GEBEDSGIDS. Die Behdini-sprekende Koerde van Irak

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Les 6 vir 10 November 2018

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

n Prins word die Skaapwagter

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Van Vervolger tot Prediker

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Die maan en sy rol in ons wereld *

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Die betekenis van die kruis (1)

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Waar is God as ons swaarkry?

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Berribrokkies Nuusbrief van Fred en Paula Berrington Posbus 739, Groot-Brakrivier, (Fred) (Paula) Mei 2014

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Wat is hierdie sondes waarvan Jesus in die Ons Vader praat? Volgens Luther is dit die miskenning van God. Om in onsself gekeer te wees.

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P1

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Preek-notas: Romeine 3:21-31

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Die Nuwe Verdraagsaamheid

A. Dr EJ Smit tables the report. B. The report will be concluded during the Synod session.

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

Luister na God. enlewe vir ewig

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Nederlandse Geloofsbelydenis

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Laat die Woord Getuig

Transcription:

GEBEDSGIDS Sondag 1 Oktober 2006 Die Internasionale dag van gebed vir die vrede van Jerusalem Die Internasionale dag van gebed vir die vrede van Jerusalem is ingestel met die steun van honderde Christelike leiers oral in die wêreld en word jaarliks op die eerste Sondag in Oktober gehou. Laat ons saam met duisende Christene in die wêreld bid vir die Here se planne vir Jerusalem en sy mense om volbring te word. Bid dat meer individuele Christene, volkere en kerke sal bid vir God se wil om in Israel te geskied. Vra vir die vrede van Jerusalem (Ps.122:6-9). (Webruimte: http://daytopray.com/folders.asp?action=display&record=2). Dag 9: Die Behdini-sprekende Koerde van Irak Daar is omtrent 1,7 miljoen Behdini-sprekende Koerde in Irak. Behdini is verwant aan Kurmanji wat deur omtrent 10 miljoen mense wêreldwyd gepraat word. Meer as 90% van die Behdini-sprekende Koerde is Sunni Moslems, in werklikheid praktiseer die meeste 'n bygelowige 'inheemse' Islam. Op die oomblik is net die evangelie van Johannes in Behdini gepubliseer. Ander dele van die Nuwe Testament word wel versprei, maar word eintlik nog hersien. Die JESUS Film in Behdini is in Noord-Irak op Koerdiese TV uitgesaai. Bid dat die baie klein groepie gelowiges onder die Behdini-sprekende Koerde sal toeneem in hul vertroue op die Here, terwyl hulle groei in die geloof. Bid ook dat die hele Nuwe Testament so gou as moontlik in Behdini vertaal en goedgekeur sal word vir publikasie, asook gedruk en versprei sal word. Vra ook vir die verspreiding van audio en video verwerkings van die evangelie. (Webruimte: http://www.30-days.net/). Bid deur die 10/40 Venster: Dag 1 Indië, Suid-Asië: Oorheersende godsdiens: Hindoeïsme; 34 ste op die wêreld ranglys van vervolging. Bid dat gelowiges met vrymoedigheid hul geloof met ander sal deel. Bid vir Christene, dat verskeie kreatiewe projekte die mense sal ophef en dat hulle, veral sal toeneem in die kennis van Jesus Christus en sal floreer. Mauretanië, Noord-Afrika: Oorheersende godsdiens: Sunni Islam; 40 ste op die wêreld ranglys van vervolging. Bid dat die Here Sy kerk in Mauretanië sal bou en versterk, vir meer dissipelskap en mentors vir jong Christene. Vra dat almal wat Sy aangesig soek geestelik volwasse sal word. (Webruimte: www.win1040.com). Maandag 2 Oktober 2006 Ethnê onbereikte volkere projek: Sentraal-Asië Bid vir deurbrake Handel en Islam het 'n pad gebaan langs die Sy-roetes van Sentraal-Asië wat 70 jaar van Sowjet bewind nie kon verander nie. Die meeste van die tale in die gebied het 'n Turkse basis sedert die dae van die Turks-Ottomaanse Ryk. Die meeste ander tale in die gebied is gebaseer op Farsi, die taal van Persië. Sentraal-Asië was tradisioneel 'n wêreldmag. Die marginale Moslems van die Turkse wêreld is op soek na 'n nuwe identiteit. Bid vir deurbrake vir die evangelie om in Sentraal-Asië te kom en vir baie arbeiders om na hierdie ryp oesland te gaan. (Webruimte: www.joshuaproject.net/ethne_globalregion.php of http://www.ethen.net/hel/regions, e-pos:ethne06@ethene.net). Dag 10: Die Zaza in Turkye Die Zaza of Dimli is nie Turke nie en ook nie Koerde nie. Hulle is 'n volk met 'n mondelinge kultuur. Dit beteken dat hulle nie 'n geskrewe taal het nie. Die verskille tussen hulle taal en Turks, in woordeskat en grammatika is van so 'n omvang, (vergelykbaar met die verskil tussen Duits en Hollands), dat die twee groepe probleme het om mekaar te verstaan. Die JESUS Film is reeds beskikbaar vir die noordelike Zazagroep en daar word gewerk aan die weergawe vir die suidelike groep. Hierdie soort bediening is veral belangrik vir mondelinge kulture want baie mense kan nie lees of skryf in hulle eie tale nie. Bid dat hierdie mense die identiteit wat God vir hulle in Christus beplan het, sal ontdek. Bid ook vir kultureel geskikte maniere om die evangelie aan die mense te verkondig. Vra dat die mense van die noordelike groep die vertaalde JESUS Film sal aanvaar en vir die voltooiing daarvan vir die suidelike groep. Bid vir die versterking en groei van die enkele Christene en vir die vestiging van nuwe gemeentes. Bid ook vir die voltooiing van

