ONTLEDING VAN ÉN KOMMENTAAR OP UITSPRAKE VAN DIE VERTALERS VAN DIE BYBELVERTALING WAT IN 2016 OF LATER GAAN VERSKYN. 1.

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

n Prins word die Skaapwagter

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Les 6 vir 10 November 2018

Van Vervolger tot Prediker

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Die betekenis van die kruis (1)

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Kerkbode, uitgawe van 20 April 2012, se berigte oor die nuwe Bybelvertaling 1.0 Spasiëring 7 Bladsye

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Die maan en sy rol in ons wereld *

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Catharina Maria Conradie

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Die volgende artikel het oorspronklik in die Kerkbode van 6 Februarie 2015 verskyn. Kyk ook die kommentaar onderaan die artikel.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Pretoria- 23 Junie 2012

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Wisdom Culture 17 APRIL Is Jesus in die Ou Testament?

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Christusprediking uit die Ou Testament. n Nuwe benadering tot n ou probleem? 1

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Lukas 4: Agtergrond

A KARANGA PERSPECTIVE ON FERTILITY AND BARRENNESS AS BLESSING AND CURSE IN 1 SAMUEL 1:1-2:10

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

*29 Desember 4 Januarie

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

AS HERMENEUTIESE RAAMWERK VIR. Voorgelê ter vervulling van die vereistes vir die graad DOCTOR DIVINITATIS

22.4 RAPPORT DEPUTATE LITURGIESE SAKE LIEDBOEKE IN VERSKILLENDE TALE

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Inhoudsopgawe. God se wonderlike skepping en evolusie

Christus alléén in Psalm 110

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Waar is God as ons swaarkry?

IN PIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Addendum A Consent form

22.4 RAPPORT DEPUTATE LITURGIESE SAKE LIEDBOEKE IN VERSKILLENDE TALE (Art 163)

Oorsig van navorsingstuk

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

DIE DRIE-EENHEID. Deur Dr. Arnold Fruchtenbaum DIE DRIE-EENHEID MBS050 INHOUD

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

Preek-notas: Romeine 3:21-31

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Laat die Woord Getuig

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Wat is die regte grondteks?

Wat kan die kerk doen?

Die Boek van Moses. Facebook vir Shama Bedienings : Ministries/ ?

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Transcription:

Hierdie getuienis is opgestel deur Willem J Rabie, ʼn uitgetrede predikant van die NG Kerk. Hy het studeer aan die PU vir CHO en die Universiteit van Stellenbosch (1965 1971) en woon tans in Pretoria. E-posadres: willemrabie2@gmail.com Selfoonnr: 076 6828 305 - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - 2 April 2014 ONTLEDING VAN ÉN KOMMENTAAR OP UITSPRAKE VAN DIE VERTALERS VAN DIE BYBELVERTALING WAT IN 2016 OF LATER GAAN VERSKYN 1. ʼn Verwagting Volgens die Bybelgenootskap van Suid-Afrika het kerke wat die Bybel in Afrikaans gebruik, die Genootskap reeds in 2004 versoek om ʼn nuwe vertaling van die Bybel voor te berei. ʼn Versoek, 21 jaar ná die 1983-Vertaling, sê nie veel vir die kredietwaardigheid van daardie vertaling nie. Die 1933/53- Vertaling was toe reeds 50 jaar lank amptelik in gebruik. Dit word nou, in 2014, ná 81 jaar steeds in kerke gebruik wat nie die 1983-Vertaling wou aanvaar nie. Na 2016 sal die 1933/53-Vertaling waarskynlik steeds gebruik word. Spoedig ná die koms van die 1983-Vertaling het die verwagting begin groei dat daar ʼn vertaling sal kom wat die foute van daardie vertaling sal regstel. Dit het op ʼn paar plekke, naas ander foute (en ook verbetering op die 1933/53-Vertaling, veral wat leesbaarheid betref), begin om Godsname soos Elohim, Jahweh en Adonai wat ook na die Messias verwys, o.a. met enige ongeïdentifiseerde belangrike persoon soos ʼn verhewe wese, koning en ʼn gesalfde te vertaal. Dit het o.a. in Psalm 2:2, 6; 45:7-8 en 110:1 gebeur. Godsname en persoonlike voornaamwoorde (Hy en Hom) wat na die Messias verwys, is dus nie net op vele plekke met kleinletters gespel nie, maar die Godsname is op vele plekke wegvertaal. As Elohim as verhewe wese vertaal word (in Psalm 45:7-8), wat is dit anders as wegvertaling? Hierdie vertaling het nooit behoorlik in die Kerk kon ingroei nie. Die begeerte na ʼn vertaling wat makliker leesbaar sal wees as die 1933/53-Vertaling, het van Christene gekom wat graag wou sien dat alle verwysings na God in die Ou Testament met hoofletters gespel sal word en dat alle Godsname wat dus ook op die Messias betrekking het, weer in ere herstel sal word selfs meer as wat dit in die 1933/53-Vertaling van die Ou Testament gedoen is. Die Messias van die Ou Testament is Jesus Christus van die Nuwe Testament. Wat ʼn antiklimaks, skok en teleurstelling! Die 2016-Vertaling verbeter toe op die foute wat die vertalers van die 1983-Vertaling begin het! Dit is seker nie waarvoor die kerke gevra het nie. Op hierdie stadium kan dit nie gesê word presies hoe in die 2016-Vertaling Messiaanse gedeeltes dwarsdeur die Ou Testament vertaal sal word nie, maar dit blyk dat die vertalers dit nog verder afwater as wat dit in die 1983-Vertaling gedoen is. Dit is reeds uit die proefvertaling van Sagaria 9:9 en Maleagi 3:1-3 duidelik dat dit so is. Daar is ʼn subtiele kruipende neiging wat met elke vertaling verder gaan. Dit het in vertalings in ander tale ook so gebeur. Net soos wat mutasie in die natuur genetiese inligting verlore laat gaan en die produk van die mutasie swakker is as die vorige, gebeur dit in vertalings. Hier gebeur dit egter doelbewus. Hoe lank gaan die te wagte 2016-Vertaling leef? Die vertaalbeleid wat die vertalers volg, word in ʼn werkboek wat hulle in samewerking met die Bybelgenootskap opgestel het, uiteengesit. Dit wat reeds oor die vertaalbeleid bekend is, sowel as proef-vertalings en artikels wat op die webwerf van die Bybelgenootskap beskikbaar is, het veel kritiek van die Afrikaanssprekende Bybelleserspubliek ontlok. Nou word hierdie Christene verkramptes

