Reformasie 500. Sola Fide. Sons raal. tnuus

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

n Prins word die Skaapwagter

Les 6 vir 10 November 2018

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Van Vervolger tot Prediker

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Die maan en sy rol in ons wereld *

Berribrokkies Nuusbrief van Fred en Paula Berrington Posbus 739, Groot-Brakrivier, (Fred) (Paula) Mei 2014

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Die betekenis van die kruis (1)

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

1. Oorsig van die program 2. Doel en toekoms van die Jeug-Familie Indaba 3. Wandel saam deur Kolossense 3:12-17

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Die uitnodiging van God aan die hele wêreld, is om n

A CURRICULUM FOR COMMUNITY DEVELOPMENT IN PRACTICAL THEOLOGY

Waar is God as ons swaarkry?

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Catharina Maria Conradie

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Pretoria- 23 Junie 2012

Contents 1. Aanbidding Diens... 3 Navolging van Jesus se voorbeeld... 4 Nederigheid... 5 Solidariteit met mense in nood... 5 Selfoorgawe...

Hannah Ball 1796 Buckinghamshire Robert Raikes kinders op straat eerste Sondagskool Surrey Chapel 1831 Brittanje 1,250,000 kinders per week

ToekomsVenster Aan die anderkant van 2020

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Transcription:

April 2017 Sons raal tnuus Reformasie 500 Dit is vanjaar 500 jaar sedert Martin Luther sy stellings aan die kerkdeur in Wittenberg vasgespyker het en daarmee die groot Reformasie van die kerk begin het. Luther wou nie die kerk skeur nie; hy wou die kerk terugbring na die grondwaarhede waarop dit gebou is: die waarheid dat ons gered word deur Christus alleen, deur genade alleen, deur geloof alleen Luther wou die Skrif, as die Boek waarin ons die evangelie van Christus hoor, weer terugplaas in die hart van die kerk se lewe. Hy het gelowiges geleer om weg te kyk van hulleself en net op God te vertrou vir hulle redding: Jy moet nooit jou gevoelens of jou gewete meer glo as wat jy vertrou op die Woord van die Here wat sondaars omarm nie, het hy gesê. Kom lees verder oor die solas wat die Reformasie ons oor redding geleer het. Sola Fide Andries Cilliers GELOOF ALLEEN Hoe leef ek in die regte verhouding met God? Hoe weet ek ek is regtig kind van God? Hoe kan ek seker wees dat ek die ewige lewe het? Baie mense dink: ek kry sekerheid uit my eie lewe. As ek genoeg goeie dinge doen en dit gereeld doen, as ek jammer sê vir my foute en probeer om dit reg te maak dan weet ek ek is op standaard en dat my verhouding met God reg is. Die groot probleem hiermee is: Ek kan dalk dink ek is op standaard in my eie oë, maar hoe weet ek ooit of ek reg is in God se oë? Daarom het die Reformasie gesê: nie deur ons werke nie, maar deur geloof alleen. Geloof is om nie op myself te vertrou nie nie op my werke, my godsdiens, my bekering, my ervarings nie, maar om op Christus te vertrou: Hy red my. Geloof is die leë hande waarmee jy God se geskenk van die ewige lewe aanvaar; dit is die oop arms waarmee jy Christus as Redder vasgryp. Daarom vertrou ons ook nie op ons geloof nie, maar op die Here in wie ons glo. Vir my is Sola Fide 'n bevryding: ek hoef my nie oor myself te bekommer nie. Ek hoef nie te loop en tob of ek goed genoeg is, of in my binneste rond te grawe om te sien of ek reg is nie. Ek weet ek is sondig, ek weet ek is geneig om verkeerd te wees. Maar Christus het genoeg vir my gedoen: ek vertrou op Hom, nie op myself nie, en daarom glo ek Hy maak my verhouding met God reg; Hy maak my kind van God; Hy maak my deel van sy kerk; en Hy gee vir my die ewige lewe. As ek dit reg verstaan, maak dit my vry om vir ander mense om te gee, eerder as om angstig te wonder oor myself. Ek kan vry word van myself en vry om vir ander te lewe. Sola Fide is daarom die fondament vir 'n werklike lewe in liefde.

