Die lewende God is meer as genoeg. Alles ter wille van ons groot God. Nie n verbruiker nie, maar n aanbidder. God se volk stel sy eer eerste

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

n Prins word die Skaapwagter

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Van Vervolger tot Prediker

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Pretoria- 23 Junie 2012

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Les 6 vir 10 November 2018

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Die Blye Boodskap. The Good News

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Wat kan die kerk doen?

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Die betekenis van die kruis (1)

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Preek Jan Steyn 20 Oktober Teks: Mattheus 8:23-27, Mattheus 14::22-32 Tema: Toe kom Jesus

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

K O'REILLY

Die Boek van Moses. Facebook vir Shama Bedienings : Ministries/ ?

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Emotional drainage / Emosionele dreinering

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

ToekomsVenster Aan die anderkant van 2020

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Community of Practice

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

G E L O O F F A I T H GOD SE UITNODIGINGS POSBUS 232, BALLITO, 4420 TEL: (032) / FAKS: (032)

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Die maan en sy rol in ons wereld *

GEBED AS LEEFSTYL. Gebed is uiters belangrik!!!

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Transcription:

978-1-4316-1079-2_God is genoeg_afdeling.indd 2 2014-06-27 3:54:46 PM

Inhoudsopgawe JANUARIE FEBRUARIE MAART Die lewende God is meer as genoeg Alles ter wille van ons groot God Nie n verbruiker nie, maar n aanbidder APRIL So klink nuwe lewensliedere (deel 1) MEI So klink nuwe lewensliedere (deel 2) JUNIE JULIE AUGUSTUS God se volk stel sy eer eerste n Mooi lewe wat God se grootheid laat skitter Kyk en leef God raak in die regte lewe SEPTEMBER So lyk ware geloof OKTOBER Om meer van die Here te beleef vra om groter band wydte aan ons kant NOVEMBER Onthou die Here beter DESEMBER Fokus!

JANUARIE DIE LEWENDE GOD IS MEER AS GENOEG

1 Januarie Christus is genoeg Om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins. (Filippense 1:21) J esus is genoeg. Regtig! Tog was dit nie altyd die geval in my eie lewe nie. Vir n lang tyd het ek gedink Christus is ge noeg, maar toe kom ek op n dag agter ek het Hom eintlik nodiger vir al die dinge wat Hy vir my moet doen as wat ek Hóm no dig het. Onder andere het ek die ewige lewe nodig gehad. Toe gee Jesus dit vir my. Ook het ek Iemand nodig gehad wat my krag moes gee as ek dit kortgekom het. Jesus het presies dit ge doen. Hy moes in al my behoeftes en begeertes voorsien. Nou praat ek van goeie begeertes, soos om hemel toe te gaan, gesond te wees, reg te leef en nog meer bruikbaar vir God te wees. Op sig self is al hierdie behoeftes goed en reg. Die probleem was net dat ek nie vir Jesus alleen nodig ge had het, of slegs na sy hei li ge teenwoordigheid verlang het nie. Diep binne-in my wou ek ge du rig hê Jesus moes in al my behoeftes voor sien. Die uit ein de was dat ek behoefte-aangedrewe geraak het wat my geloof be tref. Ek het in n godsdienstige verbruiker verval. So lank as wat Jesus alles vir my gegee het waarvoor ek gebid het, was ek gelukkig en dankbaar. Sodra dit egter lyk of my gebede on ver hoord by die Here se troon verbygaan, was ek lang-gesig. Toe leer die Here my die les van n leeftyd: As die Here self nie vir my ge noeg is nie, dan sal ek nooit gees telik groei nie. Anders gesê, gees te like groei is om te skuif van af alles wat God vir my moet doen na God wat altyd en orals vir ons GENOEG is. Groei is om saam met Paulus uit te jubel: Om te lewe is vir my Christus. Hy is my lewe, my hoop, my blyd skap, my alles. Net Hy!

