Die najaag van geluk is n doodloopstraat

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

n Prins word die Skaapwagter

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Van Vervolger tot Prediker

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Les 6 vir 10 November 2018

Die betekenis van die kruis (1)

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Pretoria- 23 Junie 2012

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Coastland Herlewing Sentrum. Posbus 302 ; Scottburgh ; 4180 ; Tel: ; Cell: Voorberei deur Pastoor Marius Swart

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Gebore uit die maagd Maria

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Lukas 4: Agtergrond

Addendum A Consent form

GEBED AS LEEFSTYL. Gebed is uiters belangrik!!!

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

Waar is God as ons swaarkry?

Wegraping (Saamgevat)

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

Liturg: Verwelkom almal en wens hulle n geseënde Kersfees toe. Dan:

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn. Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: Tema: Die agterstevoor evangelie

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Transcription:

Die najaag van geluk is n doodloopstraat Die najaag van geluk is n doodloopstraat Toe God met Job uit die stormwind gepraat het (Job 38) het God vir hom gesê dat Hy die aarde se fondamente gelê het. Dit beteken dat Hy alles gemaak het. Daardie oggend toe die sterre saamgesing het en die hemelligame gejubel het. As ons terugdink so ver as moontlik is vreugde wat ons kry. Die sterre van God en die hemelliggame sing en jubel van vreugde. In Openbaring, as ons so vêr as moontlik in die toekoms kyk, kry ons n soortgelyke vreugde. Die hele skepping is om die Seun se troon vergader en hulle sing van vreugde n groot uitbundige koor. Te midde van diegene wat daar saamgetrek is, is daar 24 ouderlinge wat die twaalf stamme van Israel en die 12 apostels van die kerk verteenwoordig. Hulle sit hulle krone voor die troon neer (Openbaring 4:10) Ons geloof, ons hele bestaan, begin en eindig met vreugde. En tussen die begin en einde is daar vreugde: oor die strome van die rivier is daar blydskap in die Godstad (PSALM 46:5). Jesus sê dit reguit: dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees (Johannes 15;11). Paulus skryf aan die Filippense oor blydskap: Maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees; een in liefde, een van hart en in strewe (Filippense 2:2). Die bron van geluk is ons omstandighede. Die bron van ons vreugde/blydskap is God.

Jy het minder manne nodig Jy het minder manne nodig Die twee leërmagte Gideon se manne en die Midianiete wat Israel sewe jaar lank onderdruk het se kampe lê naby aan mekaar. Die geveg is naby en daar word aanvaar dat Israel elke moontlike man nodig sal hê as hulle die vyand wil verslaan. Maar God wil hê dat Gideon minder manne moet hê en nie meer nie: ek kan Midian nie oorgee in die mag van soveel manne by jou nie (7:2). Hoekom wil God die mag verminder? Israel sal teenoor my spog en sê: Ek het myself gered. Gideon sal of die eer vir die Here gee of dit vir homself toe-eien. Die menslike natuur is so dat as daar die geringste geleentheid is om in sy eie werk te spog, hy dit is voldoende sal sien. Let op die Here sê dat hulle teenoor My sal spog. Sodra ons dink ons verdien die krediet vir ons eie verlossing, neem ons die heerlikheid van God, wat dit verdien, weg. Ons stel onsself aan as alternatiewe verlossers. Die les wat ons nooit mag vergeet nie, is dat verlossing slegs deur God se genadige optrede is ons verdien dit nie met ons optrede nie. God kan n oorwinning bewerkstellig deur een man (soos Simson) of deur duisende (soos Debora en Barak). God verminder die manne want Hy weet hulle is te vee is om te sien wie geloof en geprys moet word as hulle die oorwinning behaal. Daarom sê die Here dat die getalle verminder moet word. Al die manskappe wat bewe en bang is, moet teruggaan 22000 uit die 33 000 draai terug diegene wat bereid was om hulle vrees vir die oorlog in die openbaar te erken sal die eerste wees wat terugval as die oorlog begin. Die rede om hulle terug te stuur was goed. Vrees is aansteeklik as n groep paniekerig raak en vlug word die vasberadenheid van die ander getap Hierdie besluit was vir die moraal van die leër.

