PREEK Sondag 9 Oktober Ds. Rikus Hattingh Numeri 21:4-9

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Prins word die Skaapwagter

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Van Vervolger tot Prediker

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Addendum A Consent form

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Die betekenis van die kruis (1)

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Les 6 vir 10 November 2018

Waar is God as ons swaarkry?

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

kwartaal 01 LEWE IN DIE LIG soos Hy in die lig is.

Pretoria- 23 Junie 2012

Skriflesing: Sondag 4 Sing- Ps. 118:1; Ps. 119:61; Ps. 130:2 Genesis 3:1-19 Gen 3:1 Psalm 130 Psa 130:1

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Pretoria- 23 Januarie 2011

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Die Blye Boodskap. The Good News

K O'REILLY

from the group who had gathered there.

Inhoudsopgawe ONGEWONE LIEFDE VELDTOG 2 MEI 6 JUNIE Inleiding 3. Inrigting en verloop van n byeenkoms 4. 2 Mei Free Love 5

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

1Kon 18:19-40 In 'n land en wêreld vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE openbaar die HERE dat Hy die enigste ware God is... So, volg Hom!

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

Die maan en sy rol in ons wereld *

KATEGISMUSPREKE Twee-en-vyftig preke oor die Heidelbergse Kategismus

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

IN PIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Transcription:

PREEK Sondag 9 Oktober Ds. Rikus Hattingh Numeri 21:4-9 1. Teks Die koperslang 4 Om by die gebied van Edom verby te kom, het die Israeliete van Horberg af in die rigting van die Rietsee getrek. Op pad daarheen het die volk ongeduldig geword 5 en teen God en Moses uitgevaar: Waarom het U ons uit Egipte laat trek net om in die woestyn te sterwe? Hier is nie brood en water nie, en ons is sat vir hierdie slegte kos. 6 Die Here het toe giftige slange onder die volk ingestuur. Die slange het die mense gepik en baie Israeliete het gesterf. 7 Toe kom die volk na Moses toe en bely: Ons het teen die Here en teen u gesondig met wat ons gesê het. Bid tog tot die Here dat Hy die slange van ons af wegneem. Moses het toe vir die volk gebid, 8 en die Here het vir Moses gesê: Maak 'n beeld van 'n giftige slang en sit dit op 'n paal. Elkeen wat gepik is en daarna opkyk, sal lewe. 9 Moses het toe 'n koperslang gemaak en dit op 'n paal gesit. As iemand wat deur 'n slang gepik is, na die koperslang opkyk, het hy bly leef. 1.1.1. Fokus op God Ons word vandag gekonfronteer met n vreemde storie uit die Ou Testament, maar ons sou dit kon geïgnoreer het as Jesus dit nie op Hom van toepassing gemaak het nie. Dit is die storie van Numeri 21:4-9. (Lees dit) Lees Johannes 3:14-16. Jesus maak Hom die koperslang om vir ons te wys hoe lief God ons het. # Die groef-graf van kla Die enigste verskil tussen n groef en ʼn graf is n diepte verskil. Die volk was in die groef-graf van kla. God het hulle daaruit wakker geskud deur giftige slange onder hulle in te stuur! Hulle bely hulle sonde en hulle word gered deur te kyk na die koperslang in Moses se hande! Daarom dink ek ons kan nogal baie leer uit hierdie storie: eerstens, hulle ongeduld (vs 4-5), tweedens, hulle belydenis en jammerte (verse 6-7) en derdens God se voorskrif (vs 8-9)

