Efes 6:13 Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het,

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

n Prins word die Skaapwagter

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Les 6 vir 10 November 2018

Van Vervolger tot Prediker

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

NEW INTERNATIONAL VERSION

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

GEBED AS LEEFSTYL. Gebed is uiters belangrik!!!

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

21 dae. Hoe om n deurbraak te verkry. 21 dae soeke na n Goddelike deurbraak

Wegraping (Saamgevat)

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

G E L O O F F A I T H. God se Woord oor Genesing POSBUS 232, BALLITO, 4420 TEL: (032) / FAKS: (032)

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Pretoria- 23 Junie 2012

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Die betekenis van die kruis (1)

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Facebook vir Shama Bedienings : Ministries/ ?ref=hl

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Wat kan die kerk doen?

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Geregverdig deur die natuur van die mens (heidene / nie-jode)

Antwoord: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe. nie aan myself nie, 2 1 Korintiërs 6:19

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Nederlandse Geloofsbelydenis

A. Dr EJ Smit tables the report. B. The report will be concluded during the Synod session.

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Waar is God as ons swaarkry?

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Pretoria- 23 Januarie 2011

Vrees van die Here Kennis is Verstand

TORAH (WET) EN GENADE. LES 6 (Deel 3): HOORDERS EN DADERS VAN TORAH

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Gereformeerde Protestante Kerk Noordelike Pretoria

Die najaag van geluk is n doodloopstraat

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Bybelse Dissipelskap Reeks

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Liturg: Verwelkom almal en wens hulle n geseënde Kersfees toe. Dan:

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

DAG 85-Voorwaardes vir Herlewing: DOEN

Luister na God. enlewe vir ewig

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Die Nederlandse Geloofsbelydenis Ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar n enige en enkelvoudige geestelike Wese is wat ons God

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Transcription:

Efes 6:13 Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.

2

Die Volle Wapenrusting. Efes 6:13 Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Efes 6:14 Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, Efes 6:15 en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Efes 6:16 Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. Efes 6:17 En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees dit is die woord van God King James: met Strong's verwysingsnommers. Eph 6:13 Wherefore 1223, 5124 take unto 353 you the 3588 whole armor 3833 of God, 2316 that 2443 ye may be able 1410 to withstand 436 in 1722 the 3588 evil 4190 day, 2250 and 2532 having done 2716 all, 537 to stand. 2476 Eph 6:14 Stand 2476 therefore, 3767 having your 5216 loins 3751 girt about 4024 with 1722 truth, 225 and 2532 having on 1746 the 3588 breastplate 2382 of righteousness; 1343 Eph 6:15 And 2532 your feet 4228 shod 5265 with 1722 the preparation 2091 of the 3588 gospel 2098 of peace; 1515 Eph 6:16 Above 1909 all, 3956 taking 353 the 3588 shield 2375 of faith, 4102 wherewith 1722, 3739 ye shall be able 1410 to quench 4570 all 3956 the 3588 fiery 4448 darts 956 of the 3588 wicked. 4190 3

Eph 6:17 And 2532 take 1209 the 3588 helmet 4030 of salvation, 4992 and 2532 the 3588 sword 3162 of the 3588 Spirit, 4151 which is 3603 the word 4487 of God: 2316 G436 = withstand; oppose; resist; to stand against. G2098 = gospel; good message. G1515 = peace; one; quietness; rest; set at one again; prosperity. G4102 = faith; moral conviction of religious truth; assurance; belief; believe. G4570 = quench; to extinguish; go out; G4448 = fiery; to be ignited; burn; be on fire; to be inflamed. G956 = darts; a missile; arrow. G4190 = wicked; the devil; bad; malicious; grievous. G4030 = helmet; encirclement of the head. G3162 = sword; figuratively war; judicial punishment. G4487 = word; an utterance; saying. Die dag van onheil. Efes 6:13 Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Die dag van onheil; die bose dag, die dag van versoeking, wanneer die vyand jou met geweld aanval. In die gees is ons gewikkel in 'n hewige oorlog met die magte van die duisternis. Ons het vyande waarteen ons veg, 'n 'kaptein' waarvoor ons veg, 'n 'banier' waaronder ons veg en sekere reëls waarvolgens ons moet veg. In tye van oorlog moet soldate nie alleen tot die tande gewapen wees nie, maar hulle moet ook dapper, vol durf en goed opgelei wees. Efes 6:10 Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Word kragtig in die Here; kragtig in diens, kragtig in lyding, kragtig in die geveg. Ons beskik wel nie oor genoegsame krag in 4

