BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

n Prins word die Skaapwagter

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Van Vervolger tot Prediker

Les 6 vir 10 November 2018

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Waar is God as ons swaarkry?

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Die betekenis van die kruis (1)

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Wegraping (Saamgevat)

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

DIE WEGRAPING/WEDERKOMS VAN JESUS CHRISTUS?

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Pretoria- 23 Junie 2012

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Laat die Woord Getuig

Addendum A Consent form

DIE FEESTYE VAN YHVH. Les 6 (Deel 1): DIE DERDE FEESSEISOEN: TESHUVAH DIE DAE VAN TERUGKEER

Verkorte Oorsig oor die Normale Christenlewe

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

Die Kalender uit die Skrif

4. Struktuur Van Profesie

JOHANNESBURG CHURCH OF CHRIST (Geaffilieer met die Los Angeles International Church of Christ - LAICC) (Ds Francois Smit) 1.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

OM TE JUDAÏSEER. In Skriftuurlike verband beteken Judaïseer egter om n Jood (Joods) te word soos ondermeer volgens Ester 8:16 en 17 duidelik is:

Die Boek van Moses. Facebook vir Shama Bedienings : Ministries/ ?

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

Die maan en sy rol in ons wereld *

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

Catharina Maria Conradie

Transcription:

BRUID VAN JESUS PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie 2017 Page 1 of 11

BRUID VAN JESUS INHOUDSOPGAWE INLEIDING...3 WAAR BEGIN DIE GEDAGTE VAN N HUWELIK TUSSEN GOD EN N GROEP MENSE?...4 BYBEL TEKSGEDEELTES IN DIE NUWE TESTAMENT...5 BRUID VAN JESUS EN DIE HUWELIKSTRADISIE IN OU ISRAELError! Bookmark not defined. AFSLUITING...11 Page 2 of 11

BRUID VAN JESUS INLEIDING Ons tema vir vandag se preek is; Bruid van Jesus Christus. Daar is vandag in die Liggaam van Christus, n lewendige belangstelling in die Bruid van Jesus Christus. Ongelukkig heers daar groot verwarring oor hierdie onderwerp. Daar is gelowiges wat met gesag enige van die volgende leer: 1. Net gelowiges wat aan hulle kerk behoort, is die bruid van Jesus. 2. Net werklik toegewyde gelowiges is die bruid van Jesus. Die ander is vriende van die Bruidegom of die maagde wat nie voorbereid was vir Jesus se wederkoms nie. 3. Die volk Israel gaan as bruid van Jesus herstel word. Die kerk is figuurlik gesproke die liggaam van Jesus en nie die bruid nie. 4. Andere weer leer dat n stad wat as die nuwe Jerusalem bekend gaan staan, die bruid van Jesus is en nie die kerk nie. 5. Die Nonne in die Katolieke kerk meen dat hulle die bruid van Jesus is. Hulle ondergaan n huwelikseremonie en ontvang n ring wat die simbool van hulle huwelik met Jesus is. Die mense wat hierdie sieninge verkondig is almal baie slim. Die probleem is egter; as mense hulle leringe lees, weet jy later nie meer wat om te glo nie! Ek wil nie vandag met u gesels oor watter siening, baie reg, naby aan reg of verkeerd is nie. Ek neem kennis van al die verskillende sieninge maar probeer vashou aan Paulus se lering in 2 Kor. 11: 3. Wat vry vertaal soos volg is: Let your faith be simple and sincere with 100% devotion to Christ. My wens vir gemeentelede is dat ons nie bekend sal wees vir ons slim teologiese argumente nie, maar eerder vir ons suiwere en onverdeelde trou aan Jesus Christus. Tog meen ek dat die lering aangaande die bruid van Jesus Christus n baie kosbare en waar boodskap is wat ons almal kan versterk in ons geloof. Daarom gaan ons vandag let op wat die tema oor die Bruid van Christus behels. Ek gee nie vandag voor dat ek die finale waarheid oor hierdie onderwerp het nie. Page 3 of 11

