Oor die outeurs. Wayne Barber. Rick Shepherd. Eddie Rasnake

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

n Prins word die Skaapwagter

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Les 6 vir 10 November 2018

Van Vervolger tot Prediker

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Die betekenis van die kruis (1)

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Die maan en sy rol in ons wereld *

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Pretoria- 23 Junie 2012

Skriflesing: Sondag 4 Sing- Ps. 118:1; Ps. 119:61; Ps. 130:2 Genesis 3:1-19 Gen 3:1 Psalm 130 Psa 130:1

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Catharina Maria Conradie

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Die Hemel, die Hel, en die Lewe na die Dood

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Addendum A Consent form

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Waar is God as ons swaarkry?

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Inhoudsopgawe. God se wonderlike skepping en evolusie

Die Boek van Moses. Facebook vir Shama Bedienings : Ministries/ ?

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Luister na God. enlewe vir ewig

AS HERMENEUTIESE RAAMWERK VIR. Voorgelê ter vervulling van die vereistes vir die graad DOCTOR DIVINITATIS

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Transcription:

Oor die outeurs Wayne Barber Wayne Barber is die senior leraar van Hoffmanstown Church, Albuquerque, Nieu- Mexiko. Hy is internasionaal bekend as spreker by konferensies, en die hoofdoel van sy bediening is om die boodskap van die algenoegsaamheid van Christus te versprei. Mense oor die hele wêreld vind aanklank by Wayne se unieke vermoë om God se Woord lewend te laat word deur sy eerlike en openhartige ware lewe -ervarings. Wayne is die outeur of mede-outeur van verskeie boeke. Hy skryf ook n gereelde rubriek in AMG se maandelikse tydskrif, Pulpit Helps. Hy was agtien jaar lank senior leraar van Woodland Park Baptist Church in Cha anooga, Tennessee, en het vir n groot gedeelte hiervan onderrig gegee saam met die bekende outeur Kay Arthur van Precept Ministries. Hy het studeer onder doktor Spiros Zodhiates, een van die wêreld se toonaangewende Griekse geleerdes. Wayne en sy vrou, Diana, het twee volwasse kinders en woon tans in Albuquerque. Rick Shepherd Richard L. Shepherd is reeds meer as twintig jaar lank betrokke by bediening, waar hy fokus op aspekte van onderrig, dissipelskap en gebed. Hy het gedien in gemeentes in Alabama, Florida, Texas en Tennessee, en dien tans as Direkteur van Gebed en Geestelike Ontwaking by die Florida Baptist Convention. Rick was byna sewentien jaar lank (1983-2000) medeleraar by Woodland Park Baptist Church in Cha anooga, Tennessee. Die Here se bediening het hom na verskeie lande geneem, insluitend Haiti, Roemenië, die Oekraïne, Moldowa, Italië, Israel, Engeland en Griekeland, waar hy betrokke was by die opleiding van leraars, kerkleiers en gemeentes. Rick het ook gedoseer by universiteite en seminariums. Hy het sy graad met lof behaal by die Universiteit van Mobile en het n meesters- en doktorsgraad in teologie van Southwestern Baptist Theological Seminary in Fort Worth, Texas. Hy en sy vrou, Linda Gail, het vier kinders en woon in Jacksonville, Florida. Eddie Rasnake Eddie Rasnake het Christus in 1976 in sy eerste jaar op universiteit leer ken. Hy het in 1980 sy graad met lof behaal aan East Tennessee State University. Hy en sy vrou, Michele, het byna sewe jaar lank gedien op die personeel van Campus Crusade for