Sola Gratia Hanno Ackerman CHRISTUS ALLEEN Die Reformasie was 'n terugkeer na die basiese oortuigings van die Ou Kerk (eerste vier tot vyf eeue), met die uitskakeling van die skeefgroei van die Middeleeue. Daarom het beide Martin Luther en Johannes Calvyn die oud-kerklike beslissings oor Christus aanvaar, naamlik dat God Drie-enig is: Vader, Seun en Heilige Gees; en dat Christus waarlik God en waarlik mens was: Een persoon, maar twee nature. GENADE ALLEEN Sola Gratia (uit Latyn vertaal as genade alleen) is die Sola wat vir my 'n kritiese punt in ons teologiese reformasie beklemtoon. Die Rooms-Katolieke Kerk in die vroeë vyftiende eeu het 'n sterk teologie van goeie dade en loskoop van sonde gehandhaaf. Dit het natuurlik beteken dat jy as persoon self die mag het om jou verlossing te bewerkstellig deur middel van jou goeie dade of selfs jou sonde by die kerk los te koop (die loskoop van sonde het nie net behels om geld te gee nie, goeie dade was ook deel hiervan). Die vraag maar wat is die rol van Christus aan die kruis dan? sou sekerlik die teenkanting van die teologie in dié konteks veroorsaak het. So het die Reformasie vir ons hierdie Sola na vore gebring om ons verstaan van Genade en Verlossing in die regte rigting te stuur. Hierdie Sola Gratia, beteken vir ons as deel van die gereformeerde tradisie dat ons nie verlossing beskou as iets wat afhanklik van ons menslike natuur is nie. Goeie dade en die loskoop van sonde vir onsself is die mens se manier om die Gees se werk te doen vir hom- of haarself. Ons glo dat God se genade ons red dit alleen red ons en dit is waarom die kruis vir ons die beeld van God se genade is. Christus het reeds kom sterf vir ons sonde en die Gees werk binne-in ons om ons bewus van hierdie genade te maak en dit sal leef. Wat beteken Sola Gratia vir my? Hierdie Sola staan vir my uit, bloot omdat ons as mense soveel keer in ons lewens probeer om God se genade te verdien. Ons menslike natuur sê vir ons dat ons God se genade net sal ontvang, mits ons een of ander vlak van geestelike groei bereik; gawe kan beoefen; en status as goeie mens in die wêreld bereik. Dié Sola sê vir my dat volgens die geloofstradisie waarvan ek deel is, het die kruis my reeds gered; en dat Christus die toonbeeld van God se genade is en dat dit dié genade is wat my red. Nie die menslike manier hoe ek dit probeer verdien nie, want ek ontvang hierdie genade reeds onverdiend. Sal 'n God wat ons geskape het ons nie ook so lief hê dat Hy ons genadig is, selfs al verdien ons dit nie? Sola Christus André Agenbag Saam met die vroeë kerk wou die Hervormers nie verval in abstrakte verduidelikings van Christus nie. Hulle wou op die voetspore van die Bybel oor die persoon en die werk van Christus nadink. Deur vanuit die beginsel van Christus as die Middelaar te gaan, het die gereformeerdes die voordeel gehad dat hulle Christus altyd in die nouste verbondenheid met sy betekenis vir die verlossing verstaan het. Die benaming Christus (Messias) is van vroeg af verstaan as 'n aanduiding daarvan dat Christus tot 'n bepaalde opdrag gesalf is na analogie van die salwing van die konings, priesters en profete in die Ou Testament. Die lewende Christus is aan ons bekend gemaak as iemand wat 'n werk gehad het om te doen. Ons leer Hom ken aan sy werke! En sy werk was om die Middelaar te wees tussen God en die mensdom. Die hart van Christus se verlossingswerk as Middelaar was dat Hy die verwydering tussen God en die mens weggeneem het. En slégs Christus kon hierdie werk doen, omdat Hy volledig God én volledig mens was. As Middelaar het die Seun Homself aan die Vader onderwerp. In gehoorsaamheid het Hy die menslike situasie ingegaan en die gestalte van 'n dienskneg aangeneem. Slegs God kon die mens verlos, het die Hervormers geglo. Maar God verlos die mens as méns; daarom moes die Seun die menslike natuur aanneem. Elke aspek van sy menslike lewe, vanaf die ontvangs tot en met die dood en die ewige straf op die sonde moes deur Christus as mens deurleef word. Hy is gekruisig, het gesterf en is begrawe. Maar Hy het uit die dood opgestaan. Op die geboortedag van die kerk, sluit Petrus sy pinksterpreek af met die woorde: Die hele Israel moet nou vas en seker weet: God het hierdie Jesus, wat julle gekruisig het, Here en Christus gemaak!" (Handelinge 2:36). Vandag is óns die liggaam van hierdie Jesus op aarde! 2 Sonstraalnuus April 2017

