GEESTELIKE MISHANDELING (Deel 2)

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Les 6 vir 10 November 2018

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

n Prins word die Skaapwagter

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

TORAH (WET) EN GENADE. LES 6 (Deel 3): HOORDERS EN DADERS VAN TORAH

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

OM TE JUDAÏSEER. In Skriftuurlike verband beteken Judaïseer egter om n Jood (Joods) te word soos ondermeer volgens Ester 8:16 en 17 duidelik is:

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

HY WAT DIE ANTIMESSIAS TEËHOU

Doen Eers n Kosteberekening

Van Vervolger tot Prediker

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Contents 1. Aanbidding Diens... 3 Navolging van Jesus se voorbeeld... 4 Nederigheid... 5 Solidariteit met mense in nood... 5 Selfoorgawe...

GEGROND IN TORAH. Alvorens daar met die nuwe siklus van Parashah HaShuvua begin word, moet helderheid oor sekere basiese begrippe eers verkry word.

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,... (Lev. 26:3)

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Parashah 8: Vayish lach (חלשיו) En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Midrash (Torah Bespreking)

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Catharina Maria Conradie

Ons Hebreeuse Wortels

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Nederlandse Geloofsbelydenis

Die maan en sy rol in ons wereld *

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

NEW INTERNATIONAL VERSION

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

DAG 85-Voorwaardes vir Herlewing: DOEN

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

BLAAS DIE BASUIN GEREFORMEERDE KERK DASPOORT Jenningstraat 728, Daspoort Leraar: br Cobus Rossouw

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Nuwe Lied Bediening. Parashah 31: Emor Spreek, Praat, Sê.

Wie Is Jou Rabbi? Ondermeer word Sag. 8:19 tot 23 as bewys hiervoor aangehaal, veral vers 23 waar die profeet Saggaria sê:

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Nuwe Lied Bediening. Parashah 8: Vayish lach En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

Die uitnodiging van God aan die hele wêreld, is om n

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Kyk ook: - Wie is Gideon Aggenbag? - Wie is Johann Ernst? Gekopieer vanaf Kerkbode. *********** Aktuarius verduidelik hantering van doopgesprek

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11

Wat kan die kerk doen?

A KARANGA PERSPECTIVE ON FERTILITY AND BARRENNESS AS BLESSING AND CURSE IN 1 SAMUEL 1:1-2:10

Wisdom Culture 17 APRIL Is Jesus in die Ou Testament?

Evangelisasie word op meer as een manier bedryf. Die gevaar is nie

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Transcription:

GEESTELIKE MISHANDELING (Deel 2) Deel 1 van Geestelike Mishandeling kan verkry word by: http://nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/gb7.jul11geesteliketeistering.pdf Die Taak van die Geestelike Leier. Lidmate van n denominasie of bediening moet verstaan wat die taak van die leier en leierskap is, naamlik: Om die lidmate (gemeente, groeplede, partners) na Yeshua Messias te lei en om hulle te leer hoe om Sy dissipels te wees en in alles aan Hom gehoorsaam en onderdanig te wees. Dit behels dat lidmate tot geestelike selfstandigheid (volwassendheid) gelei en gehelp moet word. Elke lidmaat moet uiteindelik geestelik volwasse wees om onafhanklik te kan funksioneer. Elkeen moet volkome voorbereid en toegerus worf vir elke goeie werk (2 Tim. 3:16 en 17) en n werker wees wat hom nie hoef te skaam nie, maar die woord van die waarheid ken en reg kan toepas (2 Tim. 2:15). Hierdie moet as die voortdurende maatstaf gebruik word waaraan die optrede van die leier, die leierskap en alle aksies binne die gemeente of groep gemeet word. Indien die leier en leierskap nie hieraan voldoen nie, en dit nie hulle doelwit is nie, bestaan die gevaar van geestelike mishandeling in een of ander vorm. Die rede is dat die lidmate nie geleer word om onafhanklik en selfstandig te kan funksioneer nie, maar eerder om afhanklik van die leier te wees. Dan word die leier die gesag in lidmate of groeplede se lewe en hulle word sy dissipels in plaas van dissipels van Yeshua. Lidmate en groeplede bereik dan nooit geestelike volwassenheid nie. Hulle word soos kinders wie se ouers hulle nooit geleer het om selfstandig en selfversorgend te kan wees nie, maar om heeltyd van die ouers afhanklik te bly. Hierdie is niks anders as mishandeling nie, want die ouers wil die beheer behou. Soortgelyke situasies bestaan in sommige denominasies, bedieninge en groepe, want die leier of leierskap wil die voortdurende beheer oor die skaapkudde behou.