Alles gaan oor Jesus 2 Januarie Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan. (Johannes 5:24) S ommige mense se idee van die hemel stem min of meer ooreen met hulle beste oomblikke hier op aarde, net sonder al die mis - daad, korrupsie en sondes wat die wêreld kenmerk. Dit kom ek agter as ek hoor wat mense alles oor die hemel skryf, sing en praat. Die mees te wonder eintlik net watter geliefdes hul le een dag daar gaan raakloop; watter plek hulle in die he mel gaan kry en of hul le honde en katte darem ook daar gaan wees. Min men se vra ooit uit oor Christus se teenwoordigheid in die ewig heid. Ekself het vir lank aan die hemel gedink as n op ge gradeer de weergawe van my huidige lewe. Jesus se taak was eint lik maar net om vir my n brandversekeringpolis uit te reik met die naam ewige lewe daar op geskryf. Tussendeur moes Hy vir my plek hou totdat ek vei lig tussen al my geliefdes is. Wag net, voordat jy my afskryf as n ketter: Jesus gee verseker die ewi ge lewe aan elkeen wat glo. Ongetwyfeld wag daar n nuwe he mel en aarde op al sy geliefdes. Tog is dit nie n plek nie, maar n Persoon. Die hemel is presies daar waar Jesus is. Hyself is die Lewe; Hy gee dit nie maar net nie. Jesus is self die Pad; Hy wys dit nie maar net aan nie. Je sus is die Opstanding en die Lewe; Hy skenk dit nie maar net aan ge hoorsames nie. Jesus is self die Brood van die Lewe; nie maar net die uitdeler van ewige brood nie. As dit nie vir my oor Jesus alleen gaan nie, maar oor n plek waar ek in die hier na maals saam met my geliefdes sonder siekte en misdaad kan kui er, dan is Jesus eintlik maar net n Voorsiener van die een of an der ewige lewenspolis. Feit is, Jesus is die Ewige Lewe, of ek hier is, of daar. Hy is my enigste troos.

3 Januarie Nie n tekort-kommer nie Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. (Efesiërs 1:3) T en diepste is ons almal behoeftes-aangedrewe. Ons is wants and needs driven, soos die Engelse sê. Ons is bodemlo se putte propvol eindelose behoeftes. Ons is professionele te kort- kom mers. Alles wat ons sien dié wil ons hê. Ons kort nog n bietjie van dit en n stukkie van dat. Daardie nuwe selfoon; hier die TV-skerm; n vinniger rekenaar; beter toerusting; goeters vir ons huis Dit gaan ook nie juis anders op die geloofsfront nie. As jy my nie glo nie, luister maar net na die meeste mense se gebede. n Hele 80% indien nie 90% van alle gebede nie is versoeke, vrae en verskuilde opdragte aan die Here. Doen asse blief dit en dat. Ver ander persoon X. Sorteer geval Y uit. Wees met gesin B. Gee vir my hierdie of daardie. Toets gou jou eie gebede. Hoeveel daarvan is net met een woord deur drenk, naamlik dankie? Hoeveel van jou gebede wil niks van God hê nie, behalwe die voorreg om in sy heilige teen woor digheid te mag wees? Ek weet baie goed wat die ant woord is in my eie geval. Daar om dat ek en jy n drastiese koers aan pas sing in ons ver hou ding met die Here moet maak. Ons moet leer dat God alleen genoeg is. Sy heiligheid, grootheid, liefde, genade, ontferming, naby heid, skoon heid, heerlikheid en glans is oor ge noeg. Sy teenwoordig heid moet so oorweldigend wees dat ons net in stille verwondering by Hom wil sit. Lof en dank moet ons grootste woorde ooit wees daar aan sy voe te. Ons moet uit asem van opgewondenheid wees om nou reeds in die voor howe van die Heerser van die heel al te mag wees. Sy lof moet ons ge be de se suurstof wees. Diep dankbaarheid dat Hy ons in Jesus se Naam raakgesien en hoog opgetel het, moet ons ge bed staal om raam. Dan bid ons reg. Dan word ons geloofsbeker vol met die reg te inhoud. Dan word ons oorweldig deur ons hemel se Va der se on uitspreeklike rykdom en genade.

Brood is brood-nodig 4 Januarie Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom. (Johannes 6:14) J ohannes 6 het my eie teologie omgekeer. Dit is n aardskuddende teks dié. Dit het my geleer dat die groot skuif in my lewe moet wees vanaf Jesus as broodverskaffer na Jesus wat die Brood van die Lewe is. Kom ons staan vir n paar dae by hierdie kanon-teks stil met die gebed dat God ons lewe diep hierdeur sal aanraak. Johannes 6 begin met n groot skare wat agter Jesus aankom wanneer hul le sien watter groot wonders Hy doen (6:2). Won der werke is al tyd skaretrekkers. Toe vra Jesus sy dissipels hoe hul le vir al hier die mense gaan kos gee. Nie eens 200 denarii, of te wel n jaar se persoonlike inkomste, is genoeg hiervoor nie, het Fi lip pus da de lik ge ant woord (6:7). Halfsarkasties het Andreas ge sê daar is da rem vyf brode en twee vissies in n kind se hand wat hul le kon gebruik (6:9). Toe laat Jesus die skare, wat meer as 5 000 mans in gesluit het, sit en deel brood en vis aan almal uit. So baie kos was daar dat 12 mandjies vol oorgebly het. Almal wat hierdie won der teken van Jesus gesien het, het gedink Hy is die nuwe Moses; die groot Pro feet van God. God ken ons diepste behoeftes. Hy weet dat ons elke dag brood nodig het, en Hy voorsien dit. Ons mag en moet bid vir vandag se brood. Ons mag ons diepste, wettige behoeftes aan Hom bekendmaak. Vandag se brood en vandag se klere en vandag se stukkie le we; dit mag ons gelowig van die Here afsmeek. Die goeie nuus is dat Hy elke slag betyds opdaag hiermee. Vandag se hemelse brood wag sedert vroegoggend reeds op ons voorstoep. Vandag se porsie gees telike manna is met komplimente van die hemel toe reeds by ons lewensdeur afgelewer. Ons moet net afbuk en dit optel. God daag altyd betyds op by elke dag wat die naam vandag dra; al noem ons hierdie einste dag tans 4 Januarie.

