Die oneindige proses van historiese verstaan. deur. Pieter Hendrik Johannes Labuschagne

Similar documents
Die oneindige proses van historiese verstaan. deur. Pieter Hendrik Johannes Labuschagne

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Inleiding. Metodes help ons nie

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

AS HERMENEUTIESE RAAMWERK VIR. Voorgelê ter vervulling van die vereistes vir die graad DOCTOR DIVINITATIS

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

n Prins word die Skaapwagter

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Catharina Maria Conradie

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Die maan en sy rol in ons wereld *

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Les 6 vir 10 November 2018

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Van Vervolger tot Prediker

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Die volgende artikel het oorspronklik in die Kerkbode van 6 Februarie 2015 verskyn. Kyk ook die kommentaar onderaan die artikel.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

SERMON FORMS AS A DIMENSION OF COMMUNICATION IN THE CURRENT WORSHIP CONTEXT IN THE SOUTH KOREAN CHURCHES JONGSEOG HWANG

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

A KARANGA PERSPECTIVE ON FERTILITY AND BARRENNESS AS BLESSING AND CURSE IN 1 SAMUEL 1:1-2:10

Pretoria- 23 Junie 2012

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Christusprediking uit die Ou Testament. n Nuwe benadering tot n ou probleem? 1

Die betekenis van die kruis (1)

Oorsig van navorsingstuk

5. B.S. Childs se verhouding met ander teoloe en nie-teoloe

Addendum A Consent form

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Oor die outeurs. Wayne Barber. Rick Shepherd. Eddie Rasnake

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

Die Kalender uit die Skrif

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Die kanoniese benadering van ChiIds: 'n Paradigmaskuif?t

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

MOTHEO/XHARIEP HOëRSKOLE ATLETIEK MOTHEO/XHARIEP HIGH SCHOOLS ATHLETICS

IN PIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Waar is God as ons swaarkry?

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Preek-notas: Romeine 3:21-31

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

HOOFSTUK 3. DEKONSTRUKSIE VAN DIE TEKS VAN EFESIëRS 5:21-33

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Wat kan die kerk doen?

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

6. Reaksie op die kanoniese benadering van B.S. Childs

Die Vrees van die Here in die Pentateug. n Kritiese evaluering. deur. JOHANNES CORNELIUS JACOBUS COETZEE Studentenommer:

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Die Ou Testament en/in die kerk van Jesus Christus? 1

DIE VERHOUDING TUSSEN GELOOF AS KENNIS EN GELOOF AS ERVARING IN PREKE VAN DIE NG KERK

Transcription:

Die oneindige proses van historiese verstaan. deur Pieter Hendrik Johannes Labuschagne Voorgelê ter vervulling van die vereistes vir die graad Philosophiae Doctor In die Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria Januarie 2012 Promotor: Prof Jurie Hendrik Le Roux University of Pretoria

Summary The on-going process of historical understanding Hermeneutics has always been concerned with understanding, which has led to the development of numerous methods and approaches to assist the interpreter in his own attempt to understand. In text immanent methods, which became very popular over the last century, the final text was analysed and studied on etymological, syntactical and grammatical levels. The interpreter just had to apply the rules of his method objectively in order to expose the truth which was locked up in the text. These approaches were shaken to their core with the bloom of historical criticism. Now, for the first time, the authenticity of the final text of the Bible was openly questioned. This was a major shock to Bible readers. One Old Testament scholar, Gerhard Von Rad, lived in the middle of this whole storm, but instead of rejecting the claims of historical criticism, he used what they offered him to extract meaning from the text. Von Rad used the final text of the Old Testament as a point of departure but then asked how this text developed historically. Through an in-depth study of the text, he discovered sources that stood out as building blocks for the development of the Old Testament - different traditions had come into existence over time and there were drawn together into the final text of the Old Testament. Von Rad discovered the Credo which he identified as the most basic testimony Israel had preserved. He then continued to show how this Credo was interpreted and reinterpreted in every new generation in Israel. With the aid of this Traditionsgeschichte he understood the historical growth of the Old Testament and that help him with his Verstehen of the final text. Hans-Georg Gadamer was a philosopher who lived in the same era. He was also concerned with historical understanding of texts from the past. With his Wirkungsgeschichte he asked about historical interpretations of the text. The constant flow of interpretation and reinterpretation over centuries, helped him understand ancient texts better. He did not see the temporal distance between the original author and the modern interpreter as a threatening abyss but believed that it was rather filled with opportunity. In this dissertation we look at the contributions of Von Rad and Gadamer and how it assists us in understanding Verstehen. Man is a historical being, who exists against the

