JULIE Altyd diensbaar GROEI KLEINER EN SWAKKER. Dagboek van genade.

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

n Prins word die Skaapwagter

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Van Vervolger tot Prediker

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Les 6 vir 10 November 2018

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Die maan en sy rol in ons wereld *

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Addendum A Consent form

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Pretoria- 23 Junie 2012

Waar is God as ons swaarkry?

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Die betekenis van die kruis (1)

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Berribrokkies Nuusbrief van Fred en Paula Berrington Posbus 739, Groot-Brakrivier, (Fred) (Paula) Mei 2014

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Oor die outeurs. Wayne Barber. Rick Shepherd. Eddie Rasnake

AS HERMENEUTIESE RAAMWERK VIR. Voorgelê ter vervulling van die vereistes vir die graad DOCTOR DIVINITATIS

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

MOTHEO/XHARIEP HOëRSKOLE ATLETIEK MOTHEO/XHARIEP HIGH SCHOOLS ATHLETICS

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

Community of Practice

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

A. Dr EJ Smit tables the report. B. The report will be concluded during the Synod session.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

As-Woensdag. Baie welkom in die 46 dae lydenstyd Taizè-musiek bring ons in die stemming om na God, na onsself, na mekaar en na ander te luister

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

Emotional drainage / Emosionele dreinering

Transcription:

JULIE 2013 Altyd diensbaar GROEI KLEINER EN SWAKKER Dagboek van genade www.cjbf.co.za/tydskrifte/vroueblad.htm

JULIE 2013 Altyd diensbaar GROEI KLEINER EN SWAKKER 6 Dagboek van genade Werf asseblief vir ons nuwe intekenare of gee die Vroueblad as n geskenk aan jou vriendin. Intekenvorm verskyn op op p. 23. Die Redakwww.cjbf.co.za/tydskrifte/vroueblad.htm 2 VROUEBLAD Julie 2013 GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe 5 Ds. Sê my IN-DIEPTE 6 Groei kleiner en swakker 8 Blom jy of brom jy waar jy geplant is? 10 The believing woman always available to serve the Lord LEEFDINGE 12 Die deugsame vrou en die sittende man 14 Teks & Vers: Dien in geloof 15 Teks & Vers: Dagboek 16 PTP Publikasies 17 Boekeblad 18 Dagboek van genade 20 Soen 21 ʼn Soentjie vir Mevrou 22 Hartskatte 23 Lees in Augustus 2013 24 Kaleidoskoop Julie 2013 Redaksionele Inligting Redaksiekommissie: Cobie Steyn (redaktrise) Griet Swanepoel (assistent-redaktrise) Marlette van Rooyen (sekretaresse) Karien Brink (bladuitleg) Prof. Jacques van der Elst Ds. Nico Botha Annatjie du Plessis Posadres: Die Redakteur: Die Vroueblad Posbus 178, Lydenburg 1120 Faks: Die Vroueblad 086 714 6157 E-pos adres: Cobie Steyn, cobiesteyn@live.com Internetadres: http://www.cjbf.co.za/tydskrifte/vroueblad.htm Navrae: Rekenings, adresveranderings, intekening, bladbouers: Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 3986, tydskrifte@gksa.co.za Advertensies: Dr. Wymie du Plessis, Tel (018) 297 3987 Eienaars en uitgewers: Deputate Kerklike Tydskrifte GKSA Intekengeld: Self afhaal by Administratiewe Buro: R 111 Elektroniese intekening: R 111 Groepintekeninge: R 174 Individuele intekeninge: R R193 (Intekening word as voortgesit beskou solank dit nie gekanselleer word nie.) Drukkers: V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, ISSN 0378 407 X Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig dié van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor. JAARGANG 68 NOMMER 2

Juig almal tot Gods lof en eer, kom dien met blydskap God die Heer (Psalm 100: strofe 1, reëls 1-2) Sms e Ons saamtrek hier by Die Bult in Potch was vir my die jaar spesiaal. Ons het n wonderlike spreekster gehad. Sy het van haar nagmerrie ondervinging nl haar verkragting vertel. Ek het nog nooit so met iemand meegeleef nie. Nooit besef die verskriklike impak op jou en jou gesin se lewens nie. Daar was nie n droë oog in die gehoor nie. Ek weet ek is laat met my sms, maar dink elke dag aan die dame. Bid vir al ons susters in die geloof. Groete, A v Pletzen REDAKTEURSBRIEF ALTYD DIENSBAAR Diensbare vrouens in die Here, En so het die tyd weer aangebreek dat die dubbeluitgawe moet verskyn waarin almal vertel van die landswye saamtrekke wat op 9 Maart 2013 gehou is. Ek is vars en nuut, want ek sit die 10de Junie na ʼn kort, maar lekker seevakansie aan die Natalse Suidkus, weer voet aan wal. Net om met die intrapslag my vas te loop in ʼn weeklange onstabiele elektrisiteitsituasie en toe die week daarna groot internetprobleme (waarsonder hierdie blad natuurlik nie op haar voete kan kom nie). En met die vorige uitgawe was die bladuitlegkunstenaar my genadig toe ek vroeg wou klaar wees vir my vakansie, nou is dit my beurt om, ondanks al die vele uitdagings, haar ter wille te wees want sy wil vroeg klaar wees dis wintervakansie vir haar en haar gesin. En met watter tema werk ek terwyl hierdie storms om my woed? Dien altyd; wees altyd diensbaar waar jy is, ongeag in watter omstandighede jy jou bevind. En ek weet ek word getoets. Maar met my man se ondersteuning, die kinders wat soos engele hulle selfone as modems kan inspan wanneer ʼn selfoonstokkie selfs nie werk nie (dankie tog dis universiteitsvakansie!), hou julle nou die dubbelblad betyds in julle hande. Lekker lees en lekker foto s kyk. Die tema vir 2014 is nou uiteindelik bekend en nou kan al die streke maar hulle sprekers nader. Ons susters van Die Gereformeerde Kerk KwaMancane het so mooi gevra dat hulle beriggewing oor die saamtrek van die Natalstreek in Engels gepubliseer word sodat hulle ook die blad vir hulle kan bêre as herinnering, dat die redaksie toegestem het. Ons het toe besluit om die volledige artikel in Engels onder In Diepte in die tydskrif te publiseer, omdat daar ook heelwat berig is oor die geestelike verdieping van die dag. ʼn Korter, Afrikaanse weergawe van Natal se saamtrek verskyn in die Saamtrekbylaag. Geniet die blad, en geniet die voorbereidings vir Sustersaamtrek 2014 die saamtrekke vier dan hulle 50ste bestaansjaar. Altyd diensbaar aan ons Koning Cobie Steyn NS: BRIEWEBLAD: Stuur ʼn SMS na 082 555 9586 (begin SMS met VB:)... of e-pos jou brief aan cobiesteyn@live.com of gaan lug jou mening op ons Facebookblad of stuur jou brief per slakkepos na Posbus 178 Lydenburg 1120. Ons publiseer graag jou SMS of brief in Augustusmaand se brieweblad. Briewe moet ons voor of op 15 Julie 2013 bereik. (Die redaksie vra vriendelik dat hierdie selfoonnommer en adresse nie vir administratiewe sake soos inskrywings of kansellasies gebruik sal word nie skakel die verantwoordelike persone by die Administratiewe Buro in Potchefstroom: Sien die inligting op die skutblad.) VROUEBLAD Julie 2013 3