Die tweede groep word huis toe gestuur vir onseker redes. Na die 22 000 weg is sê die Here dat hulle nog te veel is. Die Here sê vir Gideon: Daar is nog te veel. Vat hulle afwater toe en daar sal Ek hulle vir jou sif. 10 700 kniel om te drink en 300 skep die water met die hand op. DIt is hierdie 300 wat oorbly die res word almal huis toe gestuur. Die Here sê: Ek sal julle red met die 300 man wat die water opgeskep het. Ek sal vir Midian in jou mag oorgee. Gideon openbaar groot geloof hier. Hy vertrou vir God en nie die getalle nie. Dit is die geloof waarvoor hy in Hebreërs 11:32 34 aangeprys word. Die tyd ontbreek my om te vertel van Gideon, Barak, SImson en Jefta, van Dawid, Samuel en die profete. Deur die geloof het hulle koninkryke verower, die reg van God gehandhaaf en verkry wat God beloof het; hulle het leeus se bekke toegestop, gloeiende vuur geblus en aan die swaard ontkom; hulle het in swakheid krag ontvang, was sterk in oorlog en het die leërs van vreemdes op die vlug gejaag. Hoekom het die Here juis hierdie toets aangelê. Mense sê die 300 was wakkerder en waaksaam. Hulle hou vas aan hulle wapens en bly op hulle voete terwyl die ander gedrink het op n manier wat dit onmoontlik gemaak het dat hulle hulleself kon verdedig. Beide verminderings is gedoen sodat Israel nie teenoor die Here in hulle eie krag sou spog nie. Gideon moes terugkyk en dink: Hierdie oorwinning was God s n, nie myne nie my aandeel was om Hom te vertrou en te gehoorsaam Die heerlikheid is syne. Ook die 300 man sou sê: Dit was onmoontlik vir ons om te wen. Ons was te min. Dit is God se oorwinning die heerlikheid is syne. Ons was bevoorreg om deel te wees van wat Hy gedoen het. Die res van Israel kon dink: Ek was nie ers daar nie, God het my verlos sonder dat ek iets gedoen het. Prys die Here! Hier sien ons weer die beginsel wat ons herhaaldelik in Rigters en die res van die Bybel kry. God verlos nie op maniere wat ons verwag nie of deur krag nie. Meeste van die

Rigters lyk nie na groot leiers nie en die oorwinnings val buite die wêreld se logika. Gideon is n man uit n swak familie en n swak stam en hy kom voor die magtige Midianiete met net 300 man te staan en oorwin hulle. Dawid se aanbidding Dawid se aanbidding In 1 Kronieke 16 lees ons van die feesviering met die inbring van die ark. Toe DIE Leviete die ark in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het neergesit het, bring hulle vir God brandoffers en n maaltydoffer. Daarna seën Dawid die mense in die Naam van God. Hy gee toe aan elke Israeliet, man en vrou, n ringbrood, n bietjie dadels en n tros rosyntjies. Hy wys ook sekere Leviete aan om voor die ark van die Here diens te doen. Hulle moes die Here roem, loof en prys. Twee het aanhoudend op die trompette geblaas voor die verbondsark van die Here uit, Toe Dawid die verbondsark van die Here in die kamp gebring het, bring hy offers vir die Here en bring sy eie orkes op die been om die Here te loof. Verse 8 12 en 23 29 wys vir ons hoe hulle die Here geloof het. Loof die Here. Roep Hom aan, maak aan die nasies bekend wat Hy gedoen het, sing liedere, sing tot sy eer, vertel van sy magtige dade. Roem sy heilige Naam, laat dié wat die teenwoordigheid van die Here soek, bly wees. Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy

teenwoordigheid. Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het, aan sy wonders, aan sy reddingsdade op sy bevel (16:8 -!2). Al die verse wys dat hulle God verheerlik het. Dawid tree ook dwaas op: Met volle oorgawe het Dawid voor die Here gedans met net n linneskouerkleed aan Hy het hom die hele dag voor die slavinne van sy onderdane ontbloot soos n onbeskaamde mens wat hom sommer ontbloot (2 Samuel 6:14 en 20). Later lees ons: daarna het die Leviete van die Kehat- en Koraggroepe opgestaan en die Here die God van Israel uit volle bors geprys. Hoe kan ons vandag prakties die Here met oorgawe loof? Vir die Christen is glo, sien Vir die Christen is glo, sien As jy jou hele lewe blind was en skielik, deur n mediese wonderwerk, sien jy. Hoe gaan jy vir iemand bewys dat jy nou in die lig is? Jy kan nie die bestaan van lig bewys nie. Dit is omdat jy nou alles anders deur die lig sien. Die Johannesevangelie beskryf Jesus op so n manier: in Hom was daar lewe en die lewe was die lig vir die mense Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien (1 Johannes 1:4 en 14). In Jesus sien ons iemand wie se passie dit was om God se wil te doen. Ons sien Iemand wat nooit sy eie heerlikheid gesoek het nie, maar altyd dié van God selfs tot op die punt van sy eie dood. Ons sien Iemand met die mag om op die water te loop, demone uit te werp en die dooies op te wek, maar wat Hom van

daardie mag geledig het om diegene wat Hom verwerp het te red in die grootste optrede van deernis ooit. Toe Jesus aan die mense wou bewys dat wat hy aangaande Homself gepreek het, waar was, sê Hy vir hulle: Wie uit sy eie praat, soek sy eie eer; maar Hy wat die eer soek van die Een wat Hom gestuur het, is geloofwaardig en daar is niks oneerliks in Hom nie (Johannes 7:18). Sy lewe was n bewys van sy aanspraak. Jesus maak nie alleen sin nie, Hy bring sin na die wêreld hy is die lig en in sy lig kan donker oë weer sien. C. S. Lewis stel dit so: Believing in Jesus is like believing that the sun has risen. We believe not only because we see it, but because by it we see everything else. Die bekendste voorbeeld van hierdie transformasie kry ons in Johannes 9 waar Jesus n man wat blind gebore is genees. Na Jesus sy sig herstel het gaan hy rond en vertel vir almal dat Jesus hom genees het. Toe kom die godsdiensleiers en ondervra hom. Hulle het probleme met sy genesing. Jesus kon dit tog nie gedoen het nie, want Hy is nie die Seun van God nie. Moedeloos na al di ondervraery, sê die man uiteindelik: Een ding weet ek wel: ek was blind en nou sien ek (9:25) Dit is hoe dit dikwels werk as ek na Jesus toe kom. In Jesus leer ons wat vrede is nie n tydelike onderbreking in ons besige skedule nie, maar genesing vir die eindelose dors van my siel. In Hom leer ons n nederigheid wat nie gedurig smag om myself te verheerlik nie, maar dat dit my vreugde is om die heerlikheid aan God te gee. In Jesus leer ek wat selfledigende vrygewigheid is. Ek leer die krag om te vergewe. Ek kry my identiteit in God eerder as daarom self te probeer opbou. In Christus kry ons die soort kennis wat meer is as logiese afleidings en bewyse- ons kry die soort kennis waar ons iets instinktief weet. Jy mag steeds vrae hê al weet jy in jou hart

dat Jesus die Seun van God is en dat Hy uit die dood opgestaan het. Maar die kennis wat ons kry as ons Hom as ons Verlosser aanneem en ons sy liefde ondervind neem ons vrae en verander dit in vertroue.