Sonde En Lyding As Gevolg Daarvan

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Prins word die Skaapwagter

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Van Vervolger tot Prediker

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Waar is God as ons swaarkry?

Les 6 vir 10 November 2018

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Die betekenis van die kruis (1)

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Pretoria- 23 Junie 2012

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Les 6 SABBATMIDDAG Leesverwysings vir hierdie week se les: Geheueteks:

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Die maan en sy rol in ons wereld *

Luister na God. enlewe vir ewig

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

'N NUWE LEWE VAN VREDE MET GOD. Deur: JNS (Kobus) Pretorius BTh(Hons)

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Emotional drainage / Emosionele dreinering

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Skriflesing: Sondag 4 Sing- Ps. 118:1; Ps. 119:61; Ps. 130:2 Genesis 3:1-19 Gen 3:1 Psalm 130 Psa 130:1

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Wat is hierdie sondes waarvan Jesus in die Ons Vader praat? Volgens Luther is dit die miskenning van God. Om in onsself gekeer te wees.

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

NEW INTERNATIONAL VERSION

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Die uitnodiging van God aan die hele wêreld, is om n

Liturg: Verwelkom almal en wens hulle n geseënde Kersfees toe. Dan:

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Transcription:

Die vraag waarom daar onheil in die wêreld is, is nooit deur die antieke filosowe van Egipte, Babilon, Persië, Griekeland of Rome beantwoord nie. Hulle was politeïste wat in n godewêreld geglo het. Volgens hulle was onheil, of die bose, die gevolg van oorlog tussen die onderskeie gode. Die begrip, n Heilige en liefdevolle God - n Hebreeuse begrip wat deur die Profete van Israel geopenbaar is - het egter die vraag laat ontstaan: Hoe kan daar dan onheil in die wêreld teenwoordig wees? Die boek Job is die oudste leerstuk oor God waarvan ons weet. Hierdie leerstuk oor God is n verdediging van die regverdigheid van God, in die lig van die bose wat in die wêreld werksaam is. Sonde En Lyding As Gevolg Daarvan Job se vriende het n baie wettiese verduideliking gehad oor die rede vir Job se lyding: Volgens hulle was hy skuldig aan n ernstige sonde. God het hierdie valse raadgewers ernstig bestraf en Job verdedig, deur te sê dat hy n sondelose man is wat deur die satan geteiken is. Toe die dissipels baie jare later n man gesien het wat van sy geboorte af blind was, het hulle vir Jesus gevra: Rabbi, wie het nou eintlik gesondig, hierdie man self of sy ouers, dat hy blind gebore is? Jesus het geantwoord: Nie hierdie man of sy ouers het gesondig nie, maar hy is blind sodat God se werke in hom sigbaar kan word. Joh. 9:2-3 Die Sondeval Smart en onheil is gevolge van die Sondeval. God het n goeie, volmaakte wêreld geskep. Voordat Adam en Eva gekies het om ongehoorsaam aan God te wees en aan satan se versoeking toe te gee, was die wêreld sonder pyn, lyding en dood. Sonde is die direkte gevolg van die mens se rebelsheid teen die Skepper. Die hele Skepping ly nog steeds as gevolg van die sonde van die mens. Pyn, ongemak, hartseer en dood is die ernstige nagevolge van die mens se boosheid. Ons kan ook met oortuiging sê dat valse godsdienste vandag die meeste van die lyding in die wêreld veroorsaak: animisme, heksery en toorkuns het bygelowige, verskrikte volgelinge opgelewer, wat in rituele moorde, kannibalisme 1 / 7

en wreedheid betrokke raak. Toordokters blameer klokslag individue vir natuurlike rampe - soos n weerligstraal wat n hut tref, of dood as gevolg van siekte. Godsdiens Veroorsaak Pyn Armes het al dikwels hul laaste hoendertjie aan die voorvadergeeste geoffer, in plaas daarvan om vir hul verhongerde kinders kos te gee. Daar is dus geen twyfel nie, dat animisme ongehoorde lyding veroorsaak. Hindoeïsme skep afgod-aanbidders, wat betrokke raak by kindermoord, verbranding van melaatses en weduwees. Die sendeling William Carey het gedokumenteer hoe weduwees, van so jonk as 11 jaar oud, lewendig verbrand is op die begrafnisbrandstapel van hulle mans. Melaatses word verbrand ten einde n beter reïnkarnasie te verseker! Baie ma s offer hul kinders deur hulle lewendig in die Gangesrivier te gooi, om deur krokodille opgevreet te word. Hindoe-tempels bevat groot hoeveelhede goud, robyne, saffiere en ander edelstene wat as afgode aanbid word. Die Hindoes se geloof in reïnkarnasie beskerm rotte, vermors hulpbronne en het soveel bygeloof tot gevolg, dat daar verskriklike armoede en hongersnood in die land is. Islam lewer ongenaakbare mans wat vrouens misbruik, en in poligamie, slawerny, ontvoering, terrorisme en selfmoord-bomaanvalle betrokke is. Kommunisme het kamerade voortgebring wat miljoene der miljoene mense se dood veroorsaak het - alles in die naam van vryheid! Marxiste het verarmde miljoene nog méér onder diktatorskappe onderdruk alles in die naam van vryheid. Sekulêre humanistiese opvoeding het tot gevolg dat mense in n toenemende mate selfsugtig en oppervlakkig geword het, én so optree. Rebelsheid Teen God Alle lyding is uiteindelik die gevolg van die mens se sonde en rebelsheid teen die Almagtige 2 / 7