briewe RSVP Liewe Susters, Ai, hoe lekker is dit om n uitnodiging te ontvang (posstaking of nie!). n Mens is opgewonde: Ek is genooi. Onthou: Ek moet nou RSVP. Vir maande is die verskeie sustersaamtrekke in Die Gereformeerde Vroueblad bekend gemaak, elke gebied gee die venue en spreker wat gaan optree en wanneer ons moet RSVP. Dan kom die uitnodiging in ons kerk en Polsslag: Suster, jy is genooi. Skryf jou naam op by Ina. Jy moet RSVP. Ons het ook vooraf die leersame Bybelstudiestukke in die Vroueblad ontvang. Almal kan goed voorbereid na die saamtrek gaan. Ek wonder: Waar wil God my lei om diensbaar te wees? Eindelik breek die 9de aan. By die indraaipad, aanwysing na parkering en in die saal is die oulikste Tjokkerdoppers dit is die jong kinders van die gemeentes, getooi in swart en wit en strikdassies (wat teen die middagkant al redelik skeef sit!). Hulle bedien al 44 tafels ewe vlytig. Geluk aan Heidelberg en Nigel se susters wat so n mooi dag vir ons gereël het (ons hoor seker later meer oor die dag in n latere Vroueblad). Die spreker, dr. Dirk Hermann en die Joostegesin met musiek en sang, het n besondere rustige atmosfeer geskep. n Mens kon heel oggend die alomteenwoordigheid van God aanvoel. Diep onder die besef van: Ons moet hande uitsteek en doen wat God vra, lees ek die aand in my Bybel: Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is en Ek sal julle rus gee...(matt. 28 e.v.) Toe ek dit weer lees, besef ek my naam is boaan die uitnodiging. Ek moet RSVP. Wat n heerlike voorreg om na Hom te gaan en vir Hom te kan werk! Liewe geloofsvriendin, wat gaan jy en ek op hierdie uitnodiging RSVP? Groete, Marié Kruger Die wenboek, geborg deur Cum-Boeke is 88 Kwelvrae wat gelowiges pla... en Bybelse antwoorde deur Jan van der Watt. BLOM WAAR JY GEPLANT IS... Ek sit vandag hartseer en tob oor die feit dat ek nie hierdie jaar se sustersaamtrek kon bywoon nie, die eerste keer in sekerlik 30 jaar of meer. Toe laat ek my gedagtes gaan oor ons streek se tema Blom waar jy geplant is, en besef dit is wat die Vader presies vir my in gedagte gehad het toe Hy my huweliksmaat vir my gestuur het. Ook het Hy my van kleintyd af toegerus om te kan oorleef en te blom waar ek my lewe moes voortsit na die huwelik. Ek het in n plattelandse dorpie grootgeword in n huis wat oorgeloop het met liefde, maar met min materiële en finansiële voorregte. My pappie is oorlede toe ek twee jaar oud was, en mamma moes planne maak om die pot aan die kook te hou. Ek het die voorreg geniet om te kon leer hoe om binne n mens se vermoëns te funksioneer. Ook aan moedersknie het ek die voorreg gehad om die wonder van gebed te kon ontdek. Dit was altyd mamma se toevlug en het sy ons altyd attent gemaak op die uitkoms wat haar te beurt geval het. Nooit is sy in die steek gelaat nie: Die Vader het haar gedra en sy kon 7 toegeruste kinders suksesvol die wêreld instuur. Eers toe ek elf jaar oud was, het sy hulp gekry: n Wonderlike man wat vir ons kinders ook n ware vader was. Nietemin, na n kortstondige verblyf in die stad met n redelike inkomste uit n vaste salaris, het die Vader vir ons ander planne op ons lewenspad gehad: Ons het die wêreld van boerdery betree. Sommige boere is bevoorreg om met hul ouers se hulp te begin boer, maar in ons geval was dit anders, en kon ons slegs op die genade reken om ons elke jaar deur te dra. Wat n wonderlike voorreg is dit nie. My daaglikse geselskap was maar die gesprekke met Hom en die bederf van sy kant af het ook nie uitgebly nie. Elke dag het nog genoeg opgelewer sodat dankbaarheid die sleutelwoord in ons bestaan is. Hier het die Vader my dan ook gebruik en toegerus om diensbaar te wees, en die talente waarmee Hy my geseën het te kon gebruik tot sy eer. Dit is so n genade om te weet dat Hy altyd vir ons beskikbaar is, en dat ons met die geringste probleem na Hom toe kan gaan, en al kry ons nie altyd die antwoord waarop ons gehoop het nie, kry ons dit wat vir ons tot beswil is. So is my gemoed dan altyd ligter, want ek weet dat as ek Hom in alles raadpleeg, sal Hy my help om te kan blom waar ek geplant is, want dit sal wees waar Hy my wil en kan gebruik. Mag elke suster daagliks daardie vrede vind en geniet. Doppergroete, Wanda Jacobs ( Gereformeerde Kerk Dendron.) (Brief verkort Redaksie) WORD RIDER EN HUWELIKSBEVESTIGER Beste Cobie, Dankie dat jy die Word Riders-artikel geplaas het (Junie 2013). My gebed is dat die Woord van God die uithoeke van al die hoeke in en van die ou aarde sal bereik. Die betrokke uitgawe is vir my ekstra spesiaal daar dit ek was wat Wilhan Jobse en sy bruid (foto: Bruidsgalery Vroueblad Junie 2013, p. 12) daardie spesifieke middag in die eg verbind het. Om presies te wees moes ek daardie dag vroegdag alleen van die Word Riders wegbreek om betyds te wees vir die plegtigheid. Kan jy glo? Sterkte met elke uitgawe en wees verseker van my voorbidding. Groete en mooi loop. Pieter Heystek 4 VROUEBLAD Julie 2013

lesers vra Die duiwel wil ons verslind HOE KAN DIE DUIWEL SOOS N BRULLENDE LEEU RONDLOOP? Ons leser vra hoe ons 1 Pet. 5:8 moet verstaan, en wil weet: Hoe kan die duiwel oral wees waar gelowiges is, of moet ons verstaan dat ander demone hom help? Die duiwel is ons vyand Die Bybel is God se openbaring oor Homself. Dis die Boek waaruit ons Hom en al sy groot dade leer ken sodat ons in Hom kan glo en ons lewe aan Hom kan toewy. Wat ons uit die Bybel te wete kom van die duiwel, is maar net omdat hy die vyand van God en sy kinders is, nie omdat die Bybel ons wil leer om die duiwel te ken nie. Tog is dit belangrik om te weet dat die duiwel en al sy bose magte ons bedreig, en dat ons daarom nugter en wakker moet wees, soos Petrus dan ook aan die gelowiges skryf. Die duiwel word juis ook Satan genoem sodat ons hom as die teenstander sal ken, die vyand wat ons vir homself wil wen. Al die demoniese magte is nie ons speelmaatjies nie, maar die rowers wat ons van ons band met God wil beroof. Die naam duiwel beskryf hom as die aanklaer wat ons by God in onguns wil bring ( vgl. Sag. 3). Hy sal graag die versoening wat Christus vir ons bewerk het, wil tot niet maak. Soos n brullende leeu Ons leer iets van die duiwel ken uit sy werkswyse. Dit word in die Bybel veral beskryf deur hom met iets te vergelyk wat ons goed ken, soos byvoorbeeld dat hy soos n honger leeu is wat wil verslind, of hom voordoen as n engel van die lig, of soos n vuurrooi draak is, of dat hy die owerste van hierdie wêreld (Joh.12:31) is of die god van hierdie wêreld (2 Kor. 4:4). So tree hy op in sy opstand en teenstand teen God. Al hierdie vergelykings beteken egter nie dat ons die werk van die duiwel altyd kan onderskei van die werk van alle bose magte nie, en, belangriker nog, ons kan dit beslis nie skei nie. Ef. 6:11-12 help ons om te besef dat die listige aanslae van die duiwel dieselfde is as elke bose gees in die lug waarteen ons weerstand moet bied met God se wapenrusting. Alle demoniese magte is eintlik maar niks anders as die werkinge van die groot aanklaer en teenstander wat ons graag in sy wrede kloue sal wil kry en ons van God af sal wil los skeur nie. Hy en sy magte werk regtig oral, hy laat hom selfs nie keer deur die mure van kerkgeboue of die deure van binnekamers nie. Net in geloof in Jesus is ons veilig Die duiwel en sy demoniese magte probeer beproewings omswaai in versoekings, saai twyfel, stel sonde vir gelowiges voor asof dit genot is waarsonder ons nie wil wees nie, en probeer so Jesus se oorwinning tot niet maak. Die beskrywing in Al dra ons die letsels van die leeu se kloue wat ons byna verskeur het, Jesus is die Heiland wat ons weer heel maak! VROUEBLAD Julie 2013 Op. 12 en 13 laat ons iets verstaan van Satan se werk deur die eeue, ook in ons tyd, maar as ons aanhou lees tot die laaste woorde van hoofstuk 22 weet ons: Almal wat in Jesus Christus is, is veilig. Die oproep in 1 Pet. 5: 8 dat ons nugter en wakker moet wees, beteken nie dat ons nou beangs moet wees oor wat die brullende leeu in ons lewe kan doen nie. Inteendeel dit roep ons op om vas te staan in die geloof, en hierdie leeu teen te staan. Net verderaan (vers 10,11) kry ons die heerlike versekering dat God wat ons in Christus reeds deel gegee het aan sy heerlikheid, na ons swaarkry en lyding sal herstel, en ons moedig, sterk en standvastig sal maak. Al dra ons die letsels van die leeu se kloue wat ons byna verskeur het, Jesus is die Heiland wat ons weer heel maak. Wees nugter en wakker sodat jy nie aan die slaap gevang word nie. Ons enigste beskerming is in die Here en Oorwinnaar in Wie ons glo! Stuur u vrae aan: nico@gkrandburg.org.za, of Posbus 436, Randparkrif 2156 of sms na 083 629 8740. 5