Christ. Hulle eerste betrekking was by die Universiteit van Virginia, en terwyl hulle daar was, het hulle ook n Campus Crusade for Christ-bediening by James Madisonuniversiteit begin. Hierna het Eddie vier jaar lank gedien as kampusbestuurder van die Campus Crusade-bediening aan die Universiteit van Tennessee. In 1989 is hy weg by Campus Crusade om aan te sluit by Wayne Barber by Woodland Park Baptist Church as die medeleraar vir dissipelskap en opleiding. Hy het ook in Oos-Europa gedien, waar hy langer as tien jaar plaaslike gelowiges toegerus en materiaal gepubliseer het in Albaans, Duits, Grieks, Italiaans, Roemeens en Russies. Eddie dien op die raad van direkteure van die Center for Christian Leadership in Tirana, Albanië, en die Bible Training Center in Eleuthera, Bahamas. Hy dien ook as kapelaan vir die Cha anooga Lookouts (Cincinnati Reds AA-affiliaat), n bo alspan. Eddie en sy vrou, Michele, woon in Cha anooga, Tennessee, saam met hulle vier kinders. Die reeks Drie outeurs en medeleraars, Wayne Barber, Eddie Rasnake en Rick Shepherd, het in 1998 saamgespan om n Bybelstudie gebaseer op Bybelse karakters vir AMG Publishers te skryf. Hulle samewerking het ontwikkel in die titel Life Principles from the Old Testament. Sedert 1998 het hierdie selfde outeurs en AMG Publishers nog vyf karakter-bybelstudies geproduseer, wat elkeen bestaan uit twaalf lesse geweef rondom n studie oor vyf dae van n spesifieke karakter uit die Bybel. In 2001 is nog twee titels by die reeks gevoeg, naamlik Life Principles for Worship from the Tabernacle en Living God s Will. Hierdie twee titels is uniek in die sin dat hulle die eerste Following God studies is wat op onderwerpe in plaas van karakters gebaseer is. Die interaktiewe studieformaat waarvan lesers begin hou het, bly egter dieselfde by elke nuwe vrystelling. Terwyl nuwe titels beplan word, bly die fokus steeds dieselfde, naamlik om uitstekende Bybelstudiemateriaal te voorsien om mense by God se Woord uit te bring op maniere wat hulle in staat stel om die waarhede op hulle eie lewe toe te pas. Verdere inligting oor hierdie baanbrekerreeks is te kry by: www.followinggod.com

Inhoudsopgawe Voorwoord... 11 Eva... 13 Sara... 27 Mirjam... 39 Ragab... 55 Debora... 73 Rut... 91 Hanna... 113 Ester... 131 Die deugsame vrou (Spreuke 31)... 151 Maria en Marta... 173 Maria, die ma van Jesus... 193 Die bruid van Christus... 221 Hoe om God te volg... 241

Voorwoord In God se plan is vroue belangrik. Dit klink dalk na n oorbodige stelling van die vanselfsprekende, en tog word hierdie belangrike boodskap dikwels uitgedoof deur ons kultuur. Daar is selfs mense in die liggaam van Christus wat so n ongebalanseerde siening van onderwerping propageer dat hulle min ruimte laat vir vroue om enigiets in God se diens te doen behalwe kinders grootmaak. Nietemin maak God dit duidelik dat vroue vir Hom belangrik is. In Genesis 1:26-28 (1953-vertaling), as die Drie-eenheid met die skepping van die mens begin, lees ons: En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip (beklemtoning deur die outeurs). In God se plan vereis dit man sowel as vrou om sy beeld te weerspieël. Dit was Mirjam, Moses se suster, wat langs hom gedien het en n profetes genoem is. God het Ragab gebruik om die twee verkenners wat Josua in Kanaän ingestuur het, se lewe te red. Tydens die droewige tyd van die rigters was dit Debora wat op kragtige wyse deur God gebruik is om sy volk te verlos. Die jong Ester is deur God gekies om al die Jode van uitwissing te red. God gebruik vroue, kort en klaar. Jesus het in sy openbare bediening die waarde van vroue bevestig. Hy het uitgereik na die Samaritaanse vrou by die put, en haar daarna gebruik om die evangelie na n hele dorp uit te dra. Hy het die vrou wat op owerspel betrap is, gered van onregverdige veroordeling. Hy het, anders as die kultuur van sy tyd, in sy lewe en bediening aan vroue prominensie verleen. Trouens, sy openbare bediening is hoofsaaklik deur vroue gefinansier. Wat wil dit alles sê? Vroue is vir God belangrik. Jy vra dalk: Hoe kan drie mans n boek met Bybelstudies oor vroue skryf? Die waarheid is dat dit wat jy in die bladsye van hierdie boek gaan leer, nie is wat ons weet van vroue nie, maar wat God se Woord te sê het oor vroue. Ons doel is om jou na die Woord te neem, en spesifiek daardie gedeeltes wat ons voorstel by die prominente vrouekarakters van die Bybel, en jou self Vroue van die Bybel 11

te laat sien wat God te sê het. Deur hierdie vroue van die Bybel het Hy n boodskap vir mans sowel as vroue oor wat dit beteken om God te volg. Ons bid dat hierdie studie jou sal help om Hom nog nader te volg. Ons volg Hom. Wayne Barber Richard L. Shepherd Eddie Rasnake 12 Vroue van die Bybel

