en wat Hy nou aan ons wil toereken. Alhoewel dit is wat Christus se volmaakte lewe tot stand gebring het, plaas Paulus die klem veral op die feit dat aangesien Christus gesterf het, Hy weer opgestaan het en nou vir ewig lewe (sien Heb. 7:25). Omdat Hy lewe, is ons verlos. Indien Hy in die graf sou gebly het, sou ons hoop saam met Hom vergaan het. In Romeine 5:11 gaan Paulus voort met die redes wat ons het om in die Here te roem, dit wat Jesus namens ons tot stand gebring het. 168

Dinsdag 7 November Deur die sonde die dood Die dood is ons vyand, ons grootste een. Toe God die mens geskape het, het Hy beplan dat hulle vir ewig sou lewe. Met uitsondering van n paar, wil mense nie graag doodgaan nie; en hulle wat wel wil doodgaan, sterf gewoonlik na die grootste persoonlike foltering en lyding. Die dood is in stryd met ons menslike natuur. En dit is omdat ons oorspronklik geskep was om vir ewig te lewe. Die dood sou onbekend vir ons gewees het. Lees Romeine 5:12. Wat beskryf Paulus hier? Wat word daardeur verduidelik? Bybelverklaardes het al meer oor hierdie as oor die meeste ander Skrifgedeeltes geargumenteer. Die rede daarvoor is dalk, soos in The SDA Bible Commentary, vol. 6, bl. 529, genoem word, dat die verklaarders probeer om hierdie Skrifgedeelte vir iets anders te gebruik as wat Paulus daarmee bedoel het. Een van die punte waaroor hulle argumenteer, is: Op watter wyse was Adam se sonde aan sy nakomelinge oorgelewer? Het Adam se nageslagte die skuld van Adam se sonde met hom gedeel, of is hulle skuldig by God oor hulle eie sondes? Mense het probeer om die antwoord op hierdie vraag uit hierdie teksvers te kry, maar dit was nie wat Paulus hier aangespreek het nie. Hy het geheel en al n ander bedoeling in gedagte gehad. Hy is hier besig om wat hy alreeds gesê het, weer te beklemtoon: want almal het gesondig (Rom. 3:23). Ons moet erken dat ons sondaars is, want dit is die enigste manier wat ons ons behoefte aan n Verlosser sal besef. Hier het Paulus probeer om die lesers te laat besef presies hoe erg die sonde is wat deur Adam in hierdie wêreld ingebring was. Dan verwys hy kortliks na wat God ons deur Jesus bied, die enigste oplossing vir die tragedie wat in ons wêreld deur Adam se sonde, plaasvind. Maar, hierdie teksvers praat eintlik net oor die probleem, die dood in Adam nie oor die oplossing, die lewe in Christus nie. Een van die mees glorieryke aspekte van die evangelieboodskap is dat die dood deur die lewe verslind was. Jesus het deur die grendel van die graf gestap en die bande van die dood verbreek. Hy sê,... en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood (Op.1:18). Omdat Jesus die sleutels het, kan die vyand nie meer sy slagoffers in die graf hou nie. Wat was jou eie ondervinding met die werklikheid en die tragedie van die dood? Hoekom, ten spyte van so n meedoënlose vyand, moet ons hoop op iets wat groter as onsself is, of wat groter is as wat die wêreld kan aanbied, gevestig wees? 169

Woensdag 8 November Vanaf Adam tot Moses Lees Romeine 5:13, 14. Wat leer Paulus ons hier oor die wet? Waaroor praat Paulus hier? Daar is n ooreenkoms tussen die sinsdeel vóór die wet en die verklaring van Adam af tot op Moses. Hy praat oor die tydperk vanaf die Skepping tot by Sinai, voor die formele instelling van die reëls en wette van die Israelitiese sisteem wat natuurlik die Tien Gebooie ingesluit het. Vóór die wet beteken, voor die breedvoerige beskrywing van God se vereistes deur middel van die verskeie wette wat aan Israel by Sinai gegee was. Sonde het voor Sinai bestaan. Hoe kon dit nie bestaan het nie? Was leuens, moord, owerspel en afgodediens nie sondig voor hierdie tyd nie? Natuurlik was dit. Dit is waar dat voor Sinai die menslike ras net n beperkte openbaring van God gehad het, maar hulle het klaarblyklik genoeg geweet om aanspreeklik gehou te word. God is regverdig en sal niemand onregmatig straf nie. Mense het, volgens Paulus hier, in die voor-sinai wêreld ook gesterf. Die dood het oor almal geheers. Alhoewel hulle nie n uitdruklike geopenbaarde wet oortree het nie, het hulle nogtans gesondig. Hulle het die openbarings van God in die natuur gehad waarop hulle nie gereageer het nie, en dus was hulle skuldig. Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word...; sodat hulle geen verontskuldiging het nie (Rom. 1:20). Om watter rede het God Homself meer ten volle in die wet geopenbaar? Rom. 5:20, 21 Die opdrag by Sinai het die sedewet ingesluit alhoewel dit voor hierdie gebeurtenis reeds bestaan het. Dit was egter, volgens die Bybel, die eerste keer wat die wet geskryf was en algemeen bekend gemaak was. Toe die Israeliete hulself met die Goddelike vereistes begin vergelyk het, het hulle ontdek dat hulle ver kortgekom het. Met ander woorde, die sonde het meer geword. Hulle het skielik die omvang van hulle oortredings besef. Die doel van so n openbaring was sodat hulle hul behoefte aan n Verlosser moes agterkom, en daartoe gebring moes word om die genade wat so vrylik deur God aan hulle gebied was, te aanvaar. Soos dit voorheen beklemtoon was, was die ware vorm van geloof in die Ou Testament nie wetties nie. Hoe openbaar die wette van jou land aan jou die begrip van reg en verkeerd? Indien menslike wette dit kan doen, wat dan van God se ewige wet? 170

