Liefde in die familie van God In 8eskrywende uiteensetting van familiale liefdesverhoudinge

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Catharina Maria Conradie

n Prins word die Skaapwagter

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Les 6 vir 10 November 2018

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Van Vervolger tot Prediker

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Familiale beeldgebruik in Johannes 8 en die etiek van die Johannesevangelie

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Die maan en sy rol in ons wereld *

Pretoria- 23 Junie 2012

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

n Teologiese ondersoek na die rol van toleransie en omarming in die hantering van leerstellige en morele verskille, met verwysing na die

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

AS HERMENEUTIESE RAAMWERK VIR. Voorgelê ter vervulling van die vereistes vir die graad DOCTOR DIVINITATIS

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

A KARANGA PERSPECTIVE ON FERTILITY AND BARRENNESS AS BLESSING AND CURSE IN 1 SAMUEL 1:1-2:10

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Oggenddiens 19 Augustus Windhoek

HOOFSTUK 3. DEKONSTRUKSIE VAN DIE TEKS VAN EFESIëRS 5:21-33

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Die betekenis van die kruis (1)

ETIESE BESLUITNEMING VOLGENS 1 JOHANNES

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Addendum A Consent form

Contents 1. Aanbidding Diens... 3 Navolging van Jesus se voorbeeld... 4 Nederigheid... 5 Solidariteit met mense in nood... 5 Selfoorgawe...

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Waar is God as ons swaarkry?

Midrash (Torah Bespreking)

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Christusprediking uit die Ou Testament. n Nuwe benadering tot n ou probleem? 1

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

IN PIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Navolging van Jesus, mimesis en 1 Johannes

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Transcription:

In 8eskrywende uiteensetting van familiale liefdesverhoudinge in die Johannesevangelie J G van der Watt Departement Nuwe Testament (Md B) Universiteit van Pretoria Abstract Love in the family of God. A descriptive expositin of familial love in the Gospel of John Love is the central ethical term in John's Gospel. The meaning of the term is often misunderstood. TJ:ris article investigates the use of the term in John's Gospel, especially within its familial context. It is established that, reverentially, love includes loyalty towards members of the community and the acceptance of responsibility. This implies that love is expressed in actions. It works reciprocally. The Father sets the example which should be followed in obedience by the children. The nature of love depends on the situation. In the case of the Father love is expressed by giving his Son to die on the cross. In the case of the disciples, love is expressed by them obediently following the commands of the Father and the Son. In both cases it involves giving something, whether it is your Son or life, or in the case of the disciples, themselves. 1. INLEIDING As sentrale term in die lohannesevangelie vorm liefde die fokuspunt in die etiek van lohannes. Soos Houlden (1973:36) se: "'Love one another" is the only moral rule given by lohn' (Brown 1966:497; Furnish 1972:135; Wendland 1975:109). Die term 'liefde' het tans 'n wye verwysingsveld van seks af tot by 'n geestelike gevoel van vereniging. Die vraag is dus of hedendaagse lesers die lohannese term 'liefde' reg verstaan. Die belang van die korrekte verstaan van die lohannese term is belangrik, nie net vir akademiese redes nie, maar ook vir die korrekte kommunikasie van die evangelie in die praktyk. 'n Middestadsmens wat nog nooit van Bybelse liefde gehoor het nie, maar sy beg rip van liefde uit byvoorbeeld televisieprogramme laat vorm, sal ander konnotasies aan die begrip liefde verbind as iemand wat in die kerk opgegroei het. Graag dra ek hierdie kort ondersoek na liefde in die lohannesevangelie op aan my oud-kouega by Tukkies, prof Engelbrecht, vir wat hy vir die bevordering van die Nuwe Testament gedoen het. ISSN 0259-9422 = HTS 53/3 (1997) 557

Die verwysingsveld van die Griekse liefdesterminologie is nie net beperk tot die beskrywing van die verhouding tussen familielede nie, ook nie eens in die Evangelie van Johannes nie (waar a:yci.7rawla'y0l'k"'1 en cp.labwl<bfae; ongeveer 70 maal voorkom; Giinther en Link 1976:538 - hulle wys ook op bladsy 542-543 daarop dat die pogings om betekenisnuanses tussen die twee woorde te sien nou grootliks laat vaar is). Liefde is 'n algemene term wat affiniteit en 'n intieme relasie tussen verskillende mense kan aandui (wat in aard kan verskil, van die fisiese tot die intiem geestelike, bv tussen man en vrou [Kol 3:19; Ef 5:25, 28] of vriende [bv Joh 11:3, 5, 11, 36; 15:13-15]). God het ook sy skepping lief (Joh 3:16) en mense kan die kosmos of duistemis liefbe (1 Joh 2:15-17 & Joh 3:19 respektiewelik). Die konteks is bepalend vir die referensie van die woord. In byvoorbeeld 15: 13-15 of 11: 3, 5, 36 word daar gepraat oor liefde vir vriende en in 20:2 en 21:7, 20 van liefde vir 'n dissipel. In hierdie artikel word daai spes i fiek gekonsentreer op die gebruik van liefdesterminologie in Johannese metaforiese familiekontekste (met die verhouding tussen vader en kinders in fokus), aangesien Johannes die term veral, hoewel nie uitsluitlik nie, binne-familiaal gebruik. 'n Groot hoeveelheid verskillende verhoudings (sommige metafories) word in die Evangelie aangetref, byvoorbeeld die Vader wat die Seun liefbet en omgekeerd; die Vader wat sy dissipels (broeders) liefbet; die Seun wat die dissipels (broers) liefbet en omgekeerd; dissipels wat mekaar liefbet en liefde van almal onder mekaar. 2. F AMILIALE LIEFDE AS GEMEENSKAPLIKE GESINDHEID TUSSEN LEDE V AN GOD SE FAMILIE 2.1 Die Vader het die Seun lief Die Vader het die Seun lief. Giinther en Link (1976:546) beskryf dit as 'the archetype of all love'. Drie basiese stellings word in hierdie verband in die Johannesevangelie gemaak: (i) omdat die Vader die Seun liefbet, gee (wys) Hy Hom alles; (ii) dieselfde liefde wat die Vader vir Jesus het, moet in die dissipels wees en (iii) die liefde van die Vader vir die Seun dien as voorbeeld vir die liefde wat die Seun vir sy eie mense het. * Uit gedeeltes soos 3:35, 5:20 et) 10:17-18 kan gesien word dat die Vader se liefde Hom daartoe lei om alles vir Jesus te gee en te wys (b 'Yap 7rCi.riJp <blae/. TOV viov KCi.t 7raVTCi. oeikvvutv Ci.UTOe; 'Irote/. - 5:20). Die Vader het onder andere vir Jesus gewys om lewe te gee vir wie Hy wil en om mense te oordeel (5:20-21; 15:10). Liefde word dus in terme van aktiwiteit uitgedruk. Dat die Vader liefbet, word daarin gesien dat Hy gee. 558 HTS 53/3 (1997)