in diepte Theodore Roosevelt was n merkwaardige Amerikaanse president.nooit het hy sy kinderlike naïwiteit verloor nie.op n keer het hy n gesprek met n politieke adviseur onderbreek om te gaan boomklim. n Ander keer het hy die Withuis se biblioteek gesluit en agter geslote deure met n swaargewig bokser n paar houe verwissel. By geleentheid het Roosevelt selfs sy kabinet sover gekry om saam met hom in n swembad te spring. Roosevelt was ʼn onversadigbare leerder wat nie een aand gaan slaap het voordat hy ʼn boek deurgelees het nie. Ook het hy in sy hart nederig en klein gebly. Daar word vertel hoedat hy en ʼn natuurkundige, genaamd William Beebe, sommige aande na die sterre gekyk het. Dan moes Beebe onder ander vir Roosevelt vertel van die Andromeda sterrekonstellasie met sy biljoene sterre. Hierna het die president gewoonlik geantwoord: Nou is ons klein genoeg. Nou kan ons gaan slaap. Word weer kinders (Matt. 18:1-4) Die grootste probleem met meeste van ons is dat ons opgroei. Ons word groot. G n wonder nie dat Dr Seuss iewers sê: Grown-ups are obsolete children! Grootmense is soveel anders as kinders. Ons is veilig, voorspelbaar en vervelig. 80% van grootmense se kreatiewe leervaardighede het reeds gedurende vroeë volwassenheid tot ʼn einde gekom, aldus die bekende fisikus Moshe Feldenkrais. Meeste volwassenes leef die lewe op outomaties. Uitdagings is taboe en onsekerheid ons grootste vyand. Daarom dat Paul Arden skryf: Risk taking is not compatible with age. Grootmense het weinig vrae en min geleenthede, maar baie antwoorde. Ons het die lewe klaar uitgesorteer. Ons het ons geleenthede ingeperk, of reeds opgebruik. Kinders, daarenteen, het baie geleenthede én baie vrae. Terloops, ʼn navorser bevind die gemiddelde kindjie vra 125 vrae per dag, terwyl die gemiddelde volwassene net 6 vrae vra! Kinders is leergierig. Hulle wil alles weet. Tog het die meeste grootmense se kreatiewe leervaardighede lankal in onbruik verval. In die kerk eis grootmens-wees ʼn hoë tol. Volwasse Christene doen dinge veilig en voorspelbaar. Volwassenes hou nie juis van verrassings of onsekerheid nie. Alles in die kerk moet beheerbaar en gereguleerd wees! Tog sê Jesus in Matt. 18 dat ons moet verander en kinders word. Nee, Hy sê nie ons moet soos kinders begin glo nie, soos wat sommige grootmense dink nie. Jesus sê ons moet kinders word. Ons moet agteruit groei. Jesus vra ʼn radikale terugkeer na ʼn tweede naïwiteit van opregte kindwees in ons Vader se teenwoordigheid. Gr kleine swak om r gro De Prof. ST JOUB 6 VROUEBLAD Julie 2013

in diepte oei r en ker eg te ei ur EPHAN ERT Jesus sê dat as ons nie verander en kinders word nie, sal ons nooit die koninkryk van God sien nie. Egte groei in sy teenwoordigheid gebeur altyd agterstevoor. Groei maak ons kleiner. Dit maak ons broos. Dit maak dat ons in onbelangrike, eenvoudige dingetjies vreugde vind. Dit maak dat ons nie meer ons groot ego s in stand moet hou wat gevoer wil word deur vleitaal, aandag, komplimente en erkenning nie. Wanneer ons naby Jesus loop, groei ander mense rondom ons groter. So word Paulus se woorde in Fil. 2 waar dat ons begin opkyk na mense rondom onsself. Dan sien ons in verwondering God se handewerk in hulle lewens raak. Verskuif van voor na agter in die ry (Mark. 10:42-45) Jesus vra nie net dat ons nuwe kinderharte kry nie. Hy hou boonop vir ons nuwe plekke doer agter in die ry. Dit is die nuwe orde, soos wat Hy aan sy eersoekende dissipels in Mark. 10 verduidelik. Voor is nou agter; groter is nou kleiner. Nou maak ander mense meer saak as onsself. Hulle redding, hulle nood, hulle pyn, hulle eensaamheid en hulle vreugde kry nou op ons skouers ruim parkeerplek. Jesus se diensknegte wat doen wat Hy vra is diegene wat geleer het om nie slegs soos kinders op te kyk na ander nie, maar om hulle ook met oorgawe te dien. Hulle wag nie op erkenning en dankie-sê woorde nie, soos wat Jesus in Luk. 17 verduidelik. Hulle kies elke dag om agter in die ry te begin en mense rondom hulle raak te sien. Hulle kies om die beste van ander mense te glo en verwag en om hulleself gedurig by die nederiges te skaar. Van sterk na swak (2 Kor. 12:8-10) Geloof gaan nie oor geestelike kragvertonings nie. God se krag is op vreemde maniere in swak menslike houers verpak. Krag in swakheid dit is die geheim van die evangelie, soos wat Paulus in 2 Kor. 12 skryf. Daar is oorvloedige lewe verpak in doodgewone, brose mense wat nie hope talent, geld of aardse hupmiddele het nie. Tog kan sulke dissipels selfs met ʼn paar vissies en broodjies in hulle hand instrumenteel wees om derduisende van brood te voorsien. Broosheid is nooit ʼn verskoning nie, maar ʼn bril waardeur ons nou kyk en ons laat besef alles kom van die Here af! Daarom is ons getuienis geleë in daardie klein dingetjies wat ons nou ongemerk vir die Here doen. Ons geloof laat ons al hoe meer onsigbaar raak. Dan skyn God se krag al hoe duideliker deur ons. Ook laat ons geloof ons ook kinderlik naïef glo en sorgvry leef. VROUEBLAD Julie 2013 7

in diepte Blom jy, of brom jy waar jy geplant is? Deur Abel en Cobie Steyn (toerusting gelewer tydens Limpopo Saamtrek, 9 Maart 2013) Unieke identiteit God het jou met n unieke identiteit geskape en jou die mens gemaak wat jy is: Jou voorkoms jou persoonlikheid is al voor jou geboorte deur God vasgelê. Daar is nie nog iemand soos jy nie. Soos wat jou vingerafdrukke uniek is, so is jy God se mens en dra jy die stempel dat jy aan Hom behoort. Jy is vrou deur Hom geskep en geroep om sy verteenwoordiger hier op aarde te wees in alle verhoudings waarin Hy jou gestel het: God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep (Gen. 1: 27). 8 VROUEBLAD Julie 2013 Jou unieke identiteit is dus gelowige vrou. Jy is God sʼn jy behoort aan Hom. Jy is na sy beeld geskape jy het ʼn lewensroeping om sy verteenwoordiger hier op aarde te wees. Dit maak nie saak wát in jou lewe gebeur nie: Jy bly lewe in ʼn verhouding met Hom. Ongehoorsaam aan jou roeping Ons lees vroeg in die Bybel dat die mens in die paradys ongehoorsaam raak aan God. Die mens kom nie sy roeping na nie hy is ontrou in die verhouding wat die Here met hom gesluit het. Die Here hou egter na die sondeval nog hierdie verhouding in stand, Hy praat nog met die mens en wys vir hom wat hy verkeerd gedoen het en sê dat die mens die gevolge van sy verkeerde dade moet dra. Die mens kan nie self uit sy situasie van sondigheid en sonde ontsnap nie die Here voorsien n Verlosser wat na die wêreld toe moes kom om vir ons sondes te sterf. Ingeplant in Christus Die Here tree al van voor jou geboorte af in ʼn verhouding met jou (vgl. Ef. 1). Alles wat in jou lewe gebeur, gebeur in verhouding met die Here. Soos wat ʼn boom in die grond geplant word, so is jou

in diepte verhouding met die Here: Jy is ingeplant in God deur Jesus Christus. Hy is die ware wingerdstok en jy die loot (Joh. 15: 1 e.v.) Die feit dat ons dink, of voel, ons blom nie, het te doen met die werklikheid van my sondige geneigheid en my verkeerd dink en verkeerd doen. Ek bly nie elke minuut van die dag bewus van die Here nie en ek werk ook nie van my kant af aktief aan die verhouding wat Hy met my gesluit het nie. Ondanks hierdie werklikheid van sonde en negatiewe denke oor jouself en dan verkeerd doen (of glad niks doen nie!), werk die Here deur sy Heilige Gees in jou hart sodat jy kan groei en blom waar jy geplant is. Groei Om te kan blom, moet die boompie of saadjie in die regte grond geplant wees en op die regte manier versorg word. Die wortels moet die regte kos kry, kunsmis en kompos en water. Dan kan hierdie blomplant ontwikkel, groter te word. Net so groei jy as gelowige vrou in jou verhouding met die Here die Here sorg vir die regte grond om in te groei. Dit is ʼn dinamiese proses, want waar God is, is daar dinamika, groeikrag. In Hom lewe ons, want elkeen van ons staan in ʼn lewende verhouding met Jesus Christus. Sonder ʼn innige verhouding met Jesus Christus kan jy nie groei nie. Hoekom moet ʼn mens groei? Omdat die wingerdstok waarin ons ingeplant is, lewe, kan jy nie anders as om te lewe en te groei nie. Groei is ʼn wesenskenmerk van lewe. In hierdie groeiproses (die lewe) voel jy soms sterk in die Here jy groei goed, want omstandighede is reg: daar is genoeg sonlig, water en voedsel. Ander kere voel jy swak: soos wanneer droogtetye of hael of n stormwind die plant tref soos wanneer beproewings oor jou pad kom. Belemmering van groei kom deur jou eie sondigheid, deur Satan, deur ander mense wat jy toelaat om jou groei te beperk. Hoe kan ek sterk bly? Hoe groei ek te midde van beproewings en belemmerings? Geloof en vertroue in God wat jou deur Jesus Christus syne gemaak het. Om te bly in Christus. Jou groei is ʼn groei uit Jesus Christus, jou Verlosser, na Jesus Christus toe. Jy het ʼn beginpunt en ʼn einddoel. Groei is ʼn tydsame proses: Kyk maar hoe n klein, tenger plantjie oor baie jare groei tot n reuse boom. As gelowige groei jy soos die Palmboom van Psalm 92 na die Here toe. Jy vind jou krag in verhouding met die Here. Die palmboom se unieke eienskap was dat die boom regop boontoe groei en dat die boom wanneer hy swaarkry, nog beter en sterker boontoe groei. Selfs al sou jy gewigte bo-op die boom plaas of aan hom hang, bly die boom groei. Daarom sal hierdie bome tot in hulle gryse ouderdom sal vrugte dra en vet en groen sal wees (Ps. 92: 15). As burgers wat ingeplant, ingewortel is in God se koninkryk moet ons dus nie net blom nie, ons moet ook uiteindelik vrugte dra. Van blom na vrug In Joh. 15 verduidelik ons Here Jesus Christus self dat ʼn gelowige net vrugte kan dra wanneer sy in die ware wingerdstok bly. En hier word ook gesê dat wanneer jy vrugte dra, jy reg gesnoei sal word om nog vrugte te dra. Daar word ook gesê as jy nie vrugte dra nie, word jy uitgesny en weggegooi. Jou roeping, gelowige vrou, is om vrugte te dra. Vrugteboere het vroeër die gewoonte gehad om hulle bome te ring om die vrug die regte grootte te laat groei vir die uitvoermark se behoeftes. Dikwels het hulle in hierdie proses foute gemaak en die vrugte was te groot of te klein vir die mark. Die Here, die groot Boer, ring ons ook soms om ons grootte reg te kry, maar Hy maak nie foute nie. In die proses van groei ook in swaarkrytye en beproewings is die Here besig om van ons perfekte uitvoerprodukte te maak vir sy uitvoermark: Koninkryksprodukte. Die vrugte wat ons moet dra, is: Liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid (Gal. 5: 22). Die vrug van die Gees kom na vore in die verhoudings waarin die Here jou geplaas het. Dit is tog primêr waartoe ons Koning jou geroep het: Om in sy koninkryk te dien. In die verskillende verhoudings waarin jy lewe, met jou man, kinders, vriendinne, broers en susters in die gemeente, mense in die gemeenskap, jou kollegas, kom die unieke karakter wat die Here jou gegee het, na vore. Met ander woorde: Blom jy waar jy geplant is? Dra jy die vrug van die Gees wanneer jy finansieel swaarkry of siek is; wanneer jou kind met leerprobleme sukkel of daar stryd en twis in jou familie is? Vermeerder die Here se roem Die uitdaging is dat jy jou unieke identiteit gelowig vrou opneem en die Here met jou unieke eienskappe en besondere gawes sal dien. As iemand oor jou ʼn getuigskrif moet skryf, mag die volgende dan van jou waar wees: Hulle sal genoem word: Bome van Redding. Die Here het hulle geplant om sy roem te vermeerder (Jes. 61: 3b). VROUEBLAD Julie 2013 9

