Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Prins word die Skaapwagter

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Van Vervolger tot Prediker

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Addendum A Consent form

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Die betekenis van die kruis (1)

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Les 6 vir 10 November 2018

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Inhoudsopgawe. Voorwoord deur Wayne Grudem... 7 Inleiding Eindnote

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Luister na God. enlewe vir ewig

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Pretoria- 23 Junie 2012

Die maan en sy rol in ons wereld *

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD

Hartbeespoort Christen Gemeenskap : Evangelisasie-Dissipelskap kursusnota s DISSIPELSKAP OPLEIDINGSPROGRAM.

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Oggenddiens 19 Augustus Windhoek

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Hannah Ball 1796 Buckinghamshire Robert Raikes kinders op straat eerste Sondagskool Surrey Chapel 1831 Brittanje 1,250,000 kinders per week

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Community of Practice

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Inhoudsopgawe ONGEWONE LIEFDE VELDTOG 2 MEI 6 JUNIE Inleiding 3. Inrigting en verloop van n byeenkoms 4. 2 Mei Free Love 5

Die uitnodiging van God aan die hele wêreld, is om n

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

Waar is God as ons swaarkry?

JOHANNESBURG CHURCH OF CHRIST (Geaffilieer met die Los Angeles International Church of Christ - LAICC) (Ds Francois Smit) 1.

*September 3 9. Lees vir hierdie week se studie: Joh. 10:1 5, 16; Lukas 9:2; Op. 14:6, 7; Lukas 19:1 10; Hand. 26:11 27; Op. 3:20.

METAMORFOSE Van stagnasie tot transformasie. Vir elke Christen wat hoop verloor het om te verander...

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Oor die outeurs. Wayne Barber. Rick Shepherd. Eddie Rasnake

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Transcription:

AFDELING EEN Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê OORGEGEE AAN GOD ROMEINE 12:1 Die mensdom se hele lewensuitkyk kan verander indien ons almal glo dat ons in n vriendelike wêreld woon, en dat die God van die hemel, al is Hy verhef in mag en glorie, graag vriende met ons wil wees. 1 ~ A.W. Tozer

HOOFSTUK EEN Wat wil God regtig van jou hê? Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Jesus van Nasaret (Matteus 11:28) Wel, ek sal graag wil sê dat my lewe heeltemal verander het, dat my probleme verdwyn het en dat my nuwe verhouding met Christus die een oorwinning na die ander was; maar ek kan nie. My lewe het verander. God het radikale werk in my hart gedoen en n nuwe stel begeertes in my laat ont staan. Niemand het vir my gesê ek moet die Bybel lees nie, maar ek kon dit nie neersit nie. Ek het dit in die aand en in die oggend gelees met n gevoel dat die lewende God direk met my praat. Niemand het vir my gesê ek moet ophou om dit of dat te doen nie, maar op n manier het God my begeertes verander... en die sonde wat ek eens op n tyd geniet het, het my nou afgestoot. Ek het vrede in my hart gehad en dikwels n lied op my lippe. Ek was vry. Ek was gemotiveerd en wou die liefde wat ek nou ervaar het met almal deel. Nuwe lewe/nuwe worstelinge My nuwe lewe het ook nuwe worstelinge meegebring. Terwyl sommige son des vinnig verdwyn het, het ander onmoontlik gelyk om te oorkom. Ek was baie gelukkig dat n paar volwasse Christene kort ná my bekering my pad gekruis het, want hulle kon my leer hoe om n Christelike lewe te lei. Ek het stap vir stap geleer hoe om God te leer ken en sy Woord te verstaan sodat Hy daardeur met my kon praat. Daardie vroeë dae was gevul met n vreugde wat ek nog nooit ervaar het nie en is gevolg deur toetse wat ek my nooit kon indink nie.

