ANDER JOODSE FEESTE. n Studie van die Feestye van YHVH is verkrygbaar deur op die volgende skakel te kliek:

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

n Prins word die Skaapwagter

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Van Vervolger tot Prediker

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

HY WAT DIE ANTIMESSIAS TEËHOU

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

TORAH (WET) EN GENADE. LES 6 (Deel 3): HOORDERS EN DADERS VAN TORAH

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Les 6 vir 10 November 2018

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

DIE FEESTYE VAN YHVH. Les 6 (Deel 1): DIE DERDE FEESSEISOEN: TESHUVAH DIE DAE VAN TERUGKEER

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Die maan en sy rol in ons wereld *

DIE FEESTYE VAN YHVH LES 13 (DEEL 2): OP WATTER DAG IS YESHUA GEKRUISIG?

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

OM TE JUDAÏSEER. In Skriftuurlike verband beteken Judaïseer egter om n Jood (Joods) te word soos ondermeer volgens Ester 8:16 en 17 duidelik is:

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

DIE FEESTYE VAN YHVH LES 8: DIE DERDE FEESSEISOEN: DIE DAG VAN VERSOENING (YOM KIPPUR)

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,... (Lev. 26:3)

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

1. Aanbiddingswette Wie en hoe aanbid word - Dit kan tog nooit verander nie. Hierby is ingesluit, wette wat spesifiek teen 'n heidense gebruik se insl

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Catharina Maria Conradie

Doen Eers n Kosteberekening

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Parashah 8: Vayish lach (חלשיו) En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

DIE FEESTYE VAN YHVH. LES 13 (Deel 1): DIE PAASFEES (EASTER) MISLEIDING

Parashah 52: Va yelech (וילך) En Moses Het Gegaan

GEGROND IN TORAH. Alvorens daar met die nuwe siklus van Parashah HaShuvua begin word, moet helderheid oor sekere basiese begrippe eers verkry word.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Kersfees, die geboortedag van ons Messias?

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Parashah 1: B'reisheet ( בראשית ) In die begin. In die oorsprong het God die hemele en die aarde geskep (Gen. 1:1 PWL Vertaling) 1

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Die Kalender uit die Skrif

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Midrash (Torah Bespreking)

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Nuwe Lied Bediening. Parashah 36: B ha alotcha As Jy Die Lampe Opsteek

Pretoria- 23 Junie 2012

Wat kan die kerk doen?

Parashah 45: Va etchanan (ואתחנן) En Ek Het Gesmeek.

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11

Wie Is Jou Rabbi? Ondermeer word Sag. 8:19 tot 23 as bewys hiervoor aangehaal, veral vers 23 waar die profeet Saggaria sê:

Nuwe Lied Bediening. Parashah 51: Nitzavim Wanneer Jy Staan

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Wegraping (Saamgevat)

Ons Hebreeuse Wortels

Die betekenis van die kruis (1)

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Parashah 22: Vayak hel :(ויקהל) Bymekaar Roep. Haftorah: 1 Kon. 7:13 tot 26 en 40 tot 50 Die Pilare van Salomo se Tempel

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Parashah 31 Emor (Sê/Praat) Lev.21:1-24:23 Ez.44:15-31 Matth.5:38-42; Gal.3:26-29; 1 Petr.2:6-8

Parashah 11: Vayigash (ויגש) En Hy Het Nader Gekom

Parashah 14: Va'era ( וארא ) Hy het verskyn

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Transcription:

E-pos: kontak@nuwelied.info Webwerf: http://www.nuwelied.info ANDER JOODSE FEESTE In hierdie gedeelte van ons Skriftestudie sal Hanukkah en Purim bespreek word. Dit is feeste wat wel in die bladsye van die Skrifte gevind kan word, maar wat nie deel is van die Feestye (Bestemde Tye) van YHVH nie. Daarom is dit nodig om oor die viering van hierdie feeste te besin, asook te besin oor die plek wat dit in ons geloofslewe behoort in te neem. n Studie van die Feestye van YHVH is verkrygbaar deur op die volgende skakel te kliek: http://www.nuwelied.info/studiefeestye.htm HANUKKAH DIE FEES VAN TOEWYDING Hanukkah (Chanukah) beteken toewyding. Daarom staan hierdie fees bekend as die Fees van Toewyding wat ingestel was na die hertoewyding van die Tempel 165 jaar voor Messias. Dit word volgens die Joodse burgerlike kalender jaarliks vanaf die 25 Kislev vir agt dae lank gevier. Volgens die Gregoriese kalender is hierdie feestyd gedurende laat November of gedurende Desember. Vanjaar (2011) word Hanukkah vanaf 20 tot 28 Desember gevier. Hanukkah is nie een van die Bestemde Tye (Fee stye; moedim) wat volgens Levitikus 23 deur YHVH ingestel is nie en daarom kan dit nie beskou word as n afspraak met die Vader nie. Dit het n geskiedkundige oorsprong en daar word wel in die Skrifte na hierdie fees verwys. Saam met Purim (Fees van Ester) vorm Hanukkah egter van die feeste wat deur die Rabbies ingestel was op grond van belangrike gebeure wat Israel se geskiedenis beïnvloed het, en waarskynlik ook die geskiedenis van die wêreld. Die feit dat Hanukkah nie Torah gefundeer is nie, laat by sommige die vraag of hierdie Joodse fees hoegenaamd gevier behoort te word? Die doel van hierdie skrywe is nie noodwendig om uitsluitsel oor die saak te probeer gee nie, of om voorskriftelik te wees nie, maar om wel sekere feite aangaande die gebeure wat aanleiding gegee het tot die instelling van hierdie fees kortliks te bespreek. Die wyse wat Hanukkah gevier word, sal ook bespreek word. As vetrekpunt moet dit weereens duidelik gestel word dat YHVH ons Vader nie Sy kinders (Israel) beveel het om hierdie fees te gedenk nie. Eweneens moet ons egter besef dat hierdie fees ingestel is na aanleiding van n geskiedkundige gebeurtenis wat weer in die eindtye herhaal gaan word. Diegene wat Torah bestudeer sal weet dat in Torah, maar ook deurgaans in die Woord van YHVH, word daar n patroon ( n heenwysing, skadubeeld) geves tig wat herhaal sal word. Soos dit in Jesaja duidelik gestel word: Die einde word deur die begin bekend gemaak. Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie; wat van die begin af verkondig die einde, en van die

2 voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen; Jes. 46:9 en 10. Paulus herinner ons ook aan hierdie waarheid: Maar al hierdie dinge het hulle (Israel) oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het. 1Kor. 10:11 Die geskiedkundige gebeure wat die hertoewyding van die Tempel in die jaar 165 voor Messias vooraf gegaan het, sal weer in die laaste dae herhaal word. Is hierdie nie genoegsame rede waarom hierdie gebeurtenis gedenk behoort te word nie? Dit herinner ons aan wat gebeur het en is n voorbeeld en waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het. Hoe Hanukkah egter gedenk behoort te word, is die eintlike aspek van hierdie fees waaroor ernstig besin behoort te word. Laat ons egter eers die gebeure en oorlewering wat aanleiding tot die instelling van Hanukkah gegee het, en hoe dit huidiglik gedenk word, kortliks bespreek. Die Verontreiniging Van Die Tweede Tempel Die gebeure wat aanleiding gegee het tot die instelling van Hanukkah gaan terug na die jaar 171 voor Messias toe Antiochus IV, ook bekend as Antiochus Epifanus, die regeerder van Sirië en Judea geword het. Antiochus het aan homself die naam Epifanus, wat god gemanifisteer beteken, gegee, want hy het homself beskou as die god wat oorhoofs oor al die gode is. Hy wou eenheid in sy ryk bewerkstellig deur n Helenistiese (Gr iekse) kultuur te vestig en hy het die Hebreeuse (Joodse) geloof en kultuur as die struikelblok in die weg hiervan gesien. Gevolglik het Antiochus begin met die onderdrukking van die Jode deur hulle te verbied om hulle geloof uit te leef. Die besit en bestudering van die Torah was selfs strafbaar met die dood en so ook die hou van die Shabbat, die besnydenis, Rosh Kodesh en selfs n kosher dieët. Antiochus wou Judaïsme deel van die Griekse godewêreld maak. Ondermeer het hy van die Joodse leierskap gedwing om varkvleis te eet en het Hy ook die Tempel verontreinig deur dit aan Zeus toe te wy, dit met water te besprinkel waarin vleis gekook is en deur die offer van varke op die brandofferaltaar. Die bevolking, insluitende die Jode, moes vier keer per jaar hulle eerbied aan Epifanus gaan betoon en die dag van Shabbat is deur wetgewing vir die doel bepaal. n Groot groep Jode het in opstand gekom onder die leiding van die priester Mattatias en sy seun Judas die Makkabeër. Deur n tipe van gorilla oorlogvoering het sowat 4 000 swak opgeleide en swak bewapende Jode die Griekse weermag van sowat 47 000 profesionele soldate uiteindelik oorwin. So is die regering van Antiochus omver gewerp en kon die Tempel weer toegewy word. Dit beteken dat die Tempel en die toebehore in die Tempel eers gereinig moes word alovrens dit weer die geskikte plek van afsondering (die heiligdom) van YHVH kon wees waar die priesters volgens Torah dienswerk kon verrig. Die hertoewyding van die Tempel het op die 25 Kieslev in die jaar 165 voor Messias plaasgevind. n Belangrike deel van die toewyding was die aansteek van die Menora (goue kandelaar). Volgens oorlewering is daar egter net een fles met spesiale olyfolie, wat nog die seël van die hoëpriester op het, gevind wat dus vir die aansteek van die Menora gebruik kon word. Dit sou egter slegs genoeg olie wees vir een dag en dit sou agt dae neem om weer van die spesiale olie voor te berei. Die Menora is toe wel met die beskikbare olie aangesteek. Volgens oorlewering het n Wonderwerk egter plaasgevind! Die olie het op n bonatuurlike wyse nie opgeraak nie en die