2 genoem wat oor ʼn kleinigheid soos hoof- en kleinletters ʼn debakel oor die 2016-Vertaling aan die gang gesit het asof dit slegs oor kleinletters gaan. Hierdie Christene word selfs smalend kleinletterbeswaardes genoem. Vele gelowiges staan skynbaar magteloos voor die aangestelde groot kenners van die brontale van die Bybel met die gesag van doktorale titels, die Bybelgenootskap van Suid-Afrika en die invloed van Kerkbode agter hulle. Vele ander kenners van die oorspronklike tale, ervare Bybelverklaarders (eksegete) en skrywers wat ʼn diepgaande studie oor die optrede van die Messias (Christus) in die Ou Testament gemaak het, het hulle ernstige ontevredenheid met sommige kernaspekte van die 2016-Bybelvertaling uitgespreek. Hulle is die sogenaamde aanvoerders van die beswaardes. Die getal ontevredenes neem dag na dag toe sodra mense hoor wat besig is om met hierdie amptelike nuwe vertaling te gebeur. Lees ʼn mens op die internet die kommentaar van die publiek op die vertaling, blyk dit dat die Bybelgenootskap en die vertalers teen ʼn magdom van besware stuit. Hulle kry weinig simpatie wanneer hulle hulself teen die beswaardes probeer verdedig al sê die vertalers dat die besware verdagmakery is. Die vertalers het ʼn sosiale, ʼn kerklike en ʼn Bybelprobleem geskep deur teen die verwagting van die meeste Bybellesers in, te doen wat hulle nou doen. Hoeveel beswaardes sal daar wees indien die vertalers by die Messiaanse gedeeltes hoofletters gebruik? waarskynlik slegs die Russeliete (Jehowa Getuies) en dalk enkele fynproewer Ou-Testamentiese akademici wat hulself so in die Ou Testament inleef dat hulle dit teen die Nuwe-Testamentiese skrywers se interpretasie wil beskerm. Die kerke wat ʼn nuwe vertaling aangevra het, het seker nie aangevra dat kleinletters vir Messiaanse Godsname in die Ou Testament gebruik moet word en dat die Here op sekere plekke slegs maar ʼn heer genoem word nie. Skynbaar het hulle wel gevra dat voetnote gebruik moet word om sekere agtergrond-inligting te gee. Dit was nie die bedoeling dat voetnote moet regstel wat in die vertaling verbrou is nie. Voetnote word nou onderaan wegvertaalde kleinletter Messiaanse gedeeltes geplaas om daarmee te sê dat die skrywers van die Nuwe Testament daardie gedeeltes as Messiaans beskou of vertolk het. Toe dit duidelik word wat besig is om te gebeur, het dit vanselfsprekend soveel onmin onder Christene veroorsaak dat dit lyk asof die vertaling van die Bybel so ʼn groot probleem geword het dat dit liewers gestaak moet word. Skynbaar is daar kerkleiers wat geen beswaar teen die kleinletters en die wegvertaling van die Godheid van die Messias het nie. Dit is werklik moeilik om dit te glo. Waarskynlik is die meewerkende kerke aan die begin van die vertaalproses wysgemaak dat hoofletters nie nodig is nie, aangesien voetnote tog sal sê dat die gedeeltes Messiaans is. Hulle behoort weer na die saak te kyk om vas te stel wat toe eintlik gebeur het en of hulle lidmate daarmee tevrede is. As die kerkleiers werklik tevrede is nadat hulle weer behoorlik na die saak gekyk het, moet hulle as ʼn eiesinnige minderheid gesien word. o Vertaal die Messiaanse gedeeltes soos wat dit vir Israel bedoel was om hulle Messias reeds in die Ou Testament te ken en te herken toe Hy inderdaad gekom het al het die meeste Jode vanweë die sluier oor hulle verstand, soos Paulus sê, Hom nie herken nie. Vir wie sal hoofletters skade aandoen? Alleen vir hom wat nie kan en wil sien dat Jesus die Messias van die Ou Testament is nie! o Die vertalers maak op hulle webwerwe en selfs in die gedrukte openbare media ernstig beswaar teen bewerings dat hulle Messiaanse gedeeltes in die Ou Testament wegvertaal. Hierdie voorlegging sal hierdie saak verder ondersoek. In hierdie geskrif word die name van vertalers of enige persoon by die Bybelgenootskap wat by die vertaling betrokke is, nie genoem nie. Alle aanhalings kom uit gedrukte inligtingstukke en uit die webwerwe van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Op die webwerf www.nuwekerkbybel.co.za onder

3 vraag & antwoord is daar artikels met die volgende opskrifte: Verdagmaking van die Bybel: ʼn Direkte vertaling, Verklaring van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika na aanleiding van ʼn petisie teen die vertaling van die nuwe Afrikaanse Bybelvertaling, Enkele opmerkings oor die kritiek op die vertaling van die Bybel in Afrikaans en Waarom word daar beweer dat Christus in hierdie beplande vertaling uit die Ou Testament wegvertaal gaan word?. Alle aanhalings in hierdie skrywe kan op die webwerwe en in enige ander inligtingstukke van die Bybelgenootskap nagegaan word en die name van artikelskrywers daarin gevind word. Indien daar enige twyfel oor enige aanhaling is, kan die skrywer hiervan persoonlik genader word. Dit gaan nie om persone nie, maar oor die saak. Dit is geen verdagmakery nie, maar ʼn saak wat veel groter is as die wens en wil van vertalers. Die Bybelgenootskap en die vertalers gebruik allerlei sogenaamde akademiese en teologiese redenasies en selfs statistiek oor vertalings in ander tale om Godsname en ander personale verwysings na die Messias (Christus, Gesalfde) met kleinletters aan te dui. So probeer hulle om mense te laat verstaan dat die eerste betekenis van sogenaamde Messiaanse gedeeltes in die Ou Testament nie Messiaans is nie. Die Bybellesende publiek of kerkganger wil niks met allerlei statistiek oor ander Bybelvertalings uit die gryse verlede tot op hede in vreemde tale te doen hê nie. Ou-Testamentiese teoloë se akademiese fynproewery oor letters staan die Bybellesers ook nie aan nie. Al wat hulle wil hê, is die Blye Boodskap van ʼn betroubare en verstaanbare Bybel wat uit die oorspronklike tale se beste manuskripte vertaal is en die beginseltradisie handhaaf dat daar met hoofletters na Christus in die Ou Testament verwys word. Dit is nie ʼn begeerte vanweë enige puntenerigheid of sogenaamde verkramptheid nie, maar het uit die wete van gelowiges gespruit dat die Ou-Testamentiese profesieë oor die Messias die waaragtigheid van die Bybel en Jesus Christus se Messiasskap bevestig. Die skryf van die Godsname vir die Messias in hoofletters is dan ʼn vanselfsprekenheid. Dit help ook om die Drie-eenheid van God soos wat dit reeds in die Ou Testament geleer word, duidelik na vore te bring. Indien die vertalers aan die bogenoemde verwagting voldoen het, sou hulle deur alle Bybellesende gelowiges vertrou gewees het. Die vertaling sou in vrede gelaat wees. Gelowiges sou na die voltooide vertaling uitgesien het. 2. Die vertalers se ywer vir ʼn saak wat geen evangelie is nie Die vertalers neem so sterk standpunt teen hoofletters in, asof dit vir hulle evangelie is om nie hoofletters te gebruik nie. Ter wille van die Bybelleser en die eer van God behoort die vertalers, om die minste te sê, hul teologiese voorveronderstellings en liefhebbery vir statistiek oor die gebruik van hoofletters-of-nie in ander tale, te laat vaar. Ter wille van versoening en tegemoetkomendheid moet hulle dit doen as hulle dit dan nou nie ter wille van die evangelie wil doen nie. Waarom wil hulle ter wille van ʼn saak wat geen evangelie is nie en in werklikheid teen die evangelie indruis, eiegeregtig optree en sodoende nog meer onenigheid tussen Christene veroorsaak en ʼn Bybel die wêreld instuur wat hulle nie weer kan terugtrek nie? Die vertaling is nie die Bybelgenootskap en vertalers se eiendom wat na hulle smaak berei moet word nie. Dit is die Woord van God wat die religieuse besit van ʼn volk en sy kinders en alle Bybellesende Afrikaanssprekendes word. Die vertalers kan alleen instrumente en diensknegte van God wees. As hoofletters by Messiaanse gedeeltes in die Ou Testament gebruik kan word om die Messias se optrede daarin duideliker raak te sien en te sien watter profesieë na sy toekomstige optrede in die Nuwe Testament verwys, is daardie hoofletters ʼn vanselfsprekende noodsaaklikheid. Die toets bly altyd wat mense van Jesus dink is Hy die Messias van die Ou Testament of ʼn ander Christus van die Nuwe Testament? Op Sy vraag aan Sy dissipels wie hulle dink Hy is, het Simon Petrus geantwoord: U is die Christus (die Messias), die Seun van die lewende God. Jesus

