*September 3 9. Lees vir hierdie week se studie: Joh. 10:1 5, 16; Lukas 9:2; Op. 14:6, 7; Lukas 19:1 10; Hand. 26:11 27; Op. 3:20.

Similar documents
1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

n Prins word die Skaapwagter

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Les 6 vir 10 November 2018

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Van Vervolger tot Prediker

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Die betekenis van die kruis (1)

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Pretoria- 23 Junie 2012

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Hartbeespoort Christen Gemeenskap : Evangelisasie-Dissipelskap kursusnota s DISSIPELSKAP OPLEIDINGSPROGRAM.

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Addendum A Consent form

*19 25 Augustus. Geheueteks: Ek smeek julle, broers: Word soos ek, soos ek my ook met julle vereenselwig het (Galasiërs 4:12).

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Waar is God as ons swaarkry?

Luister na God. enlewe vir ewig

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Lukas 4: Agtergrond

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

*3-9 Maart. Die funksie van rentmeesterskap

REGVERDIGMAKING EN DIE GEVOLGE DAARVAN

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

Oggenddiens 19 Augustus Windhoek

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Transcription:

Les 11 *September 3 9 Jesus Nooi Hulle: Volg My SABBATMIDDAG Lees vir hierdie week se studie: Joh. 10:1 5, 16; Lukas 9:2; Op. 14:6, 7; Lukas 19:1 10; Hand. 26:11 27; Op. 3:20. Geheueteks: Hulle sal n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie (Joh. 10:5). In 362 N.C. het die Romeinse keiser Julian n veldtog geloods om afgodediens te laat herleef. Die Christendom was besig om vinnig veld in die Romeinse Ryk te wen, en hy en die heidense leiers het bekommerd begin raak. Julian se advies aan die prominente heidense leiers was n uitdrukking van sy besorgdheid, en bied aan ons n wenk waarom die Christendom so vinnig aan die uitbrei was: Ek dink toe die armes verwaarloos en oorgesien is deur die heidense priesters, het die Galilese oortreders [Christene] dit raakgesien en hulleself tot welwillendheid verbind... [Hulle] ondersteun nie slegs hulle eie armes nie, maar selfs ons s n, en elkeen kan sien dat ons mense n gebrek aan hulp van ons het. Aangehaal in Rodney Stark, Cities of God (San Francisco: Harper Collins Publishers, 2006), p. 31 (vry vertaal). Die Romeine het daarop gereken dat die Christendom binnekort sou wegkwyn wanneer hulle leier, Jesus Christus, gesterf het. In stede hiervan het rekordgetal Romeinse inwoners Jesus begin volg. Hoe het hulle hierdie probleem beskryf? Jesus se volgelinge was besig om Sy liefde uit te leef deur aandag te gee aan die behoeftes van diegene rondom hulle. Dit is wat Jesus gedoen het toe Hy hier was, en dit is wat Sy volgelinge ook moet doen. Dis daarom geen wonder nie, dat toe hulle die geleentheid gebied is om Jesus te volg, het baie dit gedoen. *Bestudeer vandeesweek se les ter voorbereiding vir Sabbat, 10 September. 88