J G van de, Wait * In 17:23 en 26 bid Jesus dat dieselfde liefde in die gelowiges teenwoordig sal wees wat Hy self van die Vader af ervaar (Kat ~-ycltti(jar; ain-ovr; BJl.8 ~7CL1fTJ(Jar; - 17: 23). In die lig van wat in (i) gese is, impliseer dit 'n oop hand van gawes aan die gelowiges van die kant van die Vader af. In die konteks van die gebed in hoofstuk 17, waar Jesus bid vir die beskenning van die gelowiges, maak hierdie oproep tot die (gewende) liefde van die Vader duidelike sin. * In 15:9 dien die liefde wat die Vader vir die Seun het, as voorbeeld van die liefde wat die Seun vir sy eie mense het (KaOwr; ~-ycl1ftj(j8p Jl.8 b 7rarqp, Ka-yw vjl.o:r; ~-ycl7rt1(ja). Die liefde van die Seun word dan ook die voorbeeld vir die gelowiges (Jl.8ipar8 BP rii a-ycl 7I17 rii BWO) Die superieure posisie van die Vader as die een met die mag om te regeer en om te gee aan wie Hy wil, word na analogie ontwikkel van konvensies wat in gewone antieke Mediterreense families gebruiklik was. Hierdie aktiewe liefde van die Vader dien as voorbeeld van wat moet gebeur tussen die lede van die familie. Dit impliseer dus dat die liefde van God 'may be said to characterize Jesus' entire ministry' (Smith 1996: 148; Strauffer 1974:52; Gnilka 1994:258). As daar gevra word na die inhoud van liefde, blyk dit dat die Vadet- as vader sy verpligting nagekom het deur sy Seun te versorg en aan sy Seun te gee wat nodig is. Dit gaan dus om 'n relasie wat positief in aktiwiteite uitgedruk word. 2.2 Die SeuD het die Vader lief Die frekwensie van verwysings in die Evangelie na die Seun wat die Vader liefhet, is aansienlik laer as dat die Vader die Seun liefhet (Staueffer 1974:52). In 14:31 word die liefde van Jesus vir die Vader beskryf as die ander sy van die munt van die Vader se liefde vir die Seun. Die liefde van die Vader en die Seun lei tot verskillende aktiwiteite. Die liefde van die Seun is sigbaar in sy gehoorsaamheid aan die Vader (Du Rand 1981 :364-365). Die Vader wys en gee alles vir die Seun omdat Hy Horn liefhet. Die Seun het weer die Vader lief deur die Vader volledig te gehoorsaam (Carson 1991: 251). Dit gaan dus weereens om 'n relasie wat in aktiwiteit gestalte kry. Gehoorsaamheid dui op 'n verpligting om te doen wat gevra word, maar ook op lojaliteit om dit te wil doen. In "15: 10 word 'om die Vader lief te he' beskryf as 'om in die Vader se liefde te bly' (Jl.8PW avrou BP rii a-ycl7r!1), wat impliseer dat Jesus daardie liefde sowel as die gevolge daarvan aanvaar. (Vgl Van der Watt 1992:82 vir 'n meer volledige behandeling ISSN 0259-9422 = HTS 53/3 (1997) 559