backdrop of history. It is this historical Dasein of man and his Geworfenheit in the world that makes it possible for him to understand texts from the past. Gadamer s fusion of horizons, rooted in man s historicity, bridge the gap between the past and the present,. Where synchronic text immanent methods reject all subjective influences, Gadamer and Von Rad point to the nature of man s inescapable historical being man comes to understand by dealing honestly with his own Geworfenheit in this world. We learn that Verstehen is not concerned with an absolute truth that must be gained as an object, but Verstehen is an on-going historical process involving man s whole being. The interpreter is part of an on-going process of coming to understanding. KEYWORDS Hermeneutics; Verstehen; historical understanding; temporal distance; Von Rad; Gadamer;

Bedankings Baie dankie aan: - My vrou, Lize, wat saam met my vasgebyt het en my aangemoedig het deur die moeilike jare van studie. - My kinders, Marlize en Peter-John, wat tevrede moes wees met n besige pa die afgelope paar jaar. - My Ma, Annette, wat altyd in my geglo het en my van jongs af aangemoedig het om te studeer. - Professor Jurie le Roux, vir sy geduld, wysheid en vriendskap. - Gerhard Von Rad en Hans-Georg Gadamer wat my n kykie gegee het op hulle wêreld. - Je remercie aussi l église de l île Maurice avec laquelle j ai travaillé plus que douze ans. Votre ferveur d apprendre à interpréter et de comprendre la Parole m a inspiré à rechercher ces sujets en profondeur. Dit was n lekker pad om saam met julle te stap.

INHOUDSOPGAWE Voorwoord...1 Hoofstuk 1: Inleiding...8 Hoofstuk 2: Verstaan is n werkwoord...59 Hoofstuk 3: Verstaan en die teks...93 Hoofstuk 4: Die geskiedenis van verstaan...109 Hoofstuk 5: Verstaan as verhouding...140 Hoofstuk 6: Die konteks van verstaan...163 Hoofstuk 7: Die pad vorentoe...183 BIBLIOGRAFIE:...193

1 VOORWOORD Hermeneutiek leer mens ʼn les in nederigheid: dit het die vermoë om selfs die beste teorieë en hipoteses op hulle kop te keer. Sodra dit lyk of ons die teks verstaan, ontglip iets van die betekenis ons weer. Miskien verklaar dit hoekom daar soveel verskillende interpretasiemetodes ontwikkel het deur die verloop van die eeue: die mens het die begeerte om te verstaan. Sedert die verhaal van Adam en Eva se versoeking in die tuin van Eden, het die mens al die begeerte om in beheer te wees, om alles te weet ; die vooruitsig daarna om die kennis van goed en kwaad te besit was selfs groter as Adam en Eva se vrees vir God. Eksegete en interpreteerders van die Ou Testament trap maklik in dieselfde strik as ons oerouers: hulle soek na metodes wat die betekenis van die teks kan waarborg. Die natuurwetenskappe maak aanspraak op resultate wat toetsbaar, herhaalbaar en eksak is. Dit het teksinterpretasie onder druk begin plaas om ook op ʼn meer toetsbare manier te werk te gaan, wat aanleiding gegee het tot die ontwikkeling van metodes waarvolgens tekste geïnterpreteer is. Die teks self, in sy finale gestalte, het die middelpunt geword waarom alles begin draai het: die finale gestalte van die teks, en die analisering van die woorde van die finale teks, het die fokus van interpretasie geword. Daar is besin oor die betekenis en waarde van die teken: die geskrewe woord. Is die teken self ʼn draer van betekenis? Openbaar die geskrewe woord ten volle wat die outeur se bedoeling was, of lê sy bedoeling buite ons bereik? Kon metodes, met vaste stappe, ons help om hierdie tekens te verstaan? As ons kyk na ʼn voorbeeld soos Struktuuranalise, is die teks gesien as ʼn sisteem waar die teken van die allergrootste belang was. Nie net die individuele teken nie, maar ook die verhouding tussen die tekens en hulle funksie in die teks, was belangrik. Daar is geglo dat metodes, wat fokus op die interpretasie van die tekens, ons kon help om die waarheid te ontsluit. Hierdie metodes het op ʼn onhistoriese, sinkroniese manier te werk gegaan deur net aan die finale gestalte van die teks aandag te gee. In die laaste paar dekades in Suid Afrika was hierdie die metode van voorkeur: al wat nodig was om ʼn teks korrek te interpreteer, was die korrekte metode en die korrekte gebruik van die metode.