Eva 1 les Om God te volg nadat ons misluk het Hoewel ons almal uit haar stam, weet ons baie min van hier die eerste dame, Eva. Sy was die laaste skeppingsdaad van die eerste week op aarde, die metgesel wat Adam, die eerste man, moes aanvul. Sy was genoeg soos Adam om sy metgesel te wees, en tog was sy baie anders sodat sy hom kon aanvul. Haar sterk punte het gepas by syne sodat hulle saam iets was wat nie een van hulle afsonderlik kon wees nie. Trouens, Genesis 1 wys vir ons dat sowel Adam as Eva nodig is om God se beeld akkuraat te weerspieël. Maar alles het nie goed afgeloop in die Tuin van Eden nie. Deur Eva se tevredenheid aan te val was die Satan in staat om opstand by die mens te verwek en so het sonde in die wêreld gekom. Eva het haar man sover gekry om direk in opstand te kom teen God se geopenbaarde wil aan hulle, met die gevolg dat die mens uit die tuin verban is. Wanneer ons hierdie week na Eva kyk, sal ons n baie menslike prentjie sien van hoe n mens in sonde val, en die proses om die stukke van geloof weer op te tel. Deur haar sal ons n nuwe blik kry op ons eie geloof. Van al die bome in die tuin mag jy eet soos jy wil, maar van die boom van alle kennis mag jy nie eet nie. Die dag as jy daarvan eet, sterf jy. GENESIS 2:16-17 Die ses skeppingsdae. Waar pas Eva in? Dag een Dag twee Dag drie Dag vier Dag vyf Dag ses G 1:1-5 G 1:6-8 G 1:9-13 G 1:14-19 G 1:20-23 G 1:24-31 God skep die hemel en die aarde God skep lig Lig en duisternis geskei Skepping van die lug Skeiding van die waters Droë grond geskep Waters bymekaargemaak as oseane Plante geskep Skepping van die son, maan en sterre Skeiding tussen dag en nag Skepping van seediere en voëls Adam geskep na God se beeld en aangestel om te heers oor God se skepping God skep die Tuin van Eden Landdiere (mak diere, wilde diere, kruipende diere) geskep God skep Eva Vroue van die Bybel 13

Eva DAG EEN Geskep vir n doel Eva is geskep om Adam te help om God se doel vir die mensdom te vervul. Adam kon dit nie alleen doen nie. Eva is geskep om n unieke en spesiale rol in die skepping te vervul. Sy moes nie net saam met Adam dien in sy take in die tuin nie, maar aan haar is ook n spesiale opdrag gegee wat Adam betref. Sy was sy hulp wat by hom pas (Gen. 2:18, 1953-vertaling). Sy is geskep om hom te help en aan te vul. Ons sal in die volgende paar dae sien dat sommige van haar verantwoordelikhede ná die sondeval verander het. Vandag wil ons kortliks kyk na Eva se doel voor die sondeval, en ook na die lewe in Eden. In Genesis 1 kry ons n oorsigtelike blik op die mens in die tuin, terwyl daar in Genesis 2 meer besonderhede is. Lees Genesis 1:26-28 en skryf drie dinge neer wat jy leer oor God se doel vir die mens. 1) 2) 3) In vers 26 sien ons dat God die mens in die eerste plek geskep het om soos Hy te wees, om sy beeld in die skepping te weerspieël. (Let op dat daar in die meervoud na God verwys word, waarskynlik n verwysing na die volledige Drie-eenheid se betrokkenheid by die skepping.) Die tweede doel wat hier genoem word, is dat hulle moet heers oor die skepping. Die mens word aangestel as die kroon van die skepping en kry gesag oor die hele aarde. In vers 27 sien ons dat man sowel as vrou nodig is om God se doel te vervul. Dan sien ons in vers 28 die derde doel: Hulle moes voortplant; vrugbaar wees en vermeerder (kinders grootmaak wat ook God se beeld sou weerspieël) en die aarde bewoon of vul (1953-vertaling). Die taak om oor die skepping te heers was te oorweldigend vir hulle om elkeen op sy eie te doen. God het nie slegs n doel vir Adam en Eva nie, Hy het ook n plan en doel vir die res van die skepping. Kyk na Genesis 1:28-31 (ook 1953-vertaling) en skryf alles neer wat jy daaruit leer oor God se doel vir die res van die skepping. 14 Vroue van die Bybel