Sondag September 4 Hulle Ken Sy Stem Lees Joh. 10:1 5, 16. Hoe illustreer hierdie teksverse die belangrikheid waarom ons, as Jesus se verteenwoordigers, positiewe en liefdevolle verhoudings met die mense in ons gemeenskap moet vorm om hulle na Jesus toe te lei? Hoe help ons hulle leer om Sy stem te hoor? n Vriend se fluisterstem is kragtiger om mense na Jesus toe aan te trek, as n harde geskree van n vreemdeling. Wanneer ons vriende maak wat leer om ons te vertrou, kan die Goeie Herder (Joh. 10:11, 14) deur ons werk sodat hulle Sy stem kan hoor, ken, en volg. Dis is egter belangrik dat ons self eerstens Jesus se stem ken, voordat ons poog dat ander dit ook sal ken. Ons het goddelike onderskeiding nodig om die verskil tussen die geslepe stem van Satan en Jesus s n te ken. Inderdaad moet ons nooit die werklikheid van die groot stryd vergeet nie, en dat ons n vyand het wat met groot geslepenheid werk om te verhoed dat mense n reddende verhouding met Jesus aanknoop. Nietemin, ons kan kragdadige medewerkers wees wat mense help om die stem van Jesus te ken. Hy praat deur die natuur (ten spyte van die gevolge van die sondeval), deur voorsienige omstandighede wat saamwerk, en deur die invloed van die Heilige Gees, goddelike mense, en Sy Woord. (Sien Ellen G. White, Skrede na Christus, pp. 85 91.) Terwyl ons leer om daardie stem te ken en daaraan gehoorsaam te wees, kan ons ook ander mense rig en lei. Die laaste ding wat ons wil wees, soos Jesus een keer gewaarsku het, is om blindes te wees wat ander blindes lei (lees Matt. 15:14). Waarom het Jesus so n kragtige manier gehad om mense na Hom toe aan te trek? Was dit Sy voorbeeld om onselfsugtig van Homself te gee, en wat dit dus moeilik gemaak het om Hom te weerstaan? Wanneer ons, Sy liggaam, selfsugtigheid opsy skuif en die geaardheid van n dienskneg aanneem, en toelaat dat Sy lewe in ons uitgeleef word, sal ander aangetrek word deur die roepstem van Christus in ons. As die Goeie Herder se verteenwoordigers moet ons die karaktereienskappe van Sy bediening weerkaats wanneer ons mense uitnooi om Hom te volg. Wanneer ons opreg in ons woorde en optrede is, om Jesus se opofferende liefde te weerspieël, sal dit die ore van daardie persone aan wie ons diens lewer, oopmaak, en dit sal die skeidsmure tussen die gemeenskap en die kerk afbreek. Op watter tasbare wyses kan jy ander help om die stem van die Herder te hoor? 89

Maandag September 5 Ons Moet Soek Lees Lukas 19:10, Markus 1:17, Lukas 9:2, en Openbaring 14:6, 7. Wat is een sleutelpunt wat al hierdie teksverse gemeen het? M.a.w. wat beveel dit ons om te doen? Vir jare lank bid n gemeente van die Sewendedag-Adventistekerk: Here, trek asseblief mense in ons gemeenskap na ons gemeente en na U - asof ons kerk n groot magneet is wat op wonderbaarlike wyse mense sommer self sal intrek. Ja, dikwels stap mense by ons kerke in, op soek na God, sonder enige oënskynlike poging van ons kant af. Maar wat staan jou kerk te doen wanneer daar jare verbygaan en niemand van die gemeenskap by die deure instap nie? Indien jy slegs daarop fokus om te bid dat mense sal inkom, volg jy nie Jesus se metode van sielewinning nie. Hy het met mense gemeng, gesosialiseer, en mense gesoek om te red. Ons moenie wag vir siele om na ons toe te kom nie; ons moet hulle gaan soek waar hulle is... Daar is menigtes wat nooit deur die evangelie bereik sal word nie, tensy dit na hulle toe gebring word. Ellen G. White, Christ s Object Lessons, p. 229 (vry vertaal). Verskeie metafore illustreer hierdie idee van soek: 1. Die herder laat 99 skape agter sodat hy die een verlore skaap kan gaan soek (lees Matt. 18:10 14). Jesus vertel hierdie verhaal in die konteks van Sy vermaning om die kleintjies te versorg en te beskerm van sonde. Die kleintjies kan letterlike kinders wees of onvolwasse Christene. Indien hulle terugloop na die wêreld, moet ons, soos Jesus, hulle gaan soek en op liefdevolle wyse na Hom toe terugbring. Die punt hier, soos in die teksverse hierbo, is dieselfde: ons moet die verlorenes pro-aktief gaan soek. Ons moet werklik n poging aanwend om na hulle uit te reik. Maar, soms by geleentheid gebeur dit dat iemand vanaf die straat by die kerk instap en sê: Leer my oor God, van verlossing, oor die waarheid. Maar dis nie altyd die norm nie, is dit? 2. Christus se metode om die verlorenes te bereik sal of kan nie vrugteloos wees nie. Ellen G. White, Die Helende Hand, p. 144. Maar, moet ons egter gefokus bly op die mense wat soos vrugte laaghang, wat alreeds ons Christelike wêreldsiening deel, soos Christene van ander denominasies? Wat doen ons omtrent die vrugte wat onbereikbaar hoog hang - die sekulêre mense, ateïste, Moslems, Jode, Hindoes, Boeddhiste, ensovoorts? Histories vind mense met n Christelike wêreldsiening Adventisme relevant, maar ons moet n beter werk daarvan maak om Jesus met geloofsgroepe te deel wat n ander siening as ons het. 90