2 Met die regte toepassing van die stappe van die metode, kon die betekenis van die teks blootgelê word. Die veilige hawe wat hierdie sinkroniese benadering van stuktuuranalise gebied het, het egter begin verkrummel, omdat meer en meer mense ontnugter geraak het deur die feit dat hierdie metode die historiese aspekte van die teks se ontwikkeling en betekenis uitgesluit het 1. Die noodsaaklikheid daarvan om tekste op ʼn diakroniese manier te lees, het al hoe duideliker begin word. Die teks is nie gelaai met betekenis nie, maar bestaan uit tekens met simboliese waarde. Daar is besef dat daar ʼn verskil is tussen die innerlike woord en die uiterlike woord (gesproke of geskrewe woord): die mens se innerlike woord, of verbum cordis 2, kon nooit ten volle uitgedruk word in die uiterlike woord nie. Daarom kan die geskrewe word nie gesien word as finale betekenisdraer van dit wat die outeur wou kommunikeer nie. Alle geskrewe woorde is onvoldoende en bevat ʼn sekere mate van onsekerheid wat hulle betekenis betref. Die voordeel van ʼn diakroniese lees van ʼn teks lê daarin dat ons nie fokus op die woorde van die finale teks nie, maar juis soek na tekens wat nie duidelik voor ons lê nie. Ons soek na die tekens wat in die kloof van die verlede onder die stof verberg geraak het; tekens wat histories bepaald is 3. Die historiese gebeure kan nooit werklik geken word nie; omdat dit reeds te laat is die gebeure is reeds verby en bestaan nie meer nie 4. Wanneer die verlede van Israel bestudeer word, kan ons dus nooit die volle prentjie kry nie: ons het iets verloor en geen historiese metode kan dit ooit terugvind nie 5. Bogenoemde maak dit duidelik hoekom sinkroniese metodes so populêr is in teksinterpretasie: hiervolgens lê betekenis net onder die oppervlak van die teks en wag op die oomblik wanneer dit ontdek gaan word deur die regte metode. 1 Kearney, R 1989. Modern movements in European philosophy. Manchester: University Press. Bladsye 240-251. 2 Le Roux, J H 2001. Augustine, Gadamer and the Psalms. Pretoria: University of Pretoria. 3 Derrida, J 1976. On Grammatology. Baltimore: John Hopkins. Bladsye 102-107. 4 Le Roux, J H 2007. Historical understanding and rethinking the foundations. Universiteit van Pretoria. Bladsy 3: The elusiveness of the past and the inaccessibility of a past event are typical features of a diachronic study. 5 Thiselton, A C 1980. The two horizons. Exeter: Pater Noster. Bladsye 103-113.

