Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

n Prins word die Skaapwagter

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Les 6 vir 10 November 2018

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

A. Dr EJ Smit tables the report. B. The report will be concluded during the Synod session.

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Van Vervolger tot Prediker

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Pretoria- 23 Junie 2012

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Gereformeerde Protestante Kerk Noordelike Pretoria

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

Die Nederlandse Geloofsbelydenis Ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar n enige en enkelvoudige geestelike Wese is wat ons God

Pretoria- 23 Januarie 2011

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

NEW INTERNATIONAL VERSION

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Liturg: Verwelkom almal en wens hulle n geseënde Kersfees toe. Dan:

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

GEBED AS LEEFSTYL. Gebed is uiters belangrik!!!

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Sing vooraf staande: Skrifberyming 16-1:1, 2 (15:1, 2)

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Wegraping (Saamgevat)

DAG 85-Voorwaardes vir Herlewing: DOEN

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Oggenddiens 19 Augustus Windhoek

Wat is hierdie sondes waarvan Jesus in die Ons Vader praat? Volgens Luther is dit die miskenning van God. Om in onsself gekeer te wees.

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Nederlandse Geloofsbelydenis

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Hoofstuk 11: Hemel of Hel Dit is jou keuse!

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Apostoliese Geloofsbelydenis Geloofsbelydenis van Nicea Geloofsbelydenis genoem na Athanasius Nederlandse Geloofsbelydenis...

Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God?

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

Die betekenis van die kruis (1)

Gebed. Bybelse Dissipelskap

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Laat die Woord Getuig

Transcription:

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA Geregistreer by die poskantoor as nuusblad NR. 212 (Maart 1987) God Drie-Enig * * * * * "Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees" (2 Kor. 13:13) Uitgegee deur die Deputate vir Evangelisasie van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522, Potchefstroom en gedruk deur die Potchefstroom Herald (Edms.) Bpk., Posbus 156, Potchefstroom 2520. 1

Die drie-eenheid Die Kerk bely dat God ÉÉN is... en tog praat die Bybel van Vader, Seun én Heilige Gees. Drie! Dus: Een wat drie is... of drie wat een is? Onbegryplik? Ek stem met u saam! Dit kan tog nie anders nie, want 'n mens... soos 'n stoffie aan die weegskaal in vergelyking met God se grootheid... beperk in sy verstand... Wié kan God begryp? Ja, swakke en nietige sondaarmens: Jy kan God nié begryp of deurgrond of verklaar nie. Maar heerlik, troosryk: Jy kan God ken;in Hom glo soos Hy is! En hoe is Hy? Dit sê die Bybel... God se Woord vir ons! God is een WESE. In Deut. 6:4 sê die Here: "Hoor Israel, die Here onse God is 'n enige Here. God is Enig. God is Een. Ook Paulus sê dit op baie plekke: Rom. 3:30: "Want daar is net een God." 1 Kor. 8:6: "Nogtans is daar vir ons net een God." Ef. 4:5: "Daar is net één Here." Sien jy: God is een Net een God en Here! En tog DRIE Ja, tog praat die Bybel ook van die Vader, die Seun en die Heilige Gees: DRIE! Telkemale openbaar God Hom so. Nou moet jy mooi begryp, geliefde leser, dat die een God drie besondere 'take' op aarde het in Sy genadige bemoeienis met sy kind en dit is: God skep hom as mens God verlos hom God maak hom heilig. As die een God nou besig is met sy Skepping... open baar Hy Hom in die Bybel as VADER. As dieselfde God besig is met verlossing van sondaarmense... openbaar Hy Hom in die Bybel as Seun. As dieselfde God besig is met sy kind se heiligmaking deur Woord en Kerk... openbaar Hy Hom in die Bybel as HEILIGE GEES. Maar dit bly die EEN God, in sy wese EEN! In Sy heilige bemoeienis met jou leer jy Hom ken as jou Vader... jou Verlosser Christus... jou Trooster, die Heilige Gees. Maar dis EEN God! Van hierdie DRIE, naamlik Vader, Seun en Heilige Gees, word gepraat van PERSONE God in Sy persoonlike 'aktiwiteit' besig met Sy kind. 2