van hierdie faset. Die bespreking gaan nie hier herhaal word nie.) Liefde wat ontvang word, vra dat die ontvanger daarvan binne die intensies van daardie liefde moet leef. Liefde word dus met wederliefde beantwoord. Die beeld wat hier gebruik word, is die van 'n seun wat aktiewe liefde van sy Vader ontvang. Hy aanvaar en leef gehoorsaam in ooreenstemming met en volgens wat hy ontvang het as liefdevolle antwoord op die liefde vir sy Vader. Die kind kan nie vir die Vader voorskryf nie, maar moet sy liefde toon deur aan die Vader gehoorsaam te wees (Brown 1966:504; Du Rand 1981:345-346). 2.3 Die Vader het die gelowiges (kinders) lief In 14:23 word die liefde van Vader as deel van 'n kondisionele frase uitgedruk (BaV n<; a'ya1l"~ J1.8 TOV A(yyOV J1.0U TTfpr,(J8L Kat b 1I"arr,p J1.0U a'yanj(j8l avto<;). As die gelowiges die Seun lietbet en doen wat Hy verlang, sal die Vader hulle lietbe (vgl 14:21; Tolmie 1995:208). Maar as hulle nie die Seun lietbet nie, sal hulle nie aanvaar wat Hy se nie (14:24 - in 14:21 word dieselfde saak op 'n ander manier gestel). Gehoorsaamheid is die basis vir die funksionering van liefde. As die gelowiges gehoorsaam bly aan wat Jesus se, bly hulle so ook gehoorsaam aan die Vader (14:24). Dan het hulle die Vader lief en verdien hulle die liefde van die Vader en sal dit kry. Die Vader sal dan aan hulle die Parakleet (14:26) gee. Dieselfde struktuur word ook in 16:27 aangetref waar die liefde van die Vader vir die gelowiges die resultaat is van hulle geloof en aanvaarding van Jesus as die Ben wat van die Vader kom (avto<; 'Yap b 1I"ariJp cpla8l UJ1.&<;, on UJ1.8L<; BJ1.8 1I"8cPLAaT8 Kat 1I"811"WT8VKaT8 on BJ1.W 1I"apa [mu] 980U B~ijMo<;). Johannes 17:23 kan moontlik ook in hierdie kategorie val, cifhangende van die manier waarop dit geinterpreteer word. Die ~'Y(i7rTJ(Ja<; avtov<; in 17:23 mag na God verwys wat die wereld lietbet of na God wat die gelowiges lietbet (so Carson 1991: 569). Aangesien die vorige frase na God wat sy Seun stuur verwys, is dit tog moontlik dat hierdie frase soos Johannes 3:16 na God se liefde vir die wereld verwys. Die funksionering van liefde (by die Seun en die gelowiges) binne die grense van die gehoorsaamheid stem ooreen met antieke Mediterreense konvensies. Die Vader moet gehoorsaam word, wat impliseer dat die gehoorsames Horn lietbet. Liefde kom dus in gehoorsaamheid tot uitdrukking. In essensie gaan dit om 'n verhouding waarin invloed (onder andere in die sin van wat 'n persoon verlang en wat hy wil) van een persoon op 'n ander oorgedra word en die invloed gewillig aanvaar word. Dit gaan dus om 'n positiewe erkenning en regstel van die verhoudingsrelasie en die implikasies daarvan. Dit hang saam met 'n wilsaksie. Hierdie gewillige aanvaarding van die ver- 560 HTS 53/3 (1997)

J G van tier Watt houdingsimplikasies veronderstellojaliteit en 'n aanvaarding van verpligting. Dit gaan om 'n kombinasie van wil en aksie. Daarin bestaan liefde. (Elemente soos respek en Bybelse vrees speelook 'n rol, maar nie so prominent as lojaliteit en verpligting nie.) 2.4 Die gelowiges (dissipejs) bet die Vader lier Dit is interessant clat daar geen eksplisiete stellings in die Evangelie is clat die gelowiges die Vader moet liefhe nie. Dit kom wel implisiet voor. In 1 Johannes word dit egter direk gestel (vgl 1 Joh 2:5; 3:17; 4:10, 12, 16, 19, 20, 21; 5:1-3). Die term kom sowat 67 maal in die Briewe alleen voor, byna net soveel keer as in die Evangelie (vgl Van der Watt 1992:81 & 1988:65-76 vir meer volledige inligting). In 5:42 word 'n negatiewe stelling aangetref wat aandui dat daardie mense wat Jesus nie in gelqof aanneem nie, nie die 'liefde van God' in hulle het nie (n,ji al'a1l"71j1 TaU 980U auk 8X8T8 BJI eavtoie;). T~JI al'a1l"71j1 TaU 980V kan 'n subjektiewe of objektiewe genitief wees. Die beter keuse blyk die objektiewe genitief te wees waarvolgens God die een is wat die liefde ontvang. Die stelling in 5:42 sou dan beteken dat hierdie mense God nie liefhet nie, soos wat dit blyk uit hulle aksies deurclat hulle Jesus nie aanvaar nie. Die liefde vir God moet deur die aanvaarding van Jesus gaan en in positiewe optrede teenoor Jesus geillustreer word, of soos Carson (1991 :570) dit stel '... God's own love for his Son will become their love. The love with which they learn to love is nothing less than the love amongst the persons of the Godhead'. Die manier waarop God liefhet, soos dit in en deur Jesus geillustreer is (17:26), word die riglyn vir die gelowige. Only those who have been loved can love' (Schrage 1996:300; Schulz 1987: 489; Giinther en Link 1976:546). 2.5 Die Seun bet die gelowiges (sy eie/sy broers) lier In 13: 1 kom 'n kragtige uitdrukking van die Seun se liefde vir sy mense voor (al'a'lr'7juae; TOVe; i~love; TOVe; BJI T<I> KOUJl.4' 8ie; T8AOe; r,l'a1ft/u8j1 autovc;) en daarom sien Schrage (1996:307) tereg hoofstuk 13 as 'n belangrike gedeelte in die omskrywing van die liefdeskonsep-in die Evangelie: '... the love displayed by Jesus is not only the basis for love within the community, it is also paradigmatic of its nature and manner'. In 13:1 word Jesus se dissipels 'sy eie' genoem (TOVe; i~lovc;), wat op baie nou groepsrelasies dui. Sommige kommentatore sien TOVe; iolove; in die lig van 19:27 en meen dat dit in 13: 1 na die (geestelike) familie van Jesus verwys. Die familiale verwysings mag aandui clat iolovc; in daardie sin verstaan kan word. Byvoorbeeld, die Vader word nie as Jesus se Vader aangespreek nie, maar eenvoudig as 'die Vader' (vg! verse 1 & 3). Daat word ook gese clat die Vader alles in Jesus se hande geplaas het, ISSN 0259-9422 = HTS 53/3 (1997) 561