5 Januarie Geen Brood-Koning nie Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen. (Johannes 6:15) J esus het geweier om n celebrity te wees toe Hy op aarde was. Hy wou nooit n skaretrekker wees nie. Gewildheid was glad nie vir Hom belangrik nie. Toe 5 000 mans en wie weet hoeveel dui send vroue en kinders Hom in Johannes 6 tot koning wou maak nadat Hy vir hulle brood vermeerder het, het Jesus inderhaas pad gegee. Die skare wou daardie dag n nuwe koning hê, een wat elke dag vir hulle verniet brood sou gee. Hulle wou Moses die Tweede hê wat manna by hul voorstoep aflewer sodat hulle nie meer nodig sou hê om self brood te bak, of hard te werk, of na die winkel toe te stap om brood te gaan koop nie. In ruil vir sulke brood kon Jesus hulle koning word, het hulle voorgestel. Nee, hulle het nie net so gedink nie; hulle wou hierdie idee gewelddadig op Hom afdwing, soos Johannes skryf. Jesus weier om aan mense se skewe verwagtinge van n messias te voldoen. Hy is nie n hemelse eenstop-diens wat op aanvraag be skikbaar is om almal tevrede te stel, of wat ons selfsugtige behoeftes links en regs bevredig nie. Ja, Jesus is wel bereid om vir ons brood te gee as deel van ons wettige behoeftes voor God, maar Hy is definitief nie bereid om toe te laat dat ons ons verantwoordelikheid om hard te werk systap nie. Ook is Jesus nie bereid om bloot net as n broodvoorsiener uit die hemel gesien te word nie. Daarom dat Hy pad gee as die skare Hom tot Brood-Koning wil kroon. Hy is die Here van hemel en aarde wat op sy eie terme ver staan en gedien moet word. Vandag nog! Jesus is nie in ons diens nie. Ons het geen beheer oor Hom nie. Ons buig voor Hom. Ons onderwerp ons aan sy wil. Dan alleen dien ons Hom reg.

6 Januarie Magtiger as wind; ligter as water Jesus sê vir hulle: Dit is Ek; moenie bang wees nie. (Johannes 6:20) T oe Jesus in Johannes 6 padgee van die skare wat Hom met geweld tot koning wou verklaar, het Hy God in stilte gaan opsoek. Daar aan sy Vader se voete het Jesus tyd deurgebring ná die teleurstelling van die skare wat nie ingesien het wie Hy regtig is nie. Later daardie aand het sy dissipels sonder Hom per boot vertrek terug na hul tuisdorp Kapernaum. Toe raak die See van Galilea rof. n Storm het opgesteek. Na n lang ruk se geroei en gespartel sien die dissipels skielik vir Jesus bo-op die water. Hulle het bang geword. n Mens verwag immers nie iemand wat ligvoets bo-op die water loop terwyl jy besig is om vir jou lewe te roei op n klein skuitjie in die middel van n groot meer nie. Toe sê Jesus vir sy dissipels: Ek is! Moenie bang wees nie. Veral sy woorde: Ek is, was aardskuddend. Dit is die einste woorde waar mee God Homself aan Moses by die brandende braambos in Eksodus 3 bekendgemaak het. Dit is openbaringstaal. In die mid del van die storm openbaar Jesus sy eie Godheid. Immanuel loop nou ligvoets op die water. Die Here is midde-in die krisis aanwesig. Hy is op pad na sy bang dissipels in hulle klein skuitjie. Hy klim selfs aan boord. Nie eens die stormwinde van Galilea kan Jesus se dissipels van Hom af wegwaai nie. Bo-op die water kies Hy koers na hulle toe. In die midde van die storm klim Hy aan boord in hul le lewe. Ligter as stormwaters en eindeloos sterker as groot storm winde; dit is presies wie Jesus is. Vandag nog heers Hy as Here oor die natuur. Vandag nog loop Hy alle ander storms uit die pad. As die Here daag Hy betyds op in elke kris. Ek is is steeds sy bekendstellingswoorde aan elke bang dissipel. Luister mooi en hoor dit ook naby jou vandag.