4 reageer op Petrus se verklaring deur te sê dat sy insig dat Hy (Jesus) die Messias van die Ou Testament is, ʼn openbaring van die Vader is. Die woord Seun (van God) het Petrus ook aan die Ou Testament ontleen. Sou die vertalers die vraag gevra word of Jesus die Christus van die Messiaanse beloftes in die Ou Testament is, kom hulle ontwykende antwoord in alles wat hulle geskrywe het daarop neer dat ons eerder moet vra wat die eerste betekenis van die Ou Testamentiese gedeeltes is wat deur die Nuwe-Testamentiese skrywers as Messiaans vertolk is. Die toets wat Johannes vir die ware geloof aanlê, is die getuienis of Jesus die Messias van die Ou Testament is, of nie. Die toets is nie hoe iemand meen die Nuwe Testament die Ou Testament oor Jesus vertolk nie, maar of Hy die Messias is. Johannes skryf:...en elke gees (1983-Vertaling: elkeen) wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie (1 Johannes 4:3). Wie is Christus wat ʼn mens soos ons geword het? Dit is die Gesalfde (die Messias) van die Ou Testament! In 1 Johannes 2:22 lees ons: Wie is die leuenaar behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is Hy wat in die Nuwe Testament die Here genoem word (en na Wie deurgaans met hoofletters verwys word!) Vir Petrus en Johannes en ander skrywers van die Nuwe-Testamentiese boeke was die Messiaanse karakter van die Ou Testament nie iets wat verborge was of dalk op iemand anders as die Messias kon dui nie. Vir Johannes was alles so duidelik dat die saligheid daarvan afhang. [Die vertalers erken of ontken nie uitdruklik dat Jesus die Messias van die Ou Testament is, of nie is nie, maar met dit wat hulle oor Hom sê, saai hulle soveel twyfel dat ʼn mens nie anders kan nie as om te wonder of hulle weet wie Hy nou eintlik in die Ou Testament is.] Om watter rede vertaal hulle Sy Naam op strategiese Messiaanse plekke in die Ou Testament so dat Hy onherkenbaar word? Waarom dan met so ʼn groot ywer hoofletters in verwysings na Hom in die Ou Testament beveg terwyl dit nie in die Nuwe Testament gedoen word nie? Dit is immers nie wat ʼn mens van Christen-Bybelvertalers sal verwag wat bely dat hulle in die Godheid van Jesus Christus glo en dat die Bybel die Christelike Bybel is nie. ʼn Mens kan nouliks glo dat hulle wat die eer en verantwoordelikheid ontvang het om die Woord van God vir ʼn volk en taalgroep te vertaal, nie begerig sal wees om Christus se Naam in die Ou Testament met hoofletters aan te dui nie. ʼn Mens verwag ook dat hulle oorversigtig sal wees om die Godsname wat vir die Messias in die Ou Testament gebruik word, te vertaal soos wat dit geskrywe staan. Hulle werk met heilige literatuur en nie met ʼn vertaling van Homerus of Plato se geskrifte wat hulle kan vertolk soos hulle wil nie. Die vertalers maak ook ernstige beswaar wanneer kritici sê dat die Messiaanse gedeeltes so vertaal word dat enige iemand in die Ou Testament as ʼn messias of enige ander godsdienstige figuur ingelees kan word. As Christus se Name as koning, die here of my heer of as verhewe wese vertaal word, is daar niks wat aanhangers van ander godsdienste verhinder om hulle figuur daar in te lees nie. Hulle sal sekerlik nie deur ʼn voetnoot wat lui dat ʼn Nuwe-Testamentiese skrywer die gedeelte as Messiaans vertolk het, afgeskrik word nie. Die vertalers skep ʼn vakuum wat deur enige antichris gebruik kan word om die wêreld daarop te wys dat Jesus volgens die Ou Testament nie die verwagte Messias is nie. Daar is haters van die Christendom wat ʼn vakuum soos dit deur die vertalers geskep is, sal misbruik. 3. Ongevraagde inmenging vanaf die kantlyn Die Bybelgenootskap en die vertalers se houding oor die gebruik van hoof- en kleinlettters is nie ʼn geïsoleerde saak nie. Dit moet in verband met ander teologiese voorveronderstellings gesien word. Die inleidende stelling wat in die eerste proefvertaling van Genesis gemaak is, is ʼn goeie aanduiding van die vertalers se teologie; o.a. hoe hulle die Bybel of ten minste die begin daarvan sien. Dit lui soos volg: Die naam Genesis beteken oorsprong of begin. Die boek begin daarom ook met ʼn gedeelte (1 11) bestaande uit verskillende vertellings wat die oorspronge van die mensdom probeer beskryf vanuit die godsdienstige oortuigings van die mense van die Bybelse tyd.

5 Die stelling sê dus dat Genesis 1 11 ʼn poging (ʼn probeer ) van die mense van Bybelse tye was om die ontstaan van die mensdom vanuit hulle eie godsdienstige oortuigings te verklaar. ʼn Definisie van wat mitologie is, sal min of meer dieselfde lui as daardie verklaring. Genesis 1 11 is dus volgens die vertalers mitologiese verhale en geen Godsopenbaring nie. As hulle sulke waaghalsige kommentaar binne die buiteblaaie van die Bybel wil invoeg, hoe kan ʼn mens hulle met die vertaling vertrou? Al sou hulle ná veel kritiek hierdie stelling verwyder, sê dit steeds wat dieper as agtergrondgedagtes by die vertalers skuil. Waarom moet die vertaler se teologiese mening vanuit die kantlyn die teks binnegeforseer word? Waarom moet die Bybelleser wat in die eerste plek meer van die Bybel wil weet, voorgesê word dat Genesis 1 11 nie openbaring van die Skepper sélf oor Sy skepping is nie? Is dit eenvoudige mense wat Genesis 1 11 as Godsopenbaring beskou en nou van hulle primitiewe en naïewe sienings genees moet word? As die 2016-Vertaling reeds aan die begin so wil voorsê en direkte Goddelike openbaring ontken, wat kan ʼn mens van die res van die vertaling verwag? As dit die eenvoudige mense van Bybelse tye is wie se beskouings in Genesis 1 11 opgeneem is, is die vertalers dan die groot natuurwetenskaplikes wat die antwoorde kan bied wat die ou mense met hulle sogenaamde mitologiese voorwetenskaplike wêreldbeskouing nog nie kon doen nie? ʼn Mens kry die idee dat die vertalers skaam is dat hulle deur voorstanders van die evolusionisme as oningelig beskou sal word. ʼn Professor, een van die persone wat leiding in die Vertaling neem, skryf op die webblad van die Bybelgenootskap spesiaal aan die beswaardes : Die Bybel is ook nie die woord van God omdat dit sonder enige weersprekings is of omdat dit wetenskaplik korrek sou wees in sy uitsprake oor die natuur of die geskiedenis nie. Die Bybel is die woord van God waar die Heilige Gees dit, nieteenstaande die weersprekings en foute wat ons daarin kan uitwys, gebruik om mense tot geloof te bring... [Een van die kante van ʼn weerspreking is ʼn leuen of ten minste ʼn vergissing.] ʼn Mens kan net wonder hoe eg geloof kan wees as die Heilige Gees ook weersprekings, foute en vergissings gebruik om die geloof in mense se harte te plant. Die Gees gebruik immers die geopenbaarde Woord om daardie geloof te bewerk. Watter gedeeltes van daardie Woord is eg en watter gedeeltes is foute en vergissings? Watter deel van ons geloof is eg en wat is vergissings wat die Heilige Gees gebruik het om ons tot geloof te bring? In dr. Willie Marais se boek Die Bybel in die Weegskaal verduidelik hy op ʼn meesterlike wyse dat die sogenaamde weersprekings en foute die gevolg van verkeerde vertaling, foutiewe manier van verstaan en moontlike oorskryffoute is. Opgrawings en suiwer historiese navorsing het ook bewys dat dit wat in die verlede in verband met die Bybelse argeologie en geskiedenis as weersprekings en foute gesien is, toe nooit foute was nie. Hoe meer die wetenskap op verskeie terreine vorder, hoe meer het dit reeds, en hoe meer sal dit in die toekoms bewys dat die Bybel die wetenskappe inderdaad ver vóór is. o Dit is duidelik dat die vertalers wat by Genesis betrokke is, geen nuwe indringende studie oor Genesis 1 11 gedoen het nie. As hulle dit gedoen het, sou hulle gesien het dat ons hier met klinkklare geskiedenis te doen het wat God aan Moses meegedeel het. Dit is Godsopenbaring. 4. Die redenasie van die vertalers: Die Hebreeus gebruik nie hoofletters nie Dit gebruik nie hoof- óf kleinletters nie. Dit gebruik slegs letters. Dit is neutraal. Daarom het die Hebreeuse skrif niks te doen met watter lettertipe in vertalings gebruik word nie. Maar nou gryp die vertalers ʼn eienaardige redenasie aan, naamlik dat, aangesien die Hebreeus nie hoofletters gebruik nie, verwysings na die Messias nie met hoofletters geskryf hoef te word nie. Waarom skryf hulle dan die woord God met ʼn hoofletter? Dit is in die Hebreeus immers ook nie (volgens die vertalers) met ʼn hoofletter geskryf nie! Wees dan konsekwent en skryf god ook met ʼn kleinletter. Dit sal die vertalers nie doen nie. Daar kan net een rede daarvoor wees: God is God; die Messias in die Ou Testament is nie God nie! Daar is ʼn Nuwe Testamentiese Messias (Christus, Gesalfde) wie se Godheid die vertalers

