Lukas 14: Vooraf

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

n Prins word die Skaapwagter

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Van Vervolger tot Prediker

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Addendum A Consent form

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Waar is God as ons swaarkry?

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Lukas 4: Agtergrond

Pretoria- 23 Junie 2012

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Les 6 vir 10 November 2018

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Die betekenis van die kruis (1)

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Verduidelik 4 Wel-it sê hulle was dissipels. Want dis wat dissipels doen. Ons volg Jesus.

Die maan en sy rol in ons wereld *

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

KERSDAGPREEK - PAARLBERG - 25 DESEMBER 2017 Mat 1:1-17 Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham: (2) Abraham

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Emotional drainage / Emosionele dreinering

Pretoria- 23 Januarie 2011

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

Doen Eers n Kosteberekening

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Preek Jan Steyn 20 Oktober Teks: Mattheus 8:23-27, Mattheus 14::22-32 Tema: Toe kom Jesus

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

KATEGISMUSPREKE Twee-en-vyftig preke oor die Heidelbergse Kategismus

Transcription:

Lukas 14:25-35 Vooraf Ons is vanoggend by die sestiende Sondag in Koninkrykstyd. September is ook die seisoen van die skepping. Met lente in die lug en alles wat weer begin lewe kry fokus ons op die wonderlike skepping waarvan God ons deel gemaak het en wat aan ons toevertrou is. Inleiding n Goeie leier kan sy volgelinge motiveer en opsweep om self te midde van moeilike omstandighede voort te gaan. So het die Italiaanse leier, Garibaldi sy manskappe ingelig dat hy hulle net honger en dood kan aanbied om Italië te bevry. Hulle het getrou gebly aan hom. Winston Churchill het die Engelse herinner dat hy niks anders as bloed, sweet en opoffering kan bied nie in hulle stryd teen hulle vyande nie. Hulle het hom gevolg. Jesus vra van sy navolgers om n kruis op te neem n teken van dood. Sy dissipels het dit gedoen. Volgens oorlewering is Andreas dood aan n kruis. Simon is gekruissig. Bartolomeus is lewendig afgeslag. Jakobus (seun van Zebedeus) is onthoof. Die ander Jakobus (seun van Alfeus) is doodgeslaan. Tomas is doodgesteek met n lans. Mattias is gestenig en toe onthoof. Matteus (wat Judas Iskariot vervang het as dissipel) is met die swaard doodgemaak. Petrus is onderste bo gekruissig. Taddeus is doodgeskiet met pyle. Filippus is gehang. Johannes is na Patmos verban. Judas Iskariot het homself opgehang maar hom kan ons eintlik maar uithaal. Dit was volgens oorlewering die dood wat Jesus se twaalf eintlik dertien dissipels getref het. Almal buiten Johannes - geweldadig. Almal -buiten Johannes - gemartel. Johannes het waarskynlik as ou

man eensaam en alleen in afsondering op Patmos n natuurlike dood gesterf. Dit moes ook maar erg gewees het. Ek wonder of die dissipels toe Jesus vir hulle en die groot groep volgelinge gesê het dat dissipelskap vra kruisdra ooit in hulle stoutste verwagtinge gedink het dit is wat sou gebeur. Ek wonder of die dissipels tydens hulle elkeen se marteldood terug gedink het aan Jesus se woorde: Wie my wil volg moet sy kruis opneem en my volg. Kom ons kyk na die verhaal agter die woorde: 1. Die verhaal Dit begin van hierdie verhaal is meer gelaai as wat mens so met die oogopslag raaklees. Dit lui: n Groot menigte het saam met Jesus gereis. Lukas wil met die opmerking vir ons sê is dat nie almal wat saam met Jesus gereis het, was dissipels nie. Daar was n klomp mense wat weens anders redes saam gereis het. Kom ons noem hulle maar nuuskieriges, bewonderaars, mense met politieke verwagtinge, mense wat persoonlike gewin uit Jesus wou verkry. n Groot groep het skaapagtig agter Jesus aangeloop. En dit is juis vir al hierdie saamlopers wat Jesus wil wys op die implikasies van saamloop. Dit gaan iets van hulle vra. Hulle sal hulle pond vleis moet betaal as hulle werklik dissipels wil wees. In daardie tyd was die Messias verwagting in Israel baie hoog. Almal het verlang na die Messias wat sou kom om hulle te verlos. Hierdie verlos het vir hulle n heeltemal ander betekenis gehad as wat dit vandag vir ons het. Hulle Messias verwagting het behels dat daar weer uit die geslag van Dawid n politieke leier sou kom wat hulle sou verlos van die onderdrukking van die Romeinse Ryk. Hulle het verwag dat hierdie leier hulle weer so n magtige en suksesvolle volk sou maak soos in die tyd van koning Dawid. Dawid se koningskap en sy tyd is in Israel allerweë as die beste ooit beskou. Hulle het verwag die Messias sou weer sulke gloriedae bring. Daarom het baie saam met Jesus gestap. Die verwagting was dat as Jesus met Paasfees Jerusalem toe gaan, sou Hy die koning word wat Israel se koninkryk tot stand bring. Dink maar aan wat gebeur het met die intog in Jerusalem. Hulle het n koning verwag. n Politieke leier. Hulle het eer en glorie verwag. Maar hulle het kruisdra gekry. En dit is wat Jesus vir hulle wil leer in hierdie gebeure. Hy gebruik twee stories gelykenisse om te sê dat hulle moet hulle sommetjies maak. Hulle moet seker maak dat hulle kans sien vir wat op hulle wag as hulle Hom wil volg. Beide verhale kan saam gevat word met die gedagte van koste bereken. Voordat jy iets aanpak, bereken jou koste. Jesus sê dat iemand wat wil bou, maak eers sy berekeninge. Anders moet hy tot sy skande êrens tou opgooi en die spot van al die omstanders verduur vir sy halwe bouwerk. Enige bouer bereken sy koste. Die tweede verhaal gaan oor n koning wat eers sommetjies maak en sy kans op sukses bereken voordat hy in n oorlog betrokke raak. Geen koning gaan tog in n oorlog instorm as sy kanse om te wen gering is nie. Voordat iemand besluit om Jesus se dissipel te word, moet hy/sy die koste bereken. Hy/sy moet besluit of hy/sy kans sien vir die eise wat wag.