2 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. Matt. 28:19. Die opdrag is tog duidelik dat elkeen n dissipel van Yeshua Messias moet wees. Geestelike leiers is niks anders as n dissipel wat die taak het om mense al die onderrig, instruksies en leerstelling van Yeshua te leer sodat hulle dissipels (geestelike leiers) van Hom kan word. Dissipels moet dissipels van Yeshua maak dit is die opdrag. Ware dissipels is geestelike volwasse en selfstandige kinders van YHVH wat onder die gesag van Yeshua Messias staan. Wanneer hierdie beginsel nie toegepas word nie, word geleentheid geskep vir geestelike mishandeling. YHVH Yeshua is die Oppermagtige Leier die Woord wat vlees geword het en die Een wie elkeen moet volg; insluitend die leier en die leierskap. Yeshua het gesê: Kom en volg My. Met hierdie woorde het Messias inderwaarheid gesê: Kom en word soos Ek. Yeshua het gekom om ons die weg na die Vader te wys en daarom het Hy verklaar: Ek is die weg, die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie (Joh. 14:6). Die bedoeling is nie dat ons soos die geestelike leier van die denominasie of bediening moet word en hom moet volg nie. Nee, die geestelike leier se taak is om al die aandag van homself af te haal en dit op Yeshua te vestig. Die leier en die leierskap moet minder word en Yeshua moet meer word (Joh. 3:30). Hoe meer liefde die leier vir sy gemeente of groeplede het, hoe meer nederig sal hy in alle opsigte word. Liefde en nederigheid is direk met mekaar gekoppel!! The Fear Factor Onderliggend tot geestelike mishandeling is dikwels die vrees van die leier vir skeuring binne sy gemeente of bediening. Skeuring beteken verlies aan inkomste en aansien. Dit beteken dat salarisse nie betaal kan word nie en dat daar nie genoeg fondse vir al die projekte is nie. Dit is brood en botter sake. Hierdie vrees dra daar toe by dat die leier die beheer wil behou deur onderlinge verskille en moontlike skeuring ten alle koste te verhoed. Eenheid terwille van finansies word die prioriteit. Dikwels is hierdie vrees dan die oorsaak van geestelike mishandeling van die lidmate en groepslede, veral deur manupilasie. Hierdie vrees dra ook dikwels by dat die leier almal binne sy groep wil akkomodeer en daarom nie bereid is om standpunt in te neem nie, en daarom word enige saak of onderwerp wat aanstoot kan gee of ontevredenheid by lidmate kan veroorsaak, vermy. Die leier se hooftaak word een van vure blus en om almal gelukkig te hou. Dikwels word daar dan n sagte evangelie verkondig ten koste van die waarheid. Om die waarheid

3 terwille van eenheid te weerhou, en n boodskap te verkondig wat almal graag wil hoor, is geestelike uitbuiting. Enige lidmaat of groeplid wat die leerstellings van die leier bevraagteken, word n bedreiging van sy leierskap. So n persoon word dan dikwels daarvan beskuldig dat hy of sy nie bereid is om gesag te aanvaar nie of word beskuldig van rebellie en dwaling. Talle geestelke leiers het n vrees om deur lidmate of groeplede met Skrifuitlegging gekonfronteer te word. Hulle vrees die invloed wat sulke persone op ander binne die groep kan hê. Dan gebruik leiers hulle mag en gesag om die sogenaamde misleides en rebelle uit die gemeente of groep te verstoot. Is sulke leiers regtig bekommerd oor die persoon of eerder oor sy eie aansien, mag en die inkomste wat sy eie kudde inbring? Die leier en die leierskap wil graag gesien word as die beskermer van die gemeente of groeplede en wat enige negatiewe invloede van buite wil afweer. Daarom word lidmate en groeplede gebreinspoel om te glo dat hulle onder die sogenaamde geestelike dekmantel (spritual covering) van die leier of die bediening staan. Volgelinge word dan gewaarsku dat om onder hierdie geestelike beskerming uit te beweeg, is om jouself van die seëninge te ontneem. Hierdie is manupilasie waarvan die wortel vrees en die begeerte vir mag en gesag is. Wees Waaksaam! Dit het tyd geword dat Christene hulself vra of die denominasie (gemeente, bediening, groep) waaraan hulle behoort, of wie hulle ondersteun, waarlik soos die liggaam van Yeshua funksioneer en of dit nie eerder n mensgemaakte organisasie is nie? Elkeen behoort ook te vra of hulle nie dalk geestelik uitgebuit of misbruik word nie? Ek herhaal wat in deel 1 van Geestelike Mishandeling geskryf is, naamlik: Talle bedieninge (gemeentes, ministries) is niks anders as n sakeondernemimg waar die werkernemers (lidmate) nie net bereid is om verniet te werk nie, maar selfs betaal (tiendes, offerandes) om in diens van die onderneming te wees op grond van die belofte van geestelike beskerming (spiritual covering) en oorvloedige seën omrede hulle in vrugbare grond saai. In sy boek The Signs of Spiritual Abuse noem Steven Lambert ondermeer die volgende tekens, simptome en eienskappe wat gepaardgaan met geestelike mishandeling en wat as gevaarligte behoort te dien: 1. Vergoding van die leier en leierskap goddelike verheffing deur die leier self, asook deur die lidmate of groeplede van die leier en ook van hulself.