6 erken, maar in die Ou-Testament is hy ʼn verhewe wese, ʼn koning, ʼn gesalfde of iemand se heer. As die Hebreeus nie hoofletters gebruik nie, waar kry die vertalers die hoofletters vandaan om die Verbondsnaam van die Here (Jahweh) in die proefvertaling as HERE te skryf? Die Verbondsnaam van die Here dui immers op die Messias. Die vertalers sien dit skynbaar nie so nie. As personale verwysings na Christus in die Nuwe Testament met hoofletters gespel word, waarom dan nie in die Ou Testament dieselfde doen nie?! Die oorspronklike Griekse teks van die Nuwe Testament gebruik ook nie hoof- en kleinletters vir Godsname nie. Dit gebruik ook slegs letters. Doen dan die logiese ding en gebruik in die Nuwe Testament kleinletters vir predikate wat na Christus verwys. Dan kan daar maar na Hom as die christus verwys word en Hy as hy geskryf word. Dan kan Johannes 1:1 ook maar sê: In die begin was die woord. (Hy verwys immers na die Ou Testament. Die vertalers gebruik kleinletters vir dieselfde Persoon in die Ou Testament wat hulle in die Nuwe Testament met hoofletters spel.) Dan kan die Vader ook maar as vader geskryf word. Christus is die Middelaar van die ewige genadeverbond wat beide testamente insluit. In beide testamente is Hy dieselfde Persoon. Om watter rede hoegenaamd wil vertalers dan verwysings na die Messias in die Ou Testament met kleinletters skryf as hulle in die Godheid van Christus glo? Dit kan seker nie so wees dat hulle glo dat die Messias van die Ou Testament en Jesus Christus nie dieselfde Persoon is nie of hoe? Indien Jesus, wat die vertalers betref, nie op grond van die Ou Testament die Messias is nie, is daar wel rede om op grond van Nuwe-Testamentiese gegewens in Sy Godheid te glo. Jesus het egter self Sy Messiasskap hoofsaaklik op die Ou Testament begrond. Indien die vertalers op grond van die Ou- Testamentiese getuienis in Jesus se Godheid glo, sou ʼn mens verwag dat hulle begerig sal wees om in die Ou-Testamentiese gedeeltes hoofletters vir die Messias te gebruik. Hulle spel dan God met ʼn hoofletter! Gesindheid teenoor die Godheid, Jesus se eie getuienis, logika, konsekwentheid en geloof sal dan die deurslag gee of hoof- of kleinletters gebruik sal word nie allerlei ongegronde of sodanige akademiese redenasies of statistiek oor ander Bybelvertalings nie. Kyk gerus na een van die redenasies wat voorkom in die Bybelgenootskap se webblad-artikel, getitel: Enkele opmerkings oor die kritiek op die vertaling van die Bybel in Afrikaans. Hierin word teen die gebruik van hoofletters standpunt ingeneem en u kan ʼn logiese afleiding maak: Die Griekse vertaling van die Ou Testament, naamlik die Septuaginta, wat ook die Bybel was waaruit die skrywers van die Nuwe Testament aangehaal het, gebruik nie hoofletters by enige van die tekste in die Ou Testament waaroor dit gaan nie. n Eienaam, soos Immanuel, word wél met n hoofletter geskryf. Verder: Dieselfde vertaling wat vir eeue die Bybel van gelowiges was (die Septuaginta), gebruik trouens nie eens ʼn hoofletter vir God nie. Dan volg: Beteken dit dan dat die vertalers van die Septuaginta ook die godheid van God misken het? In die webblad-artikel, getitel: Waarom word daar beweer dat Christus in hierdie beplande vertaling uit die Ou Testament wegvertaal gaan word? Lees ons verder hieroor: Dit is opvallend dat nie in een enkele geval daar in die Griekse vertaling van die Ou Testament (die Septuaginta) ʼn verskil in skryfwyse (bedoelende hoof- en kleinletters) is in gedeeltes wat in die Nuwe Testament as verwysings na of beloftes van die koms van die Messias aangedui word nie. Die antwoord hierop hou ʼn verrassing vir die leser in: Die Septuaginta dateer uit die derde eeu vc. In die tyd toe die Septuaginta vertaal is, was alle letters in die Griekse skrif slegs in hoofletters geskryf, en so is dit tot ongeveer 900 nc volgehou. Latere uitgawes gebruik wel hoof- en kleinletters. In die publikasie, getitel: The Septuagint with Apocrypha: Greek and English (deur Sir Lancelot CL Brenton. Hendrickson Publishers, 1986, heruitgawe van 1997) verskyn o.a. die volgende Name van Christus (in Messiaanse profesieë) wel met hoofletters: Christus (Gesalfde, Psalm 2:2), God (Psalm 45:6-7) en Here (Psalm 110:1 en Maleagi 3:1). Deurgaans word in hierdie uitgawe die woorde God (Theos) en