Dinsdag September 6 Die Brug Kerke het dikwels uitreik-aksies na die gemeenskap op die gebiede van gesondheid, die gesin, persoonlike finansies, konflikbestuur, ensovoorts. Kerke vra dalk: Wat is die brug om mense tot die volgende stap van Volg My te bring? Ons behoort eerder te vra: Wie is die brug? En die antwoord is: Jy! Die sterkste invloed ten gunste van die evangelie is n liefhebbende en lieftallige Christen. Ellen G. White, Die Helende Hand, p. 470. Kerke wat suksesvol daarmee is om besoekers te behou met programme en aanbiedings wat gereeld aangebied word, is geseënd met lidmate wat God waarlik liefhet en gretig is om blywende vriendskappe te smee. Maar, aan die ander kant, kerklidmate wat roekeloos in hulle benadering tot besoekers is, of selfs geheel en al laks is, kan n uiters negatiewe impak op jou kerk se uitreikprogramme hê. Die Here werk nie nou om baie siele tot die waarheid te bring nie, weens die kerklidmate wat nog nooit tot bekering gekom het nie, en diegene wat wel bekeer is, het weer teruggeval. Watter invloed sou hierdie ontoegewyde lidmate op nuwe bekeerlinge hê? Sou hulle die Godgegewe boodskap, wat Sy mense moet uitdra, nie totaal oneffektief maak nie? Ellen G. White, Testimonies for the Church, vol. 6, p. 371 (vry vertaal). Lees Lukas 19:1 10. Waarom het Saggeus dit nodig gevind om in n boom te klim om n glimp van Jesus te kry? Watter geestelike lesse kan ons uit hierdie verhaal neem? Wat sou gebeur het indien diegene wat toegang tot Jesus in Jerigo geblokkeer het, aandag gegee het aan Saggeus se intense belangstelling om naby Jesus te kom, en hom, n sondaar, op n liefdevolle wyse nader genooi het om by Jesus se voete te kom sit? Diegene van ons wat deel uitmaak van die skare rondom Jesus moet so geïnfekteer wees met Sy liefde vir sukkelende, sondige mense, dat ons aansteeklike Christene word. Indien ons diepgaande bewus is van God se liefde en genade vir sondaars soos ons, sal ons passievol na diegene buite die skare soek wat kort in geestelike statuur is, en hulle met liefdevolle versorging na Christus begelei. Hoe tree jy op teenoor nuwe gesigte in jou gemeente? Wend jy doelbewus n poging aan om met hulle te praat? Of ignoreer jy hierdie mense, en dink dat iemand anders maar hulle kan bedien? Wat sê jou antwoord van jouself en wat nodig is om te verander? 91