# Ongeduld Mense lei maklik aan amnesia, geheueverlies. Ons vergeet so maklik veral as dit by God kom. Hier is die lys van al die wonderwerke wat die volk van God belewe voor hierdie insident in Numeri 21: Die vyande word wonderbaarlik uit die pad gevee. Daar is ʼn Onsigbare toerleier van vuur en n wolk. Tien vernietigende plae wat nooit naby aan hulle huise kom nie. ʼn Pad deur die water wat nie daar moes gewees het nie. In plaas van ʼn kraan, het hulle net nodig gehad om ʼn rots aan te raak en die heerlikste water het uit dit gevloei. Vuur, rook en aardbewing op die berg Sinai. God gee aan hulle beskerming, voorsiening, leierskap en dag tot dag wysheid, tog vergeet hulle Sy goedheid en kyk net vas in die slegte kant van die lewe. Hoor weer hulle gekla in Numeri 11:5 Ons onthou nog die vis wat ons in Egipte verniet kon eet, ook die komkommers, waatlemoene, prei, uie en knoffel. Die Israeliete was knoffel-gelowiges - mense wat altyd terug verlang na die verlede se vleispotte, knoffel, waatlemoene...(num 11:5) Hulle was hier-endaar-mense - as hulle hier is, wou hulle eintlik daar wees en as hulle daar is, wou hulle eintlik hier wees! (Martinus Versveld) Israeliete was hierdie spel se wêreldkampioene. Niemand kon met hulle meeding nie, want hulle het die kuns van die spel vervolmaak. Die spel se naam? The blame-game. As dit sleg gegaan het, het hulle ge moan en vir God ge blame! Wat van ons? Ek vermoed van ons vaar nie beter nie - (of is dit vaar nie slegter nie?). Dit is bykans Godsonmoontlik om sekere mense tevrede te stel Hier kla die Israeliete al weer nadat God vir hulle al soveel gedoen het. n Groot hond met n beursie in sy bek, loop in by n slaghuis. Hy sit die beursie neer en gaan staan voor die vleisrak. Die slagter vra: Wil jy vleis koop? Woef! blaf-antwoord die hond. Watter soort? Lewer? Geen reaksie van die hond nie. Skaaptjops? Geen reaksie nie. Steak... Woef sê die hond. Hoeveel? n Kilogram? Geen reaksie nie. Twee kilogram? Woef antwoord die hond. Die verbaasde slagter verpak die vleis en vind die geld in die hond se beursie. Hy besluit om die hond te agtervolg! Die hond loop by n woonstel in en gaan by die trappe op tot by die derde verdieping! Daar krap hy by n deur.

Die volgende oomblik swaai die deur oop en n kwaai man skreeu op die hond. Stop! sê die slagter Dis die slimste hond wat ek nog ooit gesien het! Slim? antwoord die kwaai man Dis die derde keer hierdie week wat hy sy sleutel vergeet het! Kla sit vir jou donkerbril op en dan lyk alles donker en jy kan nie God se goedheid raaksien nie! Kyk, iemand wat die heeltyd kla, maak n mens lam! Geen wonder nie dat Paulus sê: Doen alles sonder kla en teëpraat! Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld. (Filippense 2:14-15) Hoekom gee Paulus juis hierdie opdrag? Om nie te kla en teë te praat nie het ʼn doel, naamlik dat ons daardeur sal wys dat ons kinders van God is. Omdat ons kinders van God is, kla en praat ons nie teë nie. As die woord kla in die Bybel gebruik word (gaan lees byvoorbeeld Numeri 11:4-6, Matteus 20:11, Lukas 5:30, Johannes 6:41 en 1 Petrus 4:9), word dit altyd in ʼn slegte sin gebruik: selfsugtige gekla, ongebalanseerde kritiek van klein dinge, ongeduld teenoor dinge wat nie verstaan word nie, ʼn teensinnige ongewilligheid om te help- al hierdie dinge word openlik en uiterlik gewys. Kla versinnebeeld dus ʼn totale negatiewe houding teenoor die lewe. Teëpraat of bevraagtekening of verset is weer geheel en al iets wat innerlik plaasvind - ʼn houding en aktiwiteit van die gedagtes en hart wat korrespondeer met die uiterlike vertoon van kla. As Paulus die twee woorde saam gebruik, dek hy daardeur al ons aksies teenoor God en ander mense sowel as ons gedagtes oor hulle! Daarom moet Christene versigtig wees om nie in kla se lokval te beland nie. Wat ons eintlik behoort te doen as ons nie van iets hou nie, is om dit te verander. En as ons dit nie kan verander nie, moet ons ons manier van dink daaroor verander. Maar moenie kla nie! Daar is niks wat energie so tap soos wanneer n mens jou bevind in die geselskap van klakouse nie. As jy kla kan mense glad nie sien dat jy boonop ʼn ligdraer in die wêreld is nie. Die belydenis en Moses se optrede (vers 6-7) Hulle het te midde van die slange, besef hoe verkeerd hulle gesindheid was. Daarom bely hulle hulle sonde teen God en Moses, lees weer vers 7.