3 Menora het vir agt dae gebrand tot nuwe olie voorberei kon word. Hierdie wonderwerk is die rede hoekom Hanukkah ook bekend is as die Fees van Ligte en hoekom die fees vir agt dae gevier word. Dit is ook die rede vir die tradisie om tydens hierdie fees n Hanukkah-menora aan te steek. Die Hanukkah-menora het nege kerse in plaas van die sewe van die Tempel-menora. Die agt kerse (ligte) simboliseer die wonderwerk van die agt dae wat die een houer met olie gebrand het. Die middelste kers staan bekend as die shammash (die dienskneg) en word gebruik om die ander kerse mee aan te steek. Voorbeeld van n Hanukkah-menora (bron: Chasidic Discourse). Die Tempel-menora het nie kerse gehad nie, maar elke arm het aan die bopunt n kelkie gehad waarin n pit met die spesiale olyfolie in was soos n olielampie (Lees Ex. 25:31 tot 40). Volgens sommige bronne was Hanukkah aanvanklik ook bekend as die Fees van Vuur en nie die Fees van Ligte nie. Dit is juis na aanleiding van die oorlewering van die wonderwerk van die olie vir die Tempelmenora dat sekere vrae ontstaan, want uit betroubare geskiedkundige bronne kan hierdie wonderwerk nie bevestig word nie. Die wonderwerk van een houer rein olyfolie wat slegs genoeg was vir een dag, maar toe agt dae gebrand het, is wel in die Talmud opgeteken. Dit word egter deur verskeie bronne van Judaïsme erken as n latere oorlewering wat toegevoeg was tot die wyse van hoe Hanukkah gevier word. Selfs in die apokriewe boeke van die Makkabeërs word daar ook nie van die sogenaamde wonderwerk van die olie melding gemaak nie. Tradisie Daar is genoegsame bewys dat die aansteek van die kerse van die Hanukkah-Menora, en die talle ander gebruike rondom hierdie fees, tradisie is wat nie deel van die oorspronklike herdenking van Hanukkah was nie. Selfs in Judaïsme word daar debat gevoer oor die gewenstheid om kinders van kleintyd af hierdie oorlewering te vertel en die klem op die wonderwerk van die olie te plaas, terwyl die werklike wonderwerk die oorwinning oor die magtige Griekse weermag was. Is die wyse wat Hanukkah huidig gevier word n onskuldige tradisie wat ons maar kan navolg? Mag ons die Tempel-menora naboots en n Hanukkah-menora elke aand vir 8 dae aansteek terwyl ons n seëngebed bid wat begin met die woorde: Geseënd is YHVH ons God en Koning van die heelal wat ons geheilig het deur die opdrag om die Hanukkah kerse aan te steek...? Waar in die Skrifte staan dit opgeteken dat YHVH ons hierdie opdrag gegee het? Is die sogenaamde wonderwerk van die olie n onskuldige leuen wat ons aan ons kinders mag oorvertel vanweë die geestelike betekenis daarvan? Mag ons maar geskenkies aan mekaar uitdeel en ons huise met liggies versier? Is ons nie besig met sinkretisme (vermenging van die geestelike waarheid met die leuen) indien ons hierdie gebruike navolg nie? Daar bestaan genoegsame bewyse dat die huidige wyse wat Hanukkah gevier word sterk deur die viering van kersfees beïnvloed was, veral die gee van geskenke wat vele jare later, veral in die VSA, as gebruik gevestig is, sowel as die vrolike gekleurde liggies wat in talle huise brand. Dit is daarom nie vreemd dat talle Christene, en die wêreld, Hanukkah beskou as die Jode se kersfees