Jesus verduidelik die eise van dissipelskap met die beeld van kruisdra. Die skare sou presies geweet het wat dit beteken. Hulle sou dalk verstaan het dat kruisdra beteken dat so iemand op pad is om tereggestel te word. Dit was die Romeinse gebruik. Ter dood veroordeeldes moes die dwarshout van die kruis waarop hulle vas gespyker sou word self dra na die plek waar die teregstelling sou plaasvind. Die beeld sou vir hulle dadelik gesê het dat dissipelskap beteken moeilikheid, swaarkry, lyding. Jesus beskryf deel van hierdie swaarkry. Hulle moet bereid wees om hulle vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja selfs hulle eie lewe agter te laat. Eintlik is die vertaling van agterlaat baie sagkens gestel. Hier staan letterlik in Grieks: iemand wat n dissipels wil wees moet sy familie haat. Later word gesê dat dissipelskap vereis om al jou besittings agter te laat. Ek wonder of hierdie woorde van Jesus gemaak het dat n klomp van die volgelinge net daar koue voete gekry het. Ek wonder of n klomp net daar en dan omgedraai het. Ons weet nie. Lukas sê niks daarvan nie. Wat ons wel weet is dat die oorgrote meerderheid met die Paasfees teen Jesus gedraai het. Hulle het geskreeu: Kruisig Hom. Kruisig Hom. As ons hierdie gedeelte reg wil verstaan moet ons dit ook in die breë prentjie plaas. Ons moet dit verstaan aan die agtergrond van die res van die hoofstuk. In die eerste deel leer Jesus vir die volgelinge Koninkryksetiket: Hulle moet nederig wees en nie hoogmoedig. Hulle moet nie veg vir die voorste gestoeltes by onthale nie, maar eerder die agterste plekke inneem. Hulle moet nie net belangrike gaste na hulle onthale toe nooi sodat hulle daarvoor vergoed kan word nie. Hulle moet die onbelangrike randfigure in die samelewing nooi van wie hulle geen teenprestasie kan verwag nie. In die volgende deel waarsku Jesus met die verhaal van gaste wat genooi is na ete, maar almal eerder iets anders wou gaan doen en toe nooi die gasheer die onbelangrikes, dat die logiese kandidate dalk die hiernamaals kan misloop en die onlogiese kandidate dit kan kry. Hulle kan dit juis misloop omdat die dinge wat Jesus noem familie en besittings vir hulle te belangrik is. Die gedeelte wat volg op die kruisdra-episode gaan oor sout vir die aarde wees. Sout is n goeie ding. Maar sout wat sy krag verloor het is niks werd nie. Hiermee wil Jesus as dit ware sy bekommernis uitspreek dat hulle wat Hom volg êrens lang die pad entoesiasme kan verloor. Hulle kan soos sout laf word as die eise te veeleisend word. Hulle kan dalk as eise gestel word nie bereid wees om aan te hou nie. Hulle kan soos half klaar bouwerk of n verslaande leër wees. 2. Kruisdra gee jouself Ek lees hierdie week van iemand wat vertel van n advertensie in die venster van n juwelierswinkel: Kruise te koop halfprys. Ons weet dat kruise vir baie maar n stukkie juweliersware is. Vir ander is dit n stuk getuienis. Die dra van n kruis vir ander sou in lande waar Christene vervolg word kon lui tot n doodsvonnis. As ons Jesus vanoggend reg hoor, sal ons verstaan dat daar nie halfprys-kruise is nie. Dit is alles of niks. Soren Kierkegaard het daaroor geskryf. Hy sê dat kruisdra n militêre term is en dat dit hom laat dink aan baie paradegrond Christene wat die uniform van Christen-wees dra en min gevegs-christene wat werklik tot die geveg vir Christus toe tree. Dit is duidelik dat ons moet koste bereken voordat ons dissipels van Jesus word? Martin Luther het geleer: n Godsdiens wat niks gee, niks kos, niks ly nie, is nikswerd. Die vraag is: Hoe doen ons dit? Wat die vraag moeiliker maak is juis Jesus se verduideliking dat dissipels hulle familie en besittings