3 In die geval van diakroniese studie, waar die klem geplaas word op historiese verstaan van ʼn teks, word daar eerder ʼn gevoel van wanhoop en verlorenheid geskep, want die spore van die geskiedenis lê dof in die stof en kan nie meer duidelik onderskei word nie 6. Dit is juis op hierdie punt waar die belangikheid van die huidige studie na vore kom: twee persone, Gerhard Von Rad en Hans-Georg Gadamer, het ons gehelp met die soeke na betekenis in die kloof van historiese afstand tussen die modern interpreteerder en die Ou Testament. Alhoewel Von Rad ʼn Ou-Testamentikus was en Gadamer ʼn filosoof, beteken dit nie dat hulle werk onversoenbaar is nie. Inteendeel, Jean Grondin maak dit baie duidelik hoe nou verwant die teologie en filosofie aan mekaar is 7. Aristoteles het die noue verhouding tussen filosofie en teologie verduidelik deur te sê dat die arbeid van die goddelike niks anders was as nadenke nie; die goddelike was dus vir hom die sfeer van die suiwer rede. Teologie was die wetenskap van die goddelike en filosofie die soeke na die dieper rede 8. Die een kan nie werklik sonder die ander nie, omdat beide teologie en filosofie strewe na verstaan, met die mens in die sentrum van hierdie proses. Een aspek van Von Rad se werk wat vir ons van belang is, is sy geskiedsbeskouing. Die negentiende eeu het voorwaar die eeu van die geskiedenis en geskiedskrywing geword. Geskiedenis was nie meer net ʼn belangstellingsrigting of ʼn vak wat bestudeer is nie, maar het ʼn lewenswyse geword 9. Dit het ʼn manier van verstaan geword. Ons ken iets eers wanneer ons dit histories verstaan 10. In hierdie konteks het Von Rad gepraat van historiese minimum en teologiese maksimum. 6 Caputo, J 1997. The prayers and tears of Jacques Derrida. Indianapolis: Indiana University Press. Bladsye 100-105. 7 Grondin, J 2002. The new proximity between theology and philosophy. In, Wiercinski, A 2002. Between the human and the divine: philosophical and theological hermeneutics. Toronto: The Hermeneutic Press. Bladsy 97: Ever since Book E of Aristotle s Metaphysics, the relations between philosophy and theology have been most intimate. 8 Grondin, J 2002. The new proximity between theology and philosophy. In, Wiercinski, A 2002. Between the human and the divine: philosophical and theological hermeneutics. Toronto: The Hermeneutic Press. Bladsy 98: The proximity between philosophy and theology could not be closer, nor more rational: theology is a science (logos) of the divine (theos), and philosophy is quest for a wisdom concerning the first causes, which can be found in the divine. 9 Von Harnack, A 1908. Das Wesen des Christentums. Leipzig: Heinrichsche Buchhandlung. Bladsye 177-179. 10 Je Roux, J H 2002. Gerhard von Rad ʼn honderd jaar. HTS 58(4). Bladsy 3.

4 As ons histories-krities na die Ou Testament kyk, is daar maar baie min wat oorbly: hoeveel weet ons werklik van Abraham en sy tyd; of van Isak of Jakob? Von Rad was terdeë bewus van die effek van die kritiese historiese wetenskap, maar moedig die interpreteerder aan om die teologiese maksimum af te lei uit hierdie spore wat voor hom in die sand lê 11. Dit doen Von Rad aan die hand van die tradisiegeskiedenis. Wat Von Rad se bydrae so belangrik maak, is dat hy daarin geslaag het om ʼn balans te behou tussen die teologie en die geskiedenis; tussen die historiese kritiek en teologiese besinning. Hy het in sy interpretasie van die Ou Testament duidelik aangedui dat hierdie twee die geskiedenis en die teologie mekaar nodig het. In sy benadering kan die een nie bestaan sonder die ander nie; teologie en geskiedenis sluit mekaar nie uit nie. ʼn Laaste opmerking oor Von Rad is in plek hier en is baie belangrik vir ons studie van die Ou Testament: hy het die belangrikheid van die finale gestalte van die teks beklemtoon. Dit is by die finale gestalte waar alle studie van die Ou Testament moet begin en weer eindig. Von Rad het hieraan vasgehou, en selfs verder gegaan: hy wou uitvind hoe hierdie finale gestalte van die teks tot stand gekom het. Sy ywer lei hom dieper en dieper in die geskiedenis in tot by die ontdekking van Isreal se Credo: die basiese geloofsbelydenis van Jahwe se volk. In sy strewe daarna om by die teologiese maksimum uit te kom, het hy met die kleinste deeltjie (Credo) begin en van daar af terug gewerk na die finale gestalte van die teks om sodoende te verstaan hoe Israel se teologiese verstaan gewerk het. Dit was n beginpunt vir sy teologie en die basis van sy Traditionsgeschichte. Ook by Gadamer leer ons ʼn paar belangrike dinge: hy was gekant teen die tipe benadering waar die interpreteerder teenoor die teks staan as die een wat in beheer is; hy was gekant daarteen dat die interpreteerder die teks as ʼn objek hanteer, wat hy aan sy eie persoonlike voorkeure kon onderwerp. 11 Le Roux, J H 2002. Gerhard von Rad ʼn honderd jaar. HTS 58(4). Bladsy 5: Die aantreklikheid van Von Rad se werkswyse lê juis daarin dat dit ons help om die kritiese wetenskap te aanvaar, maar ook nog teologies besig te wees; om die historiese minimum van die Ou Testament te herken, maar ook na ʼn teologiese maksimum te streef; om die historiese kritiek se geweldige kritiese impak te besef, maar dit nogtans as ʼn onontbeerlike stuk eksegetiese gereedskap te beskou; om die insigte van die kritiese geskiedswetenskap te aanvaar en selfs te gebruik, en nog steeds teologies met die Ou Testament om te gaan.