wat 3:35 en 5:20 eggo waar ewige lewe (as uitdrukking van die bestaan binne die familie) alles saamvat wat aan Jesus gegee is. Dit hoef egter nie noodwendig so te wees nie. In alle geval verwys dit na 'n noue persoonlike groepsverhouding tussen Jesus en sy 'eie'. Op twee belangrike dinge moet in 13: 1 gelet word, naamlik dat Jesus weet sy tyd is daar en dat Hy sy 'eie' liefhet (ei.ow~ 0 'b7uou~ on ~)..(}ev avtou ~ wpa Lva J.LeTa{3f1 BK TOU KOUJ.LOV TOVTOV 7rPO~ TOV 7raTepa, ex-ya'lnjua~ TOV~ i.olov~ TOV~ BV TCfJ KOUJ.L~, ek Te"o~ ~-ya7rtjuev avtov~). Die kruisgebeure is 'n belangrike referent in 13: 1-3 (Barrett 1978:436; Gnilka 1994:259). Die tyd wat gekom het, verwys na die terugkeer van Jesus na sy Vader (kruisgebeure) en daar is ook 'n verwysing na die.verraaier van Jesus. Dit impliseer dat die liefde in die lig van die kruisgebeure geinterpreteer moet word (kyk ook 15: 13). Hier verwys dit in alle geval na diens van uitnemende aard (die Leermeester en Heer wat die voete van sy onderdane was). Hierdie diens is die resultaat sowel as die voorbeeld van sy liefde (13:15). Daarom beklemtoon Berger (1984: 28) tereg dat wat Jesus gedoen het, deur sy dissipels herhaal moet word. Hy praat van die 'Tendenz zur Reihung' wat beteken dat 'Das gleichartige HandelnlGeschehen after wiederholt werden kann'. Weereens word liefde in aksies gereflekteer. Uit hierdie gedeelte, asook 15: 13, blyk dit dat die liefde van Christus sy hoofuitdrukking in die opoffering aan die kruis gevind het (Houlden 1973: 37; Gnilka 1994: 258). Dit dui op die hoogtepunt van diensbare selfopoffering. Jesus se liefde vir sy men se bestaan dus ook in die gee van gawes, net soos in die geval van sy Vader se liefde vir Horn. Ook hier gaan dit om lojaliteit en verpligting as deel van 'n wilsaksie. Die adverbale frase ei.~ Te"o~ mag 'n tydsverwysing he (tot die einde) of 'n kwalitatiewe verwysing (die eindpunt). Liefde kan ophou. (VgI bv Sokrates & Lisias se beskrywings van liefde in Plato se Faedrus, hoewel hierdie liefde van 'n ander aard is.) Liefde nou beteken nie liefde vir altyd nie. In die geval van Jesus was hierdie liefde egter ewig. Dit kan nie gestop word of weggaan nie. Dit korrespondeer met die ewige natuur van die familie van God. In 14:21 (0 8XWV Ta~ BVToAa~ J.LOV Kat T11PWV avta~ BKeLvo~ Bunv 0 ex-ya7rwv J.Le 0 oe ex-ya'kwv J.Le ex-ya7rwv J.Le ex-yat11(}~uetal V'KO TOU 7raTpO~ J.Lov, KeX-YW ex-ya'lnjuw autov Kat BIJ.c/>avLuw avtcfj BJ.LaVTov) word die lojale liefde van Jesus vir 'n persoon beskryf wat doen wat Hy vra omdat hy of sy Jesus liefhet. Weereens gaan dit om gehoorsame dade (Carson 1991:503). Jesus het daardie mense lief wat in 'n liefdevolle verhouding tot Horn staan en Horn daarom gehoorsaam. Jesus se liefde vind deur sy teenwoordigheid by sy men se uitdrukking, soos 14:23 se. Hier kan ook aan Lasarus (11:4) gedink word. In sy geval le die klem op 'n verhouding wat impliseer dat Christus sal kom en help, wat Hy natuurlik ook gedoen het (Schnackenburg 1980:323)..>62 HTS 53/3 (1997)