in briewe diepte ~ in depth The believing woman always available to serve the Lord By Andries Burger Was it not exhilarating to experience the unity in Christ at the congregation of sisters from various cultures and languages at the sisters conference of KwaZulu Natal which was hosted by the sisters of the Reformed Church of KwaMncane! We truly lived the words of Paul in Gal. 3:28: It does not matter whether somebody is Jew or Gentile, slave or free, man or woman: in Christ you are one. For the first time at KwaMncane, there were more Afrikaans speaking sisters and quite a few from Holland. To demonstrate our unity on a more practical level we agreed the language of communication to be English. This was a clear demonstration of sacrifice, the communal love and unity bound us together in Christ. 10 VROUEBLAD Julie 2013

in diepte ~ in depth Guests from far and near KwaMncane was very excited to inaugurate their new hall and this was a special occasion to do it. Roelienke and Klaas de Lange came all the way from Kampen, Holland to share in this occasion because they were instrumental in developing the structures through youngsters whom they have brought with them from the Netherlands. Many others from the Nederlandse Zendingemeenschap also attended and did they talk up a storm! Cooperation Cooperation was at the order of the day. The decoration of the hall and the preparation of the delicious meal were done by the sisters of KwaMncane under the leadership of Zonke Sithole. Refreshments were served by the sisters of Pietermaritzburg and the selection of songs was done by Karen Vermaak also from Pietermaritzburg. The coordination of gift parcels and communication was done by Lydia Jansen van Rensburg from Pinetown. O yes, then there was the help received from Rev. Paul Sithole who cared for all lost sheep who had to be guided back to the kraal! Joy and giving We experienced a most uplifting day. Apart from the two inspirational messages, there were songs sung in isizulu, English and Afrikaans; a solo was performed by Dan Sithole and a group of children from KwaMncane s Home Based Care group did traditional dances. Some 150 children are cared for without government funding by mostly women and Gogo s (grandmothers). We have also been informed about 2 satellite campuses or study groups of the Mukhanyo Theological College that have been started Port Shepstone 2012 and Pinetown 2013. A collection was held to the benefit of the Abafundi Campus in Pinetown. Food for the soul Trevor Dahl, who served as a missionary at kwasizabantu Mission for twenty years had a particularly inspiring message. Surprisingly though, he began to speak of the male problem in our society and how the world is infiltrating our churches, and sadly the churches are no longer leading the way. This is exactly where the calling of the faithful woman lay: To bring back sense in the nonsense. The answer can only be found in Christ, but the execution is in our hands. As in Gen. 3 the question to the faithful woman is: Where are you? Nobody can turn the church, culture and societal culture around quite like a woman is able to do. The call comes to faithful women to put their relationship with God first, then the relationship with her husband and children, then with other believers and lastly society and the world. Satan continues to ask the question: Did God really say...? God keeps asking: Where are you? Faithful woman, be of service wherever God wants to use you in his Kingdom. We were also blessed to receive an insightful message from Professor Koos van Rooy, who is leading a team who are translating the Bible in New isizulu. Whilst he was unable to attend, Trevor read the message to the guests. In his message Prof. van Rooy says there are countless examples of females performing services in the Bible, many showing how it was not to be done for example Potiphar s wife, Lot s daughters, David s wife Michal and Saffira, wife of Annaniah. Examples of women who served with distinction are Miriam, elder sister of Moses, Jahel who took King Jabhin s life, Esther who won Ahasveros favour and Huldah the prophetess. Oom Koos disclosed five examples of faithful women in the Bible and how they were available to be of use in God s Kingdom. Maria, mother of Jesus, was available and prepared to serve the Lord even though she did not completely understand, and even if it lead to humiliation and rejection in the society she lived in; Rahab was available even though she had a sinful and despicable past; Deborah was available as prophetess whilst staying with her husband; Hannah was available to raise her child for the Lord; Priscilla was available to demonstrate to Appollos, amongst others, the true gospel. Faithful women, always be available to serve God wherever He wishes to use you in His Kingdom. Saying goodbye and God bless! When the time came to say goodbye, our isizulu Sisters lead the way with a demonstration of jovial singing that would support the mutual ties of love at all future gatherings. Repeatedly they sang Hamba Kahle, which was so inspirational that everyone joined in with gusto. Then whilst still singing, they moved around to say goodbye to everybody, with humble huggings and handshakes. May this become the image of our togetherness - comfortable with one another; loving each other; being one with each other- because we became one body, we are christened with one Spirit, whether Jew or Gentile (Afrikaner or Zulu author s own remark) slave or free. We are drenched of one Spirit (1 Cor. 12:13). inkosi Inibusise God bless God seën julle Sisters of KwaMncane VROUEBLAD Julie 2013 11

leefdinge Die deugsame vrou en die sittende man Deur Griet Swanepoel Sterk tog my hande, o Heer! Met dié woorde uit Nehemia in my gedagtes gaan ek slaap. Dit is Saterdagaand. Ek doen die afgelope tyd Bybelstudie uit die boek Nehemia. Die werk van Nehemia en die beplanning om die vervalle mure van Jerusalem weer op te bou is n inspirerende en aktuele boodskap vir my. Môre is dit Sondag. Ek moet myself ekstra motiveer om op n Sondag in die hospitaal te werk. Die gedagte om die preek, waaraan my man getrou gewerk het, mis te loop, maak dit ook moeiliker. Die lekker kuier na die diens saam met lidmate en natuurlik die lekker Sondagete saam met die kinders gaan ek dan alles misloop. Die gebed van Nehemia troos my voor ek gaan slaap. Ek besef dat daar siek mense is wat my nodig het. En ek besluit dat ek daar n verskil gaan maak. Ek kan darem die preek op die internet luister en my kinders is nou al almal groot. Vroegoggend is ek uit die huis uit terwyl die hele stad nog slaap. Ek kry n pasiënt wat herstel na n hartomleidingsoperasie. Ek stel myself voor en kan werklik sien die vrou is vreeslik bly om my te sien. Sy is baie groot van postuur. Ek begin met die roetine observasies en toe ek soek na haar voetpolse sien ek die een been is heeltemal weggekwyn. Sy sê niks nie. Toe ek klaar is met die observasies vat sy my hand en sê vir my: Ek het die hele nag gebid dat die Here vir my vandag n sterk suster moet gee... Sy beduie na my arms. Ek moet vandag uit hierdie bed uitkom. Soos jy kan sien het ek n polio-been en die ander been se knie kan ook nie meer nie. Ons kry haar later uit die bed en sy loop sukkelend en stadig sowat 20 meter. Sy klou aan my of haar lewe daarvan afhang en ek kan voel hoe sy my fisieke krag ten volle vertrou. Sy sit daarna triomfantlik op die stoel met dieselfde uitdukking as iemand wat die Comrades gewen het. Suster, die Here het jou verseker vandag vir my gestuur, sê sy dankbaar. Langs my pasiënt word n man opgeneem met n klont deur die long. Ek help my kollega om hom op te neem. Hy is in pyn en kortasem en sy vrou doen maar die praatwerk namens hom. Die dokter wil by haar weet of haar man dalk onlangs gevlieg het (waar hy vir dan vir n baie lang periode in een posisie moes sit). Die vrou kan nie wag om haar frustrasie met die dokter te deel nie. Lank gesit... Ja, dokter vir baie lank. Maar nie in n vliegtuig nie sommer die hele dag voor die TV! Die vrou is duidelik nie baie simpatiek teenoor haar man en sy pyn nie. Dit is asof sy amper vermakerig is oor wat hy nou van sy sittery voor die TV gekry het. Die manne se liefde vir die sportkanaal en TV-kyk raak later n groot bespreking rondom die teetafel. Nul uit noord vra een van my kollegas skielik vir my: Jy is mos nou n pastoriemoeder... Jy ken mos die Bybel sê nou vir my hoekom staan daar in Spreuke net hoe die arme deugsame vrou moet werk, weef en vroeg opstaan sodat haar man in die poorte kan sit! 12 VROUEBLAD Julie 2013