4 nie!! Het ons nie van die ware herdenking van Hanukkah n Kersnukkah-fees gemaak nie? Tradisie is nie noodwendig verkeerd nie, maar moet met groot versigtigheid bejeën word indien dit wegbeweeg van die waarheid van Torah en deur wêreldse afgode gebruike beïnvloed word. Ons kan tog nie die viering van kersfees veroordeel nie, terwyl ons self skuldig staan aan soortgelyke tradisie waar waarheid en leuen vermeng word. Goeie bedoelings is, soos met die vier van kersfees, net nie goed genoeg nie (1 Sam. 15:22 en 23)!! Volgens sommige bronne het die Makabeërs en hulle volgelinge n laat Sukkot gedenk, omrede hulle dit nie op die Bestemde Tyd kon gedenk nie weens die feit dat hulle in n oorlog betrokke was. Dit is dan die rede hoekom die fees vir agt dae gevier was. Opsommend: Dit is bevestigde geskiedkundige gebeure wat aanleiding tot die hertoewyding van die tempel gegee het, maar die wonderwerk van die olie is n mite wat die ware wonderwerk van Hanukkah oorskadu. Dit is hoofsaaklik te wyte aan die Fariseërs dat die klem met die vier van Hanukkah na die Menorah en olie verskuif is. Talle van die gebruike tydens die viering van Hanuukah is bygevoegde tradisies wat deur kersfees beïnvloed was en eers vele eeue na die hertoewyding van die Tempel in 165 vm bygevoeg is. Ja, selfs so onlangs as die die negentiende eeu! Wat Gedenk Ons Tydens Hanukkah? Ons het reeds gesien dat YHVH ons nie beveel het om Hanukkah te gedenk nie. Die vraag is dus of ons dit mag gedenk en hoe moet ons dit gedenk? Ten einde hierdie vrae te beantwoord moet ons eerstens duidelikheid kry oor wat ons tydens Hanukkah gedenk. Ons het reeds gesien dat die wonderwerk van die olie n mite is en dus nie die doel van Hanukkah moet wees nie. Maar dit is egter wel n feit dat die gebeure wat die uiteindelik hertoewyding van die tempel moontlik gemaak het, wel n wonderwerk was. Hanukkah is dus n getuienis dat YHVH, die Almagtige Skepper-God, op bonatuurlike wyse ingegryp het om n minderheid van Torah-gehoorsame Jode die oorwinning oor n vyandige oormag te gee. Die Lig van waarheid het die duisternis van die leuen deur n wonderwerk oorwin. Reinheid het onreinheid oorwin en die geestelike het weer oor die vleeslike geheers. Afgodery is oorwin en uitgewerp. YHVH het vrywillgers, met n liefde vir Torah en die eerbiedige ontsag vir die teenwoordigheid van die Almagtige, op bonatuurlike wyse gebruik om die tempel, en dit wat dit verteenwoordig en n afbeelding van is, te herstel. Hanukkah moet ons ook herinner aan die feit dat die gees van die Antimessias eeue gelede in die tempel gemanifisteer het en weer in die laaste dae in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is (2 Thess. 2:3 tot 5). Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is. Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie? Antiochus Epifanus wat geglo het dat hy god gemanifisteer was, is die heenwysing na die Antimessias. Soos daar die afvalligheid onder talle van die Jode tydens die regering van Antiochus plaasgevind het, so sal dit weer aan die einde van dae gebeur. Die profeet Daniël het ons ook daaraan herinner:

5 En deur hom sal leërs op die been gebring word en die heiligdom, die vesting, ontheilig, en hulle sal die voortdurende offer afskaf en die ontsettende gruwel opstel. Daniël 11:31. In die KJV lees hierdie teksvers soos volg: And arms shall stand on his part, and they shall pollute the sanctuary of strength, and shall take away the daily sacrifice, and they shall place the abomination that maketh desolate. Die geskiedenis sal herhaal word die einde word deur die begin bekend gemaak! Hanukkah moet ons herinner aan die gebeure van die verlede en ons waarsku om op die uitkyk te wees vir wanneer dit weer gaan gebeur. Die gees van die Antimessias is reeds vir eeue werksaam en die Skrifte, asook die geskiedenis, leer ons dit en leer ons om daarteen te waak. Hanukkah moet ons ook herinner dat ons deur geloof in Yeshua as Messias die tempel van YHVH is. Of weet julle nie dat julle liggaam n tempel van die Gees van Afsondering is, wat in julle bly, wat julle van God gekry het, nie? Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is gekoop vir n prys. Bring daarom eer, lof en aanbidding aan God in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort. 1 Kor. 6:19 (PWL) Watter ooreenkoms het die tempel van God met demone? Julle is die tempel van die lewende God, net soos gesê is: Ek sal in hulle bly en Ek sal in hulle leef en Ek sal hulle God wees en hulle sal vir My n volk wees. 2 Kor. 6:16 (PWL) Laat ons gereeld ons tempel reinig van alle onreinheid en afgodery. Laat ons ook ons liggame as n afgesonderde en aan God welgevallig offer bring sodat dit n geskikte woonplek vir YHVH ons Vader deur Sy Gees sal wees. Daarom smeek ek julle, my broers, deur die guns van God, dat julle jul liggame beskikbaar stel as lewende, afgesonderde en aanvaarbare offers vir God; dit is julle logiese dienswerk en moenie hierdie wêreld navolg nie, maar word verander deur die vernuwing van julle denke en julle sal kan onderskei wat die goeie, aanvaarbare en volmaakte wil van God is. Rom. 12:1 en 2 (PWL) Maar dan ook, en baie belangrik!! Hanukkah moet ons herinner dat daar weer eendag n tempel sal wees waar Yeshua as Ewige Hoëpriester diens sal doen. Yeshua en Hanukkah Hoewel Hanukkah nie een van die feeste is wat deur YHVH self ingestel was nie, lees ons wel in die evangelie volgens Johannes dat Yeshua tydens Hanukkah in die tempel was (Joh. 10:22). Dit was die Ganukkahfees in Yerushalayim; dit was winter en Yeshua het in die tempel, in die pilaargang van Shlomo, geloop. Joh. 10:22 (PWL) Die vraag kan wel tereg gevra word of Yeshua hierdie fees gedenk het, en indien wel, hoe het Hy dit gedenk. Die feit dat Yeshua, volgens die inligting in die Skrifte, wel tydens Hanukkah in die Tempel was en nie Sy teenkanting teen die fees uitgespreek het nie, is rede om te glo dat Hy dit

6 wel gedenk het. Yeshua het geleentheid gehad om oor die hou van die fees te te reageer toe die Jode Hom omring en gevra het: Hoe lank hou U ons in onsekerheid? As U Die Gesalfde Een is, sê dit vir ons reguit. Yeshua antwoord en sê vir hulle: Ek het dit vir julle gesê en julle vertrou nie. Die dade wat Ek in die Outoriteit en Karakter van My Vader doen, dié getuig van My, maar julle vertrou nie, want julle is nie van My skape nie, net soos Ek vir julle gesê het. My skape hoor My stem, Ek ken hulle en hulle loop saam met My. Ek gee ook aan hulle die ewige lewe en hulle sal vir ewig nie vernietig word nie en niemand sal hulle uit My hand ruk nie. My Vader, wat hulle aan My gegee het, is groter as almal en niemand kan hulle uit die Hand van My Vader ruk nie. Ek en My Vader, Ons is Een. Joh. 10:23 tot 30 (PWL) Met verwysing na bogenoemde kan ons ook die vraag vra of Yeshua nie moontlik die gebeure van Hanukkah in gedagte gehad het toe Hy aan Sy disippels gesê het: Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom laat hy wat lees, oplet dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie; en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie. Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae. En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie. Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. Matt. 24:15 tot 21. Daar is dus genoegsame rede om te glo dat Yeshua wel Hanukkah herdenk het. Die vraag is egter: Hoe het Yeshua die Fees van Toewyding gedenk? Hieroor is daar onduidelikheid. Ons weet egter dat die wonderwerk van die olie en ander tradisies eers vele jare later deur Judaïsme bygevoeg is en dat Yeshua dus nie Hanukkah op dié wyse sou gedenk nie en waarskynlik ook nie vir agt dae lank nie. Volgens die Skrifte en die geskiedenis kan ons wel met sekerheid sê dat Hanukkah n tempel gesentreerde gedenkgeleentheid was, want dit het immers gegaan oor die hertoewyding van die Tempel. Is die wyse hoe ons Hanukkah gedenk nie juis te vinde in hierdie waarheid nie? Hanukkah herinner ons daaraan dat ons die die tempel van die Ruach HaKodesh (Heilige Gees) is (1 Kor. 6:19) en dat ons daagliks ons gees, siel en liggaam aan ons Vader moet hertoewy (Rom. 12:1 en 2). Dit is ook n herinnering dat ons nie kan toelaat dat die gees van die Antimessias van wetteloosheid (Torah-loosheid) in ons tempelwoning as god sal sit en voorgee dat hy God is nie. Hanukkah is ook n geleentheid om ons Vader te dank vir die oorwinning van die Waarheid van Torah oor die leuen van die bose en van Yeshua die Lig wat geestelike duisternis verdryf. Laastens is dit n herinnering dat die geskiedenis herhaal sal word en dat daar in die einde van dae die Antimessias sal wees wat in die tempel sal sit en voorgee dat hy Skepper-God is. Baie sal dan mislei word. Maar die wat soos die Makabeërs van ouds vir die Waarheid sal opstaan, sal oorwin die wat die gebooie (Torah) van YHVH bewaar en die getuienis van Yeshua Messias hou (Open. 12:17) sal op n bonatuurlike wyse gered word om saam met Yeshua op n hertoegewyde (nuwe) aarde te heers. Opsommend Hanukkah is nie een van die Bestemde Tye (feestye) van YHVH nie. Hierdie gebeurtenis het wel groot geskiedkundige en geestelike betekenis vir Israel. As deel van die burgerskap van Israel