5 Hy was gekant teen metodes wat die aanname gemaak het dat dit op ʼn objektiewe manier betekenis uit die teks kon tap 12. Hy ontken nie die waarde van metodes nie, maar waarsku teen die ongebalanseerde verheffing van metodes. ʼn Metode is belangrik, maar dit kan nie waarheid verskaf nie 13. Gadamer was gekant daarteen dat metodes op sigself waarheid en sekerheid kon verskaf 14 - metodes is ʼn hulpmiddel tot verstaan; nie die doel nie 15. Hermeneutiek het vir hom nie sentreer rondom metodes nie, maar rondom die lewe self. Dit is eie aan die mens se aard om te interpreteer: hy doen dit outomaties reg van die begin van sy lewe af: gebeure en ervarings word geïnterpreteer om sin te maak uit die lewe en soos die lewe voortgaan, word daar weer herinterpretasies gemaak. Dit is deel van die historiese proses van menswees en geskiedenis handel juis oor menswees en oor die lewe 16. Daar is ʼn tweeledige waarheid in wat Gadamer sê: (i) die lewe is histories bepaald, maar (ii) ons lewe help ook om die geskiedenis te vorm en te ontsluit. Daarom kan die mens slegs sin maak uit die lewe deur op ʼn historiese wyse te verstaan. Hy maak deel uit van die geskiedenis wat bly voortspoel en sy eie unieke horison is geanker in hierdie voortsleurende geskiedenis van die mensdom. In die lig van hierdie historiese bepaaldheid van die mens, merk Gadamer op dat interpretasie ʼn oneindige proses is, wat altyd weer nuwe verstaansmoontlikhede bied in die midde van ons dinamiese, ontwikkelende horison. 12 Mickelsen, A B 1987. Interpreting the Bible. Grand Rapids: Eerdmans. Bladsy 19: Finding a correct interpretation cannot be achieved in the way that a druggist fills a prescription. The druggist mixes ingredients in the exact proportions demanded by the physician. Everything is precise. But synthesizing or analyzing thought is not like synhesizing or analyzing chemicals. Ideas are imponderable: they cannot be weighed, measured, or counted. Hence they cannot be exposed to light by following set formulas. 13 Grondin, J 2000. Einführung zu Gadamer. Tübingen: JCB Mohr. Bladsye 32-39. 14 Gadamer, H-G 1993. Hermeneutiek II. Tübingen: JCB Mohr. Bladsye 276-291. 15 Misgeld, D & Nicholson, G (eds) 1992. Hans-Georg Gadamer on education, poetry, and history: Applied hermeneutics. Albany: State University of New York Press. Bladsy 71. Gadamer het die volgende baie belangrike opmerking gemaak in ʼn onderhoud wat met hom gevoer is in 1985 / 1986: I began by objecting to the modernist prejudice that certainty, the possession of criteria, is more important than truth. I objected to this old skeptical argument. I have argued that communication in language is a rhetorical phenomenon, not subject to the rules of logical demonstrability. It is more important to find the words which convince the other than those which can be demonstrated in their truth, once and for all. 16 Dyck, E (Ed) 1996. The act of Bible reading. Illinois: Intervarsity Press. Bladsy 122: Thus in Gadamer s view there is no such thing as an impersonal method which one applies to a text to arrive at its meaning. Meaning emerges in relationship to the interpreter, which means that one can no longer appeal only to the author s intention as the arbiter of meaning.