Woensdag September 7 Die Oproep Jesus en Sy dissipels het mense gesond gemaak en dan hulle gedagtes op die ewige dinge gerig. (Sien Ellen G. White, Die Helende Hand, p. 20.) Mark Finley herinner ons daaraan dat om te versuim om God aan mense voor te stel, niks anders as geestelike wanpraktyk is nie. Jesus se metode van evangelisasie was om mense aan te raak waar hulle grootste behoefte was. Dit is mediese sendingwerk. Christus was nie daarmee genoë om hulle slegs fisies gesond te maak en dan verder niks te doen nie. Die doel is die ewige lewe in Jesus. Mediese sendingwerk begin dalk nie met n oproep aan diegene wat ons ken om Jesus te volg nie, maar dit moet uiteindelik gebeur. Uit ons liefde vir mense sal ons daarna verlang om hulle alles aan te bied wat Jesus het om te gee. Jy mag dalk sê: Ek sal sorg vir die eerste deel van Jesus se metode, maar ek doen nie die oproep Volg My nie. Dis nie my gawe nie. As jy die eerste deel doen, sal jy jouself verbaas deur vanselfsprekene Jesus ook te deel en dit sal so natuurlik wees, soveel makliker, want jy het reeds die grondwerk in die grond van hulle harte gedoen. Soos jy beter bekend raak met die mense aan wie jy getuig, wees op die uitkyk vir geleenthede om oor geloof te praat en oor wat die Here vir jou beteken. Soek na geleenthede waar jy oor geestelike onderwerpe kan praat. Vra jou nuwe vriende oor hulle gesin, hulle beroep, en hulle godsdiens, wat weer die weg baan om jou persoonlike getuienis te deel. Dis n feit dat persoonlike getuienisse die kragtigste manier van getuig kan wees, aangesien dit ook die mins bedreigendste kan wees. Jy is nie besig om openlik te preek nie; jy vertel doodeenvoudig n storie, en elkeen van ons behoort ons eie persoonlike verhaal te hê oor wat Jesus in ons lewens gedoen het. Lees Handelinge 26:11 27, waar die apostel Paulus sy persoonlike getuienis aan koning Agrippa vertel. Wat kan ons vir onsself leer in ons soeke om aan ander oor Jesus te getuig? Let op na die onderskeie stadiums. Paulus vertel hoe hy aanvanklik was voor hy die Here geken het. Dan vertel hy van sy werklike bekerings-ervaring. Hierna vertel Paulus oor wat God sedertdien in sy lewe gedoen het. Dan maak hy n oproep. Moontlik is ons verhale nie so dramaties soos Paulus s n nie, maar wat is jou eie verhaal met Jesus, en wat kan jy daaruit leer om dit met ander te deel wanneer die tyd reg is? 92

Donderdag September 8 Soek en Jy sal Vind Lees Openbaring 3:20, Matteus 7:7, 8, en Johannes 1:12. Op watter wyses is hierdie teksgedeeltes verwant aan mekaar, en wat sê dit oor onsself aangaande die betekenis daarvaan om die Here te soek en Hom te vind? Saam toon hierdie teksgedeeltes aan dat mense moet vra, en soek, en oop wees om Jesus te ontvang. Terselfdertyd skilder Openbaring 3:20 die prentjie van Jesus wat by die deur staan en klop, sodat n persoon die deur sal oopmaak en Hom laat inkom. Hierdie idees weerspreek nie mekaar nie. Die Here werk op die harte van mense deur die krag van die Heilige Gees, Hy trek hulle nader, selfs al is daardie persone nie noodwendig bewus van wat aan die gebeur is nie. Hulle is dikwels op soek na iets wat die lewe self nie vir hulle kan aanbied nie. Wat n voorreg is dit om daar vir hulle te wees en hulle te lei in die regte rigting, en om hulle beter te help verstaan presies wat dit is waarna hulle soek. Die feit is dat Jesus deur jou aan die deur van daardie mense in jou gemeenskap se lewens kan klop, en enigeen wat gewilliglik die deur oopmaak en Hom ontvang, sal die seëninge ontvang wat saam met Hom kom (Op. 3:20, Joh. 1:12). Saam hiermee nooi Hy ook Sy volgelinge uit om te vra, te soek, en aan Sy deur te klop en die goeie gawes van Sy koninkryk te ontvang (Matt. 7:7, 8, 11). Wanneer die Heilige Gees jou beïndruk dat iemand gereed is om vir Christus die deur oop te maak, vra dan: Wil jy graag saam met my bid om Jesus Christus te ontvang en n lid van Sy familie te word? Die volgende gebed is n eenvoudige voorbeeld wat hy/sy kan bid: Dierbare Here Jesus, ek weet dat ek n sondaar is en U vergifnis nodig het. Ek glo dat U vir my sondes gesterf het. Ek wil nie meer sonde doen nie. Ek nooi U nou uit om in my lewe en in my hart in te kom. Ek wil U vertrou en volg as my Here en Verlosser. In Jesus se naam, amen. Ons benodig geestelike onderskeiding om te weet wanneer dit die regte tyd is om n oproep te maak. Terwyl die gevaar altyd bestaan om te agressief te wees, is daar altyd nog erger, die gevaar om nie agressief genoeg te wees nie. Soms het mense slegs n stewige en liefdevolle stootjie nodig om n keuse vir die Here te maak. Wie weet of iemand nie dalk juis op die rand van twee keuses huiwer nie: die ewige lewe in Christus, of ewige verlies? Ons het beslis n heilige verantwoordelikheid. 93