vertaalwerk aan die Bybel in die suidelike dialek. (Webruimte: http://www.30-days.net/). Bid deur die 10/40 Venster: Dag 2 Soedan, Noord-Afrika: Oorheersende godsdiens: Sunni Islam; 19de op die wêreld ranglys van vervolging. Bid dat die kerk 'n baken van hoop en 'n model van rekonsiliasie in hierdie nasie sal word. Bid dat die Here die Soedanese Christene kragtig sal gebruik om Soedan te transformeer te midde van vervolging. Afganistan, Suid-Asië: Oorheersende godsdiens: Sunni Islam; 10 de op die wêreld ranglys van vervolging. Bid dat die Afgaanse Christene versterk sal word in hul geloof te midde van vervolging. Bid ook vir 'n groter openheid onder Afgaanse teenoor die evangelie. (Webruimte: www.win1040.com). Dinsdag 3 Oktober 2006 Enkele basiese leerstellings van Islam (vervolg van 30 Sept.) Moslems aanvaar ses basiese oortuigings of artikels van die Islam geloof. Die vierde oortuiging van die Moslems is Die Profete. Hulle glo dat Allah talle profete na die mens gestuur het bv. Adam (Allah se uitverkorene), Noag (Allah se mondstuk), Moses (Allah se woordvoerder). Jesus (Allah se woord/profeet), Mohammed (Allah se apostel). Mohammed se openbaring word beskou as die grootste van almal. Hy word genoem Die Seël van die Profete en Vrede van die wêreld. Die vyfde oortuiging van die Moslems is Voorbeskikking. Hulle glo dat alles wat gebeur, goed of sleg, is vooraf beskik deur Allah se wil en is sy finale besluit. Die sesde oortuiging van die Moslems is Die Dag van Oordeel. Hulle glo dat die goeie en slegte dade van 'n mens op 'n skaal gesit word. Met genoeg persoonlike verdienste en geregtigheid en die guns van Allah, sal hulle na die ewige hemel gaan. Al die ander mense glo hulle, gaan na die ewige hel. Christene glo dat God Sy beloftes deur die profete gespreek het, maar die getuienis van Christus is die gees van profesie (Op.19:10). Ons is deur genade gered en God luister en slaan ag op die gebede van gelowiges. Dit is die wil van ons hemelse Vader dat selfs dié wat sondig is, gered sal word en nie sal sterf nie (Eseg.18:23-24). BIDdat Moslems 'n bonatuurlike openbaring van God se genade en die liefde van Christus sal kry. Dat hulle nie die oordeelsdag sal vrees nie, maar eerder nou sal uitsien na Christus se wederkoms. Bid vir 'n honger en 'n dors om in Moslems se harte te kom sodat hulle sal soek om die Bybel te lees en Christus as Redder sal ontmoet. Dag 11: Moslems in Isfahan Isfahan het 'n bevolking van 1 001 000 en is een van die oudste stede in Iran. Die stad is 2 500 jaar oud en is geleë in Wes Iran. Daar is vandag 'n klein klompie Christene uit 'n Moslem agtergrond in die meeste stede in Iran, ook in Isfahan. Maar die oorweldigende meerderheid van die bevolking van Iran is steeds Sjiite Moslems. Baie min gelowiges openbaar hulle ware gedagtes omtrent Christus in die openbaar uit vrees vir vervolging. Vra dat die Here die oë van die mense van Isfahan sal oopmaak, sodat hulle uit die duisternis na die lig sal kom en van die heerskappy van Satan na God. Bid asseblief vir die nuwe gelowiges dat hulle geestelik sal groei, getrou sal bly aan Jesus en sal voortgaan om die evangelie aan ander te bring. (Webruimte: http://www.30-days.net/). Bid deur die 10/40 Venster: Dag 3 Koeweit, Arabiese Skiereiland: Oorheersende godsdiens: Sunni Islam, 41 ste op die wêreld ranglys van vervolging. Bid vir effektiewe leierskap en toerusting vir Christene van alle taalgroepe. Bid dat diegene wat besluit om Christus te volg, vrede, vreugde en krag sal hê wanneer hulle vervolg word deur hul families. Bangladesj, Suid-Asië: Oorheersende godsdiens: Sunni Islam; 46 ste op die wêreld ranglys van vervolging. Bid vir diegene wat Jesus Christus volg, om Hom dieper te leer ken en so in hul gesinne en gemeenskap te leef, dat hulle vriende en familie Hom ook sal wil leer ken. (Webruimte: www.win1040.com). Woensdag 4 Oktober 2006 Enkele basiese leerstellings van Islam Elke Moslem moet minstens vyf fundamentele godsdienstige pligte, bekend as die "Pilare van Godsdiens" be-oefen. Die eerste is om die geloofbelydenis van Islam op te sê Daar is geen God behalwe Allah en Mohammed is sy profeet. Die tweede is gebed. Hulle moet voorgeskrewe gebede vyf keer per dag bid. Weereens glo Christene in 'n drie-enige God, die Vader, Seun en Heilige Gees en die drie is een. Daarom kan die god van Islam en die God van Christene nooit dieselfde wees nie. Vir Christene is Jesus Christus die enigste weg, die waarheid en die lewe na die hemelse Vader. Iemand wat Jesus verwerp, verwerp die Vader wat Hom gestuur het (1Joh.5:10-11).

BID dat Moslems 'n groeiende begeerte in hulle harte sal hê om meer oor die God van die Christene uit te vind. Dat selfs dié wat meer tyd spandeer in gebed tot Allah, skielik 'n verlange sal hê om meer van Christus uit te vind. Bid dat die Here baie Moslems wat opreg na iets dieper soek, sal antwoord en Jesus aan hulle sal openbaar. Dag 12: Kosova Kosova het 'n beraamde bevolking van 2,2 miljoen bestaande uit Albaniërs (88%), Serwiërs en Montenegryne (7%) en ander (Turke, Romani) (5%). Hierdie gebied in die Balkan is bekend onder twee name; Kosovo volgens die Serwiërs en Kosova volgens die Albaniërs. Christene wat die gebied in die afgelope paar jaar besoek het, gee hierdie verslag: "Ons het die meeste van die tyd by een van die gemeentes in die hoofstad Pristina deur gebring. Die hand van die Here is aan die beweeg in Kosova en baie mense is honger vir die evangelie. Ons was verbaas oor die openheid waarmee die mense oor Christus praat. Ons het groot vryheid gehad om oral waar ons gegaan het die evangelie te bring en ons het baie Bybels en traktaatjies uitgedeel. Bid dat die jong gelowiges sal groei in die kennis van God en selfs meer doeltreffend hulle getuienis in woord en daad aan ander verkondig. Bid vir 'n groter wordende geestelike honger by die Moslems van Kosova. Vra dat die gelowiges gevul sal word met God se wysheid en 'n bron van lig en van hoop vir hulle mense en hulle land sal wees. (Webruimte: http://www.30-days.net/). Bid deur die 10/40 Venster: Dag 4 Japan, Oos-Asië: Oorheersende godsdiens: Shintoïsme. Nie gelys op die wêreld ranglys van vervolging nie. Bid dat die Heilige Gees die Japanese kerk sal help om kultureel toepaslike vorme van aanbidding en bediening daar te stel. Bid vir Japanese Christene om maniere te vind om hul gemeenskappe te dien en so die liefde van Christus uit te leef. Guinee-Bissau, Wes-Afrika: Oorheersende godsdiens: Tradisioneel; nie gelys op die wêreld ranglys van vervolging nie. Bid dat die kerk nasionaal sterk sal fokus op evangelisasie deur Bybelvertaling, radio-uitsendings, die JESUS Film en ander toepaslike maniere van kommunikasie in hierdie grootliks ongeletterde gemeenskap. Vra dat die kerk ook juis nou die evangelie, veral onder die oorblywende onbereikte groepe in hierdie land sal uitdra. (Webruimte: www.win1040.com). Donderdag 5 Oktober 2006 Enkele basiese leerstellings van Islam (vervolg van 4 Okt.) Elke Moslem moet tenminste vyf fundamentele godsdienstige pligte, bekend as 'Pilare van Godsdiens', beoefen. Die derde fundamentele godsdiensplig wat Moslems moet onderhou is die maand van vas, bekend as Ramadaan, waar hulle gedurende die dag moet vas. Die vierde pilaar is om vir die armes te gee. Die vyfde fundamentele godsdiensplig is die pelgrimstog na Mekka (waar Mohammed gebore is). Die laaste godsdiensplig wat dikwels geassosieer word met die vyf pilare van godsdiens, is jihad. Wanneer die geleentheid dit regverdig, verwag hierdie plig van Moslems om oorlog te maak om Islam te beskerm. Jihad kan geinterpreteer word as innerlik (die geestelike stryd), of uiterlik (beskerming van Islam). Christene word nie verplig om te vas nie, alhoewel dit 'n wonderlike geestelike dissipline is. Om vir die armes te gee is ook Bybels korrek, maar dit word gedoen as 'n daad van onbaatsugtige liefde. Christene glo dat hulle deur genade gered is en het nie nodig om iets te doen om dit te verdien nie, alhoewel Christene wel deur goeie werke God behoort te verheerlik (1Pe.2:12). BID dat baie Moslems wêreldwyd sal begin om sommige van die pilare en pligte van hulle geloof te ondersoek. Bid dat baie van hulle op die regte tyd 'n bonatuurlike ontmoeting met Jesus Christus sal hê en sal kies om Hom aan te neem en te dien. Dag 13: Lyon, Frankryk Daar is 1,26 miljoen mense in Lyon en omgewing, waarvan 150 000 Moslems is. Die meerderheid van die Moslems kom van Noord-Afrika lande soos Algerië, Marokko en Tunisië. Sommige woon reeds vir geslagte lank in Lyon. Baie voormalige Moslems getuig daarvan dat hulle tot geloof gekom het deur die standvastige getuienis van Franse Christenvriende. Sommige groei tot geestelike volwassenheid, maar baie dra nog swaar laste as gevolg van moeilike kinderjare. Bid vir 'n geestelike deurbraak onder die Moslems en Franse in Lyon. Bid vir kultureel sensitiewe werkers wat ten spyte van teenstand met vasberadenheid onder die Moslem jongmense sal werk. Christene wat onder die Moslems in Frankryk werk moet gewoonlik okkultiese invloede aanspreek sowel as griewe oor ervarings van rassisme en vooroordeel van party van die Franse. Vra die Here om Sy diensknegte toe te rus om