DIE SKRIF ALLEEN Die Skrif alleen bring vir ons die goeie nuus van die verlossing deur Christus en ons glo op grond van die Skrif, nie op grond van kerklike leerstellings nie. Die Reformasieproses is aan die gang gesit deurdat Luther klem gelê het op die Bybel (Sola Scriptura). Volgens die Rooms-Katolieke Kerk is alle gesag gesetel in die Pous, wat kragtens opvolgtradisie in die plek van die apostel Petrus deur God aangestel is om oor die kerk en sy mense te regeer. Aanvanklik kon en mag slegs die Pous en priesters die Skrif Sola Sciptura Carika Hanekom lees, verstaan en uitlê. Hierteen het Luther in opstand gekom en gesê dat gelowiges uit eie reg, deur die werking van die Heilige Gees, die Bybel moet kan lees en interpreteer. Voor die Reformasie was die Bybel slegs in Latyn beskikbaar. Die kerk se lidmate moes tevrede wees met 'n kerklike tradisie, met menslike uitsprake oor die Skrif, wat hulle nie eers aan die Skrif kon toets nie. Die mees tasbare nalatenskap van die Reformasie was die vertaling van die Bybel in verskillende volkstale, sodat almal vrylik kon lees. Die Bybel is vertaal in Duits, Nederlands en Frans. Later het die uitvinding van die boekdrukkuns daartoe bygedra dat elke gesin 'n Bybel kon hê. Vandag as Gereformeerdes lê ons steeds saam met die Apostel Paulus klem op die Goddelike inspirasie van die Heilige Skrif: Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek. Die Skrif is die waarheid. Die Skrif leer ons wie Jesus Christus is. Gereformeerd-wees word deur al die jare nog daaraan geken deur te bly by God se Woord. Soli Deo Gloria Andries Cilliers AAN GOD ALLEEN DIE EER Die belangrikste wins daarvan om geloof in God te hê, skryf Tomas Halik, is dat jy ontdek dat jy nié god is nie. Jy hoef nie te probeer om alwetend, almagtig, alomteenwoordig te wees nie. Jy is nie die Een uit wie, deur wie en tot wie alle dinge bestaan nie. Jy is 'n mens tussen mense, radikaal afhanklik van God. Die Reformasie het dit goed verstaan. Aan God alleen die eer, het hulle geglo vir ons lewens, ons verlossing, ons geloof. Waar die kerk dikwels voor die versoeking swig om 'n bietjie van die eer van God vir onsself te gryp, het die Reformasie begryp wat Paulus bedoel het toe hy geskryf het: Voor God het geen mens dus iets om op te roem nie Daarom, soos daar geskrywe staan: 'Dié wat wil roem, moet in die Here roem.' (1 Korintiërs 1:29, 31) Soli Deo Gloria vat al die ander Solas saam. Ons eer God alleen vir ons skepping; vir ons verlossing vir ons heiliging. As ons deur sy genade goeie werke doen, dan kom die eer God toe. Dit is tog hoe Jesus gesê het ons lig vir die wêreld is: wanneer die mense ons goeie werke sien en ons Vader wat in die hemel is, verheerlik (Mattheüs 5:16). Ek vind Soli Deo Gloria 'n moeilike waarheid om te leef. 'n Mens wil tog goed dink oor jouself, jy wil graag so 'n bietjie eer na jou toe aantrek. Maar ek weet ook: hierdie honger na eer trek 'n mens se lewe skeef, dit maak dat die eer van mense vir jou belangriker word as gehoorsaamheid aan God. Ons is geroep, het iemand gesê, nie om celebrities, mense wat geëer wil word, te wees nie, maar om celebrants te wees, mense wat met hulle lewens vir God eer en sy goedheid vier. Hoe dieper ek my inleef in die eer aan God alleen, hoe meer kan ek ook waardering hê vir dit wat Hy in en deur ander mense doen. Ek kan ander sonder afguns waardeer juis omdat ek God alleen eer. VYF SOLAS VAN REFORMASIE Sonstraalnuus April 2017 3