WAAR BEGIN DIE GEDAGTE VAN N HUWELIK TUSSEN GOD EN N GROEP MENSE? Die eerste vraag wat ons moet beantwoord is; Waar in die Bybel het die gedagte van n huwelik tussen God en mense ontstaan? Die antwoord is die volgende: Ons lees in Eksodus hoofstukke 19-31 dat Israel n ontmoeting met God by berg Sinai gehad het. God het n verbond met Israel gesluit wat ons vandag as die Ou Verbond of die verbond van Moses, ken. In Eksodus 24 is hierdie verbond met n verbondsete in God se teenwoordigheid afgesluit. Moses, Joshua, Aaron, Nahab, Abidu en die sewentig ouderling van Israel, het die ete geniet. Die mees glorieryke ete van alle tye! Hierdie geleentheid word ook as n huweliksgeleentheid tussen God en Israel beskryf. Dit is hoekom God in Jeremia 3:14 na Israel as Sy vrou verwys. JEREMIAH 3:14 Return, O faithless children [of the twelve tribes], says the Lord, For I am a master and husband to you. Ons kan ook in Esegiël 16.8, aflei dat die Verbond van Moses, as n huweliksverbond tussen God en Israel beskryf kan word. In die Judaisme, word gemeen dat die eerste vyf boeke van die Bybel, eintlik n huwelikseremonie of "Ketubah" tussen God en Israel beskryf. Die tradisionele huwelikseremonie in Israel tradisie, is op hierdie voorbeeld van die huwelik tussen God en Israel geskoei. Dit behels die volgende: 1. Shiddukhin: Dit behels n gesprek tussen die seun en vader van die meisie waar hulle n ooreenkoms maak. Hierdie aksie word in Genesis 15 beskryf, waar God en Abraham die ooreenkoms gemaak het. U kan die detail van hierdie ooreenkoms in Genesis 15:18-21, lees. 2. Eyrusin: Nadat die ooreenkoms gemaak is, volg n tydperk wat ons vandag as die verlowing kan beskryf. In Israel se geskiedenis, is dit die tydperk vanaf Genesis 16 tot Eksodus 24. 3. Nissuin: Na die verlowing volg die huwelik seremonie. Dit word in Eksodus 24 beskryf. God het die verteenwoordigers van Israel op die berg Sinai ontmoet en die ooreenkoms bevestig. Hierdie ooreenkoms staan as die Wet van Moses bekend. Daarna moes die volk bevestig dat hulle die ooreenkoms sal nakom. Daarna het die volk het hulself gereinig. Dit word vandag steeds deur die Bruid gedoen. (Reiniging seremonie.) Page 4 of 11

4. Na die huwelikseremonie volg die bruilof fees. Dit het n feesmaal ingesluit en die fees het gewoonlik sewe dae geduur. Indien ons die lering oor die Bruid van Jesus Christus reg wil verstaan, moet ons hierdie agtergrond in gedagte hou. BYBEL TEKSGEDEELTES IN DIE NUWE TESTAMENT Kom ons let nou op Bybeltekste in die Nuwe Testament wat dui op die Bruid van Christus. JOHN 14:1-3 ESV Let not your hearts be troubled. Believe in God; believe also in me. In my Father's house are many rooms. If it were not so, would I have told you that I go to prepare a place for you? And if I go and prepare a place for you, I will come again and will take you to myself, that where I am you may be also. Hier het ons die beeld van n huwelik in Israel tradisie. Die kontrak is gebasseer op geloof in Jesus Christus. Die verlowing is aan. Jesus die bruidegom het weggegaan om ons wat Sy bruid is, se woonplek voor te berei. ROMANS 7:4 Therefore, my fellow believers, you too died to the Law through the [crucified] body of Christ, so that you may belong to another, to Him who was raised from the dead, in order that we may bear fruit for God. U en ek is dood vir die wet van Moses. Ons behoort aan Jesus Christus. (Hier het ons die kern van die huweliksembleem. Ons behoort aan mekaar oftewel aan Jesus.) 2 CORINTHIANS 11:2-3 (AMP) I am jealous for you with a godly jealousy because I have promised you to one husband, to present you as a pure virgin to Christ. But I am afraid that, even as the serpent beguiled Eve by his cunning, your minds may be corrupted and led away from the simplicity of your sincere and pure devotion to Christ. Om hierdie teksgedeelte te verstaan, moet ons op die konteks let. Daar was n probleem in die gemeente van Korinthe wat Paulus probeer aanspreek het. Ons kan hierdie probleem beskryf met die volgende woorde; Intellektualisme en prestasie geloof. Die gemeente lede het na ander geestelike leraars geluister wat sekere dinge geleer het. Hierdie mense het baie slim geklink en dit het gelowiges verwar. Page 5 of 11