hierdie uitdagings te hanteer. (Webruimte: http://www.30-days.net/). Bid deur die 10/40 Venster: Dag 5 Bhoetan, Suid-Asië: Oorheersende godsdiens: Boeddhisme; 8 ste op die wêreld ranglys van vervolging. Bid vir die vertaling van die Bybel in hul eie taal. Vra die Here dat die regering meer vryheid vir Bhoetanese sal bring om Hom te soek en dat dit ook deur die landswet ondersteun sal word. Saoedi-Arabië, Arabiese Skiereiland: Oorheersende godsdiens: Sunni Islam; 2 de op die wêreld ranglys van vervolging. Bid vir wysheid en bemoediging vir alle Christene in Saoedi- Arabië en dat God hulle sal gebruik om herlewing en Christus se teenwoordigheid in hierdie land te bring. Vra dat die regering sal reageer op oproepe tot hervorming binne en buite Saoedi- Arabië. (Webruimte: www.win1040.com). Vrydag 6 Oktober 2006 Enkele basiese leerstellings van Boeddhisme Boeddhisme is 'n afsplintering vanaf Hindoeïsme. Feitlik alle Boeddhiste aanvaar sekere sleutel leerstellinge, nl.: (a) die vier edel waarhede, (b) die agt-voudige pad, (c) die tydelikheid (verganklikheid) en uiteindelike "illusie/versinnebeelding" van alle dhamas (dinge, gebeure) en (d) die behoefte aan voorligting (bevryding deur bewustheid). Boeddha het bv. geleer: Die hele wêreld van misleiding is niks anders as 'n skaduwee veroorsaak deur die verstand...daar is geen wêreld... buite die verstand. Vir Boeddha is elke duidelike ding 'n illusie, dinge het geen realiteit in hulleself nie. As Christene glo ons in die unieke Seun, of die eniggebore Seun van God, wat in die boesem (in die intieme teenwoordigheid) van die Vader geopenbaar is (Joh.1:18). Alles het deur Hom tot stand gekom: nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie (Joh.1:3) en dit is allermins 'n illusie. BID dat Boeddhiste 'n openbaring sal kry van Jesus Christus as die Een wat mens geword het (sigbaar geword het), wat tussen ons gewoon het (nie 'n misleiding of illusie nie, maar 'n realiteit) en deur wie alles geskep is en ontstaan het. Vra dat elke hindernis verwyder sal word sodat hierdie waarhede aan hulle openbaar sal word. Dag 14: Genéve Sommige Christene van Genéve het die geleentheid gehad om met die besoekers uit die Midde-Ooste oor die evangelie te praat. In die loop van een maand gedurende 2005 het 200 mense 'n 'n breedvoerige verduideliking van die evangelie gehoor. Ongeveer 30 mense het te kenne gegee dat hulle graag baie meer van Jesus Christus wil weet. Bid vir die Boeddhiste wat hulle wel bekeer, dat die Here hulle sal help om ware dissipels in lewendige Christelike gemeentes te word. Vra vir die ontwikkeling van bedieninge in ander dele van Europa met 'n aansienlike Moslem bevolking en heelwat Moslem toeriste. (Webruimte: http://www.30-days.net/). Bid deur die 10/40 Venster: Dag 6 Guinee, Wes-Afrika: Oorheersende godsdiens: Sunni Islam. Nie op die wêreld ranglys van vervolging nie. Bid vir groei in die Christelike kerke en vir die transformasie van individue, gesinne en gemeenskappe. Vra dat Christene die etniese groepe en vlugteling-gemeenskappe uit naburige lande wat geen doeltreffende Christelike getuienis het nie, sal evangeliseer. Thailand, Suidoos-Asië: Oorheersende godsdiens: Boeddhisme. Nie op die wêreld ranglys van vervolging nie. Dank die Here vir die vryheid van geloof wat Christene meestal in Thailand geniet. Bid dat hierdie godsdiensvryheid sal voortduur en op geen manier aan bande gelê sal word nie. (Webruimte:www.win1040.com). Saterdag 7 Oktober 2006 Enkele basiese leerstellings van Boeddhisme Die vier edel waarhede van Boeddhisme is: (1) alle lewe bring lyding mee, (2) lyding word deur begeerlikheid veroorsaak, (3) begeerlikheid kan te bowe gekom word en (4) die metode om begeerlikheid te bowe te kom is die agt-voudige pad. As Christene weet ons dat pyn en lyding deur sonde en bose begeertes in die wêreld gekom het (Gen.2:3). Die belangrike verskil is dat Christene in 'n God van liefde glo. Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Sal lyding of benoudheid of vervolging? Honger of naaktheid? Gevaar of swaard? In al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. Geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here (Rom.8:35-39). BID dat Boeddhiste 'n openbaring sal kry van die suiwer liefde van God. Dat hulle beskouing