leefdinge Sy lê soveel klem op die woord sit dat dit behoorlik sissend uitkom. Ek is vir n paar oomblikke behoorlik uit die veld geslaan, ek het nog nooit van só n variasie of interpretasie oor die deugsame vrou gehoor nie. Die eerste woorde wat in my gedagte kom is die woorde van Martin Luther wat gesê het: Elke vers in die Bybel handel oor Christus. Ons teetyd word kortgeknip deur n noodsituasie en ons kry nie weer kans om te praat nie. Die aand na werk kan ek nie wag om in my man se studeerkamer in te kom nie. Waarna soek jy? vra my man. Ek soek boeke oor Spreuke, sê ek eers vaag. Ek kan mos nou nie vir hom sê ek wil weet waarom die man maar mag sit nie. Toe hy my later weer soek is ek nog steeds in die boeke. Hy sien ek soek nog steeds. Laat ek help, bied hy aan. Ek sien ek kan nou nie meer doekies omdraai nie. Goed, sê ek, ek wil weet waarom staan daar in die Bybel hoe hard die deugsame vrou moet werk sodat haar man in die poorte kan sit! Verbaas kyk hy my aan asof ek in tale spreek. My vroutjie, ek moet sê jy is vol verrassings! Tussen al die boeke lees en leer ek weer opnuut van die deugsame vrou. Ek leer van haar deeglikheid, haar flinkheid. Iemand wat haar man se bene sterk maak. Ek leer van haar karaktereienskappe, haar geloof, haar vertroue, haar wysheid en diensbaarheid. Ek leer van haar van positiewe toekomsverwagting. Haar sagtheid en ook haar selfversorging. Iemand wat erkenning en bewondering van haar man en haar kinders kry. Bowenal leer ek van die besondere ereplek wat sy by God ontvang het. Die sit van die deugsame vrou se man in die poorte is nie soos n gemaksit voor die TV nie. Dit was n werksaamheid. Dit is aktief. Daar is gewerk, besluite geneem. Regspraak beoefen en regeer saam met die leiers en oudstes van die stad. Dit wys op Christus as regeerder oor die wêreld en die deugsame vrou is n sinnebeeld van die bruid, sy gemeente wat vir Hom werk met toegewyde diensbaarheid. My reis in die studeerkamer was die moeite werd. Ek gaan slaap rustig met nuwe krag. Ek kan weer bid. Here, maak my hande sterk, om vir U te werk! VROUEBLAD Julie 2013 13

leefdinge Ek was ongeveer sewe maande swanger met my eerste kind toe Griet een aand na kerk vir my vra of ek nie die sekretaresse van die Vroueblad wil wees nie. Ek was nogal verbaas en het gedink n mens moet darem iets van die tydskrifwese en skryf af weet om deel te kan wees van die redaksie. Na n tyd van oorweging het ek ingestem, half benoud oor waarvoor ek myself inlaat. Een van die dae is ek ʼn nuwe ma, met nuwe uitdagings waarvan ek nog nie eers weet nie. Ek werk voltyds en was nie seker of ek by alles gaan uitkom nie. So twee maande na my seuntjie se geboorte, vra Griet my weer of ek nie sal oorweeg om vir die tydskrif te skryf nie. As ek voorheen verbaas was, was ek nou stomgeslaan! Ek is ʼn ingenieur, wat weet ek van skryf af? Die vak waarvan ek die minste gehou het, was om Afrikaanse opstelle te skryf, en nou wil hul hê ek moet vir ʼn tydskrif skryf wat baie mense gaan lees. En Word het nie ʼn Afrikaanse spellcheck nie. Iets anders, iets nuuts en ek moet skryf. Ek lees baie, ek soek baie en ek bekommer baie. Ek doen die uitleg en ek soek die prente. My eerste artikel is in! Teks & vers Dien in Geloof Deur Marlette van Rooyen By die afgelope Sustersaamtrek in Pretoria sê die spreker: Die Here gee jou nie net die geleentheid nie, Hy rus jou ook toe om dit te doen. En alles val in plek, en alles maak sin. Ek het my verniet bekommer. God gee die geleentheid, én Hy help my. Volgende maand skryf ek my twaalfde artikel. Een volle jaar! Een volle jaar wat ek kon dien en toelaat dat God my gebruik waar Hy my nodig het. Ek besef: Moet nooit ʼn geleentheid laat verbygaan omdat jy bang en onseker is nie, dit is nie waaroor dit gaan nie. As dit in afhanklikheid van God gedoen word, sal Hy elke tree saam met jou gee en elke artikel saam met jou skryf. Hy sal jou lei Gee jy jouself geheel aan God, en bly jy trou aan Sy gebod, en ken jy dan die waarheid trou, dan vul Hy met Sy Gees ook jou. Hy rus jou toe met wonder krag en lei jou op jou weg aldag. En as jy dan gewillig is, gebruik Hy jou met krag gewis. Al gaan jy deur die dor woestyn, sal Hy in jou oorwin en rein sal jy ook uit die stryd kan tree, met blydskap en met vreug en vree. En neem jy dan jou roeping aan om in die krag van God te gaan, en elke dag die stryd te stry. Die satansmag oorwin en bly en trou jou God met vreug te eer omdat jy weet Hy sien op jou neer. Joffie Janse van Rensburg Dit is nie waar jy diens lewer wat tel nie, maar hoe jy diens lewer J Rubin Clark 14 VROUEBLAD Julie 2013

Teks & vers leefdinge Dagboek Vrydag Dien en Goeie Dade Ef. 2:10: Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. Maandag Dien in Genade 1 Pet. 4:10: As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen namate hy n genadegawe ontvang het, die ander dien. Woensdag Dien en Verheerlik Joh. 17: Ek het U op die aarde verheerlik deur die werk te volbring wat U my gegee het om te doen. Dinsdag Dien waar jy is 1 Kor. 7:24: Broers, elkeen moet God dien in die omstandighede waarin hy was toe God hom geroep het. Saterdag Dien en Lewe Spreuke 14:27: Wie die Here dien, vind daarin n bron van lewe. Sondag Dien en Doen Goed Gal. 6:10: Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges. Donderdag Dien en Volg Joh. 12:26: As iemand My wil dien, moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees. VROUEBLAD Julie 2013 15

leefdinge Potchefstroom Teologiese Publikasies (PTP) Potchefstroom Teologiese Publikasies (PTP) is ʼn uitgewersmaatskappy wat hul beywer vir die bevordering van die Gereformeerde teologiese wetenskap deur die publikasie van Christelike literatuur. Prof Francois Viljoen van die Fakulteit Teologie is, as voorsitter, aan die stuur van die uitgewersmaatskappy. Daar is tans hoofsaaklik drie kategorieë waarin die boeke gepubliseer word, naamlik: vakkundige literatuur (hieronder word verstaan akademiese boeke en handboeke); populêr wetenskaplike literatuur (boeke wat steeds wetenskaplik gegrond is, maar waarvan die skryfstyl populêr aangepas is vir die algemene leserspubliek), en Christelike stigtelike literatuur (tipiese geskenk- of Bybelstudieboeke). Die volgende populêr wetenskaplike en stigtelike boeke is tans beskikbaar: TITEL OUTEUR UITGAWE PRYS Between Pentecost and consummation T van der Walt 2009 120-00 Die Messias het gekom! J van der Walt 2006 100-00 Hoe lieflik is die Lig FW de Wet 2011 155-00 Is die Kerk funksioneel? JM Vorster 1996 13-50 Die noodkreet van jongmense wat hulself sny WC Coetzer 2012 100-00 U is n God wat my sien FP Viljoen 2013 90-00 Hoe om met sterwendes om te gaan Kinders moet beskerm word R van Niekerk 2013 130-00 SD Potgieter 2013 165-00 Vir meer inligting en aankope van die boeke kan Mev. Petro Kroeze by die Gereformeerde Kerk se administratiewe buro, telefoonnommer 018-2973986, gekontak word. 16 VROUEBLAD Julie 2013