GROOT LYDENSWEEK 9-14 April en Opstandings Sondag 16 April 2017 Kom stap saam met ons die pad van Jesus se intog in Jerusalem tot sy laaste asem wat uitgeblaas is aan die kruis. Ons gaan deur die oë van verskeie karakters kyk na die Seun van God se pad wat Hy vir elkeen van ons geloop het.... as deel van ons 30 jaar feesviering WOENSDAG, 24 MEI 2017 19:00 by die kerksentrum Kaartjies: R150 (kinders onder 13 betaal R50) Let wel: Onbespreekte plekke KRY JOU KAARTJIES BY DIE KERKKANTOOR 4 Sonstraalnuus April 2017

JOSUA 24 KONFERENSIE Ons bou saam aan ons geloofshuis Ons leef in 'n wêreld waarin verhoudings sukkel en tog glo ons dat God ons aan Homself, aan mekaar en aan ander mense bind sodat sy liefde deur ons kan vloei in 'n netwerk van verhoudings wat ons 'n geloofshuis kan noem. Kom bou saam met ons aan 'n geloofshuis deur jouself weer aan die Here en aan jou mense te verbind! Ons bied drie afsonderlike programme aan op die Saterdag: vir kinders, vir tieners en vir die res van ons. Ons gaan gesels oor praktiese liefde: vriendskap, opoffering en getrouheid. Jy sal kans kry om te dink oor al die belangrike verhoudings waarin God jou geplaas het en om jouself weer in geloof tot liefde te verbind. Waar: Sonstraal Kerksentrum Wanneer: Vrydag, 19 Mei 2017, 19:00 21:00 Saterdag, 20 Mei 2017, 09:00 13:00 Pinkster Ons Pinksterreeks word vanjaar deur Dr Ian Nell aangebied. Die Pinksterreeks vind plaas vanaf Sondag, 28 Mei tot Donderdag, 1 Junie, saans in die kerksentrum om 19:00, sowel as oggendpinkster vanaf 29 Mei tot 2 Junie om 10:00 in die kerksentrum. Die reeks word afgesluit met ons Pinksterfees en Nagmaal op Sondag, 4 Junie. TEMA: Die vorming vir die lewe: Geestelike rigtingwysers vir die lewe van elke dag In 'n kultuur met soveel stemme wat roep vir ons aandag is dit dikwels moeilik om op die geestelike kant van die lewe te fokus. Werk, finansies en heelwat onsekerheid oor die toekoms is maar van die aspekte wat dreig om ons daagliks te oorweldig. Die doel van hierdie reeks is om 'n alledaagse spiritualiteit te ontwikkel wat vir ons kan ondersteun om koers en rigting te hou en hopelik ook help om betekenis te gee aan ons besige en vol lewens. Daar sal elke aand by 'n spesifieke geestelike rigtingwyser stil gestaan word wat ons help met die vorming vir die lewe. DATUMS OM TE ONTHOU 10-13 April Groot Lydensweek 14 April Goeie Vrydag 16 April Paasfees 19-20 Mei Josua24 Konferensie 24 MEI Gemeente 30 jaar 24 Mei Elvis Blue by die Kerksentrum 25 Mei Hemelvaart 28 Mei - 4 Junie Pinksterreeks Sonstraalnuus April 2017 5