van die lewe, van lyding en begeerte sal verander deur die openbaring van die teerheid en sorg van God se oneindige liefde. Dag 15: Moslems in Fidji Omtrent 7,5% van die totale bevolking van Fidji (893 354) is Moslem; 52% Christene, 38% Hindoe. Christelike sending pogings in Fidji begin nou eers om die kulturele en godsdienstige kenmerke van die verskillende Indiese mense-groepe in Fidji te onderskei, met die gevolg dat die bekering van Moslems voorheen meer toevallig as doelbewus was. Dis nodig dat Christelike gemeentes en groepe bestaande uit voormalige Moslems sal help om nuwe bekeerlinge te laat groei in dissipelskap en om in gemeentes gevestig te word. Bid dat spanne kerkplanters gemeentes vir voormalige Moslems sal stig (Kol.4:5-6). Die meeste Moslems wat Christus, aanneem ontvang dreigemente van hulle godsdiensleiers en druk van hulle gesinne. (Webruimte: http://www.30-days.net/). Bid deur die 10/40 Venster: Dag 7 Niger: Wes-Afrika: Oorheersende godsdiens: Sunni Islam. Nie op wêreld ranglys van vervolging nie. Bid vir voldoende voorrade kos en medisyne om Niger in te stroom om mense te help wat honger ly as gevolg van die droogte, totdat daar weer kos geproduseer kan word. Kirghizstan, Sentraal-Asië: Oorheersende godsdiens: Sunni Islam. Nie op wêreld ranglys van vervolging nie. Bid dat die kerk getrou sal wees in hulle getuienis van Christus. (Webruimte: www.win1040.com). Sondag 8 Oktober 2006 Enkele basiese leerstellings van Boeddhisme Die "agt-voudige pad" van Boeddhisme beteken: (1) korrekte visie, (2) korrekte begrip, (verwagtings), (3) korrekte spraak, (4) korrekte optrede of gedrag, (5) korrekte manier van lewe, (6) korrekte poging, (7) korrekte konsentrasie of oplettendheid en (8) korrekte enkel fokuspunt bepeinsing of meditasie. Christene glo dat die bedoeling van hierdie dinge insigself goed is, die strewe na dit alleen geen ware bevrediging vir enige mens kan bring nie. Elkeen is belangrik, maar dit kan nie ons ingeskape behoefte na iets meer en dieper regtig bevredig of ons red nie. Selfs al sou ons geheel en al een van hierdie dinge probeer uitleef, sal ons baie gou gefrustreerd raak, omdat ons dit nie behoorlik sal kan volhou nie! Jesus het egter gesê: Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. As julle My ken (geleer het om my te herken), sal julle ook die Vader ken. Van nou af ken julle Hom en sien julle Hom (Joh.14:6-7). BID dat Boeddhiste 'n dieper begrip sal kry van wat werklik die siel bevredig. Bid vir 'n honger en dors om in hulle harte te kom. Vra dat geleenthede hulself sal voordoen om van Jesus as die enigste pad na redding te hoor. Dag 16: Die Jambi Maleiers van Indonesië Die meerderheid Jambi Maleiers (omtrent 800 000) lewe in die ylbevolkte gebied van Jambi op die sentraal-oostelike deel van die Sumatra-eiland, Indonesië. Die Jambi Maleiers is Moslems wat bekend is vir hulle Islam fundamentalisme. Hulle is baie trots daarop dat hulle dorpies heeltemal Moslem is. Alhoewel baie meer mense in die dorpies bygelowige 'inheemse' Islam beoefen as in die stede. Bid vir langtermyn Christenwerkers om onder die Jambi Maleiers te werk en te bly. Vra dat die liefde van Christus die mure wat hulle teen die evangelie opgebou het sal afbreek, sodat die Jambi Maleiers hulle identiteit en vryheid in Christus sal vind. (Webruimte: http://www.30days.net/). Bid deur die 10/40 Venster: Dag 8 Iran, Midde-Ooste: Oorheersende godsdiens: Sjiïtiese Islam; 5 de op die wêreld ranglys van vervolging. Bid vir die opkomende leiers van die Christelike kerk in Iran. Bid dat dié wat ter wille van Jesus ly, Sy teenwoordigheid, vrede en ondersteunende hand sal ervaar. Burkina Faso, Wes-Afrika: Oorheersende godsdiens: Sunni Islam. Nie op die wêreld ranglys van vervolging nie. Dank die Here vir vrede en bid dat dit gehandhaaf sal word deur almal. Bid vir volgehoue vrede en harmonie tussen godsdienstige gemeenskappe. (Webruimte: www.win1040.com). Maandag 9 Oktober 2006

Enkele basiese leerstellings van Boeddhisme Een van Boeddhisme se stellings is soos volg: Die materiële wêreld is so tydelik dat dit in werklikheid net 'n illusie is. Elke individu is ook 'n illusie en jou eie 'self' behoort as jou vyand beskou te word, iets wat vernietig moet word, want dit laat lyding voortbestaan. In Boeddhisme, soos in Hindoeïsme, is die individuele persoon die basiese probleem en elke mens moet van homself bevry word. As Christene weet ons met sekerheid dat God ons lank voor die skepping reeds in gedagte gehad het. Hy het ons ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun...dié wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep en dié wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek en dié wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik (Rom.8:29-30). BID dat Boeddhiste sal begin soek na die doel en betekenis van hulle lewens op aarde. Bid dat hulle God sal ontmoet as die Een wat hulle lewens volmaak beplan het met 'n doel en rede vir Sy koninkryk. Bid dat hulle oë sal oopgaan vir die waarheid van Jesus Christus. Dag 17: Die Westerse Cham mense van Kambodja Van al die Cham mense woon 308 000 in Kambodja, 127 000 in Viëtnam, 15 000 in Laos en in enkele ander lande. In Kambodja woon die Cham mense in ongeveer 378 dorpies. Histories is die Cham mense betrokke by Hindoeïsme en Boeddhisme, maar deur die loop van verskeie eeue het hulle geleidelik Islam aangeneem. Bid dat God die oë van die Cham sal oopmaak om die waarheid te sien en Jesus aan te neem as hulle Verlosser en Here. Bid vir die beskerming en veiligheid van die werkers wat onder die Cham werk. (Webruimte: http://www.30-days.net/). Bid deur die 10/40 Venster: Dag 9 Mali, Wes-Afrika: Oorheersende godsdiens: Sunni Moslem. Nie op wêreld ranglys van vervolging nie. Bid dat gelowiges uit 'n Moslem agtergrond in die geloof sal groei, gedissipeleer sal word en sal uitreik met die evangelie na hulle gemeenskappe. Azerbaidjan, Suidoos-Asië: Oorheersende godsdiens: Sjiïtiese Islam; 22 ste op die wêreld ranglys van vervolging. Bid vir Christene wat in Azerbaidjan werk om die beste gebruik te maak van elke geleenthede om van Jesus Christus te getuig en om Hom in hul lewe te reflekteer. (Webruimte: www.win1040.com). Dinsdag 10 Oktober 2006 Enkele basiese leerstellings van Boeddhisme Twee van die basiese oortuigings van Boeddhisme is die beginsels van reïnkarnasie (dat een of ander deel van 'n mens/lewende wese kan die dood oorleef in een of ander vorm om weer in 'n nuwe liggaam gebore te word) en "karma" (die somtotaal van alles wat 'n persoon gedoen het, steeds doen en gaan doen). As Christene glo ons dat Christus op Golgota vir ons die ewige lewe gekoop het en daarom leef ons eenkeer op aarde (Heb.9:27) en daarna in Sy ewige koninkryk. Die somtotaal van alles wat ons gedoen het, het op Jesus Christus aan die kruis afgekom. Daarom het ons nie langer nodig om daarvoor rekenskap te gee nie, want dit is heeltemal verwyder en ons is gereinig daarvan, nie deur ons eie poging nie, maar deur Sy genade. God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Ons is uit genade gered (Ef.2:4-5). BID dat Boeddhiste so 'n openbaring sal kry van die liefde van God, dat dit selfs hul menslike begrip sal oortref. Bid dat hulle die betekenis van genade werklik sal verstaan; dat alles betaal is en dat al wat hulle moet doen is om dit te aanvaar. Dag 18: Die Rejang van Indonesië Die totale bevolking van die Rejang (ook Djang genoem) is 700 000 waarvan 99,9% Moslem is. Vroeër het die Rejang animisme beoefen en geglo dat alle natuurlike dinge soos rotse, bome en diere onsterflike siele het. Daar is ongelukkig nog nie 'n Bybelvertaling in die Rejang taal beskikbaar nie en ook nie Christelike radio en TV programme nie. 'n Paar plaaslike sendelinge is werksaam onder die Rejang, maar hulle het nog weinig sukses gehad. Sover bekend is daar omtrent net 50 Christene. Bid dat die Here manne en vroue sal roep om onder die Rejang van Jesus Christus te getuig. Vra ook dat die Here gekwalifiseerde taalkundiges sal roep om die Bybel in Rejang te vertaal. Bid ook vir 'n geestelike deurbraak sodat baie ontvanklik sal wees vir die evangelie. (Webruimte: http://www.30-days.net/). Bid deur die 10/40 Venster: Dag 10 Benin, Wes-Afrika: Oorheersende godsdiens: Tradisioneel. Nie op die wêreld ranglys van vervolging nie. Bid dat die liggaam van Christus in Benin die begeerte sal hê om die evangelie