Boekeblad leefdinge Boeke vir ouers gerig op kinders Resensent: Annamie Odendaal Potchefstroom Teologiese publikasies Verlede keer het ons reeds 2 boeke uit die stal van PTP (oftewel Potchefstroom Teologiese Publikasies) geresenseer, naamlik U is n God wat my sien deur Francois Viljoen en Hoe om met sterwendes om te gaan: Praktiese riglyne vir tuisversorging deur Rassie van Niekerk. Ons vra om verskoning dat ons dit per abuis Gereformeerde Publikasies genoem het. Hierdie maand resenseer ons ook graag: Kinders MOET beskerm word! Wat ouers van die seksualiteit van hul kinders behoort te weet! deur Stella Potgieter Hier is nog n tydige boek uit PTP (Potchefstroom Teologiese Publikasies) se stal. Dr. Potgieter is n navorsingsgenoot by die Fakulteit Teologie aan die Noordwes-Universiteit. Seksualiteit is een van die onderwerpe waaroor ons die gevoeligste en ongemaklikste is met goeie rede ook. Hoe kosbaarder iets is, hoe seerder kry n mens wanneer dit bederf of misbruik word. In die eerste hoofstuk beskryf Stella Potgieter wat die Here ons in die Bybel oor seksualiteit leer. Die gedeelte is kort maar baie waardevol vir ons elkeen. Daarna behandel sy ouderdomsgepaste seksuele gedrag van kinders weereens kennis wat elke ouer behoort te hê. Baie kinders se probleme word vererger deur die onverstandige reaksie van ouers op hul kinders en dié se maatjies se seksuele gedrag, beide in die gevalle waar die gedrag normaal of waar dit problematies is. Dan druk die skrywer dit op ouers se harte: Maak seker dat jou kind paraat is deur met hulle hieroor te praat. Kinders moet weet wat is aanvaarbaar en wat nie en wat om te doen in verwarrende situasies. Hulle kan hierdie onderskeidingsvermoë slegs ontwikkel as hulle gesonde verhoudings in die huis beleef. Hier praat sy van ouers se gedrag teenoor mekaar; die vrymoedigheid wat ouers in hul verhouding tot hul kinders aanmoedig en die reëls wat vir gaste geld. Die res van die boek word gewy aan die hartseer saak van seksuele molestering. Dit is skokkend hoe algemeen dit is, en wie almal daaraan skuldig is. Die skrywer bespreek sensitiewe onderwerpe op n saaklike en simpatieke manier: Wat is die tekens dat n kind of tiener n ander skade aandoen; tekens dat n kind moontlik gemolesteer word; moderne tegnologie se voetangels; die worsteling van slagoffers; pedofilie en meer. Hierdie boek het nogal swaar gelees, nie omdat hy moeilik geskryf is nie inteendeel maar omdat die onderwerp n mens so ontstel en ontstig. Kinders is vir ons almal ongelooflik mooi, en intimiteit is iets baie begeerlik. Meer mense as wat ons aldag besef, en om meer redes as wat ons sou kon raai misbruik ons kinders se weerloosheid. Kennis gee ook op hierdie terrein mag. Daarom is die boek n móét-lees vir elke ouer sodat elkeen van ons in staat sal wees om die misbruik van seksualiteit voortdurend uit ons samelewing te help weer. Cum-Publikasie 30 dinge wat elke ouer moet weet... en aan hulle kinders moet oordra deur Johan en Nina Smit Hier is n nuttige en opbouende boek vir ouers om op die rak te hê, vol wysheid en goeie raad. Die onderwerpe wat aangeraak word, strek oor n wye spektrum van menswees en die raad groei eenvoudig uit die kennis van die Here uit. Een van die eerste hoofstukke gaan oor die regte keuses wat n mens in jou lewe maak, en die belangrikste hiervan is om, soos Josua vir die Israeliete voorgehou het, vir die Here te kies. Hieruit vloei nadenke oor: Hoe moet n mens jouself sien? Hoe weet jy wat die Here se plan vir jou is en wat jou gawes is? Verder kom lewensvreugde, toekomsdrome, n positiewe uitkyk en dankbaarheid onder die loep. Dan leergierigheid, verstandige besteding van geld en van tyd, sorg vir jou gesondheid, vir die natuur en vir jou vriende. Kinders onthou nie wat jy vir hulle sê nie, maar wat jy voor hulle leef... kyk n bietjie mooi na die slim titel van die boek! Hierdie boek fokus op beide ouers en kinders maak die boek iets besonders. ISBN: 978-1-4316-0392-3 ~ Prys: R129,95 Vrystellingsdatum: Februarie 2013 ~ Kategorie: Ouerskap Teikenmark: Algemeen ~ Formaat: 148 x 210 mm Bladsye: 336 ~ Omslag: Sagteband VROUEBLAD Julie 2013 17

leefdinge Dagboek van Genade Deur Carmie Huisman Daar is n geskarrel en groot opgewondeheid in ons huishouding: Mia kom vir die eerste skoolvakansie huis toe! Sussie Winel, ekself, oupa en ouma beplan spyskaarte van Mia se gunstelingkosse vir haar kuier. Sy is vanaf Januarie 2013 n onderwyseres by Hoërskool Harrismith. Na ʼn heerlike inkopietog in die Mall begin Mia kla van hoofpyn. Natuurlik skryf ons dit toe aan moegheid: Die rit huis toe was lank en die eerste kwartaal uitputtend. Min weet ons wat voorlê. Eenuur die nag bel Mia my wakker uit die kamer langsaan: Sy kla van kloppende hoofpyn en het ʼn hoë koors. Die volgende dag is die dokter nie erg bekommerd oor haar simptome nie. Die dag daarna vererger haar hoofpyn egter en kry sy die eerste van daaglikse pyninspuitings by n dagkliniek. Die hoofpyn vererger en ons word na n internis verwys. Heel nonchalant gee hy antibiotika en pynpille en behandel vir moontlike simptome van meningitis. Dit is nou dag vier en hoofpyn word ondraaglik erg. Mia kry steeds sterk pynstillende inspuitings en die dokter verwys haar weer na die internis wat haar laat opneem in n privaatkliniek. Aangesien sy by die skool ʼn beheerliggaamsaanstelling het, het sy nie mediese voordele nie. Voordat sy opgeneem word moet ek eers R10 000 betaal met elke prosedure en medikasie moet ʼn vorm geteken word vir betaling die volgende dag. My kredietkaart kan net soveel per transaksie toelaat en my Boeta help met die inbetaling van die res. Die Here voorsien. Dag agt van die siekte: Bloedtoetse en ʼn lumbale punksie word gedoen en sy word behandel vir virale enkefalitis. Mia praat nie meer nie, sy kerm net: Mamma help! Ek is magteloos: Hoe antwoord jy jou kind van 24 jaar oud? Die Here gee krag, Hy sal jou pyn wegneem, is al wat ek kan sê. Oupa en ouma waak beurtelings by haar dit help vir die oomblik, sy wil nie alleen wees nie en soek haar familie. Mia se hoofpyne word feller by die uur. Daardie nag help geen pynstillers meer nie, die internis doen n tweede lumbale punksie en n prosedure volg wat vog op die brein meet en aftap. In my deurlopende gesprek met die Here dié nag, gee ek Mia terug vir die hemelse Vader: Laat u wil geskied. ʼn Wonderbaarlike vrede kom oor my. Ons kinders word net aan ons geleen. 18 VROUEBLAD Julie 2013