moet prysgee as hulle volgelinge van Jesus wil wees. Die vraag is: Moet ons almal en alles om ons prysgee? Moet ons Jesus se woorde letterlik verstaan? Geld dit ook vir ons? Geld dit nog vandag? Ek wil die vrae beantwoord deur eers te wys op Jesus se werkswyse. Jesus het n manier gehad van dinge baie kras stel om juis n sekere punt oor te dra. Hy het dikwels dramatiese oorbeklemtoning gebruik om mense se aandag te trek en hulle te help om die punt wat Hy wil maak, te begryp. Dink maar aan sy stelling dat dit makliker vir n mens is om deur die oog van n naald te kom as in die hiernamaals. Ek het vroeër gewys op die woord haat wat Hy gebruik het. Hierdie is een van die goeie voorbeelde waar Jesus so oorbeklemtoon om juis sy punt oor te dra. Daarom moet ons die opdrag om ons familie en besittings te haat reg verstaan. Hier werk Jesus met n berekende oordrywing. Ons kan immers ander gedeeltes in die Bybel gebruik om ons te help om hierdie gedeelte reg te verstaan. So weet ons dat Jesus talle keer die opdrag gegee het dat ons ander mense moet lief hê. Dit sou immers ook geld van ons familie en vriende. Ons kan dieselfde sê van ons besittings. Jesus het juis met die gelykenis van die talente verduidelik dat God sekere besittings aan mense toe vertrou volgens sy wil en dat mense met daardie besittings moet woeker. Nog n gedeelte wat ons help om ons besittings se prysgee reg te verstaan is Jesus se stelling dat n mens nie God en Mammon kan dien nie. CS Lewis het n stukkie geskryf wat ons help om die eise van Jesus stel te verstaan: Hy skryf: Christus sê: Gee my alles. Ek wil nie soseer jou geld of jou werk hê nie, Ek wil jou hê. Ek het nie gekom om jou self so n bietjie op te knap nie, maar om jou self dood te maak. Halfpad is nie ver genoeg nie. Ek wil nie n takkie hier en daar afsnoei nie, ek wil die boom afkap. Jesus sê in die gedeelte dat Hy ons wil hê. Ons moet alles wat ons is en het moet aan Hom behoort en aan Hom gewy wees. Dit is die koste wat ons moet bereken. Is ons bereid om onsself aan God te gee? As ons antwoord ja is, dan kan ons dissipels wees. Ook Emil Brunner het geleer: God verlang nie iets van ons nie. Hy wil onsself vir Homself hê. Nie ons verdienste nie, maar onsself; nie ons werke nie, maar ons begeertes, ons persoonlikheid, ons hart oorgegee aan Hom. Dirkie Smit skryf in n boekie Verlange na meer oor verskillende maniere waarop mense Jesus navolg. Hy gebruik drie benamings vir die mense: bewonderaars, leerlinge en dissipels. Bewonderaars dink baie van Jesus en beskou Hom as n besondere mens. Leerlinge het soveel oor Jesus te wete gekom dat hulle selfs ander kan leer. Dissipels volg Hom. Hulle ken Hom en is bereid om vir Hom te sterwe. Bonhoefer het geskryf: When Christ calls a man, he bids him to die! Bonheufer het dit in 1937 geskryf. In 1945 is hyself deur die Nazi s tereggestel as gevolg van sy sterk Christelike oortuigings. Terwyl ons vanoggend die koste bereken, moet ons dalk vra: Wat is ons? Bewonderaars, leerlinge of dissipels? Bewonder ons Jesus, maar van ware volg is daar nie veel sprake nie? Ken ons Jesus so goed dat ons ander kan leer? Of behoort ons in totaliteit aan Jesus? Dan is ons dissipels. Augustinus het in 386 nc, die jaar van sy worstelinge en bekering, geskryf dat dissipelskap beteken dat jy, as dienaar van God, moet bou teen berekende koste. Die koste sal wees dat jy alles wat jy besit, moet prysgee en Jesus moet volg. n Mens sou ook kon sê dat dit wat vir jou sin in die lewe gee, dui aan waar jou hart is. As jou rede vir bestaan jou man of vrou of kinders of ouers of besittings is, is dit n aanduiding van waar jou hart lê. As God die sin van jou lewe is, dan wys dit dat jy ware dissipel is. Hierdie dinge wat Jesus noem man, vrou, kinders, ouers, besittings is kragte alles kragte wat inwerk op ons lewens. Dit is dinge wat ons aandag van Jesus as die groot Krag in ons lewe kan aftrek. Wat Jesus eintlik in hierdie gedeelte beklemtoon is dat ons die gevaar daarvan moet raaksien en daarteen waak. Jesus moet die bepalende krag in ons bestaan bly.