te versprei. Vra vir ontvanklike harte en verstand. Indonesië, Suidoos-Asië: Oorheersende godsdiens: Sunni Islam; 37 ste op die wêreld ranglys van vervolging. Bid vir die verspreiding van die evangelie van Jesus Christus dwarsdeur die volk ten spyte van vervolging. Bid vir die beskerming van Christene in Indonesië in gebiede wat gebuk gaan onder konflik. (Webruimte: www.win1040.com). Woensdag 11 Oktober 2006 Enkele basiese leerstellings van Boeddhisme Boeddhiste glo dat sintuiglike waarnemings, (voel, proe ens.), nie in Nirvana bestaan nie. (Dit is dan 'n toestand van vryheid van die verpligtinge van die vier edel waarhede (sien 7 Oktober). Hoe word Nirvana dan gesien? En hoe kan 'n wese sonder 'n siel in die eerste plek (voor Nirvana) hoegenaamd lyding in hierdie lewe ervaar? As Christene het ons nie nodig om vir ons redding te werk om dit te verkry nie. Ons het ook nie nodig om in eie krag die wêreld en sy lyding te oorkom nie. Ons moet net ons hoop plaas op Jesus Christus wat die wedloop voltooi en oorwin het. Hy het vir ons die dinge vertel, sodat ons vrede kan vind in Hom. In die wêreld sal ons dit moeilik hê; maar ons kan moed hou, want Hy het die wêreld klaar oorwin (Joh.16:33). BID dat God die oë van Boeddhiste sal oopmaak om die teenstrydighede in hulle geloof raak te sien. Vra dat hulle sal begin soek na die Lewende God en dat die Vader in die hemel op bonatuurlike wyse sal voorsien dat hulle Jesus sal vind as die Weg, die Waarheid en die Lewe. Dag 19: Die Yao van Tanzanië Die Yao van Tanzanië (omtrent 500 000) het as gevolg van die slawehandel Islam begin beoefen en vandag is omtrent 95% van hulle Moslem. Daar is tans verskeie gemeentes, waarvan die meeste deur die getuienis van sendelinge gestig is en ook deur plaaslike Christen handelaars. Pas bekeerde Christene vind dit dikwels moeilik om in hulle daaglikse behoeftes te voorsien en dit kan hulle na Islam laat terugkeer. Daar is Christelike radio-uitsendings, maar dit is beperk ten opsigte van tyd en frekwensie. Sommige Yao mans is baie lui, sommige is ontrou aan hulle vroue. Bid dat Yao mans die rol in hulle gesinne en in die samelewing sal inneem wat die Here wil hê. Vra ook dat die jong Yao gemeentes sal leer om saam te werk en gelowiges te help. Bid vir meer werkers en vir finansiële ondersteuning sodat die bedieninge kan uitbrei en hoorders kan aanraak sodat hulle Christus kan aanneem. (Webruimte: http://www.30-days.net/). Bid deur die 10/40 Venster: Dag 11 Laos, Suidoos-Asië: Oorheersende godsdiens: Boeddhisme; 4 de op die wêreld ranglys van vervolging. Bid dat die kerk wêreldwyd bewus sal word van die behoeftes en sal begin bid vir die vervolgde gelowiges in hierdie land. Wes-Sahara, Noord-Afrika: Oorheersende godsdiens: Sunni Islam. Nie op die wêreld ranglys van vervolging nie. Vra die Here om dié wat gekies het om Hom te volg te beskerm en dat hulle ingetrek sal word in die kring van ander gelowiges. (Webruimte: www.win1040.com). Donderdag 12 Oktober 2006 Enkele basiese leerstellings van Boeddhisme Boeddhiste glo dat dinge vanuit 'n Boeddhistiese perspektief vertolk moet word en nie vanuit 'n Westerse of Christelike sienswyse nie, aangesien die geloof in 'n Christelike God en moraliteit volgens hulle, misleidende en skadelike oortuigings is. Vroeë Boeddhisme het geloof in God verwerp en was grotendeels nie-teïsties, (geen geloof in die bestaan en nie-bestaan van 'n godheid) en ateïsties, (geen geloof in die bestaan van gode), alhoewel politeïsme, (geloof in baie gode, selfs miljoene van hulle), later ontstaan het. Vir Christene is lewe, besluitneming en moraliteit vanuit 'n Bybelse perspektief, uiters belangrik. Die eerste en belangrikste beginsel van die Christen geloof is om mekaar lief te hê soos wat Christus ons lief gehad het. Uit hierdie basiese waarheid vloei moraliteit, liefde en respek vir 'n ander persoon se lewe ens. spontaan voort. Ons het nie nodig om talle gode tevrede te stel om 'n veilige en normale lewe te kan lei nie. Die Here beskerm ons met Sy genade deur vergiffenis van sonde en ons is veilig in Sy arms. Selfs in moeilike tye is Hy ons veilige Vesting. BID dat God Boeddhiste sal aanspoor om die dinge waarin Christene glo te ondersoek en dat hulle sal uitvind waarom Christene daarin glo. Vra dat die Here vir hulle 'n gees van wysheid en openbaring sal gee en hulle harte sal aanraak en hulle geestesoë so sal verhelder dat hulle kan weet watter hoop sy roeping inhou en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het (Ef.1:17).