leefdinge Skokkende diagnoses volg. Sy moet onmiddellik per ambulans Klerksdorp toe gaan vir n MRI-skandering hulle vermoed ʼn diep-aar trombose in die sinus-aar. Terug in Potchefstroom hoor ons dat ons ook nou ʼn aansienlike bedrag geld moet inbetaal voordat verdere behandeling en toetse gedoen kan word. Die internis plaas ook nie pasiënte oor staatshospitale toe nie en ek moet self vir die oorplasing reël. Die Here se genade is groot! Mia is intussen, ná motiverings, teruggeplaas as afhanklike op my mediese fonds. 1-Militêre hospitaal het nie neuroloë nie en ʼn engel stel voor dat ons haar na Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria neem. Tot vandag toe weet ek nie, kan glad nie onthou wie die inligting vir my gegee het nie. Die standaard antwoord by Steve Biko hospitaal is dat hulle nie beddens beskikbaar het nie, maar die suster aan diens sê ons moet Mia ongevalle afdeling toe vat, sy sal gehelp word. Elfuur die aand help oupa en ouma ons pak. Dit is nou al dag 10 van haar siekte. Gelukkig is dit universiteitsvakansie en kan Winel saamry. Die hele pad Pretoria toe bid en smeek ek vir die verlossing van Mia se pyn. Weer bid ek smekend: As dit u wil is, neem haar op in u Vaderhuis. Laat u wil geskied. Eenuur die nag, Goeie Vrydag, kom ons in Pretoria aan. Dit is ʼn vakansiedag en daar is nie ʼn dokter aan diens nie, ons moet haar die volgende dag terugbring! Ons rus die nag in ʼn hotel in Arcadia, Winel tref al die reëlings. Vroegoggend is ons by die ongevalle afdeling van die Steve Biko Akademiese hospitaal. ʼn Neuroloog neem Mia op in Trauma ICU. ʼn Bekwame vroulike dokter. Sy laat bloed trek en binne twee ure bespreek sy haar behandelingsplan met ons en begin sy antibiotika gee vir bakteriële meningitis. Sy doen weer ʼn lumbale punksie, stuur Mia vir verdere toetse en skanderings, twaalfuur die nag kry sy ʼn volgende MRI-skandering. Met skok kom ons agter: Mia is tot op datum verkeerdelik gediagnoseer en behandel vir virale enkefalitis! Mia praat min, haar sig is aangetas en sy sukkel om te hoor. In die wagkamer voor die ICU waak familielede van ander pasiënte: Ons is mense in diepe nood, geen taal, kleur of kultuurverskille bestaan meer nie. Vir elke nuwe gesig word gebid en word daar om genade en beterskap by die Here gepleit n mikrokosmos wat mekaar se leed en angs deel. Kos en koffie word gedeel, die waak-ure word lank. Gelukkig word ek by Mia toegelaat en kan ek haar elke halfuur vir twee minute sien, ek volg net die wit lyn geverf op die hospitaalvloer: Deur ongevalle tot by ICU. Wonderlike dae van twee minute per keer volg want ek kan sien hoedat sy geleidelik verbeter, haar oë nog wasig van pyn en worsteling, maar sy reageer en glimlag selfs. My hart jubel van dankbaarheid. Nou kan ek aan die talle mense wat bel sê: Dank die hemelse Vader saam met ons vir sy genade. Ons het in diepe afhanklikheid gesmeek, geworstel! Nou moet ons sy Naam prys en dank vir haar herstel, ons moet Hom loof vir die genade wat ons ontvang. Die Here se genade is groot. Familie wat in Pretoria bly en ons in jare nie gesien het nie, kom kuier. My neef bied aan dat ek by sy studentekinders bly vir die tydperk wat Mia nog in die hospitaal is! Teen hierdie tyd is ek na siel en liggaam uitgeput. Mia is baie emosioneel en getraumatiseer deur die siekte. Weereens het ek besef geloof is die anker van my, van ons kernbestaan. ʼn Aantal predikante het ons kom besoek. Jesaja 43 is in al die tale en vertalings aan ons voorgelees. Mia se kollegas en lidmate uit Harrismith het daagliks gebel en bemoedigende boodskappe gestuur. Die Deputate Administratiewe Diensburo, my werkgewer het in samewerking met Deputate Historiese Sake, opdraggewers aan argiefpersoneel, sewentien dae menslikheidsverlof toegestaan en daagliks het lede en personeel my gekontak en bemoedig. Na 6 dae in ICU word Mia uitgeskuif na die neurologiese saal. Sy word sterk, haar oë fokus en sy wil begin lees! Elke dag loop sy n bietjie verder, haar geheue is weer skerp en sy herhaal nie meer gesprekke nie. Met elke besoektyd bring ons lekker eetgoedjies wat sy met genot eet sy het só maer geword. ************ Mia het geen blywende letsels oorgehou nie. Haar sig, geheue en taalvaardigheid het ten volle herstel. Slegs haar gehoor gaan langer tyd neem om te herstel en behoort DV binne nege maande ten volle te herstel. Die prognose van die span professore en neuroloë: Ten volle herstel en genesing. Dr Thsipane, hoof van neurologie en Mia se dokter was alle ure beskikbaar en het selfs gedurende die nag in ICU na haar omgesien. Al die susters en verpleegpersoneel, die tannies wat kos gebring het, uncle 2-minutes wat toegesien het dat besoekers nie langer as 2 minute by n pasiënt bly nie: Julle is instrumente in die hand van die Here. Dankiesê is te min vir wat julle gedoen het. Mia het ná sestien dae gesond by die hospitaal uitgestap! Aan God die eer, lof en dank vir die wonderwerk wat ons aanskou het. Ek, geseënde vrou, jubel van vreugde. Geskryf Geskryf deur deur n n gelouterde gelouterde ma, ma, na na Mia Mia se se siekte siekte en en lyding met lyding bakteriële met bakteriële meningitis van die meningitis 22ste Maart van die tot die 22ste 20ste April Maart 2013. tot die 20ste April 2013. VROUEBLAD Julie 2013 19

leefdinge As so iemand nader kom om voor hom te buig, slaan Absalom sy arms om hom en soen hom. So het hy gemaak met al die Israeliete wat vir regspraak na die koning toe gekom het, en op hierdie manier het hy die burgers se harte gesteel (2 Sam. 15: 5-6). Die verraaier het met die manne n teken afgespreek. Hy het gesê: Die een wat ek soen, dit is hy. Gryp hom! (Matt. 26: 48). Soen in die Bybel: Daar word min na romantiese soene verwys in die Bybel of dit nou op ware liefde dui (Hoogl. 1:2) of op verleidelike optrede (Spr. 7:13). Die mees algemene vorm van soen was dié tussen familielede (Gen. 29: 11-13). Soene is uitgeruil om te groet (Eks. 4:27) of om vaarwel te sê (Rut. 1:9). In die Nuwe Testament is die soengroetery uitgebrei na die kerk die Christelike familie (1 Kor. 16: 20 en 1 Pet. 5:14). Soen het die figuurlike betekenis van vrede en harmonie tussen mense, maar dit kan ook onopreg bedoel word, soos wat Judas vir Christus verraai het (Luk. 22:47 48). Vry vertaal uit Nelson s New Illustrated Bible Dictionary, 1997, elektroniese uitgawe. En hy het sonder versuim na sy pa toe teruggegaan. Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom (Luk. 15: 20). Groet mekaar met n soen van Christelike liefde. Vrede vir julle almal wat in Christus is! (1 Pet. 5: 14). 20 VROUEBLAD Julie 2013

leefdinge briewe nsoentjie virmevrou Deur Annatjie du Plessis As ʼn mens Jesus se hele lewe van die begin tot die einde aanskou, was dit ʼn volgehoue poging om die mure, wat mense skei, af te breek Harvey Cox Hulle streep-streep so al langs die grondpad op pad na die plaasskooltjie. Elke oggend as ek in die teenoorgestelde rigting ry op pad na die dorpskool waar ek skoolhou. Party skaars ʼn baksteen hoog en ander wat lankal nie meer in die laerskool moet wees nie. Ek lig my hand met ʼn groet vir elke groepie en hulle waai vriendelik terug. Elke oggend dieselfde. Daar is naderhand ʼn onsigbare band van ons-verstaan-mekaar tussen ons, en ons is bly om mekaar op hierdie wyse ʼn lekker dag toe te wens. Ons ken mekaar al persoonlik. Tot eendag. Toe ek nog so aankom sien ek hoe die enetjie, wat sekerlik nog nie vyf is nie, met spierwit ogies in die swart gesiggie, afbuk en ʼn klip optel. Instinktief kyk ek in die truspieëltjie toe ek verby is, en jou wrintiewaar gooi hy die kar met ʼn klip. Gelukkig mis, maar die intensie was beter. Ek rem dat jy net klippe sien spat en tru dat die stof so staan. Ek verwag dat die knapie gaan skrik en weghol, maar nee, soos verskrikte springhase staan die hele klomp en die skuldige se oë is so groot soos pierings in die klein koppie. Hy staan doodstil. Nou moet ek vinnig dink, want wat moet ek nou doen? Ek was nie van plan om enige iets te doen nie. Ek wou net hê hy moet skrik. Ek sluit die kar af, klim uit en stap om die kar na waar die knapie verskrik staan en onder die getuienis van ʼn skare aanhoorders ʼn pak slae of ten minste ʼn oorveeg verwag. Ek gaan sit op my hurke voor hom en kyk hom in die oë. Ek vat aan sy skouertjies en sê in ʼn sagte, beheersde, tog streng stem: Jy mag nooit, nooit weer met ʼn klip na ʼn kar gooi nie! Hy roer nie, en of hy hoegenaamd verstaan, weet ek nie. Ek draai na die groteres en vra hulle moet vir hom verduidelik. Vir die volgende paar dae gaan dit goed. Ons groet en waai, maar as die kar nog doer aankom spring die klein mannetjie op aandag, handjies langs die sye en pure onskuld met verskrikte ogies. Nog ʼn paar dae het dit so gegaan en toe ewe skielik, eendag, spring hy weer op aandag, bring sy handjie na sy mond en gooi vir my ʼn soentjie. Ek gooi terug! Van toe af het die gewaaiery ontaard in ʼn gegooi van soentjies heen en weer. Kinders hol pad toe om soentjies te gooi en te ontvang. Hierdie ritueel het vir jare aangehou al het drie-kwart van die deelnemers nie eers geweet wat die oorsprong was nie en al was die skuldige lankal uit die skool. Dit het ʼn tradisie geword. ʼn Soentjie gooi, n soentjie kry, welwillendheid op pad skool toe, wat my en tientalle kindertjies se dag elke oggend opgehelder het. Heerlik! Daar staan mos in 2 Kor. 5:18: God het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van versoening toevertrou. VROUEBLAD Julie 2013 21