onsself nie, maar God versterk ons met krag elke dag. In Sy krag gaan ons voort! Efes 6:11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Die volle wapenrusting van God; maak gebruik van al die verdedigings- en beskermingsmiddels, en wapens wat God voorsien teen die versoekings en strategieë van Satan. Efes 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie; maar teen verskeie range van demone. Ons het te doen met 'n subtiele vyand. Hy beskik oor duisende maniere om onstabiele Christene te mislei, en is geoefen in die kuns van versoeking. Dit is geestelike vyande. Die gevaar is des te groter, omdat ons hulle nie kan sien nie, en hulle ons onverwags kan aanval. Hulle hoofdoel is om Christene te verhoed om hemel toe te gaan, om ons te beroof van ons seëninge en om ons kommunikasie met die Here te blokkeer. Efes 6:13 Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Sodat julle weerstand kan bied; ons mag nie toegee aan die duiwel se verleidings en aanvalle nie. Ons moet dit teëstaan. [Heb 12:4 Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.] Om Satan teen te staan is om sonde teen te staan. Satan is sinoniem met sonde. Hy sal ons nooit probeer oorreed om iets te doen wat goed en reg is nie. Wanneer hy ons nie kan verlei om sonde te doen nie, sal hy sy bes doen om ons te verhinder om te doen wat ons moet doen, bv. soos om te bid of Bybelstudie te doen. 5

[1Thes 2:18...; maar die Satan het ons verhinder.] En staande kan bly; ons moet ten alle koste die grond behou wat ons gewen het, toe ons Jesus Christus aangeneem het as ons Saligmaker en Verlosser. [Jak 4:7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.] Rom 14:4...; maar hy sal staande bly, want God is magtig om hom staande te hou. Julle lendene met die waarheid omgord. Efes 6:14 Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord,... Julle lendene met die waarheid omgord; Die lendene is die setel van krag en sterkte en die middelpunt van voortplantingskrag, en was in die antieke tye beskou as absoluut noodsaaklik om te bedek vir beskerming. Wanneer die lendene omgord was, was dit 'n duidelike teken dat 'n soldaat slaggereed was. Spr 31:17 Get. Sy omgord haar lendene met krag en hou haar arms stewig. Nah 2:1 n Verwoester trek teen jou op; bewaak die vesting, kyk uit langs die weg, versterk die lendene, versterk jou met alle mag! 1Pet 1:13 Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus. Die waarheid; Die Evangelie van Jesus Christus is die waarheid. Deur hierdie waarheid ontdek ons wie ons vyande is, en hoe hulle ons aanval en waar ons krag lê. Met hierdie waarheid moet ons onsself omgord teen alle valse godsdienste, en die verleidende leerstellings waarmee listige mense en slu demone gereed lê om Christene te mislei. Om ons lendene met die waarheid te omgord, beteken om die waarheid naby ons te hou en 6