ONS BOU BREIPROJEK... Dit behels die brei van onder meer musse vir kankerlyers; frokkies vir pasgeborenes sonder klere; kappies en kousies vir vroeggebore babas; en bedsakkies vir sterwendes in hospitale. Troosteddies word ook vir kinders in Tygerberg Hospitaal se trauma-afdeling gebrei. Die bediening maak ook lap toiletsakkies wat met die hulp van geborgde toiletware gevul en aan pasiënte in staatshospitale gegee word. Die breiwerk word deur Bybelstudie-groeplede wat weekliks vergader, gedoen. Tydens byeenkomste word patrone uitgedeel; dankie-sê-briewe gelees; en motiveer die breiers mekaar om die penne op te neem. Daar is geen vasgestelde tye nie en die ontmoetingstyd wissel. Daar is meer as 100 vrywilligers wat help brei. Behoeftes van die bediening: Die grootste behoeftes is wol, stopsel, materiaal en fondse om tekorte aan te koop. Kontakpersoon: Rolien Botha 021 9754015 BADISA TRIO... Badisa is die NG Kerk en die VG Kerk se gesamentlike barmhartigheidsdiens in die Wes-Kaap. Ons is gemeentelik verbind aan drie gesinsorgprogramme in ons omgewing, nl. in Bellville, Kraaifontein en Scottsdene. Vanuit die kantore word ook gebiede soos Fisantekraal en Durbanville deur maatskaplike en gemeenskapswerkers bedien. Hulle is egter afhanklik van vrywillige dienste en donasies uit ons gemeente. Ons Sorg-week dra grootliks tot middele, finansies en bewuswording van die programme by. In ons omgewing is verskeie Badisa-tehuise (soos Aristea en Ravensicht vir bejaardes), kinderhuise, skole en sentra vir gestremdes soos Alta du Toit, Paarlskool en Jan Kriel asook die Magdalenesentrum vir swangerskapberading en aanneming. Daar is ook Ramot vir afhanklikes van verdowingsmiddels. Behoefte van die bediening: Die grootste behoefte is aan fondse asook vrywilligers om professionele dienste en ander hulp te verleen. Kontakpersoon: Ronel van Rensburg 021 9752537 BOTTELARY... Ons droom vir Bottelary is om die liefde van Jesus uit te dra en die gemeenskap te dien. Dít doen ons deur hande te vat tot die leiers onafhanklik kan voortgaan om mekaar te bedien. Ons kom elke Sondag en verskeie ander dae bymekaar vir Sondagskool, kerk en ander byeenkomste. Die bediening by Bottelary bestaan tans uit 'n leesklas; toebroodjies en melk met aankoms; lof en aanbidding; dissipelskapgroepe vir kinders; en Woordverkondiging aan volwassenes. Klereskenkings en ander bedieninge (byvoorbeeld Project Prettiness, Project Upliftment en die skoenboks-projek) vind plaas soos nodig. Bydraes vir die skoenboks-projek word vanaf Julie by die kerkkantoor aanvaar. Kontakpersoon: Hester du Toit 021 9765527 Die gemeente se visie sê dat ons nie vir onsself bestaan nie, maar om die wil van God in die wêreld uit te straal. Ons Boubediening is ons uitreik na instansies buite ons gemeente. Bid, behoort en