Dus: God is Een WESE, maar onderskei in Drie PERSONE. Dis nie geleerdes wat dit uitgedink het nie. Dis nie so om dit vir jou en my moeilik te maak nie. Maar dit is só, omdat God Hom só in Sy Woord openbaar. Daarom glo ek dit! Begryp jy dit? Jy kan nie! Want God kan nie deur beperkte menslike verstand begryp word nie. Inteendeel, 'n mens kan homself kwalik begryp... die wonder van lewe is onbegryplik. Maar ek glo dit net omdat hierdie enige God, wat alleen weet wie Hy is, my so leer in Sy Woord. God is immers God en ek is mens. Daarom kan ek hom nie verklaar nie, en sê Jesaja dat: "God se gedagtes is nie ons gedagtes nie en Sy weë is nie ons weë nie." En deur te glo word ek salig. (Joh. 20:31). Ds. Nico Ligthelm 3

Jesus Christus is waaragtige en ewige God Dit is van die allergrootste belang dat jy Jesus Christus ook moet ken as waaragtige en ewige God. Die belydenis wat Petrus afgelê het is in hierdie verband van besondere belang. (Sien Matt 16:13-18 en Luk 9:18-22). Vir die dissipels en vir die ganse Christelike Kerk het 'n baie gewigtige oomblik in die streke van Cesarea Filippi aangebreek. Daarom moet ons daarop let dat Jesus Christus eers gebid en toe vir hulle gevra het: "Wie sê die skare is Ek?" (Luk 9:18) Die mense se verskillende opinies was, soos dit met dwaling gewoonlik die geval is, nogal uiteenlopend. Sommige het gesê dat Hy Johannes die Doper is, ander Elia, ander Jeremia en ander een van die profete. Dan kom die groot oomblik as Jesus vra: "Maar julle, wie sê julle is Ek?" Dan antwoord Petrus: "U is die Christus, die Seun van die lewende God." Al dink mense ook baie van Jesus die Nasarener en stel Hom op een lyn met die profete en noem Hom die profeet by uitnemendheid, dwaal hulle. Die belydenis van Petrus is die enige ware belydenis. Die Here Jesus bevestig dit self met die woorde: "Salig is jy Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is." Op hierdie belydenis van Petrus bou Christus sy gemeente so stewig dat die poorte van die hel dit nie sal oorweldig nie (sien Matt 16:18). Die Heilige Skrif leer ons ook nog op baie ander plekke dat Jesus Christus waaragtig God is. Jesaja sê: " 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee en die heerskappy sal op sy skouer wees; en Hy word genoem Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, ewige Vader, Vredevors". (Jesaja 9:5). In Johannes 1 lees ons van die Woord wat in die begin by God en Self ook God was. Deur Hom is alle dinge gemaak. Die Woord het vlees geword en ons het Sy heerlikheid aanskou, die heerlikheid van die Eniggeborene wat van die Vader kom. As Thomas Hom sien na Sy dood en opstanding roep hy uit: "My Here en my God." Nou moet ons of van harte instem met die belydenis van Petrus en Thomas, of ons moet die kant kies van Christus se vyande. 'n Middeweg is daar nie en daarom bely die Christelike Kerk van alle eeue: MY REDDER IS MY GOD. As die Bybel dan nou so duidelik is oor die Godheid van Christus, dan is jy en ek ook verplig om Jesus Christus saam met die Vader en die Heilige Gees in aanbidding te eer as God. Ds. Sarel Cilliers 4

Dit Heilige Gees is God Die Heilige Gees is deel van die Drie-enige God. Die Heilige Gees gaan van die Vader en die Seun uit. Dit klink so geweldig dogmaties, dit klink so geleerd, maar tog is dit ook netso gewoon. Kom ons neem 'n voëlvlug oor sekere skrifgedeeltes en kyk of hierdie stellings waar is. Oral in die Bybel is die Heilige Gees baie nou verbind aan die Werk van die Vader en die Werk van die Seun. Wanneer God aan Samuel verskyn en Hy sy oordeel oor Saul uitspreek, dan lees ons "die Gees van God het van Saul gewyk" en kort daarna wanneer Dawid deur God aangewys word as die nuwe koning en Samuel hom salf dan leer ons en die Gees van God het van die dag af en verder oor hom vaardig geword". Wanneer die Vader by die Doop van Jesus sê dat Hy 'n welbehae in sy Seun het, is dit die Heilige Gees wat sigbaar op Jesus neerdaal. So sien ons die Heilige Gees altyd saam met die Vader en die Seun teenwoordig. Hy is deel van God. Hy is God self. Gaan ons verder dan sien ons die Heilige Gees is 'n Persoon, en het persoonsname; Hy is Trooster (Joh. 14:23); Hy is Advokaat (Joh. 16:8-11); Hy is Gees. (Mat. 20:18). Die Heilige Gees doen ook Goddelike werk. "Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van Sy mond hulle hele leer (Ps. 33:6). Sien u Hy skep. Hieraan ken julle die Gees van God: Elke gees wat bely dat Jesus Christus in vlees gekom het, is uit God." (1 Joh 4:2). Sien u, Hy leer ons bely en gee geloof. "As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk kom nie." (Joh 3:5). Sien u Hy herskep in wedergeboorte. Die Heilige Gees besit Goddelike Deugde. So is die Heilige Gees ewig (Hebr. 9:14) en alwetend (1 Kor. 2:10), almagtig (1 Kor. Y 12:4-6) Hy doop (Matt 18:19) en Hy seën (2 Kor. 13:13). Die Heilige Gees is God wat kom woning maak het in ons harte. Ons leef tussen koms en wederkoms. die tyd waarin die Heilige Gees uitgestort is om ons te troos, te leer, te lei, en gereed te 5