Dag 20: Die Worodougou van die Ivoorkus Daar is omtrent 100 000 Worodougou mense in die Noordwestelike deel van die Ivoorkus. Hulle is Moslems of Animiste. Gedurende die afgelope aantal jaar het sendelinge van 10 verskillende etniese agtergronde onder hulle gewerk. Deesdae is dit nuwe Worodougou gelowiges wat deur hulle eie getuienisse hulle mense uitnooi om Jesus aan te neem. Dank die Here vir wat Hy reeds onder die Worodougou gedoen het. Bid vir die plaaslike gelowiges wat deur Bybelstories te vertel hulle mense tot geloof bring. Vra dat die Woord van God vinnig sal versprei in die 200 dorpies en gehuggies van die Worodougou. (Webruimte: http://www.30-days.net/). Bid deur die 10/40 Venster: Dag 12 Egipte, Noord-Afrika: Oorheersende godsdiens: Sunni Islam; 18 de op die wêreld ranglys van vervolging. Bid dat God die Egiptiese Christene sal bemoedig om vrymoedig en dapper te wees. Vra vir ware godsdiensvryheid in Egipte, wat Moslems die reg sal gee om die Christelike geloof aan te neem. Oesbekistan, Sentraal-Asië: Oorheersende godsdiens: Sunni Islam; 15 de op wêreld ranglys van vervolging. Bid vir gelowiges wat deur hulle eie familie vervolg word en dikwels intimidasie en armoede moet verduur. Vra dat die Christelike kerk sal voortgaan om te groei in wysheid en guns in hulle gemeenskappe. (Webruimte: www.win1040.com). Vrydag 13 Oktober 2006 Enkele basiese leerstellings van Boeddhisme Boeddhisme verkondig reïnkarnasie (wanneer jy sterf, afhangende van hoe jy geleef het, sal jy weer as iets anders in 'n ander liggaam gebore word, bv. 'n hond of 'n ander mens of jy kan Nirvana bereik). Aangesien Boeddhisme die bestaan van die siel (wil, emosies en denke) ontken, is dit effens verwarrend om te weet wat dit is wat uiteindelik reïnkarneer. As Christene glo ons dat die mens bedoel is om een keer te sterf en daarna die oordeel sal beleef. Op dieselfde manier as wat Christus eenkeer geoffer is om die sonde van baie mense weg te neem en dat Hy 'n tweede keer sal kom, nie om sonde te dra nie, maar om verlossing te bring vir dié wat vir Hom wag (Heb.9:27-28). Christus is die enigste Weg na die Hemelse Vader en daar is geen ander weg nie. BIDdat Boeddhiste die vreugde sal verstaan van een lewe op aarde te leef en daarna vir ewig met Christus en die Vader in die Ewigheid.Vra veral dat hulle die belofte van Johannes 3:16 werklik sal verstaan; dat God die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. Dag 21: Libië Simon wat Jesus se kruis gedra het, het van Sirene gekom, die gebied rondom die huidige Benghazi in Oos-Libië. Die Great Man-Made River Project, een van die grootste water projekte in die wêreld word hier gebou om vars water uit bronne (waterdraers) onder die Sahara na kusdorpe te lei. Prostitusie kom nou al meer in Benghazi voor aangesien tradisionele huwelike vir baie mense te duur geword het. Bid vir President Gaddaffi en ander in posisies van gesag in die land. Bid vir die Christelike radio- en satellietuitsendings. Meer as 100 uur van Arabiese programme kan elke week deur Libiërs gehoor word. Baie Libiërs het al na die radiostasies geskryf. Opvolg korrespondensie is onmoontlik as gevolg van sensorskap. Vra vir die vertaling van die JESUS Film in Libiese Arabies, die spreektaal van die meeste Libiërs. (Webruimte: http://www.30-days.net/). Bid deur die 10/40 Venster: Dag 13 Nepal, Suid-Asië: Oorheersende godsdiens: Hindoeïsme, 35 ste op die wêreld ranglys van vervolging. Bid dat godsdiensvryheid in die nuwe grondwet vasgelê sal word en dat kerke en Christelike bedieninge ook in die praktyk beskerm sal word. Verenigde Arabiese Emirate, Arabiese Skiereiland: Oorheersende godsdiens: Sunni Islam; 43 ste op wêreld ranglys van vervolging. Bid vir goeie netwerking tussen Christene van alle nasionaliteite, kulture en tale in die land en vir wysheid vir dié wat hierdie diverse groep van die Here se kinders bedien. Vra vir die voorsiening van buitelandse pastore wat in hierdie gekompliseerde en uiteenlopende kerkgemeenskap kan funksioneer. (Webruimte: www.win1040.com).

Saterdag 14 Oktober 2006 Betroubaarheid van Boeddhistiese geskrifte Niemand is seker wat ware Boeddisme is nie. Boeddha (sy regte naam was Sigharta Gautama), het op niks meer aanspraak gemaak as dat hy 'n mens is wat 'n beweerde vorm van geestelike inligting verkry het nie. Afgesien van die goddelike openbaring, was hy net 'n sterflike man wat 'n oplossing vir menslike lyding gesoek het. Boeddha se woorde is nooit opgeteken nie, dus is dit onmoontlik om seker te wees dat dit wat beskikbaar is, werklik die oorspronklike woorde van Boeddha is of dié van sy dissipels van eeue later. Die Christelike Bybel is uitermate betroubaar aangesien talle Skrifgedeeltes (boekrolle) deur die eeue gevind is wat ander bevestig wat reeds eeue vroeër gevind is. Selfs die geskiedkundige geskrifte van volkere stem ooreen met dit wat in die Bybel geskryf is. Die Bybel is meer kere reg bewys as enige ander bestaande godsdienstige geskrifte. BID dat Boeddhiste se soeke na begrip hulle sal lei om te verstaan dat die Woord van die Here volmaak is en lewe gee. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is. Die bevele van die Here dui die regte koers aan: dit bring blydskap. Die gebod van die Here is helder: dit gee insig (Ps.19:7-9). Dag 22: Moslems in Gambië Gambië is die kleinste land in Afrika met 1,5-miljoen inwoners wat aan verskeie mensegroepe behoort. Omtrent 95% van alle Gambiërs is Moslem en tog is daar godsdiensvryheid in die land. Die begeerte na vrede, die vrees vir bose geeste en die vrees vir God se oordeel bring 'n diep verlange na die bevrydende en reddende krag van die evangelie. Bid vir meer sendelinge wat bereid sal wees om hulself in die langtermyn tot diens te verbind. Ook vir die gawe om 'n plaaslike taal vinnig aan te leer as boodskappers van die evangelie. Vra vir 'n geestelike ontwaking onder die tradisionele Moslem groepe. Bid vir Bybelvertalings in die verskillende plaaslike tale. Vra vir 'n gewilligheid onder die plaaslike gelowiges om almal te help wat as gevolg van hulle geloof verwerp is of hulle werk verloor het. (Webruimte: http://www.30-days.net/). Bid deur die 10/40 Venster: Dag 14 Albanië, Suidoos-Europa. Oorheersende godsdiens: Sunni Islam. Nie op die wêreld ranglys van vervolging nie. Bid dat die evangelie van Jesus Christus sal voortgaan om die geestelike duisternis te verdryf en veral kinders en jongmense, wat die toekoms van die land is, sal inpakteer. Marokko, Noord-Afrika: Oorheersende godsdiens: Sunni Islam; 23 ste op die wêreld ranglys van vervolging. Bid dat die Here meer godvresende leiers sal oprig wat dié wat kies om Jesus te volg, sal leer om getrou te bly staan vir hul geloof. (Webruimte: www.win1040.com). Sondag 15 Oktober 2006 Gesondheidsorg Sondag Vandag is die herdenking van Gesondheidsorg Sondag met die tema "Die rede vir lyding." Bid asseblief vandag vir gesondheidsorg werkers, vir die werk wat hulle doen en dat Christus onder hulle en deur hulle verkondig sal word. (Healthcare Christian Fellowship, Posbus 353, Kempton Park, 1620. Tel. & Faks: 011-975 2934. E-pos: hcf@lantic.net). Bid vir mense van ander gelowe Gedurende hierdie maand fokus ons op die belangrikste godsdienste van die wêreld. Ons vra die Here om in ons harte 'n begeerte te gee om in te tree vir mense van hierdie godsdienste se redding, sodat hulle nie verlore sal gaan nie (2Pe.3:9). Baie van die dinge wat hulle glo klink baie dieselfde as dit wat Christene glo, maar dit is regtig net nie dieselfde nie. Die Christelike geloof is die enigste godsdiens waar iemand gekom het en Sy eie lewe neergelê het sodat ander (wat dit nie verdien nie), 'n ewige lewe as 'n geskenk kan hê. Die meeste godsdienste vereis dat gode tevrede gestel moet word, dat goeie werke gedoen moet word om guns of redding van hulle te verkry, dat baie offerandes gebring word om krag, geld, guns of redding te verkry. En dan steeds is daar geen waarborg dat dit werklik genoeg sal wees nie sonder dat jy dalk weer later iets moet doen om dit weer te verseker nie. BID dat God jou die gawe van gebed en intersessie sal gee om met passie te bid vir die nasies van die wêreld wat steeds in uiterste nood is omdat hulle die Lig van die evangelie van Jesus Christus nie ken nie. Bid dat die kerk wakker sal word vir die erns van die tye en seisoene en dat baie na die oeslande van die wêreld sal gaan, om hulle lewens terwille van Jesus te gee vir dié wat nog in duisternis lewe.