J G lian der Watt In 15:9-10, 12 word die liefde van die Vader as voorbeeld gebruik van hoe Jesus sy eie mense liefhet (KaOwe; ~-yex107uell Ile b 7rarr,p, Ka-yw Ullfxe; ~-yex107ua' Ileillare BlI ril a-yex1i17 ril BIlV - 15:9). Hulle moet mekaar weer liefhe volgens die voorbeeld wat Jesus aan hulle gegee het (Houlden 1973:37; Tolmie 1995:212). Die basis vir liefde 'van onder af op' (nl Seun na Vader en gelowiges na Seun) is gehoorsaamheid. Die basis van liefde 'van bo af' (naamlik van die Vader na die Seun en van die Seun na die gelowiges) is die gee van gawes, en opdragte wat gehoorsaam moet word (15:10, 12). Gehoorsaamheid beteken om lief te he en om lief te he beteken om gehoorsaam te wees. Dit geld van almal buiten God wat vir niemand gehoorsaam hoef te wees nie. Liefde, gehoorsaamheid en aksies gaan saam. Wat by punt 2.3 gese is oor liefde as gehoorsaamheid wat in 'n wilsaksie van lojaliteit en die aanvaarding van verpligting uitdrukking vind, geld ook hier., n Spesiale verwysing moet ook hier na die Geliefde Dissipel gemaak word (13: 23; 19:26; 20:2; 21:7, 20). Binne die retoriek van die Evangelie is hy die ideale dissipel. Hy bly naby Jesus (13:23; 19:26) en doen wat Jesus vra. 2.6 Die gelowiges (broers) het die Seun lief Die opmerking dat 'as God julle Vader was, sou julle my liefgehad het' (ei b Oeoe; 7rariJp UIlWlI ~li, ~-ya7rfxre all Bile - 8:42) plaas die liefde van die dissipels vir die Seun binne familiale konteks: om die Seun lief te he beteken om God as Vader te he en deel van sy familie te wees en daarom die opdragte van die Seun te gehoorsaam (vgl 3:19 as negatiewe pool; 14:15, 23). Soos Roloff (1993:301) dit stel: 'Jesus lieben heibt, sein Gebot der geschwisterlichen Liebe innerhalb der Jiingergemeinschaft zu erfiillen'. Die gelowiges word in 'n dinamiese verhouding met die Vader en die Seun opgeneem (14:23), hulle sal Horn ken (ei ~-ya7rfxre Ile BXeXpT/re all, on 7ropeUOllaL 7rpOe; roll 7ra rep a, on b 7rariJp Ilei~wll IlOU Bunll - 14:28; Roloff 1993:301. Daar. word van hulle verwag om gehoorsaam op te tree volgens die vereistes van daardie verhouding (3:19-20). Die Vader self, asook die Seun, sal die persoon liefhe wat die Seun liefhet (14:21, 23; 16:27). As hulle die Seun liefhet, sal hulle ook bly wees as Hy weggaan, want die Vader is groter as Hy. Carson (1991:507-508) bespreek moontlike interpertasies van 14:28. Sy eie konklusie is dat hierdie vers die dissipels wegdraai van hulle eie belange af in die rigting van die belange van Jesus. Dit kan alleen maar tot voordeel van die familie wees, al is dit miskien vir die dissipels moeilik. Die liefde vir die Seun is dus stewig in die familiale beeldmateriaal ingebed. Die gelowige word in 'n spesiale verhouding met die Vader en die Seun ingetrek waarin wederkerige liefde sentraal staan (Tolmie 1995:212). Die gelowige sal nie alleen die ISSN 0259-9422 = HTS 53/3 (1997) 563

opdragte van die Seun gehoorsaam omdat hy of sy die Seun liefhet nie, maar sal ook insig toon in die dinamiek van die familierelasie. Nie selfbelang nie, maar die belang van die familie is die verpligting wat op die individuele lid se skouers rus. Ook hier word die patroon bevestig van wilsaktiwiteit wat in lojaliteit en die aanvaarding van verpligting uitdrukking vind. 2.7 Die gelowiges (broers) het mekaar lief Die Seun beveel die gelowiges om mekaar lief te he volgens die voorbeeld wat Jesus gestel het ('EvroA~v KaLv~v OLOWP.L up.'iv,,va Cx-ya7rar8 CxAA~AOUe;' Ka()We; ~-y(hryjua up.ae;,va Kat up.8'ie; Cx-ya7rar8 CxAA~OVe; - 13:34; 15:12,17). Jesus se liefde dien as begronding vir die gelowiges se liefde. 'AIs die von Jesus Geliebten sind sie zur Liebe untereinander berufen' (Roloff 1993:302; Wendland 1975:112; Smith 1996:146-147), of anders gestel: 'the love demanded finds not only its norm and measure but also its basis and possibility solely in Jesus' love' (Schrage 1996:301). Rierdie nu we gebod (vgl Schrage 1996:314-317 vir moontlike interpretasies van die 'nuwe gebod' in Joh; Furnish 1972: 138) sal die gelowiges as sy dissipels identifiseer (13:35). Rulle identiteit sal sigbaar deur hulle liefde bepaal word as norm vir hulle gedrag teenoor mekaar (Roloff 1993:302). In 13:1-17 stel Jesus 'n voorbeeld van liefde (U7r008L-yp.a -yap eowka up.'iv,va Ka()we; i-yw i7rol'y,aa up.'iv Kat up.8'ie; 7rOLijr8-13: 15) deur die dissipels se voete te was en in 15: 13 word die dood wat iemand ter wille van (of in die plek van) 'n vriend sterf, gebruik om te illustreer wat liefde regtig is. Dit moet die aard van hulle onderlinge liefde wees. (V gl Van der Watt 1992: 83-88 vir verdere behandeling hiervan.) 'n Lid van die familie moet optree volgens die identifiserende patroon vir 'n betrokke familie. Dit is die patroon wat Jesus gegee het. Dit is interessant dat die verwysings na die gelowiges wat mekaar moet liefhe, beperk word tot die tweede helfte van die Evangelie, van hoofstuk 13 af. Dit hang waarskynlik saam met die voorbeeld wat Jesus eers moet gee. As die gelowiges die voorbeeld het, kan daar verder deur hulle opgetree word. Alleen in die verhouding met Jesus kan die. liefde ervaar en geleef word (Schrage 1996:301). Stauffer (1974:53) stel dit geod as hy se dat die Vader die bron en Jesus die voorbeeld van liefde vir die gelowige is. In 12:25 word daar verwys na liefde vir jouself of jou eie lewe (b 1>LAwV ~v "'IJ)(~V aurou Cx7rOAV8L av~v, Kat b P.LUWV ~v "'IJ)(~V avrou iv rcij KOUP.qJ rovrqj de; r~v a;,wwv 1>uAa~8L av~v). In die familie van God sal so 'n persoon nie deur die Vader geeer word nie. Aan die ander kant sal die persoon wat nie sy eie belange of lewe voorop stel nie, deur die Vader geeer word. Om soos ' n saad te wees wat sterf, sodat daar baie voordeel vir ander (vrug) kan wees, is om in die familie van God (ewig) te leef (12:25). 'n Persoon wat sy eie belange laaste stel, sodat hy die belange van Jesus 564 HTS 53/3 (1997)