bou vorm 'n eenheid en is drie maniere waarop ons ons geloof in God; ons liefde vir mense; en ons hoop vir die wêreld uitdruk. Ons gee hier 'n kort opsomming van elke Bou-uitreik. As jy wil betrokke raak, kontak gerus die betrokke Kontakpersoon, of die kerkkantoor. EURESON... Eureson is 'n ekumeniese beweging wat vriendskaps- en geloofsverhoudinge vestig tussen lidmate van Sonstraal en die Evangelies Lutherse Kerk, Eureka in Elsiesrivier in stand hou. Die hoofaktiwiteit is onderlinge maandelikse byeenkomste (elke derde Dinsdagaand van die maand vir beurtelingse ontmoetings by Sonstraal en Eureka) wat ongeveer twee ure duur. 'n Tipiese byeenkoms het 'n geestelik-sosiale karakter waartydens ons Bybelstudie doen; of 'n brandende kwessie vanuit 'n Bybelse perspektief bespreek; en gesellig saam verkeer en eet. Eureson het 'n gereelde maandelikse bywoning van ongeveer 16 mense, maar soms is daar tot sowat 30 mense wat by geleentheid aktief is. Die databasis sluit meer as 50 mense in. Uitstappies met 'n aanbiddingsfokus word ook onderneem. Uitruilprediking en -eredienste asook oor-en-weer besoeke op gemeentelike vlak is al onderneem. Vanaf 2014 word die maandelikse byeenkomste rondom 'n tema georganiseer wat aansluit by die openbare en kerklike agenda asook aktuele sake. Besonder interessante byeenkomste was dié wat oor onderwys en werk gehandel het. 'n Prestige-projek is die Biblioteekprojek by die Elsbury Primêre Skool in Matroosfontein. Vir die tweede helfte van die jaar word byeenkomste rondom temas soos vroue, erfenis en die protestantse hervorming en die betekenis daarvan vir ons hedendaagse situasie beplan. Alle belangstellendes, ook uit ander gemeentes en kerkverbande, word uitgenooi om aan Eureson deel te neem. Kontakpersoon: Cornie Groenewald (cornie@gitss.co.za, 082 444 0205), Sarah Groenewald (021 982 0173) FISANTEKRAAL /MORNINGSTAR NAALDWERK-PROJEK... Dié bediening het in 2003 ontstaan en fokus op vroue uit laerinkomste groepe wat graag wil leer om 'n bykomende inkomste vir hulself te genereer. Daar heers 'n baie mooi gesindheid tussen die verskillende kultuurgroepe. Die bediening help vroue van Fisantekraal en Morningstar om naaldwerkvaardig te word sodat dié vrouens bemagtig word om vir hulle families klere te maak. Die bediening wil ook die vrouens help om deur naaldwerk 'n inkomste te genereer deur hul produkte te verkoop. Die bediening fokus daarop om verhoudinge te bou; saam met die vroue Bybel te lees; en gereeld saam te bid. Die verhouding is wederkerig en kom van beide kante af. Behoeftes van die bediening: Handehulp, kaste vir masjiene en materiaal vir naaldwerk. Die lokaal wat gebruik word, moet opgeknap word, want die dak lek en die matte is gevolglik gereeld nat. Kontakpersoon: Dale Blom 021 976 3275 6 Sonstraalnuus April 2017