God sê vir Adam en Eva dat die skepping onderwerp moet word (1953-vertaling). Die Hebreeuse woord dra die betekenis van oorwin en ondergeskik gemaak word. Met ander woorde, die aarde moet die mensdom dien. In vers 29 en 30 sien ons dat al die plante kos moet wees vir mens en dier. Dit beteken nie dat die mens n vegetariër moet wees nie, want in Genesis 9:3 word Noag aangesê om ook diere te eet. Wa er geweldige kommentaar is daar nie in Genesis 1:31 opgesluit nie, waar onthul word dat die plan baie goed was in God se oë! In Genesis 2 sien ons verdere besonderhede wat gegee word van God se unieke doel vir die mensdom en ook vir Eva self. Kyk na Genesis 2:18-22. Skryf in jou eie woorde God se doel vir Eva neer soos dit hier genoem word. Adam was nie op sy eie volledig nie. Wa er verstommende stelling kry ons hier dat selfs in die volmaaktheid van Eden voor die sondeval daar iets kon wees wat nie goed was nie. Wa er kontras vorm dit nie met die aanhoudende refrein van die skepping tot op hierdie punt nie! Ons lees sewe keer in hoofstuk 1 dat God gesien het dat dit goed was (1:4, 10, 12, 18, 21, 25, 31). Maar dit was nie goed vir die mens om alleen te wees nie. Hy is geskep met n behoe e. Hy is onvolledig geskep sodat God hom met Eva kon voltooi. Sy moes n hulp wees wat by hom pas (1953-vertaling).? Het jy geweet? WOU GOD HÊ DIE MENS MOET VEGETARIES WEES? As n mens net na Genesis 1-2 kyk, lyk dit of die mens se dieet beperk was tot groente. Dit was oënskynlik die geval tot na die sondvloed, maar twee dinge weerspreek die feit dat dit God se permanente bedoeling was. Uit dit wat ons leer uit Genesis 9:3 sien ons dat God aan Noag opdrag gee om vleis te begin eet. Uit hoe die mens gemaak is, sien ons dat God hom gemaak het met die tande van n omnivoor. Hy het aan hom die kiestande van plant-etendes gegee, en die voortande van vleiseters. Watter beginsels oor die huweliksverhouding sien jy raak by Adam en Eva as jy kyk na Genesis 2:22-24 (ook 1953- vertaling)? n Paar praktiese beginsels oor verhoudings wat ons hier kry, is: a) dat God Eva na Adam toe gebring het (dit was nie sy taak om n maat te soek nie); b) dat sy, anders as die diere, ooreengestem het met hom ( een soos ek ); c) dat hulle verhouding van hulle vereis om hul pa en ma te verlaat (dit wys natuurlik vooruit na volgende geslagte, aangesien Vroue van die Bybel 15

Adam nie n pa of ma gehad het nie); d) die huwelik vereis dat die man sy vrou sal aankleef (1953-vertaling, die Hebreeuse woord impliseer najaging en verbintenis, om saamgevoeg te wees deur verbintenis ); e) die huwelik moet uitloop op eenheid ( een vlees verwys na die fisieke liggaam, maar in beginsel sal dit alles insluit wat iemand is: gedagtes, emosies, wil, ensovoorts); en f) die huwelik loop uit op naaktheid sonder skaamte (weereens sal dit verder strek as net die liggaamlike aspek). Eva DAG TWEE Satan het daarin geslaag om Eva sover te kry om die waarheid van God se woord en die suiwerheid van sy motiewe in twyfel te trek. Versoeking in die tuin Ons kan ons maar net voorstel hoe die lewe in die tuin was voor die sonde gekom het. Adam en Eva het take gehad om uit te voer, maar hulle het nie gewerk in die sweet van hulle aangesig nie. Hulle het nie net intimiteit met mekaar geniet wat onbevlek was deur sonde nie, maar nog belangriker, hulle het onverstoorde intimiteit met God geniet. Eva raak egter in n gesprek met die slang betrokke en omdat sy mislei word, gee sy toe aan versoeking en alles verander. Vandag wil ons kyk hoe Eva versoek is en wat ons kan leer oor ons eie versoekings. In Genesis 3:1 is Eva in gesprek met die slang. Waar om, op grond van wat die teksvers sê oor hoe hy is en wat hy doen, is dit n slegte idee? Die vers lê twee negatiewe realiteite omtrent die Satan bloot: hoe hy is ( listiger as al die wilde diere ) en wat hy doen (hy bevraagteken die geopenbaarde wil van God). Hy vra: Het God werklik gesê...? Hy oordryf ook die beperkings wat God se wil aan die mens opgelê het. Hy haal God verkeerd aan deur te sê: Julle mag van geen boom in die tuin eet nie. Vergelyk Genesis 3:1-6 met elk van die gedeeltes hieron der, en skryf neer wat jy leer oor Satan se akti witeite. 2 Korintiërs 11:3 16 Vroue van die Bybel