6 Geen teks kan ooit finaal uitgelê word nie. In elke nuwe situasie word daar anders en nuut gedink oor tekste en die geskiedenis; in elke historiese horison word ons anders aangespreek deur die teks. Die historiese kritiek het die historiese minimum ontbloot. Dit het tot gevolg gehad dat die historiese afstand tussen die teks se onstaan en die hede soos ʼn aaklige afgrond voor ons kom lê het; soms kom dit voor of hierdie afgrond nie oorkom kan word nie. Gadamer wys egter daarop dat die historiese afgrond nie iets is wat ons moet vrees nie, maar eerder tegemoed moet gaan met afwagting: in die kloof van historiese afstand lê eeue-lange interpretasies wat ons kan help met ons eie verstaan van die teks. Dit help ons om te verstaan, omdat dit interpretasiemoontlikhede bied waarvan ons nie eens bewus was nie. Dit dien as ʼn brug tussen die teks en die interpreteerder, wat beide historiese bepaald is. Hierdie voortdurende proses van historiese interpretasie en herinterpretasie, het Gadamer Wirkungsgeschichte genoem. Interpretasie geskied nie in isolasie nie, maar die verlede, gevul met interpretasies van die teks, spreek tot die interpreteerder in die interpretasieproses 17. Ook die interpreteerder se eie historiese geworpenheid speel in op die proses van verstaan: sy eie historiese horison bepaal hoe hy verstaan. Interpretasie in die hede is daarom niks meer as ʼn voortsetting van die Wirkungsgeschichte wat reeds aan die gang was voor ons nie. So lei beide Von Rad en Gadamer ons dan in die rykdom van die geskiedenis in. Beide is geïnteresseerd in die finale gestalte van die teks, maar beide besef dat die finale gestalte nie die sleutel tot verstaan is nie. Hierdie teks wat voor ons lê, is geanker in die verlede en vloei voort uit die verlede. Die teks is histories bepaald en kan slegs tot ons spreek vanuit die geskiedenis. Om ʼn teks te lees, losstaande van sy historiese ontwikkeling, is ʼn vrugtelose aktiwiteit en ʼn mors van tyd. Wat Von Rad en Gadamer vir ons oopgesluit het, is voorwaar radikaal. 17 Mickelsen, A B 1987. Interpreting the Bible., Grand Rapids: Eerdmans. Bladsye 65-66: An interpreter brings to bear upon the text all that he is, all that he knows, and even all that he wants to become.

7 Die mens wat die moed het om in hulle voetspore te volg, betree onstuimige waters, want dit vereis ʼn neerlegging van die vals sekuriteit wat meganiese interpretasie metodes bied. Dit vereis ʼn toetrede tot die proses van historiese verstaan; ʼn proses waar die belangrikste boustene vir verstaan verskuil lê in die duister van die verlede 18. En tog is dit die mees belonende oefening waarin enige historiese wese betrokke kan raak: om meegevoer te raak in die proses van historiese verstaan. Verstaan is nooit ʼn eindbestemming nie, maar ʼn ontdekkingsreis waarop die mens gaan. * Let asseblief daarop dat geen verwysing in hierdie proefskrif geslagspesifiek is nie, en dat alle verwysings ook die vroulike geslag insluit. 18 Dray, W H 1995. History as re-enactment: R.G. Collingwood s idea of history. Oxford: Clarendon Press. Bladsye 211-220.