Dag 23: Die Darfur konflik Darfur is 'n oorwegend woestyngebied in die weste van Soedan met 'n bevolking van omtrent ses miljoen. Hierdie gebied is die toneel van baie erge marteling, dood en vernietiging in die afgelope paar jaar. In 2005 het die Verenigde Nasies beraam dat 180 000 in hierdie konflik gesterf het sedert 2003. Min mense in Darfur het die evangelie van Christus gehoor. Hulle enigste begrip van Jesus is wat hulle uit Islam leer nl. dat Jesus 'n profeet soos Mohammed was. Bid vir vrede op alle vlakke in Darfur; internasionale pogings, Soedannese pogings en pogings tussen stamme. Vra vir werkers wat versoening, oplossing vir blywende vraagstukke en redding sal bring. Bedieninge is nodig vir weduwees en wesies wat agtergelaat is deur die konflik. Bid dat die Here mense en spanne sal oprig om met hierdie groepe te werk. (Webruimte: http://www.30-days.net//). Bid deur die 10/40 Venster: Dag 15 Irak, Midde-Ooste: Oorheersende godsdiens: Sjiïtiese Islam; 21 ste op die wêreld ranglys van vervolging. Bid vir vrede, goeie regering, vryheid, godsdiensvryheid en demokrasie in Irak. Bid dat baie mense nou na Christus sal kom en Hom aanneem. Sri Lanka, Suid-Asië: Oorheersende godsdiens: Boeddhisme; 29 ste op die wêreld ranglys van vervolging. Bid vir godsdiensvryheid in Sri Lanka en dat Christene sal voortgaan om hulle bure te dien en lief te hê met dapperheid en volharding. (Webruimte: www.win1040.com). Maandag 16 Oktober 2006 Enkele basiese leerstellings van Hindoeïsme Dit is moeilik om Hindoeïsme werklik te definieer as gevolg van die groot hoeveelheid van wisselende geloofsoortuigings binne Hindoeïsme. Sommige van die verskillende variasies van sulke teenstrydige oortuigings is; monoteïsme, (geloof in die bestaan van een God, of in die een wees van God), politeïsme, (geloof in baie gode), triteïsme, (die geloof dat daar drie ewe magtige gode is wat 'n groep van drie vorm), panteïsme (beteken letterlik "god is alles" en "alles is god"), heno-teïsme, (wat beteken toewyding aan een god terwyl jy die bestaan van ander gode aanvaar), selfs nonteïsme, (geen geloof dat 'n goddelike wese bestaan of nie bestaan nie) en ateïsme (geen geloof in die bestaan van gode). BIDvir Hindoes wêreldwyd dat 'n honger en dors in hulle harte sal kom om te soek na 'n dieper waarheid as die een waaraan hulle vashou. Vra dat God hulle bonatuurlik sal ontmoet en antwoord in hulle soeke en dat baie Jesus Christus sal volg as die enigste Waarheid en Weg na die Vader. Dag 24: Die Gujjars van Pakistan en Noord-Indië Gujjars was histories bekend as 'inheemse' Moslems. Die afgelope 15 jaar was onstuimige jare vir die Gujjars en 'n verskeidenheid van druk van buite het groter ontvanklikheid by die jonger geslag tot gevolg gehad. Baie, indien nie alle jong Gujjars het die wêreld beskouing en godsdiens oortuigings en praktyke van die ouer geslag begin bevraagteken, hulle soek vir ware geestelike antwoorde. Daar is tans geen Gujjar Bybel nie, maar vertaalwerk is aan die gang. Bid dat die Here van die oes meer werkers sal uitstuur na die Gujjars. Bid dat alle Gujjars die Bybel sal kan verstaan. Vra ook vir 'n voltooide oudio bybel in die Gujjar taal aangesien die meeste Gujjars ongeletterd is. Vra dat die Gujjar gelowiges geestelik sal groei en gemeenskap van die gelowiges sal ervaar. (Webruimte: http://www.30- days.net/). Bid deur die 10/40 Venster: Dag 16 Israel, Midde-Ooste: Oorheersende godsdiens: Judaïsme. Nie op wêreld ranglys van vervolging nie. Vra dat Christene wat deur ultra-ortodokse Jode lastig geval word met liefde, wysheid en dapperheid sal reageer. Bid vir die vrede van Jerusalem. Mag dit werklik die stad van vrede word wat God bedoel dat dit moet wees. Tadjikistan, Sentraal-Asië: Oorheersende godsdiens: Sunni Islam; 28 ste op die wêreld ranglys van vervolging. Bid vir die Christen gelowiges in Tadjikistan vir al die nodige hulpmiddels, beide fisies en geestelik, om te bereik wat God op hulle harte gelê het. Vra dat die Here baie geestelik volwasse leiers onder hulle sal oprig, wie se lewens en karakter Hom sal reflekteer. (Webruimte: www.win1040.com). Dinsdag 17 Oktober 2006 Enkele basiese leerstellings van Hindoeïsme Hindoeïsme het ses algemene stelsels of skole van filosofie. Dit word dikwels in drie groepe geklassifiseer as gevolg van sekere ooreenkomste, alhoewel hulle nie filosofies ooreenstem nie;

Nyaya/Vaiseshika, Samkhya/Yoga en Purva-Mimamsa/Vedanta. Vedanta het die mees algemene invloed. Vedanta beteken hoogtepunt of essensie van die Vedas. Dit is een van die vernaamste vertakkings van die Hindoe filosofie. Vir sommige is dit 'n vorm van Jnana Yoga (een van die vier basiese Yoga praktyke (van vele) van Hindoeïsme, [die ander is: Raja Yoga, Bhaki Yoga, Karma Yoga] 'n vorm van Yoga waar 'n persoon "die pad van intellektuele analise" of die "onderskeiding van waarheid en realiteit" soek. Vedanta sluit al vier yoga-groepe in. As Christene soek ons nie God met ons verstand om Hom te verstaan en analiseer nie, maar met ons hart deur die Gees om bewus te word van Sy heerlikheid en veral van Sy liefde. Jesus het gesê; Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur my nie (Joh.14:6). Hy het ook gebid; laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid (Joh.17:17). Die essensie van die waarheid soos deur Jesus geopenbaar is die Gees van profesie (Op.19:10). BID dat Hindoes sal verstaan dat Jesus die enigste weg na die waarheid en realiteit is. Vra dat baie die Bybel sal begin ondersoek en dat hulle harte en verstand oop sal gaan vir 'n openbaring van Jesus Christus. Dag 25: die Maledive Eilande Die Republiek van die Maledive is 'n reeks van 1 190 koraal-eilande in die Indiese Oseaan wat in 26 ringeilande gegroepeer is met 'n oppervlakte van 300 vierkant kilometer. Die bevolking is steeds feitlik heeltemal inheems. Meer as 90% van die regering se belasting inkomste kom van invoerbelasting en toerisme verwante belasting. Slegs enkele mense in die Maledive het in die afgelope jare tot bekering gekom en van hulle het marteling en tronkstraf beleef. Evangeliese radioprogramme word sedert 1998 uitgesaai, ten spyte van alle pogings om dit stop te sit. Bid dat die Here Homself op elke eiland en elke dorpie in die Maledive sal openbaar deur drome, visioene, radio-uitsendings, kassette en getuienisse. Vra vir versterking van geloof vir die Christene in die Maledive al is hulle uitmekaar gejaag en in skuilplekke. Bid vir die voltooiing van die Bybel vertaling in Dhivehi. (Webruimte: http://www.30- days.net/). Bid deur die 10/40 Venster: Dag 17 Sjina, Oos-Asië: Oorheersende godsdiens: Nie-godsdienstig; 9 de op die wêreld ranglys van vervolging. Bid dat Christene in Sjina Bybels en Christelike literatuur sal bekom ten spyte van regerings beperkinge. Vra vir die beskerming en vrylating van al die Sjinese Christene wat weens hulle godsdienstige aktiwiteite of geloof aangehou word. Djiboeti, Oos-Afrika: Oorheersende godsdiens: Sunni Islam; 30 ste op die wêreld ranglys van vervolging. Bid dat die Here Christene wat in Djiboeti leef sterk sal laat staan te midde van die druk van almal wat hulle wil dwing om weer Islam aan te neem. (Webruimte: www.win1040.com). Woensdag 18 Oktober 2006 Enkele basiese leerstellings van Hindoeïsme Sommige van die oorheersende geloofsoortuigings in Hindoeïsme is gewoonlik (1) Politeïsme ('n geloof in baie gode, miljoene van hulle), (2) panteïsme, (die geloof dat alles God is) en (3) monisme, ('n geloof dat alle realiteit "Een" is, 'n enkele goddelike wese en wat ook al nie een is nie, soos die fisiese skepping, is 'n illusie). As Christene glo ons in een God, die Vader wat die Bron van alle dinge is en van wie ons lewe het en een Here, Jesus Christus, deur wie alle dinge is en deur wie en tot wie ons self bestaan (1Kor.8:6). Hy is een God en Vader van almal, wat bo oor alles is, deur almal werk en in almal woon (Ef.4:6). Daar is dus drie wat getuig: die Gees en die water en die bloed en die drie se getuienis stem ooreen (1Joh.5:7). +Bid dat Hindoes in hulle soeke om 'god' te ken by begrip van die Drie-Enige God van die Hemel sal uitkom. Dat hulle sal verstaan dat God hulle ook die ewige lewe geskenk het en dat hierdie lewe in Sy Seun is. Dat die enigste manier om hierdie lewe te vind deur die Seun van God, Jesus Christus is (1Joh.4:11-12). Dag 26: Dag 26: Nag van Krag Die 26 ste dag van Ramadaan is bekend as die 'nag van krag' wanneer hulle verwag om bonatuurlike besoeke te ontvang as hoogtepunt van hulle vastyd (Ramadaan). Baie Moslems het deur die jare visioene en drome van Christus gehad tydens die 'nag van krag'. Baie het al as gevolg van bonatuurlike verskynings van Jesus self, Hom aangeneem as Verlosser. Bid asseblief vannag vir baie Moslems om persoonlike ontmoetinge met Christus te hê en dat baie weereens sal besluit om Jesus te volg. Die Moslems van Meerut, Indië