7 Here (Kurios) wel met hoofletters geskryf. Die bogenoemde bewerings op die webblad van die Bybelgenootskap is dus foutief. Vanwaar dan die sterk redenasie dat dit opvallend is dat die Septuagint in geen geval (!) hoofletters gebruik nie? Is dit eerlik? Moet ʼn mens dan nou sê dat die vertalers op hierdie wyse ratte voor die oë van lesers probeer draai? Is daar dan ʼn slang in die gras? [Hierdie is vrae wat ʼn antwoord vereis. Moenie net sê dat dit verdagmakery is nie.] Sedert die koms van die Romeinse (Latynse) skrif wat van beide hoof- en kleinletters gebruik maak, is God nog altyd met ʼn hoofletter gespel. (As die Bybelgenootskap dit wil ontken, moet hulle bewyse na vore bring.) Om dit nie te doen nie, sou op die ontkenning van Godheid neerkom net soos wat die Godheid van die Messias met die skryf van kleinletters ontken word. Wat is die beginsel en die praktyk van die saak? Hoofletters in tale wat daaroor beskik, dui in skrif hoofdelikheid aan. Dit is die universele beginsel van die gebruik van die hoofletter. In die praktyk wat met die beginsel moet ooreenstem, word die hoofletter dan gebruik om ʼn onderskeid te tref soos om die begin van ʼn sin aan te dui, name weer te gee, woorde in sinne tipografies ter wille van klem (hoofdelikheid) aan te dui, en nog ander sake soos waardigheid en majesteit (in sekere tale) en selfs meervoudigheid en Godheid te beklemtoon. Die kleinletter in skrif dui ondergeskiktheid in die verhouding met die hoofletter aan. Ondergeskiktheid in skrif is dus die beginsel van die kleinletter. Die twee skryfwyses is nie neutrale simbole wat na willekeur gebruik kan word nie, veral nie waar ʼn mens met die Godheid te doen het nie. Die beginsel van elk (hoof- en kleinletter) dikteer onder meer ook religieuse, psigiese en sosiale waardes en, aan die ander kant, neutrale- of onwaarde in hierdie dissiplines. ʼn Mens kan sê dat die beskikbaarheid van hoof- en kleinletters ʼn gebruik geskep het wat nou nie meer verander kan word nie. Sodra ons die woord god uit eerbied met ʼn hoofletter God skryf, sal enige verwysing na die Messias met ʼn kleinletter, die idee van ondergeskiktheid skep. Dit wil die vertalers seker nie graag doelbewus doen nie. Aangesien die gelowige in die Skrif van álle skrif ʼn goddelike eerbied teenoor die Godheid wil betoon, sal hy die hoofletter gebruik waar die skryfsimbole wat hy gebruik, daarvoor voorsiening maak. Doen hy dit nie, is die eerbied nie daar nie en en moet hy teen die gebruik en die beginsel in, ander redes soek om homself te regverdig. Dit kan as moedswilligheid gesien word. Paulus wat so hartstogtelik wou hê dat sy Jodebroers Jesus in die Ou Testament moes raaksien, sou waarskynlik hoofletters aangegryp het as hy die Ou Testament vir hulle moes vertaal. Die skrywer van Hebreërs probeer sy bes om vir die gebrek aan hoofletters in die Ou Testament te vergoed waar hy byvoorbeeld sê:... terwyl Hy (die Messias) soveel uitnemender geword het as die engele namate Hy ʼn voortreflike naam geërf het as hulle en waar hy vra:... aan wie van die engele het Hy (God) ooit gesê: U is my Seun... en van die Seun sê: U, troon, o God, is tot in alle ewigheid... en... aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan my regterhand...? As die Ou-Testamentiese Hebreeus oor hoof- en kleinletters beskik het, het die hoofletters by die name van die Messias reeds gesê wat die skrywer van Hebreërs nou as t ware moet uitskreeu. Daar kan nou wel geredeneer word dat, indien die Ou-Testamentiese vromes die Messias herken het en in Hom geglo het, hulle Hom uit geskrifte sonder enige opmerklike skryfsimbole soos hoofletters geken het. Indien hulle slegs vanweë mondelinge getuienis in Hom geglo het, is dit tog ook so dat spraak nie in hoof- en kleinletters tot ʼn mens kom nie. Die geloof in Hom is dus nie van groot of klein skryfsimbole afhanklik nie, maar van die werk van die Heilige Gees. Die redenasie kan dan wees dat dit nie nodig is om hoofletters vir die Name van die Messias in hedendaagse vertalings van die Ou Testament te gebruik nie, aangesien die Heilige Gees die werk sonder hoofletters kan doen. Vanselfsprekend is dit waar, maar dan moet God ook as god geskryf word. Tog is dit nou so dat die

8 gebruik ontstaan het om God en Godsname met hoofletters te skryf, waar ʼn skryftaal wel daarvoor voorsiening maak. o Aangesien ons dan nou met ʼn alfabet geseën is wat hoofletters gebruik, waarom moet ons nie ter wille van die evangelie van Jesus Christus daarvan gebruik maak nie?! 5. Wie is die Messias in die Drie-eenheid? Bybellesers weet dat die Naam (of titel) Christus die Nuwe-Testamentiese vertaling van die Naam Messias in die Ou Testament is. Die Messias in die Ou Testament is een van die Persone in die Goddelike Drie-eenheid. Al kom die term Drie-eenheid nie direk in die Bybel voor nie, is die belydenis van die Drie-eenheid die kernbelydenis van die Christelike geloof. Geen redenasie kan hieroor gevoer word nie, aangesien die selfgetuienis van die Bybel, Ou- en Nuwe Testament, daarop wys dat die Vader, die Seun en die Heilige Gees in ʼn Wesenseenheid die God van die Bybel is. So het die Nuwe- Testamentiese gemeentes van die begin af verstaan en geglo al het dit eeue geneem om hierdie belydenis uit die Bybel se selfgetuienis suiwer te bewoord vir sover menslike woorde daartoe in staat was. Ons het ongelukkig geen Goddelike woorde om oor die Wese van God te praat nie. Die Bybelskrywers praat van die Vader en die Seun sonder om daarmee te sê dat God ʼn Seun het soos wat ons vader en seun verstaan. Die Seun is dus nie aan die Vader op een of ander manier ondergeskik soos wat dit in menslike verhoudings is nie. Moses het nie ʼn god in die meervoud uitgedink nie. Hy het die Here in die woestyn ontmoet en Sy Naam in die enkelvoud gehoor: EK IS WAT EK IS. Tog skryf hy later, heelwaarskynlik tydens die woestyntog, in Genesis 1 hierdie Een Persoon in die meervoud, Elohim, slegs omdat hy dit so by God self moes gehoor het toe hy dikwels met die Messias van aangesig tot aangesig in gesprek was (Eksodus 33:11). Ons kan dus sê dat God Homself reeds in Genesis 1:1 as die Drieënige in Sy Wese begin openbaar het. Wanneer Jesus in Johannes 8:58 sê:...voordat Abraham was, is Ek, sê Jesus dat Hy ewig is net soos die Vader. Hy gee geen herinterpretasie of vertolking nie. Hy sê: EK IS. Ons lees in Genesis 1 dat God gesê het: Laat Ons mense maak. Die vertalers sê dat die meervoudsvorm Elohim ʼn soort van koninklike meervoud of Goddelike binnespraak is waarskynlik soos ʼn enkeling wat ingedagte met homself praat. In die Bybelse Hebreeus bestaan daar nie iets soos ʼn koninklike meervoud (majesteitspluralis) nie, soos daar in die Engelse taal na die koning ter wille van waardigheid in die meervoud verwys word. In verband met God dui die meervoud Elohim op majesteit van veelheid en nooit op die majesteit van waardigheid nie. ʼn Groot hoeveelheid water is waters en die baie sterre wat baie hoog is, is die hemele. Vandaar die ontsag by die nietige mens vir dit wat méér is as wat hy as enkeling is. Die meervoud Elohim kan dan slegs ʼn meervoudsvorm wees wat in die veelvuldige grootheid van die Godheid ontsag by die mens wek. Ons dui dus op die veelvuldigheid wat ons in die lig van verdere openbaring die Drie-eenheid noem. In Hebreeus is daar ʼn Wesensmeervoud wat slegs in verband met God gebruik word. Ons kan die Messias reeds in die Naam Elohim (ʼn meervoudsvorm van El) in Genesis 1 herken. Die Nuwe Testament gee nie in die Trinitariese uitsprake wat dikwels voorkom, ʼn nuwe betekenis aan die Ons van Genesis 1:26 nie, maar erken in daardie uitsprake die oorspronklike en eintlike betekenis daarvan. Dit sê wat die oorspronklike betekenis daarvan is. Daar is in die Ou Testament gedeeltes wat duidelik van die Vader spreek of waar die klem op die Vader val. Net so is daar gedeeltes wat duidelik van die Heilige Gees spreek en gedeeltes wat duidelik van die Messias spreek. In Genesis 1:1 lees ons dat God die heelal geskep het. Hier val die klem op die Vader, aangesien dit in die Nuwe Testament gesê word dat God die Vader geskep het, maar deur Christus. Die