28 HOE OM VIR GOD TE GEE WAT HY DIE GRAAGSTE WIL HÊ Terwyl ek in die oggende deur die Nuwe Testament gelees en met God oor universiteit, basketbal en meisies gepraat het, het ek gou geleer dat sy opinie oor hoe om te lewe effens van myne verskil het. Jesus was beslis my Verlosser, maar Hy was nog nie die Here van my lewe nie. Ek was besig om te groei en was verward. Ek het geweldige vreugde in my nuwe verhouding met Christus ervaar, maar ek wou nie hê enigiemand moes vir my sê wat om te doen nie. In my onderbewuste het ek my geloof in kompartemente begin plaas (net soos ek dit as kind in die kerk ervaar het) en ek het begin kieskeurig raak oor God se opdragte. Dié waarvan ek gehou het en wat redelik geklink het, het ek gehoorsaam; en dié waarvan ek nie gehou het nie en wat onredelik geklink het, het ek geïgnoreer. As ek nou daarna terugkyk, was dit malligheid om so te lewe. Ek het in die oggend my Bybel gelees en n wonderlike tyd saam met God deurgebring, maar dan later in die dag uiterste berou en skuld ervaar wanneer ek dinge gedoen het wat die Heilige Gees in my onteer het. Ek het uitgesien na Donderdagaande se Bybelstudie waar ons kampusbediening in n klein sitkamertjie sou inbondel om te sing, te deel en God se teenwoordigheid op n kragtige wyse te ervaar. Maar op Vrydag- en Saterdagaande sou ek saam met vier of vyf basketbalspelers in die kar klim en dan het ons byna elke kroeg in Wheeling, Wes-Virginië, besoek. Ek was die een met die sosiale vaardighede en daarom is ek afgevaardig om hulle aan die mooi meisies voor te stel. Ek het dikwels in die vroeë oggendure tuisgekom en dan sou ek nie die volgende oggend kerk toe gaan nie. Ek sou skuldig voel, vergifnis vra, dit kry en dan met hierdie skisofreniese Christelike lewe voortgaan. Al het ek dit nie gewys nie, was ek miserabel. Die vreugde van die Here het mettertyd begin vervaag aangesien ek die hele tyd met n skuldige gewete moes saamleef. Selfs die sonde wat ek eens op n tyd geniet het, kon my nie meer bevredig nie, want ek het altyd skuldig en skaam gevoel nou dat ek die Heilige Gees in my gehad het. Na sowat twee en n half jaar van my reis saam met Christus het God my gedwing om hierdie twee belangrike vrae weer te vra: Wat wil God regtig van my hê? En hoe gee ek dit vir Hom? Dit was hierdie twee vrae wat my by n punt gebring het waar ek my verhouding met die lewende God ernstig moes ondersoek.

WAT WIL GOD REGTIG VAN JOU HÊ? 29 Gee vir God wat Hy regtig wil hê Terwyl ek eendag saam met n groep ouens van my ouderdom Bybel gelees het, het ek besef dat my dubbele lewe wat in kompartemente verdeel was, nooit God se bedoeling was nie. Hy wou die hele tyd nog net vir mý gehad het. Die ontbrekende krag en die afwesige vreugde kon slegs kom namate ek die waarheid van Romeine 12:1 verstaan en toegepas het... slegs wanneer ek geleer het wat ware oorgawe beteken. God wou hê ek moes alles wat ek is en alles wat ek het aan Hom oorlewer. Hy wou dieselfde plek in my hart hê as wat Hy in die heelal beklee. Hy wou hê ek moes glo dat Hy so goed, liefdevol en goedhartig is dat ek my hele wese aan Hom moes toevertrou met die wete dat Hy net die beste vir my wil hê. Hy wou hê ek moes my drome, my toekoms, my meisie, my basketballoopbaan, my akademiese loopbaan met oop hande na Hom toe bring. Hy wou hê ek moes alles vir Hom bring sodat Hy in my hart kan heers soos Hy in die heelal heers. Ek kan jou nie begin vertel van die omvang en diepte van die stryd en wors teling wat ek ervaar het om tot by hierdie plek van oorgawe te kom nie. My beeld van God was so verwronge dat ek gedink het om my aan Hom oor te gee sou die einde beteken van alles wat vir my kosbaar was. Oorgawe en vrees was een en dieselfde ding in my hart en ver stand. Ek was enkellopend en wou beslis eendag trou. Maar ek het gedink dat as ek my aan God oorgee, Hy dalk sal wil hê ek moet ongetroud bly en dat ek dan my lewe lank miserabel sou wees. Of erger nog, Hy sou vir my sê om met die een of ander lelike meisie te trou met wie ek glad nie wou trou nie. As ek sou oorgee, sou Hy my dalk vra om op te hou basketbal speel en my as n sendeling na n vreemde land stuur. As ek Dit was my wanbegrip van God en die konsep van oorgawe wat van my n kulturele, wêreldse, skyn hei lige volgeling van Jesus ge maak het juis dit wat ek as kind gehaat het. sou oorgee, sou Hy dalk wou hê ek moet my studierigting verander na iets anders wat ek waarskynlik sou haat. Die kwessie van oorgawe het my gedagtes begin oorheers. As ek nou terugkyk, kan ek sien dat dit my wanbegrip van God en die kon sep van oorgawe was wat van my n kulturele, wêreldse, skynheilige vol geling van Jesus gemaak het juis dit wat ek as kind gehaat het. Ek wou ons reis saam begin deur my storie van worsteling met die Chris telike lewe te deel, want volgens die beste navorsing en my persoon-