Om Jesus te volg verg n allesopofferende houding. Dit vra selfverloëning en soos in die dissipels se geval selfs die bereidheid om vir Jesus te sterf. Dissipelskap vra dat ons ons eie begeertes kruisig wanneer dit sou bots met ons lojaliteit aan Jesus. Om koste te bereken beteken dat ons in nugtere denke moet besef dat n lewe van opoffering ons toekoms is as ons kies om Jesus se dissipels te wees. 3. Kruisdra in die alledaagse lewe In die geskiedenis was daar baie gelowiges wat oortuig was dat n dissipels die prys betaal deur hom of haar totaal af te sonder. Baie gelowiges het in kloosters gaan lewe om so uitdrukking te gee aan die feit dat hulle alles prys gegee het vir God. Daar sonder familie en besittings, het hulle geoordeel, kan hulle God dien. Hulle wou elke dag besig wees met n mistieke, innerlike reis saam met God. Jesus self het nie eens so geleef nie. Hy het die wêreld ingegaan en aan mense in hulle konkrete nood n uitkoms gebied. Dietrich Bonhoefer het in sy werk The Cost of Dicipleship gesê: Christ can not be shut up in the sacred society of the church. Ons moet die prys betaal in die alledaagse lewe. Christenskap word nie in n lugleegte geleef nie. Tussen ons mans en vrouens en kinders en ouers en besittings deur. Kom ek noem meer hedendaagse voorbeelde. Ons moet die prys betaal in ons huwelik en gesin, in ons werk, in ons ontspanning, in ons sport. As ons vakansie hou, as ons partytjie hou, as ons motorbestuur, as ons inkopies doen, as ons kuier. Doodgewoon in ons daaglikse lewe moet ons die prys betaal van totaal aan Jesus behoort en in sy diens wees. Ons sou seker kon sê dat Jesus in hierdie gedeelte vir ons leer van prioriteite. Die kern van ons bestaan is Jesus en al ons prioriteite groei daaruit. Dit is wat dissipelskap van ons eis. Dit is hoe ons die prys betaal: om elke faset van ons lewe in diens van God te plaas. Om elke verhouding in ons lewe ons verhouding met ons huweliksmaat, kinders, ouers, familie, vriende en wie ook al in diens van God te plaas. Om al ons besittings in diens van God te plaas. Om dit prys te gee is om dit vir God te gee en dit te gebruik om God mee te dien. En as ons dit doen is ons die sout van die aarde. Dan is ons die sout wat die smaak van die samelewing om ons verander. Ons is sout wat die bederf in die samelewing om ons verhoed. So is ons besig om die skerp verskil tussen Kerk en die wêreld sonder die Kerk te beklemtoon. Ons is anders ons gee onsself prys. Ons gee onsself en al ons verhoudings en besittings aan God. Om dissipels te wees beteken nie om te maak en te leef asof jy nie familie en besittings het nie. Dissipelskap vra dat ons juis dit alles vir God gee, aan God wy. Om dissipel te wees vra ook volharding. End uit vol hou en nie opgee as dit begin moeilik raak nie. Al die dissipels het getrou gebly tot in hulle onderskeie marteldode. Ons moet ook getrou bly. Enduit volhard om onsself weg te gee. Charles Spurgeon het dit komies gestel: Dit is deursettingsvermoë dat die slak dit tot in die ark gemaak het. Slot Jesus se voorspelling dat dissipelskap kruisdra inhou, het waar geword in al sy dissipels se lewe. Ons moet ook maar weet dit gaan waar wees in ons lewe. Op een of ander manier gaan dissipelskap opoffering van ons vra. Mag ons enduit volhard om onsself met al ons verhoudings en besittings vir God te gee.