Die beste medisyne vir sonde is skuldbelydenis, om te erken jy is verkeerd. Dit is die eerste tree op die pad van herstel. Daar was n professor in teologie wat altyd vir die nuwe teologiestudente gevra het: Wat het jou laat voel God roep jou in die bediening? Dan antwoord een student altyd iets in die lyn van: Ek hou van mense. Dan sal die professor hom in die oog kyk en sê: Besef jy sommige mense is net glad nie nice nie. Ons weet hoekom ons en hulle nie altyd nice is. Hulle noem dit sonde! Dis so belangrik om te besef dat selfs as kind van God jy n kraak in jou sisteem het - jy s n sondaar! Moses se optrede roep ook by ons n optrede na vore. Mense wat sukkel met sonde, het ons hulp nodig, nie ons veroordeling nie. Daar is ʼn wonderlike diep fliek, Entertaining Angels, the Dorothy Day Story (Dorothy Day was n maatskaplike werker wat n groot rol gespeel het in die ontstaan van sopkombuise in Amerika. Sy het hierdie ongemaklike waar woorde kwytgeraak: I really love God as much as I love the person I love the least) In die fliek is daar n toneel waar Dorothy en medewerker iemand anders se vuil voete was. (Wys die snit) Dit is die mooiste beeld van om te wys jy gee.om, om iemand anders se voete te was of om vir iemand te bid waarvan jy nie hou nie of voel dit nie verdien nie... # Die voorskrif Kyk na die koperslang, dit is al teenmiddel vir die slange. Daar is geweldige betekenis daaraan. Jesus gebruik dit in Johannes 3:14,15 en maak dit op Hom van toepassing. Hierdie storie van die koperslang gebruik Jesus om vir Nikodemus te verduidelik hoe lief God vir die wêreld is. Ja, die kruis is ons koperslang waarheen ons kan kyk en van die slang van die sonde gered kan word. Jesus is die hoop, ons enigste hoop. Daar was ʼn 5 jarige seuntjie wat op die Sondag voor die Paasnaweek na kerk na sy pa en ma gehardloop het. In sy hand was ʼn keramiek hasie! Sy selfgemaakte geskenkie vir sy ouers! Oor weke is die hase uit klei gevorm, toe gebak en toe met sorg geverf. Toe hy naby aan hulle kom, val hy en die hasie breek in stukkies!!

Hy het net onbedaarlik gehuil oor die stukkende hasie. Pa was eerstens daar om te troos: Dis alles reg. Dit maak nie saak nie. Die ma het by haar seuntjie gekniel en gesê: Seun, dit maak saak. Dit maak baie saak! God weet ons stukkend-wees maak vir ons saak, daarom hang Jesus aan ʼn kruis as teken dat ons vir God so saak maak dat hy ons gebrokenheid wil heelmaak! Net Hy kan en wil! Soos Eugene O Neil gesê het: Die mens is gebreek. Hy lewe deur heelmaking. Die genade van God is die gom (Eugene O'Neill). Jesus is ons koperslang, ons Redder, Gids en Vriend. Soos daardie arme slang-gepikte groef-graf rebelle in die woestyn, moet ons net opkyk en lewe!