maak vir die wederkoms van Christus. Hy is God so ken ons Hom, so ervaar ons Hom, so sien ons Hom. Ons ken Hom in die Skrif en sien ons Sy werk, hoe Hy die Bruid as Kerk toeberei vir die Bruidegom. Die Heilige Gees lei ons in al die genadegawes van Jesus Christus. Hy skenk ons die geloof om te glo. Te glo in God die Vader. Te glo in God die Seun. Te glo in God die Heilige Gees. Glo u dat die Heilige Gees God is? Leer die Heilige Gees ken uit die Woord Die Heilige Gees ken u omdat Hy God is. Ds. Leo van Schaik 6

Joh. 3:8: God die Heilige Gees werk "Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is." Misterie Daar is 'n misterie verbonde aan die werk van die Heilige Gees. Die werke van die Heilige Gees word vergelyk met 'n wind wat waai. (Joh. 3:8). Jy hoor 'n wind as dit waai. Jy sien die resultaat van die wind wat waai blare wat warrel in stof en reën maar die volle omvang van die werking van die wind deurgrond jy nie. Jy weet nie waarvandaan en waarheen hy gaan nie. Só is dit ook met die Heilige Gees. Jy sien die resultaat van sy werk, maar hoe Hy dit alles laat gebeur, dit weet jy nie. Kom ons kyk nou na enkele werkinge van God die Heilige Gees. Wedergeboorte Om in die Koninkryk van God te kom, moet jy wedergebore word; jy moet deur God 'n nuwe mens gemaak word. En dit doen God deur sy Heilige Gees. Soos wat 'n mens se liggaamlike geboorte iets is wat sonder jou besluitneming en buite jou toedoen om plaasvind, so wederbaar God jou ook buite 'n prestasie van jou kant af om, om sy kind te wees. Woord van God Die eintlike Skrywer van die Bybel is die Heilige Gees (2 Tim. 3:16; 2 Pet. 1:21). En die eintlike Verklaarder van die Woord van God is weereens die Heilige Gees. (2 Pet. 1:20). Die Woord van God en die Gees van God kan nie geskei word nie. Onder die geklank van sy Woord (1 Thess. 1:5), maak die Here jou hart ontvanklik vir sy Woord (Hand. 16:14) en laat Hy jou in jou geloof groei. Die gelowige is 'n tempel, 'n huis waarin God deur sy Gees woon. Gebed Die Heilige Gees is aktief werksaam wanneer 'n mens bid. Rom. 8:26 en 27: "Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: Ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges". Wat 'n wonderlike troos dat God ons in só 'n belangrike saak soos ons gebedslewe te hulp kom. Lastering teen die Heilige Gees Om teen die Heilige Gees te laster, is om die werk van die Heilige Gees aan die satan toe te skryf. (Matt 12:22 e.v.). Hierdie sonde, sê Christus, kan nie vergewe word nie. Maar die ware kind van God, ken God en die krag van God, en sal nie die werk van God aan die vors van die duisternis, Satan, toeskryf nie. Die Heilige Gees bring ons by Christus en Sy verlossingswerk. Sondig ons teen die Heilige Gees sny ons die band af wat ons na Christus kan bring. Dit beteken: geen vergewing van ons sonde. 7