Paulus het die sendbrief geskryf om die verwarring wat bestaan het, reg te stel. In ons teksgedeelte verduidelik Paulus sy motivering waarom hy die brief skryf. Hy het die gemeente gestig en hy voel voor God verantwoordelik vir hulle. Hy voel soos n vader wat sy dogter aan n man belowe het. Hy wil sy belofte aan die man nakom, deur haar ongeskonde na hom te bring. Dit is so goed ek sê die volgende vir julle; Ek het hierdie gemeente byna tien jaar terug gevestig. Ek voel n groot verantwoordelikheid om julle almal veilig by Jesus uit te bring wanneer Hy een van die dae kom. EPHESIANS 5:24-27 (AMP) Husbands, love your wives [seek the highest good for her and surround her with a caring, unselfish love], just as Christ also loved the church and gave Himself up for her, so that He might sanctify the church, having cleansed her by the washing of water with the word [of God], so that [in turn] He might present the church to Himself in glorious splendor, without spot or wrinkle or any such thing; but that she would be holy [set apart for God] and blameless. Dit is ook in hierdie gedeeltes wat ons die afleiding maak dat die Kerk die Bruid van Jesus is. 1. Jesus het die kerk so lief dat Hy sy lewe opgeoffer het. Die Grieks vir die woord kerk wat in hierdie vertaling gebruik word is Ecclesia n Goeie Afrikaanse woord hiervoor sal wees; n Groep uitverkorenes. Dit is gelowiges soos u en ek. 2. Jesus is die hoof van die kerk. Hy heilig en reinig die kerk en Hy sal die kerk voorberei en sonder sonde na God bring. Hier is vir ons n groot stuk vertroosting. Jesus heilig en reinig ons. Dit is n werk van die Heilige Gees. Dit is nie op my prestasie gebasseer nie. Die volgende teksgedeeltes wat ek met u wil deel, staan in Openbaring, maar voor ons dit bespreek, wil ek net die volgende met u deel aan die hand van die Israeliete se huwelikstradisie. OU ISRAEL TRADISIE Jong man identifiseer n meisie. NUWE TESTAMENT Jesus het aarde toe gekom om die wat tot geloof in Hom gekom het, te red. Die jongman praat dan net meisie en Die Evangelie van Jesus Christus word Page 6 of 11

OU ISRAEL TRADISIE NUWE TESTAMENT hoor of sy te vinde is vir n moontlike huwelik. n Verbond word tussen die man en meisie opgestel. Haar pa is veral betrokke. Dokument wat hulle raam. Die man betaal n prys soos met die meisie se pa onderhandel. verkondig. Die Nuwe Verbond, ook as die genade verbond bekend, is bekend gemaak. Bybel. Jesus het vir ons aan die Kruis gesterf en die prys vir Sy bruid met Sy bloed betaal. 1 PETRUS 1:18-19 Omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van n lam sonder gebrek en vlekkeloos, Na die betaling van die prys, word die verbond se inhoud gefinaliseer en deur beide partye aanvaar. Indien n ooreenkoms bereik is, het hulle n glasie wyn saamgedrink as teken dat die ooreenkoms beklink is. (In die Joodse tradisie, is wyn n simbool van vreugde.) Die paartjie is dan verloof. Om verloof te wees beteken dat hulle vir mekaar geheilig of vir mekaar opsy gesit is. Die aanstaande bruidegom gee dan vir In Christelike verband, word n ooreenkoms in terme van die Nuwe Verbond bereik, wanneer u en ek, die persoonlike besluit neem om Jesus as ons Saligmaker en Koning in ons lewens te aanvaar. In Christelike terme is die ooreenkoms bereik wanneer n persoon tot bekering gekom het. Die Christelike ekwalent van die drink van n glasie wyn, is Sakrament van die Nagmaal. Dit dui op ons assosiasie met Christus. Ons is vir Hom opsygesit. Die geskenk wat Jesus Christus vir ons as Page 7 of 11