nooit weg te beweeg daarvan nie. Daardeur bly ons ook naby God en Christus, Jesus. Dit versterk ons teen die aanvalle van Satan, en is van groot nut in ons geestelike oorlogvoering. Psa 119:86 Al u gebooie is waarheid;... Psa 119:142..., en u wet is waarheid. Psa 119:151..., en al u gebooie is waarheid. Psa 119:160 Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid. Joh 17:17 Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid. Joh 8:32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak. Die borswapen van geregtigheid. Efes 6:14... met die borswapen van die geregtigheid aan, Met die borswapen van geregtigheid aan; Die borswapen ["thörax" = Grieks] het die hele liggaam bedek, van die nek tot by die dye, en het uit twee dele bestaan. Een om die voorkant te bedek en een om die agterkant te bedek. Dit was gemaak van ringe in die vorm van skubbe of plate, wat so aanmekaar gelas is dat dit beweeglikheid toegelaat het, en tog die liggaam beskerm het teen swaarde, spiese en pyle. Geregtigheid; Integriteit, heiligheid, 'n lewe van reinheid. Die borswapen het al die organe beskerm, en geregtigheid beskerm alles waarvan ons geestelike voortbestaan afhang. Geregtigheid help ons om die krag van versoeking te weerstaan. 'n Gebrek aan geregtigheid stel ons bloot aan die aanvalle van die vyand. Deur hierdie geregtigheid, wat ons deur Christus verkry, word al die beskuldigings en aanklagte van Satan afgeweer. 1Thes 5:8 Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid. 7

Geloof en liefde sluit alle Christelike funksies in; want deur geloof word ons verenig met God en deur liefde met ons broers en susters. Gen 15:6 En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken. Psa 119:172 My tong sal u woord besing, want al u gebooie is geregtigheid. Spr 8:20 Ek wandel op die weg van geregtigheid, in die middel van die paaie van reg, Jes 11:5 En geregtigheid sal die gordel van sy (Jesus) lendene en trou die gordel van sy heupe wees. Jes 32:17 En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid. Jes 48:18 Ag, as jy maar na my gebooie geluister het, dan sou jou vrede gewees het soos n rivier en jou geregtigheid soos die golwe van die see; Jes 51:7 Luister na My, julle wat die geregtigheid ken, volk in wie se hart my wet is! Rom 3:22 die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; Rom 10:10 want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. Skoene aan jul voete. Efes 6:15 en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. As skoene aan julle voete; Hier is ongetwyfeld 'n sinspeling op dìt wat die antieke soldaat gedra het om sy voete te beskerm. Die beskerming van die voete en enkels het uit twee dele bestaan: (1) Die sandale of skoene, wat gemaak is om die voet te bedek, en wat dikwels voorsien was van spykers of penne in die sole, sodat hulle beter kon vastrap in die grond. EN (2) Beenskutte wat 8

algemeen in gebruik was onder die Romeine, sowel as die Grieke. Wanneer die voete of bene verwond is, kan die soldaat nie staan om die vyand te beveg nie, en as die vyand die oorhand kry, kan hy nie vlug nie. Die bereidheid vir die evangelie van vrede; om die evangelie van vrede te verkondig, en onwankelbaar gegrond in die evangelie, om ons paraat te kry vir die stryd en om ons verdediging te versterk. Hand 10:36 Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus Hy is die Here van almal. Rom 10:15 En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig! Efes 2:17 En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; Die skild van geloof. Efes 6:16 Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. Die skild van die geloof; Die skild verteenwoordig beskerming oor elke deel van die liggaam, want dit kan in elke rigting gedraai word. Paulus verwys hier na die groot ovaalvormige skild ["scutum" - Grieks] wat die hele liggaam bedek het. Net soos die skild al die ander dele van die wapenrusting beskerm het, so bied geloof ook dieselfde beskerming in die geestelike oorlogvoering. Die skild was gewoonlik gemaak van ligte hout of 'n raam van brons en oorgetrek met verskeie lae sterk velle, wat gepreserveer was deur die herhaalde insmering van olie. Die skild was met die linkerhand vasgehou en met bande aan die arm vasgemaak. Die 9