J G van ur Watt kan dien en kan wees waar Jesus is (12:26), is die een wat geeer sal word. Hoewel die woorde 'liefde vir die Seun' nie eksplisiet hier voorkom nie, is die implikasie wel daar as daar na die aard van die liefde vir die Seun gekyk word (13:34-35; 15:12). Hier word liefde dus in terme van gehoorsaamheidsdiens beskryf. As jy liefhet, doen jy in lojaliteit wat van jou gevra word. Soos in die geval van antieke Mediterreense familiekonvensies het die familielede 'n voorbeeld van wat van hulle verwag word. Die wyse waarop hulle in aktiewe gehoorsaamheid hierdie voorbeeld navolg, sal hulle identifiseer of diskwalifiseer as lede van die familie van Jesus (Van der Watt 1992:83-84). Hul eie belange sal sekonder (of selfs non-eksistent) wees in vergelyking met hullojale diens teenoor Jesus. Sulke diens sal deur die Vader erken word. Dit beklemtoon weereens dat liefde 'n sentrale moment is in konstituering van die eenheid van die familie (kyk ook Smith 1996:144-145 wat dit die 'key to unity' noem; Schulz 1987:490). 'n Saak wat telkens onder diskussie kom wanneer daar oor liefde in Johannes gepraat word, is die verhouding tussen die liefde van die gelowiges onder mekaar (die sogenaamde broederliefde) en die liefde wat die gelowiges moet he vir mense wat buite hulle kring staan. Roloff (1993: 302) onderstreep dat Johannese liefde spesifiek die kerklike 'sosiaalstruktuur' beskryf. (VgI verder bv Houlden 1973:36; Bultmann 1978: 363; CollinsI979:235-236; Morris 1978:40; Gnilka 1994:260.) Dit sny die hele vraag van die sosiale betrokkenheid van gelowiges aan. Schrage (1996:316) noem die moontlikheid dat die liefde van God vir die wereld (3: 16) waarskynlik as rigl yn gebruik kan word. Dit sou beteken dat die gelowiges die voorbeeld van die Vader moet volg en dus ook die wereld op 'n bepaalde manier moet liefhe. Hoewel hy dit versigtig stel, is ek tog van mening dat dit binne die familiekonteks van eksemplariese etiek (die kind tree op soos die vader) ernstiger geneem behoort te word as wat Schrage dit doen. Soos ek reeds eldets betoog het (Van der Watt 1992:93-94), bevat die sosiale betrokkenheid van die gelowige 'n sterk evangeliserende moment. Liefde vir die wereld beteken om by ongelowiges betrokke te raak ten einde hulle na die familie van God oor te haal. Die gedagte word ewe-eens deur Smith (1996: 177) uit gedeeltes soos 4:42; 13:35; 17:21, 23' beredeneer. Jesus het in die wereld gekom om aan mense die weg na die waarheid te toon, wat die 'strong missionary impulse' van die Evangelie op die voorgrond dring. 2.8 Liefde tossen mekaar in 'n voltooide en hegte netwerk Hoewel daar telkens van die onderlinge liefde in die vorige bespreking sprake was, moet hier net weer kortliks aandag gegee word aan die wyse wa'arop die Vader die Seun liefhet en die Seun die Vader in gehoorsaamheid liefhet. Die Vader se liefde word weer die patroon waarop die Seun sy 'eie' liefhet (15:9). Die liefde van die Seun ISSN 0259-9422 = HTS 53/3 (1997) 565