9 Vader is dus op een of ander manier in Genesis 1:1 primêr, terwyl God (Elohim, ʼn meervoudsvorm) in Genesis 1:1 ook op die Messias en die Heilige Gees dui. Gedeeltes in die Ou Testament waarvan ons dan sê dat dit Messiaans is, is daardie gedeeltes waar daar duidelik na die Tweede Persoon in die Goddelike Drie-eenheid verwys word. Die Bybel, Ou- en Nuwe Testament, is Trinitaries. Dit kan gesê word dat elke keer wanneer die woord God (Elohim) en die Name HERE (Jahweh) en Here (Adonai) in die Bybel gebruik word, hierdie Name ook op die Messias dui, net soos wat dit op die Vader en die Heilige Gees dui. Die naam sal in die verband waarin dit gebruik word en in die lig van die Nuwe Testament, ons lei om te weet waar dit op die Messias dui, of dan andersins. In werklikheid is dit nie altyd moontlik om te onderskei nie en ook nie altyd nodig nie. Al die Godsname is in die Ou Testament trinitaries intergebruiklik, maar tog so dat ons kan onderskei meer so in die Nuwe Testament. Daarom is dit vanselfsprekend dat al die Name waarmee die Messias aangedui word, in beide testamente met hoofletters gespel sal word. Dit is immers hoe daar in vertalings na God verwys behoort te word. (Met dit alles gesê, word steeds in gedagte gehou dat die verband waarin die woorde Adonai en Elohim voorkom, telkens aandui of dit na God of na ʼn gewone mens verwys.) o As die vertalers so nié-konfessioneel wil vertaal dat hulle nie die leer van die Drie-eenheid respekteer nie, vertaal hulle nie in ooreenstemming met die selfgetuienis van die Skrif nie. Trouens, die belydenis dat daar ʼn God is, is reeds konfessioneel. ʼn Werklike nie-konfessionele vertaling sal God ook uit die Bybel moet uitvertaal. O Aangesien Christus reeds in die Ou Testament die Middelaar tussen die Vader en die mense is en Hy die Boodskapper van die verbond is, staan Hy in die Bybel sentraal. Die Bybel het as openbaringsmiddelpunt die Persoon van Jesus Christus, die Middelaar. Niemand het ooit die Vader gesien nie, maar Christus kom reeds in die Ou Testament in Sy voorbestaan sigbaar na mense toe. Die Ou-Testamentiese gelowiges het geweet dat die onsienlike God self in hierdie Persoon direk met hulle kontak gemaak het. In die Nuwe Testament staan Hy as Persoon ook sentraal. Al is die Vader gedurig in Sy gedagtes en al kom die Heilige Gees in Sy plek ná Sy hemelvaart na Sy volgelinge toe as die Trooster, staan Hy steeds so sentraal dat Hy in die Openbaring aan Johannnes weer die Hoofkarakter is. o Enige poging om die Messias in die Ou Testament as Hoofkarakter op enige wyse (soos deur kleinletters) te misken, tas die belydenis van die Drie-eenheid en die Wese van God aan. Om daarteen te waak, moet alle verwysings na God in die ganse Bybel met hoofletters geskryf word. Skryf alle Godsname met hoofletters! o As ʼn vertaler ʼn nie-godsdienstige roman, soos vanuit Duits na Afrikaans vertaal, en hy die hoofkarakter uit die roman uitvertaal of sy karakter vervaag, sal daar niks of nie veel van die roman oorbly nie. Dieselfde kan in Bybelvertaling gebeur. Letterkundig gesproke is die karakters in ʼn verhaal, veral die hoofkarater, die materie van die verhaal soos wat hulle/hy in tyd en ruimte optree. Word Christus in die Ou Testament vervaag, vervaag die openbaringshistoriese karakter van die Bybel en word die ruimte waarbinne Hy optree, ʼn geslote boek. Dan het die Ou Testament, en in werklikheid die hele Bybel, sy waarde verloor. Die vertalers maak dus met die gebruik van kleinletters en met o.a. die vertaling van die Gesalfde as die gesalfde en soms verkeerdelik Adonai as heer, die hele Bybel kragteloos. In Psalm 2:1, 2 word die vraag gevra waarom die nasies woel en die volke nietige dinge bedink. Dan, Die konings van die aarde staan gereed en die vorste hou saam raad teen die HERE (Jahweh) en teen sy Gesalfde (Sy Messias). Vers 4 sê: Die Here (Adonai) spot met hulle. Is die Gesalfde dan nie Adonai

10 nie? Dit is ʼn Godsnaam vir die Messias, net soos wat die Naam Jahweh op die Vader of die Seun of die Heilige Gees kan dui. Vers 11 sê: Kus die Seun maak vrede met die Seun dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie... Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil by die Seun! Dit word nêrens in die Bybel gesê dat mense by een of ander heer of ongeïdentifiseerde gesalfde of seuntjie moet skuil nie. Die vertalers skryf seun. o Hoe kan die Bybelvorste beweer dat dit verdagmakery is wanneer dit gesê word dat die Messias uit die Ou Testament uitvertaal word? Presies hier waar dit gesê word dat mense teen die Here en Sy Gesalfde saamspan, vertaal die vertalers die Gesalfde (Messias, Christus) sodat Hy na ʼn gewone mens lyk. Psalm 2 betrap die vertalers op heterdaad. o Kan dit wees dat vertalers van die Bybel saam raad hou teen die Here en Sy Gesalfde? Hulle maak dat die volk vir wie hulle ʼn Bybel vertaal, woel en nietige dinge bedink. Hulle help om die samelewing te laat verval. Dit is inderdaad wat gebeur wanneer die Bybel nie meer volledig die Bybel is nie. 6. Wie is die Engel van die Here in die Ou Testament? In die gebeure wat in Rigters 13 meegedeel word, sien Manoag en sy vrou ʼn Man wat die Engel van die HERE genoem word. Uit die gebeure is dit duidelik dat hulle Hom van aangesig tot aangesig gesien het. Hulle bied vir Hom selfs iets te ete aan. Op navraag verswyg Hy Sy Naam, omdat dit wonderbaar is bó Manoag en sy vrou se begrip. Toe Hy weg was, getuig Manoag dat hulle vir God gesien het. [Later noem Jesaja Hom dan ook o.a. Wonderbaar (9:5)] Dit is maar een van die gevalle in die Ou Testament waar die Engel van die Here (ook Engel van die verbond en Engel van Sy aangesig = Gesig van God genoem, met mense kontak maak. Eers nadat Hy weg is, besef hulle dat die Persoon nie maar net ʼn mens was nie, maar die HERE GOD self! Josua het ook gedink dat hy ʼn gewone mens sien. Gou besef hy egter dat hy met die Engel van die Here te doen het en aanbid Hom (Josua 5:13-15). Waar Hy aanbidding toelaat, weet ons dat dit die Messias as Goddelike Persoon is. Daar is gevalle waar die engel van die Here na ʼn gewone engel verwys. Alleen uit die verband is dit dan duidelik of daar na die Messias of na ʼn engel verwys word. Toe Moses die brandende doringbos in die woestyn sien, hoor hy die stem van die Engel van die Here. Moses skryf in Eksodus 3:4 dat dit die HERE (Jahweh) is Wie se stem hy hoor. Die Engel noem Homself die God (Elohim) van Abraham, Isak en Jakob; die God wat sê: EK IS WAT EK IS. Wanneer Jesus later in Johannes 8:58 sê:...voordat Abraham was, is Ek, verklaar Hy dat Hy die God van Abraham is. Hy interpreteer nie die Naam van God nie. Hy sê dat Hý daardie God is. Volgens Genesis 48:15 en 16 sê Josef dat die God van Abraham die Engel is wat hom uit elke teëspoed verlos het. God is nie ʼn engel nie. Engele is geskape wesens. Die Messias word ʼn Engel genoem, aangesien Hy die Boodskapper in die Drie-enige God is. Die vereenselwiging van die Engel van die Here met God self, is iets wat veelvuldig in die Ou Testament gedoen word. Selfs in 1 Thessalonisense 4:16 is die stem van Jesus ook die stem van die aartsengel (wat ook die Engel van die Here is). Hierdie tema word dus selfs in die eindgebeure voortgesit. Terwyl die vertalers dan bely dat hulle in die Godheid van Christus glo, behoort hulle geen probleem te hê om in Messiaanse gedeeltes soos in die verwysing na die Engel van die Here in die Ou Testament, hoofletters te gebruik nie. [Kyk na die proefvertaling van Maleagi 3:1 waar die Here, my here word.]