buite oppervlak van die skild was effens rond gemaak, en glad gepoleer of met olie gesmeer, sodat die pyle en spiese sou afgly of terugspring. Solank 'n soldaat sy skild gehad het, het hy veilig gevoel - solank 'n Christen geloof het, is hy veilig. Al die vurige pyle; Die pyle ["falarica" - Grieks] wat in die oorlog gebruik was, was klein dun stukkies riet [ met 'n punt van lood], wat gevul was met ontvlambare materiaal en aan die brand gesteek is. Hulle het soms ook ontvlambare materiaal om die pyl gedraai en dit dan aan die brand gesteek. Die idee was dat die brandende pyl, wat vassit in die liggaam, die verwonding grootliks sou vererger. Hierdie brandende pyle was dan ook na tente, forte, skepe, ens geskiet om dit aan die brand te steek. Met hierdie 'vurige pyle' verwys Paulus moontlik na versoekings soos om verkeerde gedagtes te koester en aansporings om sondige dade te doen, wat soos vurige pyle in ons gedagtes gegooi word. Hierdie vurige pyle kom gewoonlik skielik en uit 'n onverwagte oord. Hulle dring in en deurboor en pynig die siel. 2Sam 22:3 God is my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, 2Sa 22:31 Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is n skild vir almal wat by Hom skuil. Psa 28:7 Die HERE is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp;... Psa 91:4 Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is n skild en pantser. Spr 30:5 Elke woord van God is gelouter; Hy is n skild vir die wat by Hom skuil. Hab 2:4... Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe. Mat 9:22 En Jesus het omgedraai en haar gesien en gesê: Hou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered. En die vrou het gesond geword van daardie uur af. Mat 9:29 Toe raak Hy hulle oë aan en sê: Laat dit vir julle wees volgens julle geloof. Hand 6:8 En Stéfanus, vol van geloof en krag, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen. 10

Rom 3:28 Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet. Rom 5:1 Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; Heb 11:1 Die geloof dan is n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. Heb 11:6 En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en n beloner is van die wat Hom soek. Die helm van verlossing. Eph 6:17 En neem aan die helm van verlossing en... Die helm van verlossing; die helm was 'n mus, gemaak van dik leer of brons, wat om die kop gepas het en was gewoonlik bekroon met 'n pluim of 'kam' as versiering. Die helm se doel was om die kop te beskerm teen houe met die swaard, strydbyl of knopkierrie. 1Thes 5:8..., en as helm die hoop op die saligheid. 'n Stewig gegronde 'hoop op die saligheid' sal ons beskerm op die dag van geestelike konflik. Die helm het die kop beskerm - so sal die 'hoop op die saligheid' die siel beskerm teen die houe van die vyand. Geen soldaat kan goed veg, sonder die hoop op oorwinning. Geen Christen kan volhoudend veg, sonder die hoop op 'n finale redding. Die 'hoop op die saligheid' en oorwinning oor elke probleem deur die bloed van die Lam is soos 'n ondeurdringbare helm wat die 'hoof' - denke, siel - beskerm teen die subtiele argumente van die gesofistikeerde goddelose, en die slinkse versoekings van die Satan self. Die Christen wie Christus in sy hart het, kan nie uit die 'hoop op die saligheid' gekul word nie. Dit beskerm dus die 'hoof', denke, siel - teen valse leerstellings. 11

Beskerm jou denke met die wete van jou verlossing. Efes 1:7 In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade, Kol 1:14 in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes. Die swaard van die Gees Eph 6:17... en die swaard van die Gees dit is die woord van God Die swaard was 'n noodsaaklike deel van die wapenrusting van die antieke soldaat. Sy ander wapens was die boog, die spies of die strydbyl, maar sonder 'n swaard sou geen soldaat homself as 'effektief bewapen' sien nie. Die antieke swaard was kort, tweesnydend en het baie soos 'n dolk gelyk. Die swaard van die Gees is die Woord van God - wat Hý gespreek het - Sý waarhede en beloftes. Dit was met híérdie wapen dat Jesus die versoeker in die wildernis elke keer die aftog laat blaas het. Dit is slegs híérmee dat ons ook nóú die Satan kan teëstaan. ["Daar is geskrywe..." ] Ons kan slegs oorwin as ons bewapen is met die waarheid en God se Woord is die Waarheid! (Joh 17:17) Mat 4:4 Maar Hy (Jesus) antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan. Mat 4:7 Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie. Mat 4:10 Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. 12