2 Korintiërs 11:12-15 1 Timoteus 2:14 Ons sien in 2 Korintiërs 11:3 dat Eva verlei is deur die lis tigheid van die slang. Paulus brei ook uit op hierdie gedagte in 1 Timoteus 2:14 waar hy sê dat sy haar laat verlei het. Satan (saam met sy medewerkers) werk deur mis leiding en vermomming. Trouens, ons lees in 2 Ko rintiërs 11:14 dat hy hom voordoen as n engel van die lig. As n mens te doen kry met n vyand wat nie werk met die waarheid nie, moet jy veral versigtig wees om nie alles vir soetkoek op te eet nie. Eva moes haar laat lei het deur God se woorde, maar die oomblik toe Satan haar sover kry om God se woord in twyfel te trek, was dit net n kwessie van tyd voor sy haar eie ona anklike koers inslaan. Wanneer ons ons aanstel as regter oor die waarheid van dit wat God sê, is oortreding onvermydelik. Wanneer n mens noukeurig kyk na Eva se antwoorde op Satan se vrae, lyk dit aanvanklik of sy God se wil noukeurig weergee, maar wanneer jy dit van naderby bekyk, sal jy n paar belangrike verskille ontdek. Vergelyk hoe Eva God in Genesis 3:2-3 aanhaal met wat God in werklikheid gesê het in Genesis 2:16-17. Merk op die tabel hieronder die verskille wat jy raaksien en skryf neer wat jy sien sy byvoeg en weglaat. H E G (Genesis 3:2-3) Ons mag eet van die vrugte van die bome in die tuin. Ons mag net nie eet van die vrugte van die boom in die middel van die tuin nie. God het gesê ons mag dit nie aanraak nie, want dan sterf ons. W G (Genesis 2:16-17) Van al die bome in die tuin mag jy eet soos jy wil, maar van die boom van alle kennis mag jy nie eet nie. Die dag as jy daarvan eet, sterf jy. Dis n ongelooflike openbaring as n mens noukeurig kyk na die subtiele maar betekenisvolle verskille tussen hoe Vroue van die Bybel 17

Eva God aanhaal en dit wat Hy werklik gesê het. God het in werklikheid gesê hulle mag eet van al die bome in die tuin soos hulle wil. Albei hierdie feite beklemtoon die vryheid van die tuin. Deur dit uit te laat lyk dit of Eva hierdie vryhede onderbeklemtoon of nie ernstig opneem nie. God se enigste beperking in die tuin was spesifiek: hulle mag nie eet van die boom van die kennis van goed en kwaad (Gen. 2:17, 1953-vertaling) nie. Eva fokus nie op dit wat die boom is nie, maar op waar dit is. Sy vermy die herinnering dat die boom geassosieer word met die kwaad. God het net gesê: Julle mag nie eet nie. Eva voeg by: Ons mag dit nie aanraak nie en sodoende oordryf sy die bepalings en beperkings wat God in die tuin op hulle gelê het. Laastens haal Eva die gevolg dan sterf ons aan. Sy laat die woord sekerlik (1953-vertaling) uit, en ook die frase die dag as jy daarvan eet sodat dit lyk of sy die sekerheid en onmiddellike gevolge nie ernstig opneem nie. As ons God se waarheid net effens verdraai, kan dit rampspoedige gevolge hê. Eva DAG DRIE As ons afdwaal van die waarheid van God se Woord, is daar altyd gevolge. Waarheid of gevolge T oe Eva haar gesprek met die slang begin het, het sy geen idee gehad hoe verreikend die gevolge sou wees nie. Net so skat ons dikwels ook ons versoekings gering. Ons besef nie dat sonde gevolge het wat geslagte ver strek nie. Elke keer as ek sondig, word iemand anders daardeur geraak. Hulle kan óf geraak word deur die een of ander direkte gevolg van die sonde, óf hulle kan geraak word deur die verlies aan die bediening en lewe wat ek kon gegee het as ek aangehou het om met God te wandel. Ons leer op n pynlike manier by Eva dat om met die duiwel te praat en om met God te wandel nie hand aan hand gaan nie. Lees Genesis 3:4-5. Hoe laat Satan twyfel ontstaan oor die dinge wat God aangaande die verbode boom gesê het? Satan bevraagteken twee belangrike dinge in hierdie ver- 18 Vroue van die Bybel