vir sy 'eie' word op dieselfde manier deur 'sy eie' teruggegee as wat die Seun die liefde aan sy Vader teruggegee het. Die een wat weer die Seun liefhet, sal die Vader weer liefhe net soos die Vader die Seun liefhet (14:21 en 17:23). So 'n persoon sal in 'n intieme relasie met die Vader en die Seun staan (14:21,23). Hy sal in die liefde van die Seun bly soos die Seun in die liefde van die Vader bly (15:9-10; vgl ook Barrett 1978:215). Hierdie beskrywing illustreer die netwerk van relasies wat in die familie van God bestaan. Houlden (1973:37) noem dit 'the central reality' (vgl ook Schrage 1996:314). Die basis vir die funksionering van hierdie relasies is wederkerige liefde (Beutler 1986: 225). Die gelowige word in hierdie netwerk van liefde opgeneem wat as 'key term for the bond of community' funksioneer (Houlden 1973:38). hemelse familie] life' (Stauffer 1974:53). Dit is die 'law of its [die Liefde kan alleen liefde wees as dit in gehoorsame dade uitdrukking vind. Die lewende relasie met die lede van die familie van God vorm die basis van optrede (etiek) vir elke gelowige. Schrage (1996:300) stel dit goed: 'The 10hannine ethics of love stands and falls solely on God's having demonstrated his love by sending and sacrificing his own Son'. inderdaad lief omdat God hulle eerste liefgehad het. Die gelowiges het Liefde funksioneer dus primer binne 'n verhoudingsraamwerk met praktiese konsekwensies. Dit gaan om 'n eksemplariese deurvloei van die liefde in die gesin van God. Wedersydse liefde onder mekaar is inderdaad die dinamiese basis van die 10hannese etiek. Daarom is Houlden (1973:37) korrek as hy beweer dat dit in die liefdesuitsprake nie primer om etiese opdragte gaan nie, maar om die eksistensie1e toestand van die ewige lewe wat die gelowige van Christus gekry het. Die wesensaard van die liefde by die beginpunt verskil dus nie van die aard daarvan by die eindpunt nie (Van der Watt 1992:81). 3. ENKELE SAMEV ATTENDE OPMERKINGS 3.1 Familiale verhoudingsnetwerk Dit is duidelik dat liefde binne die verhoudingsnetwerk tussen die verskillende lede van die familie van God funksioneer. (V gl Van der Watt 1991: 106-117 vir 'n beskrywing van die integrasie van die teologie van 10hannes.) Daarom sien Collins (1979:258) dit ook binne die konteks van die 10hannese eenheidsgedagte soos dit byvoorbeeld in die afskeidsgesprekke aangetref word. Liefde is die manier waarop die identiteit van die verski1lende lede van die familie na vore tree. Dit vorm nie eties gesproke verskillende opdragte nie, maar vorm 'n enkele 'wet van liefde', soos Schrage (1996:314) dit tereg stel. Die Vader is die bepalende faktor terwyl gehoorsaamheid die sterkste manier vir die res van die familie is om hulle liefde te illustreer. Liefde kan dus alleen na behore 566 HTS 53/3 (1997)

J- G van der Watt verstaan word mits dit binne die teo10giese en Christo10giese raamwerk van die Evangelie verstaan word. Omdat God en Christus dam is en is wat Hulle is, kan daar van 1iefde as onderlinge bindingsmateriaal van die familiale verhouding gepraat word. Schrage (1996:298) voer dus tereg die etiek van Johannes na sy Christo10giese basis terug (Van der Watt 1992:75-80). Liefde veronderstel dus 'n dinamiese verhouding. 3.2 Interpersoonlike verhoudings in terme van liefde Volgens die Johannesevange1ie word die familiale netwerk van interpersoonlike verhoudings deur die tenn 'liefde' beskryf. Wend1and (1975: 111) stel dit sterk as hy se: 'Das neue Sein ist Liebe. Die Liebe ist eine einzige, gottliche Wirklichkeit... die von Gott durch Christus zu den Seinigen und von einem Bruder zum anderen stromt. A1s Liebende stehen die Glieder der christlichen Gemeinde im Geshehen der gottlichen Liebe'. Daardeur word die kinders van God nie alleen ge'identifiseer nie, maar word diekarakter van die Vader in die 1ewens van sy kinders ook gedup1iseer (Schrage 1996: 306). Liefde kan dus gesien word as die aktualisering van God in hierdie were1d (Stauffer 1974:53). Die interpersoonlike verhoudinge het ook invloed op die wyse waarop liefde gestalte kry. Die persoon wat in die hoer gesagposisie staan, is in 'n posisie om te gee. Die persoon in die 1aer gesagsposisie gehoorsaam die be1angriker persoon as uitdrukking van sy 1iefde vir daardie persoon. As die Seun voor die Vader staan, gee die Vader en die Seun gehoorsaam. As die Seun egter teenoor die gelowiges staan, gee Hy weer en die gelowiges gehoorsaam. Die interpersoon1ike dinamiek bepaal dus die 'gesig' wat liefde aanneem. Dit geld ook vir God se liefde vir die were1d (3: 16). Liefde teenoor ongelowiges het 'n missionere gesig. Uit die beskrywing van die liefde hierbo het dit duidelik geword dat dit by die liefde van die gelowige gaan om aksies wat in gehoorsaamheid aan die wil van die Vader gedoen word (vg1 Van der Watt 1992:83-87). Liefde impliseer aktiwiteit. Die aktiwiteit is egter aktiwiteit tot voordee1 van die Vader en sy gesin, al sou dit beteken dat die ge10wige sy eie be1ange eenkant toe moet skuif, soos wat Jesus dit ook gedoen het toe Hy sy lewe afge1e het. Hierdie positiewe wilsaktiwiteit wat op grond van gehoorsaamheid uitdrukking vind, kan ook met woorde soos lojaliteit teenoor die familie en verpligting tot positiewe optrede teenoor die gesin weergegee word. Daardeur word die egtheid van die onderlinge verhouding bevestig. Dit is die aard van die 1iefde waarom dit in die Johannesevange1ie gaan: 'love is not an emotion or an affect, not a theory or an idea, but simply living for others' (Schrage 1996:318). Dit gaan om se1fopofferende diensbaarheid (Van der Watt 1992: 85). Dit word bevestig as daar na die donker kant van liefde gekyk word. Uit gedeeltes soos 15:18-16:4a blyk dit dat die ISSN 0259-9422 = HTS 53/3 (1997) 567