slotwoord Blom waar God jou geplant het EK HET JULLE UITGEKIES EN JULLE AANGESTEL OM UIT TE GAAN EN VRUGTE TE DRA, VRUGTE WAT SAL HOU. JOH. 15:16 Daar staan ek voor n ongelooflike bedding tulpe, n kunswerk in blomme, mooier selfs as Wordsworth se host of golden daffodils. Daar is rooies wat soos die suil van n windmeul om nog n suil helder pienk tulpe wentel, dan geles en saam vorm hulle n reënboogwiel van kleur. Sistematies en simmetries in perfekte rye geplant, vorm hulle n kleurvolle windmeul-reënboogwiel. En toe, nadat ek my asem teruggekry het, sien ek vir haar, die een enkele rooi tulp in die geel bedding! Ondenkbaar, skynbaar uit haar plek, trots, en nogal langer as die geles om haar, staan sy in al haar glorie en pronk vir die wêreld. Onwillekeurig sypel die veraf klanke van n lawwe liedjie uit my kinderjare in my kop in: I m a lonley little petunia in an onion patch and all I do is cry all day! Petunia, huil jy oor jy dink jy is mooier, beter, geuriger as die uie of hopelik, huil jy net oor die skerp geur van die uie om jou? Hierdie rooi tulp, so uit haar plek uit, huil nie. Sy pronk, dartel en sê haar sê met die rooiste, mooiste rooi tulpglimlag denkbaar. Kersietamatie het ook die geneigdheid om so rebels op te kom, net waar hy wil, al is dit in my roosbedding. Daar, in sy half onwettige, opgeëiste stukkie tuin, groei, blom en dra hy. Sy tamatietjies is net so rooi en geurig soos die produk van n goedversorgde tamatieland. Buitendien is hierdie hanstamatie so goed weggesteek dat hy in die hartjie van die winter nog n slaaibord met onverwagte vreugde kan vul. Ons is nie tamatiesaadjies wat deur honger voëltjies oral laat val word nie. Nog minder is ons donssaadjies in die wind. Jammer Koos du Plessis, ons is nie Kinders van die wind nie. Ons is tulpbolle wat per hand geplant is. Elkeen van ons het sy eie plek in die son, in goed bemeste grond, volgens die Tuinier se beplanning. Jy is waar jy is met n doel. God se plan plaas jou baie versigtig op presies die plek waar Hy jou wil gebruik. Miskien dink jy dat jy n rooi tulp is in die geel bedding, maar weet jy staan juis daar met n baie spesifieke doel: om God se werk te doen. Daar is heersers en konings, en dokters en dominees en daar is n netwerk van klein mensies wat klein maar belangrike werk moet doen. Daar is leiers en volgers, dinkers en doeners. Sonder n volger kan daar nie n leier wees nie. n Sterk opruiende toespraak gaan min beteken in n leë saal. Baie meer van ons moet pleisters plak op seer knieë en sop bring vir siekes, nuwe intrekkers of hartseer vriende en bure. Is dit nie juis n groot taak nie? Kyk hoe helder vertoon die geel in kontras met die rooi. Dit was geen fout nie, net n slim plan van n kunstige tuinier! n Rooi tulp wat n bleek dag verhelder het. Gee en dien sonder bybedoelings: n Glimlag, n bemoediging, n gebed of net n vriendelike woord, opreg in liefde. Dien, nie om te beïndruk nie, maar omdat die Here jou daartoe roep. Blom vrou, blom daar, net daar waar jy is. Wees soos n lawwe Namakwaland se madelief wat sy saad duisend maal meer as nodig die wêreld vol saai. Wees sigbaar vir Christus en soos Christus: Nederig, opreg, sonder ophef. Petunia, kersietamatie, Anna en Johanna, blom waar jy staan, daar waar God jou geplant het. Stuur jou wortels diep in God se aarde in en neem op al die krag, genade, die son en die reën wat Hy jou so mildelik bied. Groei en blom en wees vrugbaar, net daar waar jy geplant is want dit is nie die wind wat jou per ongeluk daarheen gewaai het nie. Dit is jou plek, daar waar jy moet wees. Dien en blom met dié wete: Everybody is somebody because God never created a nobody. 22 VROUEBLAD Julie 2013

Augustus 2013 in Die Gereformeerde Vroueblad Bagasie My tas raak te swaar My juk is sag en my las is lig Die lughawe-hospitaal BRIEWE Skryf n brief (SLEGS 200-250 woorde) aan Die Gereformeerde Vroueblad. Briewe hoef nie by enige tema in te pas nie vertel ons wat leef in jou hart; wat gebeur in jou gemeente! Adresse waarheen briewe gestuur kan word, verskyn op p. 3. Nou is die ideale tyd om in te teken. Dit is die begin van ons finansiële jaar: Jy betaal die volle bedrag vir Julie 2013 Junie 2014 en jy ontvang elke maand jou Gereformeerde Vroueblad, propvol geestelike verryking! TEKEN IN OP Julie 2013 in Die Gereformeerde Vroueblad DIE VROUEBLAD DIE INTEKENGELD VIR DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD: Gelowig vrou, altyd diensbaar waar God jou in sy koninkryk wil gebruik VROUEBLAD (SELF AFHAAL BY ADMIN BURO, POSGELD UITGESLUIT): R111.00 ELEKTRONIESE INTEKENING: R111.00 VROUEBLAD (IN GROEP NA DIE GEMEENTE, POSGELD INGESLUIT): R174.00 VROUEBLAD (WORD GESTUUR, POSGELD INGESLUIT): R193.00 HIERDIE TARIEWE GELD VANAF 1 JULIE 2013 TOT 30 JUNIE 2014. KONTAK ANGIE MOKOBI OF PETRO KROEZE BY DIE ADMINISTRATIEWE BURO INDIEN U ENIGE NAVRAE HET: TELEFOON: 018 297 3987, E-POS: TYDSKRIFTE@GKSA.CO.ZA JOU BESONDERHEDE 1. Voltooi jou intekenvorm. 2. Betaal jou geld in by: Bankbesonderhede: Absa; Takkode: 632-005 Rekeningnommer: 670140040 Rekeningnaam: Admin Buro BAIE BELANGRIK: Jou verwysing: VB gevolg deur jou naam Na jou eerste inbetaling, sal die Buro vir jou n rekeningnommer toeken wat jy daarna as verwysing moet gebruik) 3. Faks BEIDE jou INTEKENVORM & BEWYS VAN BETALING NA: 018 293 1042; of e-pos aan tydskrifte@gksa.co.za of pos aan: Die Administratiewe Buro Afdeling Publikasies Posbus 20008 Noordbrug 2522 Tel (018) 297 3987 Faks 018 293 1042 Stuur asseblief aan: Naam Adres Poskode Tel. E-pos Stuur asseblief rekening aan: Naam Adres Poskode Tel. E-pos VROUEBLAD Julie 2013 23

JULIE 2013 Ds. Christo Swanepoel (GK Lyttelton) In hierdie uitgawe word daar klem gelê op die feit dat die ware gelowige diensbaar is. Geloof en diensbaarheid is twee begrippe wat nooit van mekaar geskei kan word nie. n Gelowige mens is deur God in die hart gegryp dit bring dankbaarheid, wat toewyding en oorgawe veroorsaak. In die praktyk praat al hierdie woorde van diensbaarheid. Dis die drang in die gelowige se lewe om in die Here se Naam te wil dien deur jouself beskikbaar te stel vir sy koninkryk. Hier volg n paar spreuke wat aantoon hoe diensbaarheid n mens se hele lewe omvat. Die grootheid van n mens word nie gemeet aan die aantal bediendes wat jy aanhou nie, maar aan die aantal mense wat jy dien Dwight L. Moody. Christus gebruik ons soos n pen om mee te skryf, of nog beter: Hy maak ons een van sy vingers Charles G. Trambul. Die grootste van leiers is altyd besig om te dien, maar hulleself besef dit nie eers nie Bernardus van Clairvaux. Wie Jesus se voorbeeld wil volg, moet besef dat diens aan God en diens aan die nederigste medemens vir Hom dieselfde ding is Dietrich Bonhoeffer. n Heilige lewe sal die diepste indruk op ander laat. Ligtorings hoef nie n geraas te maak nie, al wat hulle doen, is om hulle lig te laat skyn Dwight L. Moody. Dankbaarheid is die enigste volkome onselfsugtige daad waartoe die mens in staat is Henry Beets. Vir my is die woord hoop, soos geloof, en hoop is inderdaad niks anders as die volharding van geloof nie Johannes Calvyn. Almal wat gelukkig wil wees, moet geluk deel. Geluk is altyd één van n tweeling Lord Byron. Agter elke suksesvolle vrou is n man wat haar probeer stop het! Grafitto. Vir jou eie voordeel beklee jy n beroep; vir die voordeel van jou medemens volg jy n roeping C.J. Langenhoven. n Man wat sê dat godsdiens en werk niks met mekaar te doen het nie, kan net sowel sê dat n mens jou kos en sout apart moet eet Johan Smit. Oorwinning lê nie daarin dat n mens nooit mag struikel nie, maar wel daarin dat jy sal opstaan elke keer as jy gestruikel het Anoniem. Dit help nie om God in jou gebed te loof as die res van jou lewe nie n loflied aan Hom is nie Fransiscus van Assisi. n Volgeling van Jesus wat soos Jesus wil voorloop, sal gewillig moet wees om soos Jesus behandel te word. Sommige sal volg en ander sal klippe gooi Gene Wilkes. Elkeen van ons kies om te groei of om terug te trek. Dit is n keuse wat ons daagliks maak Robert Doctor. Te veel Christene ooreet hulle aan die Blye Boodskap, terwyl miljoene dit nog nooit eers geproe het nie Alexander Maclaren. Ek glo in die Christelike geloof soos ek in die son glo nie net omdat ek dit sien nie, maar omdat ek in die lig daarvan alle ander dinge sien C.S. Lewis. Daar is nie iets soos mislukking binne die wil van God nie; en daar is nie iets soos sukses buite sy wil nie Robert Savage. Die Heilige Gees gee nie sy gawes om jou ryker as ander te maak nie, maar sodat jy ander se lewens kan verryk A.W. Tozer. 24 VROUEBLAD Julie 2013