11 o Die Messias is nie ʼn skim wat tussen kleinletters, tussen konings, verhewe wesens, my heer, ʼn seun en dergelike wesens kan verdwyn nie. [Wat sal in die 2016- Hoofletteruitgawe met hoofletters aangedui kan word as daar min oorbly wat met hoofletters gedruk kan word? Daar moet net één nuwe vertaling wees en dit is die regte een. Alles of niks!] O Aangesien die Engel van die Here nie los te dink is van die Drie-enige God nie, is die vertalers verplig om die weergawe van die Godsname soos wat dit in die Bybel geskrywe staan, te skryf soos dit daar staan. Dan sal hulle ook hoofletters moet gebruik, want so verwys ons na God. Voetnote wat sê dat die skrywers van die Nuwe Testament God in die Messiaanse uitsprake gevind het en as verwysings na God vertolk het, ontken veel van God in die Bybel. Ons het immers met die Drie-enige God te doen. Dit is te verstane dat Johannes geskryf het dat wie die Seun loën, ook die Vader loën. Dit kom daarop neer dat wie die Seun loën, ook die Heilige Gees loën. Jesus se gebed. Alle gevalle waar mense in die Ou Testament ʼn Man gesien het en dit duidelik is dat hulle nie met ʼn engel te doen gehad het nie, moet in verband met Jesus se gebed in Johannes 17, naamlik vers 5, gesien word: En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was. Dit bid Jesus pas voor Sy gevangeneming. Die verheerliking waarvoor Hy vra, wys na ánderkant die kruis na Sy opstanding en hemelvaart heen. Sy opstanding het nie ingehou dat Hy onliggaamlik geword het om Sy heerlikheid terug te kry nie. Toe Sy dissipels Hom eenmaal ná Sy opstanding sien, het hulle gedink dat hulle ʼn gees sien. Dan antwoord Hy hulle dat ʼn gees tog nie vlees en bene het soos wat hulle sien dat Hy het nie (Lukas 24:39). Vanselfsprekend was dit dit nie vir Hom nodig om te sê dat ʼn gees nie bloed het soos wat hulle sien dat Hy het nie. Die opgestane Jesus is vlees en bloed. Hy is liggaamlik. Hy eet selfs saam met Sy dissipels. Hy kom in die Ou Testament na mense toe op dieselfde manier as wat Hy ná Sy opstanding op pad by die Emmausgangers aangesluit het en toe Hy te midde van geslote deure die vertrek binnekom waar Sy dissipels hulself toegesluit het (Johannes 20:19). So sien ons dan dat Jesus in die Nuwe Testament en die Engel van die Here in die Ou Testament op dieselfde wyse opgetree het en volledig met mekaar vereenselwig moet word. o Die Engel van die Here is nie ʼn boodskapper van God nie, maar die Boodskapper in die Drieenige God wat boodskappe na mense bring. Gewone engele is o.a. boodskappers van God. Die Engel van die Here word duidelik in die Ou Testament God genoem. Hy is die Messias. o Waar Jesus, in die Ou Testament, in die vorm van ʼn man verskyn het (Genesis 18:1-2; 32:24-30; Joshua 5:13-15; Rigters 13:3, 6) was dit telkens ʼn profesie dat Hy later ten volle mens sou word (maar ook God sou bly). 7. Die vertalers se Skrifbeskouing Die verstaan van die eenheidsverhouding tussen die twee testamente is in ʼn vertalingsproses van uiterste belang. Soos wat ons weet, is daar in die Bybel vanaf Genesis 1:1 tot aan die einde van Openbaring ontwikkeling in die openbaring wat openbaringshistoriese voortgang genoem word. In die begin egter, was die Woord reeds daar (Johannes 1). Hy is dus van ewigheid af die openbaringsmiddelpunt en die Middelaar tussen God en die mense. Dit is Hy wat die openbaring van God in die geskiedenis soos ʼn blom ontvou. Toe die Ou Testament in wording was, was daar vanselfsprekend nog nie ʼn Nuwe Testament nie. Nou is sommige teoloë soos die vertalers van mening dat die Ou Testament geheel op sy eie geneem moet word en in elke stadium van sy ontwikkeling volledig vanuit homself direk verklaar moet word