Vrug van die Heilige Gees Alles wat enige mens doen, val in een van twee kategorieë. Of jou dade is die vrug van jou sondige natuur, òf jou dade is die vrug van die Heilige Gees se werking in jou. (Gal. 5:16 e.v.). Wanneer 'n mens jou bandeloos en onberouvol daaraan oorgee om die vrug van jou sondige natuur te dra, dan kan jy nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie. Onder die dinge wat jou sondige natuur jou laat doen is om onsedelikheid te bedryf, rusies te maak, ander mense te haat en in vyandskap met hulle te lewe. Maar wanneer die Here deur sy Gees in jou werk, dan dra jy dié soort vrug wat Hom welbehaaglik is: Die liefde van Jesus Christus woon in jou hart, jy lewe in vrede met ander mense, jy is vriendelik en getrou en nederig, en jy tree met selfbeheersing op. Hierdie vrug kan geen mens uit homself dra nie, tensy hy deur die Heilige Gees wederbaar word, en daartoe bekwaam gemaak word nie. Ds. A. H. Grové 8

Soos die Engele In Ps. 103:20 en 21 lees ons van die engele van die Here, kragtige helde wat sy Woord volbring, wat sy opdragte uitvoer en sy bevele gehoorsaam, wat Hom dien en sy wil doen. Van die leefwêreld van die engele weet ons nie veel nie. Die Bybel gee oor hulle tog enkele gegewens, soos: dat hulle aan gelowiges verskyn en God se wil meedeel; dat hulle soms met gelowiges worstel en God se kinders seën; dat hulle vir Jesus in die woestyn gedien het, en Hom in sy bange lydensworsteling versterk het; dat die engel Migael en sy hemelse magte die stryd teen die draak voer en oorwin; dat hulle dienswerk in 'n noue verband staan met die middelaarswerk van Christus: Hulle jubel by sy geboorte en waak by sy graf; Hulle rol die klip voor die graf weg en verkondig sy opstanding aan die vroue; Hulle is teenwoordig by sy hemelvaart en sal by sy wederkoms saam met Hom verskyn. En in Hebr. 1:14 staan daar dat hulle geeste is in diens van God, wat Hy uitstuur om diegene te dien wat die saligheid gaan beërf. Die diens van die engele bestaan eerstens daarin om God te loof: By die roeping van Jesaja sing die serafs: "Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid!" En by die geboorte van Christus sing die engelekoor: "Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!" En ook in die hemel besing hulle die lof van die Here: "Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het." Verder is dit hulle taak om die stryd te voer ter wille van die eer van God. Ons lees van engele met vlammende swaarde, wat oordele voltrek en oorloë voer, wat stry teen die owerhede en die magte en die bose geeste in die lug. En dan is dit ook nog die roeping van die engele om te dien. Hierby dink ons aan die engel wat die ingang van die paradys moes bewaak: aan die engel van verderf wat die eersgeborenes van die Egiptenare moes besoek; aan die engele wat aan Abraham en Jakob verskyn het, ook aan Sagaria en Maria, en wat die geboorte van Simson aangekondig het; aan die engele wat Lot uit Sodom uitgelei het, wat Daniël se vriende in die vuuroond bygestaan het, en wat Petrus uit die gevangenis bevry het. Uit wat die Bybel oor die engele sê, is dit duidelik dat hulle volmaakte diensknegte van God is altyd in volkome diensbereidheid voor sy aangesig en rondom sy troon. Hulle is altyd aan diens. Altyd gereed. Altyd gewillig. Altyd getrou in die mees beskeie werk. Altyd bereid om die wil van God te volbring. 9

Altyd geneë om sy bevele uit te voer. Dit is hulle vreugde om te doen wat God behaag en om in sy heilige diens te staan. Só is die Koninkryk van die hemele: Één geordende skare van gewillige diensknegte, almal diensbaar aan die wil van God. Almal bestaan en leef in volkome harmonie en eenstemmigheid want God se wil is almal se wil. Almal strewe saam na die eer en die verheerliking van God. Hierdie volmaakte harmonie in die engele-wêreld, hulle volstrekte gehoorsaamheid aan die wil van God, en hulle voortdurende bereidwilligheid om te dien, word deur die Here Jesus in die Onse Vader-gebed vir ons as voorbeeld voorgehou van hoe ons ons lewe moet inrig en ons roeping moet vervul. Soos die engele moet die gelowiges ook elke opdrag van die Here met groot gewilligheid uitvoer, moet ons ons ook verlustig in ons diens aan God, en moet ons dit doen met al die toewyding waaroor ons beskik. In my daaglikse aktiwiteite, in die posisie wat ek beklee, in my omgang met my medemens, in my spel en my ontspanning, Moet ek getrou en nougeset en opreg wees, in alles aan God gehoorsaam, nie my eie voordeel soek nie, maar die wil van die Here doen. En dan elke dag maar weer my knieë voor Hom buig en vra: Heer, leer my na u wil te handel soos die engele in die hemel dit doen! Ds. Pieter van der Walt 10