Ons moet die Bybel bestudeer, sodat ons kan verstaan wat die waarheid is. Ons moet toepaslike skrifgedeeltes gereed hou om in die verskillende vorms van versoeking te gebruik. Ons mag nooit op ons eie redenasievermoë en wysheid staatmaak nie, gebruik slegs God se Woord. Een toepaslike skrifgedeelte is baie doeltreffender as al die filosofieë in die hele wêreld. Satan kan 'n direkte bevel van die Almagtige glad nie teëstaan nie. Ons sal veilig wees as ons bly by die eenvoudige verklarings {deklarasies} van die Bybel, en 'n versoeking weerstaan met 'n direkte bevel van God. Dit is dus uiters noodsaaklik om die Woord van God dikwels en doeltreffend te bestudeer, sodat ons die nodige kennis kan opdoen om die vyand met toepaslike skrifgedeeltes te weerstaan. Hy wat die Woord van God toelaat om ryklik in hom te woon en geloof in die Woord het, het geen vrees vir die krag van die versoeker nie. Hy staan vas in die vryheid waarmee Christus hom vrygemaak het. Spr 30:5 Elke woord van God is gelouter; Hy is n skild vir die wat by Hom skuil. Luk 11:28 En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar. Rom 10:17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. Heb 4:12 Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. Jak 1:22 En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie. 13

Wapenrusting. Die wapenrusting bestaan uit twee afdelings. Die wapens ter verdediging en die aanvalswapens. Die gordel, borswapen, helm, skoene en skild vorm deel van die wapens ter verdediging. Die swaard is ons enigste aanvalswapen. Dis interessant om te weet dat die antieke Griekse- en Romeinse soldate permanent gewapen was. Voordat hulle betrokke geraak het by gevegte het hulle altyd eers saam geëet en elke aanval was voor-afgegaan met gebede tot hul gode, vir sukses. Geestelike oorlogvoering. Om sterk te staan in die verdediging moet ons sorg dat: [1] ons lendene omgord is met die waarheid, [2] ons die borswapen van geregtigheid aantrek, [3] skoene aan die voete het vir die bereidheid van die evangelie. [4] en die skild van die geloof opneem. Om aan te val moet ons sorg dat ons: [1] die swaard van die Gees opneem. 'n Kort opsomming - die praktiese toepassing. Bestudeer en ken die Woord van God, glo dit en pas dit in jou lewe toe. Om die lendene [van jou verstand] met die waarheid te omgord, moet jy die waarheid ken. Om die borswapen van geregtigheid aan te trek, moet jy die geregtigheid verkry deur die bloed van Jesus. Die skoene aan jou voete word aangetrek deur die waarheid te ken, want die waarheid sal jou vry maak, ook om die evangelie te verkondig. Die skild van geloof kan jou alleenlik beskerm wanneer die geloof gekom het deur 14

die Woord, en die Woord is die waarheid. Die enigste effektiewe aanvalswapen teen die vyand is die swaard van die Gees en dit bring ons weereens terug by die kennis van die Woord, wat die WAARHEID is. 'Geestelike Bomme' Die Woord van God voorsien ons van, wat ons 'geestelike bomme' kan noem, om in die 'kamp' van die vyand te gooi. Wanneer jy siek is: Eks 15:26...; want Ek is die HERE wat jou gesond maak. 2Kon 20:5...: So spreek die HERE, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, Ek het jou trane gesien; kyk, Ek sal jou gesond maak;... Psa 30:3 HERE, my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my gesond gemaak. Psa 107:20 Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy [Jesus] hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red. Jer 17:14 Maak my gesond, HERE, dan sal ek gesond word; verlos my, dan sal ek verlos word; want U is my lof. Jer 30:17 Want Ek sal genesing vir jou tot stand laat kom en jou van jou wonde gesond maak, spreek die HERE;... Jer 33:6 Kyk, Ek laat vir die stad genesing en gesondmaking tot stand kom en sal hulle gesond maak en aan hulle openbaar n oorvloed van duursame vrede. Mat 4:24...; en Hy het hulle gesond gemaak. Mat 8:16...; en almal wat ongesteld was, het Hy gesond gemaak, Mat 12:15..., en Hy het hulle almal gesond gemaak, Mat 14:14 En toe Jesus uitgaan, het Hy n groot skare gesien en innig jammer vir hulle gevoel, en Hy het hulle siekes gesond gemaak. Mat 15:30..., en Hy het hulle gesond gemaak, Mat 17:18 Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van 15

hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af. Mat 21:14 En daar het blindes en kreupeles na Hom gekom in die tempel, en Hy het hulle gesond gemaak. Mar 1:34 En baie wat aan allerhande siektes gely het, het Hy gesond gemaak... Mar 6:13 En hulle het baie duiwels uitgedryf en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak. Mar 16:18...; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word. Luk 4:40...het almal hulle siekes, mense met allerhande kwale, na Hom gebring, en Hy het een vir een van hulle die hande opgelê en hulle gesond gemaak. Luk 9:6... oral die evangelie verkondig en siekes gesond gemaak. Psa 103:3 Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees, Jes 57:19..., sê die HERE; en Ek sal hulle genees. Mat 4:23 En Jesus het... en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees. Mat 10:1 En Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees. Luk 9:1 En Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees. 1Pet 2:24...; deur wie [Jesus] se wonde julle genees is. Spr 3:8 [vrees die Here]dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente. Jes 53:5..., en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. Jes 58:8 Dan sal jou lig deurbreek soos die dageraad en jou genesing skielik uitspruit; en jou geregtigheid sal voor jou uit gaan, die heerlikheid van die HERE jou agterhoede wees. Mal 4:2 Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid [Jesus] opgaan, en daar sal genesing onder sy 16

vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal. Wanneer jy hartseer is: 1Kron 16:27..., sterkte en blydskap is in sy woonplek. Neh 8:11...; want hierdie dag is heilig aan onse Here. Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die HERE dit is julle beskutting. Joh 15:11... en julle blydskap volkome kan word. Joh 16:22..., en niemand neem julle blydskap van julle weg nie. Psa 105:43 En Hy het sy volk laat uitgaan met vreugde, sy uitverkorenes met gejubel. Psa 126:2 Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen. Psa 126:5 Die wat met trane saai, sal met gejubel maai. Isa 55:12 Want met vreugde sal julle uittrek en met vrede gelei word; In versoekings: Jak 4:7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. Heb 12:4 Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie. Luk 4:8 En Jesus antwoord en sê vir hom: Gaan weg agter My, Satan,... Gen 39:12 Toe gryp sy hom aan sy kleed en sê: Kom hou gemeenskap met my. Maar hy het sy kleed in haar hand laat agterbly en gevlug en na buite geloop. [Vlug vir versoeking.] 1Kor 10:13 Geen versoeking het julle aangegryp behalwe n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra. Mat 26:41 Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie.... 17

1Tim 6:9 Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang. Jak 1:12 Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet. 2Pet 2:9 die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word; Jak 1:13 Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. ONTHOU!!! Hy kom altyd weer terug! Luk 4:13 En toe die duiwel elke versoeking geëindig het, het hy n tyd lank van Hom gewyk. In Swaarkry: Joh 10:10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. Psa 112:3 He. Oorvloed en rykdom is in sy [die man wat die Here vrees] huis; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid. Psa 66:12 U het mense oor ons hoof laat ry; ons het in die vuur en in die water gekom, maar U het ons uitgelei in die oorvloed. Num 6:24 Die HERE sal jou seën en jou behoed; Num 6:25 die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; Num 6:26 die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee. Deut 15:6 Want die HERE jou God seën jou soos Hy jou beloof het, sodat jy aan baie nasies sal uitleen, maar self nie hoef te leen nie;... Deut 28:8 Die HERE sal die seën oor jou gebied in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan;... 18

Saamgestel deur: Past Willie en Miemie Horne Posbus 872 KLEINBRAK 6503 (o44) 696-5891 Epos: konanja333@gmail.com Indien u enige berading, geestelike hulp of gebed benodig, kan u ons kontak by bogenoemde kontak besonderhede. Die Here seën U!!! As ons ontmoet en jy vergeet ons, het jy niks verloor nie, maar as jy Jesus Christus ontmoet het en jy vergeet Hom, het jy alles verloor. 19

20