God. Lyding hou intrinsiek verband met die Sondeval. Daar was geen lyding voor die Sondeval nie. Lyding is deel van die komplekse oordeel van God. Elke daad het gevolge. Seksuele sonde lei dikwels tot seksueel-oordraagbare siektes - VIGS, ens. Dobbelary lei dikwels tot armoede en bankrotskap. Owerspel lei dikwels tot egskeiding. Skinder bring skeiding tussen vriende. Selfsug maak ander seer. Leuens lei tot n lewe van gebondenheid. Lafhartigheid, trots, hebsug, jaloesie en haat veroorsaak ongehoorde lyding en pyn. Passiwiteit en neutraliteit veroorsaak net nog meer lyding. Onaktiwiteit is n hartelose weiering om by n sekere saak betrokke te raak. All that is necessary for evil to triumph is for good people to do nothing. (Edmund Burke) Ons het almal al voorbeelde gesien van die volgende beginsel Wat jy saai sal jy maai. Ons weet egter ook almal van gevalle waar mense ly sonder hulle eie toedoen. So baie mense vra: Waarom gebeur slegte dinge met goeie mense? Baie is onskuldige slagoffers van andere se onregverdige optrede. Tog kan Christene, juis op grond van die Almag van God, met oortuiging verklaar: En ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens Sy doel vir hulle lewe. Rom. 8:28. God Is Goed In Genesis lees ons van die verraad van Josef se broers, wat hom aan slawehandelaars verkoop het. Vir twaalf jaar lank het Josef onregverdig gely en was hy n gevangene in Egipte. Tog het God hom opgehef en het hy later die goewerneur van Egipte geword en kon hy die lewens van miljoene mense van hongersnood red. Later kon Josef aan sy broers verklaar: Wat my betref, het God die kwaad wat julle gedoen het, omgekeer in iets wat goed is. Hy het my gebring tot in hierdie hoë pos wat ek beklee, sodat ek die lewens van baie mense kon red. Gen. 50:20. Niemand Is Goed Nie, Behalwe God Ons kan natuurlik daarop wys dat niemand regtig goed is nie - nie in die lig van wat die Heilige God in Sy Wet openbaar nie. Niemand is goed nie - selfs nie een enkele een nie. Daar is nie een wat werklik verstandig is nie; niemand wat werklik ernstig na God soek nie. Almal het hulle rug op God gekeer; almal het sleg geword; daar is niemand wat die goeie doen nie - selfs nie 3 / 7

een enkele mens nie Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. Rom. 3:10-23. In plaas daarvan om te vra waarom slegte goed met goeie mense gebeur, moet ons eerder vra waarom goeie goed met slegte mense gebeur? Ons ontvang oor die algemeen baie meer as wat ons ooit kan verdien. God is geduldig met ons, en ook goed vir ons. Hoekom Het Jesus Gely? Nog n vraag wat ons behoort te vra, is: Waarom moes Jesus Christus ly? Hy was dan die enigste ware goeie en regverdige persoon wat ooit geleef het. En tog is Jesus misverstaan, beskinder, vals beskuldig, is leuens oor Hom versprei, is Hy gehaat en verraai. Hy is deur Sy volgelinge verlaat, onregmatig gearresteer, verhoor en verkeerdelik veroordeel. Jesus is bespot, geslaan, beledig en gekruisig. Waarom moes die Regverdige ly? Hy het namens óns gely. Hy het vir óns sonde gesterf; die Regverdige in die plek van die onregverdiges - lees gerus (1 Pet. 3:18). Aktiewe Liefde God is n God van deernis. Hy het hierdie wêreld binnegekom en het alles meegemaak wat ons moes meemaak, en nog meer. Hy het selfs die hel se woede ervaar, sodat ons dit nie hoef te verduur nie. Gedurende Sy bediening op aarde het Hy blindes laat sien, dowes laat hoor, stommes laat praat, kreupeles laat loop, melaatses gesond gemaak en selfs dooies lewend gemaak. Die kortste vers in die Bybel is: Jesus begin toe huil. Joh. 11:25. Die Bybel beveel ons om te huil saam met die wat huil, en te lag saam met die wat lag. Alhoewel Jesus op die punt gestaan het om Sy mag oor die dood te demonstreer, was Hy so in Sy Gees geroer oor Sy vriende se smart, dat Hy gehuil het. Ons God is nie onaangeraak deur ons lyding nie. 4 / 7