7 deur geloof in Yeshua (Ef. 2:11 tot 13) het Hanukkah vir ons dus ook belangrike betekenis. Ons mag dit wel gedenk mits ons die ware betekenis daarvan verstaan en sonder om deel te hê aan die onskriftuurlike tradisies wat bygevoeg is. Indien ons dit wel gedenk moet die volgende Skrifgedeeltes altyd onthou word: Julle mag by die boodskap wat ek julle beveel, niks byvoeg nie en ook niks wegvat nie, om die opdragte van,יהוה julle God, te onderhou, wat ek julle beveel. Deut. 4:2 (PWL) Let op, ek hou julle vandag n seën en n vloek voor: die seën as julle luister na die opdragte van,יהוה julle God, wat ek julle vandag beveel en die vloek as julle nie luister na die opdragte van,יהוה julle God, nie, maar wegdraai van die pad wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop wat julle nie geken het nie. Deut. 12:26 tot 28 (PWL) Julle moet versigtig wees om al die reëls en die wette wat Ek julle vandag gee, na te kom. Deut. 28:32 (PWL) Laastens moet ons onthou dat Israel jaarliks verskeie gedenkdae het, soos byvoorbeeld: Yom HaShoah die Groot Slagting ( Holocaust) Gedenkdag; Yom Hazikaron Die herdenking van Israel se Onafhanklikheid in 1948; Tisha B Av Gedenkdag (Roudag) van die Vernietiging van die Tempel; en verskie ander gedenkdae waarop ook belangrike geskiedkundige gebeurtenisse herdenk word. Verskeie van hierdie dae het ook n geestelike betekenis wat ons as deelgenote van die burgerskap van Israel ook in herinnering behoort te roep. Al hierdie geskiedkundige gebeure, soos ook Hanukkah, dien as voorbeelde en waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het. Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het. 1 Kor. 10:11 In die lig hiervan moet ons wel vra: Hoekom word Hanukkah, van al die jaarlikse gedenkdae, dan uitgesonder en met ywer deur die meerderheid Messiane gevier? Wat van die ander belangrike gedenkdae waar die hand van YHVH in gesien kan word en wat Israel se geskiedenis beïnvloed het? Hoekom word dit as minder belangrik beskou? Laat ons gehoorsaam wees en YHVH se jaarlikse afsprake (Bestemde Tye) nakom en dit op gepaste wyse gedenk. Laat ons egter die ander mens-ingestelde gedenkdae eerder net beskou as gebeure wat YHVH se Bestemde Tye kan toelig, terwyl ons ernstig waak om nie weer vasgevang te word in die leerstellings van mense en afgodery nie. Ontvang YHVH se Woord met welwillendheid, maar ondersoek self die Skrifte of hierdie dinge die waarheid is (Hand. 17:11). Shalom tot volgende keer. Johan Kriel Kopieë mag gemaak en gratis versprei word, maar mag nie verkoop word nie. Geen veranderinge mag aan die oorspronklike teks aangebring word en dit dan onder die naam van Nuwe Lied Bediening versprei nie.