se. Deur eerstens te sê: Julle sal beslis nie sterf nie, laat hy twyfel ontstaan oor die waarheid van dit wat God gesê het. Deur tweedens te sê: God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken moedig hy Eva aan om die suiwerheid van God se motiewe in twyfel te trek. Hy suggereer dat God iets goeds van Eva weerhou. Vergelyk Genesis 3:6 met 1 Johannes 2:16 (1953-vertaling) en identifiseer die parallelle in Satan se versoeking. Elke keer as ek sondig, word iemand anders daardeur geraak. Óf hulle deel in die kwaad wat daaruit voortvloei, óf hulle word beroof van die goeie wat sou gevolg het as ek nie gesondig het nie... Die begeerlikheid van die vlees Die begeerlikheid van die oë Die grootsheid van die lewe Kyk noukeurig na Genesis 3:6 in die lig van 1 Johannes 2:16 (1953-vertaling), en jy sal die parallele ooreenkoms duidelik sien. Die stelling: Toe besef die vrou dat die boom se vrugte goed is om te eet stem ooreen met die begeerlikheid van die vlees. Die frase en mooi om na te kyk sluit direk aan by die begeerlikheid van die oë. Laastens handel en begeerlik omdat dit kennis kan gee oënskynlik oor dieselfde saak as die grootsheid van die lewe. Dit wil lyk of alle versoekings teruggevoer kan word na hierdie drie verleidings (vergelyk ook Jesus se ver soeking in die woestyn in Ma. 4). Die sonde in die tuin was meer as om net verbode vrugte te eet: dit was om ongehoorsaam te wees aan die geopenbaarde wil van God, om die leuens van die vyand te glo en om hulle wil te verhef bo die wil van God. Waar was Adam volgens Genesis 3:6 toe Eva versoek is? Die vers sê vir ons dat Eva, nadat sy van die vrugte geëet het, ook vir haar man by haar gegee het, en hy het geëet (beklemtoning deur die outeur). Dit wil voorkom of Adam Want alles wat in die wêreld is die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. 1 JOHANNES 2:16 (1953-VERTALING) Vroue van die Bybel 19

Eva DAG VIER die hele tyd by haar was, maar hy het niks gesê nie. Dit maak hom net so skuldig soos sy, nie net omdat hy ook van die vrugte geëet het nie, maar omdat hy gefaal het in sy leierskap in die verhouding. n Vleeslike reaksie op mislukking Die probleem van die tuin begin by die verbode vrugte, maar dit eindig nie daar nie. Trouens, dit wil uit die verloop van die verhaal voorkom of die gevolge van Genesis 3 net soveel te make het met hoe Adam en Eva gereageer het op hulle mislukking as met die mislukking self. Die verskil tussen koning Dawid en koning Saul wys vir ons dat om n man na God se hart te wees nie die afwesigheid van mislukking is nie, maar die gewilligheid om die mislukking op n Bybelse manier te hanteer. Vandag wil ons die probleme rondom die manier waarop Adam en Eva hul le mislukking hanteer het, van nader bekyk. Kyk na Genesis 3:7-8 en identifiseer Adam en Eva se eerste benadering tot die hantering van hulle sonde. Ons sien in vers 7 dat Adam en Eva begin deur vir mekaar weg te kruip. Hulle probeer hulle naaktheid met vyeblare bedek. Dan, in vers 8, probeer hulle vir God wegkruip tussen die bome van die tuin (waar hulle in die eerste plek moes gebly het). Dis die reaksie van ons sondige natuur (ons vlees ) om te probeer wegkruip wanneer ons sondig. Hoog moed wil nooit ontbloot word nie. Nederigheid, hierteenoor, is nie bang om verantwoordelikheid te neem vir mis lukking nie. In Adam en Eva sien ons ons eie neiging om weg te kruip as ons sondig. Dis hierdie einste neiging wat ons vervreem van ander gelowiges en van God, en wat verhoed dat ons die sonde agter ons kan sit. Wat leer God se vrae aan Adam en Eva in Genesis 3:9-11 ons van sy metode om ons sondes te konfronteer? 20 Vroue van die Bybel