Donderdag 9 November Jesus, die Tweede Adam Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe. Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaameid van dié Een baie tot regverdiges gestel word (Rom. 5:18, 19). Watter kontras word hier aangedui? Watter hoop word daar in Christus aan ons gebied? Die mensdom het niks anders van Adam as die doodsvonnis ontvang nie. Maar Christus het ingetree en oorwin waar Adam misluk het, en elke toets namens die mens verduur. Hy het Adam se skandelike mislukking en sondeval omgekeer en sodoende, as ons Plaasvervanger, ons in n voordelige posisie by God geplaas. Daarom is Jesus die tweede Adam. Die tweede Adam was n vrye morele werktuig wat rekenskap vir Sy gedrag moes gee. Hy was met geweldige subtiele en misleidende invloede omsingel wat Hom in minder gunstige omstandighede as die eerste Adam geplaas het om n sondelose lewe te ly. Tog het Hy te midde van sondaars elke versoeking om te sondig, teëgestaan, en Sy onskuld behou. Hy was gedurig sondeloos. Ellen G. White Comments, The SDA Bible Commentary, vol. 6, bl. 1074, (vrye vertaling). Hoe word Adam en Christus se handelinge in Romeine 5:15-19 gekontrasteer? Kyk na die teenstellings hier: dood, lewe; ongehoorsaamheid, gehoorsaamheid; veroordeling, regverdiging; sonde, geregtigheid. Jesus het alles kom regstel wat Adam gedoen het! Dit is ook baie interessant dat die woord genadegawe of gawe vyf keer in Romeine 5:15-17 voorkom. Vyf keer! Die punt is eenvoudig: Paulus beklemtoon dat regverdiging nie verdien kan word nie; dit is n gawe. Dit is iets wat ons nie verdien nie, wat ons nie toekom nie. Soos met alle gawes moet ons uitstrek en dit aanvaar, en in hierdie geval, moet ons die gawe deur geloof vir ons toe-eien. Wat was die beste gawe wat jy al ooit ontvang het? Wat het dit so goed en so spesiaal gemaak? Hoe het die feit dat dit n geskenk was in teenstelling met iets wat jy verdien het, jou dit meer laat waardeer? Hoe kon jy selfs begin het om dit wat ons in Jesus het, daarmee te vergelyk? 171

Vrydag 10 November Vir verdere studie: Lees Ellen G. White, Help in Daily Living, bl. 470 472, in The Ministry of Healing; Christ the Center of the Message, bl. 383-384, in Selected Messages, book 1; Die Versoeking en die Sondeval, bl. 52 55, in Patriarge en Profete; Justification, bl. 712 714, in The SDA Encyclopedia. Baie word oor die geestelike toestand van hulle harte mislei. Hulle besef nie dat die hart bedrieglik is bo alle dinge nie, en hopeloos boos. Hulle draai hulself toe in hulle eie geregtigheid, en voel tevrede met hulle eie karakter wat gemeet word aan menslike standaarde. Ellen G. White, Selected Messages, boek 1, bl. 320, (vrye vertaling). Daar is n groot behoefte vir preke oor Christus as ons enigste hoop en verlossing. Toe die leerstelling van regverdiging deur geloof aangebied was..., het baie dit ingedrink soos n dorstige reisiger water drink. Die gedagte van Christus se geregtigheid wat aan ons toegereken word sonder ons verdienste, as n vrye gawe van God aan ons, het n kosbare gedagte geword. bl. 360. Wie is dit wat sou kom (5:14)? Hoe is Adam n voorbeeld van Christus? Soos wat Adam die oorsaak van sy nageslagte se dood was alhoewel hulle nie van die verbode boom geëet het nie, so het Christus n Uitdeler van geregtigheid geword aan hulle wat aan Hom behoort, alhoewel hulle nie enige geregtigheid verdien het nie; want deur die kruis het Hy geregtigheid vir alle mense gewaarborg. Die voorbeeld van Adam se oortreding is in ons, want ons sterf asof ons, soos hy, gesondig het. Die voorbeeld van Christus is in ons, want ons leef asof ons alle geregtigheid vervul het soos wat Hy dit gedoen het. Martin Luther, Commentary on Romans, bl. 96-97, (vrye vertaling). Vrae vir bespreking: 1. Hoe verstaan ons die volgende aanhaling van Ellen G. White: Daar is n behoefte daaraan om God se Woord dieper te bestudeer; veral behoort die boeke van Daniël en Openbaring aandagtig bestudeer te word soos wat dit nog nooit voorheen in ons kerk se geskiedenis gedoen was nie. Ons mag minder te sê hê oor sekere gedeeltes soos oor die Romeinse oorheersing en die pousdom; maar ons behoort ons aandag te vestig op wat die profete en apostels onder die inspirasie van die Heilige Gees, geskryf het. Ellen G. White, Evangelism, bl. 577, (vrye vertaling). 2. Dink aan die werklikheid van die dood, aan wat dit nie alleen aan lewe doen nie, maar aan die betekenis van lewe. Baie skrywers en filosowe het al klaagliedere oor die uiterse sinloosheid van die lewe geskryf omdat dit in die ewige dood eindig. Hoe reageer ons as Christene daarop? Hoekom is die hoop wat ons in Jesus het die enigste antwoord op hierdie sinloosheid? 172

Notas