Meerut is 70km Noord-oos van Delhi in die Uttar Pradesh, die mees digbevolkte staat in Indië. Die meerderheid Moslems in die stad woon in 'n gebied van 'n paar vierkante kilometer. Hulle is arm en beoefen 'inheemse' Islam. Een van die grootste behoeftes in Meerut is vir Indiese Christen werkers wat met die Moslems verhouding sal bou, vir hulle behoeftes sal bid en die drome waarin Jesus verskyn het, sal verduidelik en die evangelie aan hulle sal verkondig. Bid teen die vyandigheid en vrees in Meerut. As gevolg van vervolging, is Moslems wat Christus soek, Christene en sommige sendelinge, huiwerig om van Jesus te praat. Vra dat die Here sal voortgaan om deur drome met Moslems te praat. Bid vir die Moslems in Meerut om Jesus aan te neem en dan na hulle eie mense uit te reik. Vra dat die Here vreeslose Christen werkers sal oprig onder die Moslems van Meerut. (Webruimte: http://www.30-days.net/). Bid deur die 10/40 Venster: Dag 18 Jemen, Arabiese Skiereiland: Oorheersende godsdiens: Sunni Islam; 11 de op die wêreld ranglys van vervolging. Bid dat die wat gekies het om Jesus te volg sal inskakel by groepe gelowiges en dissipels gemaak sal word. Dank die Here vir radio, satelliet, televisie en Internet bedieninge wat die waarheid omtrent Christus verkondig. Viëtnam, Suidoos-Asië: Oorheersende godsdiens: Boeddhisme; 3 de op die wêreld ranglys van vervolging. Bid dat die wat in tronke is en wat verskillende soorte ontberings beleef, die warmte en hoop van Sy teenwoordigheid sal ervaar. (Webruimte: www.win1040.com). Donderdag 19 Oktober 2006 Enkele basiese leerstellings van Hindoeïsme Die mees dominante van die drie skole van Vedanta (sien 17 Okt.), is die advaita of die nondual skool. Die monistiese geloof leer dat daar net een onpersoonlike god is, bekend as Brahman. Hy is die enigste werklikheid wat daar is alle ander dinge is 'n illusie of 'n droom. Die hele fisiese wêreld wat ons rondom ons sien, is 'n illusie en dit sluit in al die mense en selfs die miljoene gode en godinne van Hindoeïsme, insluitende Brahman, Vishnu, Shiva en Krishna. As Christene glo ons in 'n Drie-enige God; die Vader, die Woord (Christus) en die Heilige Gees en die drie is een (1Joh.5:7). Ons het 'n persoonlike verhouding met die God, want ons is Sy kinders en Hy is ons Vader (Jes.64:8; Matt.6:9; 1Kor.1:3), wat ons oordek met Sy genade en vrede. BID vir Hindoes dat hulle 'n honger en dors sal hê na 'n persoonlike verhouding met die lewende God in die hemel. Vra vir 'n bonatuurlike ingryping, sodat baie die waarheid van Christus en ons Vader sal teëkom, hetsy deur die Internet, Christelike getuienis, of enige ander manier. Dag 27: Sofisme in Suid-Asië Die wortels van Sofisme gaan terug na die Midde-Ooste en Nabye Oosterse ontstaan en verspreiding van Islam. Soos wat Islam van Arabië af na ander dele van die wêreld versprei het, het wisselwerking met ander kulture en filosofieë ontstaan. Party Moslems is daardeur beïnvloed en het 'n meer mistiese vorm van Islam wat minder op shari'a, of die wet gesentreer was en meer op 'n honger vir God en 'n verlange na vereniging met Hom (alhoewel nooit heeltemal afgesien is van shari'a nie, dit is meestal net meer misties vertolk). Die Sufi se pad is gekenmerk deur 'n toenemende verdieptheid of vernietiging van 'n mens se persoonlike identiteit, eerstens in jou geestelike gids in en dan uiteindelik in God in. Die kern van die meeste Sufi oortuigings is 'n diep hunkering na intimiteit met God, 'n hunkering wat net deur Christus vervul kan word. na intimiteit met God, 'n hunkering wat net deur Christus vervul kan word. Bid dat God Hom direk aan die Sufi sal openbaar wat werklik "honger en dors na geregtigheid". Vra dat die Here meer mense sal oprig wat 'n begeerte het om na die Sufi uit te reik en dat die Here vir hulle onderskeiding en vrymoedigheid sal gee in hulle getuienis omtrent die realiteit van Christus. (Webruimte: http://www.30-days.net/). Bid deur die 10/40 Venster: Dag 19 Taiwan, Oos-Asië: Oorheersende godsdiens: Sjinese godsdienste (Boeddhisme/Taoïsme/Konfusianisme). Nie op wêreld ranglys van vervolging nie. Bid vir vernuwing en versterking van die Christelike kerk in Taiwan. Vra vir 'n lewensveranderende invloed deur die JESUS Film, Christelike radio en evangeliese literatuur. Bahrain, Arabiese Skiereiland: Oorheersende godsdiens: Sjiïtiese Islam; 50 ste op wêreld