OU ISRAEL TRADISIE Sy bruid n spesiale geskenk gee as teken van sy liefde vir haar. Die doel van die geskenk is om die bruid gedurende die tyd van die verlowing, aan haar aanstaande bruidegom te herinner. In die Joodse tradisie moes die meisie tydens haar verlowing n sluier dra as sy in die openbaar verskyn. Dit is om aan te dui dat sy nie meer beskikbaar is nie en dat sy haar aan iemand verbind het. In die Jooodse tradisie was daar n verlowingstyd van tussen een en twee jaar. Die man gaan terug na sy ouerhuis waar hy n huis vir sy bruid bou. Die vader van die bruidegom spesifiseer hoe die huis moet lyk en net as die vader tevrede is, mag die bruidegom sy bruid gaan haal. As die bruidegom gedurende hierdie tyd gevra word wanneer die troue gaan wees, dan het hy gewoonlik geantwoord: Dis nie vir my om te weet nie, net my vader weet. NUWE TESTAMENT gelowiges gegee het, is die Heilige Gees. (Hand. 2:38) Die doel van die Heilige Gees is om u en my aan ons Bruidegom Jesus te herinner en ons vir die huwelik voor te berei. Die Christelike ekwalent hiervan is n Christelike leefwyse. n Leefwyse van liefde, gehoorsaamheid aan God. Ons is aan Jesus toegewy. Ons groei nou van geestelike babas na geestelik volwasse persone. Dit neem ook tyd. Jesus het ook gegaan om vir Sy bruid n woning te bou. JOHANNES 14:2-3 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. In ons as Christene se geval, sal Jesus se wederkoms slegs plaasvind wanneer God die Vader tevrede is. MARKUS 13:32-33 Maar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel Page 8 of 11

OU ISRAEL TRADISIE NUWE TESTAMENT of die Seun nie, maar net die Vader. Die bruid moet aan n reiniging seremonie bekend as die Mikveh, deelneem. Die seremonie behels dat oa. dat sy in skoonwater onderdompel moet word. Tydens die tydperk van verlowing word beide die bruid en bruidegom geleer hoe om goeie huweliksmaats te wees. In die Joodse tradisie het die bruidegom gewoonlik in die middel van die nag na sy bruid se huis gegaan om haar weg te voer en die huwelikseremonie te hou. Die Christelike ekwalent van die Mikveh is die doop van gelowiges. Die Christelike ekwalent hiervan staan as die proses van heiligmaking, bekend. In Christelike verband moet ons as gelowiges altyd gereed en voorbereid wees op die koms van die Bruidegom. Die bruid het dit geweet en daarom gesorg dat sy ten alle tye gereed is om te gaan. Haar klere was ten alle tye gepak en haar lampie vol olie, gereed vir die reis. Wanneer die bruidegom naby die bruid se huis was, het hy gewoonlik hard geskreeu en op n ramshoring blaas. Die bruidegom en sy vriende sal die huis van die bruid binnegaan en die bruid en haar bruidsmeisies kom haal. Die Christelike ekwalent hiervan is die wegraping wat by Jesus se wederkoms gaan plaasvind. Die grootste huweliksfees van alle tye gaan dan plaasvind. Die huwelikseremonie vind dan plaas. Dit behels oa n fees wat tot sewe dae kan duur. Kom ons kyk nou na twee teksgdeeltes uit Openbaring. Page 9 of 11