Vrydag September 9 Vir verdere studie: Lees Ps. 77:20, Hos. 11:4, 2 Kor. 5:11 21. Lees Ellen G. White, Onderrig en Genesing, pp. 139 146, en Hulp vir die Daaglikse Lewe, pp. 469, 470, in Die Helende Hand; This Man Receiveth Sinners, pp. 185 197, en Go Into the Highways and Hedges, pp. 228 237, in Christ s Object Lessons. Daar was n jong man wat die Here liefgehad het en ander van Jesus wou vertel. Hy was n kragtige getuienis, want hy kon goed praat en was charismaties. Mense was mal daaroor om na hom te luister as hy praat. Tog was daar een voortdurende probleem: hy was altyd bang om mense te vra om n oorgawe aan Jesus te maak. Dit het ander kerklidmate verbaas, want op elke ander gebied was hy so vasberade vir die Here, en so gewillig om openlik oor sy geloof te praat. Uiteindelik toe hy daaroor uitgevra word, begin hy met dieselfde argument as wat ons in Woensdag se les gesien het hy het vas geglo dat hierdie nie sy gawe was nie. Hy het daarvan gehou om die saad te saai, maar hy het dit gelos vir die ander om die oes te versamel. Na n ruk het hy egter gebieg dat hy n onsettende groot vrees het om verwerp te word. Hy het nog altyd ietwat onbekwaam gevoel as n getuie vir die Here (wat n goeie ding is), en daarom was hy bang dat mense nie n oorgawe sal maak vir Jesus nadat hy hulle gevra het nie. Ander in die kerk het hom probeer oortuig dat getuienislewering nie oor ons gaan nie, maar oor Jesus. Ons sal altyd die onvolmaakte getuienisse wees. Al kan ons mense met gebed en liefde na Jesus toe lei, kan ons nie die rol van die Heilige Gees vervul nie net Hy kan oortuiging en bekering bewerkstellig. Ons moet egter die menslike kanale vir die liefde van Christus aan ander wees. Vrae vir bespreking: 1. Wat sê mens vir iemand wat sê dat hy/sy te bang is om ander te vra om n oorgawe aan Jesus te maak? 2. Joh. 1:9 sê : Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan die kom in die wêreld. Hoe laat hierdie vers jou verstaan dat die Here wil hê dat elke mens bereik moet word met die verlossing? 3. Hoe besoekers-vriendelik is jou gemeente? Wat kan julle beter in hierdie verband doen om vreemdelinge te ontvang wat by die deur instap? 4. Wanneer was die laaste keer dat iemand sommer net van die straat af in die kerk ingestap het? Hoe het die kerk gereageer? 5. Vertel in die klas van jou eie bekeringsverhale. Hoe het jy dit gebruik, of hoe kan jy dit gebruik om n getuie vir ander te wees? 94

Notas