30 HOE OM VIR GOD TE GEE WAT HY DIE GRAAGSTE WIL HÊ like ervaring, leef die meeste Christene in die Verenigde State en oor die hele wêreld in hierdie groot skemergebied. Dit is gelowiges wat God ken en liefhet en tog nie sy vreugde, mag of teenwoordigheid ervaar soos Hy dit vir hulle bedoel het nie. As jy moeg is vir al die reëls, al die formules, al die godsdienstige aktiwiteite en selfs goed bedoelde kerk pro gramme wat verandering be lo we maar dit nie bied nie, nooi ek jou om by my aan te sluit op n reis van genade, geloof en verhou ding wat tot ware verandering lei. Saam sal ons leer wat dit regtig be teken om Chris tus te volg en hoe jy in sy krag en ge nade n nuwe, radika le lewe van oor vloed kan lei. Jy sal egter moet deelneem om dit te laat gebeur. Om bloot die Bybel te lees of selfs saam te stem met dit wat in die Bybel oor geestelike transformasie staan, laat dit nie gebeur nie. Aan die einde van elke hoofstuk sal ek dus vir jou kernvrae, take en hulpmiddels gee om jou te help om dit wat God vir jou sê, te verwerk en toe te pas. Hiermee wil ek jou daaraan herinner dat dit ons geloof is wat God die meeste behaag (Hebreërs 11:6). Jy sal in die versoeking kom om r12 te sien as die maatstaf van dissipelskap wat jy moet bereik, in plaas van die profiel van wat Christus deur sy krag en genade in jou hart en verhouding wil skep. Moenie verplig voel om al die vrae aan die einde van elke hoofstuk te beantwoord of al die opdragte te voltooi nie. Hulle is daar om jou te help om God se stem te hoor, algemene struikelblokke te oorwin en om saam met die Heilige Gees in jou hart te werk. Die belangrikste vraag wat jy aan die einde van elke hoofstuk (en eintlik in alle omstandighede) kan vra, is: Wat beteken dit om op God te vertrou? Wat beteken dit om op God te vertrou na aanleiding van wat ek sopas gelees het? Wat beteken dit om op God te vertrou in my werk, my verhoudings, my toekoms, en so meer? Hierdie vrae en opdragte sal jou deur n genadegerigte proses help om te hoor wat God vir jou wil sê. Kom ons begin met hierdie eerste hoofstuk oor oorgawe. DIS JOU SKUIF Word n -Christen God wil persoonlik met jou praat. Neem twee minute en lees stadig deur die vrae en voorstelle vir geestelike groei. Sit dan vir drie minute stil en vra vir God watter van daardie vrae of dade dalk n weg sal bied wat jou sal versterk en aanmoedig. Moenie verplig voel om al die vrae te beantwoord

WAT WIL GOD REGTIG VAN JOU HÊ? 31 of alles te doen wat voorgestel word nie; luister na die Heilige Gees en volg sy leiding. DINK Met watter deel van my worsteling met oorgawe kon jy identifiseer? BESIN Waarom dink jy het daardie aspek van my storie by jou aan klank gevind? VERSTAAN Hoe praat God dalk met jou? Is jy bang? Oortuig? Ver lig dat ander met dieselfde dinge worstel? GEE OOR Neem n oomblik en vertel bloot vir God hoe jy voel. Deel jou vrese, verligting of eerlike worsteling met Hom. Vertel vir Hom jy wil meer leer en het sy hulp nodig om regtig te verstaan waar oor oorgawe gaan. DOEN Besluit wanneer jy die volgende hoofstuk gaan lees om te hoor wat God oor oorgawe sê. MOTIVERING Gaan na die webtuiste (LivingontheEdge.org/r12) en kyk na die video van 14 minute getiteld How to Give God What He Wants the Most. MOEDIG IEMAND AAN Neem een minuut en bid vir iemand wat ook probleme ondervind in hulle reis na ware oorgawe.