REVELATION 19:7-9 (AMP) Let us rejoice and shout for joy! Let us give Him glory and honor, for the marriage of the Lamb has come and His bride (the redeemed) has prepared herself. She has been permitted to dress in fine linen, dazzling white and clean for the fine linen signifies the righteous acts of the saints [the ethical conduct, personal integrity, moral courage, and godly character of believers]. Then the angel said to me, Write, Blessed are those who are invited to the marriage supper of the Lamb. Hier is die hoogtepunt in die Bybel! Jesus wat as die Lam van God getipeer word, trou met Sy Bruid wat haarself voorberei het. Die Bruid is die uitverkorenes wat Jesus deur geloof as hulle Saligmaker aangeneem het. Hier is n baie interessante gedeelte. Geseënd is hulle wat na die bruilofsete uitgenooi is. Wie is hierdie mense? Is dit die bruid of is dit ander mense? Wat dink u? Dit is hier waar die Kerk van Jesus baie van mekaar verskil. Hier is n paar menings wat u kan bedink. 1. Die eerste siening is dat God steeds met Israel getroud is, al was hulle ontrou aan Hom. Hy het Israel swaar gestraf maar Hy verbreek nie Sy verbond nie. Die profesie in Jeremia 31:31-34 gaan nog in vervulling gaan en Israel gaan herstel word. JEREMIAH 31:31-34 The time is coming, declares the LORD, when I will make a new covenant with the house of Israel and with the house of Judah. It will not be like the covenant I made with their forefathers when I took them by the hand to lead them out of Egypt, because they broke my covenant, though I was a husband to them... I will put my law in their minds and write it on their hearts. I will be their God and they will be my people... For I will forgive their wickedness and will remember their sins no more. Indien hierdie siening waar is, dan beteken dit dat Israel die bruid is. Die Kerk soos wat ons dit ken, is die gaste by die bruilofsete van die Lam. Ons is nie die bruid nie, maar ons is ook geseëndes van God. 2. Die tweede siening is dat die Kerk die bruid is, en dat daar n stadium gaan kom waar die twaalf stamme van Israel, op groot skaal tot geloof in Jesus gaan kom. Hulle is dan deel van die Kerk van Jesus Christus. Page 10 of 11

Volgens hierdie siening, is die gaste by die bruilofsete, die Ou Testamentiese gelowiges wat getrou was aan die verbond van Moses. Hierdie is net vir interessantheid. Kom ons let op die laaste teksgedeelte wat ek vandag met u wil deel. OPENBARING 21:1-8 Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie. En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos 'n bruid wat vir haar man versier is. Toe het ek 'n harde stem van die troon af hoor sê: Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan. Toe sê Hy wat op die troon sit: Kyk, Ek maak alles nuut. En daarna sê Hy: Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar. Verder sê Hy vir my: Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet. Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees. Maar dié wat bang en ontrou geword het, die losbandiges, moordenaars en onsedelikes, bedrieërs en afgodsdienaars en al die leuenaars, hulle lot is die poel wat met vuur en swael brand, dit is die tweede dood. Hier word die hoogtepunt van ons geloof in Jesus beskryf. Ons toekoms. Ons gaan eendag saam met God op die nuwe aarde in n groot stad bekend as die nuwe Jerusalem bly. Ons sal deel van die volke wees wat Hom dien. Daar sal geen pyn en smart meer wees nie. God gaan by ons wees! Is dit nie onbeskryfbaar wonderlik nie! Kom ons sing n lied saam. AFSLUITING Ons tema vir vandag was die Bruid van Christus. Maak nie saak of u die Bruid of n gas by die bruilofsmaal is nie. U het n onbeskryfklike en wonderlike toekoms! U gaan eendag in die Nuwe Jerusalem woon! Laat ons nie deurmekaar raak met al die verskillende sieninge nie. Let our faith be simple and sincere with 100% devotion to Christ. AMEN Page 11 of 11