MATHMOMS... MathMoms het in 2016 ontstaan onder die sambreel van Eureson (ons interaksie met die Eureka Evangelies Lutherse Kerk in Elsiesrivier) as 'n gemeenskapsaksie met 'n onderwyskundige, kinderontwikkeling en gemeenskapsontwikkelingsinslag. In hierdie projek is agt werklose dames uit die gemeenskap geïdentifiseer wat elementêre wiskundige vaardighede in skole aan leerders in die laer grade volgens 'n weeklikse tydrooster verskaf. Hulle hou ook naskoolse toesig oor vier sorgbehoewende kinders in hul buurt. Wat tans benodig word: Ÿ 3 x 5l verf om klaskamers uit te verf. Ÿ 28 x 4 Staedler draai-inkleurpotlode, skerpmakers Ÿ 8 x 4 (blou en groen of enige 2 kleure) nie-permanente merkpenne (om op gelamineerde blaaie te skryf) Ÿ 28 x 4 potloodsakkies Ÿ 28 x 4 sakkies sterretjies- of mooi gesiggieplakkers vir aanmoediging Ÿ 128 potlode, liniale Ÿ 64 uitveërs (ons sny dit middeldeur) Ÿ 28 x 3 materiaal maatbande Ÿ 30 meter x 4 haarlinte Ÿ 4 plaatkoeke per skool (4) (as ons breuke doen) met die versiering. Ÿ Of mense wat die boek wat die kinders gaan gebruik sal skenk. 134 nodig x R105 Ÿ 540 klein botteltjies water. Wat van 'n sticker daarop: Jy is 'n champ! Of borg 'n MathMom vir 'n maand of 9 @ R1400 per maand en maak gereeld met haar kontak deur die proses om haar aan te moedig. Kontakpersoon: Sonja Cilliers 083 456 6105 ATTIE VAN WYK KUNSKLASSE... Die doelwit is om handvaardigheid en kuns onder minderbevoorregte kinders te bevorder. Ons wil die kinders leer dat 'n mens skeppend kan wees met bykans enige materiaal. Ons aanslag is informeel en gaan grotendeels ook oor omgee en aanraking. Die bediening se behoefte is enige kunsmateriaalsoos papier, gom en verf. Ons maak ook baie van herwinbare materiaal gebruik. Daar is deurgaans 'n behoefte aan nog vrywilligers. Kontakpersoon: Linda Grebe 021 946 2745 RUYTERWACHT-KOSPROJEK... 'n Groep lidmate bedien een keer per week sop aan die Dienssentrum vir seniors (329 350 lede). Die bejaardes is onder Badisa se sorg. Die span voorsien ook brood uit eie en kleingroepe se vermoë. Die span se visie is om God se liefde uit te dra aan minderbevoorregte bejaardes deur kos op 'n deurlopende grondslag te verskaf. Alhoewel die verskaffing van een maaltyd per week die bediening se teiken is, word daar ook gereeld funksies gereël vir die finansiële ondersteuning van die sentrum. Die bediening help waar hy kan. Wat gebeur: Weekliks op 'n Donderdagoggend om 08:00 kook veertien van ons Bybelstudie Senior-groeplede kos in die kerk se kombuis. Kontakpersoon: Ethne Waso 082 879 7592 Sonstraalnuus April 2017 Sonstraal word deur die Heilige Gees gestuur, om as dissipels van Jesus Christus, die wil van God oor die wêreld uit te straal. FISANTEKRAAL CENTRE FOR DEVELOPMENT... Die Fisantekraal Centre for Development (FCD) is 'n niewinsgewende Christen-organisasie wat daarop fokus om werklose mense se selfbeeld en waardigheid te herstel en hul vaardighede op emosionele, ekonomiese, geestelike en maatskaplike vlak te ontwikkel. Ons glo daarin om deur 'n holistiese benadering, elke persoon in die geheel toe te rus om 'n betekenisvolle lewe te lei. Dit is vir ons uiters belangrik om 'n veilige, ondersteunende en liefdevolle omgewing te skep waar mense geleentheid kry om 'n verhouding met Christus te oorweeg of te verdiep. Deur die ondersteuning van plaaslike leraars kan ons pastorale berading gee waar nodig. Ons bied ook die Alpha-dissipelskapkursus aan en die program ontvang baie positiewe terugvoer van ons studente. Die huidige kursusse wat ons aanbied sluit in: Job readiness, Bake for profit, Office basics, Frail care, Business Skills. Deur middel van dié kursusse het FCD >1300 werkloses opgelei oor die laaste 6 jaar. Ons benodig vrywilligers in die volgende areas: Ÿ Hulp met opleiding - ons maak veral gebruik van vrywilligers vir lewensvaardighede-, oproepsentrum- en sake-opleiding. Ÿ Hulp met fondsinsamelingsgeleenthede en idees met bemarkingsmateriaal, uitleg, ontwerp en sosiale media. Ÿ Hulp met administrasie vir die bywerking van studente databasisse en ander algemene administrasie. Ÿ Hulp met onderhoud of opknappingswerk by die sentrum. Ÿ Vennootskappe met ondernemings vir die doel van jobshadows (al ons kursusse behels op die kort en medium termyn praktiese blootstelling aan die relevante bedryf en beroep). Kontakpersoon: Jane Gelderman 021 9757764 HUIS RAVENZICHT... Huis Ravenzicht is 'n omgee-bediening vir die bejaardes in dié tehuis. Eensame bejaardes word besoek en middels soos toiletware, linne en klere word voorsien. Waar moontlik word vermaaklikheidsgeleenthede aangebied. Die bediening se grootste behoefte is toiletware of fondse om benodighede aan te koop. Die bediening sal kan baat by die toerusting en opleiding wat nodig is vir bejaardebesoeke en pastorale hulp. Op die perseel is 'n afdak, waar ons die grond gelyk wil maak en plaveisel of teëls wil lê om dit vir die inwoners meer toeganklik te maak. Enige skenkings sal welkom wees en sal vir betaling vir die nodige werk gebruik word. As jy self die werk kan gaan doen, sal dit ook baie waardeer word. Huis Ravenzicht benodig voorts 'n Bain Marie in die kombuis, asook 'n wasmasjien. Kontakpersoon: Dalene Dippenaar 021 9763864 en Liza Faul 0824128043 7