4 2. Absolute en onbetwisbare gesag van leier en leierskap. 3. Misbruik van gesag in persoonlike handelinge met groepslede. 4. Gereelde misbruik van gesag om dissipline te handhaaf. 5. Geen of beperkte rentmeesterskap aan die groep. 6. Kies van onderleiers op grond van onderdanigheid aan hoofleier, of persoonlike vriendskap en verbintenis, asook aansien in die gemeenskap en nie op grond van leierskaphoedanighede, geestelike vlak of Goddelike roeping nie. 7. Vervolgingswaan en gebrek aan sekerheid deur leier en leierskap voel bedreig. 8. Materialisme, hebsug en selfverryking van leier en leierskap. Geestelike manupilering deur Skrifgedeeltes uit verband te ruk ten einde inkomste te verseker. Finansiële uitbuiting en finansiële manipulasie van groepslede om fondse te bekom. 9. Groepslede en onderleiers moet n geestelike verbond (soms skriftelik) met leier (leierskap) sluit waar trou en finansiële steun aan die gemeente of bediening beloof word. 10.Misbruik van profetiese gawes as metode om te domineer, te intimideer en te manupileer. 11.Teologiese onbevoegdheid van leierskap, veral ten opsigte van Skrifuitlegging met die doel om sekere vals leerstellings te staaf. 12.Die afwatering, ontkenning of vervanging van die ware vyfvoudbediening. 13.Die afwatering, onderdrukking en ontkenning van groepeslede se Godgegewe gawe, vermoë en roeping as wyse om onderdanigheid af te dwing of beheer te behou. 14.Spiritualisme en mistisisme tydens byeenkomste en as metode om in God se teenwoordigheid te kom of openbaringe (geheimenisse) van Hom te ontvang. 15.Groepslede moet goedkeuring of n getuienis van die leier of leierskap ontvang rakende persoonlke sake. 16.Gereelde prediking dat groepslede onder die geestelike beskerming van die leier staan en die uitwysing van die gevare om hierdie beskerming prys te gee.

5 17.Manupilasie en intimidasie deur die onderlinge groepsverbintenis en groepsdoelwitte bo die van persoonlike doelwitte en verhoudings te stel. 18.Isolasie van groep om blootstelling aan ander kerke en bedieninge se sieninge en invloede te beperk. Voorskriftelik ten opsigte van wat gehoor, gelees en by huisselle verkondig mag word. 19.Vereiste dat groepslede sekere diensknegtake moet verrig om hulle nederigheid en onderdanigheid te leer. 20.Aantal groepslede wat bedank en geestelik getraumatiseer is. 21.Gebrek aan geestelike groei by lidmate of groeplede en n gebrek aan begrip van wie hulle in Yeshua Messias is. Indien een of meer van hierdie tekens en eienskappe aanwesig is in die die groep (denomnasie, bediening) waarvan jy lid is, behoort jy die vraag te vra of jy nie moontlik geestelik mishandel of uitgebuit word nie. Dikwels is dit moeilik om jou werklike situasie te evalueer, want die skeidslyn is baie dun. Jou lojaliteit is egter eerstens teenoor YHVH die Vader en Yeshua Messias wat die Woord is wat vlees geword het en dan teenoor die leier en leierskap. Jy self moet sorgdra dat jy nie geestelik uitgebuit of mishandel word nie. Elkeen is Self Verantwoordelik. Elkeen is verantwoordelik vir eie persoonlike geestelike groei en om tot geestelike volwassenheid te kom. In die proses moet gebruik gemaak word van verskillende bronne en hulpmiddels en nie totaal van die leier afhanklik wees nie. Dit vereis om self die Skrifte te ondersoek en om op die Heilige Gees te vertrou vir lering en leiding. Soos die mense van Beréa moet elkeen ook die Skrifte ondersoek om seker te maak dat dit wat gehoor, gesien en ervaar word die waarheid is (Hand. 17:11). Die hele Skrif is deur Elohiem ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van Elohiem volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. 2 Tim. 3:16 en 17 (Woord en Getuienis) Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid. Efes. 5:6. In the early church they were all amazed by what God was doing, in the modern church we want to be amused by what we want God to do. L. Ravenhill

6 If Massiah had preached the same diluted message as many churches do today, there's a good chance that He never would have been crucified. L. Ravenhill Ontvang YHVH se Woord met welwillendheid, maar ondersoek self die Skrifte of hierdie dinge die waarheid is (Hand. 17:11). Shalom, Johan. E-pos: kontak@nuwelied.info Webwerf: http://www.nuwelied.info Kopieë mag gemaak en gratis versprei word, maar mag nie verkoop word nie. Geen veranderinge mag aan die oorspronklike teks aangebring word en dit dan onder die naam van Nuwe Lied Bediening versprei nie. GB8.Jul11