Doel Met Lyding Ons moet besef dat daar n doel met pyn mag wees. Ons mag moontlik die onskuldige slagoffer wees as gevolg van iemand anders se onregverdige gedrag; of ons word moontlik gestraf vir ongehoorsaamheid aan Sy Woord. Die lyding mag dalk deel wees van die regverdigheid waartoe alle Christene opgeroep word. Verduur saam met my die lyding soos n goeie soldaat van Jesus Christus. 2 Tim. 2:3. Hieroor kan julle bly wees, al moet baie beproewinge julle vir n rukkie laat swaarkry. Die doel van die beproewings is om die egtheid van julle geloof duidelik te laat word. Julle geloof word getoets soos goud met vuur getoets en daardeur gesuiwer word, en onthou: Julle geloof is vir God baie kosbaarder as goud. As die toetse die egtheid van julle geloof uitwys, loop dit uit op lof en heerlikheid en eer op die dag wanneer Jesus Christus aan die wêreld geopenbaar word. 1 Pet. 1:6-7. Sien Dit As Vreugde My liewe broers en susters, wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees. Julle weet mos: Wanneer n mens se geloof n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard. Julle moet egter enduit volhard. Jak. 1:2-4. Dis nie iets vreemd wat met julle gebeur nie. Dit moet julle liewer bly maak, want so deel julle in die lyding van Christus. Later sal julle wonderlike vreugde ervaar wanneer Sy heerlikheid bekend gemaak word en julle daarin deel. 1 Pet. 4:12-13. Lyding kan deur God gestuur word om ons te suiwer en voor te berei vir Sy diens. Al God se diensknegte het swaarkry ervaar, terwyl God hulle gesuiwer en voorberei het vir Sy diens. Moses was 40 jaar in die wildernis voordat hy Israel uitgelei het. Dawid was n voortvlugtige vir baie jare voordat hy die koning van Israel geword het. Ek is verseker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie. Rom. 8:18 5 / 7

Ondersoek My O God! Wanneer ons beproewinge ondervind, behoort ons ons harte te ondersoek om seker te maak dat daar geen gronde is waarom God ons korrigeer nie. Die lyding behoort ons tot skuldbelydenis te bring sodat ons gemeenskap met God herstel kan word. Is daar enige sonde in jou lewe wat uitgesorteer moet word? Jy mag moontlik nie weet waarom jy ly nie, maar dit is uiters noodsaaklik dat jy op n godvrugtige manier daarop reageer. Hierdie soort swaarkry maak juis deel uit van dit waartoe God julle geroep het. Christus wat vir julle gely het, is julle voorbeeld. Trap in Sy spore. 1 Pet. 2:21. Die Ergste Denkbare Lyding Jesus het in die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan vir ons geleer dat ons ons naaste so lief behoort te hê dat ons hul lyding kan verlig. En juis om hierdie rede het miljoene Christene die afgelope 2 000 jaar weggooibabas gered, weeskinders aangeneem, aborsie teengestaan, hospitale oral in die wêreld opgerig en in stand gehou, noodleniging verskaf en hulp verleen aan projekte wat gerig daarop is om die armes en behoeftiges te help. Christene het slawehandel teengestaan, kindermoorde, kannibalisme en weduweeverbranding onwettig laat verklaar, honger mense kos gegee en sendingaksies tot stand laat kom. Christene het wêreldwyd hard gewerk om lyding te verminder. Ons behoort ons ook te kan indink wat die ergste denkbare lyding is: Dit is beslis nie iets wat ons in hierdie lewe sal ervaar nie. Die ergste lyding sal eendag in die hel se ewigheid verduur word - vir ewig van God geskei. Die Bybel is baie duidelik daaroor - diegene wat Christus verwerp, sal in die ewige vuurpoel gewerp word. Sommige mense gebruik kwessies soos lyding en boosheid in die wêreld as n soort rookskerm - om die gawe van verlossing deur die Almagtige God te verwerp. Ons behoort mense te waarsku oor die werklikheid van n Heilige God, wie se Wette wat ons oortree het, en ook oor die werklike gevare van n ewigheid in die hel. Alle lyding is uiteindelik die gevolg van die mens se rebelsheid teen God. Geen mens is sonder sonde nie; daar is niemand wat werklik goed is 6 / 7

op aarde nie. Ons is almal sondig in die lig van Sy Wet. Jesus Het Met Sonde Afgereken Pyn kan positiewe resultate tot gevolg hê. God laat alle dinge ten goede meewerk vir dié wat Hom liefhet en volgens Sy wil geroep is. Jesus Christus het in menslike lyding gedeel - meer as enigiemand op aarde. Ons kan, en moet, die lyding van andere help verlig. Lyding is die gevolg van sonde, en God het daardie probleem meer as 2 000 jaar gelede aan die Kruis vasgespyker. 7 / 7