12 (direkte vertaling op ʼn verkeerde manier aangewend!) Die standpunt lei daartoe dat bv. Genesis 1 11 as ʼn afsonderlike eenheid geneem word en vanuit die gedeelte self as mitologie (stories van mense en nie die Woord nie) verklaar moet word. Uiteindelik moet die hele Ou Testament dan as on-nuwe- Testamenties verstaan, verklaar en vertaal word op so ʼn manier asof daar geen Nuwe Testament bestaan wat die voortgaande vervulling van die Ou Testament is nie. Dit is Judaïsme en nie Bybelse Christendom nie. Vir ons is die hele Bybel die Christelike Bybel. [Dit erken die Bybelvertalers in beginsel wel.] Die Messias kom nie eers in die Nuwe Testament na vore nie. Die vertalers redeneer seker ook soos in Die Bybel in Praktyk dat die Messias vanuit Nuwe Testamentiese inligting in die Ou Testament ingelees moet word so asof Hy nie vanself daar is nie. Dit veronderstel ook dat die Heilige Gees wat in die profete gewerk het, nog nie in die Ou Testament van die Messias geweet het nie. Het Hy ook maar gedink dat die Gesalfde (wat Hy van ewigheid af tot Verlosser gesalf het) een of ander koning, dalk Israel self of een of ander seun van ʼn koning was? Selfs die ware gelowiges in die Ou-Testamentiese tyd het uit die geskrifte van die profete geweet wat die Messias in die toekoms gaan doen al het hulle nie al die besonderhede geken nie. Met die inligting wat óns nou oor Hom het, kan ons Hom selfs uit Genesis 1:1 uitlees en nie daar inlees nie. Die Gesalfde is van ewigheid af gesalf en was van ewigheid af die Tweede Persoon in die Goddelike Drie-eenheid. Die Raad van God wat van ewigheid af bestaan, is nie in los eenhede van twee testamente opdeelbaar nie. Die Nuwe Testament is nie ʼn nuwe begin met ʼn nuwe inhoud wat nog nooit in die Raad van God bekend was nie. Beide testamente is één Godsopenbaring soos wat Sy Raad in die geskiedenis deur die Drie-enige God gaandeweg ontvou. Die Woord van God is van altyd af ʼn eenheid. Dit wat Hy van ewigheid af tot in alle ewigheid bedoel het, is Sy één Woord wat vóóraf in sy geheel sonder menslike taal bestaan het. In die begin was die Woord en die woorde wat gehoor sal word. Met die verloop van tyd het God Sy bedoeling in gebrekkige mensetaal ooreenkomstig menslike bevatlikheid in ʼn bepaalde tyd weergegee en in die geskiedenis soos ʼn roosknop laat ontvou. God het immers nie eers in die tyd van Josef en Maria besluit dat daar Iemand soos Jesus Christus moet wees nie. Die Bybel leer duidelik dat Hy reeds in God se ewige Raad was. Daarom tree die Messias in die Ou Testament as die Here op of eerder, ís Hy die Here. Christus (die Woord) was by die skepping betrokke. Paulus skryf dat God deur Hom al die sienlike en onsienlike dinge geskep het. Dwarsdeur die geskiedenis van die skepping en daarná, tree Hy op. Die beste metode om Sy bedoeling in die Bybel te vind, is om die ganse Skrif soos sonlig deur ʼn brandglas te stuur en telkens elke vers of gedagte op sy beurt afsonderlik in die branding te skuif om sodoende die lig van die ganse geopenbaarde spreke van God op daardie enkelheid te laat val. So sal die Messias reeds in Genesis 1:1 in die meervoudsnaam Elohim te sien wees daar waar Hy nog altyd was as die Woord deur Wie alles geskep is. o Vertaling moet Personaal-intertestamentêr-grammatikaal wees. ( Personaal verwys na die Persone in die Goddelike Drie-eenheid wat van Genesis 1:1 af spreek. God doen dit in één woord wat in twee testamente ingedeel word. Hy doen dit in sekere tale met hul eie grammatiese strukture. Hierdie drieheid sal in die bylaag aan die einde as ʼn vertaalbeginsel verduidelik word). Die Skrif is ʼn panorama. Ons moet die hele landskap van bo af sien en nie in die vallei in enkele klippe die geheel probeer verstaan en verklaar nie. In ʼn allegoriese sin: Die kruis en die leë graf is op die hoogste kruin van die hoogste Berg van Verheerliking op aarde. Eers van daar af word alles duidelik wat God in hierdie bedeling vanaf Genesis 1:1 af aan ons geopenbaar het niks minder in die Ou Testament as in die Nuwe Testament nie!

13 8. Die terminologie van die vertalers Christus wel in gedrang! Die gewone Bybellesers is egter nie almal oningelig nie. Hulle weet van die gewraakte herinterpretasie-teologie wat sê dat Christus Ou-Testamentiese gedeeltes herinterpreteer het en dit op Hom van toepassing gemaak het. ʼn Woordvoerder van die Bybelgenootskap sê prontuit: Die enkele saak waaroor dit gaan, is die vraag of woorde in die Ou Testament wat in die Nuwe Testament aangehaal en op Jesus Christus van toepassing gemaak word (my beklemtoning), in die Ou Testament met hoofletters gedruk moet word. Dit skep die indruk dat die Gees van Christus wat in die Ou-Testamentiese profete werksaam was, nie destyds al geweet het wie Christus is en wat Hy sal kom doen nie. Om verder te wys hoe die Bybelgenootskap en die vertalers dink en hoe hulle hul terminologie gebruik, is dit nodig om hulle eie woorde uit hulle dokumente aan te haal. (Skuinsgedrukte woorde en ander beklemtonings is in die aanhaling bygevoeg). Die redenasies van die vertalers klink by die eerste lees daarvan nogal geloofwaardig veral waar hulle verduidelik dat voetnote onderaan Ou- Testamentiese gedeeltes sal wys hóé Messiaans die Ou Testament is en dat hulle Hom hoegenaamd nie wil wegvertaal nie. Lees hulle redenasies behoorlik. Sodra dit aan ʼn paar toetse onderwerp word, kom ʼn mens tot die besef wat hulle werklik bedoel. Die toets word hieronder gedoen. In ʼn inligtingstuk van die Bybelgenootskap wat in Junie 2008 uitgestuur is, lees ons onder die opskrif: DIE AANDUIDING VAN GEDEELTES IN DIE OU TESTAMENT WAT IN DIE NUWE TESTAMENT CHRISTOLOGIES GEÏNTERPRETEER WORD, die volgende: [vetgedrukte letters is bygevoeg]: Een van die vrae waarmee die samestellers van die werkboek vooraf geworstel het, was hoe om die teksgedeeltes in die Ou Testament wat in die Nuwe Testament vertolk word as verwysings na Christus aan te dui en nog steeds getrou te bly aan die bronteks en die integriteit van die teks te handhaaf. [Die werkboek is die bloudruk waarin die vertaalbeleid van die vertalers uiteengesit word.] Hulle wil die integriteit van die Ou-Testamentiese bronteks beskerm, maar die Nuwe-Testamentiese vertolking van sekere gedeeltes van die Ou Testament skep ʼn probleem wat ʼn geworstel afgegee het. Later in die inligtingstuk word dieselfde selfbedinkte worstelprobleem net in ander woorde gestel: Die persone wat die werkboek saamgestel het...is deeglik daarvan bewus dat bepaalde tekste in die Ou Testament reeds in die Nuwe Testament herinterpreteer word, en wel op so ʼn wyse dat dit nuwe betekenis kry. Dit is duidelik dat die skrywers van die Nuwe Testament ʼn dieper, verborge betekenis vind... en dit vertolk... as toepassing op Jesus Christus se lewe en werk. Die vraag is dan nou hoe om daardie woorde en dele in die Ou Testament aan te dui en nog steeds getrou te bly aan die bronteks. Ons lees ook die volgende: Wanneer daar dus besluit moet word of kleinletters of hoofletters in ʼn bepaalde teks gebruik sal word, word die besluit geneem na aanleiding van hoe dit in die bronteks geskryf is, nie hoe dit nog altyd geïnterpreteer... was nie. Die terminologie wat die vertalers gebruik, moet nou ontleed word om die betekenis daarvan duidelik te kan sien. Opvallend is interpretasie, herinterpretasie, vertolk, gevind, nuwe betekenis verkry en verborge verwysings. Wat beteken dit alles? 1. Gevind : Die Nuwe-Testamentiese skrywers het verborge verwysings na Christus in die Ou Testament gevind, sê die vertalers. Die HAT sê van gevind : Na gesoek of per toeval iets sien of in die hande kry, aantref, raakloop, bedink, uitdink. 2. Vertolk en interpretasie beteken volgens die HAT verduidelik. Die woord herinterpretasie kom nie in die woordeboek voor nie. Die voorvoegsel her- beteken weer, nog ʼn keer, nuwe en ook ander. Herinterpretasie beteken dus weer verduidelik of nuut (op ʼn nuwe manier) verduidelik of anders verduidelik.