teendeel van liefde haat is (Tolmie 1995:213-214). Ook haat word in terme van aksies uitgedruk. Soos in die geval van liefde sien Schrage (1996:318) dit ook as 'n gemeenskapsterm wat identiteit aandui. Dit impliseer dat die gelowiges en die kerk se styl deur die interpersoonlike aktiwiteit van lojale opoffering teenoor mekaar gekenmerk moet word. Die feit dat Johannes die herkenning van die dissipels as dissiples van hierdie liefdesoptrede afhanklik maak, maak dit 'n sterk imperatief vir die kerk. Dit is die tipe identiteit wat die kerk in die wereld moet indra. Hermeneuties sou dit toelaatbaar wees om te se dat ons modeme gemeentes hulle ook hieraan moet meet. Hoe deeglik die kinders van God kinders van God is, kan aan die gehoorsame en lojale liefde onder mekaar gesien word. 3.3 Gemeentebou Vir gemeentebou bied hierdie uiteensetting ook interessante moontlikhede om aan aandag te gee. Dit is hermeneuties 'n moeilike vraag of die 'antieke Mediterreense familiebeeld' wat Johannes gebruik om sy ekklesiologie mee te beskryf, net so as model vir die modeme gemeente geneem kan word. Van die ander Nuwe Testamentskrywers werk weer met ander metafore om die dinamiek van die soteriologie en ekklesiologie mee te beskryf. Hierdie vraag gaan egter nie hier hanteer word nie. Wat egter wel aandag moet geniet, is of die liefde soos dit hier beskryf word, nog as eis vir die hedendaagse gemeente (met die individualisme van ons tyd as vertrekpunt) gestel kan word. In die argumentasie van Johannes word liefdevolle interpersoonlike verhoudings as die basiese kenmerk van die kinders van God gestel. Omdat hulle God en Jesus ken (17:3), is hulle mense wat gered is (die ewige lewe het). Dit lyk dus geregverdig om te se dat daarin 'n kemmoment van Johannes se argumentasie le - die mens leer God deur Jesus ken. Daarmee word die mens in 'n hegte verhouding met God ingetrek. Dit maak nie saak hoe daardie verhouding beskryf word nie (bv deur ander Nuwe Testament-skrywers as adopsie, versoening, loskoping, regverdigmaking of iets dergliks), dit bly die herstel van die gebroke verhouding tussen God en mens. Johannes attrikuleer hierdie verhouding fyn met behulp van die familiale term 'liefde' en die verantwoordelikhede wat liefde plaas op die een wat liefde ontvang en gee. Die dimensies van lojaliteit, positiewe aktiwiteit, interpersoonlike verbondenheid en gehoorsaamheid aan God blyk ook op die gelowige van vandag van toepassing te wees. Literartuurverwysings Barrett, C K 1978. The Gospel according to St John. London: SPCK. Berger, K 1984. Formgeschichte des Neuen Testaments. Heidelberg: Quelle & Meyer. 568 HTS 53/3 (1997)

J G van tier Watt Beut1er~ J 1986. Das Hauptgebot im Johannesevangelium, in Kertelge, K (Hrsg), Das Gesetz im Neuen Testament, 222-236. Freiburg: Herder. Brown, RE 1966. The Gospel according to John, Vol1. London: Chapman. Bultmann, R 1978. Das Evangelium des Johannes. Gottingen: Vandenhoeck. Carson, D A 1991. The Gospel according to John. Leicester: IVP. Collins, R F 1979. 'A new commandment I give to you, that you love one another' (In 13:34). Laval Theologique et Philosophique, 234-261. Du Rand, J A 1981. Entole in die Johannesevangelie en -Briewe. Pretoria: NlWSA. (S.l NTWSA.) Furnish, V P 1972. The love command in the New Testament. London: SCM. Gnilka, J 1994. Theologie des Neuen Testaments. Freiburg: Herder. Gunther, Wen Link, H-G 1976. Love, in Brown, R (ed), The New International Dictionary of New Testament Theology, vol 2, 538-547, Exeter: Paternoster. Houlden, J L 1973. Ethics and the New Testament. London: Mowbrays. Morris, L 1978. Love in the Fourth Gospel, in Saved by hope (Festschrift R C Oudersluys), 27-43. Grand Rapids: Eerdmans. Roloff, J 1993. Die Kirche im Neuen Testament. Gottingen: Vandenhoeck. Sch rage, W 1996. The ethics of the New Testament. Edinburgh: T & T Clark. Schulz, S 1987. Neutestamentliche Ethik. Zurich: TVZ. Schnackenburg, R 1980. The Gospel according to St John, vol 2. London: Bums & Oats. Smith, D M 1996. The theology of the Gospel of John. Cambridge: CUP.. Stauffer, E 1974. 'A-ya1l"aw, in Kittel, G (ed), Theological Dictionary of the New Testament, vol 1. 21-55, Grand Rapids: Eerdmans. Tolmie, D F 1995. Jesus' farewell to the disciples: John 13:1-17:26 in narratological perspective. Leiden: Brill. Van der Watt, J G 1988. Broederliefde in 1 Johannes, in Breytenbach, C (red), Kerk in konteks, 65-76. Pretoria: NG Kerkboekhandel. --- 1991. Die Woord het mens geword: 'n Strukturele uiteensetting van die teologie van die Johannesevangelie, in Roberts J H, Vorster W S, Vorster J N, Van der Watt J G (reds), Teologie in konteks, 93-130. Midrand: Orion. ---- 1992. 'Julle moet mekaar liefhe': Etiek in die Johannesevangelie. Scriptura S9a, 74-96. Wendland, H-D 1975. Ethik des Neuen Testaments. Gottingen: Vandenhoeck. ISSN 0259-9422 = HTS 53/3 (1997) 569