ZITHULELE... Die Zithulele-uitreik ondersteun die opleiding van die gemeente en lede van Zithulele. Daar word baie gefokus op bouwerk en instandhouding, asook die ontwikkeling van leiers. Die bediening wil graag die Zithulele-gemeente help soos nodig. Hoewel ons gemeente net eenmaal per jaar self na Zithulele gaan, is en bly ons steeds deurlopend betrokke daar met ons ondersteuning, liefde, bydraes en gebede. Die vroue wat elke dag tydens ons verblyf fluks kom help het om vir 'n groot skare kos te kook en ook betrokke was by die naaldwerk- en breivaardighedesessies kom steeds elke Woensdagmiddag bymekaar om op praktiese manier hul geloof, hoop en liefde te deel. Die kinders kon ook tydens hul vakansie kom speel en handvaardighede aanleer en uit die Bybel leer met behulp van die bal wat die evangelie verduidelik. Ons kinders het met baie liefde en omgee uitgeblink in leierskap en organisasie. Die uitreik se grootste behoefte is toerusting (kursusse) wat op Zithulele vir geestelike leiers se ontwikkeling en groei aangebied kan word. Kontakpersoon: Louise Koch 021 976 1733 SORG-SPAN... Die Sorg-span se taak is om gereeld die gemeente en mekaar te motiveer om te sorg. Sorg fokus op die insameling van komberse tydens Pinkster. Sorg-maand vind elke jaar in Augustus plaas waartydens die gemeente versoek word om te sorg deur middel van 'n fondsinsameling (Sorg-koeverte) asook die insameling van nie-bederfbare kos, klere en alle ander bruikbare huishoudelike items. Die span se teikengroep is die hele gemeente wat vir minderbevoorregtes kan sorg. Die bediening se grootste behoefte is dat die gemeente sal hoor hoe die Here wil hê ons moet sorg en daadwerklik iets sal doen. Betrokke buite-instansies vir wie gesorg word deur die fondse en goedere wat ingesamel word: Badisa Trio, MES, Straatwerk, Ruyterwacht, Kraaifontein Moedergemeente en ander hulpbehoewendes wat deur die jaar oor ons pad kom. Ons gee ook vir ons eie koskas indien daar 'n behoefte aan kos is. Kontakpersoon: Anita Cilliers 082 972 8173 Straal uit vir Christus! waardes Ons Gedurende 2016 het ons predikante en Boubedieninge hard gewerk om Bou-waardes vir ons gemeente te formuleer. Hierdie waardes vorm deel van ons daaglikse interaksie met mekaar, en met ander. GEHOORSAAMHEID GELOOFS- ONDERSKEIDING EENHEID DEELNEMENDHEID God se wil is shalom: sy heelmaakwerk in die wêreld Waarmee is God besig? Wat moet ons doen? Ons wil in liefde met ons medemense saamleef Ons doen dinge saam met mense, nie vir mense nie GASVRYHEID VOLHOUBAARHEID RENTMEESTERSKAP DOELGERIGTE KOMMUNIKASIE Ons is oop vir mense in hulle andersheid Ons erken selfstandigheid en wil nie afhanklikheid kweek nie Ons werk mooi met die gawes van God Ons maak mense deel van ons werk 8 Sonstraalnuus April 2017