Dalk is die diepsinnigste les hier dat God na die mens toe kom. Ons sien hier dat God na Adam roep: Waar is jy? Natuurlik weet God waar Adam is, maar Hy wil hê Adam moet erken waar hy is en waarom hy daar is. Dis n uit nodiging om berou te toon. God kom teen die tyd dat die aandwind opkom. Hy wag totdat die sonde gedoen is en daar tyd was om daaroor na te dink. Hy kom persoonlik ( Waar is jý? ). Hy kom ook om verantwoording te eis. Hy gaan nie toelaat dat Adam en Eva daarin slaag om weg te kruip nie. Hy kom in oordeel, maar vermeng met genade, want Hy belowe om n Verlosser te stuur. Uit die vertelling is dit duidelik dat God vir Adam meer verantwoordelik hou as vir Eva, hoewel sy eerste van die verbode vrugte geëet het. Dis n sonde om nie die regte leiding te gee nie.? Het jy geweet? DIE VLOEK OP DIE SKEPPING Die hele skepping het gely onder Adam en Eva se opstand teen die Here. Romeine 8:20, 22 sê vir ons: Die skepping is immers nog aan verydeling onderworpe. Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting. Gelukkig sal die Here hierdie vloek ophef wanneer Hy weer kom. Kyk waar plaas Adam en Eva die blaam vir hulle sonde. Wat kan ons hieruit leer oor ons eie neigings in die hantering van sonde (Gen. 3:12-13)? Ons sien in Adam se antwoord dat hy met n enkele stelling die blaam vir sy sonde op Eva en God probeer plaas. Hy sê: Die vrou (blameer vir Eva) wat U my gegee het (blameer vir God). Eva volg dieselfde benadering, want sy probeer die blaam op die slang plaas ( Die slang het my mislei ). Ons menslike neiging is om iemand anders te blameer in plaas daarvan om verantwoordelikheid te neem vir ons sondes. Noem kortliks al die gevolge van sonde wat ons in Ge nesis 3:14-24 kry. Vir die slang: Vir die vrou: Vir Adam en die aarde: Vroue van die Bybel 21

Vir die diere: Vir die mensdom: Die gevolge van die mens se eerste sonde: Vir die slang Om op sy maag te seil. Vyandskap tussen hom en die mens. Uiteindelike oordeel (die nageslag sal sy kop vermorsel). Vir die vrou Pynlike geboortes. Onderwerping (haar man sal oor haar heers). Byna alles word volgens die wet met bloed gereinig, en sonder die vergieting van bloed vind daar geen vergewing plaas nie. HEBREËRS 9:22 Vir Adam en die hele skepping Van nou af word swoeg en sweet vereis om kos te kweek. Die aarde sal nou dorings en dissels voortbring. Uiteindelike fisieke dood vir mens sowel as dier. (Diere is onmiddellik dood gemaak om klere vir Adam en Eva te voorsien.) Verban uit die tuin na n harde en ongenaakbare wêreld. Die gevolg van n sondige natuur. Vergelyk hoe Adam en Eva hulle sonde in Genesis 3:7 bedek het met hoe God dit in Genesis 3:21 hanteer. Wat sien jy raak? In Genesis 3:21 kry ons die eerste suggestie van diere offers in die Bybel. Die velklere wat God vir hulle gemaak het, het n paar diere hulle lewe gekos. Hoewel die teks dit nie noem nie, wil dit lyk of God alreeds aan Adam en Eva geopenbaar het dat n onskuldige dier moet sterf sodat hulle kan lewe. Sonder bloedvergieting vind daar geen vergewing plaas nie (Heb. 9:22). 22 Vroue van die Bybel

Vir my om God te volg In 1 Korintiërs 10:11 lees ons: Hierdie dinge het oor hulle gekom as n voorbeeld vir ons en is opgeskryf as n waarskuwing vir ons wat die einde van die tye al beleef. Ons moet besef dat die biografiese skets van Eva wat ons in die Skrif het nie net n kwessie van geskiedenis is nie, maar dat dit geskryf is om ons te leer. Dit beteken haar lewe stel eise vir ons lewe. Ons moet met ander woorde gewillig wees om die moeilike vraag te vra: Hoe is dit vandag op my van toepassing? Eva is geskep om Adam te help om God se doel vir die mens te vervul. Sy moes haar lewe lank n hulp vir hom wees. Saam sou hulle die beeld van God vir die hele skepping weerspieël, daardie beeld reproduseer deur die aarde te vul met hulle nageslag en God se plan vir die mensdom vervul deur te heers oor die skepping. Uit Eva se lewe kan ons aflei dat Christenwees n spanpoging is. Daar is geen Lone Rangers in die liggaam van Christus nie! Eva DAG VYF Pas toe Dink aan jou eie lewe en neem n paar minute om te bepaal hoe jy vaar in die vervulling van God se doel vir die mensdom. Weerspieël die beeld van God... Soos die wêreld 1 2 3 4 5 Soos God Bring n Godvresende nageslag voort... Steek geloof weg vir familie en vriende 1 2 3 4 5 Dra geloof oor aan ander Heers oor die skepping... Dien die skepping of 1 2 3 4 5 misbruik dit Getroue rentmeester van die skepping Satan het daarin geslaag om Eva sover te kry om die waarheid van God se woord en die suiwerheid van sy mo tiewe in twyfel te trek. Wat is n paar maniere waarop jy in die versoeking kom om Vroue van die Bybel 23

die waarheid van dit wat God in die Bybel sê, in twyfel te trek? As ons verstandig is, sal ons leer uit Eva se foute. Wat is n paar dinge wat jou in die versoeking bring om te twyfel aan die suiwerheid van God se motiewe teenoor jou? Pas toe As ons afdwaal van die waarheid van God se Woord is daar altyd gevolge. Neem n paar minute om te kyk of jy kan dink aan die gevolge van sonde wat jy in jou lewe of in die lewe van mense wat jy ken, gesien het. Ons het uit Eva se ervaring gesien dat die hoofrede vir gevolge van ons sonde nie net die sonde self is nie, maar ons onwilligheid om die sonde op God se manier te hanteer. Wat is n paar maniere waarop jy dit persoonlik of by ander sien? Dit was deur ons oergrootouers, Adam en Eva, dat ons voorgestel is aan die sonde. Die neiging tot opstand wat in ons aard is, het by hulle begin. Nogtans kan ons, soos ons hierdie week gesien het, baie leer uit hulle foute. As ons verstandig is, sal ons leer uit hoe hulle hulle foute gemaak het en daarteen waak om dit te herhaal. Bring nou eers tyd in gebed saam met die Here deur. Here, U het my geskape na u beeld; U wil graag in my gesien word. En tog kies ek so dikwels om my eie onafhanklike pad te loop. Ek kies my eie wil bo u wil. Ek bid 24 Vroue van die Bybel

dat U my daarvan sal bewaar om u waarheid verkeerd te hanteer; om te veel te maak van die beperkings wat u Woord op my plaas, en te min van die vryhede wat U gee. Help my om die waarheid van alles wat U sê en die suiwerheid van al u motiewe teenoor my te vertrou. Help my om in u Woord te soek na antwoorde wanneer die vyand versoekings oor my pad bring. Bowenal vra ek dat U my, wanneer ek wel misluk, sal help om nie my sonde te verberg of die blaam op ander te plaas nie, maar om terug te kom na U toe en dinge reg te stel. Dankie vir u liefde, u genade, u vergifnis en bowenal vir die krag wat U my gee. Help my om met U te wandel. Amen. Neem nou n paar oomblikke om n gebed neer te skryf waarin jy toepas wat jy hierdie week geleer het. Vroue van die Bybel 25

Aantekeninge